Kiwi-Brokkies
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
Kortpad na advertensies 29 Augustus 2017 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) 4/4 Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders 2/2 Kanselleer intekening / Unsubscribe Redakteursbrief Hierdie uitgawe is ‘n bietjie anders as baie voriges in die sin dat die hoofstorie in ‘n baie groter storie ontwikkel het as wat ek aanvanklik beplan het. Dit het uiteindelik die vorm aangeneem van ‘n ‘deeglike’ huldeblyk aan wyle Colin Meads. Ek het ‘n paar mense uitgenooi om te vertel hoe hul lewens met die naam Colin Meads in aanraking gekom het, al was dit slegs deur kinderlike heldeverering of soorgelyke sentiment. Wat ek raakgeboor het was kosbaar en, mag ek dit sê, effens histories van aard, want Kiwi-Brokkies onthul wie volgens Colin Meads sy arm gebreek het in ‘n wedstryd wat die All Blacks in 1970 in Suid-Afrika gespeel het! Oor die jare was twee spelers verdink; lees hier wie dit blykbaar was. Het jy al oorweeg om jou huis se verkoop of uitverhuring in Kiwi-Brokkies te adverteer? Of wat van die tjor wat jy van die hand wil sit? Of dalk jou praktiese diens soos grassny-, elektrisiën- of verfwerk? Gesels met my via onderstaande e-pos adres en ek kyk hoe ek jou kan help om nog ‘n vislyn in die water te gooi. Onthou ook om enige poste aan my deur te gee; ek plaas dit gratis as ‘n diens aan lesers en Kiwi-werkgewers. Kyk voorbeelde by Werkgeleenthede vir formaat. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by www.brokkies.net/kontak ) ________________________________________________________________________________ Ysbreker: Lewenslessies Die kinders ontdek 'n tikmasjien in die huis en die pa moet verduidelik. Hy sit 'n vel papier in en tik. Die kinders staan verstom. 'Waar prop jy hom in?' wil hulle weet. ‘Jy prop hom nêrens in nie,' antwoord pa. 'Nou waar is sy batterye?' vra die kinders. 'Nee, hy gebruik nie batterye nie.' 'Liewe genade Pa, nou hoekom het hulle dit nie al laaaankal uitgevind nie?....' (Erkenning: ‘Grapkas’) Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Augustus 2017 Algemene nuusbrokkies Terug na bo... ‘My middag saam met Colin Meads’ …en ons onthul wie Colin sê sy arm gebreek het! Colin Meads in sy speeldae (links), en heel regs staan hy by Oscar Jacobsohn na ‘n middag van saam kuier. Verlede week het die rugbywêreld die hartseer nuus verneem van die val van die groot ‘denneboom’, oftewel ‘Pinetree’, Sir Colin Meads. Dat hierdie legende reusespore in die rugbywêreld getrap het, is gewis – en dit nogal in ‘n tyd van amateurrugby. Toe ek die nuus verneem, het ‘n helder herinnering uit my kinderdae by my opgekom. Colin Meads was een van my rugbyhelde. Ek het ‘n plakkaat van hom teen my slaapkamer se muur gehad, tesame met plakkate van Springbokhelde soos Frik du Preez en ander All Blacks soos Sid Going, Bryan Williams en Brian Lochore. Die ooreenkomste tussen hom en Frik du Preez was groot: Albei het ‘n landelike plaas-agtergrond gehad (en behou), albei was eersteklas slotte, albei het teen mekaar gespeel en mekaar opgevoeter en mekaar gerespekteer, albei is in hul onderskeie lande as een van die bestes van alle tye aangewys (in Nieu-Seeland is Colin Meads as die speler van die eeu aangewys), albei was harde, eerlike manne, en albei was beskeie en onopgesmuk. Hulle het vir jare lank persoonlike vriende gebly en mekaar besoek. Colin Meads het tussen 1957 en 1971 in 133 toetswedstyde vir Nieu-Seeland gespeel. Hy word as die grootste Nieu- Seeandse sportlegende van alle tye beskou. Ek het ‘n paar lesers uitgenooi om ‘n kort huldeblyk aan hom in te stuur. Hierdie bydraes verskyn aan die einde van hierdie artikel. Maar eers moet moet ons die storie vertel van een van ons immigrante in Nieu-Seeland wat vir Meads ontmoet en ‘n paar uur lank saam met hom in sy tuisdorp, Te Kuiti, gekuier het. Oscar Jacobsohn se droom bewaarheid – en dekades-oue raaisel word opgelos! Oscar Jacobsohn van Auckland vertel dat dit ‘n droom van hom was om sy held, Colin Meads, in lewende lywe te ontmoet. Vroeg in sy lewe sou hy nooit in sy wildste drome kon dink dat Nieu-Seeland sy tuiste sou word nie, en nog minder dat hy ooit die legende sou ontmoet. Groot was sy verrassing egter toe die geleentheid hom wel op ‘n dag voordoen. Hy vertel: “Dit het in 1970 begin toe ek in Brakpan gewoon het en in standerd 5 was. My familie en in besonder my oorlede pa en sy jonger broer, my oom Okkie, het diep spore getrap in Brakpan en Oos-Transvaal se rugby. Oom Okkie, wat in 1992 aan ‘n hartaanval oorlede is, was vir Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Augustus 2017 Colin Meads en sy spanmaat Brian Lochore. jare kaptein van Brakpan en Oos-Transvaal met sy nommer 7 op die rug. Die beroemde rugbykommentator Gerhard Viviers het hom ‘die veteraan’ genoem. Maar oom Okkie was ook ‘n bietjie berug vir sy harde spel op die rugbyveld. “Daardie jaar (1970) toer die All Blacks in Suid Afrika en speel hulle op ‘n Woensdag teen Oos-Transvaal op die Pam Brink Stadion in Springs. Natuurlik het die Rooi Duiwels verloor, maar hulle het die All Blacks laat klippe kou op ‘n klipharde en kurkdroë veld. “Dit was in hierdie wedstryd wat Colin Meads sy arm gebreek het en daarvoor bekend is dat hy die wedstryd met gebreekte arm en al voltooi het. Vandag nog praat die Kiwi’s van daardie wedstryd. Oscar en vriend Johan Erasmus by Te Kuiti se “Vir jare daarna het my oom Okkie die blaam gedra vir Colin Meads se gebreekte arm, maar hy het altyd ontken dat dit hy was wat dit treinstasie. veroorsaak het. Oom Okkie het volgehou dat indien dit hy was, dit ‘n ongeluk moes gewees het omdat hy niks daarvan weet nie. “In 2002 het ek en my gesin in Nieu-Seeland aangekom. Ek is ‘n onderwyser by Long Bay College op die North Shore van Auckland en ek was maar altyd by die skool se rugby betrokke. In 2013 was ‘n mede-onderwyser en mede-immigrant, Johan Erasmus en ek onderskeidelik die afrigter en spanbestuurder van die skool se graad 5-spannetjie. Goed die helfte van die span was vanuit Suid-Afrika afkomstig, en hulle was daardie jaar een van die mees suksesvolle spanne in die skool se geskiedenis. “Een van die seuns se pa het geweet van my droom om Colin Meads te ontmoet. Hy is ook van Meads se tuisdorp, Te Kuiti afkomstig en hy ken die Meads-familie goed. Net daar reël hy toe dat ons vir Colin Colin Meads die plaasboer. Meads gaan kuier! “Wat ‘n voorreg was dit nie. Ons het die heel middag saam met Pinetree in die rugbyklub se klubhuis gekuier. Moenie dink ons het ‘n kans gehad om ‘n rondte te koop nie, nee. En hy het ons een voor gebly. Dit was rugby-storie op rugby- storie. Hy het alles onthou asof dit gister gebeur het. “Toe vra ek hom die groot vraag oor sy gebreekte arm van 1970. Hy het stil geraak en my stip aangekyk. ‘No Oscar,’ sê hy toe, ‘it was not your uncle Okkie that broke my arm…it was Skip Henderson!’ Dit het soos musiek geklink; nie omdat hy die ‘skuldige’ ontbloot het nie, maar omdat dit bevestig het dat my oom onskuldig was! Daar was ook oor die jare gerugte dat dit dalk Skip kon wees, maar Colin het net daaroor geskerts en klaarblyklik geen wraakgevoelens gehad nie. “Hy het ook nie toegelaat dat ons hom as ‘Sir’ aanspreek nie – al was hy amptelik ‘n ‘sir’ – en ook nie ‘Mister Meads’ nie. Hy was ‘Colin’. Wat ‘n mens! Groot, sterk, anti-‘PC’, reguit. Glad nie grootmond of vol van homself nie. Aardse mens. “Dit was voorwaar ‘n dag wat ek nooit sal vergeet nie. Rus in vrede, ou Grote,” sluit Oscar af. Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Augustus 2017 Ander lesers onthou… Riedewaan Waggie van Auckland skryf: Wyle Salie ‘Lippe’ Fredericks was SARU se beste slot-voorpeler asook die destydse ‘Bruin WP’ en bruin Saru-Springbok se beste speler van alle tye. Hy word vergelyk met die beste Afrikaner Springbok van alle tye, Frik du Preez. Frik word weer vergelyk met Nieu-Seeland se beste van alle tye, Colin Meads. Ek het as ‘n bruin Maleierseun grootgeword met rugby, Klopse, my Moslem-geloof, die Springbokke en die All Blacks in my bloed. Wanneer dit by rugby kom, het politiek in ons gemeenskap vir ‘n wyle eenkant gestaan. Frik Du Preez en Colin Meads was ons helde. Salie Fredericks (bekend as ‘Lippe’) was eers later met hulle vergelyk omdat hy weens die situasie in Suid- Afrika nie dieselfde blootstelling ontvang het nie. Colina Meads het byna ‘magiese’ legendariese status onder die Bruin Kaapse gemeenskap geniet. Hulle het hul Lippe behoorlik gelek wanneer Frik en Colin teen mekaar gespeel het! Lippe wou albei graag ontmoet, maar het nooit die kans gehad nie. Al drie spelers was derduiwels op die rugbyveld. Al drie was voorspelers en slotte. Al drie was nederig en leiers van hulle onderskeie gemeenskappe. Frik en Colin was plaasboere met soortgelyke uitkyk en lewenstyl. Salie was egter ‘n stedeling, ‘n bouer, en hy was in die Kaapse Maleier-kultuur gevestig. Al drie het aan hul gemeenskappe lojaal gebly. Ek bid Leser Riedewaan Waggie vergelyk wyle Salie ‘Lippe’ Fredericks met hulle God’s seen toe. Colin Meads en Frik du Preez. Thys Oosthuizen van Auckland skryf: Van kleintyd af was ek baie geïnteresseerd in rugby, maar nooit kon ek droom dat ek eendag in Nieu-Seeland sou woon en 'n vurige All Black-ondersteuners sou word nie.