Vermaaklikheid November 2011
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
VERMAAKLIKHEID NOVEMBER 2011 As ek reg onthou het Gisela Bolt op Stellenbosch by vriende gekuier en hulle haar vertel het van ’n lekker naweek kuier wat hulle langs die Duiwenhoksrivier, naby Vermaaklikheid, in die Overberg, gehad het. Dit was by ’n selfsorg gastehuis op ’n plaas, met slaapplek vir ten minste 14 persone, asook plek vir tent opslaan. Sy vertel toe vir Charl daarvan, wat toe die wiele aan die rol gesit en die gastehuis “Glory Be” vir ’n langnaweek in November 2011 bepreek het. Francois, Andra, Colin en Hantie het van Durbanville gekom en vir Sofia, Barbara se suster, saamgebring. Die gastehuis kan slegs per boot bereik word. Ons het ons motors by ’n plaashuis met motor afdakke parkeer en ons en ons bagasie is verder per boot rivier opgeneem. Die Duiwenhoksrivier, met Glory Be in die agtergrond Glory Be Ons arriveer per boot ! 1 Hantie, Barbara, Gisela, Marié, Charl, Colin, Maude, Robbie, Johanna, Pierre, Andra, Francois Charl slaan vir Gisela en haar dogter ’n tent op en kry raad en Sofia (voor) by Marié en Colin! Ons twee hengelaars, Colin en Robbie Ons is hier om lekker te lag !.... Lekker te eet !.... en lekker saam te kuier ! 2 Anton neem met sy groot Kanon Francois se Francois en sy Kanon ! kleiner en Charl se kleinste Kanon af ! “Jam” blikke ! “Jam” blikke ! Ons is, ons is, weet julle wie ? Drie by drie Ons is, ons is, kan julle raai ? Ons is............ Barbara en Anton CALVINIAAAAAAA ! ! ! (wat al die foto’s geneem het !) 3 Robbie en Maude Gisela en haar dogter Francois en Andra Marié en Charl Colin en Hantie Sofia en Barbara 4 Die drie broers ! “Lipstick parade Pierre en Johanna 5 Robbie en Maude Johanna ’n Baie lekker naweek kom op 'n einde ! Voor: Anton en Colin Middel: Barbara, Johanna, Hantie, Sophia, Andra, Maude en Francois Agter : Pierre, Marié, Charl en Robbie Gisela en haar dogter het toe reeds vertrek PUNTJIE Nadat ons weer ons motor by die plaashuis gekry het, het ek, Johanna, Robbie en Maude suidwaarts gery tot by Puntjie, waar die Duiwenhoksrivier in St Sebastiaan baai uitmond. Daar is al jare ’n privaat vakansieoord, wat ontstaan het toe die destydse eienaar van die plaas Kleinefontein ander lokale boere en inwoners van die streek toegelaat het dat hulle teen ’n nominale bedrag huur, hulle eie vakansie 6 huise daar kon bou, mits dit ’n reproduksie van die vroeër jare se hartbeeshuisies was en later bekend geword het as kapstylhuise. Dit is inderwaarheid net ’n rietdakhuis met geen mure nie en die dak tot op die grond strek. Binne is die vertrekke met materiaal afskortings verdeel. Meeste huise het ’n kook huisie langsaan in min of meer dieselfde styl. Hierdie huise word al jare van een geslag tot die volgende oorgedra. Die huidige eienaar van die plaas Kleinefontein het die vakansieoord omhein en by die hek word aangedui dat toegang slegs privaat is. Gelukkig vir ons het ’n kontrakteur wat instandhouding werk by een van die huise moes doen, ons ingenooi en kon ons gaan kyk ! Die kapstylhuise by Puntjie 7 Puntjie by St Sebastiaan baai Kapstylhuise met hulle kookhuisies 8 Daarna is ons met die grondpaaie al langs die Kaapse Suidkus huis toe oor Jongensfontein, Stilbaai, Gouritsmond en Vleesbaai na Danabaai, waar Robbie en Maude toe al in hulle nuwe huis gebly het. Langs die pad het ons baie skilpaaie en ook bloukraanvoëls gesien ! Terug na Inhoudsopgawe 9 .