Oud-Affienuusbrief Derde en vierde kwartaal, 2016

Hierdie nuusbrief gee, ter wille van oud-Affies wat nie Facebook-gebruikers is nie, ‘n opsomming van die belangrikste plasings.

Oud-Affies oorlede

Frank le Roux is op 23 Julie in die ouderdom van 91 jaar oorlede.

Hy was die seun van Affies se eerste hoof, Pa le Roux. Frank le Roux, wat in die 1930's op die Affie-terrein grootgeword het, het 'n groot bydrae tot die optekening van die skool se geskiedenis met sy vertellings gelewer.

Frank le Roux (1942)

Jan van der Walt is op 14 September in die ouderdom van 85 jaar oorlede. Hy het in 1947 aan Affies matriek geskryf en het 'n leidende rol in dié groep se 50- en 60- jaarreünie gespeel en by beide geleenthede gedenkboeke saamgestel.

Hy was tot drie maande gelede redakteur van die tydskrif Wild&Jag.

Jan van der Walt (1947)

Blaai om. Aan die einde van Julie is ds. Cassie Carstens (1964 in matriek) oorlede. Ons kyk met waardering terug op die groot bydrae wat hy op talle lewensterreine gelewer het.

Lees meer:

http://www.christians.co.za/ngk-verloor-sy- kleurryke-cassie/

Ds. Cassie Carstens (1964)

Dr. Colin Cameron is op 3 Augustus oorlede. Dr. Cameron het diep spore in die veterinêre professie getrap.

Lees dr. Rudolph Bigalke se huldeblyk aan hierdie besondere oud-Affie hieronder.

Dr. Colin Cameron (1954)

COLIN MCKENZIE CAMERON

Colin is op 3 Augustus 2016, kort na sy 79ste verjaarsdag, na ‘n kort siekbed oorlede. Hy is op 8 Junie 1937 in gebore, sy vader van Skotse afkoms, sy moeder ‘n nooi Coetzee. Colin het in 1954 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (Eerste Klas) matrikuleer. Op skool was hy ‘n leiersfiguur, kranige atleet en goeie rugbyspeler.

In 1959 kwalifiseer hy met ‘n BVSc-graad as veearts aan die Onderstepoort Fakulteit van die Universiteit van Pretoria. Vir die eerste 25 jaar van sy loopbaan is hy by die Navorsingsinstituut vir Veeartsenykunde te Onderstepoort werksaam waar hy uitstekende navorsing in die bakteriologie-dissipline doen. Onder meer ontwikkel of verbeter hy verskeie vee-entstowwe, en publiseer bykans 70 artikels in internasionaalerkende wetenskaplike tydskrifte. Onder sy bekwame leiding is die Instituut se diagnostiese bakteriologiediens ook akkuraat, doelgerig en tot veldveeartse se bevreding, uiters doeltreffend uitgevoer. Hy gee ook vir 5 jaar as populêre (sy sjarmante persoonlikheid besorg aan hom die tiperende bynaam van ‘Prince Charming’) dosent in sy dissipline klas aan Onderstepoort se Fakulteit Veeartsenykunde.

In 1966 word die gesogte British Petroleum Studiebeurs op sterkte van sy besonder hoë navorsingsproduktiwiteit aan hom toegeken wat hom in staat stel om vir 2 jaar in die VSA aan 2 internasionaalerkende navorsingsinstellings verder te studeer.

Snel vorder hy deur die range en word in 1982 tot Adjunk-direkteur van die Instituut bevorder om benewens helfte van die Instituut se navorsingsdissiplines, ook sy enstoffabriek te bestuur. Tydens hierdie termyn behaal hy ook die volgende nagraadse kwalifikasies aan die Universiteit van Pretoria: DVSc (1973), Magisters Graad in Staatsadministrasie (MSA) (1981).

In 1985 neem dr. Cameron se loopbaan ‘n dramatiese wending toe hy as Hoofdirekteur by die Departement Gesondheid aangestel word. In 1991 maak hy nog ‘n verandering deur as Adjunk Direkteur-Generaal na die Department van Omgewingsake te skuif om in 1994 tot Direkteur- Generaal van dié Department bevorder te word, ‘n pos wat hy met groot sukses tot 1997 met sy aftrede beklee het.

Dr. Cameron se bykans ongeëwenaarde betrokkenheid as veearts by bestuuraspekte van die veterinêre professie het vanaf 1960 gestrek. Snel vorder hy by die Suid-Afrikaanse Veterinêr- Mediese Vereniging, soos dié liggaam tot 1972 bekend was, se organisatoriese strukture totdat hy in 1980 tot die hoogste amp, naamlik President van die Suid-Afrikanse Veterinêre Vereniging (SAVV) verkies word. Sy termyn as president is deur sy bedaarde en simpatieke, dog aktiewe leierskap gekenmerk. Hy word voorts in 2002 as redakteur van die SAVV se wetenskaplike joernaal, Journal of the South African Veterinary Association aangestel en was met sy heengaan steeds betrokke.

Sy betrokkenheid by die SAVV word in 2002 bekroon, toe hy as Hoof-Uitvoerende Beampte van die SAVV aangestel word. Sy termyn strek tot 2009 en sy waardige, gebalanseerde, professionele benadering tot die afhandeling van sake was ‘n groot bate vir die lede van die vereniging. Onder sy simpatieke bestuurstyl versit ‘Vethuis’ se personeel letterlik berge om die SAVV se doelwitte te verwesenlik. Dit sluit onder andere in: om die kongres-organiserende arm van die professie se finansiële naelstring aan die SAVV te knip; die bou en bestuur van die indrukwekkende nuwe kantore (Vethuis) van die SAVV; lansering van die nasionaal en internasionaal aangeprysde Gemeenskaps-Veterinêre Klinieke. Geen wonder dat die Presidents- Toekenning van die SAVV, een van sy twee hoogstes, in 2007 aan hom toegeken is nie.

Hy dien die veterinêre professie ook op ander wyses. Hy was van 1983-1985 lid van die Suid- Afrikaanse Veterinêre Raad, die statutêre liggaam wat veeartse beheer; President van die Vereniging van Staatsamptenare van Suid-Afrika van 1979-1990; sy gesaghebbende betrokkenheid as Direkteur- Generaal: Omgewingsake by Nasionale Parke en natuurbewaring, landswyd en selfs tot in Antarktika, had ook sterk veeartsenykundige implikasies.

Benewens die reeds genoemdes, sluit dr. Cameron se eretoekennings die volgende in:

• Ere Lewens-President van die Vereniging van Staatsamptenare in 1995 • Die Laureatus-toekenning van die Universiteit van Pretoria in 1995 • Ere Lewenslidmaatskap van die SAVV in 2015

Hy het oor ‘n loopbaan van meer as 55 jaar altyd wyse, dikwels leiding- of raadgewende diens aan toonaangewende veterinêre en ander instansies gelewer. Hy was een van die mees afgeronde mense wat ek in my lewe teëgekom het. Colin Cameron se gelyke sal ons nie sommer weer sien nie.

Rudolph Bigalke - 1948 Affie-matrikulant

Blaai om.

Blikkies (André) de Klerk is op 27 Augustus oorlede.

Hy het in 1958 aan Affies matrikuleer en daarna as rugbyspeler diep spore by Tuks en Oostelikes getrap. Hy het tot op 38 vir Oostelikes gespeel en het daarna dié span afgerig.

Blikkies (André) de Klerk (1958)

Konrad de Beer (2004) Rudolf Botha (1993)

Konrad de Beer (2004 in matriek) is in September in ‘n motorongeluk oorlede.

Lees meer: http://maroelamedia.co.za/…/predikantsvrou- aanstaande-skoo…/

Blaai om.

Oud-Affienuus

Sarel van der Walt van Netwerk24 noem oud-Affie Fredriech Pretorius “tienkamp se tawwe tienie” nadat hy in Junie as SA-kampioen gekroon is.

Van der Walt skryf:

Twee weke nadat hy ’n operasie aan sy elmboog ondergaan het, het die 20-jarige Fredriech Pretorius op die Afrika-atletiekkampioenskap in Durban die uitputtende tienkamp-kompetisie gewen.

Pretorius, wat twee jaar gelede sesde op die Junior Wêreldkampioenskap was, is trots op die feit dat hy Fredriech Pretorius die eerste keer nog met sy eie pale aan ’n groot internasionale byeenkoms kon deelneem. Vroeër moes hy pale leen.

Op skool, die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, was Pretorius ’n puik hekkies­atleet en verspringer voordat hy besluit het om ook aan die tienkamp deel te neem.

Buiten dat hy die talent het om aan tien uiteenlopende items te kan deelneem, is hy ook ’n goeie trompetspeler wat al Unisa se gr. 7-eksamen geslaag het.

“Ek speel so nou en dan by kerkdienste en veral by Kersdienste en soms vir my ma-hulle by die huis,” sê Pretorius.

Omri van Zyl

Oud-Affie Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van AgriSA, het op 15 Julie met Affies se senior debatspanne oor die definisie van 'n megaboer gesels.

Blaai om.

Reünies van die derde kwartaal

1966-groep (5 Augustus) Voor: Johan de Villiers, Freek Wessels, Janus Roux, Stephanus Redelinghuys, Johan Minnaar, Leo Haese, Pieter van der Merwe, Mike Joubert, Jan Boezaart, Fransjohan Pretorius, Nico Henning, Wilhelm Maré, Jacques de Klerk, Günther Engelbrecht, Friedel Wichmann Middel: André du Toit, Nico Dekker, Paul Boekkooi, Louis Pretorius, Coenie Bronkhorst, Chris Lustig, Jannes Sik, Piet Borcherds, Chris van Zyl, Louis Louw, Attie van Staden, Erich Durr, Andries de Jongh Agter: Fanie Marais, Johann Jordaan, Wilhelm Leuschner, Rocco Olivier, Jasper Steyn, Ferdi Hartzenberg, Marais Pienaar, Leon Lategan, Hendrik van Rensburg, Jan Kitshoff, Roland Thompson, Dirk Maree

1986 (5 Augustus) Voor: Herman Grové, Jacques Retief, Fritz Smith, Jandré, Boshoff, David Pretorius, Dirk Taljard (onderwyser), Danie Brand, Pierre Edwards (hoof), Poon du Plessis, Francois Deysel (onderwyser), Christo Potgieter, Philip Page, Johan Myburgh, Ettienne Knipe, Frits Thuynsma Tweede ry: Marc Roscher, Johan Gijsbers, Francois Naudé, Neels Ackermann, Con Purchase, Marinus Venter, Johan Lamprecht, Konrad Dillman, Marius van Straaten, Nico Serfontein, Bert Trichardt, Jasper Burden, Johannes Nel, Slabbert le Cornu Derde ry: Lion de Necker, Hennie Maritz, Jochie van der Walt, Deon Brits, Johann van der Schijff, Adi Visser, Marius Steenkamp, Corné van As, Rudi Brits, Johnny Stobbe, Werner Bornman, Pieter Pretorius,Gert Nothnagel, Jan-Hendrik Grobler, Arno Rossouw, Pierre Robbertse Agter: Lourens Roodt, Jacques Pietersen, Toby Adelaar, Ricus Oosthuizen, Cornelis Schabort, Thomas Mac Donald, Buks Cilliers Blaai om.

1956-groep (26 Augustus) Voor: Jan van den Berg, Tobie van Reenen, Ernie Jacobson, Giel van der Heever, Johan Steyn, Eben Brümmer, Neville Greyling, Albie Frylinck, Badie Badenhorst, Piet Ebersohn en Pieter Bingle Middel: Dr. Willem Pretorius, Manfred Dietz, Philip McDonald, Wim Kraamwinkel, Jimmy Andrews, Dawid Grobbelaar, Johan Hoekstra, Jimmy Hudson, Arnold Lademann Agter: Piet Wessels, John Davis, Danie Burger, Albert Dreyer, Ludwig Röder, Anton Punt

2017-reünies

Die 1977-groep hou aanstaande jaar hulle 40-jaarreünie. Kontak asseblief vir Klasie Wessels by 082 554 4614 of per e-pos by [email protected].

Ander groepe wat reünies beoog, moet asseblief reëlings met die Affie-skakelkantoor tref. Maak kontak met Dirk Taljard by [email protected] of 082 770 4290.

Oud-Affiefunksie

Op 5 Augustus, op die vooraand van Affies en Boys High se derby, het die OAB ‘n skaapbraai by Harlequin Restaurant aangebied. By dié geleentheid het oud-Affies , Johan Roets en Johann van Graan aan ‘n paneelbespreking deelgeneem wat deur Pottie van CHAT 'N BIETJIE BALL gelei is.

Fritz Brune (jnr.), Janus Kirsten, Johan van Graan, Fritz Brune (snr.), Fourie du Preez, Tobie le Cornu en Johan Roets

Blaai om. Heino Kuhn

Oud-Affie Heino Kuhn is in Julie op Krieket Suid-Afrika se prysuitdelingsfunksie weer eens beloon vir sy puik spel die afgelope seisoen.

Hy is aangewys as Meerdagspeler van die Jaar sowel as die Spelers se Speler van die Seisoen.

Hy verskyn op die foto saam met sy skoolmaats, AB de Villiers en Faf du Plessis, sowel as hul destydse afrigter, Deon Botes.

Ryno Eksteen

Ryno Eksteen (matriek in 2014) het in September by die aangesluit.

Lees meer oor hierdie talentvolle losskakel:

http://www.fscheetahs.co.za/News. aspx?newsid=3197

Ryno Eksteen (2012)

Affie-wildsfees

Op 16 Augustus het talle oud- Affies gesellig saamgekuier tydens die jaarlikse Affie-wildsfees. Die rugbywedstryd tussen Suid-Afrika en die is op ‘n grootskerm vir die feesgangers vertoon.

Onder die kunstenaars wat tot die genot van die aand bygedra het, was Jonathan van Radio Raps en Affie-wildsfees 2016 Bittereinder.

'n Gholfdag word op 11 November aangebied ter ondersteuning van oud-Affie Tiaan van Zyl wat 'n baie ernstige beroerte gehad het. Vir meer inligting: Barend Fouché by 082 651 9503 of [email protected]

Blaai om.

Oud-Affiekonsert

Op 27 Augustus het drie oud-Affies saam met die Affie-koor, -orkeste en ander -groepe opgetree: Johan Louw (matriek in 2014) orrel, Werndt van Staden (2011) tjello en Christiaan Willemse (2015) viool.

Johan Louw en Christiaan Willemse

Rohan Roelofse

Rohan Roelofse (matriek in 2014) is verkies as primarius van Huis Welmoed by UOVS vir 2017.

Links: Rohan Roelofse (2014)

AB de Villiers oorhandig 'n kopie van sy outobiografie aan dr. Edwards. Ongeveer 200 gaste het die bekendstelling van die boek in September by Affies bygewoon.

Blaai om. (matriek in 2012) is na sy kookwatervertoning in die wedstryd tussen die Bulle en die Leeus op 2 September op Loftus aangewys as Speler van die Wedstryd.

Oud-skolierekongres

Maritzburg College Old Boys Association was in September gasheer by die jaarlikse kongres vir oud-skoliere. Waardevolle inligting is gedeel en skole regoor SA het hulle kennis en ervaringe met mekaar gedeel.

Leus du Plooy se lof word deur Supersport besing na nóg 'n blink vertoning in die Africa T20-beker.

Lees meer: http://cricket.co.za/news/14319/Erlank- leads-Free-State-to-comfortable-victory

Leus du Plooy (2013)

Blaai om.

Nico Lee (2012)

Nico Lee (matriek in 2012) maak naam in die Vrystaat!

Op 22 September skryf Owen Kock van Netwerk24:

Lee het tot in graad 11 nog vir sy skool se tweede span gespeel, so hy het geweet, die Blou Bulle gaan nie in hom belangstel nie.

Interessant is dat die Blou Bulle al jare lank jag maak op die Vrystaat se skole-senters. Die Vrystaat-Cheetahs se kaptein en senter, , het al ’n draai in die Jakarandastad gemaak, en so ook sy sentermaat William Small-Smith.

Dan is daar nog en , almal spelers wat in hul rugby geleer het by die Springbok-fabriek Grey-kollege.

Miskien is dit dan gepas dat ’n speler uit ’n B-span van Affies nou een van die opwindendste spelers in die land is en sy rugby by die Vrystaat-Cheetahs speel.

Lee het juis toe Venter beseer was, uitsonderlik op buitesenter saam met Small-Smith gekombineer, maar Vrydag is die wedstryd waarvoor daar gewag is, om te sien hoe hy en sy kaptein saamspan.

“Ek sien nogal uit daarna om saam met Francois te speel. Ons het in die Superreeks laas saam gespeel. Maar ek moet sê ek leer baie by hom.

“Die span het ook baie meer vertroue in my en dit laat my goed voel. Dit was nie maklik om Francois se skoene vol te staan toe hy beseer was nie, maar ek het die beste daarvan gemaak en vir myself gesê ek sal die step-up moet maak,” het Lee gesê.

Terloops, Lee het op skool losskakel gespeel en eers later in sy loopbaan begin om senter te speel – Vrystaat-losskakels in die groep, neem kennis! Blaai om. Nuus oor Wllie Koen (matriek 1982): Dr. Koen, ‘n kardioloog van die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad, sê die inplant van kunsmatige harte kan biologiese oorplantings binne die volgende tien jaar vervang.

Lees meer: http://www.netwerk24.com/…/wanneer-jy- jou-hart-op-jou-mou-d…

Willie Koen (1982)

Carel Pretorius (matriek 2013), ‘n student aan die Stellenbosch Akademie vir Ontwerp en Fotografie, is besig om as kunstenaar naam te maak. Hy het onlangs ‘n Loerie ontvang en is ook ‘n finalis in die Pendoring- kompetisie. Volg die volgende skakel om na Carel se werk te kyk.

https://www.behance.net/…/37038…/WORL D-OF-BIRDS-student-work

Carel Pretorius (2012)

RG Snyman en Nico Lee

Twee oud-Affies verskyn op SA Rugby se lys van genomineerdes vir die jaarlikse toekennings.

Baie geluk aan RG Snyman wat genomineer is as Suid-Afrikaanse Jong Rugbyspeler van die Jaar.

Nico Lee se puik spel vir die Cheetahs is beloon met 'n nominasie as Curriebekerspeler van die Jaar

Berig: http://www.sarugby.net/news/lions-prominent-sa-rugby-nominations/

Blaai om.

Ruben Scharneck hartlik by Affies ontvang

Ruben Scharneck en Fourie du Preez, Ruben en Dr. Edwards, Te Veel en onderhoofseun Louis dr. Edwards Ruben Schoonbee

Affie-hoofleiers vir 2017

Dr. Edwards, Fourie du saam met Ruben Preez, Ruben Scharnek, Kruger van Wyk en Philip Affie-kreet Roesch

Ruben Scharneck is net ses jaar oud, maar het reeds sy plekkie op die Affie-banke bespreek. Dr. Pierre Edwards het sy spesiale toelatingsbrief tydens ‘n seremonie op Woensdag 19 Oktober aan hom voorgelees. Dit was van kleins af dié jong kankerlyertjie se droom om ‘n Affie te wees.

Die oud-Affiebondvoorsitter, Philip Roesch, het ná ‘n mediaberig van Ruben se wens te hore gekom en het met die skool gereël om hom te ontvang. Die oud-krieketspeler Kruger van Wyk en die rugbylegende Fourié du Preez was ook teenwoordig. Fourie het namens al die Affies ‘n Affie- rugsak met ‘n Affie-handdoek, beker, pet en ‘n “Amper ‘n Affie” T-hemp aan Ruben oorhandig.

Daarna het die seuns vir hom gesing en die kreet geskree. Ruben het ook die geleentheid gehad om Affies se eie Spaniel, Te Veel, in dr. Edwards se kantoor te ontmoet voordat die hoofleiers hom op ‘n toer deur die skool geneem het.

Van al die dinge wat hy gesien en beleef het, was die Affie-museum met al die ou goed vir Ruben die interessantste en hy het vir sy ma vertel dat die Affies vroeër jare wit baadjies gedra het.

Volgens sy ma, Marinda, het hy Woensdagoggend vinnig opgestaan toe sy hom wakkermaak met die woorde dat hy nou “Amper ‘n Affie” is.

Ruben ly aan ‘n rare sort kanker wat veral by kinders voorkom en wat ongeneeslik is.

Maroela Media se berig: http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/fotos-terminaal-siek-6-jarige- nou-n-affie/

Blaai om.

Gholfdag

Op 13 Oktober 2016 het 124 Affies-ouers, -vriende en Oud-Affies aan die jaarlikse 1920 Affie-gholfdag deelgeneem. Hierdie kuier-geleenheid was nie nét 'n fondsinsameling vir die skool nie, maar ook vir die geldelike ondersteuning wat Affies aan minderbevoorregte skole bied. Opregte woord van dank aan al die borge en vir al die skenkings wat ontvang is.

Niell Bezuidenhout en Eddie Fouche

Twee oud-Affies, Niell Bezuidenhout en Eddie Fouche (2015 in matriek), speel vir die Lions o/19-span wat die Curriebeker met 60- 19 teen die WP gewen het.

Blaai om. Oud-Affies in Curriebeker-wenspan: Shaun Venter en Nico Lee

Baie geluk aan twee oud-Affies met hul bydrae tot die Cheetahs se Curriebeker-sege. Shaun Venter staan net regs van die kaptein, terwyl Nico Lee heel links op die foto is.

RG Snyman in SA-span

Baie geluk aan oud-Affie RG Snyman wat ingesluit is in die SA-span wat teen die Britse Barbarians gaan speel.

Kerssangdiens

Kerssangdiens van AHS en AHMP: Woensdag 26 Oktober, 19:00, Ooskerk. Almal welkom.

Skoolnuus

‘n Skakel na die nuutste Stroom-op sal binnekort gestuur word waarin ‘n oorsig gegee word oor die Affie-nuus van die derde en vierde kwartaal.

Dirk Taljard namens OAB ([email protected], 082 770 4290)