Oud-Affienuusbrief Derde En Vierde Kwartaal, 2016

Oud-Affienuusbrief Derde En Vierde Kwartaal, 2016

Oud-Affienuusbrief Derde en vierde kwartaal, 2016 Hierdie nuusbrief gee, ter wille van oud-Affies wat nie Facebook-gebruikers is nie, ‘n opsomming van die belangrikste plasings. Oud-Affies oorlede Frank le Roux is op 23 Julie in die ouderdom van 91 jaar oorlede. Hy was die seun van Affies se eerste hoof, Pa le Roux. Frank le Roux, wat in die 1930's op die Affie-terrein grootgeword het, het 'n groot bydrae tot die optekening van die skool se geskiedenis met sy vertellings gelewer. Frank le Roux (1942) Jan van der Walt is op 14 September in die ouderdom van 85 jaar oorlede. Hy het in 1947 aan Affies matriek geskryf en het 'n leidende rol in dié groep se 50- en 60- jaarreünie gespeel en by beide geleenthede gedenkboeke saamgestel. Hy was tot drie maande gelede redakteur van die tydskrif Wild&Jag. Jan van der Walt (1947) Blaai om. Aan die einde van Julie is ds. Cassie Carstens (1964 in matriek) oorlede. Ons kyk met waardering terug op die groot bydrae wat hy op talle lewensterreine gelewer het. Lees meer: http://www.christians.co.za/ngk-verloor-sy- kleurryke-cassie/ Ds. Cassie Carstens (1964) Dr. Colin Cameron is op 3 Augustus oorlede. Dr. Cameron het diep spore in die veterinêre professie getrap. Lees dr. Rudolph Bigalke se huldeblyk aan hierdie besondere oud-Affie hieronder. Dr. Colin Cameron (1954) COLIN MCKENZIE CAMERON Colin is op 3 Augustus 2016, kort na sy 79ste verjaarsdag, na ‘n kort siekbed oorlede. Hy is op 8 Junie 1937 in Pretoria gebore, sy vader van Skotse afkoms, sy moeder ‘n nooi Coetzee. Colin het in 1954 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (Eerste Klas) matrikuleer. Op skool was hy ‘n leiersfiguur, kranige atleet en goeie rugbyspeler. In 1959 kwalifiseer hy met ‘n BVSc-graad as veearts aan die Onderstepoort Fakulteit van die Universiteit van Pretoria. Vir die eerste 25 jaar van sy loopbaan is hy by die Navorsingsinstituut vir Veeartsenykunde te Onderstepoort werksaam waar hy uitstekende navorsing in die bakteriologie-dissipline doen. Onder meer ontwikkel of verbeter hy verskeie vee-entstowwe, en publiseer bykans 70 artikels in internasionaalerkende wetenskaplike tydskrifte. Onder sy bekwame leiding is die Instituut se diagnostiese bakteriologiediens ook akkuraat, doelgerig en tot veldveeartse se bevreding, uiters doeltreffend uitgevoer. Hy gee ook vir 5 jaar as populêre (sy sjarmante persoonlikheid besorg aan hom die tiperende bynaam van ‘Prince Charming’) dosent in sy dissipline klas aan Onderstepoort se Fakulteit Veeartsenykunde. In 1966 word die gesogte British Petroleum Studiebeurs op sterkte van sy besonder hoë navorsingsproduktiwiteit aan hom toegeken wat hom in staat stel om vir 2 jaar in die VSA aan 2 internasionaalerkende navorsingsinstellings verder te studeer. Snel vorder hy deur die range en word in 1982 tot Adjunk-direkteur van die Instituut bevorder om benewens helfte van die Instituut se navorsingsdissiplines, ook sy enstoffabriek te bestuur. Tydens hierdie termyn behaal hy ook die volgende nagraadse kwalifikasies aan die Universiteit van Pretoria: DVSc (1973), Magisters Graad in Staatsadministrasie (MSA) (1981). In 1985 neem dr. Cameron se loopbaan ‘n dramatiese wending toe hy as Hoofdirekteur by die Departement Gesondheid aangestel word. In 1991 maak hy nog ‘n verandering deur as Adjunk Direkteur-Generaal na die Department van Omgewingsake te skuif om in 1994 tot Direkteur- Generaal van dié Department bevorder te word, ‘n pos wat hy met groot sukses tot 1997 met sy aftrede beklee het. Dr. Cameron se bykans ongeëwenaarde betrokkenheid as veearts by bestuuraspekte van die veterinêre professie het vanaf 1960 gestrek. Snel vorder hy by die Suid-Afrikaanse Veterinêr- Mediese Vereniging, soos dié liggaam tot 1972 bekend was, se organisatoriese strukture totdat hy in 1980 tot die hoogste amp, naamlik President van die Suid-Afrikanse Veterinêre Vereniging (SAVV) verkies word. Sy termyn as president is deur sy bedaarde en simpatieke, dog aktiewe leierskap gekenmerk. Hy word voorts in 2002 as redakteur van die SAVV se wetenskaplike joernaal, Journal of the South African Veterinary Association aangestel en was met sy heengaan steeds betrokke. Sy betrokkenheid by die SAVV word in 2002 bekroon, toe hy as Hoof-Uitvoerende Beampte van die SAVV aangestel word. Sy termyn strek tot 2009 en sy waardige, gebalanseerde, professionele benadering tot die afhandeling van sake was ‘n groot bate vir die lede van die vereniging. Onder sy simpatieke bestuurstyl versit ‘Vethuis’ se personeel letterlik berge om die SAVV se doelwitte te verwesenlik. Dit sluit onder andere in: om die kongres-organiserende arm van die professie se finansiële naelstring aan die SAVV te knip; die bou en bestuur van die indrukwekkende nuwe kantore (Vethuis) van die SAVV; lansering van die nasionaal en internasionaal aangeprysde Gemeenskaps-Veterinêre Klinieke. Geen wonder dat die Presidents- Toekenning van die SAVV, een van sy twee hoogstes, in 2007 aan hom toegeken is nie. Hy dien die veterinêre professie ook op ander wyses. Hy was van 1983-1985 lid van die Suid- Afrikaanse Veterinêre Raad, die statutêre liggaam wat veeartse beheer; President van die Vereniging van Staatsamptenare van Suid-Afrika van 1979-1990; sy gesaghebbende betrokkenheid as Direkteur- Generaal: Omgewingsake by Nasionale Parke en natuurbewaring, landswyd en selfs tot in Antarktika, had ook sterk veeartsenykundige implikasies. Benewens die reeds genoemdes, sluit dr. Cameron se eretoekennings die volgende in: • Ere Lewens-President van die Vereniging van Staatsamptenare in 1995 • Die Laureatus-toekenning van die Universiteit van Pretoria in 1995 • Ere Lewenslidmaatskap van die SAVV in 2015 Hy het oor ‘n loopbaan van meer as 55 jaar altyd wyse, dikwels leiding- of raadgewende diens aan toonaangewende veterinêre en ander instansies gelewer. Hy was een van die mees afgeronde mense wat ek in my lewe teëgekom het. Colin Cameron se gelyke sal ons nie sommer weer sien nie. Rudolph Bigalke - 1948 Affie-matrikulant Blaai om. Blikkies (André) de Klerk is op 27 Augustus oorlede. Hy het in 1958 aan Affies matrikuleer en daarna as rugbyspeler diep spore by Tuks en Oostelikes getrap. Hy het tot op 38 vir Oostelikes gespeel en het daarna dié span afgerig. Blikkies (André) de Klerk (1958) Konrad de Beer (2004) Rudolf Botha (1993) Konrad de Beer (2004 in matriek) is in September in ‘n motorongeluk oorlede. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/…/predikantsvrou- aanstaande-skoo…/ Blaai om. Oud-Affienuus Sarel van der Walt van Netwerk24 noem oud-Affie Fredriech Pretorius “tienkamp se tawwe tienie” nadat hy in Junie as SA-kampioen gekroon is. Van der Walt skryf: Twee weke nadat hy ’n operasie aan sy elmboog ondergaan het, het die 20-jarige Fredriech Pretorius op die Afrika-atletiekkampioenskap in Durban die uitputtende tienkamp-kompetisie gewen. Pretorius, wat twee jaar gelede sesde op die Junior Wêreldkampioenskap was, is trots op die feit dat hy Fredriech Pretorius die eerste keer nog met sy eie pale aan ’n groot internasionale byeenkoms kon deelneem. Vroeër moes hy pale leen. Op skool, die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, was Pretorius ’n puik hekkies­atleet en verspringer voordat hy besluit het om ook aan die tienkamp deel te neem. Buiten dat hy die talent het om aan tien uiteenlopende items te kan deelneem, is hy ook ’n goeie trompetspeler wat al Unisa se gr. 7-eksamen geslaag het. “Ek speel so nou en dan by kerkdienste en veral by Kersdienste en soms vir my ma-hulle by die huis,” sê Pretorius. Omri van Zyl Oud-Affie Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van AgriSA, het op 15 Julie met Affies se senior debatspanne oor die definisie van 'n megaboer gesels. Blaai om. Reünies van die derde kwartaal 1966-groep (5 Augustus) Voor: Johan de Villiers, Freek Wessels, Janus Roux, Stephanus Redelinghuys, Johan Minnaar, Leo Haese, Pieter van der Merwe, Mike Joubert, Jan Boezaart, Fransjohan Pretorius, Nico Henning, Wilhelm Maré, Jacques de Klerk, Günther Engelbrecht, Friedel Wichmann Middel: André du Toit, Nico Dekker, Paul Boekkooi, Louis Pretorius, Coenie Bronkhorst, Chris Lustig, Jannes Sik, Piet Borcherds, Chris van Zyl, Louis Louw, Attie van Staden, Erich Durr, Andries de Jongh Agter: Fanie Marais, Johann Jordaan, Wilhelm Leuschner, Rocco Olivier, Jasper Steyn, Ferdi Hartzenberg, Marais Pienaar, Leon Lategan, Hendrik van Rensburg, Jan Kitshoff, Roland Thompson, Dirk Maree 1986 (5 Augustus) Voor: Herman Grové, Jacques Retief, Fritz Smith, Jandré, Boshoff, David Pretorius, Dirk Taljard (onderwyser), Danie Brand, Pierre Edwards (hoof), Poon du Plessis, Francois Deysel (onderwyser), Christo Potgieter, Philip Page, Johan Myburgh, Ettienne Knipe, Frits Thuynsma Tweede ry: Marc Roscher, Johan Gijsbers, Francois Naudé, Neels Ackermann, Con Purchase, Marinus Venter, Johan Lamprecht, Konrad Dillman, Marius van Straaten, Nico Serfontein, Bert Trichardt, Jasper Burden, Johannes Nel, Slabbert le Cornu Derde ry: Lion de Necker, Hennie Maritz, Jochie van der Walt, Deon Brits, Johann van der Schijff, Adi Visser, Marius Steenkamp, Corné van As, Rudi Brits, Johnny Stobbe, Werner Bornman, Pieter Pretorius,Gert Nothnagel, Jan-Hendrik Grobler, Arno Rossouw, Pierre Robbertse Agter: Lourens Roodt, Jacques Pietersen, Toby Adelaar, Ricus Oosthuizen, Cornelis Schabort, Thomas Mac Donald, Buks Cilliers Blaai om. 1956-groep (26 Augustus) Voor: Jan van den Berg, Tobie van Reenen, Ernie Jacobson, Giel van der Heever, Johan Steyn, Eben Brümmer, Neville Greyling, Albie Frylinck, Badie Badenhorst, Piet Ebersohn en Pieter Bingle Middel: Dr. Willem Pretorius, Manfred Dietz, Philip McDonald, Wim Kraamwinkel, Jimmy Andrews, Dawid Grobbelaar, Johan Hoekstra, Jimmy Hudson, Arnold Lademann Agter: Piet Wessels, John Davis, Danie Burger, Albert Dreyer, Ludwig Röder, Anton Punt 2017-reünies Die 1977-groep hou aanstaande jaar hulle 40-jaarreünie. Kontak asseblief vir Klasie Wessels by 082 554 4614 of per e-pos by [email protected]. Ander groepe wat reünies beoog, moet asseblief reëlings met die Affie-skakelkantoor tref. Maak kontak met Dirk Taljard by [email protected] of 082 770 4290. Oud-Affiefunksie Op 5 Augustus, op die vooraand van Affies en Boys High se derby, het die OAB ‘n skaapbraai by Harlequin Restaurant aangebied.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    15 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us