De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk S.J. du Toit bron S.J. du Toit, De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk. D.F. du Toit & Co., Paarl 1895 (2de druk) Zie voor verantwoording: https://www.dbnl.org/tekst/toit001gesk02_01/colofon.php Let op: werken die korter dan 140 jaar geleden verschenen zijn, kunnen auteursrechtelijk beschermd zijn. iii Voorrede ver di twede uitgaaf. DI VOORREDE ver di eerste uitgaaf van ons Geskidenis volg hiirop. Veul het ons ni bij te voeg in di twéde uitgaaf ni, as net mar om an te wys waarin hiir-di uitgaaf verskil van di vorige, namelik:- 1. Di spelling is gewysig soos dit sig van 1877 af ontwikkel het tot nou toe, en so vêr as dit nou tamelik algemeen angeneem en o'ereengekom is. 2. Di stof is bijgewerk tot 1895 toe, sodat di leser hiir 'n geskidenis kry van di ontdekking van Suid Afrika af tot vandag toe. 3. Wysigings is daar in heel veul in di stof angebreng ni, as alleen dat enige historise gedenkstukke, soos van TANCRED o'er di Kaffer Oorloge, van FROUDE o'er di Uitgeweke Boere, ens., uit di gewone loop van di geskidenis uitgehaal is (om di draad ni teveul te breek ni) en as Bylage agteran gevoeg is. 4. Di Bylage is veral 'n kenmerk van di twéde uitgaaf. Hiir kryg di lesers nou versamel en bewaar al di vernaamste gedenkstukke van ons geskidenis, wat, soos ons redelikerwyse verwag, di waarde van di boek anmerkelik verhoog. Daar is dan di lang verwagte twéde uitgaaf. Vêr van volmaak, mar veul beter as di vorige, en in elk geval in di taal en gees van ons volk, en so getrou molik an di werkelikheid. Ons hoop dat alle belangstellende sal same werk om di derde druk, wat ons spoedig hoop uit te gé (waarom ons ekspres van di twéde uitgaaf ni so baing het laat druk ni), so volledig en so goed molik te maak. Alle verbeteringe en anvullings sal daartoe in dank ontvang worde deur DI UITGEWERS. Paarl, Augus, 1895. S.J. du Toit, De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk v (By di eerste uitgaaf). Di genootskap van regte Afrikaners an al hulle landgenote GROETE! Di uitgewer van 'n godsdiinstige tydskrif in ons land sê onlangs, dat hy met 5 moeilikhede te stry het: 1. Om dit geskrywe; 2. om dit gedruk; 3. om dit weggestuur; 4. om dit gelees; 5. om dit betaal te kry. Arme man! Gelukkig ons het mar met di twé eerste te doen, en dis al swaar genoeg, en daaro'er moet ons al ekskuus vra an ons lesers. Dit was di rede dat ons Geskidenis ni eerder uitgekom is ni. Om dit geskrywe te kry het moeite gekos, want daar was gen genoegsame bronne om uit te put ni. Engelse, mar gen Hollanse, Geskidenisse van ons land bestaan daar tot nog toe. En dat ons op di Engelse Geskidenisse ni so mar o'eral kan afgaan ni, sal elke leser wel siin voor hy ons boek uitgelees het. En di Hollanse wat daar is, is mar brokstukke, soos van KOLBE, LOOTS, ens. o'er di oue tye onder di Hollanse Regering, en van STUART, CLOETE, ens. o'er di Uitgeweke Boere, en oek mar in di begin na di uittrek. Wat ons kon kry het ons daarom gebruik, Engelse sowel as Hollanse. En tog was dit nodig om nadere inligting te vra op baing plekke, so moes ons briwe skrywe na alle kante. Sommige dinge is op di maniir duidelik geworde; mar op andere weer kon ons ni genoeg lig kry ni, so dat ons wat di stof angaan al moet ekskuus maak. Mar ons hoop om nou di tyd te gebruik om stof op te samel, en di Patriot sal ons wel daarin he'p, om o'er 'n tyd 'n twéde (soos hulle gewoonlik sê) verbeterde en vermeerderde uitgaaf te gé. Maar dan ni alleen gebrek an stof was 'n moeilikheid ni, mar oek di juiste verband en toedrag van di gebeurtenisse was dikwils byna onmo'entlik om uit te maak. Di een skrywer sê so, en di ander so. En wat is nou waar? Wat is nou di ware oorsaak hiirvan of daarvan? En hoe sit di dinge in makaar? Dit was mar soms net hard werk om dit uit te vinde. En oek hiirin het ons nog mar 'n begin gemaak, en moet ons nog om verskoning vra. S.J. du Toit, De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk vi Dan nog 'n swarigheid in skrywe was di spelling. Daar is nog gen woordeboek ni. In byna 2 jare tyd (juis in di wording van ons taal) - deur verskillende persone - is di geskidenis beskrywe. Gen wonder dat hiir nog verskil van spelling bestaan. Mar oek dit sal beter gaan by 'n vollende uitgaaf. Dan, hoop ons, sal di woordeboek van di Genootskap al uit wees. En moeilikheid om dit gedruk te kry was vernamelik, omdat di uitgewer vêr van di pers af is, en idereen wat kennis het van drukwerk sal wel weet hoe moeilik dit dan gaan. Mar daar is hy nou klaar, di Geskidenis, so lank angekondig en verwag, an alle kante gevraag. Weggestuur, verkoop, en gelees sal hy gou wees, dit weet ons vooraf. En hy het deugde genoeg, by al syn gebréke, om vyande kwaad en vrinde bly te maak. Gaat dan, papire kindji, en vertel an ons Landgenote wat hiir al gebeur is van BARTHOLOMEUS DIAZ hiir gekom het, totdat hulle nou begin te praat van di Verenigde State van Suid-Afrika! Vertel di waarheid; bestraf di leugen; en breng di dade en lotgevalle van ons voorouers weer an di lig! Alle opmerkings, anvullings, en verbeterings sal ons met genoege ontvang, en verder gebruik. VAARWEL! Fewerwari, 1877. S.J. du Toit, De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk 1 I. Di Kaap in di ou Hollandse tyd, 1652-1806. Eerste hoofstuk. Ouste geskidenis. Oue gerugte. - Di Portugése. - Ander Nasiis. - Van Riebeek. - Plan om 'n Anleg te maak. Di Hollanders was ni di eerste wat hiir an di Kaap gekom het ni. Daar is 'n oue berig, dat di Feniciers (di inwoners van di oue Tyrus en Sidon, soos di Volksleesboek sê) al omtrent 600 jare vóór di geboorte van onse H ere Jezus hiir om di Kaap geseil het, mar di berig is al so oud, dat 'n mens nou ni eens meer seker weet, of hulle hiir an was ni. En wi weet of Salomo ni altemit al in syn tyd hiir omgeseil het ni en of di oue Ofir waar hy zyn goud gaan haal het, ni altemit daar digteby di Transvaalse goudvelde of in Mashonaland iwers gewees het ni? Hulle kry mos nou al, ou murasiis en mynwerke daar oral, en wi weet wat hulle nog meer daar sal kry? Bartholomeus Diaz. Di eerste wat ons seker weet wat hiir gekom het was di Portugese. In di jaar 1486 het di eerste Portugees, met 3 sképe, hiir om di Kaap geseil. Syn naam was Bartholomeus Daiz. Mar hy het so vêr van di land af omgegaan, dat hy met terugkom eers di Kaap gesiin het. Hy wou toen hiir ankom. Mar di Suidooste-wind was net so sterk, dat hy dit ni gewa'e het ni. Hy gé toen somar di plek di naam van Cabo del Totos Tormentos in hulle taal. In ons taal beteken dit Kaap van al di Storme. En dit was ni so 'n heeltemal verkeerde naam ni; want di Suidooste-wind kan mar ongenadig waai an di Kaap. Toen hy weer in syn land gekom het, toen vertel hy dit; mar di koning van Portugal verander di naam in Cabo de Bona Esperanza, wat in ons taal is Kaap di Goeje Hoop; want syn plan was om hiirom te gaan na Indië toe. Vasco da Gamma. Di twéde Portugees wat toen hiirnatoe gekom het was Vasco da Gama, in di jaar 1497, met 3 skepe, en 160 man. Di Portugése stuur toen verder hulle skepe hiir om di Kaap om met di Indiane te gaan handel. Toen di ander nasiis van Europa siin dat dit goed gaan, toen begin hulle oek agterna te kom. Franciska d'Almeida. In 1510 het Francisko D' Almeida hiir angekom, met 'n Portugése [v]loot. Daar was 'n Hottentotskraal naby di Baai, en di Portugése gaan daar[na]-toe om hulle 'n S.J. du Toit, De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk besoek te breng. Daar ontstaan toen rusi tussen di Portu[gése] en Hottentots, omdat di Hottentots van hulle goed gesteel het. Di vol- S.J. du Toit, De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk 2 lende dag besluit di Europeane om di Hottentots te gaan bestraf, mar daar di Hottentots gen teenstand biid ni, keer di Portugése weer na hulle skepe terug. Toen word hulle angeval deur di Hottentots en kon ni anders ni as vlug. Sestig manne met D' Almeida word gedood. Dit was di eerste oorlog met di Hottentots. Di eerste Engelsman, wat hiir angekom het, was James Lancaster, in di jaar 1591. Kort daarna kom toen di eerste Hollander, Cornelis Houtman met 4 skepe, hiir an in 1595; en in 1601 kom weer 'n ander Hollander, Joris van Spilbergen, en hy noem toen di berg by di Kaap Tafelberg, omdat hy so plat is, en di baai weer na di berg, Tafelbaai.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages345 Page
-
File Size-