Reize in De Binnen-Landen Van Zuid-Africa

Reize in De Binnen-Landen Van Zuid-Africa

Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa W.B.E. Paravicini di Capelli editie Willem Johannes de Kock bron W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa (ed. Willem Johannes de Kock). Van Riebeeck-vereniging, Kaapstad 1965 Zie voor verantwoording: http://www.dbnl.org/tekst/para016reiz02_01/colofon.htm © 2010 dbnl / erven Willem Johannes de Kock iv Afkortinge Afkortinge wat in die voetnote voorkom, word by die lys van geraadpleegde bronne agterin volledig aangegee. Nommers van plase is volgens die topokadastrale nommering van die Kantoor van die Landmeter-generaal, Kaapstad. W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa *2 W.B.E. Paravicini di Capelli (1778-1848) W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa *3 W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa v Voorwoord Dit het nog nie tevore voorgekom dat die Van Riebeeck-Vereniging 'n handskrif uitgee wat ook die onderwerp uitmaak van een van sy vorige uitgawes nie. Die joernaal van kapt. W.B.E. Paravicini di Capelli wat hier volg, handel naamlik oor dieselfde reis van genl. J.W. Janssens van 1803 wat beskryf is deur Dirk Gysbert van Reenen wie se dagverhaal deur wyle dr. Elizabeth Conradie in 1932 in Nederland ontdek is, en in 1937 as nr. 18 van sy publikasiereeks deur die Van Riebeeck-Vereniging uitgegee is. Soos hierna aangetoon sal word, het ons hier egter te doen met twee geheel onafhanklike tekste wat na die feiteinhoud mekaar dikwels aanvul. Hulle vertoon nogtans ook 'n interessante teenstelling. Aan die een kant is daar die siening van die jong Nederlandse offisier wat die Afrikaner van die binneland die eerste keer ontmoet en wat met onbevange bewondering die skilderagtige in die natuur om hom gadeslaan. Aan die ander kant staan die Kaapse burger Van Reenen, rustig en ervare, wat eerder oor vee en boerdery skrywe as forse natuurskoon. Die aard van die veld en weiding sien hy eerste raak, en oor die aanraking tussen blank, Hottentot en Kôsa druk by hom so geheel anders uit as die jeugdige aide-de-camp Paravicini, kersvers uit Europa, met die humanitêre denkbeelde wat hy, soos sy Bataafse meesters aan die Kaap, met oormoedige selfversekering in sy joernaal indra. In haar dissertasie van 1934 (Hollandse Skrywers uit Suid-Afrika, deel I) het Elizabeth Conradie dan ook reeds die vergelyking tussen die geskrifte van Paravicini en Van Reenen na styl en strekking nader uitgewerk, sonder om egter te wys op die presiese verband tussen die ongepubliseerde joernaal van Paravicini ('n partikuliere teks vir vriende en familie) en die amptelike joernaal van genl. Janssens (ook deur Paravicini bygehou) wat in 1932 deur dr. E.C. Godée Molsbergen in die vierde deel van sy Reizen in Zuid-Afrika opgeneem is. Vir haar doel het sy die twee tekste as identies beskou terwyl daar wat inhoud en selfs woordgebruik betref deurgaans belangrike verskille aan te toon is. Afgesien van die byna algehele gebrek aan toeligting by Godée Molsbergen se uitgawe van die amptelike Paraviciniteks, kan ter regverdiging van die huidige publikasie van die partikuliere teks, wat tot op groot hoogte woordeliks met die amptelike ooreenstem, daarop gewys word dat die uitgawe van Godée Molsbergen vandag al taamlik moeilik bekombaar is. Nadat ek die handskrif in 1952 in Den Haag te sien gekry het, is vir die Suid-Afrikaanse Staatsargief 'n mikrofilm daarvan vervaardig wat later afgedruk en oorgetik is. W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa vi Aan die Raad van die Van Riebeeck-Vereniging wat in 1957 my aanbod aanvaar het om die handskrif vir publikasie voor te berei, wil ek hiermee graag dank en waardering betuig. Die taak van die bewerker is aansienlik bevorder deur die annotasie by die Van Reenen-dagverhaal soos destyds deur wyle prof. dr. W. Blommaert aangevoor en voltooi deur prof. dr. J.A. Wiid. Daarbenewens was daar drie weergawes beskikbaar van die bekende landreis van die kommissaris-generaal J.A. de Mist en sy geselskap wat uit Kaapstad vertrek het binne twee maande nadat goewerneur J.W. Janssens teruggekeer het. Onderweg is nie alleen grotendeels dieselfde roete gevolg as dié wat Paravicini beskryf nie, maar is baie van dieselfde persone teengekom wat hy noem. Die reis van De Mist is naamlik uitvoerig beskrywe deur Lichtenstein. Dit is ook kort saamgevat in die ‘Klad Journaal’ van De Mist wat in die Lichtensteinargief tereg gekom het en sedertdien deur Theal (in sy Belangrijke Historische Dokumenten, deel III) gepubliseer is. Voorts is op hoogs interessante wyse deur die jong dogter van die kommissaris-generaal, jonkvrou Julie Philippe Augusta de Mist, haar reisindrukke in Frans opgeteken, wat later in Nederlands gepubliseer is en in 1954 ook 'n Engelse weergawe in Suid-Afrika beleef het. Aan die volgende wil ek graag my dank hiermee betuig: Die bestuur van die Koninklijk Instituut voor Taal-, Land- en Volkenkunde, Den Haag, vir toestemming om die handskrif wat sedert 1917 in hul besit is, te publiseer. Die Publikasiekomitee van die Universiteit van Pretoria wat die maak van 'n foto-afdruk van die handskrif bekostig het. Die Nasionale Raad vir Sosiale Navorsing wat deur 'n ad hoc-toekenning dit vir my moontlik gemaak het om die nodige argiefondersoek in Kaapstad te onderneem, om feitlik die hele roete deur Paravicini beskryf per motor te volg en, sover as huidige paaie dit toelaat, plckname te kontroleer. Dr. A. Wypkema van Pretoria wat as verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Staatsargief in Nederland die huisargief van W.B.E. Paravicini di Capelli, genealogiese materiaal oor die familie Paravicini, en diverse verwysings van biografiese aard opgespoor het, soos hierna nader erken. Die Kaapse Drie Eeue-stigting wat goedgunstiglik die koste bygedra het van die vervaardiging van die cliché vir die kleurportret van die skrywer wat as frontispies hierby verskyn. Die Uitgeverij T. Wever (Boekhandel T. Wever, Franeker/Stellenbosch) vir goedgunstige verlof om die afdruk te publiseer van die portret van genl. J.W. Janssens wat verskyn het in A. en H. Algra: Dispereert niet (deel 4, derde druk), T. Wever, Franeker. Prof. dr. J.A. Engelbrecht, voorheen hoogleraar in Bantoetale aan die Universiteit van Pretoria, tans professor-emeritus van die Strand, wat by die Kôsa-woordelys in die handskrif die taalkundige toeligting gevoeg het. Die personeel van die argiefbewaarplekke in Pretoria en Kaapstad en van W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa vii die S.A. Openbare Biblioteek, Kaapstad, wat my steeds ter wille was by die ondersoek en die voorbereiding van die verlugting. Die Departement van Aardrykskunde van die Universiteitskollege Wes-Kaapland, en by name mnr. J.F. Engelbrecht, B.A. (hons.) wat met moeite en sorg die kaarte geteken het. Mnr. W. Tyrrell-Glynn, adjunk-direkteur van die S.A. Openbare Biblioteek, Kaapstad, wat op my versoek my Engelse weergawe van die inleiding en die samevattende vertaling gelees het. Die ere-sekretaresse van die Van Riebeeck-Vereniging, mev. M.G. Ashworth, vir haar vriendelike hulp om die uitgawe op die pers te besorg. Mej. Swante Bos, tans van Johannesburg, wat oorspronklik die handskrif van die foto-afdruk af oorgetik het. Dis my 'n voorreg om hier 'n besondere woord van dank en erkentlikheid ten slotte by te voeg teenoor my eggenote wat die opofferende taak op haar geneem het om al die tikwerk vir my te doen. W.J. DE KOCK Bellville, 15 Desember 1964 W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa x Lys van illustrasies W.B.E. Paravicini di Capelli (1778-1848) Frontispies (Kryttekening, huisargief Paravicini, Kaapse Argiefbewaarplek) Titelblad van die Paravicini-joernaal (Oorspronklike handskrif H.447, Koninklijke Instituut voor Taal-, Land- en Volkenkunde, Den Haag) Eiehandige brief van W.B.E. Paravicini di Capelli (Uit B.R. 93, Kaapse Argiefbewaarplek) Gedeelte van eiehandige inventaris deur Paravicini van stukke wat op die landreis ontstaan het (Uit B.R. 93, Kaapse Argiefbewaarplek) Jan Willem Janssens, goewerneur en 14 generaal-en-chef (Uit A. en H. Algra: Dispereert Niet, deel III, T. Wever, Franeker) Rheeboksfontein, Klein-Brakrivier, 15 woonhuis van die weduwee Pieter Terblanche (Eie opname, Desember 1959) Groenvlei by die Goukamma 30 (Akwarel uit die Paravicini-handskrif) Fort Frederick aan Algoabaai 31 (Akwarel uit die Paravicini-handskrif) W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa Gaika (Ngqika) 126 (Akwarel uit die Paravicini-handskrif Die Gonakwa-Hottentot Andries 126 Swartbooi (Akwarel uit die Paravicini-handskrif) Byeenkoms van genl. J.W. Janssens met 127 Gaika, Junie 1803 (Tekening na W.B.E. Paravicini di Capelli, plaat 3 van L. Alberti: Zuid-Afrikaansche Gezichten, Amsterdam, 1810) Jacob Laubscher (1751-1806), veldkornet 142 van Bergrivier (Afdruk van 'n miniatuurskildery in familiebesit) Lange Rietvalley aan die Bergrivier 143 (Eie opname van die woonhuis, Desember 1959) Kaarte Landreis van J.W. Janssens na Saldanha- 222 en St. Helenabaai, 17-27 Mei 1804 Roete van W.B.E. Paravicini di Capelli, 290 1803 (In twee afdelings) W.B.E. Paravicini di Capelli, Reize in de binnen-landen van Zuid-Africa xi Inleiding A. Lewensloop van die skrywer Die reisjoernaal wat tans vir die eerste keer hier gepubliseer word, nagenoeg 162 jaar ná die gebeurtenisse waarop dit betrekking het, is bygehou deur Willem Bartholomé Eduard Paravicini di Capelli (1778-1848), kaptein van die artillerie in die leër van die Bataafse Republiek, en aide-de-camp van genl. Jan Willem Janssens, goewerneur en generaal en chef van die Kaap de Goede Hoop van 1803 tot 1806. Met uitsondering van die verwysings na Paravicini deur Lichtenstein, wat hom persoonlik geken het as reisgenoot uit Europa, en by geleentheid saam met hom op reis was van Kaapstad na Swellendam, word hy nêrens in die Suid-Afrikaanse geskiedkundige literatuur vermeld nie, en oor sy verblyf aan die Kaap - van Desember 1802 tot April 1805 - is by die amptelike stukke maar 'n betreklik skrale neerslag te vinde.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    413 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us