SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2017 Jaargang XIV Maand 8 Augustus 2017 Saamgestel deur: Elorina du Plessis KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. Augustus 2017 Bundels (Oogstmaand) Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 8139 Datum: Tue Aug 1, 2017 Daar is 7 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1.1 File - netiket.txt by 2a Geen e-posse ontvang nie by "Johan Moolman" 3 [Press] The Mercury /Daily News 31 July 2017 by "Aletta Magrieta Quebbemann" alettaqea9fac 4 [PRESS] Die Burger Oos-Kaap 01 Augustus 2017 by "Hester Marx" 5a Gendata by "Yvonne Syffert" 6 Meyers Orts- und Verkehrs-Lexikon des Deutschen Reichs by "Elmien Wood" 7a Re: Fwd: DNA Toets by dan_strydom Messages 1.1 File - netiket.txt Mon Jul 31, 2017 9:07 pm (PDT) . Posted by: SAGenealogie: herinnering aan lysreëls, en lysnetiket Die volgende reëls en riglyne is daargestel om almal se ervaring van SA Genealogie nog meer aangenaam en produktief te maak. Gebruikers van die poslys aanvaar, deur hulle lidmaatskap en gebruik, die voorwaardes van die lysreels en onderneem om hulle daarby te hou. Indien iemand nie die reels wil nakom nie, moet hulle asseblief nie die poslys gebruik nie. Lidmaatskap en bydraes word gemodereer deur die lysbestuur. Die reëls en riglyne vir poslys-etiket is soos volg: 1. Gesprekstaal Die voertaal van SAGenealogie is Afrikaans, met aanvaarding van aanhalings uit bronne in die oorspronklike taal. 2. In- en uittekening Dit word van lede verwag om self hul intekening as lid op die poslys te administreer deur te gaan na http://groups.yahoo.com/group/SAGenealogie/ Wanneer 'n lid vir 'n tyd afwesig sal wees, is die beste om tydelik uit te teken as lid deur 'n e-pos te stuur aan: [email protected] en na terugkeer weer aan te teken deur 'n e-pos te stuur aan: [email protected] Onthou dat lidmaatskap gekeur word om te verhoed dat gemorspos-advertensies die poslys oorlaai, en om dit moontlik te maak dat lede wat die reëls herhaaldelik oortree se lidmaatskap gekanselleer kan word. Lede wat die reëls herhaaldelik oortree se boodskappe mag aan moderering onderwerp word. 3. SAGenealogie webwerf Besoek die SAGenealogie webwerf by http://www.sagenealogie.com of www.sagenealgy.com om julle te vergewis van die poslys se doelwitte en reëls. 4. Netiket en lysreëls Netiket (net-etiket) vereis dat lede onder andere die volgende sal doen: * wees vriendelik en behulpsaam teenoor andere, en respekteer mekaar; * deel genealogiese inligting met mekaar; * gebruik te alle tye beskaafde taal; * hou by die terrein van die poslys, naamlik genealogie (en verwante sake); * moet asseblief nie persoonlike boodskappe, en boodskappe wat niks met die genealogie te doen het, op die poslys plaas nie; * indien jy iets persoonliks wil oordra aan 'n ander lid, doen dit van die poslys af deur 'n e-pos direk aan die betrokkene te stuur; regsklik op die boodskap in Outlook Express, maak "properties" oop en kry die afsender se persoonlike e-adres. Moet asseblief nie net op "reply" klik sonder om die adres te verander sodat die pos nie per ongeluk ook na die lys toe gaan nie. * moenie twiste en vlam-oorloë begin of daaraan deelneem nie; * as jy antwoord op die poslys, sny onnodige teks uit die oorspronklike boodskap; die meeste e-posprogramme voeg die oorspronklike boodskap by verstek by wanneer jy op 'n brief antwoord; behou slegs die noodsaaklike deel van die ou boodskap; * as jy boodskappe in bundelformaat ontvang, moet nooit die hele bundel hersend wanneer jy antwoord nie; sny alle nie-tersake boodskappe uit die bundel uit; * gebruik altyd 'n relevante woord of sinsnede in die onderwerp-lyn ("subject") sodat ander kan sien waaroor jou boodskap gaan; voordat jy dus jou antwoord stuur, vergelyk jou brief en die onderwerp-lyn, en maak die nodige aanpassings; * wanneer jy inligting of hulp ontvang van 'n ander lid, bedank die lid kortliks (verkieslik in 'n private boodskap van die poslys af) daarvoor. 5. Toestemming en Kopiereg Lyslede wat e-pos aan die lys stuur stem in en erken, deur die versending van die e-pos aan SA-Genealogie, dat die inligting en kennis wat deur hul verskaf en oorgedra word te enigertyd en op enige manier deur die bestuur en lyslede gebruik mag word in enige vorm, ook in publikasies en in databasisse, maar dan op die uitdruklike voorwaarde dat die outeur (bydraer) en SAGenealogie as bron erken word. 6. Vrywaring SA Genealogie aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud en korrektheid van enige inligting wat deur lede in e-posse op die lys geplaas word nie. Die bestuur onderskryf nie noodwendig die opinie wat in e-posse uitgespreek word nie en aanvaar ook nie verantwoordelikheid daarvoor nie. 6. Bestuur Kontak die SAGenealogie bestuur as jy verdere inligting wil bekom, of enigiets onder hul aandag wil bring. 'n E-pos kan aan hulle gestuur word by [email protected] Lyseienaars en Bestuur Krugersdorp, S A 2a Geen e-posse ontvang nie Mon Jul 31, 2017 9:47 pm (PDT) . Posted by: "Johan Moolman" Dirk en Marietta Dankie vir terugvoer. Dit werk ongelukkig ook nie vir my nie. Groetnis Johan Moolman. 3 [Press] The Mercury /Daily News 31 July 2017 Mon Jul 31, 2017 11:08 pm (PDT) . Posted by: "Aletta Magrieta Quebbemann" alettaqea9fac Dag vriende, QUICKQUIP:-" In three words I can sum up everything I've learned about life; it goes on. " - US poet Robert FROST (1874---1963) " An intellectual snob is someone who can listen to the William Tell Overture and not think of The Lone Ranger." - Dan RATHER. TODAY IN HISTORY:- 1556:- Jesuit founder St Ignatius of Loyola dies in Rome. 1964:- The US Ranger 7 spacecraft transmits to Earth the first close-up pictures of the Moon. DEATHS:-BONHOMME Trevor + 29 July 2017 at age 75. Husband for 56 years and father of 6 and 13 grandchildren and 14 great-grandchildren. He was a politcan activist . Remembered for Durban March 1989 against segregated beaches.; Brother of Virgil.- DAILY NEWS - Chris NDALISO. CAMPION Verna Dorothy. Memorial at Upper Umgeni Presbyterian Church Howick on 5 Aug 2017 at 11am. OAKLEIGH 033 3426116. CARRINGTON Marie + 26 July 2017. Sister of Pat JONES. Remembered by family and friends.- DAILY NEWS. SHAIK Nadia + 29 July 2017. She was stabbed by a relative is suspected. - DAILY NEWS - MPHATHI NXUMALO. SPELLER-BURLS Sandra June (Sandy) 6 Oct 1948 ----27 July 2017 . I Love you from Douglas; Mother , of "Me" and Sandy. MEMORIAM:-GOVENDER Malcolm 27 Aug 1960 ---31 July 2016. Son of Thara. Husband of Pragashnee. Father of Shaandrae. Brother of Priscilla, and Leonard and families. TURNER Gerald + 27 July 2016. Remembered by Barbara , Robert, Loren, John, Craig and Tali family (Sydney-AU) . Gegroet uit Durban waar die wind weer betaal word om te WAAI en sterk . Dis nou al heel aand net deure wat klap. Rita Quebbemann. 4 [PRESS] Die Burger Oos-Kaap 01 Augustus 2017 Tue Aug 1, 2017 2:46 am (PDT) . Posted by: "Hester Marx" Sterfgevalle CROUSE, Aletta. Gedenkdiens Vrydag 04 Augustus 2017 10:30 NG Kerk Kragga Kamma, Gazanialaan 2, Fernglen. (Die Burger Oos-Kaap 01/08/2017) Sue, First Avenue Funeral Home 041 581 5028 TERBLANS, Dora. +Saterdag 29 Julie 2017. Kinders Helmut en Natarie. Roudiens Saterdag 05 Augustus 2017 10:00 Milnerton Kapel, First Avenue Funeral Home, 1ste Laan, Walmer. (Die Burger Oos-Kaap 01/08/2018) Sue, First Avenue Funeral Home 041 581 5028 Hester Marx, Loerie [email protected] 5a Gendata Tue Aug 1, 2017 3:41 am (PDT) . Posted by: "Yvonne Syffert" Goeie Middag, Kan iemand wat toegang het dalk vir my kyk op Gendata waar die vrou getroud is en dalk die man se naam ook MARGARETHA MARIA BOTES SCHUTTE(nooiens van) 19440712 FAMILY FINDER S Groetnis Yvonne Syffert 6 Meyers Orts- und Verkehrs-Lexikon des Deutschen Reichs Tue Aug 1, 2017 7:27 am (PDT) . Posted by: "Elmien Wood" Hallo Lyslede Dit breek my hart om dit met julle te deel, dit beteken dat ek nie nodig gehad het om 'n vliegtuigkaartjie te koop om na Salt Lake City toe te gaan nie! Nee, dit is nie werklik so nie. Dit is 'n besondere voorreg om in Salt Lake City navorsing te doen, maar die noodsaaklikheid daarvoor word al hoe minder. Een van die boeke wat ek in die Family History Library in Salt Lake City leer ken het, die Meyers Orts- und Verkehrs-Lexikon des Deutschen Reichs én nageslaan het én op allerhande maniere gekopieer het (met metodes wat ek nog nie in op 'n ander plek gesien het nie) én met pynlike moeite ontsyfer het. Eers die Duitse skrif, dan die afkortings, en dan die betekenis is ai, ai, ai, ai nou met 'n druk van 'n sleutel op my rekenaar in verstaanbare Engels. Die skakel is http://www.meyersgaz.org/ Sleutel net die naam van die dorp in Duitsland in en die rekenaar gee vir jou al die gegewens in Engels, met die verduidelikings van wat die afkortings beteken. Dit gee ook die beeld van die oorspronklike inskrywing in die Meyers. Daar is nie minder nie as 34 plekke met die naam <http://www.meyersgaz.org/place/20225016> Mühlhausen nie! Laat weet asseblief of die inligting iemand gehelp het.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages292 Page
-
File Size-