4 Junie, 2015 Oud-Affiebond Nuusbrief Belangrike datums: 7 Augustus Oud-Affiedinee Navrae: Tobias Lubbe 071 410 4299 of e-pos 15 Augustus Wildsfees Navrae: Marna Beineke 083 286 4405 of e-pos 21 Augustus Oud-Affiekonsert, Potgietersaal Navrae: Marna Beineke 083 286 4405 of e-pos 8 September Oud-Affiegholfdag, Wingate Park Navrae: Marna Beineke 083 286 4405 of e-pos Ons nooi jou vriendelik uit om asb. hierdie sosiale geleenthede te ondersteun. Daar kan mos niks lekkerder wees as om saam met jaargroepe en vriende te kuier nie! Ons doen vriendelik beroep dat nuus aan die skakelkantoor deurgegee word sodat on dit met die oud-Affiegemeenskap kan deel. Ons verwelkom met graagte enige voorstelle of advies ter bevordering van die OAB. Algemeen Oud-Affiebondkantoor Die OAB het 'n tuiste gevind bo die Appelkas waar die kantoor deur ons skakelpersoon, Marna Beineke, beman word. Ons dank aan almal wat ons behulpsaam was om hierdie droom te realiseer — 'n spesiale woord van dank aan Sakkie van der Walt. Die wisselwerking en samewerking tussen die OAB en die skool se skakelkantore werk goed en ons bedank vir Dirk Taljard en Niel Coetzer wat gehelp het dat Marna sommer vinnig haar voete kon vind. Klerasie Benewens die klerereeks vir oud-Affies is daar nou ook nuwe ondersteunersdrag vir die Affie- gemeenskap beskikbaar. Kontak gerus vir Marna Beineke (083 286 4405 of e-pos) om bestellings te plaas. Affie-opedag Die opedag van 27 Mei is baie goed bygewoon. Die Oud- Affiebond was ook daar om hand by te sit en besoekers welkom te heet. Die opedag was `n reuse sukses en het gesorg vir 340 inskrywings. Dit beteken dat Affies nie ten prooi kan val van die LUR vir Gauteng se onderwysdepartement se voorgestelde planne om onderbenutte Afrikaanse skole dubbelmedium te maak nie. `n Paar van die oud-Affies wat hul seuns na die opedag gebring het, het ook by die Oud-Affiebondstalletjie aangedoen. Kobus Meyer (1989), John Ellis (1993), Rudi Louw (1992) en Hendrik Prinsloo (1992) se seuns sal eersdaags op die rooi stoepe in hul pa`s se spore trap. Daar was ook talle ander oud-Affies wat bloot hulle belangstelling kom toon het, soos byvoorbeeld ds. Jan van der Berg (1953) en Horst Ziegelmeier (1949). Hoof se verjaarsdag Dr. Pierre Edwards het op 23 Mei verjaar. `n Film oor Affies se 95- jaarfeesoptog op 28 Januarie 2015 is in opdrag van die Oud-Affiebond gemaak. Dit is op 21 Mei 2015 tydens die viering van dr. Edwards (hoof sedert 1992) se verjaarsdag bekendgestel en aan hom opgedra. Die film is ‘n geskenk aan die ganse Affie-gemeenskap van die Oud-Affiebond. Laat daar LIG wees! OAB-bestuurslede David Pretorius (links) en Tobie le Cornu wens dr. Edwards geluk met sy verjaarsdag Lief en leed Dit is met groot hartseer dat die OAB van die volgende sterftes verneem het: Lajos Vari Lajos Vari, matriek 1963, is op 25 Mei oorlede. Eitel Kruger Eitel Kruger, matriek 1968, is op 16 Mei oorlede. Herman Adolph Reinach Herman Reinach, matriek 1953, is op 26 Maart oorlede. Willie du Plessis Willie du Plessis, matriek 1947, is ook onlangs na komplikasies na `n heupvervanging oorlede. Hy was op die reëlingskommitee van die 1947- groep se 65-jaarreünie. Dr. Rudolph Floris Opperman Visser Dr. Rudolph Floris Opperman Visser, matriek 1953, se tweelingbroer, Johan, het ons van sy afsterwe op 16 April, vanweë komplikasies na `n knievervanging in kennis gestel. Johan het die volgende inligting voorsien: Op skool was hy leier van die CSV en kaptein van die derde rugbyspan. Na skool het hy hom as veerarts bekwaam en het hom na sy aftrede in Kleinmond in die Kaap gevestig. Honties Joubert Joe (Honties) Joubert is op 30 April oorlede. Honties was in die laat dertigs in Affies en het hom daarna as vegvlieënier bekwaam. Tydens die Koreaanse oorlog het hy saam met `n ander oud-Affie, Majoor Kotzenberg, gevlieg toe laasgenoemde se vliegtuig in 1952 afgeskiet is. Joe Joubert het egter keer op keer weer kom land en was uiteindelik een van die vlieëniers wat die meeste sendings onderneem het. In 2011 het hy medaljes en publikasies waarin hy vereer is aan die skool geskenk. Oud-Affies SA O/20-span Twee oud-Affies is ingesluit in die Suid-Afrikaanse onder 20 rugbyspan wat van 2 tot 20 Junie in Italië aan die onder 20 Wêreldbeker gaan deelneem. Baie geluk aan die slot RG Snyman en scrumskakel Ivan van Zyl. Hulle was ingesluit in die beginspan wat op 3 Junie alreeds met Italië afgereken het. Hulle was albei lid van die onoorwonne 2013-Wit Bulspan. RG Snyman en Ivan van Zyl George Coetzee Skaars 'n paar weke na sy oorwinning in die Tshwane Ope op sy tuisbaan in Pretoria wen George Coetzee weer en verower sy derde Europese toertitel op 10 Mei in die Mauritius Ope met 'n telling van 13 houe onder baansyfer. Hy is tans 'n aanspraakmaker vir die internasionale span wat later vanjaar in die Presidentsbeker teen die span van Amerika sal meëding. AB de Villiers Oud-Affie krieketspeler en kaptein van die Proteas is op 3 Junie vir sy heldedade op die veld vereer met Krieket Suid-Afrika se gesogte Krieketspeler van die Jaar-trofee. Benewens hierdie toekenning ontvang AB ook die trofeë vir Eendagspeler van die Jaar en die Spelers en Ondersteuners se Krieketspeler van die Jaar. Volg gerus die skakel om meer oor sy toekennings te lees. Baracas se groot burgers Oud-Affies Neil Sirmon en Frits Brune, albei van die 2003-matriekgroep, se restaurant, Baracas, het onlangs opslae gemaak. Vir Wêreld-burgerdag het Baracas ’n Afrika-burger met ’n frikkadel van 1 kg en Neil Sirmon, hoofsjef ’n broodrolletjie van 500 g gemaak. Net sewe is gemaak en uiteindelik opgeveil vir liefdadigheid. Neil en Frits sal die opbrengs van dié reuse-burgers aan die Moeggesukkel-liefdadigheids­ organisasie, ook `n oud-Affieonderneming, skenk. Dit bied skuiling en vaardigheidsontwikkeling aan haweloses. Volg gerus die skakel om meer te lees. Comrades Marathon Die 90ste Comrades was ‘n op-wedloop en die Affie-marathonklub was vir die 8ste agtereenvolgende jaar ook daar. 17 Affie- marathonklublede het saam met ongeveer 19 000 mense Sondagoggend om 05:30 vanaf die Durban-stadsaal weggespring. Weens padwerke in Pine Town was die roete Klublede Leon en Thalita Nelson vanjaar 800 m verder. Johan van den Berg was die eerste klublid oor die wenstreep (8:52:29) en Angie Olckers het nét voor die doodskoot die lyn oorgesteek (11:54:47). Baie dankie aan elkeen wat as ondersteuner deel van hierdie geskiedkundige dag was. Geluk aan almal wat deel geneem het — dit is ‘n merkwaardige prestasie om hierdie wedloop te voltooi. Nie alle mense kan of wil marathons of ultra-marathons hardloop nie. By die Affie-marathonklub is daar ‘n tuiste vir dames en mans, stappers en hardlopers wat bloot ‘n gesonde lewenstyl wil volg. Maak gebruik van die geleentheid om ‘n positiewe verskil aan jou eie lewe te maak en ander te inspireer. Raak betrokke by die Affie-familie by die Affie-marathonklub. Kontak vir Ilze Moodie 082 321 1599. Ben Schoeman Befaamde oud-Affiepianis, Ben Schoeman, se konsert op 22 Mei in die Atterbury- teater het 'n mens opnuut onder die indruk van die talent van hierdie wêreldklas pianis gebring. Wat verder 'n sterk indruk gelaat het, was dat Ben ín 'n stampvol teater die grootste deel van sy toeligtingspraatjies in Afrikaans gelewer het - sonder om verskoning vir sy taalvoorkeur aan te teken! 'n Baie groot deel van die gehoor het uit Affie-ouers, oud-Affie-ouers en oud- Affies bestaan - 'n besondere reünie. Volg die skakel vir `n lys van Ben Schoeman se optredes. Skoolnuus Kultuur Debat Affies se senior debatspan, bestaande uit Jan-Hendrik Pretorius en Daniël Goosen, is die Gautengse kampioene nadat hulle verlede naweek met die ander 24 spanne in die Gautengfinaal afgereken het. Dreyer Swart en Louis Schoonbee het in die derde plek geëindig en dring daarom ook deur na die landsfinaal wat in Augustus by Goudini Spa plaasvind. Dit is die twaalfde agtereenvolgende jaar dat Affies die nasionale finaal haal. Die junior debatspan bestaande uit Francois de Vos, Ruben Els en Müller Barkhuizen het as Gautengse naaswenners in die junior kompetisie uit die stryd getree, en dring daarom ook deur na die junior finaal in Goudini. Applous-koorkompetisie Die Affie-koor het weereens puik gevaar en goud verower by die ATKV Applouskompetisie wat by die Musaion van die Universiteit van Pretoria plaasgevind het. Die koor het hiermee deurgedring na die landswye finaal wat op 8 Augustus in Port Elizabeth plaasvind. Die Afrika-werk wat hulle tydens hierdie geleentheid gelewer het kan by hierdie skakel besigtig word. Sport Hokkie Die Witstokke bekleë tans die sewende plek op die jongste skoleranglys. Affies se eerste span klop Grey Kollege, vir die tweede agtereenvolgende jaar, met 5-2 in Bloemfontein. Teen KES wen die eerste span 3-0 en teen Waterkloof 4-3. Die afgelope naweek moes hulle egter teen Jeppe die knie buig met 0-4. Nie minder nie as agtien hokkiespelers is ingesluit in die onderskeie Noord-Gauteng hokkiespanne. Baie geluk aan die volgende seuns: 14A – Walter Nel, Ruan Kruger, Rickus Myburgh, Leighton Ferreira, Christoff van Niekerk 14B – Christiaan Davel, Tobias Louis Lubbe 16A – Estiaan Mathee 16B – Herco Roesch, Hanco Coetzee, Urich Wappad, Quinton Venter, Louis Schoonbee 18A – Kristoff Janse van Rensburg 18B – Arno Cilliers, Cronje Holtzhausen, Jacques de Graaf, Jean Du Plessis Rugby Vanjaar se Wit Bulle-span het die afgelope paar weke gewys hoekom hulle tans die eerste plek op die skoleranglys beklee. Die eerste span wen `n uitstekende wedstryd, wat ook op Supersport uitgesaai is, teen Grey Kollege in Bloemfontein met 18-29.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages1 Page
-
File Size-