Maart 2007 Bundels Die volgende bundel nommers is blykbaar nie gebruik nie. 1751, 1752, 1754, 1755, 1756, 1759, 1760, 1761, 1762, 1763 en 1764 1766 - 1790 1792 - 1805 1807 - 1831 1833 en 1834 1836 - 1859 1861 - 1885 1887 - 1911 1913 - 1937 1939 - 1947 1849 - 1973 1975 - 1983 1985 - 2009 2011 - 2026 2028 - 2052 2054 - 2060 2062 - 2086 2088 - 2089 Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 1730 Datum: Thu Mar 1, 2007 Daar is 25 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1. Re: Moordenaars Graf Foto's? - Fauresmith From: Coenraad Raath 2. Dr Pallo Jordan From: MJS Jordaan navorsing 3a. Stamvader Pieter Jansz VAN WESTHUIJSE: Moontlike kandidaat. From: Petrus van der Westhuizen 3b. Re: Stamvader Pieter Jansz VAN WESTHUIJSE: Moontlike kandidaat. From: Leoni 4a. TOETS From: Verna Fourie 4b. Re: TOETS From: rvanzijl 5. TAB Boedels beskikbaar tot ? From: Paul Bosman 6. Dickonson Navraag From: Yvonne Nieuwoudt 7. VERMEULEN STAMVADER, Antonius VERMEULEN From: Johan Vermeulen 8. Lappe vertel From: E Teir 9. Me. Doreen Liebenberg (58) se dogter, Jaqui (26 From: E Teir 10. 'Esther kon mense gelukkig maak'- HARTSEER From: E Teir 11. Ouma Bettie Cronjé (89) From: E Teir 12. Was jou oupa in Ceylon of St Helena of .... From: Simon du Plooy 13a. "Die Wereldboek van Basson" From: Gert Schepers 13b. Re: "Die Wereldboek van Basson" From: Daan Hamman 13c. Re: "Die Wereldboek van Basson" From: Gert Schepers 14. Re: BARNARD From: Johan van Breda 15. Afsterwe van 'n Vriendin se Moeder From: Blikkies 16. Labuschagne From: Grahame Naudé 17. DE LANGE Adriaan Jacobus X GNADE Catharina Margaretha From: Leoni 18a. Geen pos From: Chris Kruger 18b. Re: Geen pos From: Ina Penberthy 19. Re: VANDAG IN DIE GESKIEDENIS: 28 FEBRUARIE From: Mariana Esterhuysen 20. BEWAAR ONS GESKIEDENIS From: E Teir Boodskap 1. Re: Moordenaars Graf Foto's? - Fauresmith Posted by: "Coenraad Raath" [email protected] cjraath Thu Mar 1, 2007 6:11 am (PST) Nardus Dit lyk of jou rekenaar deurmekaar is. Dit het van 26 Feb. aangestap na 29 Maart! Groete, Coenraad. Boodskap 2. Dr Pallo Jordan Posted by: "MJS Jordaan navorsing" [email protected] Thu Mar 1, 2007 6:32 am (PST) Suid Afrikaanse Genealogie - South African GenealogyBeste Andre Ek verwys kortliks in my proefskrif na die minister se van se oorsprong. Groete Marthinus Dr MJS Jordaan (PhD) Bestel van Tourism in South Africa Order of Tourism in South Africa [email protected] Jordaan genealogie en erfenis Jordaan geneaology and heritage [email protected] URL: www.mjsjordaan.co.za Sel 084 577 3226 Fax: 051-5222522 Boodskap 3a. Stamvader Pieter Jansz VAN WESTHUIJSE: Moontlike kandidaat. Posted by: "Petrus van der Westhuizen" [email protected] stamboomwesthuizen Thu Mar 1, 2007 6:39 am (PST) Dagsê almal, Jammer oor die lang stilte, maar ek was ietwat besig. Onder andere het ek moontlik nou die volgende skakel van onse "stamvader", Pieter Jansz VAN WESTHUIJSE. Let wel dat dit nog geverifieer moet word, maar dit sal ek mettertyd in Brugge gaan doen wanneer daar tyd is. Gebruik dus die inligting eers met 'n waarskuwing. En ek hoor graag enige kommentaar of verdere inligting. Met die hulp van twee afsonderlike navorsers in Nederland en België asook vriendelike ondersteuning van die VVF-Brugge, het ek nou tot die volgende gevolgtrekking gekom: Daar is meer as een moontlike kandidaat vir Pieter se doopbesonderhede in Brugge, maar dat die mees waarskynlike een aangeteken is as Petrus VAN WESTHUUSE (seun van Petrus VAN WESTHUUSE en Maria VANDE VELDE), gedoop te Varsenare (in die randgebied van Brugge) op 17 April 1639. In hierdie geval is "Petrus" 'n varieëring van "Pieter". Dieselfde egpaar het te Varsenare ook die volgende kinders laat doop: Nicolaus VAN WESTHUUSE (13 Maart 1635) Cornelia VAN WESTHUUSE (29 Maart 1637) Mathias VAN WESTHUUSE (11 November 1641) Helena VAN WESTHUUZE (21 Augustus 1644) Bostaande inligting is aangeteken in die Parochieregisters / Kerkboeke van Brugge. Ook beskikbaar op die Internet by http://www.vrijwilligersrab.be/index.html. Ek wil ook noem dat ek onlangs Brugge besoek het en dat dit 'n heel aangename stad is. Beslis die kuier werd en om op dieselfde strate te gaan wandel waar ons voorvader gewandel het! Vriendelike groete, Petrus VAN DER WESTHUIZEN / MüLLER / VERMEULEN / UYS / DE WAAL / STEYN / MORKEL Boodskap 3b. Re: Stamvader Pieter Jansz VAN WESTHUIJSE: Moontlike kandidaat. Posted by: "Leoni" [email protected] leonibarnard Thu Mar 1, 2007 1:03 pm (PST) Hello Petrus Dis darm die lekkerste lekker as die legkaart stukke so op die rand van inval is...dis hartkloppings en wye oog gevoelentes! Dis nou nie asof mens nie jou werk waardeer nie, maar dis wanneer mens wens jy was al afgetree, sodat jy dag en nag kan aanhou grou. Wel gedaan, ek is bly dit was so 'n lekker ondervinding. Groete Leoni Boodskap 4a. TOETS Posted by: "Verna Fourie" [email protected] verna_fourie Thu Mar 1, 2007 7:09 am (PST) Ek toets net. Kry al heel dag nie pos nie. Verna Fourie Montana Park Pretoria [email protected] 082 462 1411 Boodskap 4b. Re: TOETS Posted by: "rvanzijl" [email protected] rvanzijl Thu Mar 1, 2007 9:48 am (PST) Hello Ek toets ook - ek het geen pos vandag gekry nie - enige idee? Dankie Richard van Zijl Boodskap 5. TAB Boedels beskikbaar tot ? Posted by: "Paul Bosman" [email protected] paul5016 Thu Mar 1, 2007 8:08 am (PST) Dagsê Vriende Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat boedels vir die jare 1977 en 1978 oorgeplaas is van die Meester se argief na TAB. Fluit hierdie voëltjie die waarheid? Groetnis Paul D Bosman ------------------------------- my grootjies: BOSMAN X DE VILLIERS / VERSTER X DE KLERK / FROST X VON BENECKE / SYMINGTON X PIENAAR Ria s'n: BURGER X MOSTERT / MOSTERT X BRAND / KRUGER X VORSTER / KUHN X BREDENHAHN Posbus 1787 Rayton 1001 Tel & Faks: 012 802 1009, sel: 082 851 4039 <[email protected]> http://myweb.absamail.co.za/paul.bosman; http://picasaweb.google.com/paul5016/Versters/photo Boodskap 6. Dickonson Navraag Posted by: "Yvonne Nieuwoudt" [email protected] vonniescheep Thu Mar 1, 2007 9:03 am (PST) Marius, Wou net hoor of jy my navraag oor Dickonson ontvang het? Vriendelike Groete Yvonne Nieuwoudt Cincinnati, VSA Boodskap 7. VERMEULEN STAMVADER, Antonius VERMEULEN Posted by: "Johan Vermeulen" [email protected] johanvermsa Thu Mar 1, 2007 9:41 am (PST) Naand vriende, SAG 14 toon die volgende VERMEULEN ook as 'n stamvader. Antonius VERMEULEN, * Nederland ca 1795 x Kaapstad 2.5.1838 Hermina Johanna LUDEKING. b1 Hermanus Johannes * 19.4.1839 = Durbanville 14.7.1839. b2 Christina Catharina * 8.12.1840 = 10.1.1840 Hermina Johanna was die dogter van Hermanus LUDEKING, * c 1784, van Amsterdam x Kaapstad 20.1.1811 Louisa Johanna VAN GRAAN. Ek het Antonius nie in die Vermeulen geslagsregister as 'n stamvader opgeneem nie. Is daar dalk iemand wat beskik ook enige inligting ten opsigte van die twee VERMEULEN kinders. Het die Durbanville gemeente in 1839 reeds bestaan, dalk onder 'n ander naam. ? Enigiets sal verwelkom word. Groete Johan Vermeulen. Bond van die Vermeulen Familie. Boodskap 8. Lappe vertel Posted by: "E Teir" [email protected] kerrieborrie Thu Mar 1, 2007 10:01 am (PST) Onreg teenoor die Groot Trek Feb 28 2007 12:16:39:513PM - (SA) Tshwane- Beeld In die geskiedenis van die Afrikaner is daar een heroïese gebeurtenis wat vandag byna dreig om deur die vergetelheid verdelg te word. Dit is die Groot Trek. Miskien was die verbeeldinglose wyse waarop die gebeurtenis vir baie jare deur onderwysers in skole aan opkomende geslagte voorgedra is, een van die redes hiervoor. Deelnemers aan die trek was, soos die storie destyds aan my vertel is, almal sulke vaal, sondelose karakters. In die proses is die ongelukkige voorval toe die opportunistiese Piet Retief hom in Dingaan vasgeloop het, totaal uit verband geruk en voorgedra asof die gebeurtenis simbolies van die ganse trek was. As ’n mens vandag kyk hoe suksesvol die Amerikaners hul groot trek na die weste van daardie land bemark het, en jy plaas dit langs die vaal storie van ons eie Groot Trek, kan jy net jou kop skud. Niemand het ons vertel dat Piet Retief uit die Kaap weg is omdat hy vir sy skuldeisers moes vlug nie. Niemand het vir ons vertel dat Retief, voordat hy aan trek gegaan het, die bates van die ryk weduwee, met wie hy in die Oos-Kaap getrou het, deur sy agterstewe getrek het nie. Niemand het ons vertel dat Andries Pretorius die lede van sy Wen- kommando toegelaat het om swart kinders te ontvoer nie. As die Afrikaner vandag terugkyk op sy eie verlede, sien hy daarin ’n interessante teenstelling wat soos ’n goue draad deur sy geskiedenis loop. Aan die een kant staan ’n kerk wat op hiper-Calvinistiese wyse vertel het dat die mens (en dus ook die Afrikaner) in sonde gebore is en net deur genade gered kon word. Aan die ander kant staan sy geskiedskrywers wat verhale vertel het van mense wat foutloos gelewe het. Alles wat verkeerd geloop het, was óf die skuld van die Engelse regering óf die swart volke wat hy in Afrika raakgeloop het. Hoeveel geslagte Afrikaner-kinders is nie grootgemaak om te haat nie? Ons moes alles wat Engels was, haat. Ons moes alles wat Rooms was, haat. Ons moes alles wat kommunisties was, haat. Ons moes die swartman en die duiwel vrees. En ons moes God en onsself liefhê. Geen wonder Allen Drury het ons as "a very strange society" beskryf nie Boodskap 9. Me. Doreen Liebenberg (58) se dogter, Jaqui (26 Posted by: "E Teir" [email protected] kerrieborrie Thu Mar 1, 2007 10:02 am (PST) Tuinier in arres ná vrou se lyk in vlak graf opgespoor is Mar 01 2007 08:26:34:767AM - (SA) Alet van Zyl ’n Tuinier van Randparkrif aan die Wes-Rand is gisteroggend gearresteer nadat sy werknemer, ’n personeelkonsultant, se lyk Maandagmiddag in ’n vlak graf op haar erf gevind is.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages974 Page
-
File Size-