ʼn Ondersoek na kinderteater as ʼn moontlike tersiêre toneelspelonderrigmeganisme. deur Schalk Willem van der Merwe Tesis ingelewer ter voldoening aan die vereistes vir die graad van Doktor (PhD) in Drama en Teaterstudie in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch Studieleier: Prof Petrus du Preez Desember 2020 Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za VERKLARING Deur hierdie proefskrif elektronies in te lewer, verklaar ek dat die geheel van die werk hierin vervat, my eie, oorspronklike werk is, dat ek die alleenouteur daarvan is (behalwe in die mate uitdruklik anders aangedui), dat reproduksie en publikasie daarvan deur die Universiteit van Stellenbosch nie derdepartyregte sal skend nie en dat ek dit nie vantevore, in die geheel of gedeeltelik, ter verkryging van enige kwalifikasie aangebied het nie. Handtekening: Desember 2020 Kopiereg © 2020 Universiteit van Stellenbosch Alle regte voorbehou ii Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za OPSOMMING In hierdie studie is daar na die huidige toneelspelopleidingsbenadering vir akteurs in Suid-Afrika gekyk en hoe hierdie opleiding op tersiêre vlak aangebied word. As vertrekpunt vir die studie, is die Universiteit Stellenbosch, Drama Departement gebruik. Verskeie benaderings van toneelspelopleidingselemente is aanvanklik met internasionale tendense vergelyk. Die term integrasie is verder ondersoek om ʼn werksdefinisie vir die studie te skep. Die suksesvolle vlak van integrasie van verskeie toneelspelelemente is daarna ondersoek. As benadering tot die ondersoek van toneelspelopleidingselemente, is die Stanislavski-sisteem aan die hand van die vergrote spelstyl en konvensies van kinderteater onder die loep geneem. Hierna het verskeie navorsingsaktiwiteite plaasgevind. Kunsgebaseerde navorsing is as paradigma vir hierdie navorsingsaktiwiteite gebruik en die verhouding tussen Navorsing Aangedrewe Praktyk en Praktyk Aangedrewe Navorsing is toegepas. Selfreflektiewe data is ingesamel en op ʼn artisieke wyse as eksegese in die tesis voorgestel. Navorsingsaktiwiteit 1 het die term kinderteater afgebaken, insluitende die konvensies en styl van die teatervorm, sodat dit in die praktyk ondersoek kan word. Die Stanislavski-sisteem in Navorsingsaktiwiteit 2 is nagevors en die teorietiese raamwerk binne die praktyk, is getoets. Verskillende komponente as benadering tot spelopleiding, is beklemtoon. Vanuit Navorsingsaktiwiteit 2 is twee toneelspelopleidingsmodelle geskep (onderskeidelik in Navirsingsaktiwiteite 3 en 4) om ʼn benadering tot die suksesvolle integrasie van toneelspelopleidingselemente binne ʼn vergrote toneelspelstyl te toets. Die metodologiese aanslag van die navorsing het daartoe gelei dat die toepassing van teorieë eerder as teorieë self voorkeur geniet. Sodoende word die suksesvolle vlak van integrasie tydens toneelspelopelding identifiseër, aangespreek en verbeter. Alhoewel die Stanislavski-sisteem as benadering gebruik is, kan ander benaderings ook gebruik word. Kinderteater as vergrote spelstyl kan ook vervang word met ander toneelspelstyle soos die klug. iii Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za ABSTRACT This study investigates the current actor-training approach for students in South Africa and how this training is presented at tertiary level. The starting point for the study is the Drama Department, Stellenbosch University. Various approaches to actor-training elements are initially compared to international trends. The term integration was further investigated to create a working definition for the study. Subsequently, the successful level of integration of various actor-training elements is investigated. As an approach to this investigation, the Stanislavski system is examined in the light of the exaggerated acting style and conventions of children's theatre. Following this, various research activities were executed. Art-based research is used as a paradigm for these research activities and the relationship between Research Led Practice and Practice Led Research is applied. Self-reflective data was collected and artistically presented as exegesis in the thesis. Research activity 1 has delineated the term children's theatre, including the conventions and style of the theatrical form, so that it can be explored in practice. The Stanislavski system in Research Activity 2 was researched and tested through the theoretical framework applied within practice. Various components of the system as an approach to actor-training are emphasized. From Research Activity 2, two actor-training models are created (in Research Activities 3 and 4, respectively) to test an approach to the successful integration of actor-training elements within an exaggerated acting style. The research and methodological approach has led to the application of the theories being highlighted, in that it identifies, addresses and improves the successful level of integration during acting. Although the Stanislavski system has been used as an approach, other approaches can also be used. Children's theatre as an exaggerated acting style can also be replaced with other exaggerated acting styles, such as the farce. iv Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za BEDANKINGS Erkenning en bedanking word hierdeur verleen aan die Suid – Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die beurs wat aan my toegestaan is om hierdie studie te voltooi. Ek spreek graag my dank uit aan: s Almal wat gehelp het met die tegniese versorging van die studie. s Prof Petrus du Preez vir sy studieleiding, raad en voorstelle. s My familie en vriende vir hul bystand en ondersteuning gedurende hierdie studietydperk. s My drie kinders Artemis Maximus Grande, Balthazar Demonicus en Cybele Carpa wat my inspireer en toegelaat het om hulself as karakters in hierdie studie te gebruik. s My eggenoot Johan de Jager wat met liefde en geduld my nooit laat moed opgee het nie. s My Skepper wat my die geloof, insig en volhoudbaarheid deur Sy genade gegee het om die studie te voltooi. v Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za INHOUDSOPGAWE Akademiese agtergrond en begrensing. pp. 1.1. Inleiding en agtergrond tot die studie. 1 1.1.1. Internasionale tendense in toneelspelopleiding. 4 1.1.2. Nasionale tendense in toneelspelopleiding 7 1.2. Literatuuroorsig. 19 1.2.1. Kinderteater as genre: ʼn agtergondstudie. 19 1.2.1.1. Pantomime, kinderteater en die rol van die sprokie in elkeen van die vorms. 19 1.2.1.2. Die rol van poppespel in kinderteater. 22 1.2.1.3. ʼn Werksdefinisie vir kinderteater. 23 1.2.2. ʼn Voorlopige afbakening van die term integrasie. 24 1.2.3. ʼn Bondige beskrywing van verskeie toneelspelopleidings- elemente en die begrippe: Toneelspel, Spraak/Stem opleiding, Beweging en Opleidingsproduksies. 25 1.2.3.1. Toneelspel. 25 1.2.3.2. Spraak/Stem opleiding. 25 1.2.3.3. Bewegingsopleiding. 26 1.2.3.4. Opleidingsproduksies as term en praktyk. 27 1.2.3.5. Gevolgtrekkings van besprekings. 27 1.2.4. Toneelspelopleidingsteorieë: ʼn Kort oorsig van verskeie westerse praktisyns en hul benaderings tot toneelspelopleiding. 28 1.2.4.1. Vsevold Meyerhold. 28 1.2.4.2. Lee Strasberg, Stella Adler en Sanford Meisner. 29 1.2.4.3. Jerzy Grotowski. 33 1.2.4.4. Gevolgtrekking 34 1.3. Probleemstelling. 37 1.4. Navorsingsvraag. 38 1.5. Doelwitte. 38 vi Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za 1.6. Metodologie 39 1.6.1. Navorsingsaktiwiteit 1 – Kinderteater en kinderteaterkonvensies as toneelspelopleidingsraamwerk. 46 1.6.2. Navorsingsaktiwiteit 2 – Die Stanislavski-sisteem binne die raamwerk van toneelspelopleiding. 48 1.6.3. Navorsingsaktiwiteit 3 – Toneelspelopleidingsmodel 1. 50 1.6.4. Navorsingsaktiwiteit 4 – Toneelspelopleidingsmodel 2. 51 1.6.5. Samevattende opmerkings oor die gekose metodologie. 52 vii Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za viii Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za ix Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za pp. Samevatting en gevolgtrekkings 304 Bronnelys 315 x Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Akademiese agtergrond en begrensing. 1.1. Inleiding en agtergrond tot die studie. In hierdie tesis sal daar ondersoek ingestel word na die huidige toneelspelopleidingsbenadering vir akteurs in Suid-Afrika en hoe hierdie spelopleiding op tersiêre vlak aangebied word, met die spesifieke doel om kindteater as ‘n toneelspelopleidingsmeganisme te ondersoek. Dit is nie die doel om alle tersiêre opleidingsinstansies se toneelspelopleidingsisteme te ontleed nie, maar hierdie studie spruit uit kwessies wat spesifiek aan die Universiteit Stellenbosch se toneelspelopleidingsisteme ondervind word. Die doel van hierdie hoofstuk is om ’n agtergrond te gee tot huidige tendense van toneelspelopleiding op tersiêre vlak, asook my persoonlike benadering tot toneelspelopleiding uiteen te sit. Die ervarings wat in hierdie hoofstuk vervat word, spruit hoofsaaklik uit my teaterervaring as student en dosent by die Universiteit Stellenbosch se Drama Departement. Tydens my studentejare (en as teatermaker) is daar ’n geleentheid vir Dramastudente om vir die jaarlikse departmentele produksies oudisies af te lê. Dit is my ervaring en persoonlike opinie met opleidingsproduksies1 as student en opvoeder dat opleidingsproduksies die hoeksteenaktiwiteit is wat opleiding en ervaring met mekaar verbind. As nagraadse student het ek die geleentheid gehad om in ’n kinderteaterproduksie te speel. My deelname aan hierdie produksie het my geprikkel om die verskillende uitgangspunte, doelstellings en aard/vlak van integrasie van toneelspelkomponente tydens die
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages341 Page
-
File Size-