Jaargang VII Mannd 6

Jaargang VII Mannd 6

SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2010 Jaargang VII Maand 6 Junie 2010 Saamgestel deur: Pieter L van der Merwe KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. Junie 2010 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 4376 Datum: Wed Jun 2, 2010 Daar is 18 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1a. Re: Pretorius oor 3 eeue From: Nada Crafford 2a. Foutiewe Grafstene From: Van der Merwe 3. [Koerant] Die Burger Oos-Kaap 31 Mei 2010 From: P Marx 4a. Boesmanland From: Francois Greeff 4b. Re: Boesmanland From: Karel Marais 4c. Re: Boesmanland From: Francois van Niekerk 4d. Re: Boesmanland From: Richard 4e. Re: Boesmanland From: Petrus Fourie 4f. Re: Boesmanland From: Dirk Taljaard 4g. Re: Boesmanland From: Francois Greeff 5. [Koerant] Die Burger Oos-Kaap 01 Junie 2010 From: P Marx 6.1. Re: NAAIRS From: Isebelle 7. DJH vd Berg From: paul.prinsloo 8. [Koerant] The Mercury Maandag 31 Mei 2010 From: aletta magrieta.quebbemann 9. Carnarvon From: Petrus Fourie 10. Die nageslag van Guillaume de Swardt van Bergen-op-Zoom From: Willieta de Swardt 11. Nothnagel geskiedenis From: ampienot 12. Susan Bredenkamp - Kontakbesonderhede. From: Simon du Plooy 1a. Re: Pretorius oor 3 eeue Posted by: "Nada Crafford" [email protected] nadacrafford Tue Jun 1, 2010 4:05 am (PDT) Hallo Liezl Gaan kyk by http://www.cdbooks-r- us.com/index.php?act=viewProd&productId=73 of vir meer CD's http://www.cdbooks-r-us.com. Groete Nada Crafford 2010/6/1 pretorius.liezl <[email protected]> > > > Hallo almal (alweer) > > Kan enigiemand dalk vir my se waar ek die Pretorius oor 3 eeue boek kan kry > (verkieslik op CD) en hoeveel dit kos? > > Liezl > (Pretoria) > > > 2a. Foutiewe Grafstene Posted by: "Van der Merwe" [email protected] pvandermerwe92 Tue Jun 1, 2010 4:34 am (PDT) Hallo Lyslede, Moet nie uit die oog verloor dat wanneer daar met dokumente amptelik of nie, hierby word grafstene ingesluit, dat die gegewens wat daarop verskyn deur iemand verskaf is. Daardie persoon het somtyds geraai aangesien hulle nie van beter geweet het nie. Dus moet nie die gegewens as korrek aanvaar voordat dit bevestig nie. Voorbeelde is: my vrou se oupa se doopnaam was Willem, op sy SK was dit aangegee as William. In die famillie was daar 'n aantal Willems so het hy met die naam William opgeeindig. Op elkeen van my ma, broers en susters is die ouma se geboorteplek as vyf verskilende provinsies aangegee. Sy was gebore in die Transvaal, Vrystaat, Noord Kaap en Betsjoannaland. Haar man, die oupa, het elke keer wanneer die kind geregistreer is geraai omdat hy nie seker was nie. Dit het heelwat navorsing gekos om vastestel dat sy in Taung gebore was. En ek glo dat daar heelwat sulke stories met vele soeke opgeduik het en nog sal opduik. Petrus L van der Merwe. 3. [Koerant] Die Burger Oos-Kaap 31 Mei 2010 Posted by: "P Marx" [email protected] Tue Jun 1, 2010 5:43 am (PDT) Gelukwensings BOTHA, Elané. Geluk met 18de verjaarsdag. Oupa Ben, ouma Marie, Pappa en Mamma. (Die Burger Oos-Kaap 31/05/2010) Sterfgevalle BOSMAN, Louis Lodewickus. 01/02/1950 - 26/05/2010. Vrou Suzette, moeder, broers, susters. Roudiens Dinsdag 01 Junie 2010 11:00 NG Kerk, Lorraine. Verassing privaat. (Die Burger Oos-Kaap 31/05/2010) First Avenue Funeral Home 041 581 5028 In Memoriam VAN HUYSSTEEN, M J L (Thys). 25/03/1944 - 30/05/2009. Ina, Bonnita, Desmond en kleinkinders. (Die Burger Oos-Kaap 31/05/2010) VENTER, Cobi en George. Vandag 1 jaar wat julle tragies van ons weggeneem is. Gerrie en Thea. (Die Burger Oos-Kaap 31/05/2010) Hester Marx Loerie 4a. Boesmanland Posted by: "Francois Greeff" [email protected] Tue Jun 1, 2010 5:55 am (PDT) Een dag, lank gelede, was ek diep in die moeilikheid oor straatname in genealogie, want iemand het gekla dat haar navorsing vervelig was omdat sy te veel straatname ens gekry het, ipv BMD. Vir my was straatname (ens) die sous oor die kool. Nou is ek weer by straatname. In die Boesmanland brief is daar twee vanne wat ek herken: Mouton en Alheit. In Carnarvon het ons gewoon in nommer een Moutonstraat, en daar was ook ‘n Alheitstraat – trouens, die enigste Alheit wat ek ooit geken het. Na wie is hierdie strate vernoem? Regards, Francois _____________ Francois Greeff 36 Aston Road London SW20 8BE United Kingdom Phone: 0044 20 8123 4224 Mobile 0044 79 6372 2345 Skype: Greefffrancois From: Hendrik at Loogkolk [mailto:[email protected]] Sent: 01 June 2010 08:24 To: GGSAbestuur; Buitenposten; [email protected] Subject: [SA-Gen] skrywe vanaf Barnard Smit, NoordKaap familie navorser Geagte Boesmanland-vriende April se Kuierfees het my kwaal net vererger toe ek besef: hier is die soort mense wat ek soek. Die kwaal het lank gelede sy greep gekry toe ek begin het om inligting oor die familie op te skrywe, en ek ook besonderhede van die dooies bekom het. Nuuskierigheid oor hulle wat lankal weg is, sleep my die argiewe in. Eers is dit net my eie voorsate, maar dan begin ek wonder oor die families waar hulle ingetrou het. Met die grawery besef ek hoe swak die genealogie in ons geweste nagevors is. Dit maak my vies: moet ons dan hier ook afgeskeep word? En ek grawe wyer. Die gevolg is dat ek nou beskik oor heelwat inligting oor Boesmanlandse takke van die volgende families: Barnard, Bezuidenhout, Blaauw, Burger, Buys, Callaghan, Compaan, Compion, de Vries, Engels, Fitzgerald, Grobler, Hayes, Hendrikse, Hoepfner, Horn, Hough, Knouwds, Kruger, Lubbe, Mouton, Nolte, Richter, Stadler, Thirion, van der Colff, van Sittert, van Taak, van Tiddens, Visser en Wolhuter. My werkswyse is rofweg soos volg. Ek werk stelselmatig deur gemeentes se registers en skryf elke liewe doop en huwelik uit hierdie families op. Eers kom die "rand" (Clanwilliam, Prins Albert en om tot Victoria-Wes) tot 1900, dan dié wat "nader" is (Calvinia, Carnarvon en Prieska) tot 1920, en laaste my "hartland" (Brandvlei tot by Upington") tot 1950. Dit word aangevul met inligting uit die sterfkennis en grafskrif van elkeen wat ek kan opspoor. En dan kom die plesierigheid: om elkeen van hierdie persone aan 'n geslagregister te koppel. Dis lekkerder as om diamante te delwe! Jy werk nie alleen nie. Langs die pad ontmoet jy wonderlike mense wat graag inligting uitruil; wat help en aanspoor. Só beskik ons "span" tans oor meer as 10,000 foto's uit kerkregisters en begraafplase in die hartland. Vele persone hoor van die gesoek, en stuur hulle takkie se besonderhede. Die oogmerk hiermee is om inligting uit die Boesmanland in gerieflike formaat in die openbare domein te kry waar navorsers dit kan benut. Daarom is ek dankbaar dat die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika aangebied het om hierdie werk later vanjaar op 'n kompakskyf te versprei as deel van hul Omnibus-reeks. Dan is dit wyer bekend en landswyd beskikbaar. Intussen is ek oortuig dat daar onder julle, en verder die Boesmanland in, mense is wat belangstel in die inligting wat ek reeds beskikbaar het. En ek is ook oortuig dat daar mense is wat graag inligting oor hulle tak wil deel sodat ons die prentjie van hulle familie meer volledig kan maak. Miskien het iemand uit "my families" met iemand uit "jou familie" getrou. Hierdie is 'n ope uitnodiging aan julle om my te skakel sodat ons kan praat oor hoe ons inligting kan uitruil. Ek soek nie geld nie, net meer inligting - altyd maar meer inligting. Soms, as ek oor hierdie onderwerp dink, kry ek 'n koudte om die hart. Daar is soveel kosbare inligting oor ons geweste wat mense getrou versamel het, en wat saam met hulle begrawe gaan word. Daar het al veel daarvan oor my pad gekom. Soos die verhaal van 'n vrou wat 1918 op Alheit gebore is, en saam met haar ouers Duitswes toe getrek het, of ds Jacob Wasserfall van Keimoes se dagboek (1918), of 'n storie uit die Maass-familie oor die beginjare op Namies. Hoeveel grafte lê vergete op nou verlate plase? In hoeveel families is daar Bybels en geskrifte met unieke inligting? Kan ons nie 'n volgende Omnibus-geleentheid as medium gebruik om sulke inligting te "publiseer" en te bewaar nie? As die Here my nog gesondheid gee, gaan ek in elk geval volgende jaar met 'n tweede sarsie families begin en deurwerk. Dit gee ons rede tot 'n volgende CD. Tans lyk die kortlys só: Baard, Bergh, Bonthuys, Booysen, Carsten, de Vos, Dippenaar, Ellis/Els, Faul, Gous, Hanekom, Husselman, Jacobs, Jooste, Jordaan, Kuhn, Lochner, Lombard, Longland, Maass, Nel, Ras, Rossouw, Rupping, Smit, van Niekerk, Viviers, Vlok, Vollgraaff en Wasserfall. Saam kan ons help dat besonderhede oor die Boesmanland behoue bly. Groete Adres: Sylvanerslot 5, Zevenzicht, Kuilsrivier 7580 Telefoon: 021-906-4967 of 082-822-1514 E-pos: barnard.smit @ absamail.co.za 4b. Re: Boesmanland Posted by: "Karel Marais" [email protected] turando101 Tue Jun 1, 2010 6:24 am (PDT) Francois, 'n Lang skoot in die donker is die een: http://en.wikipedia.org/wiki/Christian_Wilhelm_Alheit Hy het immers 'n dorp na hom vernoem en was nie 'n onbekende in die gebied nie.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    873 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us