Kortpad na advertensies 25 Desember 2016 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe Redakteursbrief Om praktiese redes aan die einde van ‘n baie besige jaar vir my, gebruik ek heelwat van dieselfde inligting wat in hierdie week se Kiwi-Brokkies verskyn ook hier weens die generiese aard daarvan. Dit was ‘n geskiedkundige jaar in die sin dat Aus-Brokkies ewe beskeie uit Nieu-Seeland se BROKKIES (wat toe reeds vir 15 jaar lank bestaan het) gebore is. So het die twee susterspublikasies ontstaan: Aus-Brokkies en Kiwi-Brokkies. Dit was die verwesenliking van ‘n droom vir my. Ons het nou ook vir die soveelste keer die voorreg om Kersfees te vier, en spesifiek die herdenking van die geboorte van ons Verlosser Jesus Christus, die Goeie Nuus wat soveel eeue lank deur profete voorspel is. Baie mense in hierdie deurmekaar wêreld erken Homs slegs as mens. Hulle is ten minste eerlik oor die emmers vol historiese getuienis (ook buite-Bybels) dat Hy wel bestaan het. Hulle het egter vir hulself ‘n versperring opgerig by die kwessie of Hy wel die dood oorwin het en of Hy God in mensgestalte was. As Jesus nie na sy Kruisdood opgestaan het nie, was hy slegs ‘n goeie mens. Indien Hy egter wel uit die dood opgestaan het, verdien dit dieper besinning – vir ons eie siel se onthalwe. Uit sy Woord leer ons dat Hy elke persoon geskep het met ‘n diepliggende kennis van Hom. Hy sê elke mens weet dat God bestaan, hoewel dit dikwels ten sterkste deur mense betwis word. Hul ingeboude gewete is dus ‘n ‘eie besef’ van wat reg of verkeerd is – ‘n maaksel van die mens self. Die probleem met die goed ontwikkelde wêreld is dat ons voorspoed maklik ook ons geestelike ondergang kan word. Dinge gaan so goed dat ons geleidelik ons sin vir afhanklikheid verloor. In ons individualisme voel ons dikwels nie meer afhanklik van ander om ons te verryk nie, en ons skud maklik die afhanklikheidsgevoel van ons Skepper af. Wat ons net meer as 2,000 jaar gelede ontvang het, is daar vir elkeen om te omarm en hul eie te maak. Ja, Jesus is gebore om vir ons die pad deur ons menslike onperfektheid na God te berei. Maar ewe belangrik is die ander deel van die rede waarom Hy gebore is, en waarom ons fees vier: Hy het gekom om te sterf. Vir ons. Dat Hy in die proses ook die dood oorwin het, is wonderlik, maar logies omdat Hy God is; die skepper van lewe. Sy doel om vir ons te kom sterf was juis om seker te maak dat ons in ons gebroke, sondige toestand wel ons perfekte Vader sal kan ontmoet as ons so kies. Hierdie week se Pitkos-rubriek is opgeskuif omdat dit so mooi by hierdie tema inskakel. Ds Johan Hendricks gesels oor hierdie kwessies en meer. Ook in hierdie uitgawe is daar ‘n berig oor ‘n ander dominee oorspronklik vanuit Suid-Afrika, dr Mario Weyers, wat ‘n boek vrygestel het. Hy kyk ook na geloof vanuit die bril van die sekulêre wêreld. Ek wens elke leser en adverteerder van Aus-Brokkies ‘n baie geseënde Kersfees toe. Vertel jou viende asb van Brokkies. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by www.brokkies.net/kontak ) Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 25 Desember 2016 Geestelike Pitkos Terug na bo... Dit is Kersfees! Kersfees is sekerlik een van die mees gevierde feeste in die Westerse wêreld. Almal weet daarvan, want reeds in Oktobermaand begin Kersfees-advertensies en word winkelvensters en rakke met Kersfeestemas opgetooi. Veral vir mense wat in die Christelike tradisie grootgeword het, is die Kersverhaal met die Baba in die krip, Josef en Maria, die engele wat sing, die herders en die wyse manne en die ster oor bekend. Die oorbekendheid van Kersfees hou ‘n groot gevaar in. Dit is dat ons die storie so goed ken, en met die beskikbaarheid van soveel bronne op die internet, selfs nog meer inligting kan kry oor verskillende aspekte van Kersfees. Dinge soos die verskillende teorieë oor die herkoms van Kersfees en die spesifieke datum domineer talle gesprekke. Ons kan dit alles doen; die verhaal so goed ken, verskillende teorieë oor Kersfees nahou of selfs ywerig ondersteun sonder om aangeraak te word deur die Kind wat gebore is en wat ‘n verskil in elke mens se lewe wil maak. Ons lees in Matteus 2:1-12 dat die wyse manne in Jerusalem by die paleis gaan navraag doen het oor die geboorte van die koning wie se ster hulle gevolg het. Ons lees in vers 4 dat Herodus by die Skrifkenners en priesterhoofde navraag gedoen het en dat hulle presies kon bepaal en geweet het waar die Messias gebore sou word! Hulle kon dit uit die Skrifte aanhaal en hulle het die getuienis van die wyse manne gehad en die ster wat verskyn het! Maar ten spyte van dit alles het hulle niks gedoen om self die Kindjie te gaan opsoek, te ontmoet of te aanbid nie. En dit terwyl wyse manne van ver kom, en skaapwagters hulle skape in die nag in die veld los om die Kind wat gebore is persoonlik te ontmoet en aanbid. Kan ons nog opgewonde raak oor Jesus? Kan ons verby al die versierings en presente kyk, en besef dat die belangrikste van alles is om Jesus persoonlik te ontmoet en as my Here en Verlosser te aanbid? Dan maak die tierlantyntjies, die plastiekversierings en selfs nie eens die geskenke saak nie, want dan kan ek in aansluiting by die woorde van Simeon met die Jesus-baba in sy arms sê: nou kan ek met God se vrede lewe en in vrede sterwe, want ek het my Verlosser ontmoet! Dan is Kersfees waarlik die Christusfees wat God vir ons gegee het. Ds Johan Hendricks (Gasskrywer uit Nieu-Seeland) Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 25 Desember 2016 Algemene nuusbrokkies Terug na bo... 2016 was Aus-Brokkies se 1ste jaar - met baie nuusbrokkies Aus-Brokkies se moederpublikasie, Brokkies, bestaan al vir bykans 16 jaar. Vir die grootste deel daarvan was Brokkies die mondstuk van Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland. Toe die klub 'n paar jaar gelede besluit om halt te roep, wou hulle die suksesvolle Brokkies laat voortgaan en het hulle dit geprivatiseer. Lees dié geskiedenis by www.brokkies.net . ‘n Jaar gelede is beide Aus-Brokkies en Kiwi-Brokkies uit die ou Brokkies gebore. Albei publikasies beleef ‘n groeiende leserstal en Aus-Brokkies ‘n uitbreidende verspreiding oor Australië. Huidige intekenaars weet dat inskrywing gratis is, en tans kan enige immigrant in Australië wat ‘n onderneming van die een of ander aard het, gratis hierin adverteer. Aus-Brokkies bied aan lesers ‘n gereelde proesel Afrikaanse leesstof – en dit in hul Australiese konteks. Die blad bied ook aan mense in ons immigrantegroep die geleentheid om hul aktiwiteite bekend te stel en mense met mekaar te laat skakel, of om sommer net aan hul skryflus uiting te gee. Daar is oor die jaar stories geplaas oor immigrante se prestasies of interessante bedrywighede. Daar was stories oor die kunssinniges onder ons, die vindingrykes, die toegewydes en sommer net lekker immigrasiestories. Eienaars van kleinsake het hul besighede deur middel van promosie-artikels bemark. Aus-Brokkies ontvang soms briewe van lesers (maar nog nie genoeg nie!) en tussen die erns deur probeer ons ‘n ligte trant handhaaf. Die geestelike Pitkos-rubriek bring ‘n paneel van Afrikaanse leraars byeen en bied hul verskeidenheid van inspirasie uit die Bybel tot lesers. Gemeenskapsgeleenthede is bemark en Afrikaanse kerkdienste het soos altyd gratis blootstelling gekry Die jaar lê al op sy rug, dit is Kersfees, en hier's 'n oorsig van die verskeidenheid wat vanjaar in Aus-Brokkies belig is: Januarie 2016 • GROOT OOMBLIK: Aus-Brokkies word gebore! • Ons vra die groot vraag: Behoort plakkies aan Australië of Nieu-Seeland? • Die geestelike sanggroep, ‘Manne wat Glo 2’ se koms na Australië word bemark. • Dit was weer ‘n lekker ou Australia Day! Februarie 2016 • Brokkies se webwerf word selfoon- en tabletvriendelik gemaak – en ons vertel die wêreld daarvan. • Kyk bietjie wie stig moontlik bosbrande in Australië! • Ons stel KykNet se ongelooflike verskeidenheid van bekostigbare Afrikaanse aanlynflieks en -programme bekend • Huur jy huis in Sydney? Weet jy van hierdie regte wat jy spesifiek in Sydney het? Maart 2016 • Die vriendelike Friendly Hostel nooi jou Queensland toe. • Aussieland se heuning is baie beter as wat gerugte dit wil hê. • Paastyd: ‘Van Bethlehem tot Skedelbult: Wat is die waarheid oor die Man van Nasaret?’ • ‘n Leser, Francois Stemmet, deel ‘n lekker staaltjie uit sy kinderdae wat met duwweltjies te doen het. April 2016 • Ons onthou Anzac Day saam met Australië, en grawe redelik diep om mooi te verstaan. • Michiel Goosen van Perth toor met Australië se harde hout. Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 25 Desember 2016 • Ons gee ‘n oorsig van vakansies wat elke Australiër moet beleef. • Ons vra: Wat dink jy van Aussieland se nuwe $5-noot? Mei 2016 • Word Australië geleidelik die wêreld se ‘ark’? • Pa’s en seuns het weer VET pret gehad op die Pa en Seun Mannekamp! • Ons bekyk die vraag of mens jou Suid-Afrikaanse kredietkaart in Australië mag gebruik. • Al meer SA-immigrante met kleinsake in Australië benut die geleentheid om gratis in Aus-Brokkies te adverteer. Junie 2016 • Graham en Sherill Botha van Kintore vertel hul pragtige bedieningstorie uit Australië se ‘woestyn’. • Werksverlies in die middeljare: Is daar raad? • Ons kyk hoe weeg Junie se ‘nuwe’ Springbokspan op teen die All Blacks en die Wallabies.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages17 Page
-
File Size-