Lees Maar Self Waaroor Dit Gaan

Lees Maar Self Waaroor Dit Gaan

Kortpad na advertensies 12 September 2013 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Werksgeleenthede (1/5) Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe (2/5) Redakteursbrief Die rugbygeesdrif loop hoog! Baie lesers van Brokkies sal hierdie uitgawe dalk eers onder oë kry wanneer die uitslag van die stryd tussen die Springbokke en die All Blacks bekend is. Dit lyk of die skinkbord gedek is vir goeie aksie! In hierdie uitgawe verlang Loeloeraai na Tarzan. Wat? Ja, Tarzan. Lees maar self waaroor dit gaan. Dalk verlang hy na iets anders… Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland het ‘n mylpaal in hul bestaan hier in Nieu-Seeland behaal. Lees gerus waaroor dit gaan. Ons kry so ‘n smakie van wat gebeur het toe ons eie Nieu-Seelandse Klopse, die Auckland City Dukes die Bokke op die lughawe gaan groet het. Nog by rugby, Thys Oosthuizen deel sy opinie oor Championship-rugby. Daar is heelparty nuwe advertensies: ‘n Talentvolle, kunssinnige vrou adverteer haar plakboekery, kaartjiemakery en meer. ‘n Ander dame maak rokke vir enige geleentheid of herstel klere. ‘n Vakansieterrein in ‘n SAner se besit bied ‘n aantreklike webreek aan. Daar is ‘n baie goeie huishuurgeleentheid in Hamilton, dis nou makliker om jou geld uit SA te kry. Nog ‘n SAner in Browns Bay kan jou motors flink versien en herstel. Daar is ook baie ander goeie handelsnuus. Lekker lees, en laat my gerus weet hoe jy oor sake voel. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by [email protected]) ________________________________________________________________________________________ Ysbreker: Kortbrokkies • Uit Britse Daily Mail: Vir solank hy kan onthou, het John Hough aan 'n slegte geheue gely. • Wat is die ooreenkoms tussen 'n man en 'n vliegtuig? Albei beteken niks op die aarde nie • 'n Onkundige persoon is een wat moet uitvind wat jy reeds weet. - Will Rogers Uit: ‘Grapkas’ ([email protected]) Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 12 September 2013 Geselsrubriek: Ek sê maar net – Deur Loeloeraai Wat het dan van Tarzan geword? Die oorspronklike ‘Tarzan’, Johnny Weismuller. Regs is Christopher Lambert in die 1984-weergawe. Elvis het die gebou verlaat. Ons weet wat met die Beatles en Abba gebeur het. Daarenteen kry Batman, Spider Man en die Hulk voortdurend nuwe lewe. Maar waar het Tarzan heen verdwyn? Dis nog glashelder in my geheue ingeprent: Ek en die De Kock-broers het in ons Pretoriase voorstad gereeld gaan fliek. Nadat ek my sakgeld verdien het deur saam met my pa in die tuin te werk, kon ek die middag gewapen met my skat van 25 sent (dalk was dit 50 sent) saam met hulle na die Astra of Orion stap om te gaan fliek. Ja, die enkele muntstuk was genoeg vir die fliek, ‘n Tex-sjololadestafie en ‘n klein botteltjie Coca Cola tydens pouse. “Pasop vir die rotte wat oor jou voete gaan hardloop,” het my pa met ‘n glimlag sy skeptisisme jeens ons plaaslike ‘bug house’ oorgedra. Maar ons het baie flieks daar gekyk. Meestal ‘double features’. Twee aksieflieks op een middag was vir ons die hoogtepunt van die week. Gewoonlik was dit ‘n oorlogprent soos Guns of Navarone en ‘n lekker skop-skiet- Western soos Clint Eastwood se ‘The Good the Bad and the Ugly’. Ou Clint was ‘n gunsteling met sy kort sigaar in die hoek van die mond, sy cowboy-hoed op en die Meksikaanse poncho om die lyf wat die vinnige rewolwer subtiel versteek totdat hy hom moet laat praat wanneer iemand ‘sy dag maak’. Maar ons grootste gunsteling was Tarzan. Halfnaak. Halfbarbaar. Halfbeskaafd. Edgar Rice Burroughs se aapman van aristokratiese afkoms wat iewers diep in ‘n Afrika-woud sy bestaan tussen die groot ape gevoer het. Soveel verskanste klas en styl is nie onder elke primitiewe bos uitgeskop nie! Tarzan, die sterk wildeman het menige skurk uitgesorteer en telkens die verdrukte se kant geneem en die dames se eer beskerm. Toe sy geliefde Jane op die toneel verskyn en die konfilk tussen haar eie en die ‘aapman’ se wêrelde inlui, is Tarzan onherroeplik in die gehoor se sentiment ingemessel. Ek onthou nog my eerste Tarzan-fliek. Dit was ‘n ou swart en witte met die legendariese Johnny Weismuller in die hoofrol. Na hom het ‘n rits ander akteurs gevolg. Die meer onlangse flieks was natuurlik in volkleur. Die eerste fliek, Tarzan of the Apes, is in 1912 gemaak. Daarna het tientalle flieks en boeke gevolg. Sover ek weet, is daar in 1984 die laaste keer (nie seker nie) ‘n Tarzan-fliek gemaak. Maar terug by my mymering... Na afloop van die fliek het ons groepie maats altyd die fliek op die sypaadjie op pad huis toe gespeel. Die ongeskrewe reël was dat jy jou karakter van die dag kon kies, maar jy kon dit eers doen wanneer jy deur die teater se deur en in die laatmiddagson daar buite was. Dit was ‘n geskarrel om eerste buite te kom, want dan kon jy ‘Tarzan’ deps as jy wou (en wie sou nie?). Maar daar kon net een wees. Ek was ‘n stut in ons laerskool se rugbyspan en dus nie die beweeglikste nie. Na ‘n keer of wat se beërwing van die rol as die hoofaap, het ek geleer heupstamp by die deur om ‘n beter rol te kry. Ek kan nie onthou dat enige van ons ooit die rol van Jane aanvaar het nie... Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 12 September 2013 Maar Johnny Weismuller was die oorspronklike, mees outentieke Tarzan. Dit was ons konsensus. Het die andersdenkendes dan nooit gehoor wat ons gehoor het nie? Johnny het nooit van waaghalse gebruik gemaak nie! Selfs toe daar van daardie hoë krans in die see geduik is, was dit hyself wat dit gedoen het. En hy was ‘n Olimpiese swemmer op sy tyd! G’n wonder nie! En daardie kenmerkende kreet wat die bloed van enige dier en mens laat stol het voordat hy met die rankplante van boom tot boom geswaai het! Het mense besef dat ook daardie kreet sy eie is? Die fliekmakers het nie iemand anders se stem gebuik nie. Die feit dat die rankplante altyd so gerieflik geplaas was om ‘n soomlose swaai deur die woud se boomtoppe te verseker, het ons min geskeel. Tarzan was ons held. ‘n Heerlike fantasiefiguur. Pure onskuld. Ons sien deesdae allerlei ou fiksiehelde in rolprente verrys, met ‘n groeiende donker element wat die kinderfantasie wat hulle eens was, vernietig. Maar wat het van Tarzan geword? Miskien het die afwesigheid te doen met die publiek se latere persepsie dat die storie verskeie soorte stereotipering tot gevolg gehad het. Ek wonder nietemin wat Nieu-Seeland se Peter Jackson met Tarzan sal uitrig indien hy sou besluit om die legende te laat herleef. Eintlik wonder ek hoe dit gaan met my vriende, die ‘De Kockies’. Wat ‘n heerlike kindertyd het ons nie saam gehad nie. Gelukkig het ek oor die jare ‘n bietjie kontak met die meeste van hulle behou. Ek dink ek gaan hulle nou almal opbel. Dalk vertel ek hulle dat my herinnering aan Tarzan my aan hulle laat dink het. Ek wou maar net sê. Loeloeraai Algemene nuusbrokkies Terug na bo... Kiwi-skool bied nou Afrikaanse aanlyn-klasse vir kinders aan Afrikaans aanlyn ‘n Mens hoor van tyd tot tyd hoe immigrante-ouers hardop wens dat hul jong kinders hier in Nieu-Seeland die geleentheid kan kry om Afrikaans formeel aan te leer. Wel, glo dit of nie, maar daar is nou so ‘n geleentheid. Kiwi Rachel Roberts van die VLN Primary School het aan Brokkies geskryf met die nuus dat hulle nou ‘n Afrikaanse internetklas aanbied vir kinders. Dit maak dus nie saak waar iemand hulle bevind nie. Die ‘Virtual Learning Network (VLN) Primary School’ is ‘n groep gemeenskapskole in Nieu-Seeland wat saamwerk om verbeterde opvoedkundige geleenthede aan skoliere te bied deur middel van aanlyn-studies. Dit word ondersteun deur die Minister van Onderwys en word deur ‘n ‘gasheer’-skool aangebied. Rachel sê hierdie groep is in 2010 gestig en hulle bied aanlyn-klasse vir leerlinge in jaar 7 en 8. Behalwe vir die fokus op tale word wyer areas in die kurrikulum ook gedek. “Ons is trots om vanjaar vir die eerste keer Afrikaans by studente se leerkeuse te voeg. Ons Afrikaanse klas is bedoel vir beginners. Hoewel die hoof teikengroepe leerslinge in jaar 7 en 8 is, kan ons ook kinders insluit wat jonger is. Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 12 September 2013 “Inskrywings word deur die kind se tuisskool gedoen en die koste word deur die onderskeie skole gedra. Skole dra normaalweg by tot die VLN Primary School deur die beskikbaarstelling van onderwysertyd of deur finansiële bydraes om vir onderwysers te betaal. Hierdie wederkerige reëling kom neer op ‘n dollarwaarde van $240 per semester (15 weke se klasse) vir elke inskrywing. “Alle aanlyn-klasse is geskeduleer om twee keer per jaar te begin: In die middel van Maart en Julie, en duur ‘n semester lank”, sê Rachel. Hoe die aanlynklasse werk Rachel verduidelik: “Leerlinge en onderwysers ontmoet mekaar een keer per week in ‘n internet-konferensiekamer. Leerlinge ontvang dan ‘n les wat 30 minute duur, en hulle oefen deur die week aan die tuiswerk wat vir hulle gegee word. “Hulle gebruik die webwerf Welearn waar hulle ook hulpbronne kan gebruik en aktiwiteite kan voltooi. Hulle gebruik hierdie webwerf ook om met hul onderwysers en klasmaats te kommunikeer. “’n Tipiese klas kan tot 12 leerlinge akkommodeeer wat van drie tot vier verskillende skole uit enige plek in Nieu-Seeland afkomstig is. “Die eerste Afrikaanse klas word hanteer deur mevrou Annatjie Fourie, die skoolhoof van Ohura Valley Primary School, as haar skool se bydrae tot the VLN Primary School.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    20 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us