Jaarverslag 2016-2017 E-pos: [email protected] Webtuiste: www.fwdeklerk.org Facebook: www.facebook.com/FWdeKlerkFoun Twitter: @FWdeKlerkFoun E-pos: [email protected] Webtuiste: www.cfcr.org.za Facebook: www.facebook.com/theCFCR Twitter: @theCFCR Instagram: @the_cfcr E-pos: [email protected] Webtuiste: www.fwdk-cud.org Facebook: www.facebook.com/fwdkCUD Zeezicht Gebou, Tygerberg Park, Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, Kaapstad, 7500, Suid-Afrika Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika Tel: +27 (0) 21 930 3622 Faks: +27 (0) 21 930 3898 Ondersteun die FW de Klerk Stigting, sy Sentrum vir Grondwetlike Regte en sy Sentrum vir Eenheid in Diversiteit Die Stigting is ‘n klein nie-winsgewende organisasie (NWO-nommer: NPO 031-061) organisasie met ‘n beperkte begroting. Indien u ‘n bydrae tot die Stigting wil lewer is daar verskeie metodes om ‘n skenking aan te doen. Skenkings is van belasting aftrekbaar en ontvang in terme van Artikel 18A van die Wet op Inkomstebelasting 58 van 1962. FW DE KLERK STIGTING Bank: ABSA Privaatbank Rekeningnaam: FW de Klerk Foundation Trust Rekeningnommer: 406 009 2839 Takkode: 632005 Inhoud Boodskap van die Emeritus-Voorsitter 2 Boodskap van die Voorsitter 3 Verslag van die Uitvoerende Direkteur 4 Ons Missie 5 Aktiwiteite 6 Kommunikasie 12 Ons Mense 13 Boodskap van die Direkteur van die SGR 14 SGR Missie 15 SGR Aktiwiteite 16 SGR Kommunikasie 22 Boodskap van die Direkteur van die SED 24 SED Missie 25 SED Aktiwiteite 26 SED Kommunikasie 28 Finansiële State 29 VAN BO NA ONDER: dr Holger Dix, Phephelaphi Dube en regter Richard Goldstone | Rhoda Kadalie | Voorsitter Dave Steward by die 2017 Wêreldspitsberaad van Nobelvredespryswenners | Christina Teichmann, Rhoda Kadalie en Phephelaphi Dube | Jaarlikse Konferensie 2017 | adv George Bizos en Phephelaphi Dube | dr Theuns Eloff SIRKEL INLAS: Wayde van Niekerk en voormalige President FW de Klerk Boodskap van die Emeritus-Voorsitter Suid-Afrika beleef weer moeilike tye. Belangrike staatsinstellings is gekaap en word misbruik om die persoonlike, politieke en finansiële belange van gewetenlose politici te bevorder. Korrupsie is aan die orde van die dag. Eens trotse ondernemings in staatsbesit steier onder die gewig van jare se wanbestuur en die plundering van openbare bates. Leiers van ‘n aantal politieke partye en organisasies hits rasse-vyandighede aktief aan in hul pogings om steun te kry en die aandag af te lei van hul mislukkings wat hul manifeste betref. Dit alles het bygedra tot ‘n geval van ekonomiese stagnasie waarin ons ekonomie nie in staat is om die groei, die werksgeleenthede en die hulpbronne te lewer wat nodig is om die belangrike probleme wat die oorgrote meerderheid van ons mense die hoof moet bied, aan te pak nie. Die oplossings vir al hierdie probleme kan gevind word in ons Grondwet en in die gees van versoening en hoop wat Suid-Afrikaners regoor die politieke spektrum inspireer het toe ons ons nuwe samelewing 23 jaar gelede gevestig het. Nou, meer as ooit, het ons doeltreffende en vreeslose burgerlike organisasies nodig om ons Grondwet te bevorder en verdedig. Suid-Afrikaners van welwillendheid uit al ons gemeenskappe moet ons mediavryheid en onafhanklike howe gebruik om diegene aanspreeklik te hou wat die grondslag van ons nie-rassige demokrasie ondermyn. Nou, meer as ooit tevore, moet ons oop kommunikasie, verdraagsaamheid, wedersydse respek en verbintenis tot die grondliggende waardes van ons Grondwet bevorder wat noodsaaklik is vir die handhawing van nasionale eenheid en positiewe verhoudings tussen ons gemeenskappe. Dit is hierdie waardes en hierdie benaderings wat aan die hart lê van die missie van die FW de Klerk Stigting en van sy Sentrums vir Grondwetlike Regte en Eenheid in Diversiteit. Nou, meer as ooit tevore, moet die Stigting die rolle speel waarvoor dit gestig is, om ons Grondwet te verdedig en bevorder, en om te strewe na positiewe verhoudings tussen Suid-Afrikaners uit al ons gemeenskappe. Ons Suid-Afrikaners het al baie krisisse in die verlede ervaar: die verskil is dat ons nou gewapen is en beskerm word deur ‘n uitstekende Grondwet, en dat ons nou oor ‘n stewige grondslag beskik vir nasionale eenheid in die kernwaardes wat dit uiteensit. FW de Klerk, Emeritus-Voorsitter 02 FW DE KLERK STIGTING www.fwdeklerk.org JAARVERSLAG 2016-2017 Boodskap van die Voorsitter In 2016 - 2017 het ons belangrike verwikkelinge beleef, beide in Suid-Afrika en by die FW de Klerk Stigting. Aan die begin van 2016 het ek uitgetree as Uitvoerende Direkteur, en met my nuwe verantwoordelikhede begin as Voorsitter van die Stigting se Raad van Trustees. FW de Klerk - as ons Emeritus-Voorsitter - het voortgegaan om ‘n onontbeerlike rol te speel wat die ontwikkeling van die Stigting se etos betref. In wese het ek rolle geruil met dr Theuns Eloff, wie ons Voorsitter was. Theuns bring groot ondervinding - inter alia uit die belangrike rol wat hy in die KODESA- sekretariaat gespeel het tydens die onderhandelings - en daarna as Visekanselier van die Noordwes-Universiteit - na sy nuwe rol by die Stigting. Ons is inderdaad gelukkig dat ons iemand van sy soort karakter en ondervinding kon kry om die rol van Hoof Uitvoerende Beampte van die Stigting uit te voer. Gedurende die jaar het ons ook adv Johan Kruger gegroet, wat die Sentrum vir Grondwetlike Regte vir die voorafgaande drie en ‘n half jaar gelei het. Johan het ‘n senior pos aanvaar by die Verenigde Nasies en is nou in Nairobi gebaseer. Hy is opgevolg deur Phephelaphi Dube, wat voortgaan om die Sentrum met groot insig, onderskeid en doeltreffendheid te lei. Ontwikkelings in Suid-Afrika - veral wat ‘staatskaping’ betref - beteken dat die Stigting se kernwaardes van die beskerming van die Grondwet en die bevordering van positiewe verhoudinge tussen ons gemeenskappe nou meer belangrik as ooit is. Dit is verblydend dat die Stigting se nuwe uitvoerende span so goed gekwalifiseerd is om die historiese uitdagings wat beide Suid-Afrika en ons eie organisasie die hoof moet bied, aan te pak. Dave Steward, Voorsitter JAARVERSLAG 2016-2017 www.fwdeklerk.org FW DE KLERK STIGTING 03 Verslag van die Uitvoerende Direkteur In die jaar van die stigting se 18de verjaardag, is ons dankbaar om te sê dat ons van krag tot krag gaan. Ek was bevoorreg om in Julie 2016 die pos van Uitvoerende Direkteur te aanvaar, na 'n kort tydperk van 17 maande as Voorsitter. Phephelaphi Dube is in die afgelope jaar aangestel as die Direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR). Sy het die Sentrum as gesaghebbende stem op die gebied van grondwetlike aangeleenthede gevestig. Sy het ook persoonlik ‘n reputasie gevestig as ‘n kundige op die gebied van staatsreg, met ‘n nugtere opinie wat selfs die mees emosionele aangeleenthede betref. Zohra Dawood is aangestel as die eerste Direkteur van die Sentrum vir Eenheid in Diversiteit in Oktober 2016. Sy het binne ‘n baie kort tydperk die SED gevestig as ‘n nuwe en energieke stem op die gebied van sosio-politieke aangeleenthede, en spesifiek op die gebied van ons eenheid en ons diversiteit. Ons oorhoofse tema vir 2017, “Grondhervorming en Eiendomsregte”, is gegrond op die twee ewe belangrike elemente van artikel 25 van die Grondwet. 'n Aantal verklarings en artikels is geproduseer, en 'n nasionale konferensie word vir vroeg in 2018 beplan. Die politieke en sosio-ekonomiese omgewing bly uiters uitdagend. Die Stigting en sy twee Sentrums was in staat om ingelig te bly, en selfs voor uit te sien wat nou aan die gebeur is. Enersyds is ons baie bekommerd oor die uitdagings soos staatskaping, korrupsie en 'n algemene minagting van die grondwetlike waardes deur een sektor van die politieke spektrum. Aan die ander kant is ons bemoedig deur die opkoms van die burgerlike samelewing, en dat ons deel daarvan is. Dit is ook bevestig deur die rol wat ons in die National Foundations Dialogue Initiative speel, waar nege nasionale stigtings aktief vra dat alle Suid-Afrikaners op alle vlakke die Grondwet steun en ‘n dialoog begin oor die soort toekoms wat ons wil hê. Ek wil die Stigting se Raad, onder die bekwame leiding van Dave Steward, bedank vir die leiding wat oor die afgelope jaar verskaf is. Ons skenkers verdien ook ‘n groot woord van dank omdat hulle finansieël by ons gestaan het in moeilike ekonomiese tye. Dr Theuns Eloff, Uitvoerende Direkteur 04 FW DE KLERK STIGTING www.fwdeklerk.org JAARVERSLAG 2016-2017 Ons Missie Die FW de Klerk Stigting bevorder en bewaar FW de Klerk se presidensiële erfenis deur die ondersteuning van die sake waarvoor hy tydens sy Presidentskap gewerk het. Die Stigting: ondersteun en bevorder die Grondwet, die Handves van Regte en die oppergesag van die reg deur i die aktiwiteite van sy Sentrum vir Grondwetlike Regte; bevorder eenheid in diversiteit deur te werk vir vriendelike intergemeenskaplike verhoudings ii en nasionale eenheid deur die aktiwiteite van sy Sentrum vir Eenheid in Diversiteit; ondersteun liefdadigheidsorganisasies wat omsien na gestremdes en iii minderbevoorregte kinders; bied inligting oor FW de Klerk se presidentskap en die faktore wat gelei iv het tot Suid-Afrika se oorgang na 'n nie-rassige grondwetlike demokrasie. JAARVERSLAG 2016-2017 www.fwdeklerk.org FW DE KLERK STIGTING 05 Aktiwiteite // Toesprake // In die verslagjaar het voormalige President FW de Klerk 21 toesprake gelewer: 11 in Suid-Afrika 21 toesprake en 10 oorsee. Hoogtepunte sluit in 'n toespraak aan die Kaapse Persklub op die vooraand van sy 80ste Verjaarsdag, 'n toespraak by die Margaret Thatcher-sentrum se Jaarlikse Galadinee in Londen en 'n toespraak aan die Philanthropreneurship 11 Forum
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages32 Page
-
File Size-