Download PDF Van Tekst

Download PDF Van Tekst

De vruchten mijner werkzaamheden Marten Douwes Teenstra editie F.C.L. Bosman bron Marten Douwes Teenstra, De vruchten mijner werkzaamheden (ed. F.C.L. Bosman). Die Van Riebeeck-vereniging, Kaapstad 1943 Zie voor verantwoording: http://www.dbnl.org/tekst/teen002vruc02_01/colofon.htm © 2010 dbnl / erven F.C.L. Bosman t.o. I Kaart 1. - KAART VAN REISE EN UITSTAPPIES VAN TEENSTRA, 1825. (Spelling van plekname volg die van Teenstra. Plekke tussen hakies dien slegs ter oriëntering en is deur die redakteur ingevoeg.) Marten Douwes Teenstra, De vruchten mijner werkzaamheden XI Voorwoord. Dit was teen die jaarwending 1925 op 1926 dat ek met Teenstra vir die eerste keer kennis gemaak het. Ek het indertyd stof versamel vir my Geskiedenis van Drama en Toneel in Suid-Afrika en die dag wat ek Teenstra in die Universiteitsbiblioteek in Amsterdam ontdek het, staan nog steeds duidelik in my geheue gegrif. Na tientalle reisbeskrywinge en boeke van alle soorte, tale en kaliber het ek eindelik weer 'n reisbeskrywing gevind wat op pote staan: deeglik, betroubaar, volledig; bowendien 'n reisbeskrywing wat vir die eerste keer behoorlike aandag gee aan die Afrikaanse taal, wat in Hollands gestel en Hollands-georiënteerd was, en dit juis in 'n tydperk waarin Hollandse geskrifte oor Suid-Afrika uiters skaars is. Teenstra het nl. in 1830 verskyn en die laaste belangrike Hollandse reisbeskrywer voor hom was de Jong, 1802-1803. Wat presies Teenstra se belangrikheid vir die kennis van die Hollands-Afrikaanse taal en kultuur is sal in die inleiding behandel word, maar van die dag wat ek hom gevind het, het ek gevoel dat Teenstra nadere kennismaking in Suid-Afrika verdien en dit is my 'n baie heuglike gebeurtenis, dat na soveel jare die Van Riebeeck-Vereniging so'n kennismaking moontlik gemaak het. Ek persoonlik, en ek reken ook die Suid-Afrikaanse publiek, is die Vereniging veel dank daarvoor verskuldig. Hulle bewys Suid-Afrika 'n belangrike diens. Merkwaardig is dat ongeveer tegelykertyd met - en onafhanklik van - my, prof. J.L.M. Franken van Stellenbosch, Teenstra in Kaapstad ontdek het, en, korte tyd voor my boek in 1928 verskyn het, hom reeds in Die Huisgenoot (1927) om sy taalkundige betekenis bekend gemaak het. Ek ag dit dan ook 'n voorreg dat prof. Franken ingestem het om Teenstra se taalkundige betekenis te behandel en is hom besondere dank daarvoor verskuldig. Dieselfde dank moet ek uitspreek aan mnr. P.J. Smuts, M.A., Ph.D.-kandidaat aan die Universiteit van Kaapstad, vir sy uitstekende verkorting van Teenstra in Engels. Behoudens kleinere aanvullings van my kant, is die Engelse weergawe feitlik onveranderd syne. Dit was 'n tydrowende arbeid wat hy met toegewydheid en ywer verrig het. Die voetnote is van my. Aan mnr. Smuts ook, en sy broer, mnr. J. Smuts, M.A., my besondere dank vir onmisbare hulp by die opstel van die registers. By die opstel van die kaart van Teenstra se reise en uitstappies is ek veel dank verskuldig aan mnr. R.M. Tait van die kantoor van die landmetergeneraal, wat my met sy tegniese kennis en tekentalent van onbepaalbare steun gewees het. Aan dr. E.E. Mossop, prof. Franken en dr. J. Hoge my dank vir verskillende waardevolle feite by die opstel van die aantekeninge. Aan die Parlementsbiblioteek, Kaapstad, insonderheid die bibliotekaris, mnr. Paul Ribbink, en aan die Suid-Afrikaanse Argief, insonderheid die hoofargivaris, kol. C. Graham Botha, my dank vir onmisbare hulp by die verkry van sommige plate en vir hulp in die algemeen. Aan mev. A.C. Purcell van Wynberg ook my dank vir die vriendelike beskikbaarstelling van die Hiddinghtekenboek (1825) vir reproduksie. Die reproduksie van die oorspronklike teks en die arbeid daarop is my aansienlik vergemaklik deur die feit dat ek van 'n fotostatiese kopie kon gebruik maak. Hiervoor moet ek in die eerste plek mnr. D.H. Varley van die S.A. Openbare Biblioteek en sy Raad bedank wat een van die twee Marten Douwes Teenstra, De vruchten mijner werkzaamheden XII eksemplare in die inrigting (die enigste twee in Suid-Afrika) vir fotostatiese opname beskikbaar gestel het en mnr. R.F. Immelman, bibliotekaris van die Universiteit van Kaapstad, wat die uitvoering van die opname prakties moontlik gemaak het. Ook aan mnr. W.T. Wood, sekretaris van die Van Riebeeck-Vereniging wil ek 'n woord van dank rig vir raad en daad by meer as een geleentheid. Die verklarende aantekeninge aan die end van elke brief van Teenstra i.p.v. voetnote op die betrokke bladsye was nodig omdat Teenstra self van voetnote gebruik maak. By die Engelse weergawe het ek egter voetnote gebruik. Die skip op die kaart van Teenstra se reise is geteken na 'n plaatjie op die oorspronklike titelblad. Die spelling van geografiese name is soveel moontlik dié van Teenstra self. F.C.L. BOSMAN. Kaapstad, 14 Junie 1943. Marten Douwes Teenstra, De vruchten mijner werkzaamheden XIII Inleiding. Omtrent die lewe en persoon van Marten Douwe1 Teenstra het ek geen ander bronne kon vind as die kort berig in die Biographisch Woordenboek der Noord- en Zuid-Nederlandsche Letterkunde, deur J.G. Frederiks en F.J. van den Branden, 2de Druk, Amsterdam (±1895) en Teenstra se eie mededelings in sy boek nie. Volgens die Woordenboek is Teenstra gebore op Het Ruigezand, provinsie Groningen, op 17 Sept. 1795 en oorlede op Ulrum, dieselfde provinsie, op 29 Okt. 1864. Hy het 'n goewermentsbetrekking beklee in Suriname en was later Oos-Indiese amptenaar. Sy werke is die volgende: De Vruchten Mijner Werkzaamheden gedurende mijne Reize over de Kaap de Goede Hoop naar Java en terug over St. Helena naar de Nederlanden, 2 dele, Groningen, 1830; De Nederlandsche West-Indische Eilanden, 2 stukke met plate, Amsterdam, 1838; Volksverhalen en legenden van vroegere en latere dagen, uit meest Nederlandsche schrijvers en mondelinge mededeelingen verzameld, Gron., 1840; De Negerslaven in de kolonie Suriname en de uitbreiding van het Christendom onder de Heidensche bevolking, Dordrecht, 1842; Bijdrage tot de ware beschouwing van de zoo hoog geroemde uitbreiding des Christendoms onder de Heidenen in de kolonie Suriname, toegewijd aan alle philanthropen, Amsterdam, 1844; Beknopte beschrijving van de Nederlandsche Overzeesche Bezittingen voor beschaafde lezers uit de beste bronnen en eigene ervaring in Oost en West Indië geput, Gron., 1846-1849; Mentor, de getrouwe leidsman en raadgever voor landverhuizers, die naar Noord Amerika willen vertrekken, Gron., 1853; Vlugtige beschouwingen van de hedendaagsche slavernijkwestie in Nederland, Amst., 1846. Verder het Teenstra uitgegee Landhuishoudkundige Almanak, Gron., 1851-63, en met T.F. Uilkens, Tijdschrift voor Landen Tuinbouw. Uit bostaande blyk dat De Vruchten Mijner Werkzaamheden Teenstra se eerste werk was; dat hy 29 jaar oud was 1 Teenstra se eie vorm (p. 13). Die Biog. Wbk. gee Douwes. Marten Douwes Teenstra, De vruchten mijner werkzaamheden XIV toe hy aan die Kaap was; dat sy publikasies sukses gehad en hy sy lewelank skrywer gebly het; dat hy Oos- en Wes-Indië besoek en in albei gebiede gewerk het; dat hy besondere belang stel in koloniale (insonderheid die emigrasie-kwessie), kultuur-historiese, filantropies-Christelike (insonderheid die slawekwessie) en landboukundige vraagstukke; dat hy, behalwe skrywer, joernalis was. Merkwaardig is hoe hierdie verskillende aspekte van sy geestelike belangesfeer en skrywersnatuur reeds in De Vruchten Mijner Werkzaamheden, Deel I (die deel wat hier uitgegee word en oor Suid-Afrika gaan) tot uiting kom; sy aandag aan ligging, bodemgesteldheid, ekonomiese bedrywe, bestuur, finansies, emigrasie; sy beskrywing van taal, bevolking, sedes en gewoontes, godsdiens, opvoeding, openbare instellinge; sy verdieping in die slawernykwessie en die Christelike lewenshouding ten opsigte daarvan; sy groot aandag aan soorte en metodes van boerdery; sy egte joernalistieke nuuskierigheid om alles na te speur en self te ondervind; sy ontwyfelbare skrywersvaardigheid. Uit sy Vruchten leer ons ook heelwat omtrent Teenstra se werk en persoon ken. Hy was landbouer en veeteler2 (klaarblyklik hereboer, soos ook sy vader voor hom3 op Huize Arion,4 'n nuwe, grote boerdery op die in 1811 binnegedykte Noordpolder aan die Wadde, provinsie Groningen. Die boerdery was ongeveer 1½ uur van Eenrum af geleë,5 maar as sy dorp noem Teenstra Baflo.6 Hy het sy vrou met vier jong kinders, drie meisies en een seuntjie, op die boerdery agtergelaat,7 en die doel van sy reis was om 'n betrekking in Java te soek,8 blykbaar omdat Holland toe in 'n toestand van ekonomiese agterstand verkeer het.9 Hierdie reis word in sy Vruchten beskrywe en die beskrywing is nie oorspronklik vir publikasie in boekvorm bedoel nie. Dit bestaan nl. uit 'n reeks briewe aan 'n vriend gerig,10 ('n geliefkoosde 2 P. 116, 144, 251. 3 P. 13. 4 P. 8, 130. 5 P. 171. 6 Voorberigt, p. 3. 7 P. 8, 122. 8 Dl. II, 1e stuk, p. 140, 177, hier nie opgeneem nie. 9 P. 247 e.v. 10 Blykbaar gebaseer op dagboek-aantekeninge, vgl. p. 127, 131 ens. (datumvermeldings) en p. 153, 162. Vermoedelik is die briewe ook nie net vir die oë van een vriend bedoel nie (die toon is weinig privaat), maar om in 'n kring van vriende gelees of voorgelees te word - destyds die gewoonte ook wat boeke en tydskrifte betref, vgl. leesgeselskappe. Marten Douwes Teenstra, De vruchten mijner werkzaamheden XV skryfvorm, ook vir publikasie, toentertyd),11 en is alleen ‘op herhaald aanzoek van vrienden en kennissen’, sê Teenstra, deur hom in die lig gegee. Daarby beklemtoon Teenstra dat die boek nie vir die ‘groote en geleerde wereld’ bedoel is nie, maar ‘hoofdzakelijk voor boeren,’12 waarmee hy natuurlik die beskaafde boerestand van sy eie soort (eintlik 'n plattelandse middelstand, Eng. ‘gentry’) bedoel. Die deel van sy boek oor die Kaap bestaan uit ses briewe en beslaan die eerste deel van sy Vruchten, waarby nog kom 'n paar bladsye uit die tweede deel (sewende brief) waarin Teenstra terloops na die Kaap terugverwys.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    448 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us