SA-GENEALOGIE Poslys Jaargang VII Maand 4 Saamgestel Deur: Pieter

SA-GENEALOGIE Poslys Jaargang VII Maand 4 Saamgestel Deur: Pieter

SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2010 Jaargang VII Maand 4 April 2010 Saamgestel deur: Pieter L van der Merwe KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. April 2010 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 4295 Datum: Thursday, April 01, 2010 Daar is 25 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1a. Re: van Rensburg kenners From: paul_le_roux 1b. Re: van Rensburg kenners From: paul_le_roux 1c. Re: van Rensburg kenners From: stamouers 2a. Vertaal vanaf Hollands na Engels From: Grahame Naudé 3a. Re: LDS Indekseering - Suid-Afrika From: Vivian Watts 4. [Koerant] Die Burger Oos-Kaap 31 Maart 2010 From: P Marx 5a. Re: KOTZE STAMBOOM EN GESKIEDENIS From: [email protected] 6a. 'n Nuwe lid? From: Sunelia Heath 6b. Re: 'n Nuwe lid? From: Dennis Pretorius 7a. Re: Fw: familie bijbel From: Dennis Pretorius 7b. Re: Fw: familie bijbel From: Dennis Pretorius 7c. Re: Fw: familie bijbel From: Sarel Burger 8.1. Re: New file uploaded to SAGenealogie From: Rina Hartzenberg 9a. Re: Betekenis van name From: Francois Smith 10. Fw: Yahoo Groups outage affekteer SAGen From: Dennis Pretorius 11a. [koerant]Zoutnet 2008 06 09 Monuments in honour of civil war victims From: Louis Olivier 11b. Re: [koerant]Zoutnet 2008 06 09 Monuments in honour of civil war vic From: Chris Hendriks 11c. Re: [koerant]Zoutnet 2008 06 09 Monuments in honour of civil war vic From: Theunis Kotze 12. Fwd: VANDAG IN DIE GESKIEDENIS: LINDLEY EN DIE STIGTING VAN DIE VRYS From: Daniel Jacobs 13. [Koerant] The Mercury Woensdag 31 Maart 2010. From: aletta magrieta.quebbemann 14a. BRINK. SWEETNAM AANTROUES From: Johan Brink 14b. Re: BRINK. SWEETNAM AANTROUES From: Annami Jonker 15. EHRKE.BRINK AANTROUE From: Johan Brink 16a. Re: Small Familie From: Liezl Pretorius 17. Plaas Begraafplase, Utrecht distrik From: Paul Bosman 1a. Re: van Rensburg kenners Posted by: "paul_le_roux" [email protected] paul_le_roux Wed Mar 31, 2010 4:03 am (PDT) Beste Andre, Anita en andere 'n Vriend van my het onlangs vir my 'n stuk gegee oor sy gr- oupagrootjie, Willem Jacobus Naude, se herinneringe. Ek snip en spoeg die volgende gedeelte: In 1837 het my ouers met die trek net voor Retief die Vrystaat binne getrek; hulle het by Wolhuterskop, noord van Retiefsnek, in die teenswoordige distrik Betlhlehem by Retief se laer saam die Drakensberge afgetrek, Natal toe. Die aand voor my ouers se vertrek uit die distrik Graaf Reinet het hulle eers saam met die familie na die kerkhof gegaan en daar `n biduur gehou. My Vader het Retief vergesel na Emperanie om Dingaan se beeste van Sikonjella terug te neem. "Toe Retief na Dingaan gegaan het om die beeste te bring wat Sikonjella gesteel het, het my Vader by Maritz agtergebly. My Vader was een van die redders van die Van Rensburgs en Pretoriusse wat op `n koppie by Escourt vasgekeer was deur die Zoeloes. Hy en iemand wie se naam ek vergeet het, het met groot gevaar vir hul lewe, oor on weer deur die Zooloes gejaag om vir die vasgekeerde mense ammunisie aan te bring, waardeur die mense in staat was om die Zoeloeaanvalle af te weer. "My Vader het my vertel dat hulle in 'n kloof opgejaag het en dat daar `n vreeslike gekletter van assegaaie om hulle was. Hulle het egter deurgejaag tot op die koppie en weer terug, onder die aasegaaie heen, laer toe om ammunisie te gaan haal, wat hulle ook geluk het sonder dat een van hulle 'n letsel opgedoen het. "My Vader het my op Danskraal gewys waar die belof be gedoen is. Hy het deelgeneem aan die Slag van Bloedrivier en het my gewys hoe die slag gelewer was. Hy het my die volgende besonderhede meegedeel omtrent die Slag van Bloedrivier. "Dit was op advies van `n ou jong dat Generaal Andries Pretorius lanterns aan sweepstokke om die laer gehang het. Voordat die dag gebreek het, het die mis toegetrek waardeur die kaffers ongemerk in die sloot af gegaan het tot by die laer. Toe hulle gewaar is, het sommige al aan die wawiele begin pluk. Die kanon wat in hierdie slag gebruik het die naam van Grietjie gehad - met hierdie kanon is die kaffers aan die oorkant van die rivier beskiet. Met sy tweede skoot is `n offisier van die Zoeloes gedood waardeur daar verwarring onder die kaffers gekom het. My Vader het gesê dat as dit nie gebeur het nie dan was dit moontlik dat die kaffers hulle kon oorweldig het. My Vader was een van die ruiters wat die Zoeloes by die bopunt van die rivier aangeval het, nadat gen. Pretorius bevel gegee het om storm te jaag. Hier het hulle die kaffers met lopers geskiet, wat in klein sakkies gebind was." Groete Paul le Roux Paarl LE ROUX x STEMMET MILNS x SANDS 1b. Re: van Rensburg kenners Posted by: "paul_le_roux" [email protected] paul_le_roux Wed Mar 31, 2010 4:54 am (PDT) Beste Andre, Anita en andere 'n Vriend van my het onlangs vir my 'n stuk gegee oor sy gr- oupagrootjie, Willem Jacobus Naude, se herinneringe. Ek snip en spoeg die volgende gedeelte: In 1837 het my ouers met die trek net voor Retief die Vrystaat binne getrek; hulle het by Wolhuterskop, noord van Retiefsnek, in die teenswoordige distrik Betlhlehem by Retief se laer saam die Drakensberge afgetrek, Natal toe. Die aand voor my ouers se vertrek uit die distrik Graaf Reinet het hulle eers saam met die familie na die kerkhof gegaan en daar `n biduur gehou. My Vader het Retief vergesel na Emperanie om Dingaan se beeste van Sikonjella terug te neem. "Toe Retief na Dingaan gegaan het om die beeste te bring wat Sikonjella gesteel het, het my Vader by Maritz agtergebly. My Vader was een van die redders van die Van Rensburgs en Pretoriusse wat op `n koppie by Escourt vasgekeer was deur die Zoeloes. Hy en iemand wie se naam ek vergeet het, het met groot gevaar vir hul lewe, oor on weer deur die Zooloes gejaag om vir die vasgekeerde mense ammunisie aan te bring, waardeur die mense in staat was om die Zoeloeaanvalle af te weer. "My Vader het my vertel dat hulle in 'n kloof opgejaag het en dat daar `n vreeslike gekletter van assegaaie om hulle was. Hulle het egter deurgejaag tot op die koppie en weer terug, onder die aasegaaie heen, laer toe om ammunisie te gaan haal, wat hulle ook geluk het sonder dat een van hulle 'n letsel opgedoen het. "My Vader het my op Danskraal gewys waar die belof be gedoen is. Hy het deelgeneem aan die Slag van Bloedrivier en het my gewys hoe die slag gelewer was. Hy het my die volgende besonderhede meegedeel omtrent die Slag van Bloedrivier. "Dit was op advies van `n ou jong dat Generaal Andries Pretorius lanterns aan sweepstokke om die laer gehang het. Voordat die dag gebreek het, het die mis toegetrek waardeur die kaffers ongemerk in die sloot af gegaan het tot by die laer. Toe hulle gewaar is, het sommige al aan die wawiele begin pluk. Die kanon wat in hierdie slag gebruik het die naam van Grietjie gehad - met hierdie kanon is die kaffers aan die oorkant van die rivier beskiet. Met sy tweede skoot is `n offisier van die Zoeloes gedood waardeur daar verwarring onder die kaffers gekom het. My Vader het gesê dat as dit nie gebeur het nie dan was dit moontlik dat die kaffers hulle kon oorweldig het. My Vader was een van die ruiters wat die Zoeloes by die bopunt van die rivier aangeval het, nadat gen. Pretorius bevel gegee het om storm te jaag. Hier het hulle die kaffers met lopers geskiet, wat in klein sakkies gebind was." Groete Paul le Roux Paarl LE ROUX x STEMMET MILNS x SANDS 1c. Re: van Rensburg kenners Posted by: "stamouers" [email protected] stamouers Wed Mar 31, 2010 4:58 am (PDT) Goeie Naand Paul, Hierdie is baie interesant. Wie is die vriend van jou? Sover ek kan vastel was daar 'n aantal manne wat uiteindelik die Van Rensburgs en Pretorius families wat vasgekeer was oop die koppie kom help het. Hier is die lys wat ek versamel het: Sarel Cilliers Gerhardus Jacobus Rudolph Gert Maritz Jacob Naude Lourens Petrus van Vuuren Johannes Gerhardus van Vuuren Lucas Rudolph van Vuuren Abram de Beer Daar is 'n Naude onder die lys wat seker die een en selfde persoon kan wees. Die ander ding wat ek baie interesant vind is dat een of twee bronne melding maak dat daar twee persone wat - Marthinus Oosthuisen en iemand anders wat tot boop die Koppie met hulle perde gejaag het. Dan het ek ook ander bronne raakgeloop wat melding maak dat hulle eers die koppie uitgery het en toe daarna na die wa vir ammunisie gegaan het. As mens na al die bronne kyk, is dit seker meer die geval dat hulle binne hoor afstand na die koppie gejaag het en toe na die waens gegaan het. Selfs hier is daar ook twee verskillende stories - een maak melding dat die Van Rensburgs geskreeu het dat hulle nie meer ammunisie het nie en dat daar ammunisie by die waens is. Die ander storie is dat Johannes van Rensburg sy geweer onderstebo gehou het en hulle toe besef het dat die ammunisie uitgeloop is.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    818 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us