(Nga) En Die On1wikkeling Van Sw Art Plaaslike Regering

(Nga) En Die On1wikkeling Van Sw Art Plaaslike Regering

NIE-GEWELDDADIGE AKSIE (NGA) EN DIE ON1WIKKELING VAN SWART PLAASLIKE REGERING : 'N IIlSTORIES-KRITIESE ONTLEDING - 1982 TOT 1994 deur PETRUS JACOBUS VIVIER DU TOIT voorge1e luidens die vereistes vir die graad DOCTOR LITTERARUM ET PIDLOSOPHIAE in die vak ONTWIKKELINGSADMINISTRASIE aan die UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA PROMOTOR: PROF F C DE BEER NOVEMBER 1995 (i) VOORWOORD Elke mens moet horn onderwerp aan die owerhede wat oor horn gestel is. (Romeine 13: 1) Dit was 'n besondere ervaring om 'n proefskrif te skryf oor plaaslike regering in 'n land waar onderwerping aan die owerhede vir baie jare bepaalde, eiesoortige knelpunte opgelewer het. Naas my opregte dank teenoor ons Hemelse Vader vir die geleentheid my gegun om hierdie navorsing onverhinderd te kon voltooi, wil ek graag die volgende persone en instansies bedank sonder wie se hulp en ondersteuning die mylpaal nie bereik kon word nie. * My promotor prof. Frik de Beer vir sy deeglike leiding en vriendelike hulp wat my deurgaans beskore was. * My kollegas van die Gauteng Provinsiale Regering (voorheen Transvaalse Provinsiale Administrasie) vir hulle ondersteuning en aanmoediging. * Die Gauteng Provinsiale Regering en die voormalige Transvaalse Provinsiale Administrasie vir finansiele ondersteuning. * Die Instituut vir Eietydse Geskiedenis aan Die Universiteit van die Oranje Vrystaat vir besondere moeite met die verkryging van spesifieke navorsingsmateriaal. * Die Unisa argiefpersoneel vir hulle hulp. * Mev. llrkia Bierman vir haar toegewydheid in die proeflees van die manuskrip. * Mevv. Fransie Badenhorst en Gillian Jooste vir die netjiese en korrekte wyse waarop hul die tikwerk afgehandel het. * Laastens, 'n baie spesiale woord van dank en waardering aan my vrou Cora vir haar liefde, aanmoediging en eindelose ure van "alleen wees" terwyl daar gewerk moes word. PRETORIA, November 1995 P JV du Toit (ii) Aan die dienaars van plaaslike regering (iii) OPSOMMING Suid-Afrika het as gevolg van apartheid vir etlike dekades oor 'n gedeeltelik legitieme plaaslike regeringstelsel beskik. Die probleem is dat die land se apartheidsregering afsonderlike stelsels vir blankes en swartes in aparte woongebiede in stand gehou het, welke beleid vir meeste Suid-Afrikaners onaanvaarbaar was. Swart plaaslike owerhede wat swart plaaslike regering moes bedryf, was n6g polities n6g ekonomies lewensvatbaar. Die rede hiervoor is dat hul enersyds deur die gemeenskap verwerp is en andersyds nie voldoende inkomstebronne gehad het om plaaslike owerheidsdienste finansieel onafhanklik te lewer nie. Stedelike swart gemeenskappe was aan 'n, vir hulle, onaanvaarbare apartheidsgestruktureerde swart plaaslike regeringstelsel onderworpe. Swart plaaslike owerhede was voorts as gevolg van hul ekonomiese nie-lewensvatbaarheid, gekniehalter in die lewering van plaaslike owerheidsdienste asook die daarstelling en instandhouding van kapitale ontwikkelingsprojekte. Stedelike swartes was dus blootgestel aan gebrekkige dienslewering in aparte, onderontwikkelde "slaapdorpe" waar hulle noodgedwonge moes woon. 'n Vraag waarna gevolglik gekyk word, fokus op die kenmerke van 'n ideeel­ tipiese model van plaaslike regering wat die gedeeltelik legitieme stelsel behoort te vervang. As gevolg van die onaanvaarbaarheid van die swart plaaslike regeringstelsel was swart plaaslike owerhede sedert die vroee tagtigerjare die teikens van aksioniste teen hierdie apartheidsproduk. Aksioniste het nie-gewelddadige aksie (NGA), geskoei op die Gandhiaanse filosofie en metodiek van Satyagraha, aangewend ten einde swart plaaslike owerhede te vernietig. NGA (wat dikwels ook tot gewelddadigheid gelei het), het tot gevolg gehad dat die owerheid later noodgedwonge 'n nuwe plaaslike regeringstelsel vir die totale Suid-Afrikaanse samelewing, met alle deelvennote moes beding. Onderhandelings het vervolgens meegebring dat 'n oorgangsproses na legitieme (demokratiese) plaaslike regering vir alle Suid-Afrikaners ingevolge die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet No. 209 van 1993) geaktiveer is. In hierdi~ proefskrif is gevolglik vasgestel: (1) welke invloed die politieke bedeling (apartheidsbedeling) op die ontwikkeling van stedelike swart gemeenskappe en die bedryf van swart plaaslike regering gehad het; (2) wat die aard en effek van NGA op die ontwikkeling van swart plaaslike regering was; en (3) hoe geldig die onderhandelde plaaslike regeringstelsel is, vergeleke met die ideeel-tipiese model wat ge"identifiseer is. (iv) SUMMARY As a result of apartheid South Africa possessed a partially legitimate local government system for several decades. The problem is that the country's apartheid government maintained separate systems for whites and blacks in separate residential areas, a policy that was unacceptable to the majority of South Africans. Black local authorities who had to maintain black local government were neither politically nor economically viable because they were rejected by the community and lacked sufficient sources of revenue to render financially independent local government services. Urban black communities were subject to what, for them, was an unacceptable apartheid-structured black local government system. Black local authorities were also prevented by their economic non­ viability from delivering local government services effectively and from instituting and maintaining capital development projects. Urban blacks were therefore subjected to poor service delivery in separate, underdeveloped "dormitory towns" where they were forced to live. An issue to be considered in this regard concerns the characteristics of an ideal-typical model of local government that should replace this partially legitimate system. As a result of the unacceptability of the black local government system local authorities became the targets of activists who waged a campaign against this product of apartheid since the early eighties. Activists used non-violent action (NV A), based on the Gandhian principle of Satyagraha, to destroy black local authorities. As a result of NVA (which often led to violence) the central government was eventually forced .to negotiate a new local government system for the whole of South African society with all stakeholders. Negotiations led to a process of transition to legitimate (democratic) local government for all South Africans as promulgated in the Local Government Transition Act, 1993 (Act No. 209 of I 993). Consequently the following has been established in this thesis: (1) the influence of the political dispensation (apartheid dispensation) on the development of urban black communities and the maintenance of black local government; (2) the nature and the effect of NV A on the development of black local government; and (3) how valid the negotiated local government system is, compared to the identified ideal-typical model. (v) LIST OF KEY TERMS Local government Non violent action (NVA) Apartheid Black local government Negotiations Urban blacks Dormitory towns Local government systems Centralisation Decentralisation Delegation Devolution Mass mobilisation Community struggle Ungovernability Organs of people's power CODESA I CODESA II Multiparty negotiations Legitimate (democratic) local government (vi) INHOUDSOPGAWE BLADSY VOORWOORD (i) OPSOMMING (iii) SUMMARY (iv) HOOFSTUK 1: INLEIDING 1 1 AGTERGROND 1 1.1 Relevansiering van NGA tot swart plaaslike regering ...") 2 PROBLEEMSTELLING ") 3 DOELSTELLINGS VAN DIE STUDIE 3 4 METODE VAN ONDERSOEK 4 5 UITEENSETTING VAN PROEFSKRIF 9 6 PLAASLIKE REGERING 10 6.1 Dekonsentrasie. delegasie, devolusie en desentralisasie 11 7 NIE-GEWELDDADIGE AKSIE (NGA) 17 ENDNOTAS 20 HOOFSTUK 2: PLAASLIKE REGERING : TEORETIESEAGTERGROND 24 I INLEIDING 24 (vii) INHOUDSOPGAWE (Vervolg) BLADSY 2 SENTRALISASIE, DESENTRALISASIE, DEKONSENTRASIE EN DEVOLUSIE 25 2.1 Sentralisasie 25 .........") ") Desentralisasie 26 3 PLAASLIKE REGERINGSTELSELS 29 3.1 Inleiding 29 3.2 Modelle 30 3.2.1 Die relatiewe outonome model 30 3.2.2 Die agentskapsmodel 30 3.2.3 Die interaksiemodel 31 3.3 Die Britse stelsel van plaaslike regering 32 3.3.l Samevatting 33 3.4 Plaaslike regering in Europa 33 3.4.1 Suidelike Europa 34 3.4.2 Noordelike Europa 35 3.4.3 Oostelike Europa 36 3.5 Plaaslike regering in die VSA 37 3.5.l Die "Council-Manager" stelsel 37 3.5.2 Die "Mayor-Council (Strong-Mayor)" stelsel 37 3.5.3 Die Kommissiestelsel 38 3.6 Plaaslike regering in Afrika 38 3.6.1 Zimbabwe 38 3.6.2 Zambie 39 3.6.3 Nigerie 41 3.6.4 Kenia 41 3.7 Samevatting 43 4 EIENSKAPPE VAN PLAASLIKE OWERHEDE 43 5 FUNKSIES VAN PLAASLIKE OWERHEDE 45 5.1 In lei ding 45 5.2 Meerdoelige en enkeldoelige plaaslike owerhede 47 5.3 Klassifisering van universele plaaslike owerheidsdienste 48 5.3.1 Beskermingsdienste 49 5.3.2 Gemeenskapsdienste (Omgewingsdienste) 50 5.3.3 Basiese (essensiele) dienste 51 (viii) INHOUDSOPGAWE (Vervolg) BLADSY 5.3.4 Ingenieursdienste 51 5.3.5 Gesondheidsdienste 52 5.3.6 Persoonlike dienste 52 5.3.7 Handelsdienste 52 5.4 Addisionele plaaslike owerheidsdienste 53 6 'N IDEEEL-TIPIESE MODEL VAN PLAASLIKE REGERING 54 6.1 lnleiding 54 6.2 Kenmerke van 'n ideeel-tipiese, outonome model van plaaslike regering 54 6.3 Basiese eienskappe van plaaslike owerhede 55 6.4 Plaaslike owerheidsdienste 56 6.5 'n Ideeel-tipiese. outonome model van plaaslike regering 57 7 SAMEVAITING 58 ENDNOTAS 60 HOOFSTIJK 3: NIE-GEWELDDADIGE AK.SIB (NGA) AS 'N METODE OM VERANDERING AF TE OWING : FILOSOFIE EN METODIEK 65 I INLEIDING 65 2 ONDERLIGGENDE ALOSOAE EN BEWEEGREDES VIR NIE-GEWELDDADIGE AKSIE (NGA) 66 2.1 Samevatting 73 3 TOEPASSING VAN SATYAGRAHA : INDIE EN

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    331 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us