SA-GENEALOGIE Poslys Jaargang VI Maand 9 Saamgestel Deur: Pieter L Van Der Merwe

SA-GENEALOGIE Poslys Jaargang VI Maand 9 Saamgestel Deur: Pieter L Van Der Merwe

SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2009 Jaargang VI Maand 9 September 2009 Saamgestel deur: Pieter L van der Merwe KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. September 2009 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 3969 Datum: Wednesday, September 02, 2009 Daar is 16 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1. [Koerant] Die Burger Oos-Kaap 27 Aug 2009 From: P Marx 2a. Re: Gee bietjie erkenning From: Dik groenhuizen 3. [Koerant] Kouga Express (Oos-Kaap) 27 Aug 2009 From: P Marx 4. [KOERANT]BEELD-LIEBENBERG Sakkie [62] From: TEIR Elizabeth 5. [KOERANT]PIETERSEN Jafta From: TEIR Elizabeth 6. [Koerant] Die Burger Oos-Kaap 28 Aug 2009 From: P Marx 7. (Koerant) Beeld 01 Sep. 2009 From: Fanie Blignaut 8. Noord Transvaaltak hou Simposium From: Ferdie vanWyk 9a. Re: CRAFFERT en VAN DEVENTER From: Louw van Deventer 10a. (Koerant) Beeld 02 Sep. 2009 From: Fanie Blignaut 10b. Re: (Koerant) Beeld 02 Sep. 2009 From: Johann De Bruin 11. [KOERANT]DIE BURGER-van ZYL Gerhard [25] From: TEIR Elizabeth 12a. Petrusville Begraafplaas From: Johan Pottas 12b. Re: Petrusville Begraafplaas From: Johan Pottas 13. Stellenbosse Doderegisters From: Gey van Pittius, NC, Prof 14. IMPORTANT WARNING! From: Francois Greeff 1. [Koerant] Die Burger Oos-Kaap 27 Aug 2009 Posted by: "P Marx" [email protected] Tue Sep 1, 2009 5:43 am (PDT) Sterfgevalle BARNARD, Linda. +Donderdag 20 Aug 2009. Man Eddie, Edwin en Juanita, Deon en Junita, Lindi en Joe, kleinkinders.Begrafnisdiens Saterdag 29 Aug 2009 11:00 Volle Evangelie kerk' Algoapark. Verassing privaat. (Die Burger Oos-Kaap 27/08/2009) Marie Steyn DOVES Port Elizabeth 041 365 5399 BRIEL, Johannes Hendrik. Tragies +08 Aug 2009. Ouers. Begrafnisdiens Vrydag 28 Aug 2009 15:00 Evangelisasie-sentrum, Cotswold. Van Stadensrivier NG Kerk- begraafplaas. (Die Burger Oos-Kaap 27/08/2009) Jan Ackerman Martin Funerals P.E. 041 585 2521 HUMAN, Anna (née BAM). 17/04/1924 - 25/08/2009. Ds Piet HUMAN en dogters Ansa en Trixa, suster van Wouter, Esther, Cecile en Erica. Gedenkdiens Vrydag 28 Aug 2009 09:30 Valleihof Ouetehuis, Kirkwood. (Die Burger Oos-Kaap 27/08/2009) J T Schooling Kirkwood 042 230 0508 / 082 718 2717 STANDER, Frederik Serfontein (Freek). +Maandag 24 Aug 2009. Eggenote Rosamund, kinders, kleinkinders. Verassingsdiens Vrydag 28 Aug 2009 11:00 Hervormde kerk, A D Keetstraat, Jeffreysbaai. (Die Burger Oos-Kaap 27/08/2009) Jan Ackerman, Martin Funerals P.E. 041 585 2521 STEENBERG, Nicolas Jacobus. +Dinsdag 25 Aug 2009. Eggenote, kinders. Begrafnisdiens Vrydag 28 Aug 2009 15:00 NG Gemeente Oos, UItenhage. Verassing privaat. (Die Burger Oos-Kaap 27/08/2009) Ken du Pisanie DOVES Uitenhage 041 992 1349 Hester Marx Loerie 2a. Re: Gee bietjie erkenning Posted by: "Dik groenhuizen" [email protected] dikgroenhuizen Tue Sep 1, 2009 6:25 am (PDT) Hallo allemaal Juist Pieter, een klein bedankje moet en zo hoort het, ook een berichtje of het antwoord goed is of niet goed is. Dit geeft ook voldoening voor die iemand die voor je gezocht heeft. Dit probleem van geen fatsoen en ondankbaarheid is niet alleen in Zuid-Afrika bij SAG, maar ook o.a. in Nederland en België bij mailgroepen! Veel mensen denken alleen aan ikke-ikke-ikke, als ik maar een goed antwoord heb, maar geen bedankje of berichtje, heel onfatsoenlijk! Regel op mailgroep van mij: Geef even een reaktie op het gegeven antwoord en een bedankje voor de gegeven hulp op uw bericht, kleine moeite toch?? http://groups.omni-chat.com/Genealogen-Palace http://groups.omni-chat.com/Oude-Kerkboeken Doopboeken van S.A. Vriendelijke groeten Dik Groenhuizen Beekbergen / Nederland --- On Mon, 8/24/09, Pieter du Venage <[email protected]> wrote: From: Pieter du Venage <[email protected]> Subject: [SA-Gen] Gee bietjie erkenning To: [email protected] Date: Monday, August 24, 2009, 6:53 PM Beste lyslede Die genealogiese mededeelsaamheid van baie lede is verstommend. Hulle gee al hulle data wat gevra word, gebruik hulle eie tyd om al die inligting op te soek, en gee noukeurig die bronne aan. Baie dankie aan hierdie groepie persone. Heel dikwels sien mens dat daar nie enige dank of erkenning gegee word deur die ontvanger nie. Dalk gebeur dit van die lys af, maar dit is meesal nie my eie ervaring nie. Plaaslike lede en mense van oorsee doen dikwels nie die moeite om eers terug te antwoord nie. Ek sal voortaan net inligting gee waar die versoek spesefiek aan my gerig word. Daar is geen sin daaraan om lid van die lys te wees as inliting en moeite net in een rigting vloei nie. Wat kos dit nou om op 'n e-pos te antwoord? Of om net dankie te sê? Groete Pieter du Venage 3. [Koerant] Kouga Express (Oos-Kaap) 27 Aug 2009 Posted by: "P Marx" [email protected] Tue Sep 1, 2009 9:17 am (PDT) Sterfgeval COX, June Noreen. 26/01/1940 - 23/08/2009. Husband Basil, sons Roland & Brett. Service Thursday 27 Aug 2009 11:00 Jeffreys Bay Baptist Church, Jeffeys Bay. (Kouga Express 27/08/2009) Hester Marx Loerie 4. [KOERANT]BEELD-LIEBENBERG Sakkie [62] Posted by: "TEIR Elizabeth" [email protected] kerrieborrie Tue Sep 1, 2009 9:40 am (PDT) 8-jarige verloor oupa op dieselfde pad waar ouers verongeluk 2009-09-01 09:19 Gloria Edwards Skaars drie maande nadat 'n agtjarige meisie van Potchefstroom in Noordwes albei haar ouers in 'n motorongeluk verloor het, moes sy haar oupa ook aan die dood afstaan toe hy op dieselfde pad verongeluk het. Beeld het in Junie berig hoe paramedici van ER24 Kylie Barnard op 'n draagbaar na haar ouers se dubbel-begrafnis geneem het nadat sy haar been gebreek het in die ongeluk waarin haar ouers, Basjan (42) en Ninnie (38), dood is. Dié ongeluk het reg voor mev. Barnard se ouers se plaas, wat skuins oorkant hul eie is, op die N12-hoofweg gebeur. Mnr. Sakkie Liebenberg (62), mev. Barnard se pa, is Saterdagmiddag op dieselfde pad, enkele kilometer van waar sy dogter en skoonseun verongeluk het, dood toe die bakkie waarin hy gery het, gerol het. Mev. Yvonne van der Westhuizen, Liebenberg se ander dogter, het gister gesê 'n gebarste motorband het veroorsaak dat haar pa beheer oor die bakkie verloor en dit toe gerol het. Sy het vertel haar pa, 'n boukontrakteur, was alleen in sy bakkie op pad huis toe nadat hy werkers afgelaai het, toe die ongeluk omstreeks 17:15 oorkant die Danie Theron-monument gebeur het. Hy is op slag dood. " 'n Mens kan nie dink dat die tragedie 'n mens binne 'n kwessie van drie maande wéér so tref nie. "My pa kon nooit Ninnie en Basjan se dood verwerk nie. Hy moes elke dag verby die plek ry waar dit gebeur het en hy't nog vreeslik getreur. Miskien is dit beter dat hy nou by hulle is." Mnr. Izak Liebenberg het sy pa as 'n liefdevolle mens beskryf. "Hy't 'n hart soos 'n ark gehad - altyd plek vir nog een." Hy het gesê daar moet "dringend iets gedoen word om die N12-hoofweg (bekend as die pad van dood) te verbeter". Volgens Van der Westhuizen is Kylie se grootste vraag steeds waarom sy alleen moes agterbly. "Sy't egter nou vir die eerste keer 'n rede om te leef nadat sy met 'n driejaar-plan vorendag gekom het om 'n Christelike kinderkamp vir ander weeskinders te begin." Kylie, wat ná haar ouers se dood saam met hul hond, Tiger, by Van der Westhuizen gaan bly het, het gesê hulle gaan haar oorlede ouers se plaashuis gebruik vir dié kinderkamp. "Ek wil ander kinders hierheen bring om vir hulle van Jesus te leer." Sy gaan haar oupa "baie mis". "Ek's baie lief vir hom en Tiger gaan hom ook baie mis." Volgens Van der Westhuizen loop Tiger elke dag na die Barnards se grafte op die familie-begraafplaas, waar hy "?'n rukkie rondruik voordat hy terugkom huis toe". Liebenberg sr. word oormôre om 11:00 langs sy kinders begrawe. 5. [KOERANT]PIETERSEN Jafta Posted by: "TEIR Elizabeth" [email protected] kerrieborrie Tue Sep 1, 2009 9:40 am (PDT) Medisyneman 2009-08-28 22:40 Eben Venter Hoe kom jy by 'n man soos oom Jafta Pietersen van Prins Albert uit? Is dit moontlik met boekekennis en oë wat al soveel mense in soveel lande gesien het, om hierdie man te leer ken? Man van die aarde, Karoo-aarde, en man van die bossies, medisyne-bossies. Maar dit klink te maklik, te eenvoudig. Daar sit meer in. Op 'n warm wintersoggend ontmoet ek hom by die BP-garage in die hoofstraat. Oom Jafta Pietersen is in sy vyf-en-sewentigste jaar op pad hemel toe, en hy trap fiets waar hy wil kom. Agterop is 'n krat met sy tange en goed. Behalwe sy kennis van medisynebossies is oom Jafta ook draadmaker. Ook dít is 'n ou kuns, en eers toe ek gesien het hoe pap en ellendig die draadheinings om Australiese plase is, het ek volle waardering vir ons s'n begin kry. Eerste na die Schoemans se plase in die poort. Oom Jafta weet net waar karmedik op daardie plaas groei.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    638 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us