angustifolia en Fockea multiflora

E: water root kambro E: python vine A: kambro, waterwortel A: luislangplant D: Wasserwurzel D: Pythonranke H: otjimbuya H: otjibwiya

Fockea angustifolia Fockea multiflora Jong water wortel uitgegrawe python vine (luislangplant)

Van die merkwaardigste plante in is hierdie twee plantsoorte, wat familie van mekaar is. Altesame is daar ses verskillende Fockeasoorte slegs in suidelike Afrika teenwoordig, daarvan twee in Namibia. Fockea angustifolia kom hier by ons in die Sandveld voor, F.multiflora slegs in die noordweste (vanaf Outjo) en is ook op twee plekke in die Caprivistrook opgemerk. So spektakulêr F. multiflora, of te wel luislangplant lyk, so onopsigtelik en weggesteek is F.angustifolia of die waterwortel. Beide is rankers, ene met dun, yl rankende takke diep in 'n bos of struik, die ander een met arm- en beendik ranke op die grond en in en om bome. Fockea angustifolia: blom F. angustifolia: blomknoppe lyk soos bo toegedraai

As jy die kambro of waterwortel (Fockea angustifolia) nie ken nie, is dit baie moeilik om op te spoor, want jy moet weet waar om te soek. Dit groei in diepsand in diep skaduwee hoofsaaklik in Kalaharigebiede. In die sand rus 'n enorme wortelbol, volgetap met water. Dit kan twee kilogram weeg as dit regtig groot is. Die bol kan verskillende vorms hê, maar is meestal langwerpig, een- of twee- "benig". Boesmans hou baie van hierdie wortel, dit word gewoonlik vars en rou genuttig. Die bas word afgeskraap, die wit vervrissende vleis dadelik geëet. Die is 'n lewensbelangerike bron van water in die herfs- en wintertyd vir die Kalaharibewoners. F.a. wortel uitgegrawe deur Boesmanvrou

Aangesien die plantdele bogronds by beskadiging 'n wit melksap afsonder, is 'n man maar skrikkerig om te proe, want melksap in plante dui dikwels op giftigheid van die plant

Die luislangplant daarenteen is nie skaam om 'n gasheerboom totaal te beset en sy takke orals waar dit kan om te draai nie. Bo groei hulle verder, hang later af en die groeipunt skiet wortel, voor die tak die grond bereik. As die wortels in die grond is, groei die voorste punt verder, "wurm" op die boom in die wurggreep van Fockea multiflora grond vorentoe, totdat dit die volgende boom of struik kry, waarin dit kan opklim. Die takke is veselagtig binne-in en nie baie hard nie. Hierdie Fockea het ook melksap (lateks) en dit is giftig.Boesmans het dit saam met ander gif op hulle gifpyle gebruik. Dit word gomagtig, wanneer dit uitdroog en verseker so, dat die gif op die pyl bly sit. In alkohol opgelos kan dit op seer spiere gesmeer verligting bring. Hierdie wurgrank kom in -bosveld en by klipperige gronde voor.

Vir plantliefhebbers: Dit is nie so moeilik om dit self te kweek nie. Bonsai liefhebbers gebruik graag Fockea plante. Die Fockea multiflora kan maklik van 'n stukkie tak gekweek word, by die Fockea a. is my toets nog nie afgesluit nie, maar na ses weke lewe die stukkie plant , wat in water staan nog. Probeer gerus!

uitbreiding van die ranke op die grond Inligtingsbronne: People's (Ben-Erik van Wyk, Nigel Gericke) Gemsbok Bean & Kalahari Truffle (Arno Leffers) Heil-, Gift- und Essbare Pflanzen in Namibia (Eberhard von Koenen) AZ Tourismus&Umwelt 9.9.2014 Artikel: Die Pythonranke (Fockea multiflora), Fam.Hundsgiftgewaechse von Luise Hoffmann Foto: Fockea angustifolia ,eetbare wortel uit People's Plants (Ben-Erik van Wyk en Nigel Gericke) Foto: F. Multiflora ranke op die grond: Luise Hoffmann Teks en res fotos: Anka Eichhoff Mei 2016