NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

MUSIEK V1

MEMORANDUM

NOVEMBER 2008

EKSAMENNOMMER:

PUNTE: 125

Hierdie memorandum bestaan uit 29 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 2 DoE/November 2008 NSC – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B.

2. Alle vrae word beantwoord in die oop ruimtes op die vraestel.

3. Dit word aanbeveel dat Afdeling A slegs in potlood beantwoord moet word.

4. Kandidate wat daaraan gewoond is om hul harmonie op 'n instrument te speel, mag vra om dit te doen. 'n Opsiener moet hom/haar dan na 'n aparte musiekkamer vergesel vir 'n kort tydjie van omtrent 5 – 10 minute.

5. Die laaste bladsy van die vraestel is manuskrippapier vir rofwerk. Hierdie bladsy mag deur die kandidaat verwyder word.

Kopiereg voorbehou Musiek/V1 3 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

AFDELING A: MUSIEKTEORIE

VRAAG 1

Bestudeer die musiekuittreksel en beantwoord die vrae.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 4 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

1.1 Kies een van die onderstaande terme om te pas by die musiekpatrone aangedui 1.1.1 tot 1.1.4.

Herhaling; sekwens; omkering; pedaalpunt (omgekeerd); chromaties; nabootsing; sinkopasie.

Skryf die antwoord langs die ooreenstemmende nommer neer. (4)

1.1.1 Omkering Hierdie punt sal vir die kandidaat gegee word sonder inagneming van die antwoord, weens vaagheid in die vraag.

1.1.2 Chromaties

1.1.3 Pedaalpunt (omgekeerd) Hierdie punt sal vir die kandidaat gegee word sonder inagneming van die antwoord, weens vaagheid in die vraag.

1.1.4 Sekwens

1.2 Skryf die solfa-notasie-ekwivalent van die note wat met pyltjies aangedui is (3) (1.2.1 tot 1.2.3).

1.2.1 te

1.2.2 fe

1.2.3 soh

1.3 Identifiseer die intervalle gemerk 1.3.1 tot 1.3.3. (geen halfpunte nie) (3)

1.3.1 Majeur sekst (6de)

1.3.2 Majeur septiem (7de)

1.3.3 Verminderde twaalfde/duodesiem (of: verminderde saamgestelde kwint)______

1.4 Identifiseer die geïmpliseerde harmonieë aangedui by 1.4.1 tot 1.4.4 deur òf die besyfering (bv. V7) òf die akkoordsimbool (bv.G7) te verskaf. Moenie enige omkerings aandui nie. (4) Kandidate hoef nie die toonaard te noem nie. ½ punt word gegee as kandidaat slegs “V” aandui, sonder die “7de”.

1.4.1 F majeur: V7 / C 7

1.4.2 F majeur: V7 / C 7

1.4.3 F majeur: I / F

1.4.4 F majeur: IV / Bb

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 5 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

1.5 Herskryf die laaste twee mate (11 en 12) vir die volgende instrumente:

Klarinet in A: (wenk: 'n klarinet in A klink 'n mineur derde laer as die geskrewe note)

Altviool: (wenk: altvioolspelers lees hul musiek in die altsleutel)

Tjello: (wenk: 'n tjello is 'n nie-transponerende instrument)

(3)

(2)

(1)

Memorandum: Klarinet: Nuwe tydsoortteken = 1 Korrekte transponering = 2

Altviool: Korrekte sleutel en tydsoortteken = 1 (½ elk) Korrekte note = 1

Tjello: Korrekte note = 1 Geheel: Minus 1 punt per notasiefout tot 'n maksimum van 3 punte. [20] As toonsoorttekens nie aangedui word nie, maar die korrekte skuiftekens word wel gebruik, sal geen punt afgetrek word nie. ½ punt word afgetrek vir elke notasiefout.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 6 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

VRAAG 2

Beantwoord Vraag 2.1 OF Vraag 2.2.

2.1 Skryf 'n 12 maat melodie in drieledige vorm. Maak gebruik van enige TWEE van die volgende ritmiese motiewe in 'n saamgestelde tydmaatsoort:

(nie volledige mate nie)

Dui jou keuse van stem/instrument () aan en voeg geskikte dinamiek, frasering en artikulasie-aanduidings by.

Answer: ______Voice/Instrument (15)

Memorandum: Vorm = 3 punte (1 punt elk vir A B A1) (3) Melodie = 6 punte Punte toegeken as volg: Melodie toon (6) • goeie struktuur (eenheid in gebruik van ritmiese patrone en beweging na hoogtepunt (6 punte) • meeste van bogenoemde (4 – 5 punte) • sommige van bogenoemde aspekte, maar die toepassing is nie voldoende nie (2 – 3 punte) • in die geheel te ongestruktureerd en onsamehangend (1 punt)

Tydsoortteken en ritmiese motiewe = 3 punte (3) • toonsoortteken (1 punt) • korrekte gebruik van ritmiese motiewe (2 punte)

Geskiktheid vir stem/instrument = 1 punt (3) Frasering- en vertolkingsaanduidings = 2 punte Vir foutiewe groepering sal ‘n maksimum van een punt afgetrek word.

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 7 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

2.2 Voltooi die volgende openingsfrase om 'n melodie van 12 mate in drieledige vorm te skep. Dui jou keuse van stem/instrument () aan en voeg geskikte dinamiek, frasering en artikulasie-aanduidings by.

Answer: ______(15) Voice/Instrument

Memorandum: Vorm = 3 punte (1 punt elk vir A B A1) (3) Melodie = 6 punte Punte toegeken soos volg: Melodie toon • goeie struktuur (eenheid in gebruik van ritmiese patrone en (6) beweging na hoogtepunt (6 punte) • meeste van bogenoemde (4 – 5 punte) • sommige van bogenoemde aspekte, maar die toepassing is nie voldoende nie (2 – 3 punte) • in die geheel te ongestruktureerd en onsamehangend (1 punt)

Tydsoortteken en ritmiese motiewe = 3 punte • toonsoortteken (1 punt) (3) • korrekte gebruik van ritmiese motiewe (2 punte)

Geskiktheid vir stem/instrument = 1 punt (3) Fraserings- en vertolkingsaanduidings = 2 punte

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 8 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

Vraag 2.3 is verpligtend.

2.3 Op watter tipe toonleer is elk van die volgende musiekuittreksels gebaseer?

2.3.1 (1)

Antwoord: Heeltoontoonleer. Die Blues toonleer word ook as korrek aanvaar, weens die verhoogde 4de trap: die A-suiwer.

2.3.2 (1)

Antwoord: Majeurtoonleer

2.3.3 (1)

Antwoord: Pentatoniese toonleer

2.3.4 (1)

Antwoord: Melodiese mineur toonleer (slegs ½ punt as slegs mineur geantwoord.)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 9 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

2.3.5 (1)

Antwoord: Blues-toonleer

[20]

VRAAG 3

Beantwoord Vraag 3.1 OF Vraag 3.2.

3.1 Harmoniseer die volgende melodie vierstemmig. Voeg minstens een van die volgende by: • 'n Tweede omkering (6/4) progressie • 'n Dominant sewende akkoord

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 10 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

Memorandum:

Puntetoekenning Beskrywing van Vaardigheid • Keuse van harmonieë wat by baslyn pas • Logiese progressie Akkoordkeuse • Paslike keuse van akkoorde vir gegewe melodie (12) • Interessante progresssies • Suksesvolle gebruik van omkerings

• Toepassing van Dominant 7es

• ‘n Halwe punt word afgetrek vir elke harmoniefout. Musikale grammatika Die maksimum punte wat vir foute afgetrek kan (foute) • word = 6 punte.

• Toepassing van akkoorde Styl (musikaliteit) • Stemleiding/Stemvoering (8) • Interessante byvoegings van nie-harmoniese note.

(20)

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 11 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

3.2 Bestudeer die volgende baslyn. Harmoniseer die volgende 8 mate soos aangedui in die eerste maat.

• Noteer die akkoorde op die boonste balk soos die voorbeeld in maat 1. • Dui die akkoordsimbole bokant die balk aan. • Maak gebruik van enige harmoniese middel wat aan jou bekend is. Die gebruik van gevorderde harmonieë sal in jou guns tel. • Dui EEN voorbeeld van 'n deurgangsnoot [merk met 'n (a)] en EEN voorbeeld van 'n antisipasie/vooruitneming [merk met 'n (b)], deur die relevante note in die baslyn te omkring.

Memorandum:

Puntetoekenning Beskrywing van vaardigheid Keuse van harmonieë • Keuse van harmonieë (10) Akkoordaanduiding en • Akkoordsimbool sowel as notasie word geassesseer. Grammatika • -1 vir elke fout (8) • 1 Punt vir enige deurgangsnoot bv. M.3: noot F; Deurgangsnoot / M.4: note A-mol of A; M.6: note G of F; Antisipasie M. 7: note A of C. (2) • 1 Punt vir antisipasie M. 7: E-mol (sestiendenoot- waarde). (20)

TOTAAL AFDELING A: 60

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 12 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS

Een punt word toegeken vir elke korrekte feit. Relevante antwoorde wat nie op die memorandum verskyn nie, kan volgens diskresie van die hoofmerker ook aanvaar word.

Elke feit tel deurgaans een punt. Beantwoord al die vrae.

VRAAG 4

Omkring die korrekte antwoord:

4.1 Watter van die volgende is 'n vorm van Afrika jazz? (1)

4.1.1 Blues

4.1.2 Bebop

4.1.3 Mbaqanga

4.1.4 Marimba

4.2 Die ritmiese gevoel van Ragtime is baie na aan 'n (1)

4.2.1 mars

4.2.2 wals

4.2.3 polonaise

4.2.4 ballade

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 13 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

4.3 Die simfonie-orkes bestaan normaalweg uit die volgende kombinasie instrumente: (1)

4.3.1 Strykers, houtblasers, koperblasers en slaginstrumente

4.3.2 Strykers, elektroniese klawerbord, blaasinstrumente, koor

4.3.3 Kitaar, saksofoon, tromme, orrel

4.3.4 Enkel- of dubbelrietinstrumente, doedelsakke, trekklavier, bongo- tromme

4.4 Watter van die volgende note word dikwels verlaag in 'n blues-melodie? (1)

4.4.1 Eerste, derde, sewende

4.4.2 Tweede, vierde, agtste

4.4.3 Derde, vyfde, sewende

4.4.4 Vierde, sewende, agtste

4.5 Watter van die volgende het betrekking op swing? (1)

4.5.1 Kamerorkes

4.5.2 Big band-musiek

4.5.3 Fuga

4.5.4 Hip hop

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 14 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

4.6 Watter kunstenaar word geïdentifiseer met bebop? (1)

4.6.1 Elton John

4.6.2 Charlie Parker

4.6.3

4.6.4 Michael Jackson

4.7 Ragtime (1)

4.7.1 is in kontrapuntale styl geskryf.

4.7.2 maak van boogie-bas gebruik.

4.7.3 maak van 'n gesinkopeerde melodie in die regterhand gebruik.

4.7.4 het sy oorsprong in Europa.

4.8 Watter van die volgende pas die beste by twintigste-eeuse musiek? (1)

4.8.1 Oratorium

4.8.2 Klassiek

4.8.3 Jazz

4.8.4 Gregoriaanse dreunsang

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 15 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

4.9 Watter een is nie 'n komponis van westerse klassieke musiek nie. (1)

4.9.1 Allesandro Scarlatti

4.9.2 Johann Sebastian Bach

4.9.3 Johannes Brahms

4.9.4 Johannes Kerkorrel

4.10 Wie het die amptelike orkesverwerking van die Suid-Afrikaanse volkslied geskryf? (1)

4.10.1 Enoch Sontonga

4.10.2 CJ Langenhoven

4.10.3 ML de Villiers

4.10.4 J Zaidel-Rudolph

[10]

VRAAG 5

5.1 Brahms: Simfonie No. 4 in E mineur, Op 98 Die volgende uittreksel kom uit die vierde beweging van hierdie simfonie:

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 16 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

5.1.1 Bespreek kortliks die tipiese karaktereienskappe van Brahms se musiek. (2)

Antwoord: Enige twee van die volgende sal voldoende wees:

• Sy komposisiestyl is baie persoonlik van aard, maar is tog gegrond in die musiek van Haydn, Mozart en Beethoven. • Hy het die klassieke vorms herskep deur middel van eietydse harmoniese en instrumentale gebruik. • Brahms se musiek omvat 'n groot verskeidenheid stemminge, maar in die besonder het dit 'n melankoliese gevoel en liriese warmte. • Sy voorliefde vir ryk, polifoniese tekstuur word gereflekteer in die liriese gebruik wat natuurlik en spontaan voorkom • Sy musiek bevat ‘n spontane liriese gevoel • Sy musiek is ritmies opwindend met kontrasterende ritmiese patrone en sinkopes.

5.1.2 Gee 'n kort beskrywing van die vorm van die vierde beweging. (5) Antwoord: • Die grootse vierde beweging aangedui allegro energico e passionate (energieke en passievolle allegro), is die hoogtepunt van die simfonie. • Dit is 'n tipe tema-en-variasievorm wat verwys na die Barokera se dreunbas, ook bekend as die passacaglia. • Dié deel, in E mineur, bestaan uit 'n tema, dertig variasies en 'n uitgebreide koda. • Hout- en koperblasers stel die tema bekend in 'n ernstige agtnoot-melodie wat geleidelik opwaarts beweeg voor dit die kadenspunt bereik. • Die variasies omvou 'n groot verskeidenheid emosies: soms passievol, dan weer liries of lighartig. • Die variasies word verbind met mekaar en behou die tema se aanvanklike agtmaat vorm, asook die drieslagmaat. • Dié deel bestaan uit drie groot seksies en 'n koda:

A B A1 Koda Tema, Varasies Variasie. Variasie. 1 – 11 12 – 15 16 - 30

5.1.3 Wat is die oorsprong van die hooftema van hierdie beweging? (1) Antwoord: JS Bach: Kantate no.150 (Unto Thee, O Lord I Lift Up My Soul)

5.1.4 Is die hooftema 'n replika van die oorspronklike melodie? Motiveer jou antwoord: (2) Antwoord: • Nee • Hy het een chromatiese noot bygevoeg..

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 17 DoE/November 2008 NSS – Memorandum 5.2 Noem SES kenmerke van een van die volgende komposisies: (6)

5.2.1 Chopin: Polonaise in A mol major, Op. 53 5.2.2 Schubert: Der Erlkönig 5.2.3 Handel: Messiah – Hallelujahkoor 5.2.4 Puccini: La Bohème 5.2.5 Mendelssohn: Violin Concerto in E mineur – Eerste beweging 5.2.6 Smetana: The Moldau

5.2.1 Chopin: Polonaise in A mol majeur, Op 53 • Karakterstuk geskryf in die Romantiese periode • Poolse oorsprong • Dis 'n komposisie vir klavier wat 'n spesifieke stemming oordra. • Die polonaise is in drieslagmaat. • Maak gebruik van drieledige vorm: Inleiding, drie dele en 'n kort koda. • Dit is 'n kragtige en grootse werk. • Vereis tegniese vernuf van hoë standaard van die pianis. • Die tempo en lopies is dikwels baie vinnig.

5.2.2 Schubert: Der Erlkönig • Kunslied • Deurgekomponeerde lied • Duitse teks, gebaseer op 'n gedig van Goethe • Der Erlkönig is een van die vroegste voorbeelde van Romantiese musiek. • Die klavier en stem vorm 'n onlosmaaklike eenheid. • Klavierbegeleiding speel 'n belangrike rol en dra by tot die stemming. • Die gedig handel oor 'n vader wat sy siek kind te perd in stormagtige weer vervoer. Die kind sterf uiteindelik in sy arms voor hulle die huis bereik. • Klavierparty bevat vinnige oktawe en die basmotief beeld die geklop van perdehoewe uit.Trioolritmes dra ook hiertoe by.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 18 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

5.2.3 Handel: Messias – Hallelujakoor • Oratorium • 'n Oratorium is 'n werk vir soliste, koor en orkes. • Die teks is gebaseer op 'n Bybelstorie. • Hallelujakoor: een van die bekendste koorwerke ter wêreld. • Gewyde styl • Kragtige akkoorde gekarakteriseer deur monofoniese, polifoniese en homofoniese teksture. • Polifoniese tekstuur word ingespan om die majestueuse karakter van die halleluja’s te belig. • Teks uit Openbaring.

5.2.4 Puccini: La Bohème • Opera. ’n Operastorie wat uitgebeeld word deur middel van sang, dekor, kostuums en aksie. • La Bohème speel af in die Latynse buurt van Parys rondom 1830 • Hoofkarakters: Rodolfo en Mimi • Alledaagse storie oor alledaagse mense. (Verismo) • 'n Realistiese gevoel van die Boheemse lewe in romantiese tonele • Pragtige en sensuele melodieë. • Musiek het 'n improvisatoriese karakter. • Instrumentasie dra by tot die emosies en handeling.

5.2.5 Mendelssohn: Vioolkonsert in E mineur – Eerste deel • Geskryf vir simfonie-orkes en soloviool. • 3 dele • Die eerste deel is in sonatevorm. • Die solis het die geleentheid om sy/haar tegniese en musikale vermoëns te vertoon. • Die orkesdeel begin normaalweg met 'n uitgebreide openingsdeel, maar Mendelssohn se eerste deel begin egter met die solis wat die eerste tema speel met sagte vioolondersteuning van die orkes. • Die ongewone gebruik van instrumente skep 'n baie intieme en delikate klankatmosfeer. • Uitgeskrewe cadenza. • 'n Verskil wat Mendelssohn aan die cadenza aanbring, is dat dit slegs aan die einde van die Ontwikkelingsgedeelte plaasvind. Sodoende word die cadenza deel van die vorm en nie net 'n byvoeging om die tegniese vernuf van die solis uit te lig nie.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 19 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

5.2.6 Smetana: Die Moldau • ‘n Simfoniese toondig wat 'n storie vertel of 'n prent voorstel deur die gebruik van klank.

• Die Moldau is geïnspireer deur die komponis se siening van die landskap in Bohemië. • Dit is deel van die siklus Má Vlast (My Vaderland). • Romantiese uitbeelding van die natuur. • Reflekteer Tseggiese patriotisme. • Kontrasterende musiekdele verteenwoordig verskillende tonele en episodes. • Terugkerende volksliedagtige tema simboliseer die rivier. • Vloeiende note beeld die vloeiende rivier uit. [16]

VRAAG 6

Jazz

Meld of die volgende stellings waar of onwaar is. (Verskaf die korrekte antwoord indien die stelling onwaar is)

Stelling Waar Onwaar

6.1 Jazz het sy oorsprong in Argentinië. √ (1)

Antwoord: Amerika (of New Orleans) (1)

6.2 The Entertainer van Scott Joplin is 'n voorbeeld van (1) Bebop. √

Antwoord: Ragtime (1)

6.3 Jazz harmonieë beweeg van die relatief (1) eenvoudige tot meestal kompleks. √

6.4 'n Riff kan gedefinieer word as 'n herhaalde motief. √ (1)

6.5 Tradisionele bluesmelodieë bestaan uit 16 mate. √ (1)

(1)

Antwoord: 12 mate [8]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 20 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

VRAAG 7

Kies EEN van die popmusiekstyle wat hieronder gelys is. Beanwoord die vrae wat daarop volg.

7.1 Heavy Metal 7.2 R&B Pop 7.3 Glam Rock 7.4 Brit Pop 7.5 Girl/Boy bands

7.1.1 Noem vier stylkenmerke. (4) Antwoord: Heavy Metal • Skerp en luide benadering tot musiek. • Dik, swaar kitaar-en tromgesentreerde klank. • Hoogs versterkte en verwronge klanke. • Vinnige kitaarsolo's. • Uiterstes in volume, ‘machismo’ en teatrale karakter. • Geneigdheid tot misdadigheid en opstandigheid teen gesag.

7.1.2 Noem een verteenwoordigende kunstenaar, asook 'n treffer of 'n album. (2) Antwoord: Kunstenaars: Metallica Treffers/Albums

• Ride the Lightning • And Justice for All • Kill ‘Em All • No Life ‘Til Leather [6]

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 21 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

7.2.1 Noem vier kenmerke van die styl (4) Antwoord: R & B Pop • Hoë tenoor. • Dinamiese seksualiteit. • Oorspronklike dansbewegings. (robot, moonwalk) • Revolusionêre transformasie van musiekvideo's (mini-rolprente) • Dinamiese baslyne, sweepklap op eerste slagmaat en multibaan vokalelyne. • Teenstrydighede: melodies en gemaklike teenoor spookagtig en aaklige.

7.2.2 Noem een verteenwoordigende kunstenaar, asook 'n treffer of 'n album (2) Antwoord: Kunstenaar: Michael Jackson Treffers/Albums • Bad • Thriller • Off the Wall • Billi Jean • Man in the Mirror

[6]

OF

7.3.1 Noem vier kenmerke van die styl (4) Antwoord: Glam Rock • Teatrale styl van rockmusiekstyle. • Element van humor. • Visuele impak. • Lirieke wat betrekking het op jeugrewolusie. • Seksualitiet en sensualiteit. • Dekadensie

7.3.2 Noem een verteenwoordigende kunstenaar,sook 'n treffer of 'n album (2) Antwoord: Kunstenaar: David Bowie

Treffer/Albums • The Rise and Fall of Ziggy Stardust • The Man who sold the World • Lady Stardust [6] OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 22 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

7.4.1 Noem vier kenmerke van die styl (4) Antwoord: Brit Pop • Tweede Britse Popfase wat verskil van die eerste een wat sterk deur die Beatles beïnvloed is. • Simplistiese, basiese akkoorde, grondposisie basakkoorde. • Basiese ritmes. • Sonder enige tierlantyntjies of kompleksiteit • Versterkte en verstoorde klank. • Gebruik lirieke en riffs van ander kunstenaars.

7.4.2 Noem een verteenwoordigende kunstenaar, asook 'n treffer of 'n album (2)

Antwoord: Kunstenaar: Oasis

Treffers/Albums • Definitely Maybe • (What’s the Story) Morning Glory • Be Here Now • Heathen Chemistry [6]

OF

7.5.1 Noem vier kenmerke van die styl (4) Antwoord: Girl/ Boy Bands • Ryk harmoniese klanke en pragtige verwerkings. • Musiek is 'n vermenging van ballades en middelmatige-tempo melodieë. • Lirieke is altyd passievol en onvergeetlik. • Dansroetines • Wegbeweging van Britpop na suiwer internasionale popmusiek idioom. • Maklik luisterbare, energieke en vars musiek.

7.5.2 Noem een verteenwoordigende kunstenaar, asook 'n treffer of 'n album (2) Antwoord: Kunstenaars: Spice Girls Treffers /Albums: Spice Girls • Mama • Who do you think you are • Say you’ll be there • Wannabe • Coast to Coast • Together Girl Forever

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 23 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

Kunstenaars: Westlife

Treffers /Albums: Westlife • Flying Without Wings • My Love

• Mandy • You Raise Me Up • When you looking like that [6]

VRAAG 8: SUID AFRIKAANSE KUNSTENAARS IN POPULÊRE MUSIEK

Kies een van die Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy bestudeer het en beantwoord die vrae wat daarop volg:

8.1 Mandoza

8.1.1 Noem Mandoza se musiekprestasies met spesiale verwysing na sy toekennings. (4)

Antwoord: Mandoza • Topverkope (meer as 100 000 eenhede) van sy album 9II5 Zola South. • 2000 FNB Suid-Afrikaanse toekenning vir beste nuwe kunstenaar. • In 2001 het Mandoza die Suid-Afrikaanse Musiektoekenning ontvang as Beste -musikant met sy album Nkalakatha wat multi-platinumstatus bereik het. • Mandoza wen in vyf kategorieë van die tien kategorieë in die 2001 Metro Musiektoekennings. (Beste Kwaito Kunstenaar, Beste Manlike Solis, Beste Album, Beste Styl Kunstenaar en Lied van die jaar). • 2001: wen die Beste Kunstenaar – Suidelike Afrika kategorie by die Kora All Africa Musiektoekennings. • Behaal 77ste posisie in die Top 100 “Great South Africans” in 2004.

8.1.2 Noem twee treffers of albums. (2)

Antwoord: TREFFERS/ALBUMS • 9115 Zola South • Nkalakatha

As kandidate slegs een album noem, sal hulle 2 punte kry, omdat die “content framework” slegs een album spesifiseer.

[6] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 24 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

OF

8.2 Steve Hofmeyr

8.2.1 Gee 'n kort beskrywing van Steve Hofmeyr se bydrae to Suid- Afrikaanse musiek. (4)

Antwoord: • Skryf Blou Bulle lied/ dra dus by tot SA rugbykultuur. • Beïnvloed jonger kunstenaars met sy musiekstyl. • Skep geleentheid vir kunstenaars deur hulle te nooi om saam met hom op te tree. • Pampoen uit “Toeka ma’ Local” album saam met ander kunstenaars, • Huldeblyk aan Suid Afrikaanse musiek • Bring ou Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Al Debbo in die kollig deur hulle te nooi om saam met hom op te tree in konserte soos “Van Toeka tot Nou”

8.2.2 Noem twee van sy treffers of albums. (2) Antwoord: • She’s a Woman • Deur jou Vingers • Ek maak nog deure oop • Pampoen [6] As kandidate slegs een album noem, sal hulle 2 punte kry, omdat die “content framework” slegs een album spesifiseer.

OF

8.3 Lucky Dube

8.3.1 In watter opsig het Lucky Dube populêre musiek beinvloed? (4) Antwoord: • Word erken as een van die mees bekendste Reggae kunstenaars

• Verander vanaf die tradisionele sing van mbaqanga na die Jamaikaanse reggae klanke • Sy musiek het die optrede van die apartheid regime in Suid-Afrika heftig bevraagteken • Sy musiek het politieke bewustheid geskep • Sy liedjies het die stem van die stemlose massas onderdrukte mense geword • Sy liedjies het gespreek van die mense en dat almal saam moet bly as een

8.3.2 Noem twee treffers of albums. (2) Antwoord: • Serious Reggae 1996

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 25 DoE/November 2008 NSS – Memorandum • House of Exile 2002 • Slave 1990 • Prisoner 1991 • Victims 1993 [6] As kandidate slegs een album noem, sal hulle 2 punte kry, omdat die “content framework” slegs een album spesifiseer.

VRAAG 9

Sommige Suid-Afrikaanse musiekstyle het spontaan ontstaan in huise, sommige in townships en sommige musiek is spesiaal geskep vir sosiale en kulturele geleenthede.

Brei uit op hierdie stelling deur EEN van die volgende style te bespreek: 9.1 Kwaito 9.2 Musiek vir sosiale and kulturele okasies. 9.3 Moppies and ghoema liedjies.

9.1 KWAITO Antwoord: • Die woord ''kwaito'' is van die Afrikaanse woord ''kwaai'', wat ’n ''cool'' bybetekenis het, afgelei.

• Kwaito is ’n musiekstyl wat in die 1990’s in ontstaan het. • Die musiek self is op ''house''-musiek gebaseer, maar word teen ’n stadiger tempo gespeel en bevat perkussie- en melodiese Afrika- patrone wat herhaal word. • Die musiek bevat diep baslyne en dikwels ''sang'' (gewoonlik manlik) wat geskreeu of gesing-praat word, eerder as gesing of ''gerap'' word. • Die lirieke is gewoonlik in plaaslike Suid-Afrikaanse tale, meer as een taal kan egter in dieselfde liedjie voorkom. • Die taal van kwaito is dus Isicamtho, Suid-Afrikaanse township- sleng (“slang”). • Isicamtho is ’n moderne weergawe van -taal.

• Kwaito word in die algemeen met die swart Suid-Afrikaanse jeug in die na-apartheidsera geassosieer. • Gewilde kwaito-kunstenaars sluit Zola, Mandoza en TKZee in [7]

9.2 Musiek vir sosiale and kulturele geleenthede Antwoord: Enige relevante feit oor Suid-Afrikaanse sosiale of kulturele geleenthede sal aanvaarbaar wees.

• In Afrika is musiek deel van mense se alledaagse lewe. • Dit is deel van die godsdienstige seremonies, feestelikhede en sosiale rituele. • Liedere word gebruik vir elke fase van die mens se lewe; vanaf geboorte, by die aanbreek van die tienerjare, by huwelike en tydens sterftes en begrafnisse. • Ook tydens jagtogte, die oppas van beeste en tydens gewone plaaswerk is musiek teenwoordig. • Liedere word ook gebruik om siektes te genees, vir reën, vir politieke doeleindes en godsdienstige danse. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 26 DoE/November 2008 NSS – Memorandum • Daar is selfs kulture wat glo dat daar d.m.v. musiek met die voorvadergeeste gekommunikeer kan word.

• Elke persoon van die gemeenskap neem daagliks deel aan die musiekaktiwiteite. • Tipiese eienskappe van Afrikamusiek is kort eenvoudige melodieë. Afrikamense gebruik kort gedeeltes van melodieë wat hulle oor en oor gebruik en sangers en instrumentaliste mag dit verander na goeddunke.

[7] • Tydens uitvoerings van die musiek kan enige persoon begin improviseer op die melodie terwyl die ander gewoon aangaan.

OF

9.3 Moppies and ghoemaliedjies Antwoord: • Die moppie- en ghoemaliedjies is ’n 200 jaar-oue-tradisie eie aan die Kaap.

• Hierdie hoofsaaklik Afrikaanse liedjies is bedoel om kleur aan ’n sosiale byeenkoms te gee. • Die tradisionele vieringe rondom Nuwejaar het ontstaan uit die tradisie van moppies en ghoemaliedies. • Hoewel die inhoud van die teks gewoonlik lighartig en snaaks is, is daar tog voorbeelde van liedere wat politieke inhoud het en wat tydens apartheid gesing is om hul teenkanting met die stelsel uit te druk • Die Maleierkore is veral bekend vir hul uitvoerings van die liedere. • Jaarliks is daar groot kompetisies aan die gang om die beste koor aan te wys. • Moppie- en ghoemaliedjies word met dansbeweging en o.a. ghoematrom, banjo en kitaar begelei.

• Spore van ander kulture is in die liedere aanwesig in die vermenging van die Khoi-khoi (wat reeds in die Kaap gewoon het voor Van Riebeeck geland het), met die slawe van Afrika en

Indonesië, • Indië en Madagaskar het almal hul deel bygedra tot die styl en inhoud van die liedere. [7]

VRAAG 10

Selekteer EEN van die Suid Afrikaanse komponiste hieronder en voer die opdragte uit.

10.1 Mzilikazi Khumalo 10.2 Niel van der Watt 10.3 SJ Khosa

Jy het gisteraand 'n konsert bygewoon waar twee werke van jou gekose komponis uitgevoer is. Skryf 'n brief aan jou vriend waarin jy hom/haar vertel van die konsert. Verwys na die komponis se lewe, sy soort musiek en stylkenmerke. [7] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 27 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

ANTWOORD: Enige 7 feite oor die komponis se lewe, tipe musiek en kenmerke sal aanvaar word. Geen onderverdeling van punte is van toepassing nie.

10.1 Mzilikazi Khumalo

Antwoord: Gebore in 1932 naby Vryheid in KwaZulu- Natal • • Albei sy ouers was baie musikaal. • Sy pa laat hom in die Salvation Army-orkes speel.

• Speel die euphonium en studeer later sang. • Leer balknotasie, musiekteorie. • Vertroud met tonika-solfa.

• Lid van skoolkoor.

• Help met die onderrig van die junior skoolkoor

• terwyl sy ma hom in die tradisionele Zulumusiek onderrig.

• Sing by gemeenskapsgeleenthede bv. troues. • Baie van sy komposisies is geïnspireer deur die digter Vilakazi. • Wen ‘African Bank Tenth Anniversary Songwriter Contest’ met

Isibaya Esikulu Se-Afrika. • Skryf Intonga YoSindiso vir inhuldiging van Archbishop Desmon Tutu

• Betrokke by die nasiebou-konserte. • Sy epiese (verhalende) Kantate, Ushaka KaSenzangakhona, wat oor die lewe van Shaka handel, het groot byval gevind by

gehore. (dit kombineer twee groot kulturele tradisies – Zoeloe gedigte en liedere en die instrumentale en orkestrale tradisie van Europa.)

• Heelwat van die tradisionele liedjies wat hy by sy ma geleer het, is verwerk vir koor bv. Sangena; Bawo, Thixo Somandla en Sizongena Laph’emzini. Sizongena Laph’emzini.

• Isibaya Esikulu Se-Afrika • Ushaka KaSenzangakhona • Sangena; Bawo, Thixo Somandla • Sizongena Laph’emzini. [7]

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 28 DoE/November 2008 NSS – Memorandum

10.2 Niel van der Watt

Antwoord: • Musiekopvoeding sluit klavier, klarinet sowel as sangonderrig in. • Deeltydse dosent by Departement van Musiekwetenskap (UNISA). • 20 jaar al betrokke by kore – sanger, dirigent, komponis en verwerker. • Toonset gedigte van vooraanstaande Afrikaanse digters (Antjie Krog, NP van Wyk Louw). • Invloed van laat romantikusse op vroeë werke. • Meester op harmonie en kontrapunt – eerbiedig en verstaan JS Bach. • Aanhanger van die Beatles, Billy Joel en ABBA • Waardering vir jazz, rock en tradisionele Afrika musiek. • Komponeer vir orkes, solo stem en sekulêre, gewyde en

tradisionele koorwerke bv. • African Dawn vir meisieskoor bestaan uit Boroko, Ka Mehla, Thobela Morena • A De-commercialised American Christ’s Mass√ (gebruik variasies op populêre Kersliedere – 'n geestige dog eerbiedige verwesenliking van die Rooms- Katolieke Gewone Mis) • Benediction • Bitterbessie dagbreek • African Reflection • Komponeer 'n groot aantal Rooms-Katolieke liturgiese musiek, insluitend twee Misse en 'n Requiem. [7]

OF

10.3 SJ Khosa

Antwoord: • 'n Tsonga koormeester en komponis. • Werk as musiekinspekteur. • Meer as 400 komposisies. • Beoordelaar op provinsiale en nasionale vlak vir koorkompetisies. • Bedien op seleksiepaneel wat kompetisieliedjies voorskryf. • Het ook massakore dirigeer en opgelei. • Liedjies word dwarsoor die land gesing en voorgeskryf vir kompetisies. • Mintiro Ya Vulavula is baie gewild onder Hoërskoolkore.

• Dzunse Ra Ndabezitha • Afrika Lontshwa [7]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Musiek/V1 29 DoE/November 2008 NSC – Memorandum

VRAAG 11

Solomon Linda het arm gesterf terwyl kunstenaars soos Peter Seeger and die Disney filmmaatskappy miljoene gemaak het uit Linda se lied Mbube (ook bekend as The Lion Sleeps Tonight en Wimoweh) in hul produksies sonder enige erkenning aan hom.

Beskryf kortliks hoe SAMRO Solomon Linda kon beskerm het.

Antwoord: • Registrasie deur SAMRO verseker dat die kunstenaar nooit beheer verloor oor sy skeppings nie. • Kopiereg verhoed dat mense werke van 'n komponis gebruik sonder erkenning. • Registrasie stel 'n komponis in staat om beheer uit te oefen oor gebruik van sy musiek. • Ander tipe regte mag ook deur SAMRO onderhandel word indien die lid dit verkies bv. musiek in teaters, radio, TV en films. • SAMRO verseker dat 'n lid 'n verdienste uit sy skeppings kry. • 'n Komponis kan regverdige en redelike outeursgelde onderhandel vir gebruik. • SAMRO het spesifieke regte m.b.t die sinskronisasie van musiek in films. • Die bepaling van verdienste uit musiek is die werk van SAMRO . [5]

TOTAAL AFDELING B: 65

GROOTTOTAAL: 125

Kopiereg voorbehou