“From the Sound of Music to the Sound of Silence.” Stilte as helende moment in die erediens. deur Attie van Wyk Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad Magister in Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch Promotor: Professor J.H. Cilliers Mede-promotor: Doktor C. van der Walt Departement: Praktiese Teologie en Missiologie Maart 2017 Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za VERKLARING Deur hierdie tesis elektronies in te lewer, verklaar ek dat die geheel van die werk hierin vervat, my eie, oorspronklike werk is, dat ek die outeursregeienaar daarvan is (behalwe tot die mate uitdruklik anders aangedui) en dat ek dit nie vantevore, in die geheel of gedeeltelik, ter verkryging van enige kwalifikasie aangebied het nie. Datum: Maart 2017 Kopiereg © 2017 Universiteit van Stellenbosch Alle regte voorbehou i Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Opsomming In hierdie studie is aangetoon hoedat daar verskeie vorme van stilte bestaan. Die navorsing geskied in die vorm van ‘n musikale beweging: ten eerste die klank van die konteks van die wit Afrikaner man in Suid Afrika, tot die klanke en waarde van musiek, tot die klank van stilte. Enige musiek wat uitgevoer word, word vanuit stilte gebore. Metafories gesproke, begin hierdie studie ook vanuit stilte. Hierdie spesifieke soort stilte wat deur historiese en huidige sosiale kontekste bygedra het tot die gender konstruksie en maskuliniteitstipe van die ‘Stil en Sterk-tipe’ wit Afrikaner man in Suid Afrika. Hierdie ‘Stil en Sterk-tipe’ wit Afrikaner man vind dit dikwels moeilik om hulself verbaal uit te druk, maar is steeds deel van die Nederduits Gereformeerde Kerk waarin hulle aanbid. Soos daar in enige goeie musikale komposisies verskeie bewegings is, gebeur dit ook in hierdie studie. Die beweging het ten doel om juis ook verskillende soorte stiltes, wat ‘n impak op die leefwêreld van sommige lidmate in die Nederduits Gereformeerde Kerk mag hê, in die lig te stel. Die vraag dan, hoe word daar ruimtes gebied vir individue soos die ‘Stil en Sterk tipe’ om hulle self te verklank ook in die erediens? Vanuit hierdie ondersoek word dit duidelik dat nie slegs musiek nie, maar ook stilte binne musiek en stilte opsig self van waarde kan wees. ‘n Fokus op die fenomeen van stilte en die waarde wat dit kan inhou vir lidmate van die Nederduits Gereformeerde Kerk, word ondersoek. So is die geloofsgemeenskap ‘n ruimte waarin die ‘Stil en Sterk tipe’ ook saam met ander gelowiges hulself deur die estetiese en stilte kan verklank en ook deur God binne sulke ruimtes, getransformeer kan word. Die titel van die studie, “From the Sound of Music to the Sound of Silence” wil poog om na stilte as moontlike helende moment in die erediens te wys. Daarom, in die finale beweging van hierdie navorsing, word daar na die herwaardering van stilte in die liturgie gekyk. ii Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Abstract This study focuses on different types of silence. The research takes on the form of a musical movement. At first a type of silence which is derived from the socially constructed context within which the white Afrikaner male finds himself. This masculinity type, which has been constructed by historical, social and cultural influences, brings about the ‘Strong and Silent type’, white Afrikaner male in the context of South Africa. This masculinity type seems to struggle with verbal communication; however, they still worship in and remain part of the Dutch Reformed Church in South Africa. Therefore the research moves to the holistic value that music has on individuals. Subsequently the movement investigates the role and function of church music in the context of the Dutch Reformed Church, not only for worship, but also in creating cathartic moments of expression for the “Strong and Silent” masculinity type. Silence, however, is the element which helps humans to distinguish between different sounds. The research moves to investigate the phenomenon of sound and some qualities of the sound of silence. The final movement focuses on the way silence can be incorporated and re-evaluate silence in liturgies, especially through aesthetic elements within the context of the Dutch Reformed Church. Spaces filled with silence wherein God can transform individuals. Therefore, a re-evaluation of silence in the liturgy is called upon. iii Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Dankbetuiging Ek wil graag my dank uitspreek aan: Doktor C. van der Walt en Professor J.H. Cilliers vir inspirasie deur die blootstelling en bekendstelling aan besonderse literatuur en ook hul eie akademiese bydraes. Die Kerk in Swede wat ingestel is op die holistiese benadering en opbou van gemeenskappe, ook vir hulle befondsing om hierdie studie moontlik te kon maak. Die NG Gemeente Cradock-Noord wat my die ruimte gebied het om hierdie studie aan te pak en te voltooi. My ouers en broer wat my altyd in liefde ondersteun in alles wat ek aanpak. Carien Krüger vir haar volgehoue hulp en entoesiasme op verskeie vlakke tydens hierdie studieperiode. Die Teologiese biblioteekpersoneel, wat altyd hulpvaardig was tydens my studies. iv Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Opgedra Hierdie navorsing word opgedra aan: My liefdevolle ouers wat my langs die see, op die plaas, in die kerk, bekendgestel het aan soveel kante van die lewe, máár veral aan die goedheid van musiek, stilte en God. Aan my naastes wat ook soos ek, die grootsheid en goedheid van God in stilte beleef. v Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Inhoud Verklaring i Opsomming ii Abstract iii Dankbetuiging iv Opgedra v Hoofstuk 1: Navorsingsondersoek 1 1.1. Verhelderende begrippe 1 1.2 Aanloop tot die studie 1 1.3 Titel: “From the Sound of Music to the Sound of Silence.” Stilte as helende moment in die erediens. 4 1.4 Navorsingsprobleem en –doelstellings 4 1.5 Metodologie 7 1.6 Navorsingskema 9 1.6.1 Hoofstuk 2: Eerste beweging: Die lot van die ‘Stil en Sterk-tipe’ 9 1.6.2 Hoofstuk 3: Tweede beweging: ‘n Oorsig van die waarde van musiek 10 1.6.3. Hoofstuk 4: Derde beweging: Die klank van stilte 10 1.6.4 Hoofstuk 5: Finale beweginig: ‘n Herwaardering van stilte binne die liturgie van die NG Kerk 11 1.7 Eie beperkinge 11 Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Hoofstuk 2: Eerste beweging: Die lot van die ‘Stil en Sterk-tipe’ 13 2.1 Inleiding tot gender, maskuliniteit en “whiteness” 13 2.2 Die konstruering van die ‘Stil en Sterk-tipe’ WAM in die Suid Afrikaanse konteks 18 2.2.1 ‘Stil en Sterk-tipe’ WAM : Vorming binne ‘n kontekstuele verlede 19 2.3 Voorbeelde van stemme namens die WAM 23 2.3.1 Die invloed van ‘n omgekeerde regeringstelsel en wetgewing 25 2.3.2 Stemme wat verruis binne ‘n nuwe konteks 26 2.3.3 Stemme ten opsigte van werkloosheid en diskriminasie 27 2.4 Samevattend 30 Hoofstuk 3: Die klank van musiek 34 3.1 Inleiding 34 3.2 Enkele voordele van die waarde van musiek op mediese gebied 37 3.3 Voordele van die waarde van musiek rakende breinfunksionering en kinesiologie 39 3.4 Waarde van musiek ten op sigte van emosionele en geestelike welstand 40 3.5 Die waarde van musiek binne die erediens 40 3.6 ‘n Oorsig ten opsigte van die herkoms en rol van musiek binne die NG Kerk 41 Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za 3.7 Ou Testamentiese fundering van musiek 42 3.8 Nuwe Testamentiese fundering van musiek 43 3.9 Praktykgerigte modaliteite vanuit die Skrif rakende kerkmusiek 45 3.9.1 Die kerugmatiese modaliteit 45 3.9.2 Die koinoniale modaliteit 46 3.9.3 Die liturgiese modaliteit 46 3.10 Die behoefte aan diversiteit ten op sigte van liturgiese inkleding 47 3.11 ‘n Bondige verduideliking van die vier spiritualiteitstipes 49 3.11.1 Kopspiritualiteit 49 3.11.2 Mistiese spiritualiteit 52 3.11.3 Hartspiritualiteit 53 3.11.4 Handspiritualiteit 56 3.12 Stilte binne kerkmusiek 58 3.13 Samevatting 61 Hoofstuk 4: Derde beweging: Die klank van stilte 63 4.1 Inleiding: Algemene beskouing van stilte 63 4.2 Innerlike en uiterlike stilte 64 4.3 Positiewe waarde van stilte 66 4.3.1 Wat stilte nie is nie 66 4.3.2 Aspekte van positiewe stilte 67 Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za 4.4 Die waarde van ‘waardeloosheid’ 68 4.5 Goddelike stilte 70 4.5.1 Bydraes en ooreenkomste van akademici 70 4.6 W(w)oord en Stilte 71 4.7 Stilte en God 73 4.7.1 Voorbeelde 77 4.7.1.1 Die große Stille 77 4.7.1.2 Das Schweigen Gottes 79 4.7.1.3 Gerald C. Liu op verskeie Bybelse tekste 82 4.8 ‘n Beweging vanuit Diep Stilte tot gemeenskaplikheid 83 4.9 Stilte, skepping en herskepping 85 4.10 Samevatting 87 Hoofstuk 5: Finale beweging: ‘n Herwaardering van stilte binne die liturgie van die NGK 88 5.1 Inleiding 88 5.2 Goddelike ruimtes, ook binne die liturgie 88 5.3 Meer as net gepredikte Woord 91 5.4 Die estetiese en die klank van stilte 94 5.5 ‘n Herwaardering van stilte in bestaande liturgiese elemente 98 5.6 Enkele ander voorbeelde en moontlikhede 107 5.7 Samevatting 114 Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Hoofstuk 6: Samevatting van Studie 115 Bronne 119 Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za Hoofstuk 1: Navorsingsondersoek 1.1. Verhelderende begrippe Vervolgens ‘n lys van afkortings en terminologie: NGK Nederduits Gereformeerde Kerk SAPD Suid-Afrikaanse Polisie Diens SEB Swart Ekonomiese Bemagtiging SAW Suid-Afrikaanse Weermag WAM Wit Afrikaner Man / Wit Afrikaner Mans ‘Stil en Sterk-tipe’ Verwys na ‘n spesifieke karikatuur van ‘n WAM 1.2 Aanloop tot die studie Stilte het, so lank ek kan onthou, iets van grootsheid, onverklaarbaarheid, sleg, maar véél meer goedheid, vir my, ingehou.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages146 Page
-
File Size-