Pastorale begeleiding van getraumatiseerde Koevoet veterane in hul geestelike herstelproses JLC du Preez orcid.org/0000-0001-8198-1944 Proefskrif voorgelê ter nakoming vir die graad Philosophiae Doctor in Pastorale Studies aan die Noordwes-Universiteit Promotor: Prof WC Coetzer Gradeplegtigheid: Oktober 2019 Studentenommer: 26920832 Pastorale begeleiding van getraumatiseerde Koevoet veterane in hul geestelike herstelproses 0000-0001-8198-1944 Proefskrif voorgelê vir die graad Philosophiae Doctor in Pastorale Studies aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit Promotor: Prof. WC Coetzer Gradeplegtigheid: Oktober 2019 i UITTREKSEL PASTORALE BEGELEIDING VAN GETRAUMATISEERDE OUD-KOEVOETE IN HUL GEESTELIKE HERSTELPROSES Die verwoesting en verwonding veroorsaak deur enige oorlog stel hoë eise aan almal wat direk en indirek daarby betrokke is en waar die nasleep van oorlog vir dekades daarna betrokkenes bybly. Die spesifieke doel van die studie het op Koevoet gefokus omdat kommentaar oor Koevoet nie altyd vleiend was nie. Na die Bosoorlog het talle Koevoet veterane verdwyn weens hul Koevoetverlede wat hulle as kriminele en moordenaars gebrandmerk het. Ewewel, hulle bly deel van ons geweldsgeskiedenis uit die verlede en waar hulle seerkry- en verwerpingsverhaal wat uit die Bosoorlog voortspruit ook gehoor moet word. Die studie is geplaas binne die agtergrond van die histories-politieke verhaal van Suider-Afrika. Dit is noodsaaklik geag om die leser binne die raamwerk te plaas wat so ʼn vername rol sou speel in die konflik van Suider-Afrika se verlede. Vir die doel van die ondersoek is onderhoude gevoer met vyftien vrywillige Koevoet veterane wat almal lede van die Koevoet Veterane Bond is. Oorlog bly oorlog en tog het oorlog vele gedaantes. Tydens oorlog kom die slegste maar ook die edelste van die mens na vore. Hierdie skynbaar teenstrydige aspek van oorlog het ook uit die empiriese ondersoek na vore gekom: Oorlog kon nog nooit mense geheel en al van hul gedeelde menslikheid vervreem nie. Uit die empiriese ondersoek is vier konsepte geïdentifiseer, naamlik: . As kernkonsep die werklikheid van oorlogsverwonding wat liggaamlike, psigiese en moreel-etiese verwonding insluit; . die verwerping wat oud-Koevoete na die Bosoorlog aan die hand van hul vorige kollegas en politici uit die eertydse en huidige regering na die Bosoorlog beleef het; . woede teenoor hul vorige kollegas en destydse politieke meesters wat hulle in die steek gelaat het; en . die ervaring van menslikheid te midde van die afskuwelikheid van oorlog. Die studie se oogmerk was die daarstelling van pastorale riglyne – gerugsteun deur insigte vanuit die buurwetenskappe, die eksegetiese studie en die pastoraal-teologiese by- draes – as ʼn pastorale model vir die pastorale begeleiding van getraumatiseerde Koevoet veterane te ontwikkel. ii ABSTRACT PASTORAL SUPPORT OF TRAUMATISED OF FORMER KOEVOET MEMBERS IN THEIR SPIRITUAL RECOVERY PROCESS The devastation and wounding caused by any war sets high demands to all ranks who are thereby involved directly or indirectly and where the aftermath of war will remain with them for decades to come. The specific aim of the study focussed on Koevoet because commentary regarding Koevoet was not always complimentary. After the Bush War this caused many Koevoet veterans to disappear due to their Koevoet past which branded them as criminals and murderers. However, they remain part of our history of violence in the past and their story of hurt and rejection emanating from the Border War needs to be heard. The study is placed within the historical-political narrative of Southern Africa. This was deemed necessary in order to place the reader within a framework that played a major role in the conflict of Southern Africa‟s turbulent past. For the purpose of this investigation interviews were conducted with fifteen voluntary Koevoet veterans who are all members of the Koevoet Veterans‟ League. War will always remain war, yet war has many faces. In war the worst and the noblest of mankind is brought to the fore. This seemingly contradictory aspect of war also emerged from the empirical study: War could never totally alienate people from their shared humanity. Four concepts emerged from the empirical study, namely: . As core concept the reality of war that includes physical, psychological and moral-ethical wounding; . the rejection Koevoet members experienced at the hands of their colleagues and politicians from the former and present government after the Bush War; . anger towards their former colleagues and erstwhile political masters for leaving them in the lurch; and . experiencing humane feelings amid the horrors of war. The purpose of the study was to establish pastoral guidelines – supported by the insights derived from the neighbouring sciences, the exegetical study and the pastoral-theological contributions – in order to develop a pastoral model for the spiritual and pastoral support of traumatized Koevoet veterans. iii iv DANKBETUIGINGS AAN: My Hemelse Vader vir gesondheid, lewenslus en die vermoë om hierdie studie te kon aanpak: Aan Hom alleen kom toe die dank, lof en eer. My vrou, Deléne vir al haar bystand tydens hierdie akademiese reis om langs die steiltes van die akademiese pad my moed in te praat en ook talle take wat myne was spontaan op haar sou neem om my die geleentheid te bied vir die aanpak van ʼn hartsbegeerte om my makkers uit die voormalige Suid-Afrikaanse Polisie tot hulp te kan wees: My Spreukevrou: jy is baie werd, baie meer as edelstene. My promotor, prof. dr. Wentzel Coetzer. Wat ʼn voorreg om hierdie studie onder u bekwame leiding te kon aanpak en klaar te maak. U nederigheid en hulpvaardigheid is ʼn riem onder die hart. Mag u nog tot seën vir talle studente binne u vakgebied wees. Mev. Hester Lombard en haar helpers van die teologiese biblioteek. Julle is ʼn wenspan en ons is trots en dankbaar om julle aan ons kant van die span te hê sodat ons in die akademiese wedloop uiteindelik ook die wenstreep kan oorsteek. Dankie vir vriendelike en hulpvaardige hulp sodat ons die swaarkry met lekkerkry kon klaarkry. v Die NWU vir die beurs waarmee ek die studie kon aanpak. Dit was ʼn groot finansiële hupstoot. My vriend en oud-kollega Kol. Dicks Diedrichsen wat my vrye toegang tot sy uitgebreide boekery oor Koevoet en die Bosoorlog gegee het. Die Koevoet Veterane Bond wat vir my wat nooit by Koevoet was nie genoegsaam vertrou om ʼn ere-kapelaan vir julle te wees. Ek voel klein tussen julle, maar bewonder julle moed en deursettingsvermoë om ten spyte van vele terugslae na die Bosoorlog deur die Koevoet Muur van Herinnering vir die wêreld te sê: ONS SAL NIE VERGEET WORD NIE! My respondente want sonder julle vyftiental se samewerking sou hierdie studie net ʼn droom en ʼn begeerte gebly het. Ek salueer julle. SALUUT Jan vi Opgedra met liefde en diepe dankbaarheid aan prof. dr. Hennie Pieterse en mev. Jos Pieterse vir hul jarelange belangstelling en ondersteuning op my akademiese reis in die praktiese teologie. Dankie vir jul bemoediging. Oor baie jare was julle vir my twee ware steunpilare wat nie ongemerk verby kon gaan nie. vii viii INHOUDSOPGAWE HOOFSTUK 1 ORIËNTERING EN PROBLEEMSTELLING 1.1 INLEIDING 1 1.1.1 Oorsig en fokus van studie 1 1.2 AGTERGROND EN PROBLEEMSTELLING 3 1.2.1 Die histories-politiese agtergrond 3 1.2.2 Fisieke en psigologiese trauma 3 x 1.2.3 Oorlogsverwonding sny diep 4 1.2.4 ‘Krisis’ versus ‘trauma’ 4 1.2.5 Oorlogvoering op ʼn ander vlak 5 1.3 LEEMTES IN BESTAANDE NAVORSING 6 1.3.1 Databasisse 6 1.3.2 Sleutelterme 7 1.4 ARTIKELS 7 1.5 AFGEHANDELDE VERHANDELINGE EN 7 PROEFSKRIFTE 1.6 BOEKE 9 1.7 NAVORSINGSVRAAG 13 1.7.1 Die oorkoepelende navorsingsvraag 13 1.7.2 Vrae voortvloeiend uit die oorkoepelende navorsingsvraag 13 ix 1.8 DOELSTELLINGS EN DOELWITTE 13 1.8.1 Doelstelling 13 1.8.2 Doelwitte 14 1.9 SENTRALE TEORETIESE ARGUMENT 14 1.10 METODOLOGIE 15 1.10.1 Beskrywende empiriese moment Wat gebeur in hierdie situasie? 15 1.10.2 Die relevansie van hierdie studie 15 1.10.3 Die navorsingsmetode 15 1.10.4 Die tipe ontwerp van die studie 15 1.10.5 Die populasie 16 1.10.6 Die keuse van ʼn steekproef en werwing 16 1.10.7 Steekproefneming 17 1.11 DATA INSAMELING 18 1.11.1 Ingeligte toestemming 18 1.11.2 Etiese toestemming 18 1.11.3 Vraagontwikkeling 20 1.11.4 Onderhoudvoering 21 1.11.5 Veldnotas 22 1.11.6 Data analise 23 1.12 MAATREËLS OM VERTROUENSWAARDIGHEID TE 25 VESTIG 1.12.1 Die vertrouenswaardigheid van die studie 25 x 1.13 ETIESE OORWEGINGS 27 1.13.1 Moontlike risiko’s vir respondente 27 1.13.2 Weerloosheid en kwesbaarheid 28 1.13.3 Voordele vir respondente 29 1.13.4 Veilige bewaring van opnames en transkripsies 29 1.13.5 Die reg tot selfdeterminasie 29 1.13.6 Algemene en wederkerige geregtigheid (distributive justice) 29 1.13.7 Beskikbaarstelling van navorsingsresultate aan 30 teikengroep 1.14 INTERPRETERENDE MOMENT 30 1.15 NORMATIEWE MOMENT 31 1.16 DIE PRAGMATIESE MOMENT 33 1.17 ETIESE ASPEKTE 33 1.18 HOOFSTUK INDELING 33 1.19 SKEMATIESE VOORSTELLING 34 HOOFSTUK 2 SUIDER-AFRIKA SE HISTORIES-POLITIEKE AGTERGROND 2.1 INLEIDING 35 2.2 OORLOG EN STRYD IN SUIDER-AFRIKA: ʼn VOËL- 35 VLUG xi 2.3 AGTERGROND: IMPERIALISME EN KOLONIALISME 37 IN AFRIKA 2.3.1 ‘Scramble for Africa’ (Stormloop vir Afrika) 37 2.3.2 Onafhanklikheid vir die inheemse Afrikavolke 37 2.4 SWA/NAMIBIË: HISTORIES-POLITIEKE 41 AGTERGROND 2.4.1 Duitswes-Afrika: Breë oorsig tot die Eerste Wêreldoorlog 41 (1914-1918) 2.4.2 Die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) 42 2.4.3 SWA as mandaatgebied van Suid-Afrika 43 2.5 KONTRAKARBEID 44 2.5.1 Kontrakarbeid
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages392 Page
-
File Size-