
Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope. Deel I François Valentijn editie P. Serton, R. Raven-Hart, W.J. de Kock en E.H. Raidt bron François Valentijn, Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope. Deel I (eds. P. Serton, R. Raven-Hart, W.J. de Kock en E.H. Raidt). Van Riebeeck-Vereniging, Kaapstad 1971 Zie voor verantwoording: http://www.dbnl.org/tekst/vale003besc01_01/colofon.php © 2011 dbnl / erven P. Serton / erven R. Raven-Hart / erven W.J. de Kock / E.H. Raidt VIII Lys van Illustrasies Portret van François Valentyn ii Titelblad van die oorspronklike uitgawe iii Kaart van de Kaap der Goede Hoope 34 Saldanhabaay te vinden in de Beschryving onder No. 38 A 50 De Kaap in Platte Grond 66 Gezicht van Kaap der Goede Hoope 67 Thuin der Compagnie aan de Kaap 130 Kaart van die tog van Simon van der Stel 378 François Valentijn, Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope. Deel I IX List of Illustrations Portrait of François Valentyn ii Title page of the original edition iii Map of the Cape of Good Hope 34 Saldanha Bay to be found in the Description under No. 38 A 50 Lay-Out of the Cape 66 View of the Cape of Good Hope 67 Garden of the Company at the Cape 130 Map of the Journey of Simon van der Stel 378 François Valentijn, Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope. Deel I X Voorwoord Die Raad van die Van Riebeeck-Vereniging het heelwat moeilikhede ondervind in sy pogings om 'n herdruk te besorg van die beskrywing van die Kaap die Goeie Hoop wat in die vyfde en laaste deel van François Valentyn* se omvattende Oud en Nieuw Oost-Indiën verskyn. Dat hierdie moeilikhede uiteindelik te bowe gekom is, is geheel en al te danke aan die toegewyde pogings van die mense wat ek in hierdie voorwoord vermeld. Alhoewel eksemplare van Valentyn se lywige oorspronklike werk uiters skaars is, is die inhoud van deel vyf al lank onder Suid-Afrikaanse historici en taalkundiges bekend, en is dit al uitvoerig as bronnemateriaal gebruik; dit ten spyte van die feit dat Valentyn ruimskoots van die werk van ander skrywers gebruik gemaak het, en dikwels hulle eie woorde gebruik het, soms mét erkenning, soms daarsonder. Hy het byvoorbeeld uitgebreid gebruik gemaak van Peter Kolb[e] se Caput Bonae Spei Hodiernum. Ander werke wat hy gebruik of eenvoudig in syne opgeneem het, was Reizen van Nicolaus de Graaff, Simon van der Stel se joernaal van sy 1705-ekspedisie, asook Dapper se Naukeurige Beschryvinge der Afrikansche Gewesten, Commelin se Begin ende Voortgang van de ... Oost-Indische Compagnie en ander. Deskundiges besef al lank dat Valentyn se eie waarnemings in verhouding slegs 'n klein deel van die teks uitmaak. Wyle prof. Serton wys in sy inleiding daarop dat die gebruik om bronne te erken nie in die tyd toe Valentyn geskryf het in dieselfde mate as verpligtend beskou is as wat vandag die geval is nie, en die feit dat hierdie en ander bronne gebruik is, doen nie afbreuk aan die waarde en belangrikheid van dié werk nie. Inderdaad het wyle prof. P. Serton, van 1956 tot 1963 lid van die Raad van die Vereniging en medewerker by die Vereniging se uitgawe van die Daghregister van Jan van Riebeeck en van The Narrative and Journal of Gerald McKiernan (V.R.V. no. 35, 1934), soveel belang geheg aan die Valentyn-teks wat oor die Kaap gaan, dat hy dit by die Vereniging vir herdruk aanbeveel het en aangebied het om as redakteur op te tree. Dit was in 1957. Die Raad het sy aanbod met dank aanvaar en prof. Serton het sy taak met behulp van 'n fotokopie van Valentyn se teks aangepak. Voor sy dood in 1963 het hy reeds 'n groot aantal van die voetnote klaar gehad, hoofsaaklik dié vir die eerste deel, wat strek tot aan die end van Simon van der Stel se joernaal, en het hy ook al 'n inleiding geskryf wat hier feitlik * Voetnoot: Alhoewel dit moderne gebruik is om Valentyn se naam ook met ‘ij’ te skryf, is die skryfwyse van die naam soos dit op die oorspronklike uitgawe se titelblad voorkom om praktiese redes in hierdie uitgawe gevolg. François Valentijn, Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope. Deel I XI Foreword The Council of the van Riebeeck Society encountered many difficulties in its efforts to issue a reprint of the description of the Cape of Good Hope which appears in the fifth and last part of François Valentyn's* comprehensive Oud en Nieuw Oost-Indiën. That these difficulties have finally been overcome is due entirely to the devoted efforts of the people I mention in this foreword. Although copies of Valentyn's original and voluminous original work are extremely rare, the contents of part five have long been known to South African historians and linguists and have been used extensively as source material; this despite the fact that Valentyn made extensive use of the work of other writers, often using their very words, sometimes with and sometimes without, acknowledgement. He, for instance, made extensive use of Peter Kolb[e]'s Caput Bonae Spei Hodiernum. Other works he used, or simply incorporated, were, Reizen van Nicolaus de Graaff, Simon van der Stel's journal of his Namaqualand journey and Starrenberg's journal of his 1705 expedition, as well as Dapper's Naukeurige Beschryvinge der Afrikaensche Gewesten, Commelin's Begin ende Voortgangh van de ... Oost-Indische Compagnie and others. It has long been realised by scholars that Valentyn's own observations form only a small proportion of the text. As the late Prof. Serton points out in his introduction, at the time Valentyn wrote the practice of acknowledging sources was not considered as imperative as it is today, and the fact that these other sources have been used does not detract from the value and importance of this work. In fact the late Prof. P. Serton, a member of the Council of the Society from 1956 until 1963, who had been a collaborator in the Society's edition of the Journal of Jan van Riebeeck and also in the Narrative and Journal of Gerald McKiernan (V.R.S. No. 35, 1934) attached so much importance to the Valentyn text dealing with the Cape that he recommended it to the Society for reprinting and offered to act as editor. This was in 1957. The Council accepted his offer with gratitude and Prof. Serton commenced his work with the help of a photo-copy of the Valentyn text. Before his death in 1963 he had already completed a good many of the footnotes, mostly those for the first section up to the end of the journal of Simon van der Stel, and had already written an introduction which is pub- * Footnote: Although in modern usage Valentyn's name is spelt also with an ‘ij’, the spelling ‘Valentyn’ (as on the title page of the original edition) has been retained in this edition for practical reasons. François Valentijn, Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope. Deel I XII onveranderd geplaas word. Daarbenewens het hy begin werk aan 'n opsomming in Engels. Die Raad het besluit om nietemin voort te gaan met die publikasie, desnoods met onvolledige annotasie. Daar is ook besluit dat die publikasie in sy geheel, saam met die voltooide Engelse opsomming, tewens die vorm van 'n huldeblyk aan wyle prof. Serton sou aanneem. Mnr. A.J. Tromp, personeellid van die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek in Kaapstad en toevallig 'n oud-student van prof. Serton, het ingestem om die biografiese en algemeen-historiese voetnote te voltooi. Op 31 Mei 1969 is mnr. Tromp egter ook oorlede, sonder dat hy die geleentheid gehad het om hierdie taak te voltooi. Intussen het dit, by wyse van 'n gelukkige toeval, in 1965 onder die Raad se aandag gekom dat majoor Ronald Raven-Hart van Durban sy eie volledige vertaling van deel vyf van Valentyn in Engels gemaak het, heeltemal onafhanklik van die Van Riebeeck-Vereniging, en dat hy bereid was om dit aan die Vereniging vir publikasie beskikbaar te stel. Bowendien het hy sy veelvuldige voetnote aangebied, wat 'n belangrike aanvulling by prof. Serton se aantekeninge was. Toe die Raad in 1966 die vertaling en aantekeninge ter insae ontvang het, is daar onmiddellik besef watter uitstekende en akkurate weergawe van die oorspronklike werk majoor Raven-Hart se vertaling was en hoe waardevol sy aantekeninge was. Die Raad het tereg gevoel dat majoor Raven-Hart se bydrae tot hier die publikasie van soveel belang was dat redakteurserkenning aan hom toegekom het. Dit verdien spesiale vermelding dat hierdie vertaling van deel vyf van Valentyn die eerste volledige vertaling is wat in Engels gepubliseer word, hoewel gedeeltes soos The Namaqualand Journey of Simon van der Stel deur prof. Gilbert Waterhouse vertaal en in 1932 gepubliseer is en Hoofstuk 5, oor die Hottentotte, wat byna geheel uit Dapper se Naukeurige Beschryvinge der Afrikaensche Gewesten geneem is, uit Dapper vertaal is in The Early Cape Hottentots ... van Schapera en Farrington (V.R.V. no. 14, 1933). Die Raad het dus besluit om die Valentyn-teks tesame met die volledige Engelse vertaling te publiseer, met die voetnote in Afrikaans. Om praktiese redes is daar besluit om die werk in twee dele uit te gee. Die verdelingspunt is arbitrêr gekies, en die eerste deel eindig net na die teks van Simon van der Stel se ontdekkingsreis na die Koperberge. Die Raad het ook in 1969 'n aanbod van dr. W.J. de Kock, 'n lid van die Raad en Hoofredakteur van die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, om as eindredakteur op te tree en om die voetnote te voltooi veral dié van biografiese en algemeen-historiese aard, met dank aanvaar.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages510 Page
-
File Size-