Die Lot Kroniek J.G. Erasmus 33/53 AOV - Spreuke 16:33 “In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.” LOT KRONIEK KRONOLOGIESE GESKIEDENIS OOR DIE GEBRUIK VAN DIE LOT VANUIT DIE BYBELSE TYD TOT VANDAG IN SUID-AFRIKA Laai gerus die Lot Kroniek elektronies af, of skakel ons insake vrae, voorstelle of seminare @ Webtuiste: www.lotkroniek.co.za Elektroniese posadres: [email protected] DAAR IS GEEN KOPIEREG OP HIERDIE BOEK NIE. 2014-04-07 Lot Kroniek 9.2 1 INHOUDSOPGAWE VOORWOORD 3 1. GESKIEDKUNDIGE OORSIG 4 2. KRONOLOGIESE GESKIEDKUNDIGE GEBRUIKE VAN DIE LOT 17 2.1. Ou-Testamentiese tydperk 24 2.2. Nuwe-Testamentiese tydperk 30 2.3. Vroë Kerkgeskiedenis tydperk 30 2.4. Rooms-Katolieke tydperk 34 2.5. Hervormings-tydperk 37 2.6. Kaap de Goede Hoop tydperk 40 2.7. Voortrekker tydperk 43 2.8. Suid-Afrikaanse Hervormde/Gereformeerde Kerke geskiedenis 47 2.9. Republiek van Suid-Afrika tydperk 60 3. HEDENDAAGSE GEBRUIKE VAN DIE LOT IN SUID-AFRIKA 65 3.1. Godsdiens 65 3.2. Politiek/Regering 67 3.3. Verdediging 69 3.4. Regstelsel 70 3.5. Landbou 70 3.6. Onderwys 72 3.7. Handel/Nywerhede/Bankwese/Befondsing/Loterye 73 3.8. Sport en ontspanning 74 3.9. Wetenskap/Waterwese/Geologie/Mynbou 76 AANHANGSELS 1. 135 v.C. – Antiquities of the Jews. Flavius Josephus 80 2. 1700 – Redelijk Geloof. Wilhelmus a Brakel 94 3. 1265 - Summa Theologica. St. Thomas Aquinas 96 4. 1908 - Lotery en Dobbelspel geoorloof? Prof. Dr. W Geesink 112 5. 1931 - Waarom ons lotery veroordeel. Prof. J.D. du Toit (Totius) 114 6. 1995 - Lotery en Gelukskompetisies. NG Sinode Natal 116 7. 1999 - Kaarte laat jou “met God kommunikeer”. Waldner, Rapport 121 8. 2011 - Volkshervorming. Ds. G. Grobler 122 9. 2013 - Afrikaanse definisies. HAT 161 2014-04-07 Lot Kroniek 9.2 2 VOORWOORD Psalm 119:1-3 Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel. Diepe dankbaarheid word betuig aan die Skepper van die Heelal, ons Hemelse Vader, Gesalfde Koning, Ewige Hoëpriester, Trooster wat dit vir ons moontlik gemaak het om met die Bybelse gebruik van die lot ook Sy Goddelike Wil te verneem en Sy Goddelike Stem te hoor. Opregte dank gaan aan elke geliefde, vriend, familielid, medegelowige, persoon, bron en proefleser wie se bydraes hierdie lot kroniek moontlik gemaak het, sodat die Bybelse gebruik van die lot weer in ere herstel kan word deur die kinders van die HERE God. Die lot kroniek fokus hoofsaaklik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis oor die gebruik van die lot, met aanleidende gebeure in Egipte, Israel, Midde-ooste en Europa, asook enkele gebeure in Engeland, VSA en China wat tydgebonde geskiedenis oor die gebruik van die lot weergee. Die lot is deur die HERE God gegee as manier waarop Sy diensknegte Sy inspraak op ‘n besonderse manier kan verneem. Nie al die lot-gebruikers het volgehou op die WEG wat God bepaal het volgens die verordeninge van die Tabernakel van God in Moses se tyd nie. Sommiges het nagelaat om God te raadpleeg, en het dan die gevolge van eiewysheid self gedra. Die gebruik van die lot in waarsêry, toekomsvoorspelling en loterye het later van tyd baie vermeerder, waarteen die Hervormers hulle baie sterk uitgespreek. Vervolging deur die Roomse Kerk en loterye het parallel toegeneem voor en tydens die Hervorming, wat wys dat godsdiens en finansies saamgespan het teen vrome Christene. Vandag word die lot in verskillende variansies toenemend regoor die aarde gebruik deur beide Christene sowel as heidene. Christene maak onder leiding van die Heilige Gees op ‘n spesifieke besonderse manier gebruik van die lot om die wil van God te wete te kom, soos ons uit ‘n menigte Bybelse voorbeelde leer. HEBREEUSE TERMINOLOGIE In hierdie kroniek word na God verwys deur gebruik te maak van die titel “die HERE” soos ons dit lees in die 1933/53 Afrikaanse Ou Vertaling Bybel, waar “die HERE” verwys na die Heilige Gedenknaam van ons Hemelse Vader in Paleo-Hebreeus , en as “JHWH” getranslittereer in Afrikaans, en uitgespreek met Heilige ontsag as “JaH-WeH” (Jâ-wê) of “JaH-ÜeH” (Iâ-uê). Die benaming “Jesus Chritus” verwys na die Naam van ons Verlosser “Jahshua, die Messias” in Hebreeus, gebore uit die stam van Juda uit Israel, wat met Sy Bloed vir my en u betaal het op Golgota aan die vloekpaal. Die titel “Heilige Gees” verwys na “JaH Kodesh Ruach” in Hebreeus. Die titel “God” verwys na die Hebreeuse titel “Eloha”, en “God-3-Enig” na “Elohim” in Hebreeus. Die titel “my Heer” verwys na “Adonai” in Hebreeus. Met hierdie kroniek gaan al die lof, eer en dank tot in alle ewigheid aan God-3-Enig: Vader, Seun en Heilige Gees, Hallelu-JAH! Amen. 2014-04-07 Lot Kroniek 9.2 3 1. GESKIEDKUNDIGE OORSIG Die Bybel leer ons van die gebruik van die lot om die wil van die HERE te wete te kom in uitsonderlike sake. (Hand. 1:7, Spr. 33:16 en Spr. 18:18). Daar bestaan meer as 140 voorbeelde in die Bybel waar gelowiges die lot “gewerp” het nadat hulle tot God gebid het vir onderskeiding, leiding en openbaring. Hulle het God op hierdie eenvoudige manier geraadpleeg om hulle verantwoordelikheid in God se Koninkryk te wete te kom. Gelowiges in die Almagtige Skepper het die lot gebruik in algehele afhanklikheid in God se voorsienigheid. Die eerste apostels van Christus het so die lot gebruik onder leiding van die Heilige Gees. Menige Godvresende gelowiges in Christus gebruik die lot in kinderlike afhanklikheid tot vandag toe, binne kerkverband en daarbuite. Hierdie kroniek handel oor die geskiedenis van die gebruik van die lot, van voor ons volksplanting aan die Kaap, tot vandag toe. Die gebruik van die lot kom algemeen voor vanaf die vroegste tye, maar nie almal het God gedien nie, soos gesien sal word in ‘n paar voorbeelde. Geskiedenis van die gebruik van die lot word aangehaal wat aan Bybelse vereistes voldoen en ander wat nie voldoen nie, sodat die leser deeglik ingelig kan wees. Ondersoek hierdie saak biddend en onder leiding van die Heilige Gees. Ten einde gekwalifiseerde onderskeid te kan tref op Bybelse gronde, tussen die Bybelse en die heidense gebruik van die lot in die geskiedenis, word daar op die verskeie geskiedkundige standpunte oor die Teologiese agtergrond van die gebruik van die lot gelet. Regdeur die geskiedenis word sterk standpunt ingeneem vir die heilige gebruik van die lot soos deur God ingestel in die Bybel, teenoor die heidense gebruik van die lot, wat onaanvaarbaar is voor die aangesig van God. Inspraak van die HERE deur die lot oor die afgelope 4500 jaar, word aangetref by die volgende gelowiges: Ou Testament: Noag, Abraham, Isak, Jakob, Josef, Moses, Leviete, Josua, Israeliete, Profete, Rigters, Samuel, Saul, Dawid, Salomo, Jode, Makabeërs. Nuwe Testament: Priesters in die Tempel van Jerusalem, Apostels, Dissipel vergadering van 120 persone, Matthias en die 11 Apostels, Thomas, Mattheus. Vroë Kerkgeskiedenis: Vroë Kerkvaders, St. Augustinus, Rooms Katolieke Priesters, St. Aquinas, die Waldense, predikers, priesters, biskoppe. Hervorming: Luther, Calvyn, Amesius, Voetius, Guido de Bres, Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus, Christene, Peïtiste, Puriteine, Morawiërs, Prof. Kuyper, Prof. Geesink Kaap en Voortrekkergeskiedenis: Wilhelmus a Brakel, Andries Pretorius, Origstad Volksraad, Kerkrade, NG kerk Stellenbosch, Genadendal Moerawiese sendingstasie, sendelinge, Angola Trekboere, S.J. du Toit. Suid-Afrikaanse geskiedenis: Prof. J.D. du Toit (Totius), Prof. Cachet, Prof. Postma, NHK, NGK, GKSA, NH of G - Verenigde Kerk, APK, GKK, Ds. W. ten Haaf, Dr. G. Grobler, Prof. Douma, Dr. M.J. du Plessis, ens. Tydens die hervorming het die Hervormers bepaalde Teologiese standpunte geformuleer wat vandag nog gehuldig word deur Christene wat gebruik maak van die lot, om so die raad en lotsbeslissing van die HERE God te verneem. 2014-04-07 Lot Kroniek 9.2 4 GESKIEDENIS VAN DIE TEOLOGIESE PERSPEKTIEWE, HERVORMING STANDPUNTE EN TOEPASSING BINNE CHRISTELIKE KRINGE. Deur die eeue vervolg die Vroë Chritelike- en Roomskatolike Kerk die heidene en afvallige Christene wat op ‘n heidense manier van die lot en ander vorme van toekomsvoorspelling en raadpleging gebruik maak. Christene was eers van die korrekte Bybelse gebruik van die lot geleer vanaf die Hervorming. 430n.C. Augustinus het die mistiek as ‘n blywende deel van die Christelike godsdiens gevestig. Hy het Psalm 30:16 (31:15)(31:16) "My lots are in Thy hands," in verband gebring met die werp van die lot. Hy het gesê: "It is not wrong to cast lots, for it is a means of ascertaining the Divine will when a man is in doubt." Van Spr. 16:33 sê hy: “Lots are cast into the lap, but they are disposed of by the Lord: sortilege of this kind is not wrong in itself.” (p.31) 1265n.C. St. Thomas Aquinas, bekend as “Doctor of the Church”, se bekendste werk “Summa Theologica” handel oor die bygelowe rondom toekomsvoorspelling en raadpleging deur gebruikmaking van die lot. Hy sê daar is 4 gevalle waar die gebruik van die lot verkeerd is: 1. As dit nie werklik nodig is nie, 2. As dit sonder vrees en agting vir die Almagtige God geskied, 3. As dit misbruik word vir wêreldlike sake, 4. As dit nie onder leiding van die Heilige Gees geskied nie. Hy sê daar is dringende gevalle waar die gebruik van die lot wel geoorloof is, mits dit in die vrees van die HERE plaasvind. (p.34-35, 96-111) 1517n.C. Martin Luther het gesê: “elkeen is ‘n priester”, maar nie ‘n prediker nie.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages163 Page
-
File Size-