Skrywersfees Chronologiese Dagprogram

Skrywersfees Chronologiese Dagprogram

TOYOTA US WOORDFEES: 6 – 14 Maart SKRYWERSFEES CHRONOLOGIESE DAGPROGRAM 6 Maart Vrydag Eendag-skryfkursus Slypskool Met Ingrid Winterbach, Kerneels Breytenbach en Frederik de Jager Aangebied deur The Talking Table Frederik de Jager en Douw Steyn se Winnie Rust-skryfskool, wat in Februarie oor ’n paar dae op Stilbaai in die skrywer se familie-strandhuis gehou word, is ná drie jaar al ’n instelling. Nou kom twee van die leermeesters, Ingrid Winterbach en Kerneels Breytenbach, en Frederik bymekaar om deur die loop van een dag ’n klein groepie voornemende skrywers deur middel van wyse raad en praktiese oefeninge in fiksie skryf ’n paar basiese beginsels te leer. 6 Maart 08:30 vir 09:00 Middagete, koffie en tee ingesluit 7 ure | Lanzerac R850 middagete ingesluit Versfort Poësie Met o.a. gepubliseerde digters, Penseel se studentedigters, en Wellington se Mengelmoes-digters as voorlesers Onthou jy nog jou kinderfort met lakens, komberse, kussings of ‟n slaapsak? Met ‟n kopknik na Breyten Breytenbach wat 60 jaar gelede as een van die Sestigers Afrikaanse digkuns op sy kop gekeer het, kan jy nou in so ‟n nuut verbeelde “versfort” inkruip om nie net na gedigvoorlesings te luister nie, maar ook van jou eie gedigte voor te lees as jy ‟n middernagtelike skriba is – en selfs afskrifte van jou gedigte in die “fort” te los vir ander om te lees. Jy‟s ook welkom om ‟n gedig van jou eie keuse saam te bring, of ‟n bundel waaruit jy graag iets voorgelees wil hoor. Kom ontspan met die skoonheid van woorde al om jou in ‟n klein, intieme ruimte. En as niemand voorlees nie, kan jy in stilte sit en lees uit die bundels in die “fort”. 6, 7, 12, 13 Maart 09:00-12:00, 14:00-16:00 45 min | Tussen Boektent en Boek-Oase Gratis Willie Esterhuyse: Oorlog en vrede Niefiksie In gesprek met Moeletsi Mbeki Aangebied deur Naledi Hoe maak ‟n mens ‟n vriend van jou vyand? In sy jongste boek, Oorlog en vrede, ondersoek Willie Esterhuyse die eeue oue strydvraag of die mens (veral mans!) van nature magsugtig en gewelddadig is, en of dit aangeleerde gedrag is. En as die mens van nature gewelddadig is, hoe is dit moontlik om vrede tussen vyande te bewerkstellig? Hy argumenteer die mens het ‟n morele verbeelding wat hom die droom van vrede laat bevorder. 6 Maart 11:00 60 min | Boektent R65 | R85 by die deur Taal: Engels en Afrikaans Jan Rabie: ‘21’ sluit die deure oop Sestig ná ‘60 Met Andries Visagie, Steward van Wyk en MC Botha Aangebied deur die US Dokumentesentrum Andries Visagie, Steward van Wyk en MC Botha gesels oor die werk en lewe van ons eie Sestiger- “strandloper”, Jan Rabie, wie se baanbrekersversameling kortverhale, 21, in 1956 die sleutel was wat die grensverskuiwende Sestigers-beweging in Afrikaans sou oopsluit. Jan en sy Skotse kunstenaarsvrou, Marjorie Wallace, se huis op Onrus was ‟n tweede tuiste vir baie skrywers, soos Uys Krige, Breyten Breytenbach en André P. Brink. Na die gesprek kan gaste die omvattende versameling van Jan se manuskripte, aantekeningboeke, briewe, foto‟s en persoonlike dagboeke bekyk. 6 Maart 12:00 60 min gesprek | JS Gericke-ouditorium R65 | R85 by die deur Wreed én mooi is die dood Essays Met Tobie Wiese as gesprekleier Aangebied deur Jonathan Ball Publishers Met sy versameling stories oor die belewenis van die dood, het Wreed én mooi is die dood mense aangegryp. Die samesteller Tobie Wiese gesels met Karin Brynard, wie se man, Rien, ná siekte oorlede is, dr. Almero Oosthuizen, ‟n spesialis in noodmedisyne, en Wilhelmina Prins, ‟n pleegmoeder oor baie jare, oor trauma as deel van die doodsbelewenis – hetsy deur ‟n geliefde se langdurige lyding of geweld. 6 Maart 12:30 60 min | Boektent R65 | R85 by die deur Leopold Scholtz: Cuito ‘gedeklassifiseer’ Geskiedenis Leopold Scholtz, in gesprek met Abel Esterhuyse en Roland de Vries Aangebied deur Jonathan Ball Publishers Die bloedige gevegte om die klein Angolese dorpie Cuito Cuanavale in 1987/‟88 is steeds omstrede omdat albei kante vas glo hulle het die groter geveg gewen. In Die SAW en Cuito Cuanavale: ’n Taktiese en strategiese analise ondersoek Leopold die ware strategiese en taktiese doelwitte van die SAW op grond van onlangs gedeklassifiseerde inligting, en bespreek sy bevindings met Abel Esterhuyse en oud-genl. Roland de Vries. 6 Maart 14:00 60 min | Boektent R65 | R85 by die deur Boosheid in ’n vrou se hand Misdaadfiksie Anel Heydenrych, Carla van der Spuy en René van Zyl gesels met Jono Amid Aangebied deur Penguin Random House, Tafelberg en Wenkbrou Wat gebeur met ‟n vrou wanneer sy aan geweld blootgestel was? Jono Amid soek antwoorde by twee opwindende vroue-misdaadromanskrywers en ‟n niefiksieskrywer wat vir een van haar boeke met verskeie vrouemoordenaars gesels het. TV- en radiojoernalis Anel Heydenrych het vir Die afloerder, haar nuwe sielkundige riller ná Malhuis, in die kop geklim van ‟n psigopaat, terwyl pastoriemoeder René van Zyl in Die Alfa-dokument ‟n wêreld skep waar onnoemlikhede in die naam van godsdiens gepleeg word. Hulle deel hulle ervaring met Carla van der Spuy, skrywer van Bloed op haar hande en die meer onlangse Liefde agter tralies. 6 Maart 15:30 60 min | Boektent R65 | R85 by die deur Taal: Afrikaans Muckrakers or Watchdogs In die nuus Jacques Pauw gesels met Pieter-Louis Myburgh, Pauli van Wyk en Foeta Krige Aangebied deur Penguin Random House Jacques Pauw praat met drie bekende joernaliste, die bekroonde Pieter-Louis Myburgh (Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture), amaBhungane se Pauli van Wyk en Foeta Krige (The SABC8) oor die noodsaaklike, maar al hoe gevaarliker en moeiliker werk van ondersoekende joernaliste in ‟n era van toenemende korrupsie en fopnuus, en wonder hoeveel van ‟n verskil ‟n joernalis kán maak. 6 Maart 17:00 60 min | Boektent R65 | R85 by die deur Taal: Afrikaans en Engels 7 Maart Saterdag Versfort Poësie Met o.a. gepubliseerde digters, Penseel se studentedigters, en Wellington se Mengelmoes-digters as voorlesers Onthou jy nog jou kinderfort met lakens, komberse, kussings of ‟n slaapsak? Met ‟n kopknik na Breyten Breytenbach wat 60 jaar gelede as een van die Sestigers Afrikaanse digkuns op sy kop gekeer het, kan jy nou in so ‟n nuut verbeelde “versfort” inkruip om nie net na gedigvoorlesings te luister nie, maar ook van jou eie gedigte voor te lees as jy ‟n middernagtelike skriba is – en selfs afskrifte van jou gedigte in die “fort” te los vir ander om te lees. Jy‟s ook welkom om ‟n gedig van jou eie keuse saam te bring, of ‟n bundel waaruit jy graag iets voorgelees wil hoor. Kom ontspan met die skoonheid van woorde al om jou in ‟n klein, intieme ruimte. En as niemand voorlees nie, kan jy in stilte sit en lees uit die bundels in die “fort”. 6, 7, 12, 13 Maart 09:00-12:00, 14:00-16:00 45 min | Tussen Boektent en Boek-Oase Gratis Herman Lensing – Dit proe soos huis Kombuiskuier Aangebied deur Human & Rousseau Dit proe soos huis is sy ma se boek, sê Sarie se kosredakteur, Herman Lensing. Hierin weef hy haar gunstelingresepte, passie vir kos en hul eie stories van saam kosmaak bymekaar. Dis onthouresepte dié – ’n kosverhaal van dìt wat is, verbind met dìt wat was. 7 Maart 10:00 60 min | Die Khaya R95 | R120 by die deur Adriaan & Agrizzi: ‘Geseën’ deur Bosasa In die nuus Adriaan Basson en Angelo Agrizzi gesels met Jacques Pauw Aangebied deur Jonathan Ball Publishers Adriaan Basson en Bosasa se eertydse bedryfshoof Angelo Agrizzi deel die verhoog in ‟n uitpraatsessie met Jacques Pauw oor Adriaan se boek Blessed By Bosasa. Dertien jaar gelede het Bosasa (vandag African Global Operations) Adriaan se navrae begroet met intimidasie, dreigemente en dagvaardings. Sedertdien het hulle talle hooggeplaaste regeringsamptenare ge“seën” met van braaipakke tot biljoene en al hoe magtiger geword. Maar in 2019 is die maatskappy as een van die grootste verdagtes in staatskaping ontmasker – deur een van hul eie mense, Agrizzi. Die twee gesels met Jacques Pauw, wat met The President’s Keepers ‟n internasionale blitsverkoper oor staatskaping opgelewer het. 7 Maart 11:00 60 min | Boektent R65 | R85 by die deur Taal: Engels en Afrikaans Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel Aangebied deur kykNET, Toyota US Woordfees en Du Toitskloof Wyne Met Suzette Kotze-Myburgh as gesprekleier Die vyfde Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel het pas die lig gesien – ‟n jaarlikse instelling waarvoor onbekende én gevestigde skrywers se verhale naamloos vir publikasie gekeur word. Publikasie beteken boonop ‟n stewige sommetjie geld, of om jou boek as kortfliek by die kykNET Silwerskermfees te sien! Suzette Kotzé-Myburgh gesels met vanjaar se wenner en Michèle Meyer, wat in 2017 die eerste fliekprys gewen het, terwyl 2020 se Cliffordene Norton en twee “ouhande” soos Rudie van Rensburg en Gerda Taljaard van hul ervaring vertel en voorlees. ‟n Glasie wyn is ingesluit. 7 Maart 12:00 60 min | Adam Small-seminaarkamer R65 | R85 by die deur Ramaphosa’s Long Game In die nuus Cheryl Carolus, Anthony Butler en Ralph Mathekga gesels met Adriaan Basson Aangebied deur Jacana Media Ons president is by ‟n kruispad wat verreikende gevolge vir die land kan hê. Cheryl Carolus, Anthony Butler en Ralph Mathekga bespreek sy grootste uitdagings en moontlike strategie. Cheryl is ‟n sakevrou en voormalige uitvoerende hoof van SA Toerisme en hoë kommissaris in Londen; Anthony en Ralph is politieke ontleders wat elkeen vantevore ‟n boek oor Ramaphosa gepubliseer het – Anthony se The Road To Presidential Power is bygewerk en verskyn nou weer. 7 Maart 12:30 60 min | Boektent R65 | R85 by die deur Taal: Engels en Afrikaans Dana Snyman: Soekmekaar Essays Met Johannes de Villiers Aangebied deur Kwela ‟n Stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ‟n 40ste skoolreünie, van sy kennismaking met Eugène Terre‟Blanche tot die Bogosi-gesin wat by hom op Jacobsbaai gewoon het.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    26 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us