752 Vrye Weekblad se gebruik van Boer as prys- en skeldnaam in ’n kulturele tussenruimte Vrye Weekblad’s use of the term Boer to praise and berate in a cultural borderland CORNIA PRETORIUS EN JOHANNES D. FRONEMAN Skool vir Kommunikasiestudies Noordwes-Universiteit Potchefstroom E-pos: [email protected] Cornia Pretorius Johannes Froneman CORNIA PRETORIUS is ’n lektor verbonde aan CORNIA PRETORIUS is a lecturer at the North- die Noordwes-Universiteit se Skool vir Kommu- West University’s School of Communications nikasiestudies. Haar MA-verhandeling het ge- Studies. Her MA dissertation focused on journa- fokus op joernalistieke geskiedskrywing. As deel listic history writing and included a book, van die studie het sy ook die boek, Forging Unity: Forging Unity: The story of the North-West The story of North-West University’s first 10 University’s first 10 years. She previously worked years, geskryf. Voorheen was sy ’n joernalis by as a journalist at Beeld, ThisDay, Sunday Times Beeld, ThisDay, die Sunday Times en Mail & and Mail&Guardian. Guardian. JOHANNES FRONEMAN is verbonde aan die JOHANNES FRONEMAN is strategic commu- Noordwes-Universiteit waar hy strategiese nication advisor to the vice-chancellor of the kommunikasieraadgewer in die kantoor van die North-West University. He previously taught visekanselier is. Voorheen was hy ’n joernalis en journalism for 25 years at the university and has vir 25 jaar lank ’n dosent in joernalistiek. Hy het a special interest in Afrikaans media history. His ’n besondere belangstelling in Afrikaanse media- collection of historically interesting newspapers geskiedenis. Van sy versameling koerante en and magazines can be viewed on the website tydskrifte kan gesien word op die webblad media- mediamense.co.za. mense.co.za. ABSTRACT Vrye Weekblad’s use of the term Boer to praise and berate in a cultural borderland The alternative, anti-establishment Vrye Weekblad (VWB, 1988-1994) exposed the Nationalist Party government, its apartheid ideology and concomitant evils by focusing on topics which mainstream publications shied away from. It did so by packaging its content through innovative design to support its nonconforming journalism and by using Afrikaans, the language of the oppressor, to create distance from those in power and reach out to the politically marginalised. The type of Afrikaans used by the VWB, which was deliberately less formal than the standard language used in other Afrikaans publications, freed the language from its shackles of Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 58 No. 4-1: Desember 2018 doi.10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a9 753 conservatism. But it also became a mechanism in support of reconfiguring Afrikaner identity. The use of the construct Boer in VWB is one example representing this effort. In this article the findings of a study into the use of Boer/boer in VWB will be presented in three parts. Firstly, the historical evolution of the term, from merely denoting “farmers” to being employed as a term denoting nationalism, the mythologisation of the Boer in historiography of the first half of the 20th century, as well as repeated controversies in the historical present, are discussed. In the second part empirical data are used to analyse the usage of the construct Boer in headlines, subheadings, picture headlines and teasers on the front pages of all 226 editions of the VWB available in Stellenbosch University’s digital collection. Thirdly, using a purposive sample, the headlines on the inner pages of 90 editions of VWB were analysed to further explore the use of the term Boer/boer. The study emanated from an earlier empirical investigation by students from the North- West University into the context, agenda and framing of themes on the front page of the Vrye Weekblad, 226 editions from November 1988 tot 2 February 1994. One of this study’s findings was that Boer was used often in the framing of news. How it was used, and why, is considered in greater depth in this article. The use of Boer is approached from a post-colonial perspective and it is argued that the VWB created a cultural borderland in which white Afrikaans speakers could reconfigure a resistance identity without sacrificing all aspects of their identity. This hybridization, a position between two cultures, thus provided for the creation of a dynamic or fluid Afrikaner identity, which could morph into and out of this space. In this way, Afrikaners could embrace transformation and reach out to all South Africans, hence dislodging the othering on which the government of the day relied to sustain its ideology. In the 226 editions analysed, the VWB used Boer/boer 34 times in headlines, teasers and photo headlines on its front page. In addition, Boer/boer appeared 33 times in headlines and subheadings on the much smaller sample of 90 editions’ inside pages. On the inside pages, usage in blurbs and kickers were also noted. When only the capitalized word Boer is considered in terms of its intention either to honour or to berate, 29 headlines were counted. The frequency of positive and negative usage on the front page was within close range, but overall more negative than positive. However, if only the capitalized Boer on the inside pages were considered, it was used 26 times and the positive and negative usage of Boer was the same. The ambivalence of Boer, as both a positive and negative concept, which is underscored by its contradictory usage in VWB, could also be linked to an internal VWB debate about Boer. The questions raised, however, appeared to have remained unresolved during its [the magazine’s] existence – and continues to underpin controversies even into the historical present in South Africa. As a badge of honour, Boer has been used to describe white freedom fighters and political leaders associated with reformist thinking. It is this usage in particular which suggests attempts to reconfigure the Afrikaner identity. Until this point those who dared to speak out against the government and its policies were branded traitors, communists and sell-outs. But by using the construct Boer to describe Afrikaans anti-apartheid activists such as writer Breyten Breytenbach and theologian Beyers Naudé, it signaled to the so-called “Afrikaanses” that they too could cross into a cultural borderland in which they could reach out to other cultures – but during this fluid process the identity reconfiguration could happen without giving up all aspects of their existing cultural identities at once. KEY WORDS: Afrikaner nationalism, alternative media, anti-apartheid, Boer, hybridity, identiy configuration, cultural borderland, nonconformist journalism, Max du Preez, mythologism, postcolonialism, resistance identity, Vrye Weekblad, resistance press Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 58 No. 4-1: Desember 2018 doi.10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a9 754 TREFWOORDE: Afrikanernasionalisme, alternatiewe media, anti-apartheid, Boer, hibriditeit, identiteitskonfigurasie, kulturele tussenruimte, nonkon­ formerende joernalistiek, Max du Preez, mitologisering, postkolo- nialisme, weerstandsidentiteit, Vrye Weekblad, weerstandspers OPSOMMING Die alternatiewe, anti-establishment Vrye Weekblad (1988–1994) het deur die nuustemas wat gepubliseer is, die aanbieding daarvan en die manier waarop Afrikaans gebruik is, die Nasionale Party-regering, die apartheidsideologie en euwels wat daarmee gepaardgegaan het aan die kaak gestel. Op dié wyse het die Vrye Weekblad (VWB) ’n identiteits(her)konfigurasie van wit Afrikaanssprekendes aangemoedig. Ter ondersteuning van dié poging is die konstruk Boer gebruik as positiewe en negatiewe identiteitsmerker – prysnaam én skeldnaam. Vir die artikel is Boer/boer verder ondersoek en word dit in drie dele bespreek. In deel een word die historiese betekenisverruiming en die mitologisering van die Boer, wat in die hede ook gereeld omstredenheid ontketen, uiteengesit. In die tweede deel van die artikel word ’n ontleding gedoen van die gebruik van Boer/boer in koppe, prikkels en fotokoppe op die 226 beskikbare voorblaaie van VWB in die digitale versameling van Stellenbosch Universiteit. Die derde deel van die studie bevat die resultate van ’n doelbewuste steekproef op die binneblaaie van 90 uitgawes van VWB. Die fokus was op koppe en onderkoppe. Die ontleding van Boer word benader vanuit ’n postkoloniale oogpunt met spesifieke verwysing na hoe VWB ’n kulturele tussenruimte geskep het waarin andersdenkende Afrikaners ’n weerstandsidentiteit kon aanneem sonder om afstand te doen van alle aspekte van hul Afrikaneridentiteit. Die posisie tussen kulture, hibridisering, wat as ’n dinamiese, vloeibare proses vertolk word, het ook ’n brug gebou tussen Afrikaners en hul landgenote. VWB se gelyktydige gebruik van Boer – ’n prysnaam én ’n skeldnaam – kom ook pertinent aan die orde. 1. INLEIDING Vrye Weekblad (VWB) is in 1988 gestig as ’n alternatiewe Afrikaanse anti-apartheid- en anti- establishment-koerant (Du Preez 2005:7; Du Preez 2009:223-233, Du Preez 2013). Hoewel die publikasie vir net meer as vyf onstuimige jare bestaan het, is verskeie aspekte daarvan al deur navorsers ondersoek. Faure (1997), Claassen (2000), Koenig-Visagie (2011) en Nel (2012) het die rol van VWB in die laaste jare van apartheid vanuit verskillende invalshoeke beskryf. Tomaselli en Louw (1991,1992) het ook in publikasies na VWB as deel van die alternatiewe media verwys (sien 4.1). Max du Preez, die stigter en redakteur van VWB, het self ’n kleurvolle boek oor VWB (2005) geskryf en het ook in Pale Native, ’n biografiese boek (eers in Engels en later in ’n Afrikaanse weergawe) (2004, 2009) heelwat inligting oor die totstandkoming, werkswyse en agenda van VWB gedeel. Hierdie artikel vind aansluiting by Koenig-Visagie (2011), wat vanuit ’n kritiese postkoloniale perspektief en semiotiek na die gebruik van VWB-voorblaaie gekyk het. Dit staan ook naas Claassen (2000) en Nel (2012) se bydraes wat onder meer verwys na die nonkonformerende gebruik van Afrikaans in VWB om Afrikanerbaasskap en -nasionalisme uit te daag. Hoewel daar raakpunte is met dié perspektiewe, word empiriese data oor VWB se gebruik van die konsep Boer ook hier aangebied.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages18 Page
-
File Size-