Sue Grové Studiegids Via Afrika Geskiedenis Graad 12 Inhoud Inleiding ...........................................................................................................1 Onderwerp 1: Die Koue Oorlog ............................................................................. 2 Eenheid 1: Wat was die oorsprong van die Koue Oorlog? ........................................ 3 Uitbreiding van die Koue Oorlog – Gevallestudie 1: China ...................................... 7 Uitbreiding van die Koue Oorlog – Gevallestudie 2: Viëtnam .................................13 Opsomming en vrae ..........................................................................................19 Onderwerp 2: Onafhanklike Afrika...................................................................... 23 Eenheid 1: Denkrigtings wat pas onafhanklike Afrika-lande beïnvloed het ............. 24 Gevallestudie 1: Die Kongo en Tanzanië: ’n Vergelykende gevallestudie ................ 26 Eenheid 2: Uitwerking van interne en eksterne faktore op Afrika .......................... 34 Eenheid 3: Afrika in die Koue Oorlog ...................................................................35 Gevallestudie 2: Angola ......................................................................................37 Opsomming en vrae ..........................................................................................45 Onderwerp 3: Burgerlike samelewingsverset – 1950’s tot 1970’s .......................... 49 Eenheid 1: Oorsig van burgerlike verset .............................................................. 50 Gevallestudie 1: Die Amerikaanse Burgerregtebeweging ...................................... 60 Gevallestudie 2: Die Swartmagbeweging ............................................................ 67 Opsomming en vrae ..........................................................................................71 Onderwerp 4: Burgerlike samelewingsverset in Suid-Afrika ..................................75 Eenheid 1: Suid-Afrika in die 1970’s en die 1980’s ............................................... 76 Eenheid 2: Die uitdaging van Swartbewussyn aan die apartheidstaat ................... 80 Eenheid 3: Die krisis van apartheid in die 1980s .................................................. 83 Opsomming en vrae ......................................................................................... 94 Onderwerp 5: Koms van demokrasie na Suid-Afrika ............................................. 99 Eenheid 1: Onderhandelde ooreenkoms en ’n Regering van Nasionale Eenheid ....100 Eenheid 2: Hoe verkies Suid-Afrika om die verlede te onthou? ............................. 113 Opsomming en vrae ........................................................................................122 Onderwerp 6: Die einde van die Koue Oorlog en ’n nuwe wêreldorde ...................129 Eenheid 1: Gebeure wat tot die einde van die Koue Oorlog gelei het .....................130 Eenheid 2: Die einde van die Koue Oorlog – die gebeure van 1989 ....................... 133 Eenheid 3: ’n Nuwe wêreldorde .........................................................................140 Opsomming en vrae ........................................................................................149 Antwoorde ....................................................................................................... 155 Eksamenwenke 1 Maak seker dat jy die partye met die leier en ideologie kan koppel wat ’n rol in die burgeroorlog gespeel het. 2 Die konteks van hierdie tema is Koue Oorlog-politiek. Dit sal duidelik weerspieël word uit verskeie perspektiewe van dieselfde gebeurtenis. Hou dit in gedagte wan- neer jy bronne interpreteer. 3 Verwys altyd na die toeskrywing van elke bron en probeer om soveel as moontlik inligting oor die oorsprong van die bron, die doel daarvan en wanneer dit geskryf is in te win. 4 Wees op die uitkyk na leidrade in alle bronne en plaas dit in hul korrekte geskied- kundige konteks. As daar ’n datum is, gebruik dit om die konteks te bepaal. 5 Gebruik die woordelys en teksbokse in die leerderboek om jou begrip en woord- eskat uit te brei. Gebruik geskiedkundige terme en begrippe met selfvertroue en in die korrekte konteks. 6 Probeer om leiers, simbole, leidrade, ens. te identifiseer en verwys daarna wanneer jy bronne interpreteer. 7 Moet nooit aanneem dat die eksaminator, onderwyser of nasiener weet wat jy bedoel nie – stel jou siening duidelik. 8 Koppel afdelings met kennis wat jy vroeër opgedoen het. Jou kennis van die Koue Oorlog-periode en kolonialisme sal nuttig wees om vrae in hierdie afdeling te inter- preteer. 9 Probeer om die inhoud jou eie te maak en moenie hierdie opsommings of afdelings van die leerderboek bloot memoriseer nie. Gebruik jou eie woorde en maak een- voudige opsommings om jou met jou memorisering te help. 10 Die leerderboek het talle voorbeelde van vrae waarmee jy kan oefen. As jy dit ger- eeld doen en daagliks konsolideer, sal jy suksesvol wees. Inleiding tot Geskiedenis Graad 12 Wie is jy? Wat maak jy hier? Waarheen is jy op pad? Hoe gaan jy daar kom? Geskiedenis kan jou help om sommige van hierdie vrae te beantwoord. Deur die verlede te bestudeer, kan ons leer hoe om in die hede te leef. Ons kan sien watter foute gemaak is en ons kan verhoed dat hulle in die toekoms herhaal word. Deur hierdie foute van die verlede te bestudeer, sowel as baie korrekte en moedige besluite wat geneem is, kan ons beter verstaan waarom ons wêreld nou is soos dit is. Geskiedenis is die studie van mense: beroemde mense, berugte mense en gewone mense, en hoe hulle besluite en optrede vorm gee aan die toekoms. Die bestudering van hierdie mense kan ons inspireer om ‘n meer aktiewe rol in die totstandbringing van ons wêreld te speel en in ons strewe om ons individuele potensiaal te bereik. Geskiedenis is ‘n opwindende en dinamiese vak. Bestudering van Geskiedenis kan ons help om die verlede beter te verstaan en intelligent te kan saam praat oor wat in die wêreld gebeur. Die geskiedenis omvat baie besonderhede, soos die gebeure, datums en name van mense en plekke. Maar, wanneer jy Geskiedenis bestudeer, moet jy nie bekommerd wees dat jy deur al die besonderhede oorweldig sal word nie. Probeer om die belangrikheid van die groter prentjie te sien.. As jy goed wil presteer in Geskiedenis is hier ‘n paar strategieë wat jy kan volg: ●● Luister aandagtig in die klas. ●● Vra vrae aan jou onderwyser totdat jy verstaan wat aangaan. ●● Gaan dieselfde dag nog oor die werk wat jy in die klas gedoen het. ●● Doen jou eie ekstra navorsing oor die onderwerp wat jy bestudeer. ●● Moet nooit wag tot die dag voor ‘n toets of eksamen om te begin studeer nie. ●● Maak jou eie kopkaarte en opsommings. ●● Praat met jou self terwyl jy studeer en toets jou eie kennis. Kernvraag vir Graad 12: Wat is die aard van die post -Tweede Wêreldoorlog-wêreld?? © Via Afrika Uitgewers » Geskiedenis 12 Studiegids eBoek 1 Onderwerp 1 Die Koue Oorlog Oorsig In hierdie onderwerp gaan jy die volgende hersien: ●● waarom die Koue Oorlog ontstaan het, die USSR en die VSA en die skepping van invloedsfere, end die Beleid van indamming en krisispolitiek. ●● Die uitbreiding van die Koue Oorlog – Gevallestudies: China of Viëtnam. EENHEID 1 Bl 3 • Polarisering van die Ooste (USSR) en Weste (VSA) • Wat is ’n koue oorlog? Wat was die oorsprong • Die einde van die Tweede Wêreldoorlog – waarom van die Koue Oorlog? het die Koue Oorlog ontwikkel? • Hoe het die USSR en die VSA belangesfere in Europa geskep? • Wie moet die skuld vir die Koue Oorlog kry? ONDERWERP 1 Bl 2–22 Die Koue Oorlog • Die totstandkoming van kommunistiese China in 1949 GEVALLESTUDIE 1 Bl. 7 • Die kultuurrevolusie • Chinese verhoudinge met die Sowjetunie en die VSA Uitbreiding van die • China se veranderende verhoudinge met buurstate Koue Oorlog: China • Was China ’n supermoondheid toe Mao Zedong dood is? • Hoekom het China ná 1970 probeer om verhoudinge met die VSA te verbeter? • Invloed van China se tweede bevryding sedert Mao se dood GEVALLESTUDIE 2 Bl 13 • Agtergrond van die stryd teen koloniale magte Uitbreiding van die • Stadiums in die oorlog Koue Oorlog: Viëtnam • Hoe die oorlog vandag in die VSA en Viëtnam onthou word 2 © Via Afrika Uitgewers » Geskiedenis 12 Studiegids eBoek Eenheid 1 Wat was die oorsprong van die Koue Oorlog ? Kernvraag: Waarom het die Koue Oorlog ná die Tweede Wêreldoorlog begin en waarom is dit só genoem? Definisie van die begrip “koue oorlog” ●● Wat was dit? ●● Dit was ’n toestand van militêre mededinging en politieke spanning. ●● Watter metodes is gebruik? ●● Spioenasie, propaganda, steun van bondgenote in konfliksituasies, bv. die Midde-Ooste, Europa, die Verre Ooste en Afrika. ●● Wie was primêr betrokke? ●● Die twee supermoondhede – die VSA en die USSR – en hul bondgenote. ●● Wanneer het dit plaasgevind? ●● Die jare 1945 tot 1989 word aanvaar as die amptelike datums, maar sommige beskou 1917 as die begin van die konflik toe die Russiese Revolusie tot die vestiging van die Sowjetunie gelei het, en dat dit geëindig het toe die Sowjetunie tot ’n val gekom het en Duitsland herenig is. ●● Waar het dit plaasgevind? ●● Dit het in Europa begin en na ander wêrelddele versprei. ●● Waarom het dit gebeur? ●● Daar was baie langtermyn- en korttermynoorsake: Oorsake van die Koue Oorlog ●● Die Tweede Wêreldoorlog self – die skeur tussen die VSA en die USSR het verbreed: ●● Stalin het Oos-Europa tydens die laaste maande van die oorlog binnegedring en die Rooileër het Berlyn eerste bereik. ●● Pole is deur die USSR beset en Duitsland is in vier sones verdeel
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages178 Page
-
File Size-