SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2014 Jaargang XI Maand 3 Maart 2014 Saamgestel deur: Elorina du Plessis KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. Maart 2014 Bundels (Lentemaand) Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 6468 Datum: Sat Mar 1, 2014 Daar is 15 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1a VENTER by "Ockert Malan" 2a File - netiket.txt by 3 [PRESS] Die Burger Oos-Kaap 28 Febr 2014 by "Hester Marx" 4 [PRESS] Die Burger Oos-Kaap 01 Maart 2014 by "Hester Marx" 5 Genetika en privaatheid van inligting by "Willeen Olivier" willempie5 6 [PRESS] Beeld 01 Mrt.2014.doc by "Fanie Blignaut" blignautfanie 7a Re: Ouderdom van Kaapse burgerskap in 1700's? by "Elmien Wood" 7b Re: Ouderdom van Kaapse burgerskap in 1700's? by "Willieta" alwiette 7c Re: Ouderdom van Kaapse burgerskap in 1700's? by "Daniel Jacobs" danielmalanjacobs 7d Re: Ouderdom van Kaapse burgerskap in 1700's? by "Daniel Jacobs" danielmalanjacobs 7e Re: Ouderdom van Kaapse burgerskap in 1700's? by "Johann Hanekom" johann.hanekom 7f Re: Ouderdom van Kaapse burgerskap in 1700's? by "Johann Hanekom" johann.hanekom 8 Coenraad Johannes NEL by "Theodorus Maree" 9 Christina Isabella KOK by "Theodorus Maree" 10 [Press] The Independent on Saterday 1 March 2014. by "Aletta Magrieta Quebbemann" alettaqea9fac Messages: 1a VENTER Sat Mar 1, 2014 1:48 am (PST) . Posted by: "Ockert Malan" Beste SAG-lede, Kan jy my asb op die spoor sit van die voorgeslag van Anna Susanna VENTER 11.12.1913 - 03.08.1967 x Jacobus Petrus DU TOIT * 03.08.1909 ? Haar pa was waarskynlik Johannes Jacobus en haar ma Maria Cornelia. By voorbaat dank. Ockert 2a File - netiket.txt Sat Mar 1, 2014 6:44 am (PST) . Posted by: SAGenealogie: herinnering aan lysreëls, en lysnetiket Die volgende reëls en riglyne is daargestel om almal se ervaring van SA Genealogie nog meer aangenaam en produktief te maak. Gebruikers van die poslys aanvaar, deur hulle lidmaatskap en gebruik, die voorwaardes van die lysreels en onderneem om hulle daarby te hou. Indien iemand nie die reels wil nakom nie, moet hulle asseblief nie die poslys gebruik nie. Lidmaatskap en bydraes word gemodereer deur die lysbestuur. Die reëls en riglyne vir poslys-etiket is soos volg: 1. Gesprekstaal Die voertaal van SAGenealogie is Afrikaans, met aanvaarding van aanhalings uit bronne in die oorspronklike taal. 2. In- en uittekening Dit word van lede verwag om self hul intekening as lid op die poslys te administreer deur te gaan na http://groups.yahoo.com/group/SAGenealogie/ Wanneer 'n lid vir 'n tyd afwesig sal wees, is die beste om tydelik uit te teken as lid deur 'n e-pos te stuur aan: [email protected] en na terugkeer weer aan te teken deur 'n e-pos te stuur aan: [email protected] Onthou dat lidmaatskap gekeur word om te verhoed dat gemorspos-advertensies die poslys oorlaai, en om dit moontlik te maak dat lede wat die reëls herhaaldelik oortree se lidmaatskap gekanselleer kan word. Lede wat die reëls herhaaldelik oortree se boodskappe mag aan moderering onderwerp word. 3. SAGenealogie webwerf Besoek die SAGenealogie webwerf by http://www.sagenealogie.com of www.sagenealgy.com om julle te vergewis van die poslys se doelwitte en reëls. 4. Netiket en lysreëls Netiket (net-etiket) vereis dat lede onder andere die volgende sal doen: * wees vriendelik en behulpsaam teenoor andere, en respekteer mekaar; * deel genealogiese inligting met mekaar; * gebruik te alle tye beskaafde taal; * hou by die terrein van die poslys, naamlik genealogie (en verwante sake); * moet asseblief nie persoonlike boodskappe, en boodskappe wat niks met die genealogie te doen het, op die poslys plaas nie; * indien jy iets persoonliks wil oordra aan 'n ander lid, doen dit van die poslys af deur 'n e-pos direk aan die betrokkene te stuur; regsklik op die boodskap in Outlook Express, maak "properties" oop en kry die afsender se persoonlike e-adres. Moet asseblief nie net op "reply" klik sonder om die adres te verander sodat die pos nie per ongeluk ook na die lys toe gaan nie. * moenie twiste en vlam-oorloë begin of daaraan deelneem nie; * as jy antwoord op die poslys, sny onnodige teks uit die oorspronklike boodskap; die meeste e-posprogramme voeg die oorspronklike boodskap by verstek by wanneer jy op 'n brief antwoord; behou slegs die noodsaaklike deel van die ou boodskap; * as jy boodskappe in bundelformaat ontvang, moet nooit die hele bundel hersend wanneer jy antwoord nie; sny alle nie-tersake boodskappe uit die bundel uit; * gebruik altyd 'n relevante woord of sinsnede in die onderwerp-lyn ("subject";) sodat ander kan sien waaroor jou boodskap gaan; voordat jy dus jou antwoord stuur, vergelyk jou brief en die onderwerp-lyn, en maak die nodige aanpassings; * wanneer jy inligting of hulp ontvang van 'n ander lid, bedank die lid kortliks (verkieslik in 'n private boodskap van die poslys af) daarvoor. 5. Toestemming en Kopiereg Lyslede wat e-pos aan die lys stuur stem in en erken, deur die versending van die e-pos aan SA-Genealogie, dat die inligting en kennis wat deur hul verskaf en oorgedra word te enigertyd en op enige manier deur die bestuur en lyslede gebruik mag word in enige vorm, ook in publikasies en in databasisse, maar dan op die uitdruklike voorwaarde dat die outeur (bydraer) en SAGenealogie as bron erken word. 6. Vrywaring SA Genealogie aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud en korrektheid van enige inligting wat deur lede in e-posse op die lys geplaas word nie. Die bestuur onderskryf nie noodwendig die opinie wat in e-posse uitgespreek word nie en aanvaar ook nie verantwoordelikheid daarvoor nie. 6. Bestuur Kontak die SAGenealogie bestuur as jy verdere inligting wil bekom, of enigiets onder hul aandag wil bring. 'n E-pos kan aan hulle gestuur word by [email protected] Lyseienaars en Bestuur Krugersdorp, S A 3 [PRESS] Die Burger Oos-Kaap 28 Febr 2014 Sat Mar 1, 2014 7:18 am (PST) . Posted by: "Hester Marx" Sterfgevalle GÖRGENS, Dieter Ferdinand. *16 Julie 1963. +Woensdag 26 Fer 2014. Vrou Adri, kinders Ferdinand, Herman en Simoné. Roudiens Saterdag 01 Maart 2014 15:00 NG Kerk Lorraine. Verassing privaat. (Die Burger Oos-Kaap 28/02/2014) Sonja Filmater DOVES Port Elizabeth 041 365 5399 NIEKERK, Eunice Victoria (née RADEMEYER). 72 jaar. Begrafnisdiens Saterdag 01 Maart 2014 10:00 St. Anthony’s Katolieke Kerk. (Die Burger O-Kaap 28/02/2014) Van Willing Begrafnisdienste 041 988 1919 SMITH, Louis Jan. +Wednesday 26 Febr 2014. Will be dearly missed by his wife, children, grandchildren. (Die Burger Oos-Kaap 28/02/2014) Hester Marx, Loerie [email protected] 4 [PRESS] Die Burger Oos-Kaap 01 Maart 2014 Sat Mar 1, 2014 7:28 am (PST) . Posted by: "Hester Marx" Sterfgevalle MARAIS, Yvonne. +Donderdag 27 Febr 2014. Kinders, kleinkinders, agterkleinkinders. Roudiens Maandag 03 Maart 2014 15:00 NG Kerk De Duin, La Roche-rylaan, Humewood. Verassing privaat. (Die Burger Oos-Kaap 01/03/2014) Alfred Jones AVBOB Port Elizabeth 041 484 2731 Hester Marx, Loerie [email protected] 5 Genetika en privaatheid van inligting Sat Mar 1, 2014 8:50 am (PST) . Posted by: "Willeen Olivier" willempie5 'n Interessante link oor bg onderwrp: http://www.livescience.com/43745-anonymous-genetic-profiles-aren-t-completely-anonymous.html Willeen Olivier Rooihuiskraal Kotzé, van Wyk, Olivier, Bosman, en al hulle voorgeslagte ... 6 [PRESS] Beeld 01 Mrt.2014.doc Sat Mar 1, 2014 9:45 am (PST) . Posted by: "Fanie Blignaut" blignautfanie NN (SWANEPOEL?); Jacques[[Moontlik= SWANEPOEL; Jacques, in lewe van Pretoria. Verassingsdiens: NG Kerk, Garsfontein, distrik Pretoria, 04/03/2004, 12:00. (Beeld - 03/03/2004)]] Ons mis jou nog steed na Tien jaar, Pappa, Mamma, Ancois en Yolanda. [Foto met berig]. (Beeld - 01/03/2014) Groete, Fanie Blignaut (Blikkies), Vanderbijlpark, Gauteng provinsie. [Blignaut x Laubscher; Els x Blignaut; Pretorius x Bloem; Kruger x Pretorius.] [Bouwer x Meyer; Bouwer x Wild; Pretorius x v/d Merwe; Pretorius x Potgieter; Potgieter x Barkhuizen] 7a Re: Ouderdom van Kaapse burgerskap in 1700's? Sat Mar 1, 2014 10:22 am (PST) . Posted by: "Elmien Wood" Johan Ek stem met jou saam, maar hierdie riglyne is eers in 1780 uitgereik. Voor daardie datum het daar waarskynlik ander reëls gegeld. Op die webwerf Kroniek van Enckhuizen in die artikel oor Jacob Mossel kry ons sy ouderdom by aanmonstering. Hy het 1720 as jongmatroos aangemeld op die ouderdom van 15 jaar met ‘n salaris van 8 gulde. http://personen.kroniekvanenkhuizen.nl/mossel-jacob Groete Elmien From: [email protected] Sent: Friday, February 28, 2014 5:30 PM To: [email protected] Subject: [SA-Gen] RE: Ouderdom van Kaapse burgerskap in 1700's? Byna enigiemand kon as soldaat by die VOC aansluit, alhoewel daar sekere minimum indiensneming vereistes bestaan het soos dat die kandidaat ten minste vyf voet lank moes wees, “gezond van lijf en leden en zonder gebreken,― nie jonger as 18 jaar en nie ouer as 40 jaar nie. Hulle moes ook bereid wees om ‘n eed van getrouheid aan hul werkgewer af te lê. De Compagnie hield er geen medische, laat staan een psychologische keuring op na. Hooguit werd gevraagd welke ervaring men had en of er een getuigschrift overlegd kon worden.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages456 Page
-
File Size-