1

HOOFSTUK 1

INLEIDING

Die beginsel "die selfbeskikking van mense" is stewig gevestig in die Internasionale Reg.1 Dit word selfs beskou as die mees dinamiese konsep in die hedendaagse Internasionale Reg.2 Die begrip het die “reëls van die internasionale spel” feitlik rewolusionêr verander; veral nadat die Verenigde Nasies Resolusie 1514(XV) in 1960

1 Artikel 1(2) van die Handves van die Verenigde Nasies stel dat een van die doelstellings van die Verenigde Nasies is om vriendelike verhoudinge tussen nasies te ontwikkel gebaseer op respek vir die beginsel van gelyke regte en selfbeskikking vir mense. Artikels 55, 73 en 76 van die Handves verwys ook, hetsy direk of indirek, na selfbeskikking. Verskeie resolusies van die Verenigde Nasies, onder andere resolusies 545(VI), 637(VII) en 2625(XXV), verwys ook na hierdie beginsel. Dugard International Law: A South African Perspective Juta 2001 op 91 stel dat selfbeskikking “a legal right under international law” is.

2 Tomuschat Modern Law of Self-Determination Martinus Nijhoff Publishers 1993 op vii noem dit “a driving legal force as from 1960". Cassese Self-Determination of Peoples: A Legal Reappraisal Cambridge University Press 1996 op 1 noem dit “one of the most important driving forces in the new international community”. Deer “An Indigenous Understanding of Self-Determination” in Kly en Kly (reds) In Pursuit of the Right to Self- Determination Clarity Press Inc 2001 op 106 gaan selfs sover om te stel dat: “Without the right to self-determination, all other rights have no grounding”. 2 aanvaar het.3 Alhoewel daardie resolusie slegs mense onder koloniale oorheersing in gedagte gehad het, het die begrip, waarskynlik as gevolg van die frase vervat in daardie resolusie, “the right of all peoples to self-determination”, sy eie momentum opgebou. Dwarsoor die wêreld word selfbeskikking as ‘n reg opgeëis.4 Alhoewel dit as ‘n dinamiese konsep van die Internasionale Reg beskou word, is die interessante dat die begrip steeds in vaagheid en selfs omstredenheid gehul is.

Reeds in 1914 het die destydse VSA-president Woodrow Wilson verklaar dat:

3 Hierdie resolusie sal later in meer besonderhede behandel word.

4 Soos Strydom “Self-Determination: Its Use and Abuse” South African Yearbook of International Law Vol 17 1991/1992 op 90 dit stel kan die begrip (ook) geassosieer word met reaksionêre politiek. 3

...every people has a right to choose the sovereignty under which they shall live....5

5 Sien byvoorbeeld Wilson se toesprake van 6 September 1919 by Des Moines en 18 September 1919 te San Francisco in Baker en Dodd (reds) War and Peace: Presidential Messages Addresses and Public Papers (1917-1924) Vol 2 1927 op 17-18 en op 259- 260. Volgens die Wilsoniese denke het selfbeskikking as konsep drie kern-idees bevat, naamlik: “(a) the right of a people to be free from alien rule and to choose the sovereignty under which they shall live (external self-determination); (b) the right of a people to choose its own form of government (internal self- determination); and (c) continuous consent of the governed in the form of representative democratic government”. Sien in hierdie verband Pomerance "The United Nations and Self-Determination: Perspectives on the Wilsonian Conception" American Journal of International Law Vol 70 1976 op 1-27. 4

Die spore van selfbeskikking is egter terug te vind by die Amerikaanse Declaration of Independence van 1776 en die Franse Rewolusie van 1789 wat van die uitgangspunt uitgegaan het dat ‘n regering verantwoordelik is teenoor sy onderdane en dat indiwidue en groepe nie bloot objekte van die owerheid is waarmee die owerheid na goeddunke kon handel nie. Daar is gevolglik wegbeweeg van die uitgangspunt dat die staat alles is en dat indiwidue bloot instrumente is in die hande van die monarg of heerser. Maar selfbeskikking as strewe van 'n groep, hetsy dit 'n kultuurgroep, 'n taalgroep, 'n godsdiensgroep, 'n samevoeging van enige van hierdie drie groepe - 'n volksgroep, is, is so oud soos die bestaan van groepe en veral die groepsgevoel wat groepe openbaar.6 Daarom is selfbeskikking nie 'n begrip wat sy ontstaan aan die twintigste eeu, en in die besonder aan Wilson te danke het nie, maar word die eerste spore daarvan in die Internasionale Reg reeds teruggevind in die Romeins-Hollandse reg, en wel by niemand anders nie as Hugo de Groot. De Groot het waarskynlik ook na die konsep verwys toe hy gestel het dat 'n gedeelte van 'n bevolking van 'n staat nie eensydig van so 'n staat kan wegbreek nie tensy dit duidelik is dat só ‘n bevolking nie op enige ander wyse gered kan word nie.7

Die gewildheid van die begrip "self-determination" kan egter aan verskeie instansies en persone se rol en invloed toegeskryf word.8 Talle het op die een

6 In die Bybel in die Ou Testament is daar die verhaal van Elisa en die Sunamitiese vrou. Op ‘n vraag van Elisa wat hy vir die vrou kon doen weens haar gasvryheid stel sy aan hom: “Ek woon onder my volk”. (Sien II Konings 4:13). Dit kan miskien as van die oudste uitdrukkings van groepsgevoel (nasionalisme) en ook die strewe na selfbeskikking van volke gesien word.

7 De Jure Belli ac Pacis Boek 3 Hoofstuk 6 Paragraaf 4. Die daarstelling van die Boererepublieke in 1852 en 1854 is ook 'n manifestering van hierdie reg, veral indien die redes waarom republiekwording nagestreef en die redes waarom die Voortrekkers die Kaapkolonie verlaat het, in ag geneem word. Om dieselfde redes het die Boere die Eerste Vryheidsoorlog in 1881 en die Engelse Oorlog vanaf 1899-1902 geveg. Umozorike Self-Determination in International Law The Shoe String Press op 274 stel dat die beginsel van selfbeskikking ontwikkel het van 'n filosofiese tot 'n politieke konsep in internasionale verhoudinge en dat dit nou volwassenheid bereik het as 'n fundamentele beginsel in die positiewe Internasionale Reg.

8 So word Wladimir Lenin as die eerste persoon beskou wat werklik die term “selfbeskikking” gebruik het. Sien Mayer Political Origins of the New Diplomacy 1917- 1918 Cleveland and New York 1964 op 298. Dit is egter so dat Lenin se uiteindelike doel 5

of ander wyse bygedra daartoe dat die begrip vandag wêreldwye aanklank vind.9 Selfbeskikking word in die algemeen beskryf as die reg wat "peoples" toekom.10 Vir Wilson het selfbeskikking selfregering (“self- government”) beteken.11 Die begrip het algaande ‘n eksterne dimensie

(deur middel van selfbeskikking) sosialisme was. Lenin het selfs voorgestel dat onderdrukte nasies die reg moet hê om te sesessioneer. Dit sou ‘n stap wees op pad na die uitwissing van die klassestelsel. Sien Hill Lenin and the Russian Revolution Londen 1957 op 141.

9 Sien Mayer supra op 75 waar gestel word dat die eerste amptelike standpunte aangaande oorlogsdoelwitte om die begrip "self-determination" bekend te stel, gemaak was deur die Russiese Tussentydse Regering op 9 April 1917, waarskynlik as gevolg van Sowjet-druk. Die Bolsjewiste het waarskynlik dus 'n ewe groot rol gespeel om erkenning aan die begrip te gee as Wilson, en het laasgenoemde waarskynlik ook in reaksie op Bolsjewistiese inisiatiewe en oorlogseise opgetree.

10 Die Verenigde Nasies het in sy Handves en in besluite telkens verwys na die feit dat "peoples" die reg op selfbeskikking het. Hieronder sal die inhoud daarvan bespreek word asook die betekenis, indien enige, wat aan die begrip "peoples" gegee word.

11 Sien Woolsey “Self-Determination” American Journal of International Law Vol 13 1919 op 302-305 asook Pomerance “The United Nations and Self-Determination: Perspectives on the Wilsonian Conception” American Journal of International Law Vol 70 1976 op 1-27. 6

gekry. Nie alleen selfregering nie, maar ook die keuse van mense om soewerein te wees, was as inbegrepe by die reg op selfbeskikking beskou. Versigtigheid om die begrip uit te brei en behoorlik te definieer, het egter tot gevolg gehad dat die begrip in vaagheid gehul was. ‘n Wye uitleg en toepassing daarvan is as gevaarlik beskou en is dit self gestel dat dit:

a calamity [was] that the phrase was ever uttered.12

Interessant is dat die begrip volgens Wilson, geen betrekking op Amerika gehad het nie.13 Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het selfbeskikking aanvanklik ‘n hoë profiel

12 Sien byvoorbeeld Lansing se kritiek in Lansing The Peace Negotiations - A Personal Narrative New York and Boston 1921 op 97 waar hy stel dat daar groot gevaar bestaan om die begrip selfbeskikking in die “minds of certain races” te plaas. Hy stel dit onder meer soos volg: “What effect will it have on the Irish, the Indians, the Egyptians, and the nationalists among the Boers? Will it not breed discontent, disorder and rebellion?... The phrase is simply loaded with dynamite. It will raise hopes which can never be realized. It will, I fear cost thousands of lives”.

13 Claude National Minorities: An International Problem Cambridge 1955 op 81 stel dat Wilson hom soos volg daaroor uitgelaat het: “America does not consist of groups. A man who thinks of himself as belonging to a particular national group in America, has not yet become an American”. 7

gehad. Die Geallieerde Magte het trouens daarop aanspraak gemaak dat hulle oorlog gevoer het vir die beginsel van nasionaliteit en die regte van mense om hulle eie bestemming te bepaal. Oostenryk en Duitsland het egter heel tereg daarop gewys dat die Geallieerde Magte, in die lig van hulle eie behandeling van minderhede waaronder die Iere en die Finne en die Boere se republieke, nie enige gronde het om op te staan nie. Gevolglik het die beginsel tydens die sluiting van vredesverdrae na die Tweede Wêreldoorlog nie werklik verdere aandag gekry nie, maar het ander belange van die oorwinnaars voorrang geniet.

Na die Eerste Wêreldoorlog moes selfbeskikking terugstaan vir die belange van die oorwinnaars, veral op geopolitieke, ekonomiese en strategiese vlak. Gevolglik is arbitrêr te werk gegaan om te besluit watter groepe geregtig sou wees op selfbeskikking, en watter nie.14 Daar is ook nie aangedring daarop dat nuwe state ‘n demokratiese vorm van regering moes aanneem nie, dit wil sê dat regeer moes word ooreenkomstig die wil en instemming van die mense van die betrokke staat nie. Die term “selfbeskikking” was ook nie vervat in die Verdrag van die Volkebond nie. Sommige state is wel geforseer om voorsiening te maak vir die regte van minderhede. Die Volkebond se minderhede- sisteem was egter niks anders as ‘n (swak) kompromie nie: Daar is nie spesifiek voorsiening gemaak vir die reg op selfbeskikking nie, maar eerder teruggeval op die regte van minderhede.15 Daarbenewens was dit selektief toegepas deurdat dit slegs toepassing gevind het op Sentraal- en Oos-Europa, en nie ook op die groot moondhede nie. Ten opsigte van hierdie “Minority Rights System” wat tussen die Eerste- en Tweede Wêreldoorlog aanwending gevind het,16 het Claude soos volg opgemerk: However great the tangible and conjectural accomplishment of the League system, its

14 Cassese supra op 26.

15 Sien Rosting “Protection of Minorities by the League of Nations” American Journal of International Law Vol 17 1923 op 641-660.

16 Na die Eerste Wêreldoorlog was daar voorsiening gemaak vir die beskerming van minderhede in verskeie vredesverdrae asook in ander internasionale dokumente. Die Volkebond het die verantwoordelikheid hiervoor aanvaar. Sien in hierdie verband Caportorti “The Protection of Minorities under Multi-Lateral Agreements on Human Rights” Italian Yearbook of International Law 1976 op 5. 8

failures and deficiencies were much more formidable.17

Die retoriek gekoppel aan die woord “selfbeskikking” het wel neerslag gevind in die woord League of Nations, eerder as League of States.

Ten opsigte van die Aaland Eilande18 moes ‘n kommissie van drie juriste van die Raad van die Volkebond in 1920 beslis of die eilande kon sesessioneer van Finland en by Swede kon aansluit. Die verslag van die kommissie het van die uitgangspunt uitgegaan dat ‘n bevolking, selfs indien dit deur middel van die inwoners daarvan die wens uitgespreek het om so ‘n stap (om te sesessioneer) te neem, nie daardie reg het ingevolge die Internasionale Reg nie. Die soewereiniteit van die staat waarvan daardie groep (of gebied) wou afskei, is as belangriker geag. Die positiewe, gesien vanuit die hoek van selfbeskikking, was dat dit wel tot outonome selfregering in die Aaland-Eilande gelei het.

17 Sien Claude National Minorities supra op 29.

18 “Report of the International Committee of Jurists Entrusted by the Council of the League of Nations with the Task of Giving an Advisory Opinion upon the Legal Aspects of the Aaland Islands Question” Official Journal of the League of Nations Special Supplement No 3 Oktober 1920 op 5. 9

Selfbeskikking het dus aanvanklik ‘n politieke, eerder as ‘n regsbetekenis, gehad. Dit was eers in 1941, met die bekendmaking van die Atlantiese Handves, dat selfbeskikking as ‘n doelwit gestel is in internasionale verhoudinge.19 Wat daarna gevolg het met die totstandkoming van die Verenigde Nasies en die besluite van laasgemelde organisasie, is dat die begrip nie slegs internasionale aansien gekry het nie, maar later verhef is tot ius cogens20 en inderdaad tot ‘n dinamiese internasionaal juridiese en politiese konsep.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog was daar 62 onafhanklike state. In 1946 was daar 74 en teen 1998 was daar 193 state.21 Van hierdie state het 87 ‘n bevolking van minder as 5 miljoen, 58 minder as 2,5 miljoen en 35 minder as 500 000. Tussen 1960 en 1964 het 25 nuwe (onafhanklike) Afrikastate tot stand gekom en het die ontstrengeling van die USSR tot gevolg gehad dat 15 nuwe state tot stand gekom het. Europa se getal state het van 32 tot 48 gegroei waarvan Joegoeslawië in ‘n kort tydjie 4 nuwe state bygedra het.22 Tussen 1998 en 2000 was daar ten minste 33 state wat

19 Sien Cassese supra op 37.

20 Hieronder word selfbeskikking as ius cogens bespreek.

21 The Economist 3 Januarie 1998 op 63.

22 Sien ook Buchanan “Democracy and Secession” in Moore (red) National Self- Determination and Secession Oxford University Press 1998 op 14 waar hy stel dat sedert 10 gebuk gegaan het onder ernstige interne (burgerlike) konflik vanweë aansprake deur opponerende groepe en wat direk verband hou met die aanspraak op selfbeskikking.23

1989 (tot en met 1998) daar ten minste twaalf pogings tot sesessie was en dat meer as 25 state ontstaan het as gevolg van die fragmentering van ou state.

23 Sien Kly “Exploring the Concept of the Right to Self-Determination in International Law and the Role of The UN” in Kly en Kly (reds) In Pursuit of the Right to Self-Determination Clarity Press Inc 2001 op 45. Hy noem die volgende gebiede: Afghanistan, Algerië, Angola, Bangladesj, Boeroendi, Kambodja, Tjad, Tjetsjnië, Colombië, Oos-Timor, Eritrea, Ethiopië, Guatemala, Guinea-Bissau, Honduras, Kasjmir, Kenia, Kosowo, Koerdistan, Libanon, Liberië, Mexiko, Myanmar, Palestina, Peru, Filippyne, Ruanda, Sierra Leone, Somalië, Sri Lanka, Soedan, Tajikistan en Uganda. Dit sluit uiteraard daardie state uit waar daar tot dusver op vreedsame wyse gepoog is om selfbeskikking te verwesenlik. 11

Die wêreldbevolking het in die jaar 2000 reeds 6 065 000 000 getel en was daar ongeveer 12 000 etno-linguïstiese groepe.24 China het in 1995 ‘n bevolking van 1 220 000 000 mense gehad as die grootste land in die wêreld gemeet aan sy bevolking terwyl Nauru, ‘n volwaardige onafhanklike staat, slegs 8 000 inwoners gehad het. Daar is dus 152 500 Chinese vir elke inwoner van Nauru, maar elkeen van hierdie state geniet die status van ‘n onafhanklike staat. Nauru se gemiddelde inkomste per persoon (BBP) is egter veel groter as dié van China en vergelyk goed met die meeste state in die wêreld.

Daar is 13 511 verskillende tale in die wêreld en meer as 30 000 dialekte. In Afrika alleen is daar 2 110 verskillende tale en meer as 3 500 etniese groepe.25 Daar is 1 973 000 000 Christene wêreldwyd en 1 279 000 000 Moslems.26 Daarbenewens het ‘n opname in 1971 in 132 state aangetoon dat daar slegs 12 state was wat as homogeen beskou kon word. ‘n Verdere 25 state het ‘n groep (volk) gehad wat meer as 90% van die totale bevolking uitgemaak het, maar terselfdertyd sterk minderheidsgroepe gehad. Nog ‘n verdere 25 state het ‘n groep gehad wat tussen 75% en 89% van die totale bevolking uitgemaak het. In 31 state het die dominante groepe tussen 50% en 74% van die bevolking van daardie state daargestel. In 39 state het die dominante groep minder as 50% van die bevolking daargestel.27 Minder as 10% van die state in die wêreld kan gevolglik as etniese homogene state beskou word. Om in die lig daarvan na alle state as “nation-states”’ te verwys, is verkeerd.28

Dat selfbeskikking in die lig van bostaande gegewens relevant is, behoef seker nie enige verduideliking nie. Die feit dat nie slegs etniese groepe nie, maar ook onder meer religieuse en taalgroepe - trouens, verskeie minderhede (ongeag hulle samestelling) en

24 Johnstone en Mandryk Operation World 21 st Century Edition Paternoster USA 2001 op 1.

25 Operation World supra op 9-21.

26 Operation World supra op 9-21.

27 Sien Connor “Nation Building or Nation Destroying” World Politics Vol 24 April 1972 op 319-355.

28 Soos Connor supra op 40 inderdaad aandui. 12 inheemse groepe aanspraak maak op die reg op selfbeskikking, noodsaak duidelikheid oor die betekenis van die begrip en belangriker nog, die regte waarop hierdie groepe aanspraak kan maak. Selfbeskikking is lank nie meer ‘n reg wat betrekking het op state nie, maar is die vraag ook tot welke mate daar toegelaat moet word dat verdere state ontstaan. In hierdie proefskrif sal gevolglik nie alleen klem gelê word op die moderne betekenis van selfbeskikking nie, maar veral op die betekenis van die reg tot sesessie - hoe dit in die Internasionale Reg aanwending (of nie-aanwending) gevind het. In ‘n vergelykende oorsig sal gekyk word na selfbeskikking se aanwending en nie-aanwending in die staatspraktyk. Die posisie van die Afrikaner in Suid-Afrika, en spesifiek of die Afrikaner geregtig is op (en indien wel, welke vorm van) selfbeskikking, sal onder andere ook aandag geniet. 13

HOOFSTUK 2

BEGRIPSOMSKRYWING

2.1 INLEIDING

Die aanwending van die begrip selfbeskikking in die praktyk is baie meer ingewikkeld, as wat dit op die oog af mag voorkom. Dit is hoofsaaklik vanweë die feit dat daar nie klinkklare oplossings vir elke geval bestaan nie. So bestaan onsekerheid oor die betekenis van die begrippe "self" en die "reg" (dit wil sê waaroor die self kan beskik).29

Geen algemeen-aanvaarbare definisie bestaan vir die begrip selfbeskikking nie. Daar is nie eenstemmigheid oor die beginsel (die "right") nie, en ook nie eenstemmigheid oor op watter mense (“people”) die beginsel toepassing vind nie. Voorgaande stelling kan deur regslui gekritiseer word uit hoofde van die amptelike beleid en dokumentasie van die Verenigde Nasies wat dit klaarblyklik duidelik maak dat die reg op selfbeskikking slegs toepassing vind op die inwoners van ‘n staat as geheel om onafhanklik te raak (“dekolonialisering”), die inwoners (of ‘n gedeelte van die inwoners) van ‘n staat wat onderdruk word en inwoners van ‘n staat wat aan buitelandse dominasie blootgestel is.

Feit is dat daar in die praktyk verskeie ander voorbeelde is waar selfbeskikking in een geval erken is en in ‘n ander geval ontken is, welke nie in bostaande kategorieë val nie. Die vraag is steeds of "peoples" nie ook na etniese groepe, volke, stamme, religieuse groepe, linguïstiese groepe, om maar 'n paar te noem, verwys nie. Verskeie groepe oor die hele wêreld, vanaf Sri Lanka tot in Suid-Afrika eis hierdie reg op.

29 Sien byvoorbeeld Nirmal The Right to Self-Determination in International Law Deep & Deep Publications (Pty) Ltd 1999 op 110 wat stel dat: “the question of determination of an eligible national unit entitled to self- determination is a stupendous task”. 14

Dit is gevolglik nodig om te kyk hoe die begrip deur regslui gedefinieer word. Belangriker nog is om na die praktyk in verband met selfbeskikking te kyk en veral die inhoud wat deur die Verenigde Nasies aan die begrip gegee is, asook wat in terme van internasionale verdrae en deur die Internasionale Geregshof oor die begrip gesê is.

2.2 DEFINISIES

Die begrip "selfbeskikking" is volgens Akehurst30 die reg van mense31 woonagtig in 'n gebied om hulle eie politieke- en regstatus te bepaal vir daardie gebied. Volgens Umozurike32 is die woord selfbeskikkingsreg afgelei van die Duitse woord selbstbestimmungsrecht wat gedurende die middel negentiende eeu deur veral die meer radikale filosowe in Duitsland gebesig is.

The Concise Oxford English Dictionary of Current English33 beskryf selfbeskikking as: a nation’s right to determine its own allegiance or form of government. Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal34 stel dat "selfbeskikkingsreg" die reg is om oor die eie lot te beslis, byvoorbeeld die reg van 'n volk om self te bepaal watter regering dit wil hê. Selfbeskikking se basiese vertrekpunt is dus die selfstandige determinasie van handelinge van state (of van persone) deur die persoon of staat self. Dit sluit ook die reg van mense ("peoples") in om hulle toekomstige politieke status te bepaal.

Hierdie begrip is vandag sekerlik een van die mees emosievolle begrippe in

30 Akehurst A Modern Introduction to International Law George Allen and Unwin 1984 op 248. Sien ook Hillier Sourcebook on Public International Law Cavendish Publishing Limited 1998 op 188-195.

31 Akehurst supra op 248 gebruik die term "peoples".

32 Umozurike supra op 3.

33 Sykes (red) The Concise Oxford Dictionary of Current English Oxford University Press 1982 op 954.

34 Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal Perskor 1985 op 952. 15

internasionale verhoudinge. Dit dra daartoe by dat geen universele eenstemmigheid bestaan oor presies wat dit beteken, op wie dit van toepassing is, of hoe dit bereik kan word nie. So merk Ofuatey-Kodjoe op: The term self-determination... has also the distinction of being one of the most confused expressions in international relations.35

In die ruimste sin van die woord kan selfbeskikking omskryf word as die reg van elke groep mense om self oor hulle lot te beskik. Jacobs gee die volgende definisie van die reg op selfbeskikking:36 ... die reg van ‘n volk (is) om sy eie politieke, kulturele, ekonomiese en maatskaplike orde self te bepaal en om oor sy eie sake sy eie besluite, sonder inmenging deur ander volke of voorskrifte deur hoër gesagsinstellings, te neem en sodanige besluite binne sy eie jurisdiksiegebied toe te pas en af te dwing.

Laasgenoemde definisie betrek die “jurisdiksiegebied” (dit wil sê, die gebied) van die volk (of groep). Hertz stel dat selfbeskikking beteken dat ‘n nasie self die hoogste en finale gesag in die bepaling van sy sake is. Hy stel ook dat aangesien: a is inseparably linked with the idea of a nation, this implies the right to make use of a specific territory.37 Die begrip word gevolglik ook in geografiese konteks gebruik en vertolk as synde die reg van ‘n groep met ‘n onderskeidende politieke-territoriale identiteit wat self oor die groep se toekoms besluit.

Die woord word ook gebruik om na die staat te verwys. So definieer Cobban die reg op selfbeskikking as die reg van ‘n nasie: ... to constitute an independent state and determine its own government for itself. 38

35 Ofuatey-Kodjoe The Principle of Self-Determination in International Law Nellen Publishing Company New York 1977 op xii.

36 Jacobs "Die Nuwe Grondwetlike Bedeling: Oorsaak van die Grondwetlike Krisis?” Tydskrif vir Rasse-Aangeleenthede Jg 38 Vol 1 en 2 1987 op 9.

37 Hertz Nationality in History and Politics - A Psychology and Sociology of National Sentiment and Nationalism Routledge & Kegan Ltd Londen 1966 op 240.

38 Cobban The Nation-State and National Self-Determination The Fontana Library Londen 16

Die begrip selfbeskikking verwys dus na onder meer ‘n nasie of volk, ‘n onafhanklike staat, ‘n reg, ‘n eie politieke, kulturele, ekonomiese en maatskaplike struktuur of ordening, eie besluite oor eie sake en ‘n eie geografiese gebied. Die begrip besit inderdaad ‘n mistieke krag wat aan dié groep wie se aspirasies daardeur gelei word, ‘n onuitblusbare wil tot doelwitverwesenliking gee, ‘n groep wat soos MaCartney verklaar:

1969 op 104. 17

has proved itself of a sort which moves mountains.39

Daar is sommige wat hierdie begrip ook as ‘n “international human right” beskou. Volgens hierdie uitgangspunt word die reg op selfbeskikking gevolglik ook aan indiwidue toegeken.40 Dit is egter te betwyfel of daar enige nodigheid bestaan om, veral in die lig van die uitgebreide indiwiduele regte wat reeds bestaan, die reg ook in indiwiduele verband te gebruik. Dat die verwesenliking van die regte van die indiwidue in ‘n staat as ‘n voorwaarde vir die verwesenliking van (interne) selfbeskikking gesien word, is wel so. Daarbenewens is dit klaarblyklik bedoel om ‘n kollektiewe reg te wees wat net in groepsverband tot sy reg kom.

2.3 DIE VERENIGDE NASIES41

39 MaCartney National States and National Minorities Oxford University Press Londen 1934 op 47.

40 Sien byvoorbeeld Dinstein "Self-Determination and the Middle East Conflict” in Alexander en Friedlander (reds) Self-Determination - National, Regional and Global Dimensions Westwiew Boulder 1980 op 243.

41 Sien in hierdie verband Dixon en McCorquodale Cases and Materials on International Law Blackstone Press Limited 1991 op 227-241 wat ‘n kort oorsig oor al die belangrike 18

besluite van die Verenigde Nasies gee. 19

Daar is reeds aangedui dat die Handves van die Verenigde Nasies melding maak van die begrip selfbeskikking. ‘n Definisie van selfbeskikking word nie in die Handves gegee nie. Die reg op selfbeskikking is wel een van die doelwitte van die Verenigde Nasies, soos uiteengesit in artikel 1(2) van die Handves.42 Artikel 55 (asook artikel 73) verwys ook na selfbeskikking en selfregering.43 Dit word egter nie in die Handves gesien nie as: the object of a definite obligation to be fulfilled immediately.44

Die Menseregtekommissie (Commission on Human Rights) het by sy sesde sessie in 1950 'n voorstel ter tafel gehad dat in die voorgestelde internasionale handves van menseregte 'n bepaling ingesluit word met as inhoud: Every people and every nation shall have the right to national self-determination. States which have responsibilities for the administration of Non-Self-Governing shall promote the fulfilment of this right, guided by the aims and principles of the United Nations in relation to the peoples of such territories.45

In Februarie 1952 is Resolusie 545(VI) deur die Algemene Vergadering aanvaar. Onder die opskrif "Inclusion in the International Covenant or Covenants on Human Rights of an article relating to the right of peoples to self-determination” lui artikel 1 soos volg: The General Assembly decides to include in the International Covenant or Covenants on Human Rights an article on the right of all peoples and nations to self-determination in reaffirmation of the principle enunciated in the Charter of the United Nations. This article

42 Artikel 1 paragraaf 2 (Hoofstuk I: "Doelstelling en Beginsels") bepaal soos volg: "To develop friendly relations among nations based on respect for the principle of equal rights and self-determination of peoples, and to take other appropriate measures to strengthen universal peace”.

43 Die inleidingsparagraaf van artikel 55 lui soos volg: "With a view to the creation of conditions of stability and well-being which are necessary for peaceful and friendly relations among nations based on respect for the principle of equal rights and self-determination of peoples, ...". Artikel 73 verwys na gebiede wat nog nie selfregering het nie. Daar word onder andere stappe uiteengesit hoe om selfregering te verwesenlik (“develop”).

44 Cassese “Political Self-Determination - Old Concepts and New Developments” in Cassese (red) UN Law: Fundamental Rights Sijthoff en Noordhoff International Publishers 1979 op 138.

45 Official Record of the Economic and Social Council Eleventh Session No 5 (E/1681) Bylaag III. 20 shall be drafted in the following terms: 'All peoples shall have the right to self- determination; and shall stipulate that all States, including those having responsibility for the administration of Non-Self-Governing Territories, should promote the realization of that right in relation to the peoples of such Territories’.46

46 Resolusie 545(VI) van die Algemene Vergadering van 5 Februarie 1952. 21

Die Verenigde Nasies het Resolusie 637(VII) by sy sewende sessie op 16 Desember 1952 aanvaar, wat die reg op selfbeskikking van mense (volkere) en nasies erken.47

47 Die bewoording lui soos volg: "a. that the right of peoples and nations to self-determination is a prerequisite to the full enjoyment of all fundamental rights; b. that every State Member of the United Nations, in conformity with the Charter, should respect the maintenance of that right in other States; c. that the State Members of the United Nations should uphold the principle of self-determination of all peoples and nations; d. that the peoples of Non-Self-Governing and Trust Territories have the right to self-determination and that Member States should, therefore, recognize and promote the realization of that right and facilitate its exercize; e. that the Member States responsible for the administration of Non-Self- Governing and Trust Territories should take certain practical steps pending, and in preparation for, the realization of the right to self- determination. More-over, the resolution recommends Member States responsible for the administration of Non-Self-Governing Territories voluntarily to include in the information transmitted by them under Article 73e of the Charter details regarding the extent to which the right of peoples and nations to self-determination is exercised by the peoples of those Territories, and in particular regarding their political progress and the measures taken to develop their capacity for self-administration, to satisfy their political aspirations and to promote the progressive development of their free political institutions". 22

Soos vervat in Critescu Spesiale Rapporteur van die Sub-Kommissie oor die Voorkoming van Diskriminasie en die Beskerming van Minderhede The Right to Self-Determination United Nations New York 1981 op 5. 23

Voor die dekoloniseringsproses is die reg op selfbeskikking beskou as 'n reg wat aan mense in hulle staatsverband toekom. Tydens die tydperk van dekolonisasie het die Verenigde Nasies die reg op selfbeskikking 'n groter inhoud begin gee deur middel van resolusies en deklarasies. Resolusie 1514(XV) van 14 Desember 1960, bekend as die Deklarasie insake die Verlening van Onafhanklikheid aan Koloniale Gebiede en Mense, (hierna genoem die 1960-Deklarasie) bepaal dan ook dat alle mense (“all peoples”) die reg het op selfbeskikking.48 Deur hierdie Resolusie is ‘n reg geskep ten opsigte van daardie trustgebiede en nie-selfregerende gebiede of ander gebiede wat nog nie onafhanklikheid gehad het nie, om alle mag na die mense van daardie gebiede oor te dra.49 Akehurst is van mening dat dit 'n poging was om Artikel 73 van die Handves van die Verenigde Nasies te interpreteer.50

48 UN Doc A/4684 (1960) GAOR 15 th Session Supp 16 op 66. In Engels staan die besluit bekend as die Declaration on the Granting of Independence to Colonial Territories and Peoples. Die volledige inhoud van die resolusie lui soos volg: "1. The subjection of peoples to alien subjugation and exploitation constitutes a denial of fundamental human rights, is contrary to the Charter of the United Nations and is impediment to ...world peace and co-operation. 2. All people have the right to self-determination; by virtue of that right they freely determine their political status and freely pursue their economic, social and cultural development. 3. Inadequacy of political, economic, social or educational preparedness should never serve as a pretext for delaying independence. 4. All armed action or repressive measures of all kinds directed against dependant peoples shall cease in order to enable them to exercise peacefully and freely their right to complete independence, and the integrity of their national territory shall be respected. 5. Immediate steps shall be taken, in the Trust and Non-Self-Governing Territories or all other territories which have not yet attained independence, to transfer all power to the peoples of those territories ... in accordance with their freely expressed will ... in order to enable them to enjoy complete freedom and independence. 6. Any attempt aimed at the partial or total disruption of the national unity and the territorial integrity of a country is incompatible with the purposes and principles of the Charter of the United Nations".

49 Sien ook in hierdie verband Booysen Volkereg en sy Verhouding tot die Suid-Afrikaanse Reg Juta 1989 op 148.

50 Akehurst supra op 252. Maar selfs die state wat buite stemming gebly het in 1960 het teen 1970 aanvaar dat dit die korrekte standpunt in die Internasionale Reg behoort te wees. Hierdie siening is bevestig in die saak van die Internasionale Geregshof in die Namibië en Wes-Sahara-sake (ICJ Reports 1971 op 16, 31 en ICJ Reports 1975 op 12, 31-33, 121). 24

Op die volgende dag, naamlik op 15 Desember 1960, is Resolusie 1541(XV) aanvaar wat bepaal het hoe ‘n nie-selfregerende gebied volle selfregering kon verkry.51 Dit het onder andere gestel dat dit gedoen kon word deur die daarstel van ‘n soewereine onafhanklike staat, deur vrye assosiasie met ‘n onafhanklike staat, of deur integrasie met ‘n onafhanklike staat.52

51 UN Doc A/4684 (1960) GAOR 15 th Session Supp 16 op 29.

52 Beginsel VI van hierdie Resolusie. 25

Deur middel van Resolusie 2625(XXV) van 24 Oktober 1970 is die Deklarasie insake die Beginsels van die Internasionale Reg insake Vriendelike Verhoudinge en Samewerking tussen State in Ooreenstemming met die Handves van die Verenigde Nasies daargestel (hierna genoem die 1970-Deklarasie).53 Hierdie Resolusie het selfbeskikking, ten opsigte van sekere kategorieë mense (“peoples”), verder omskryf en selfs aan hierdie mense die reg gegee om hulp te ontvang in die nastreef van hierdie reg.54

2.4 DIE 1966-VERDRAE

In 1966 is verdere stukrag aan die beginsel van selfbeskikking gegee deur middel van twee verdrae, naamlik die Internasionale Verdrag op Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte van 1966 en die Internasionale Verdrag op Burgerlike en Politieke Regte van 1966 (hierna genoem die 1966-Verdrae). Artikel 1 van hierdie twee verdrae is eendersluidend en stel dat alle mense die reg het op selfbeskikking en as gevolg van daardie reg die reg het om vrylik hulle politieke status te bepaal en vrylik hulle ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling na te streef.55

Nog voordat die Universele Deklarasie van Menseregte in 1948 deur die ledestate van die Verenigde Nasies aanvaar is, was daar die bedoeling gewees om die bepalings van die Handves te omskep in bindende verdragsbepalings wat die algemene beginsels verder sou spesifiseer. Dit is interessant om daarop te let dat die USSR daarteen gekant was dat die twee verdrae van 1966 slegs indiwiduele fundamentele regte moes omskryf.

53 UN Doc A/8028 (1970) 25 UN GAOR Supp (No 28) op 121.

54 Sien veral Booysen supra op 148.

55 Sien Dixon en McCorquodale supra op 229-230. 26

Die USSR het trouens daarop gesteun dat die reg van “peoples” op selfbeskikking ook in hierdie verdrae vervat moes word. Die USSR het sterk steun van ontwikkelende state verkry vir hierdie standpunt. Dit het tot gevolg gehad dat hierdie standpunt geseëvier het.

Die Westerse state het op hierdie stadium die beginsel van selfbeskikking teengestaan, hoofsaaklik weens die feit dat hulle koloniale belange daardeur in gevaar gestel sou word. So is daar aanvanklik deur Westerse state geredeneer dat selfbeskikking ‘n politieke beginsel is en nie ‘n regsbeginsel of ‘n reg waarop aanspraak gemaak kon word nie.56 Die ander argument was dat selfbeskikking ‘n kollektiewe reg is en dat daar nie plek was vir die beginsel binne die bepalings van die regte en vryhede van indiwidue nie. Ook is daar geargumenteer dat selfbeskikking ‘n stadige en geleidelike proses is en nie deur die invoeging van ‘n beginsel in die internasionale verdragsreg bespoedig moes word nie. Daar is selfs geargumenteer dat Artikel 1(2) van die Verenigde Nasies se Handves genoegsaam voorsiening gemaak het vir selfbeskikking en dat daar gevolglik nie nodigheid was vir ‘n verdrag daaroor nie. Kommer is ook uitgespreek oor minderhede binne state en oor die territoriale integriteit van state. Uiteindelik is die volgende bewoording aanvaar vir Artikel 1 van die 1966-Verdrae: 1. All peoples have the right of self-determination. By virtue of that right they freely determine their political status and freely pursue their economic, social and cultural development. 2. All peoples may, for their own ends, freely dispose of their natural wealth and resources without prejudice to any obligations arising out of international economic cooperation, based upon the principle of mutual benefit, and international law. In no case may a people be deprived of its own means of subsistence. 3. The State Parties to the present Covenant, including those having responsibility for the administration of Non-Self-Governing and Trust Territories, shall promote the realization of the right of self-determination, and shall respect that right in comformity with the provisions of the Charter of the United Nations.57

56 Sien byvoorbeeld die Britse standpunt van 2 Julie 1955 in UN Doc A/2910 Add 1 Tiende Sessie 1955 soos na verwys in Cassese supra op 50.

57 Sien Dixon en McCorquodale supra op 229-230. 27

Die betekenis van die woord “freely” hou in dat die mense of die bevolking van ‘n staat sonder inmenging of manipulasie of onbehoorlike beïnvloeding geregtig is om die wetgewer en politieke leiers van hulle staat aan te wys. Hierdie reg hou verband met ander regte soos uiteengesit in die Internasionale Verdrag op Siviele en Politieke Regte van 1966, naamik: - die reg op vryheid van uitdrukking (Artikel 19), - die reg op ‘n vreedsame samekoms (Artikel 21), - die reg op vryheid van assosiasie (Artikel 22), - die reg om te stem (Artikel 25b), en - die reg om deel te neem aan openbare sake deur middel van vry verkose verteenwoordigers (Artikel 25a). Alhoewel die woorde van hierdie artikels baie mooi lyk op papier, het daar in talle state in die wêreld nie werklik iets daarvan tereg gekom nie. Gevolglik het selfbeskikking in byvoorbeeld Afrika bloot neergekom op onafhanklikwording (“one man one vote once”). Selfbeskikking het dus in talle state vir alle praktiese doeleindes tot ‘n einde gekom met onafhanklikwording en is talle Afrikastate na onafhanklikwording gekenmerk deur diktatoriale optredes, eenpartystate, staatsgrepe, en dies meer.58 Dit is egter so dat hierdie artikel (artikel 1) wel tot gevolg gehad het dat die reg op selfbeskikking aansienlik ontwikkel het sedert 1966.

Wat verder van belang is, is dat die reg op selfbeskikking wat in hierdie verdrae geskep is, voortdurende reg daarstel.59 Daarom word daar gebruik gemaak van die woorde “all peoples have the right to self-determination”. Dit is gevolglik ‘n permanente reg wat nie

58 Sien byvoorbeeld The Economist van 24 Februarie 2001 op 17-18 waar onder die opskrif “Africa’s Elusive Dawn” die volgende gestel word: “Who will mend Africa? That it is in trouble is hardly in doubt. Seven or eight of its countries are convulsed by insurgencies, half a dozen more are involved in the war in Congo, several others suffer recurrent ethnic clashes, and another pair, Ethiopa and Eritrea, are licking their wounds after an old-fashioned, and very bloody, border war. Just as worrying, many of the countries that have escaped such fighting are floundering economically. Half of sub-Saharan Africa’s 600 m people live on just 65 cents a day, and recently they have been getting poorer. Such facts prompted us last year to call Africa ‘the hopeless continent’”.

59 Sien Cassese supra op 54. 28

ontneem kan word of, indien dit eenkeer uitgeoefen is, nie meer bestaan nie.

Die feit dat inmenging van buite verbied word deur die woorde “freely” beteken ook dat die territoriale integriteit van state erken en respekteer moet word. Daarom is militêre okkupasie en anneksasie in stryd met hierdie artikel soos wat dit ook in stryd is met die Handves van die Verenigde Nasies.

In 1984 het die Menseregtekomitee van die Verenigde Nasies, wat bekend staan as ‘n Algemene Opmerking, oor die reg op selfbeskikking gedoen.60 Daardeur is gepoog om meer duidelikheid oor die begrip te gee. Die Opmerking het gestel dat die reg op selfbeskikking van besondere belang is, aangesien die realisering daarvan ‘n essensiële vereiste is vir die effektiewe waarborg en uitvoering van indiwiduele menseregte en vir die uitbouing en versterking van daardie regte. Volgens die Menseregtekomitee is dit waarom dit as deel van die positiewe reg in beide die 1966-Verdrae vervat is en meer nog, waarom dit vóór al die ander regte in daardie verdrae, uiteengesit is. Dit het ook verklaar dat ‘n positiewe verpligting op state geplaas is om toe te sien tot die realisering van die reg op selfbeskikking.

2.5 SELFBESKIKKING ’N REG?

Die vraag is nou of daar in juridiese sin 'n reg op selfbeskikking bestaan.61 Booysen62 is van mening dat al sou die reg op selfbeskikking nie as 'n duidelik uitgekristalliseerde internasionale (volkeregtelike) reg gesien word nie, dit tog aan 'n groep mense, veral in koloniale of afhanklike verbande, politieke aansprake teen 'n staat verleen. Indien 'n

60 Human Rights Committee General Comment 12 39 UN GAOR Supp 40 (A/39/40) op 142-143 IHHR (1994) op 100-11 soos na verwys (en aangehaal) in Dixon en McCorquodale supra op 231.

61 Sommige juriste waaronder Sinha "Has Self-Determination become a Principle of International Law Today?" Indian Journal of International Law 1974 op 332 en veral op 361 en Devine "The Status of Rhodesia in International Law” Acta Juridica 1974 op 182 is van mening dat selfbeskikking nie as 'n algemeen volkeregtelike reg beskou kan word nie terwyl ander soos Umozurike supra op 274 weer van mening is dat dit 'n reg in wording is, 'n reël in statu nascendi.

62 Booysen supra op 148. 29 staat sulke aansprake sou ignoreer, doen hy dit met die wete dat internasionale veroordeling nie uitgesluit sal bly nie.

In wat hierna volg, sal gepoog word om op hierdie vraag te beantwoord.

30

HOOFSTUK 3

EKSTERNE SELFBESKIKKING

3.1 INLEIDING

Eksterne selfbeskikking kan omskryf word as die status van ‘n “people” (mense) met betrekking tot ander mense, staat of ryk, terwyl interne selfbeskikking te doen het met die verhouding tussen ‘n groep mense binne ‘n staat en die regering van daardie staat.63 ‘n Onderskeid word dus getref tussen state se kollektiewe status en die regte van minderhede binne state.

Eksterne selfbeskikking vind heel dikwels neerslag in die onafhanklikheid van ‘n staat. Verskeie state (veral in Afrika) was dan ook van mening dat selfbeskikking gerealiseer (en voltooid) was met onafhanklikwording en wil gevolglik nie erkenning gee aan die reg op interne selfbeskikking nie. Eksterne selfbeskikking het ‘n groot impak op die ontwikkeling van die internasionale gemeenskap gehad sedert 1945. Waar die Verenigde Nasies aanvanklik in 1945 slegs 51 lede gehad het, het dit feitlik vervierdubbel tot 179 in 1992.64 Deur ‘n proses van onafhanklikwording (eksterne selfbeskikking), is dit moontlik gemaak. Dikwels wanneer “state” (of groepe) nie tevrede is met die (vorm van) interne selfbeskikking waarop hulle aandring nie, wend sodaniges hulle tot eksterne selfbeskikking.

63 Sien Thornberry “The Democratic or Internal Aspect of Self-Determination with some remarks on Federalism” in Tomuschat Modern Law of Self-Determination Marthinus Nijhoff Publishers 1993 op 101.

64 Sien Basic Facts about the United Nations 1992 op 259-260. In 2002 het die ledetal 189 beloop. Sien in hierdie verband . 31

3.2 DIE SELFBESKIKKING VAN KOLONIALE GEBIEDE

Na 1950 en met die ondersteuning van die USSR asook daardie state wat ontwikkelend was en reeds politieke onafhanklikheid bereik het, is die beginsel van selfbeskikking sterk na vore gebring binne die Verenigde Nasies ten einde koloniale oorheersing van hierdie gebiede te beeïndig. Aanvanklik het die Westerse state daarteen geskop, maar later toegegee en is daar sekere besluite aanvaar wat tot gevolg gehad het dat die koloniale gebiede onafhanklik geraak het. Die eerste hiervan was Resolusie 1514(XV) (die 1960-Deklarasie). Resolusie 1541(XV) het, soos reeds aangedui, ook hieroor gehandel. Wat gebeur het, is dat ‘n stel standaarde ontwikkel het in verband met selfbeskikking wat die beginsel soos vervat in die Verenigde Nasies Handves, verder omskryf het.

In die saak voor die Internasionale Geregshof in 1971 naamlik die Advisory Opinion on Namibia het die hof, nadat oorweging gegee is aan die mandaatsisteem, besluit dat: The subsequent development of international law in regard to Non-Self- Governing Territories, as enshrined in the Charter of the United Nations, made the principle of self-determination applicable to all of them.65

Die inhoud van die standaarde wat daargestel is ten opsigte van koloniale gebiede kan soos volg uiteengesit word:66 1. Alle mense wat onderwerp was aan koloniale oorheersing het ‘n reg op selfbeskikking en gevolglik die reg om vrylik hulle politieke status te bepaal en hulle sosiale, ekonomiese en kulturele ontwikkeling na te strewe. 2. Hierdie reg het slegs te make met eksterne selfbeskikking, dit wil sê die

65 ICJ Reports 1971 op 31.

66 Sien Cassese supra op 72-73. 32

keuse om hulle internasionale status te bepaal, naamlik dié van die gebied en die mense van die gebied. 3. Hierdie reg behoort aan die mense as ‘n geheel en indien ‘n gebied bestaan uit verskeie etniese groepe is hierdie etniese groepe nie geregtig om hulle eksterne status te bepaal nie. Dit is in ooreenstemming met die beginsel van territoriale integriteit. So verbied Resolusie 1514(XV) enige poging om die nasionale eenheid of territoriale integriteit van ‘n staat te skend. Dit was duidelik gedoen om die interne stabiliteit van state te probeer verseker en ten einde ontstrengeling van state te verhoed. Die beginsel van uti possidetis het dus voorrang geniet. Dit het tot gevolg gehad dat die reg op selfbeskikking aan indiwiduele etniese groepe in wese ontken is binne hierdie koloniale gebiede. 4. Wat betref die prosedure om selfbeskikking te verwesenlik is ‘n onderskeid gemaak op die basis van wat die finale uitslag van selfbeskikking sou wees, naamlik of die staat uiteindelik ‘n soewereine of onafhanklike staat sou wees, en of dit sou assosieer met ‘n onafhanklike staat of sou integreer met ‘n onafhanklike staat. Ten opsigte van eersgemelde opsie, naamlik om as ‘n soewereine onafhanklike staat daargestel te kan word, is daar nie vereis dat ‘n referendum gehou word nie. Ten opsigte van laasgemelde twee keuses naamlik assosiasie of integrasie het Resolusie 1541(XV) wel bepaal dat dit deur middel van die vrye keuse van die mense van die gebied gedoen moes word, dit wil sê deur ‘n demokratiese proses. 5. Wanneer die mense eers hulle reg op eksterne selfbeskikking uitgeoefen het, het die reg in effek tot niet gegaan. Dit kan afgelei word van Paragraaf VI van die beginsel op selfbeskikking soos vasgestel deur die 1970-Deklarasie wat dit soos volg stel: The territory of a colony or other Non Self-Governing Territory has, under the Charter, a status separate and distinct from the territory of the State administering it; and such separate and distinct status under the Charter shall exist until the people of the colony or Non-Self-Governing Territory have exercised their right of self-determination in accordance with the 33

Charter, and particularly its purposes and principles.67

Bogemelde uitgangspunt van die Verenigde Nasies het verskeie gebreke getoon:68 1. Eerstens is die interne selfbeskikking van koloniale mense geïgnoreer en kon hulle gevolglik nie vrylik hulle vorm van regering en regeerders kies nie. 2. In die tweede plek is die inwoners van hierdie gebiede en spesifiek die samestelling van die gebied se inwoners totaal geïgnoreer deur slegs aan die gebied as geheel selfbeskikking te gee en kon die mense gevolglik nie hulle internasionale status bepaal nie. 3. Derdens, en indien ‘n staat sou verkies om onafhanklik te wees, is daar hoegenaamd geen referendum of verkiesing gehou nie en is die wense van die inwoners gevolglik nie geverifieer nie.

67 Sien Dixon en McCorquodale supra op 230.

68 Cassese supra op 74. 34

Sewentig gebiede het (volgens ‘n verslag) onafhanklikheid verkry tussen 1945 en 1978.69 In dieselfde verslag word gestel dat 28 van hierdie gebiede nie hulle onafhanklikheid verkry het nie. Laasgemelde getal het wel minder geword sedert die verslag gepubliseer is.

Die Verenigde Nasies het wel veral sedert 1954 toegesien dat verkiesings en referendums in state gehou was voordat onafhanklikheid verkry is. Verskeie state dien as voorbeeld daarvan, maar is dit ook so dat daar gevalle was waar daar nie sodanige verkiesings of referendums gehou was nie.70

Dan is dit ook so dat daar in ten minste twee gevalle, naamlik Ruanda-Urundi en die Britse Kameroen, nie gehoor gegee is aan die beginsel van territoriale integriteit nie. In die geval van Ruanda en Boeroendi het die Algemene Vergadering dan ook deur middel van Resolusie 1746(XVI) besluit dat Ruanda en Boeroendi as twee onafhanklike en soewereine state sal bestaan. Ten opsigte van Kameroen is besluit dat die mense van

69 Sien Gros Espiell Special Rapporteur Implementation of United Nations Resolutions Relating to the Rights of Peoples under Colonial and Alien Domination to Self- Determination Study for the Sub-Commission on Prevention of Discrimination and Protection of Minorities of the Commission of Human Rights United Nations New York 1980.

70 Sien Franck “The Stealing of the Sahara” American Journal of International Law Vol 70 1976 op 700 en verder. 35

die noordelike deel van Kameroen ingelyf sou word by Nigerië en het die suidelike deel van Kameroen geïntegreer met Kameroen. Hier kan dus gekonstateer word dat die beginsel van selfbeskikking voorrang geniet het bo die beginsel van territoriale integriteit. Daar kan geargumenteer word dat hierdie twee gebiede selfs voor onafhanklikheid twee onderskeidende en onafhanklike gebiede daargestel het,71 maar kan dieselfde argument waarskynlik aangevoer word ten opsigte van Biafra en Katanga waar daar baie duidelik ook onderskeidende gebiede was en gaan hierdie argument gevolglik nie heeltemal op nie.

Verder is dit so dat die Verenigde Nasies in minstens drie gevalle sy eie beginsels verontagsaam het aangesien daar nie selfbeskikking aan hierdie drie gebiede gegee is nie en hierdie gebiede ook onder dié tel wat as koloniale gebiede beskou kan word. Hierdie drie gebiede is die gebiede van Goa (Goa, Damao en Din), Wes-Irian en Oos- Timor. Laasgemelde het in 2002 onafhanklik geword en word elders bespreek en word gevolglik aandag gegee aan eersgemelde twee gebiede.

Wat betref die gebiede van Goa, Damao en Din was traag om die proses van dekolonisasie in werking te stel. Indië het gevolglik voortgegaan en nie gewag vir ‘n verkiesing of referendum nie, maar die gebiede ingeval op 12 en 13 Desember 1961. Op 18 Desember 1961 is die gebied(e) deur Indië oorgeneem.72 Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het daarop vergader op versoek van Portugal, maar was Indië ondersteun deur Liberië en het hulle gestel dat die inval van Indië geregverdig was omdat Portugal geen soewereine reg oor hierdie gebiede gehad het nie, dat Portugal se okkupasie van hierdie gebiede onwettig was en dat die mense van Goa Indiërs was

71 Cassese supra op 79.

72 Sien veral Wright “The Goa Incident” American Journal of International Law Vol 56 1962 op 617-632. 36

soos die res van die mense van Indië.

Chili het byvoorbeeld soos volg gereageer: In the present case, we think the parties should take into consideration the wishes of the inhabitants of Goa, Damao and Din. There is no doubt whatsoever that the Portuguese possessions in are historical vestiges of a colonial past ... Neither historical possessions (by Portugal) nor violent possessions (by India) should prevail, but the freely expressed wishes of the inhabitants of the disputed territories.73

As gevolg van die veto van die USSR was die anneksasie deur Indië van hierdie gebiede de facto goedgekeur deur die wêreldgemeenskap sonder dat daar enigsins ag geslaan is op die wense van die bevolking van hierdie drie gebiede.74

Wat betref die geval van Wes-Irian (ook bekend as Wes Nieu Guinea) het Indonesië in 1954 gevra dat die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies die status van hierdie gebied bespreek. Volgens Indonesië was Wes-Irian altyd ‘n integrale deel van Indonesië en moes dit teruggegee word aan Indonesië. Nederland het gestel dat daar omstandighede geskep moes word vir die selfbeskikking van hierdie gebied. Ander state het ook gestel dat die Algemene Vergadering moes werk daaraan om die selfbeskikking van die mense van hierdie gebied te bewerkstellig. Geen besluit is egter aanvaar nie, en is die saak eers weer in 1961 voor die Algemene Vergadering gebring. Nederland het steeds aangedring op die beginsel van selfbeskikking terwyl Indonesië aangedring het op die beginsel van onderhandeling tussen die twee state. Uiteindelik is ‘n ooreenkoms bereik op 15 Augustus 1962 in terme waarvan Nederland die administrasie van die gebied aan die Verenigde Nasies se tydelike uitvoerende komitee sou oordra en sou die

73 SCOR 988th Meeting para 30.

74 Sien Sien veral Wright supra op 617 en verder. 37

Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies ‘n administrateur aanwys om die gebied tussentyds te regeer. Daar is ook besluit dat die mense van hierdie gebied hulle selfbeskikkingsreg sou uitoefen voor die einde van 1969 en waarin besluit sou word of hulle deel van Indonesië wil wees en of hulle as ‘n onafhanklike staat wou bestaan.75

Die Algemene Vergadering het hierdie verdrag bekragtig deur middel van Resolusie 1752(XVII) op 21 September 1962. Beheer oor die gebied was oorhandig aan Indonesië na 1 Mei 1963. In 1969 is ‘n “handeling van vrye keuse” gehou in ooreenstemming met bogemelde resolusie en het die inwoners van die gebied verkies om ingelyf te word by Indonesië en is dit bekragtig deur die Algemene Vergadering deur middel van Resolusie 2504(XXIV) op 19 November 1969.

75 UN Ybk 1961 op 124 tot 127. 38

Hierdie handeling van vrye keuse (Act of Free Choice) is egter aan kritiek onderwerp. Die keuse wat gestel is aan die inwoners was uiters beperk, naamlik of hulle deel wou bly van Indonesië en of hulle hulle bande met Indonesië wou losmaak. Daar is geen verdere alternatiewe gestel nie en is die wense van die bevolking nie werklik in ag geneem nie.76

3.3 DIE FALKLAND-MALVINAS DISPUUT77

Die Falkland-Malvinas gebiede was onder Brittanje se beheer vir meer as 150 jaar sedert 1833. Dit was as gevolg van militêre okkupasie. Hierdie gebiede is vêr van die Britse Eilande (ongeveer 13 000 kilometer) en relatief naby Argentinië (500 kilometer), alhoewel die inwoners van die gebiede hoofsaaklik uit Britte bestaan. Die gebied bestaan uit twee eilande bekend as Oos-Falkland (Isla Soledad) en Wes-Falkland (Isla Gran Malvina). Die gebied beslaan ongeveer 12 000 vierkante kilometer en daar is maar sowat 1 800 inwoners.78 Die gebied was eers onder Spaanse beheer en vanaf 1771 tot en met 1774, onder Britse beheer. Spanje het die gebied vanaf 1774 tot en met 1811 beheer en beset en in 1811 verlaat. Die gebied was tot en met 1820 nie onder enige beheer nie, alhoewel Brittanje stel dat hy deur middel van ‘n “plaque” wat in 1874 op die eilande agtergelaat is, sy soewereiniteit oor die gebied behou het. Brittanje het egter

76 Vir ‘n behoorlike bespreking van die kritiek op hierdie ontkenning van die reg op selfbeskikking sien Cassese supra op 84-85.

77 Sien veral Viejobuono “Self-Determination v Territorial Integrity: The Falkland/Malvinas Dispute with Reference to Recent Cases in the United Nations” South African Yearbook of International Law Vol 16 1990 op 1-31.

78 Viejobuono supra op 2. 39 geen protes gemaak toe Argentinië die gebied in 1820 geokkupeer het nie. In 1820 het Argentinië sy gesag oor die gebied gevestig en in 1833 het Brittanje die gebied ingeval.79 Argentinië eis dat dit die reg het om sy soewereiniteit oor die gebied te vestig vanweë sy okkupasie in 1820 en op grond van die beginsel uti possidetis uris. Brittanje weer het gestel dat hy die gebied ge-herokkupeer het in 1833. Brittanje het die gebied as ‘n nie- selfregerende gebied in 1946 geregistreer.

79 Viejobuono supra op 1-10. 40

In 1982 het ‘n gewapende konflik uitgebreek toe Argentinië gepoog het om die eilande van Brittanje af te neem. Brittanje het egter die oorwinning behaal en sy reg oor die eilande bevestig. Die vraag kan gestel word of die reg op selfbeskikking nie deur beide hierdie state ontken word nie. Brittanje eis naamlik dat hy ‘n reg het op hierdie gebied as gevolg van die verowering daarvan, sy territoriale soewereiniteit wat hy daaroor gevestig het en word daar selfs gesteun op die beginsel van selfbeskikking.80

Dit is dikwels so dat die konflikterende eise van soewereine state op ‘n gebied die implementering van selfbeskikking onprakties maak. Dan gebeur dit ook dat daar hoegenaamd nie uiting gegee word aan die wil en wense van die mense van die gebied nie. Gevolglik het die Verenigde Nasies ook nie altyd geweet watter roete om te volg nie en bloot die maklikste uitweg gekies. Wat die Verenigde Nasies hier gedoen het, was om bloot die onderskeie state, naamlik Groot-Brittanje en Argentinië te versoek om oor die saak te onderhandel.

3.4 UITSPRAKE VAN DIE INTERNASIONALE GEREGSHOF

Die Internasionale Geregshof het in 1971 in die saak van die Advisory Opinion on Namibia en daarna in 1975 in die Advisory Opinion on Western Sahara uitsluitsel gegee oor die reg op selfbeskikking van mense van koloniale gebiede.

In laasgemelde saak is die doel en impak van selfbeskikking in effek verbreed. So besluit die hof na aanleiding van die Algemene Vergadering se Resolusie 1514(XV) dat:

80 Sien British Yearbook of International Law Vol 53 1982 op 367 en verder asook Viejobuono supra op 12. 41

The above provisions, in particular paragraph 2 (defining self-determination), thus confirm and emphasize that the application of the right of self-determination requires a free and genuine expression of the will of the peoples concerned.81

Die Internasionale Geregshof het in laasgemelde saak ook twee verdere resolusies bespreek naamlik Resolusie 1541(XV) asook Resolusie 2625(XXV) en tot die volgende gevolgtrekking gekom: The validity of the principle of self-determination, defined as the need to pay regard to the freely expressed will of the peoples, is not affected by the fact that in certain cases the General Assembly has dispensed with the requirement of consulting the inhabitants of a given territory. Those instances were based either on the consideration that a certain population did not constitute a ‘people’ entitled to self-determination or on the conviction that a consultation was totally unnecessary, in view of special circumstances.82

Hierdeur het die Internasionale Geregshof te kenne gegee dat daar nie altyd na die inwoners van ‘n bepaalde gebied se wense geluister sal word nie. Dit is in daardie gevalle waar die inwoners volgens die Internasionale Geregshof nie ‘n “people” daarstel nie, asook wanneer spesiale omstandighede geld. Wat hierdie spesiale omstandighede behels, is onduidelik.

Dit is duidelik uit die Algemene Vergadering se resolusies asook van standpunte en optrede van state dat daar, ten minste by die bereiking van politieke onafhanklikheid deur ‘n koloniale gebied, nie formeel vereis word dat die mense van daardie gebied hulle wense moes uitspreek oor onafhanklikheid nie. In Resolusie 1541(XV) word dit egter duidelik gestel dat daardie mense wat assosiasie of integrasie met ‘n onafhanklike staat verkies wel hulle wense deur middel van ‘n referendum of verkiesing moet

81 ICJ Reports 1975 op 32 para 55.

82 ICJ Reports 1975 op 33 para 59. 42 uitoefen. Die Internasionale Geregshof het gestel dat daar ‘n noodsaaklikheid is om uiting te gee aan die vrye en uitdruklike wil van mense van ‘n gebied, behalwe in die twee gevalle soos hierbo genoem.

Dit is jammer dat die hof nie die twee aspekte volledig uiteengesit het nie, aangesien daar steeds onduidelikheid is oor wat “people” behels asook wat spesiale omstandighede behels. Aangesien die kwessie van kolonialisme nou feitlik verdwyn het, is dit immers nou noodsaaklik.

In die saak bekend as The Frontier Dispute-saak is dit duidelik gestel dat die beginsel van uti possidetis en die beginsel van selfbeskikking met mekaar versoen moet word, aangesien die twee klaarblyklik in botsing met mekaar is.83

3.5 DIE SELFBESKIKKING VAN MENSE WAT ONDERWORPE IS AAN BUITELANDSE DOMINASIE OF OKKUPASIE

83 The Frontier Dispute (ICJ Reports 1986 para 25 op 567) het die hof die belang van uti possidetis as ‘n algemene reël van die Internasionale Reg beklemtoon. Die Hof stel dit soos volg: “At first sight this principle conflicts outright with another one, the right of peoples to self-determination. In fact, however, the maintenance of the territorial status quo in Africa is often seen as the wisest course to preserve what has been achieved by peoples who have struggled for their independence, and to avoid a disruption which would deprive the continent of the gains achieved by much sacrifice. The essential requirement of stability in order to survive, to develop and gradually to consolidate their independence in all fields, has induced African States judiciously to consent to the respecting of colonial frontiers, and to take account of it in the interpretation of the principle of self-determination of peoples”. 43

Dit is duidelik dat die reg op selfbeskikking nie net toekom aan inwoners van koloniale gebiede nie, maar ook aan mense wat onderworpe is aan buitelandse okkupasie. Alhoewel hierdie aangeleentheid eers in vae en omstrede terme uiteengesit is, is die situasie finaal bevestig in die 1970-Deklarasie. Hierdie deklarasie verwys na twee situasies wat aanleiding gee tot die reg op selfbeskikking, naamlik kolonialisme en mense wat onderwerp word aan vreemde oorheersing of eksploitasie. Hierdie deklarasie het dit duidelik gestel dat die reg op selfbeskikking nie beperk is tot die mense wat onder koloniale bestuur gestaan het nie.

Dit is interessant dat toe die aangeleentheid bespreek was daar state was wat gevoel het dat kolonialisme ‘n sambreelbegrip is wat alle vorme van ontkenning van selfbeskikking behoort in te sluit. Die gevoel was dat mense wat onderworpe was aan buitelandse dominasie, eksploitasie en onderwerping sowel as alle vorme van kolonialisme ‘n oortreding daarstel van die beginsel van gelykte regte en die reg op selfbeskikking van mense.84

Die VSA het in 1974 gestel dat die resolusies van die Verenigde Nasies wat gerig is teen kolonialisme en buitelandse dominasie nie slegs gerig was op oorsese gebiede en Suid-Afrika nie, maar dat alle vreemde oorheersing onaanvaarbaar was.85

Dit is natuurlik ‘n probleem om vas te stel wat bedoel word met vreemde oorheersing, dominasie en eksploitasie. Die definisie van vreemde dominasie kan nie vasgestel word sonder dat daar eers ag geslaan word op die praktyk van die Verenigde Nasies en sy lede in die jare na die aanvaarding van bogemelde deklarasie nie. Eiebelang het ‘n groot rol gespeel by state se siening oor die beginsel van selfbeskikking. So het Derde Wêreldstate en kommunistiese state ‘n meer beperkte siening van selfbeskikking gehad wat waarskynlik grootliks beïnvloed was deur die beginsel van territoriale integriteit van state. Dit het ondere neerslag gevind in die bewoording van die Geneefse Protokol.

84 Sien in hierdie verband Cassese supra op 91.

85 Sien Cassese supra op 91. 44

Artikel 1 van die Eerste Geneefse Protokol van 1977 ondersteun die uitgangspunt dat die reg op eksterne selfbeskikking daargestel is as ‘n staat die mense van ‘n gebied domineer deur middel van militêre optredes. Daar was selfs state wat die ekonomiese eksploitasie van ‘n buitelandse staat, ook na verwys as neo-kolonialisme, as ‘n skending van die begrip selfbeskikking gesien het. Hierdie siening is deur die meerderheid state verwerp.

Uiteindelik is daar besluit om buitelandse dominasie te beperk tot gevalle waar daar inmenging is deur die gebruik van militêre mag asook militêre okkupasie. Die volgende gevalle kan vermeld word, naamlik Afghanistan, Kambodja, die Arabiese gebied wat deur Israel geokkupeer is, die Baltiese state, Grenada, Oos-Timor en Koeweit.

Dit is intereressant dat die Verenigde Nasies ook die situasie rondom Namibië binne die kader van “onwettige okkupasie” beskou het. Soos bekend is, is die voormalige Suidwes-Afrika aan Suid-Afrika toegeken as ‘n mandaatgebied na die Eerste Wêreldoorlog. In 1946, nadat die Volkebond ontbind is, het die Verenigde Nasies besluit om Namibië onder die trusteeskapstelsel te plaas en Suid-Afrika se voorstel om die gebied in te lyf by Suid-Afrika, verwerp. Suid-Afrika het nie aan die Verenigde Nasies se oproep gehoor gegee nie. Na die uitspraak in die Suidwes-saak in die Internasionale Geregshof in 1966 het die Verenigde Nasies op 27 Oktober 1966 Resolusie 2145(XXI) aanvaar en besluit dat Resolusie 1514(XV) ten volle toepasbaar is op die mense van Namibië wat volgens die Verenigde Nasies geregtig was op hulle onvervreembare reg op selfbeskikking, onafhanklikheid en vryheid in ooreenstemming met die handves van die Verenigde Nasies. Suid-Afrika het hom weereens nie gesteur aan hierdie resolusie nie en sy gesag bly uitoefen in Namibië. Op 4 November 1977 is Resolusie 32/9D aanvaar deur die Algemene Vergadering waarin gestel is dat Suid-Afrika se teenwoordigheid “continued illegal occupation” daarstel en ‘n daad van aggressie is en dat die mense van Namibië in staat gestel moet word om selfbeskikking en onafhanklikheid binne ‘n verenigde Namibië te verkry. Onder druk van die buiteland het die Suid-Afrikaanse regering toegegee deurdat Namibië op 21 Maart 1990 onafhanklik verklaar is.86

86 Sien German Year Book of International Law Vol 34 1991 op 413-428. 45

Ten opsigte van die Chinese okkupasie van Tibet in 1959 is daar ook verskeie resolusies deur die Verenigde Nasies aanvaar. Onder andere is gestel dat die gebeure in Tibet die fundamentele menseregte en vryhede van die mense van Tibet skend asook die reg op selfbeskikking. Daar word geargumenteer dat die okkupasie van Tibet anders beoordeel moet word as die okkupasie deur Suid-Afrika van Namibië. Daar word naamlik gestel dat Tibet nooit ‘n onafhanklike identiteit was nie en die kommunistiese state het geargumenteer dat Tibet te alle tye ‘n integrale deel van China was.

Ander gevalle wat vermeld moet word is die Turkse okkupasie van Noord-Ciprus wat begin het in 1974 en in 1979 gelei het tot die proklamasie van die Turkse-Cipriotiese staat en daarna die proklamasie van die Turkse Republiek van Noord-Ciprus in 1983.

In meeste van die gevalle wat vermeld is het die Verenigde Nasies bloot resolusies aangeneem wat geëis het dat die reg selfbeskikking gerespekteer moet word. Dit is ook interessant om daarop te let dat baie van hierdie state gewoon nie ag geslaan het op die besluite van die Verenigde Nasies nie. Die Verenigde Nasies het in baie van hierdie gevalle bloot gestel dat state hulleself daarvan moet weerhou om die wettigheid van die okkupasie te erken.

Wat wel duidelik is, is dat die Verenigde Nasies nie in staat was om selfbeskikking in baie van hierdie gevalle af te dwing nie. Dit was meermale gevalle waar die Verenigde Nasies te doene gehad het met ‘n lidstaat wat ‘n permanente lid van die Veiligheidsraad was en wat self betrokke was of ‘n belang gehad het by die situasie en gevolglik besluite geveto het indien dit op ‘n veroordeling van sodanige lidstaat se optrede sou neerkom. Dit is duidelik dat state soos die USSR en die VSA se betrokkenheid by gevalle dikwels verseker het dat die Verenigde Nasies nie uitvoering kon gee aan die reg op selfbeskikking nie deurdat hierdie twee state direk verantwoordelik daarvoor was dat die reg op selfbeskikking aan die mense van hierdie gebiede nie gegee is nie.

Daar kan dus gekonkludeer word dat die reg op eksterne selfbeskikking in ‘n mate as teenvoeter dien vir die gebruik van mag in internasionale verhoudinge. In baie gevalle is 46 die verbreking van die reg op eksterne selfbeskikking bloot die gebruikmaking van onregmatige geweld deur state. 47

HOOFSTUK 4

INTERNE SELFBESKIKKING

4.1 INLEIDING

Daar word (soos reeds hierbo aangedui) ‘n onderskeid getref tussen ’n staat se kollektiewe reg op selfbeskikking en die regte van minderhede binne state.87 Interne selfbeskikking kan gedefinieer word as die reg van mense in ‘n soewereine staat om vrylik en sonder inmenging van buite ‘n regering te kies (“selfregering”).88 Dit word ook gedefinieer as die reg van etniese-, rasse-, religieuse- of ander minderheidsgroepe

87 Sien Barrie “Self Determination in Modern International Law” Adenhauer Occational Papers Johannesburg RSA July 1995 op 24-26.

88 Sien Thornberry “The Democratic or Internal Aspect of Self-Determination with Some Remarks on Federalism” in Tomuschat Modern Law of Self-Determination Martinus Nijhoff Publishers 1993 op 101 wat dit soos volg definieer: “the democratic or internal dimension [internal self-determination] should concern the relationship between a people and its own State or government”. 48

binne ‘n soewereine staat om nie deur die sentrale regering onderdruk te word nie.89 Dit is ook ‘n reg wat nie tot ‘n einde kom nie (soos wat met eksterne selfbeskikking die geval is nie), maar wat voortduur. Die feit dat interne selfbeskikking eenkeer tot sy reg gekom het, beëindig gevolglik nie die bestaan van die reg nie.90

Die vraag is nou watter entiteit die houer van hierdie reg is en of alle mense (“peoples”)

89 Sien Cassese “Political Self-Determination - Old Concepts and New Developments” in Cassese (red) UN Law: Fundamental Rights Sijhthoff en Noordhoff International Publishers 1979 op 137 asook Cassese supra op 101 waar hy stel dat interne selfbeskikking die reg tot “authentic self-government” is. Sien ook Thornberry “The Democratic or Internal Aspect of Self-Determination” in Tomuschat supra op 101 waar hy stel dat interne selfbeskikking ‘n uitdaging aan regerings wat hulle mense onderdruk, stel.

90 Thornberry “The Democratic or Internal Aspect of Self-Determination” in Tomuschat supra op 119 stel dat selfbeskikking ‘n regsbeginsel en ‘n reg van alle mense (“peoples”) is “that is not exhausted by the achievement of independence”. McCorquodale “ and the Right to Self-Determination” South African Journal of Human Rights 1994 op 7 stel dat interne selfbeskikking die reg is van “peoples” binne ‘n staat om hulle politieke status te bepaal, die omvang daarvan te bepaal en asook die vorm van regering. 49

geregtig is op hierdie reg. Indien daar na die internasionale regspraktyk gekyk word, word gesien dat die reg op interne selfbeskikking meestal toekom aan die inwoners van ‘n staat as ‘n geheel.91 State neem dikwels nie uit eie beweging standpunt in hieroor nie, maar grotendeels wanneer die aangeleentheid ter sprake kom binne die Verenigde Nasies. Indien die kwessie van selfbeskikking ter sprake kom, ontstaan die vraag ook dikwels wie die houer van die reg en wat die inhoud van die reg is. Die maklike uitweg is om deurentyd te verklaar dat die reg toekom aan die inwoners van ‘n staat as ‘n geheel, dit wil sê “the whole people of sovereign states”. Dit is egter ook so dat verskeie rasse-, godsdienstige-, etniese-, taal- en inheemse groepe aanspraak maak op hierdie reg binne die grense van dieselfde staat.

Die vraag of die reg op selfbeskikking aan minderhede gegee moet word, is vandag een van die mees omstrede, maar ook mees aktuele vrae om te beantwoord.92 Die vraag is naamlik op welke selfbeskikking, indien enige, minderhede geregtig is. State is dikwels ongeneë om aan minderhede die reg op selfbeskikking in enige vorm te gee, hoofsaaklik vanweë politieke redes.

91 Sien Thornberry “The Democratic or Internal Aspect of Self-Determination” in Tomuschat supra op 124 waar hy stel dat UNESCO deskundiges “people” as ‘n “mutable” begrip beskou wat verskillende betekenisse het vir verskillende regte.

92 In 1978 reeds het die Federale Republiek van Duitsland in die Verenigde Nasies aangevoer dat die reg op selfbeskikking ‘n veel wyer betekenis het as vryheid van koloniale oorheersing en buitelandse dominasie. Daar is ook aangevoer dat die reg op selfbeskikking nie los te maak is van die reg van die indiwidu om deel te neem aan openbare handelinge nie en gevolglik ‘n demokratiese proses verg. Sien in hierdie verband Thornberry “Internal Self-Determination” in Tomuschat supra op 238. 50

4.2 DIE STANDPUNT VAN DIE VERENIGDE NASIES

Na die Eerste Wêreldoorlog was Europa weereens gekonfronteer met die probleme van minderhede. Daar was egter geen volskaalse poging aangewend om hierdie probleme op te los nie. Dit kan trouens gestel word dat die Vredeskonferensie van Parys van 1946 die probleme ten opsigte van minderhede gede-internasionaliseer het.93 Die opmerking is trouens al gemaak dat daar eerder gepoog is om minderhede te assimileer as om aan hulle probleme aandag te gee. In hierdie verband stel Claude dit soos volg: In so far as definite trends have emerged in postwar treatment of the minority problem, they combine to indicate the development of a general attitude favourable to the elimination of national minorities.94

Dit is egter so dat die Verenigde Nasies nie heeltemal ongeneë was om na die saak van minderhede te kyk nie. So is daar in 1947 reeds ‘n Kommissie vir die Voorkoming van Diskriminasie en die Beskerming van Minderhede daargestel wat ondergeskik is aan die Kommissie vir Menseregte. Daar is egter stadig vordering gemaak. Die Konvensie op die Misdaad Volksmoord (Genocide Convention) van 1948 is een van die weinige aanvanklike instrumente wat relevansie vir minderhede het. Die aanwending daarvan is beperk, aangesien dit bloot te doen het met die reg op lewe en die reg om te bestaan. Die Internasionale Konvensie vir die Eliminasie van Alle Vorme van Rassediskriminasie is heelwat later aanvaar en wel in 1966. Laasgemelde verwys ook na minderhede.

Wat wel spesifiek na minderhede verwys is die Internasionale Verdrag op Burgerlike en Politieke Regte (International Covenant on Civil and Political Rights) (van 1966) wat beskou kan word as die enigste: whole and general statement of the treaty rights of minorities in modern international law.95

93 Sien Claude supra op 142.

94 Sien Claude supra op 210.

95 Sien Thornberry “Self-Determination, Minorities, Human Rights” International and Comparative Law Quarterly Vol 38 1989 op 877. 51

Artikel 27 bepaal dat in daardie state waar etniese, religieuse of linguïstiese minderhede bestaan, persone wat lede is van sodanige minderhede nie die reg ontneem moet word om in gemeenskap met die ander lede van hulle groep, hulle eie kultuur, hulle eie godsdiens en hulle eie taal te kan beoefen nie.

Salo stel dat hierdie artikel verwarrend is en in negatiewe taal verwoord is en dat geargumenteer kan word dat state alleen moet sorg dra dat minderhede gelyke behandeling in daardie staat se gebied moet geniet.96 Volgens Salo is die verdere probleem dat daar nie aangedui kan word of hierdie reg ‘n groep of indiwidu toekom nie en dat hierdie reg wat in hierdie artikel geskep is ook nie die bestaan van etniese, kulturele en religieuse minderhede verifieer nie. So kan state byvoorbeeld bloot die bestaan van sodanige groep ignoreer aangesien daar ook nie ‘n definisie van die woord minderheid is nie.97

96 Sien Salo “Self-Determination: An Overview of History and Present State with Emphasis on the CSCE Process” The Finnish Yearbook of International Law Vol 2 1991 op 300. Salo stel dat daar wel in 1935 in die bekende Minority Schools of Albania-saak deur die Permanente Hof vir Internasionale Geregtigheid gestel is dat gelykheid in die praktyk voorkeurbehandeling mag verg.

97 Sien Salo “Self-Determination: An Overview” supra op 300-301. 52

Dat die reg op selfbeskikking bestaan ten aansien van die gehele bevolking van ‘n soewereine gebied, staan vas. Hierdie reg is immers daargestel deur middel van artikel 1 van beide die 1966-Verdrae. Dit beteken dat die inwoners van ‘n gebied as geheel, ongeag hulle rasse-, volkere-, godsdienstige-, taal- of etniese samestelling, ‘n reg het op selfbeskikking. Die probleem is dat dit baie moeilik is om, waar daar kennelik sprake is van die skending van só ‘n reg in ‘n soewereine staat, teen ‘n staat op te tree.98 Daar word nie maklik in die huishoudelike sake van state ingemeng nie.99 In Kosowo egter is afgewyk van hierdie uitgangspunt deurdat inmenging wel plaasgevind het.100 Dit wil voorkom of die die Internasionale Reg tans (en gevolglik in stryd met die Nicaragua- saak) meer geneë is om inmenging in die huishoudelike sake van state (minstens stilswyend) goed te keur indien die konflik die vorm van ‘n burgeroorlog aanneem, die aangeleentheid internasionaal bekend raak, ernstige menseregteskendings plaasvind, daar ‘n vorm van volksmoord plaasvind en druk op ‘n internasionale organisasie geplaas word om in te gryp. Dit sou egter interessant wees om te sien wat sou gebeur het indien Joegoeslawië, soos in die geval van Nicaragua, die saak by die Internasionale Geregshof aanhangig gemaak het. Die Internasionale Geregshof sou moeilik kon afwyk (by gebrek aan enige nuwe internasionale regsreël) van sy standpunt in die Nicaragua- saak.

Dit wil derhalwe voorkom of die Verenigde Nasies tans nie in die vermoë is, alternatiewelik nie begerig is nie en selfs onwillig is, om in elke indiwiduele geval van ’n beweerde skending van die reg op selfbeskikking op te tree. Daar word steeds (in sommige gevalle) geskuil agter die soewereiniteit van state as die rede vir nie-optrede. In Afrika word gereeld kennis geneem van onreëlmatighede in verkiesings. Dit is niks anders nie as die ontneming van die inwoners se reg om vrylik en demokraties te besluit

98 So byvoorbeeld het die Internasionale Geregshof in die Case Concerning Military and Paramilitary Activities in and against Nicaragua (ICJ Reports 1986 113 par 263) gestel dat Nicaragua se interne beleid, ongeag of dit sou neerkom op die ontkenning van die reg op interne selfbeskikking, nie die inmenging van die VSA regverdig nie. Die Hof het gestel dat hy nie ‘n nuwe reël kan sanksioneer wat sou neerkom op die inmenging deur een staat in die interne sake van ‘n ander staat, net omdat laasgemelde staat die een of ander ideologie of politieke sisteem aanhang wat eergemelde staat nie geval nie.

99 Soos ook gesien word in Zimbabwe.

100 Sien die bespreking van Kosowo hieronder. 53 wie en hoe oor hulle regeer moet word, en gevolglik van die reg op interne selfbeskikking.101 Ook die skending van menseregte is deurentyd in Afrika aan die orde

101 Talle voorbeelde kan genoem word van die skending van menseregte in Afrika. In hierdie verband word verwys na Johnson Modern Times: A History of the World from the 1920's to the 1990's Phoenix 1992 op 506-543. Johnson verwys onder andere na die feit dat teen die einde van 1975 daar in 20 van die 41 Afrikastate militêre regerings aan bewind was en eenpartyregerings in talle van die res. In 2002 word internasionaal kennis geneem van die verslegtende situasie in Zimbabwe, van ‘n verkiesing wat onder verdenking is en van skreiende menseregteskendings, dog is daar tot op hede niks aan die situasie daar gedoen nie. Selfs in Suid-Afrika is bedenkinge oor die (“vrye en regverdige”) demokratiese verkiesing van 1999 uitgespreek. So het Beeld van 11 Junie 1999 onder die opskrif “OVK kan nie 1,7m ‘ekstra’ stemme verklaar” gestel dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie nie kon verklaar waarom daar 15 977 142 stemme uitgebring is, maar slegs 14 257 338 stembriewe uitgereik is nie, ‘n verskil van 1 719 804. 54 van die dag. Die afleiding kan ook gemaak word dat indien ‘n (minderheids-) groep nie na vore tree om sy (onderdrukkende) situasie internasionaal bekend te maak nie, die internasionale gemeenskap die situasie bloot sien as ‘n skending van indiwiduele regte, en nie as ’n skending van die regte van ‘n (minderheids-) groep nie.102

Daar is volke in Suid-Afrika waarvan die totale getal stemgeregtigdes nie eers 1,7 miljoen tel nie.

102 Hier kan Zimbabwe vermeld word waar die situasie klaarblyklik gesien word as ‘n skending van die indiwiduele regte van Blanke boere en nie as die onderdrukking of uitwissing van ‘n volk of minderheidsgroep nie. 55

Die Verenigde Nasies se Komitee vir Menseregte het reeds in 1984 gestel dat alle partye tot die 1966-Verdrae positiewe stappe moet neem om die reg op (en respek vir) selfbeskikking te laat realiseer. Daar is ook gestel dat state hulle daarvan (moet) weerhou om in te meng met die interne aangeleenthede van ander state aangesien dit neerkom op ‘n ontkenning van die reg op selfbeskikking.103 Daar word klaarblyklik geredeneer dat die reg die staat toekom en nie die mense van die staat nie.

Die Verenigde Nasies is huiwerig om op te tree ten behoewe van (minderheids-) groepe wat hulleself binne die grense van ‘n staat bevind waar daardie staat reeds onafhanklik is. Hier word gedink aan etniese groepe soos byvoorbeeld die Koerde, die Armeniërs en die Baske, inheemse groepe soos dié in Latyns-Amerika, Australië en Nieu-Zeeland, taalminderhede soos die Franssprekendes van Quebec en godsdienstige groepe soos die Katolieke in Noord-Ierland.

103 Report of the Human Rights Committee UN Doc A/39/40 1984 op 143. 56

Tog was daar aanduidings dat die Verenigde Nasies die begrip selfbeskikking wou uitbrei om ook minderhede in te sluit. Die geval van Suid-Tirool/Alto Adige dien hier as voorbeeld.104 Hierdie gebied het aan Oostenryk behoort ingevolge die Verdrag van Wenen van 9 Junie 1815. Tydens die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog is Italië, in ruil vir steun aan die Geallieerde Magte, belowe dat die gebied in geval van ‘n oorwinning, aan Italië toegeken sou word. Woodrow Wilson het egter in sy Veertien Punte verwys daarna dat nasionaliteite se reg op selfbeskikking in hierdie gebied eerbiedig sou word. Suid-Tirool/Alto Adige was dus tot en met die einde van die Eerste Wêreldoorlog ‘n suidwestelike provinsie van Oostenryk wat hoofsaaklik deur Duitssprekende persone bewoon is. Ondanks Oostenryk se besware en aandrang op ‘n referendum, is die gebied toegeken aan Italië sonder dat daar ‘n referendum gehou is ingevolge die Verdrag van Saint German van 10 September 1919.105 Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Italië en Oostenryk ‘n ooreenkoms bereik bekend as die De Gasperi-Gruber Ooreenkoms van 5 September 1946. In terme van hierdie ooreenkoms het die Duitssprekende inwoners van die gebied volle en gelyke regte met Italiaanssprekende inwoners gehad en was dit gestel dat die etniese karakter en kulturele en ekonomiese ontwikkeling van die Duitssprekende mense beskerm moes word. Artikel 2 van die ooreenkoms het bepaal dat die bevolkings van hierdie gebied outonome wetgewende en uitvoerende streeksmagte gegun moes word.106

In 1960 het Oostenryk gekla dat Italië die bepalings van die ooreenkoms verbreek het en is die saak voor die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gebring. Die interessante is dat Oostenryk nie die saak as een van selfbeskikking hanteer het nie, maar as ‘n probleem van die Oostenrykse minderheid in Italië. Oostenryk het ook versoek dat die Duitssprekende provinsie van Bozen volle outonomiteit moes verkry. In 1961 het Oostenryk weer die Algemene Vergadering versoek om die saak te bespreek en is daar by hierdie geleentheid klem gelê op die beginsel van selfbeskikking. Die Oostenrykse uitgangspunt was naamlik dat selfbeskikking aan ‘n minderheidsgroep

104 Sien Cassese supra op 104.

105 Sien Schindler “South Tyrol” in Encyclopedia 1990 op 348-350.

106 UN Doc 4/4530 5 October 1960 Annex 5 op 2. 57 gegun moes word om sy internasionale status te bepaal, en is gevolglik aangedring op volledige outonomiteit, dit wil sê interne selfbeskikking, vir die gebied. Italië het Oostenryk se aanspraak op selfbeskikking verwerp. Die Algemene Vergadering het volle outonomiteit aan die streek verleen deur middel van twee resolusies naamlik Resolusie 1497(XV) en Resolusie 1661(XVI) wat onderskeidelik op 31 Oktober 1960 en 28 November 1961 aanvaar is. Italië en Oostenryk is ook versoek om deur middel van onderhandeling die saak op te los.107

Die benadering wat die Verenigde Nasies gevolg het was in ‘n groot mate bepaal deur die ooreenkoms wat daar bestaan het tussen die twee state. By gebrek daaraan sou die Verenigde Nasies die outonomiteit en soewereiniteit van Italië moes erken en sou daar nie ingemeng kon word nie. Die Verenigde Nasies se houding is aanduidend daarvan dat die inwoners van hierdie gebied geregtig was op interne selfbeskikking en dat sodanige interne selfbeskikking ten uitvoer gebring moet word deur volledige outonomiteit aan die inwoners van hierdie gebied te gee.

107 Sien Cassese supra op 105. 58

Daar is in die laaste aantal jare ‘n neiging dat die kwessie van minderhede van state wel bespreek word by die Verenigde Nasies soos wat Brittanje bereid was om oor Noord- Ierland ‘n gesprek te voer.108

4.3 DIE 1970-DEKLARASIE

Die 1970-Deklarasie het meer inhoud aan die reg op interne selfbeskikking gegee. Tydens die opstel van die 1970-Deklarasie het ‘n konflik ontstaan tussen die Westerse state en die state onder Sowjet-invloed. Die Westerse state het steun verleen aan die standpunt dat die reg op interne selfbeskikking uitgebrei word na alle inwoners van soewereine state. Die state onder Sowjet-invloed wou hierdie reg sover as moontlik inperk. Die Westerse state het gevoel dat interne selfbeskikking ‘n universele reg moet wees wat aan die mense van onafhanklik-soewereine state toekom. Interne selfbeskikking was deur baie state as van sekondêre belang beskou.

Uiteindelik is die bewoording soos volg gefinaliseer: Nothing in the foregoing paragraph [proclaiming the principle of self-determination] shall be construed as authorizing or encouraging any action which would dismember or impair, totally or in part, the territorial integrity or political unity of sovereign and independent States conducting themselves in compliance with the principle of equal rights and self-determination of peoples as described above and thus possessed of a government representing the whole people belonging to the territory without distinction as to race, creed or colour.109

108 Sien Cassese supra op 108.

109 Woorde deur my benadruk. 59

Tydens die bespreking van die 1970-Deklarasie het die meeste state hulle ten sterkste uitgespreek teen ‘n reg op sesessie. Die beginsel van territoriale integriteit was as onaantasbaar beskou en enige ander reg, waaronder die reg op interne selfbeskikking, was hieraan onderworpe. Gevolglik het die aanhef van die 1970-Deklarasie dan ook besondere klem op die territoriale integriteit van state gelê. Die regte van rasse en godsdienstige groepe (“race, creed or colour”) wat onderwerp word aan diskriminasie is ondergeskik gestel aan die beginsel van territoriale integriteit. Cassese is van mening dat die Konvensie bloot inhou dat in ‘n soewereine staat, waar - die regering verteenwoordigend is van die geheel van die bevolking; en - daar gelyke deelname is in die politieke proses en politieke instellings deur alle inwoners van die staat; en - geen diskriminasie op grond van ras, afkoms of kleur is nie, die regering van daardie staat geag word die beginsel van selfbeskikking onderskryf.110 Die regering moet dus net kan aantoon dat dit “representative” is van die inwoners van ‘n land; wat dit ookal mag beteken. Dit blyk dat “meerderheidsregering” voldoen aan die doel van die 1970-Deklarasie. Indien bogemelde nie toepassing vind in ‘n staat nie, dit wil sê waar sekere mense deelname (“access”) aan die regering ontsê word, sal sodanige mense (groepe) van daardie staat geregtig wees om te eis vir selfbeskikking.

Dit is interessant dat die 1970-Deklarasie slegs verwys na ras, godsdiens (“creed”) en kleur en daar hoegenaamd nie voorsiening gemaak is vir taal-, etniese- en nasionale groepe binne state nie. Dat die bewoording van die 1970-Deklarasie nie werklik iets beteken vir minderhede nie, is duidelik. Daar is nie sprake van gelyke regte nie; slegs gelyke toegang (“access”) tot regte. Waar die getalle-oorwig van ‘n meerderheid sodanig is dat ‘n minderheid geen seggenskap kry in die regering nie, is daar van selfbeskikking, al is dit dan net interne selfbeskikking, weinig sprake. Boonop is dit so dat indien die reg die bepaalde minderheid of minderhede ontsê word, daar tans geen internasionale sanksie is om die optrede reg te stel nie.

110 Sien Cassese supra op 112 asook Rosenstock “The Declaration of Principles of International Law Concerning Friendly Relations: A Survey” American Journal of International Law Vol 65 1971 op 732. 60

Wat duidelik blyk is dat die meeste state die probleem wat intern in daardie state ervaar was, naamlik die verskeidenheid etniese groepe wat binne die grense van daardie state bestaan, in die oog gehad het toe voortgegaan is om daardie (minderheids-) groepe doelbewus uit te sluit in die bewoording van die 1970-Deklarasie. Heel duidelik wou state ook niks weet van ‘n reg op sesessie nie.

Tydens die bespreking van die 1970-Deklarasie het dit wel duidelik geword dat Westerse state selfbeskikking as ‘n universele reg wou beskou. So het die VSA byvoorbeeld gestel dat ‘n soewereine en onafhanklike staat wat ‘n verteenwoordigende regering het en effektief funksioneer ten opsigte van alle mense binne sy gebied, geag moet word voldoen het aan die beginsel van gelyke regte en die selfbeskikking van mense (“peoples”).111 ‘n Britse voorstel het selfs wou hê dat die reg op selfbeskikking aan mense behoort: - van ‘n gebied; - wat geografies onderskeibaar is van die staat wat gesag daaroor uitoefen; en - waarvan die inwoners etnies en kultureel verskil van die res van die gebied, dit wil sê van die staat wat daardie gebied administreer; en - indien die regering van die staat oor daardie gebied nie verteenwoordigend is van die mense van daardie gebied nie.112 Dit het teenkanting van talle state tot gevolg gehad wat bang was vir sesessionistiese bewegings binne die grense van daardie state. Die uiteindelike bewoording was gevolglik ‘n poging om die verskillende standpunte te versoen en is daar dan ook sterk

111 Sien Cassese supra op 115. Sien ook UN Doc A/ AC 125/L 32 op 2.

112 Sien UN Doc A/ AC 125/SR 69 op 18. 61

klem gelê op die territoriale integriteit van state.113

4.4 DIE 1970-DEKLARASIE AS GEWOONTEREG

113 Vir ‘n bespreking van die standpunte van die verskeie state sien Cassese supra op 115- 118. 62

Die vraag wat nou ontstaan is of die 1970-Deklarasie as gewoontereg beskou kan word. Wat wel gekonstateer kan word, is dat dit nie gewoontereg gereflekteer het ten tyde van die aanvaarding daarvan nie. Dit was duidelik dat state nie daaraan gehoor gegee het voor 1970 nie. Vandag kan wel geargumenteer word dat van die bepalings van die 1970-Deklarasie gewoontereg is. Verskeie resolusies is dan ook aanvaar ten opsigte van Rhodesië (Suid-Rhodesië) en Suid-Afrika in hierdie verband. Daar kan trouens aangevoer word dat die 1970-Deklarasie uitsluitlik aanvaar is vir Suid-Afrika en Rhodesië se (interne) situasies en om druk op hierdie state uit te oefen. Dit is dan ook interessant dat daar, na die aanvaarding van die 1970-Deklarasie, hoofsaaklik klem gelê is op die ras-element (“race” en “colour”) daarin vervat, en is daar nie veel ag geslaan op die godsdienstige element (“creed”) wat vervat is in die 1970-Deklarasie nie.114

4.5 POGINGS TOT UITBREIDING

Daar is wel pogings aangewend om die woord minderheid te definieer soos wat Capotorti inderdaad gedoen het. Dit sluit in dat die groep in ‘n nie-dominerende posisie moet wees, dat die groep sy spesiale eienskappe wil behou en dat die groep inderdaad ‘n etniese groep is wat op grond van sy etniese, religieuse en linguïstiese eienskappe

114 So byvoorbeeld het die afgevaardigde van die Verenigde Koninkryk by die Verenigde Nasie se Kommissie vir Menseregte op 9 Februarie 1988 verklaar dat die Nie-Blanke bevolking van Suid-Afrika ‘n duidelike voorbeeld van mense is wat die reg op selfbeskikking ontsê word. Daar is ook gestel dat die beleid van apartheid ‘n ontkenning van die reg op selfbeskikking daarstel. Sien in hierdie verband British Yearbook of International Law Vol 59 1988 op 442. 63 verskil van die res van die inwoners van die staat. Capotorti het dan ook die definisie aangebied vir die omskrywing van sodanig minderheid.115

115 Sien Capotorti “Study of the Rights of Persons Belonging to Ethnic, Religious and Linguistic Minorities” UN 1979 para 568 wat dit soos volg definieer: “(A minority is) a group numerically inferior to the rest of the population of a State, in a non-dominant position, whose members - being nationals of the State - possess ethnic, religious or linguistic characteristics differing from those of the rest of the population and show, if only implicitly, a sense of solidarity, directed towards preserving their culture, traditions, religion or language”. 64

Die vraag is nou wat die verhouding is tussen mense (“peoples”) en minderhede. As “peoples” dan wel die reg op selfbeskikking het, waarom kan minderhede nie dieselfde beskerming geniet nie? Die voor-die-hand-liggende rede is dat onafhanklike state die hoof-akteurs en subjekte is van die Internasionale Reg. Derhalwe, ten einde nie die huidige internasionale sisteem wat gebaseer is op die territoriale integriteit van state enigsins aan te tas nie, is daar tot op hede meestal voorkeur gegee aan die reg van die onafhanklike staat as geheel, maar dikwels tot nadeel van die reg van minderhede. Indien Capotorti se definisie as uitgangspunt geneem kan word, kan geargumenteer word dat die onderskeid tussen “peoples” en minderhede ‘n fiksie is.116 Die begrippe kan naamlik oorvleuel aangesien “peoples” binne multi-nasionale state baie maklik binne die kriteria van minderhede kan val.

Die vraag is dan of sodanige “peoples” ook geregtig is op die beskerming wat minderhede gegun word en of hulle meerdere regte het in terme van die selfbeskikking van “peoples”. Die Algiers Deklarasie van 1976 het, ten opsigte van die regte van mense, ‘n bepaling ten opsigte hiervan wat soos volg lui: When a people constitutes a minority within a State it has the right to respect for its identity, traditions, language and cultural heritage.117

Dit is wel so dat die woord “people” dikwels in die Internasionale Reg as die ekwivalent van “staat” beskou word. In hierdie verband beteken selfbeskikking dan eenvoudig dat daar nie inmenging in die staat moet wees nie. Daar is aanduiding dat regslui die reg op selfbeskikking wil uitbrei na minderhede, maar is dit ook so dat daar regslui is wat daarteen kapsie maak. Daar is gevolglik nie ooreenstemming oor die saak op hierdie stadium nie.118

Een standpunt is dat ‘n meer toeskietlike benadering gevolg moet word in hierdie verband. Dit stel dat begrippe soos nasionaliteite, “peoples”, minderhede en inheemse

116 Sien Salo supra op 302.

117 Sien Artikel 19 van die Deklarasie.

118 Sien Salo supra op 303. 65

bevolking in essensie dieselfde begrip is. Hierdie eenhede kan daarvolgens, afhangend van die omstandighede, aanspraak maak op hetsy sesessie, selfregering, outonomie of federalisme.119

4.6 DIE METODES OM INTERNE SELFBESKIKKING UIT TE OEFEN

Die huishoudelike reëls ten opsigte van die reg op selfbeskikking stel nie hoe hierdie reg geïmplimenteer moet word nie. Daar word slegs gestel dat rassegroepe die reg het om deel te neem aan die nasionale besluitmakingsproses van ‘n land, maar nie die reg het op sesessie nie. Verder word geensins gespesifiseer hoe selfbeskikking geimplimenteer moet word nie. Dit maak dit nogeens duidelik dat die 1970-Deklarasie aanvaar is om ‘n spesifieke situasie te hanteer, naamlik die uitsluiting van sekere rassegroepe uit die politieke beheer van veral Suid-Afrika, maar ook van (Suid-) Rhodesië. Gevolglik is bloot aangedring dat die nie-blankes van hierdie twee gebiede deelname moet hê aan die regering sonder dat die integriteit van die land enigsins geskend word. Alhoewel Suid- Afrika gestel het dat hy deur middel van die beleid van apartheid en die beleid van onafhanklike tuislande uiting wou gee aan die reg op selfbeskikking, het die Verenigde Nasies geoordeel dat sodanige beleid, die beleid van rassediskriminasie voortsit en is state gevolglik versoek om nie die (sogenaamde onafhanklike) state te erken wat as gevolg van hierdie beleid daargestel is nie.

4.7 GEVOLGTREKKING

119 Sien Hannum “Recent Developments in International Protection of Minority Groups “ in MacCartny supra 1988 op 32. 66

Wanneer gekyk word na die standpunte van regerings, die praktyk wat ontwikkel het rondom die beginsel van selfbeskikking en die verklarings van internasionale liggame soos die Verenigde Nasies en die Internasionale Geregshof, kan die gevolgtrekking gemaak word dat die Handves van die Verenigde Nasies die beginpunt was vir die ontwikkeling van die begrip van selfbeskikking. Nie alleen het dit tot ‘n algemene beginsel in die Internasionale Reg ontwikkel nie, maar het daar ook verskeie reëls daaromtrent ontwikkel.120 Die beginsel hou naamlik in dat aan die vrye en uitgedrukte wil van die inwoners van ‘n gebied gehoor gegee sal word soos gestel in die Wes- Sahara-saak.121 Gevolglik het ‘n regering nie die reg om volgens eie diskresie te besluit oor die toekoms van die inwoners van sy gebied nie. Die inwoners van die gebied het die reg om vrylik hulle wense te kenne te gee rakende hulle eie situasie.

Wat wel problematies is ten opsigte van die beginsel is dat dit nie die eenhede van selfbeskikking definieer nie, en ook nie die areas of sake of middele of metodes vir implimentering daarvan nie. Daarbenewens stel dit ook nie of selfbeskikking ‘n interne of eksterne dimensie moet hê nie en ook nie wat die doel van selfbeskikking moet wees nie. Al wat die beginsel doen is om algemene riglyne daar te stel vir die optrede van state. Dit is om hierdie rede dat daar dikwels na die begrip selfbeskikking as ‘n beginsel eerder as ‘n reg verwys word aangesien regsreëls meer spesifiek is. Daarom word daar van selfbeskikking as ‘n regsbeginsel eerder as ‘n regsreël gepraat.122

Dat die beginsel van selfbeskikking algemene aanwending vind, is wel waar veral gesien in die lig van die feit dat dit telkens na vore gekom het waar daar konflik was

120 Die siening dat selfbeskikking ‘n beginsel van die Internasionale Reg is word deur verskeie skrywers ondersteun waaronder Crawford The Creation of States in International Law Oxford 1979 op 95; Brownlie “The Rights of Peoples in Modern International Law” in Crawford (red.) The Rights of Peoples Oxford 1988 op 4-6; Brownlie Principles of Public International Law Oxford 1990 op 595-598. Daar is ook kommentatore wat stel dat selfbeskikking nie die status van ‘n regsbeginsel het nie byvoorbeeld Emerson “Self-Determination” American Journal of International Law Vol 65 1971 op 464-465; Green “Self-Determination and Settlement of the Arab-Israeli Conflict” Proceedings of the American Society of International Law Vol 65 1971 op 40-48.

121 ICJ Reports 1975 33 paras 58 en 59.

122 Sien Cassese supra op 129. 67 tussen groepe of state. Meer spesifieke reëls het veral ontwikkel vir eksterne selfbeskikking. Hier word gedink aan die mense van koloniale gebiede asook waar mense hulleself onder buitelandse militêre okkupasie bevind het. In sodanige gevalle is die aanwendingsveld behoorlik gespesifiseer, is die eenheid wat geregtig is op selfbeskikking uitgewys en is die doel van selfbeskikking aangedui. In die geval van die bevolkings van gebiede wat onderwerp was aan buitelandse militêre okkupasie, het die reëls nie altyd algemene aanwending gevind nie. Ten opsigte van laasgemelde is die reël teen die gebruik van mag (as basiese reël) as uitgangspunt beskou en was daar dikwels van die standpunt uitgegaan dat dit nie nodig was om meer spesifieke reëls ten opsigte van selfbeskikking daar te stel nie.

Dit is wel so dat ‘n stel reëls ten opsigte van interne selfbeskikking ontwikkel het. Eerstens word die metode aangedui waardeur selfbeskikking bereik moet word, naamlik deur middel van die hou van ‘n verkiesing of ‘n referendum. Dit word in soveel woorde aangedui deur die woorde “die werklike en vrye wil van die bevolking”. Tweedens dui die beginsel die basiese standaard van interpretasie aan wanneer daar onduidelikheid oor ‘n aangeleentheid ten opsigte van ‘n staat bestaan. So kan die beginsel help indien dit in dispuut is of ‘n bevolking van ‘n staat onder buitelandse dominasie hierdie reg kan uitoefen, deur gewoon te vereis dat die okkuperende mag moet onttrek uit daardie gebied. Ook kan aangedring word dat die bevolking van daardie staat (wat aan okkupasie onderwerp word) in staat gestel moet word om hulle internasionale status deur middel van ‘n referendum te bepaal. In die derde plek is die beginsel ook aan te wend in daardie gevalle waar spesifieke reëls nie van toepassing kan wees nie. So byvoorbeeld kan geen sessie of oordrag van ‘n gebied plaasvind sonder dat daar behoorlik uitdrukking gegee is aan die wil van die bevolking van die gebied op wie dit toepassing vind nie.123

123 Sien Cassese supra op 132. 68

HOOFSTUK 5

WIE IS GEREGTIG OP SELFBESKIKKING?

5.1 INLEIDING

Een van die belangrikste vrae om te beantwoord waar dit oor selfbeskikking gaan, is wie geregtig is op selfbeskikking. Dit het te doen met die interpretasie van die woord “peoples”. Hierdie begrip is al gebruik om die bevolking van ‘n staat aan te dui (sonder enige onderskeid), die bevolking van ‘n (voormalige) kolonie aan te dui en ook om na groepe en indiwidue te verwys wat gebind is deur ‘n gemeenskaplike taal, etnisiteit of ras ongeag of hulle die geheel van ‘n bevolking daarstel of nie.

Indien al voormelde groepe val onder die begrip “peoples”, is dit duidelik dat daar ‘n botsing tussen die kompeterende eise om selfbeskikking kan bestaan, veral indien al hierdie groepe aanspraak maak op eksterne selfbeskikking. Gewoonlik het sodanige botsing of konflik te doen met die feit dat ‘n regering wat daarop aanspraak maak dat hy die meerderheid van die bevolking van die staat verteenwoordig, aanvoer dat sy territoriale integriteit in die slag sal bly indien toegegee word aan die aansprake van minderheidsgroepe op die reg op selfbeskikking.

Dat die begrip “peoples” dus in vaagheid en omstredenheid gehul is, is duidelik. Soos Barrie124 dit stel is die selfbeskikking van “peoples” deeglik gestipuleer, maar is die deur wyd oopgelaat om te bepaal presies wat met die “peoples” bedoel word wat die “self- determining unit” daar moet stel. Dit is noodsaaklik dat ‘n definisie gegee word aan die

124 Sien Barrie “Self-Determination and Modern International Law” Adenhauer Occational Papers Johannesburg RSA Julie 1995 op 24. 69 begrip “peoples”.125

Alhoewel die Verenigde Nasies selfbeskikking van mense (“peoples”) as doelwit stel, word geen (algemene) definisie vir die begrip gegee nie. Besluite wat deur die Verenigde Nasies geneem is oor selfbeskikking het dan ook telkens net na spesifieke situasies verwys en daardie “peoples” gedefinieer. Deurgaans is die “people” beskou as die totale bevolking van ‘n staat, sonder om enige onderskeid te maak tussen die groepe binne daardie staat. Alhoewel resolusies van die Verenigde Nasies na voormalige kolonies, nie-selfregerende gebiede en rasse- of religieuse groepe verwys het, was die bedoeling deurgaans dat die “people” as geheel op selfbeskikking geregtig was. Die staat (en derhalwe die grondgebied) het die “people” gedefinieer.

125 Sien Eagleton “Self-Determination in the United Nations” American Journal of International Law Vol 53 1959 op 88. 70

Dat daar helderheid oor die begrip verkry moet word, is duidelik. Minderheidsgroepe en inheemse groepe126 binne state maak ook aanspraak op selfbeskikking, al is dit net in interne vorm. Baie voorstelle bestaan gevolglik om “peoples” te definieer. Een daarvan is die klassieke (en reeds bestaande) dat “peoples” (slegs) na state verwys en dat die beginsel van selfbeskikking gevolglik na die soewereine gelykheid van state verwys. ‘n Ander alternatief is dat die woord “peoples” slegs na die inwoners van nie-selfregerende gebiede verwys wat gevolglik geregtig is op selfregering. “Peoples” kan ook verwys na die inwoners van trustgebiede in welke geval selfbeskikking beteken dat hierdie gebiede die reg op onafhanklikheid het.

126 Sien veral Spiry “From ‘Self-Determination’ to a Right to ‘Self-Development’ for Indigenous Groups” German Yearbook of International Law Vol 38 1995 op 139 wat verwys na die werk van Thornberry International Law and the Rights of Minorities 1991 op 333. In laasgemelde werk word gestel dat inheemse groepe ‘n geskiedenis het van kolonialisme waar verowerende moondhede telkens gepoog het om hierdie groepe uit te wis, te assimileer of te “moderniseer”. 71

Uit die praktyk wat ontwikkel het in die Internasionale Reg is dit duidelik dat “peoples” nie slegs na die soewereine gelykheid van state kan verwys nie. Dit het ook na die inwoners van nie-selfregerende gebiede verwys en ook na trustgebiede wat geregtig was op onafhanklikheid.127

127 Sien in hierdie verband Quane “The United Nations and the Evolving Right to Self- Determination” International and Comparative Law Quarterly Vol 47 1998 op 537-573. Sien ook Korkeakivi “Peoples Rights - an Overview” Finnish Yearbook of International Law Vol 4 1993 op 281-333; Shaw “Peoples, Territorialism and Boundaries” European Journal of International Law Vol 8 No 3 1997 op 478-507; Trifunovska “One Theme in Two Variations: Self-Determination of Minorities and Indigenous Peoples” International Journal on Minority and Group Rights Vol 5 No 1 1997/1998 op 175-197; Dinstein “Collective Human Rights of Peoples and Minorities” International and Comparative Law Quarterly Vol 25 1976 op 102-120; Strydom “Views on International Measures for the Protection of Minorities” South African Yearbook of International Law Vol 18 1992/1993 op 134-141 en veral op 135 waar hy stel dat: “The debate on the enumeration of minority characteristics has at times seemed petty and superficial”. Sien ook Barrie supra op 24-26. 72

Die onsekerheid waarmee die begrip “peoples” omhul is word uitgelig deur Viejobuono wat soos volg verklaar:128 The United Nations although stating on many occasions that this right indeed exists, did not define the entity, the “group”, but purported to be the forum endowed with the power to decide when self-determination is justified and when not.

5.2 DEFINISIE VAN DIE ENTITEIT (DIE "SELF")

Om van selfbeskikking as die kollektiewe reg van "indiwidue" ("peoples") te praat, verskaf probleme, nie alleen omdat "people"129 moeilik gedefinieer word nie, maar ook omdat 'n duidelike onderskeid tussen die begrip en soortgelyke begrippe soos onder andere "minderhede" moeilik gemaak kan word. Op die oog af blyk dit eenvoudig te wees om te sê die "people" moet self besluit. Die probleem is egter dat die entiteit nie self kan besluit voordat iemand nie besluit het dat hulle inderdaad 'n "people" is wat self kan besluit nie.

Een van die mees problematiese aspekte van die begrip selfbeskikking is dat geen definitiewe kriteria vir die aanwending daarvan bestaan nie. Volgens Viejobuono:130

128 Viejobuono “Self-Determination and Territorial Integrity: The Falkland/Malvinas Dispute with Reference to Recent Cases in International Law" South African Yearbook of International Law Vol 16 1990/1991 op 13.

129 Soos gestel deur Starke Introduction to International Law Londen 1989 op 124: "(A)nother difficult problem is to determine which communities of human beings constitute 'peoples' (ie the 'self') for the purpose of enjoying the right of self- determination".

130 Viejobuono supra op 13. 73

(I)nstead, the principle is applied in a given situation and ascertained largely on an ad hoc basis.

5.3 SUBJEKTIEWE PERSEPSIE McCorquodale131 is van mening dat geen volledige (“completely”) objektiewe kriteria gevind kan word om die woord “peoples” mee te identifiseer nie. Een van die redes is dat daar ‘n subjektiewe en objektiewe benadering bestaan. Die subjektiewe benadering verwys na die benadering waar mense hulleself as ‘n “people” aandui deur middel van ‘n gemeenskaplike afkoms, gemeenskaplike bande, gemeenskaplike kultuur en waar daar ‘n doel is om as groep voort te bestaan.132

Dit is moontlik om te sê dat 'n groep 'n “self” word vir doeleindes van hierdie beginsel sodra die groep homself in 'n beduidende mate "anders" as sy buurgroepe of dan die hoofgroep beskou. Die groep plaas dus 'n afstand en tref 'n onderskeid tussen homself en die res.

Burkey133 definieer etniese groepe as: ... people who conceive of themselves one kind by virtue of the common ancestry (real or imagined) who are united by emotional bonds, a common culture and by concern with the preservation of the group.

'n Mens kan dus praat van groepsbewussyn ("group consciousness"), of soos Capotorti dit stel "a sense of solidarity"134 wat die "self" moet hê. Die manifestasie van hierdie groepsbewussyn word gesien in faktore soos die onderlinge hulpverlening tussen lede van 'n groep asook die feit dat die groep van homself dink as sou dit:

131 McCorquodale “South Africa and the Right of Self-Determination” South African Journal of Human Rights 1994 op 11.

132 Sien Capotorti “Studies of the Rights of Persons Belonging to Ethnic, Religious and Linguistic Minorities” UNESCO E/CN 4/Sub 2/384/Add op 5 en veral op 7 daarvan.

133 Burkey "Discrimination and Racial Relations" Report on the International Research Conference on Race Relations Aspen Colerado 1970 op 62.

134 Capotorti supra op 7. 74

collectively possessing an enduring separate identity.135

Bewys van hierdie groepsbewussyn moet waarskynlik meer gewig gegee word, en 'n vorm van "communal sense" is waarskynlik 'n onmisbare voorvereiste vir "selfskap". Die bruikbaarheid van die subjektiewe persepsie van die groep (oor die groep self om 'n onderskeid tussen die groep en die res te tref as die enigste basis om die reg tot selfbeskikking op te eis), is grootliks aan bande gelê deur die groot aantal en wye verskeidenheid van persepsies wat deur dieselfde bevolking op dieselfde basis ondervind kan word. Dieselfde indiwidu kan byvoorbeeld sy "afsonderlikheid" beleef ten opsigte van sy lidmaatskap in 'n gemeenskap, 'n kerk, 'n broederkring, 'n gemenebes, 'n professie, of 'n skool van denke. In die praktyk sal sulke persepsies nie alleen oorvleuel nie, maar ook moeilik wees om te verifieer, en selfs van tyd tot tyd verander.

5.4 OBJEKTIEWE KARAKTERTREKKE

135 Van Dyke "The Cultural Rights of Peoples" Human Rights Quarterly Vol 2 1980 op 1. 75

'n Meer suiwer en grondige bewys van die groep se uniekheid is te vinde in die objektiewe kriteria soos religieuse, historiese, geografiese, etnologiese, ekonomiese, linguïstiese en raseienskappe. Crawford136 is van mening dat daar geen enkele internasionale regsdefinisie bestaan nie. Hy stel dat indien die Internasionale Reg 'n enkele definisie van "peoples" sou aanvaar en erken, dit in die African Charter137 te vinde is. Die African (Banjul) Charter on Human and Peoples' Rights bepaal dat alle "peoples" die reg tot bestaan het en dat alle "peoples" die onaantasbare en onvervreembare reg tot selfbeskikking het.138

136 Crawford (red) The Rights of Peoples 1988 op 170.

137 Crawford supra op 170. Dlamini "Towards a Regional Protection of Human Rights in Africa: The African Charter on Human and Peoples' Rights" Comparative and International Law of Southern Africa 1991 op 198 stel dat hierdie handves nie die begrip "peoples" definieer nie, en dat dit duidelik is dat dit meer as een betekenis het.

138 Artikel 20(1) van die Banjul Charter. Vir ‘n bespreking van die moontlike betekenis van hierdie Handves sien Kiwanuka "The Meaning of 'People' in the African Charter on Human and Peoples' Rights" American Journal of International Law Vol 82 1988 op 80 en verder. 76

Die Permanente Hof van Internasionale Geregtigheid het ‘n groep (gemeenskap) gedefinieer in die Greco-Bulgarian "Communities"-saak as 'n groep van persone wat woon in 'n bestaande staat of plek ("locality"), en wat 'n ras, godsdiens, taal en tradisies van hulle eie het in 'n gevoel van solidariteit, met as oogmerk om hulle tradisies te bewaar, hulle godsdiens te behou, en die onderrig en opvoeding van hulle kinders te doen in ooreenstemming met die gees en tradisies van hulle ras, asook om onderlinge hulp aan mekaar te verleen.139

Van Dyke140 stel dat: ... a culture is distinguished by such characteristics as language, religion, and race, and more broadly by shared attitudes, customs, and traditions. To qualify as a people, those sharing a culture should think of themselves as collectively possessing an enduring separate identity, and they are likely to be predominantly of common descent.

Capotorti141 stem in wese hiermee saam as hy 'n minderheidsgroep definieer as 'n groep waarvan die getalle minder is as die res van die bevolking van die staat, wat in 'n nie-dominante posisie verkeer, en wie se lede - alhoewel burgers van daardie staat - etniese, religieuse en linguïstiese karaktertrekke het wat verskil van die res van die bevolking. Hierdie groep moet ook, al is dit net implisiet, solidariteit toon wat gerig is op die behoud en bevordering van hulle eie kultuur, tradisies, taal en godsdiens.142

Ook inheemse groepe is ongetwyfeld “peoples” in elke sosiale, kulturele en etnologiese sin van die woord. Hierdie groepe het hulle eie taal, gewoontereg, waardes, tradisies, afsonderlike identiteit en dikwels ‘n besondere verhouding met die grondgebied waarop

139 [1920] PCIJ (ser B) No 17 op 33. Sien ook Umozorike Self-Determination in International Law supra op 274.

140 Van Dyke "The Cultural Rights of Peoples" Human Rights Quarterly Vol 2 1980 op 1.

141 Capotorti Study of the Rights of Persons Belonging to Ethnic, Religious and Linguistic Minorities United Nations Economic and Social Council E/CN 4/Sub 2/384/Add 5 op 7. Sien ook in die algemeen Du Toit Die Ontwikkeling van 'n Moderne Volkegroepereg in die Suid-Afrikaanse Staatsreg Memorandum en Hoofde van Argument voorgelê aan die Kommissie van Ondersoek na die Grondwet November 1979 waar hy stel dat daar ‘n fundamentele strukturele verskil is tussen die staat en die volk.

142 Capotorti supra op 7. 77

aanspraak gemaak word. Dit is, soos gestel word, onlogies en onwetenskaplik om hulle eenvoudig as deel van (en dieselfde as) die “peoples”’ te beskou, dit wil sê as die res van die bevolking.143

5.5 KOMBINASIE VAN OBJEKTIEWE EN SUBJEKTIEWE KRITERIA

Dit is so dat etniese groepe ("volke") 'n eie identiteit, karakter en aard het. Die groep word geïdentifiseer deur na objektiewe kriteria soos taal, godsdiens, ras en tradisie te kyk, sowel as na subjektiewe faktore soos die wil en begeerte om as 'n onafhanklike groep te bestaan.

143 Spiry supra op 138. 78

Wanneer die subjektiewe persepsie van die "self" gekombineer word met objektiewe kriteria soos godsdienstige, historiese, geografiese, etnologiese, ekonomiese, linguïstiese en raskaraktertrekke word 'n duidelike bewys daargestel vir die groep se onderskeid. So 'n kombinasie van faktore het die voordeel dat dit die internasionale gemeenskap met 'n stel objektiewe en verifieerbare kriteria voorsien, waaraan voldoen moet word (in geheel of gedeeltelik) alvorens 'n groep 'n legitieme eis kan hê om as 'n “self" beskou te kan word.144 Die volgende stap sal dan wees die aanspraak op die proses van "beskikking".

Hierdie "peoples" wat aanspraak maak op die reg tot selfbeskikking is dus indiwidue wat 'n groep vorm en hulle eie karaktereienskappe het (en vorm), een waarvan 'n besondere etniese oorsprong is. Ras of etniese oorsprong op sigself sal egter nie voldoende wees nie. Indien die groep daarbenewens ‘n eie onderskeidende taal, godsdiens, kultuur, en erfenis het, sal die eis tot minstens interne selfbeskikking, moeilik geïgnoreer kan word. 'n Groep se eis om eksterne selfbeskikking sal verder verstewig word deur die feit dat dit die vermoë het om (ekonomies) onafhanklik as 'n gemeenskap en meer nog, as 'n onafhanklike staat te bestaan.

144 Sien ook Shaw supra op 23 wat stel dat dit “crucial” is dat die minderheid “an objectively distinct group, with features distinguishing it from other groups within the State” moet wees. 79

Die eis om selfbeskikking kan slegs legitimiteit verkry indien die “self” 'n geïdentifiseerde groep is met 'n etnologiese basis.145 Dit was nooit die bedoeling om sonder meer enige groep, wat byvoorbeeld slegs vir 'n gemeenskaplike ekonomiese voordeel bestaan, maar andersins volkome een is met ander lede van 'n bepaalde gemeenskap, in te sluit nie.146 Die beperking kan moontlik as arbitrêr beskou word, maar is nogtans suiwer.

5.6 DIE STRUKTUUR VAN DIE "SELF"

Stoker147 het die karakter en die struktuur van etniese groepe ondersoek, en tot die gevolgtrekking gekom dat die etniese groep 'n sosiale liggaam is wat gelyke fundamentele menseregte met die indiwidu besit.148 Dat volksgroepe 'n eie identiteit, karakter en aard het, is nie te betwyfel nie. Sekere regslui is van mening dat etniese groepe geen regte het nie, omdat geen gesagstruktuur bestaan nie. Du Plessis toon dan ook aan dat alhoewel 'n volk 'n samelewingskring van mense is, dit geen verbandstruktuur besit nie.149

Raath maak die volgende gevolgtrekkings aangaande die aard van die etniese

145 Buchheit Secession: The Legitimacy of Self-Determination Yale University Press 1978 op 228.

146 Buchheit supra op 228.

147 Stoker Die Aard en die Rol van die Reg - 'n Wysgerige Besinning Professorale Intreerede Randse Afrikaanse Universiteit Publikasiereeks RAU (A36) 1970 op 9. In dieselfde rede stel hy dit soos volg: “This inquiry into the jural realm - ie into human rights, jural norms (eg principles and laws) and the jural order - relates this realm to the divinely ordained status or office (and its function) of man in cosmic reality: this status pertains to both individuals and social bodies (eg communities and societies) and their mutual relatedness". (Summary). Vir sy sienings oor die Afrikanervolk sien veral Stoker "Die Stryd om die Ordes: Afrikaanse Volkswording en Suid-Afrikaanse Nasievorming" Koers 1954 op 237 en "Calvinisme as Wortel van ons Volksbestaan" Koers 1952 op 152 en veral op 165.

148 Stoker “Die Stryd om die Ordes” supra op 9. Sien ook Stoker "Calvinisme as Wortel” supra in die algemeen ten opsigte van die Afrikaner in die besonder. In sy Intreerede supra beskryf Stoker ook die besondere status van die volk as samelewingskring en die menseregte wat met hierdie status gepaard gaan.

149 Du Plessis "Vryheid en Gesagsverskeidenheid" De Jure 1987 op 100. 80 verwantskap en -struktuur van die "volksverband": 150 1. Die volksverband is een van die primêre sosiale kringe, soos die huwelik, gesin, staat en die kerk primêre samelewingskringe is. 2. Die rigtinggewende funksie van die volk is die etiese; in besonder die gemeenskaplike liefde vir die handhawing van die kultuurgoedere van die betrokke volksverband. 3. Die modaal-funderende aspek van die volk is die biotiese; die gemeenskaplike bloeds- of afstammingsverband tussen volksgenote. 4. Dinamies-struktureel is is die taak en bestemming van die volksverband, die handhawing van die gemeenskaplike kulturele erfbesit van die betrokke volksverband. 5. Horisontaal-idiostant kom die struktuur van die volksverband in die betrokke gesagsverhoudinge binne die betrokke volksverband na vore. So sterk is hierdie etiese gesagsverhoudinge dat dit selfs die plek van die juridiese gesagsbande wat in die staat mag bestaan, kan inneem. 6. Die gemeenskaplike kulturele erfbesit van die volksverband sluit ook in die opvattings met betrekking tot die staat en die reg, omdat dit ook as sodanig kultuurprodukte is. Daar is dus geen moontlikheid van 'n kultuur-neutrale regs- en staatsorde nie. 7. Daar bestaan 'n besonder noue verband tussen volk en staat as samelewingskringe. In bepaalde opsigte gaan die volk aan die staatsverband vooraf. Nêrens in die wêreld is 'n voorbeeld te bedink waar 'n staat tot stand gekom het bloot deur die saamgroepering van 'n aantal indiwidue in 'n staats- en regsorde nie. Waar state wel tot stand gekom het, het dit geskied deurdat 'n volk of volkere hulle op 'n bepaalde grondgebied gevestig het.

150 Raath Selfbeskikking en Sesessie: Die Saak vir die Afrikanervolk Afrikanervryheidstigting Vryheidsreeks 1990 op 11. Sien ook Raath Volk en Kerk - 'n Bespreking van Enkele Aspekte van Kerk en Samelewing NG Kerkboekhandel 1989 op 26-32. 81

Volgens Raath kan dus gesê word dat die volksverband (etniese groep) 'n samelewingskring van mense is wat 'n horisontale, vertikale, dinamiese en aksiale struktuurmomente vertoon; 'n samelewingskring van mense wat op grond van die biotiese afstammingsverwantskap tussen volksgenote die gemeenskaplike liefde vir die gemeenskaplike kulturele erfbesit van die onderskeie volkslede handhaaf en uitbou.151 Booysen is van mening dat hierdie volksverband in beginsel die reg op die handhawing van sy eie identiteit en selfbeskikking het.152

Die siening van die aard van die volksverband hierbo uiteengesit sluit ook aan by die definisies van volk wat in die verrigtinge van UNESCO na vore kom. 'n Volk word met 'n bepaalde kultuur geïdentifiseer, naamlik die gemeenskaplike kulturele erfbesit. In sommige opsigte kom die volk voor die staat. Die staat kom tot stand deurdat 'n volk of volke hulleself in 'n bepaalde grondgebied vestig.

5.7 DEFINIËRING DEUR DIE VERENIGDE NASIES

Resolusie 1514(XV) van 1960 (die 1960-Deklarasie) word, soos aangedui, allerweë beskou as een van die belangrikste bydraes tot die ontwikkeling van die reg op selfbeskikking.153 Hierdie Resolusie suggereer dat alle “peoples” die reg het op selfbeskikking. Die hele debat ten opsigte van hierdie Resolusie het gehandel rondom die kwessie van koloniale gebiede en is dit duidelik dat hierdie Resolusie spesifiek te doene gehad het met die “peoples” van sodanige gebiede. Die doelwit van hierdie Resolusie was dan ook om selfregering vir alle gebiede wat nog nie onafhanklikheid bereik het nie, te gee. Hierdie Resolusie het egter nie gestel hoe hierdie reg op

151 Raath Selfbeskikking en Sesessie supra op 12. Sien ook Strauss Christelik-Nasionaal en die CNO 1972 op 11 asook Strauss "Nogeens Abraham Kuyper, Ras en Volk en Suid- Afrika" Tydskrif vir Christelike Wetenskap 1984 op 91 en verder.

152 Booysen Die Aanslag teen die Selfbeskikking in die RSA HAUM Kaapstad 1981op 37- 44. Volgens Booysen is dit in lyn met die denke van die Verenigde Nasies in hierdie verband, alhoewel die regte van indiwidue en groepe die potensiaal het om in stryd met mekaar te wees.

153 Sien Quane supra op 548. 82

selfbeskikking van hierdie “peoples” bereik moes word nie, maar het dit wel duidelik gestel dat die territoriale integriteit van state nie geskend moes word nie. ‘n Territoriale kriteria is dus aangewend om die “peoples” te definieer. Dit het beteken dat die gebied soos hy bestaan het (en met die grense wat alreeds bestaan het) as ‘n gebied, ongeag die samestelling van sy bevolking, onafhanklik moes word. Hierdie “peoples” van hierdie gebied het gevolglik die reg gehad om vrylik hulle politieke status te bepaal en ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling na te streef.

Pogings om hierdie reg uit te brei op grond van hierdie Resolusie om ook etniese, taal en religieuse groepe in te sluit, was onsuksesvol. Daar was egter uitsonderings154 en noem Quane dat hierdie uitsonderings was as gevolg van reünifikasie van ‘n pre- koloniale entiteit, of as gevolg van die teenkanting van die inwoners van ‘n gebied om die entiteit te handhaaf soos wat dit was, of as gevolg van die vrywillige vereniging van twee aparte kolonies. Alhoewel byvoorbeeld en die Falkland-eilande as koloniale gebiede aangedui is, het die gebiede ook nie as gebiede onafhanklik geraak nie.

Benewens bogemelde het die Verenigde Nasies ook selfbeskikking verleen aan ander sogenaamde “peoples”. So het twaalf gebiede geïntegreer.155 Daarby het sewe koloniale gebiede geassosieer met onafhanklike state.156 Benewens voormelde is daar

154 Sien Quane supra op 552. Die volgende gevalle word vermeld: Morokko, Somalië, Indië, Palestina, Ruanda-Urundi, die Britse Kameroen, die Pasifiese Eilande, die Gilbert en Ellice Eilande, Brits-Togoland en die Franse Soedan.

155 Dit is: Die Nederlandse Antilles en Surinam, , , , Wallis en die Futuna Eilande, Brits-Togoland, die noordelike deel van die Britse deel van die Kameroen, die suidelike deel van die Kameroen, Noord-Borneo en Sarawak, Wes-Irian, die Mariana Eilande en die Kokos Eilande.

156 Dit is: , Groenland, die Cook Eilande, , die Marshall Eilande, die Fed eral e stat e van Mikr one sië en 83

Pala u. Sien in hier die verb and Qua ne supr a op 553.

84 ook ‘n verdere kategorie van “peoples”. In hierdie verband voer Pomerance157 aan dat “peoples” ook mense insluit wat onderwerp was aan buitelandse onderdrukking, dominasie en eksploitasie.

Afgesien van voormelde het daar ander “selfbeskikkingsgevalle” ontstaan wat die betekenis van “peoples” verder uitgebrei het. Hier word gedink aan Tsjeggoslowakye, Eritrea en die voormalige USSR. Baie van hierdie state (of state binne hierdie state) het aanspraak gemaak op die reg op selfbeskikking suiwer uit hoofde van ‘n gemeenskaplike etnisiteit, taal en/of geloof.

157 Pomerance “Self-Determination in Law and Practice” supra op 14 85

Cassese stel dat die 1966-Verdrae ‘n duidelike stap was om “peoples” op te gradeer as mede-akteurs in die wêreldgemeenskap.158 Hy stel dat dit kunsmatig en onlogies sal wees om te argumenteer dat in die geval van eksterne selfbeskikking die 1966-Verdrae ‘n Internasionale Reg vir “peoples” daarstel, terwyl in die geval van interne selfbeskikking die reg slegs binne elke indiwiduele staatsverband bestaan en gevolglik nie internasionale afdwingbaarheid het nie.159 Artikel 1 van beide die 1966-Verdrae verwys klaarblyklik direk na “peoples”, welke dimensie (ekstern of intern) dit dan ookal aanneem.

Dit dien verder vermeld te word dat dit nie veel werd sal wees om te praat van ‘n reg sonder ‘n meganisme om daardie reg af te dwing nie. Meestal (en verkieslik) is daar vir elke substantiewe reg ‘n regsremedie. Die Menseregtekomitee van die Verenigde Nasies het, wat die reg op selfbeskikking betref (en ook ander regte), meestal ‘n beperkende uitleg wou gee aan regte wat bestaan. Die Opsionele Protokol het egter deur middel van artikels 1 en 2 daarvan die reg geskep vir “peoples” om besware in te dien oor die skending van regte van die Internasionale Verdrag op Burgerlike en Politieke Regte. Nie alleen kan beswaar ingedien word oor die skending van byvoorbeeld die reg op vryheid van assosiasie nie, maar kan dit ook gedoen word ten opsigte van enige ander reg, en derhalwe ook in verband met die skending van die reg op selfbeskikking. Dit sal basies daarop neerkom dat die reg van al die mense (“the whole people”) om vrylik hulle politieke status te bepaal, geskend moet wees. Sodanige “people” sal egter moet aantoon dat hulle inderdaad verteenwoordigend is van die groep namens wie hulle praat.

158 Sien Cassese supra op 144.

159 Cassese supra op 144. 86

Artikel 27 van die Internasionale Verdrag ten opsigte van Burgerlike en Politieke Regte (van 1966) bepaal dat in daardie state waar etniese, religieuse en linguïstiese minderhede bestaan, persone wat aan sulke minderhede behoort, nie die reg ontneem sal word om, in gemeenskap met die ander lede van die groep, daardie kultuurregte te geniet, sodanige godsdiens te beoefen, of om hulle eie taal te gebruik nie.160 Daar word derhalwe voorsiening gemaak vir interne selfbeskikking vir minderheidsgroepe, alhoewel dit uiters moeilik is (soos wat die praktyk ook aantoon) om kontrole hieroor uit te oefen. Dikwels moet daar eers sprake wees van growwe skending van menseregte en selfs die uitwissing van die lede van ‘n minderheidsgroep alvorens die internasionale gemeenskap daarvan bewus word en/of enigsins optrede beoog. Optrede sluit dan ook dikwels slegs stappe in soos ekonomiese maatreëls (byvoorbeeld sanksies), laasgemelde wat ‘n verdere nadelige effek het; beide op die hele bevolking van die staat en ook op die minderheid of minderhede in daardie staat wat uiteraard ook daardeur geraak word.

Wat verder gekonstateer moet word is dat hierdie minderhede nie as ‘n groep internasionale regstatus verwerf het in die lig van die bewoording van Artikel 27 nie. Daarom word verwys na “persons belonging to such minorities”. Die rede daarvoor is duidelik: Die artikel (soos ook die 1966-Verdrae) is deur state goedgekeur en as die primêre rolspelers in die Internasionale Reg wou state nie toelaat dat minderhede (binne

160 Die Engelse bewoording van artikel 27 lui soos volg: “In those states in which ethnic, religious, or linguistic minorities exist, persons belonging to such minorities shall not be denied the right in community with the other members of their group, to enjoy their own culture, to profess and practise their own religion, or to use their own language”. 87 state se grense) dieselfde regstatus as state verwerf nie.161 Gevolglik is hierdie regte in dieselfde kader as indiwiduele regte geplaas.

5.8 GEVOLGTREKKING

161 Sien Shaw “The Definition of Minorities in International Law” in Dinstein (red) The Protection of Minorities and Human Rights Martinus Nijhoff Publishers 1992 op 23. 88

Dit is so dat die verlening van internasionale regstatus aan minderhede, die probleem van identifikasie onmiddellik na vore sal bring.162 Daar bestaan soveel groepe wat kan (en ook toenemend sal) aanspraak maak hierop dat dit waarskynlik die spreekwoordelike Doos van Pandora sal oopmaak. Daar is egter baie minderhede wat aan die definisie van staatskap voldoen deurdat hulle ‘n permanente bevolking het, ‘n bepaalde gebied (al is dit ‘n deel van ‘n bestaande staat) bewoon en selfs ‘n eie verteenwoordigende regering het. Hierdie minderhede het ook die vermoë om internasionale betrekkinge aan te gaan, alhoewel dit in praktyk dikwels nie gebeur nie (ook omdat state druk op mekaar uitoefen dat dit nie moet gebeur nie). Sulke minderhede voldoen aan al die vereistes om as entiteite van die Internasionale Reg erken te word, dog ontbreek formele erkenning. Hierdie minderhede staan dikwels op die punt om van interne na eksterne selfbeskikking te beweeg, soos die voorbeeld van Quebec inderdaad aandui. Ander minderhede is egter nie so gelukkig nie, aangesien verskeie van bogenoemde vereistes ontbreek, wat ookal die rede daarvoor mag wees. Hierdie minderhede kan gevolglik slegs op die regte in Artikel 27 uiteengesit, aanspraak maak.

Alhoewel die Handves van die Verenigde Nasies begin met die woorde “[w]e the peoples of the United Nations” word nasies en “peoples” ‘n noemenswaardige plek in die internasionale regsorde ontsê.163 Hierdie groepe het nie die status om hulleself (in groepsverband) tot internasionale forums te wend nie. Hierdie groepe het gevolglik voortgegaan en die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO) daargestel. Die handves van die UNPO is op 11 Februarie 1992 in Den Haag onderteken. Die ondertekenaars het hulleself onder andere verbind tot die: equal right to self-determination of all nations and peoples. 164 Lede van die UNPO is nasies en “peoples” wat nie behoorlik verteenwoordig is by die

162 Shaw supra op 1.

163 Sien Van Walt van Praag “The Position of UNPO in the International Legal Order” in Brölman et al (reds) Peoples and Minorites in International Law Martinus Nijhoff Publishers 1993 op 313.

164 Sien Van Walt van Praag supra op 321. 89

Verenigde Nasies nie.165 ‘n Nasie of “people” word omskryf as: a group of human beings which possesses the will to be identified as a nation or people and to determine its common destiny as a nation or people.166

165 Sien artikel 5.

166 Sien Van Walt van Praag supra op 321. 90

Die groep definieer homself dus. Daar moet egter ‘n gemeenskaplike erfenis (“heritage”) wees wat histories-, ras-, etnies-, linguïsties-, kultureel-, religieus- of territoriaal- georiënteerd moet wees. Hierdie definisie is in ooreenstemming met die algemeen- aanvaarbare definisie in die Internasionale Reg. Ook byvoorbeeld die Grieke van Albanië het die reg om lid te wees synde hulle nie verteenwoordig word deur die meerderheid van Albanië by die Verenigde Nasies nie.167

Verteenwoordiging geskied onder andere deur middel van regerings, wetgewende vergaderings, bevrydingsbewegings en selfs politieke partye. Substansiële ondersteuning moet egter aangetoon word. Hierdie liggaam het duidelik die vakuum gevul wat tans in die Internasionale Reg bestaan; die feit dat slegs state die rolspelers is. Soos Van Walt van Praag aandui,168 sal die uiteindelike sukses van hierdie organisasie daarin geleë wees dat die organisasie verdwyn: Want dan sal selfbeskikking vir die lede van hierdie organisasie immers in vervulling gegaan het en die rede vir die bestaan van die organisasie verval.

167 Sien Van Walt van Praag supra op 321.

168 Van Walt van Praag supra op 324. 91

HOOFSTUK 6

SELFBESKIKKING IN PRAKTYK

6.1 INLEIDING

Selfbeskikking as regsbeginsel het tot dusver ‘n wye impak op die tradisionele Internasionale Reg gehad. Vandag bestaan die internasionale gemeenskap nie net meer uit soewereine regerings nie, maar ook uit klasse van mense (“peoples”) sowel as indiwidue wat as internasionale regsubjekte beskou word. Dit is egter so dat laasgemelde se impak op die Internasionale Reg meer beperk is as internasionale state.

6.2 INTERNASIONALE REGSUBJEKTE

Tradisioneel was soewereine state die enigste entiteite in die wêreldgemeenskap wat regte en verpligtinge in terme van die Internasionale Reg gehad het. Die uitgangspunt was dat elke staat absolute beheer oor sy mense gehad het en dat state vry was om te doen wat hulle wou binne eie territoriale jurisdiksie. Daar was geen uitsonderings op die beginsel van nie-inmenging in die huishoudelike sake van soewereine state nie.

Die posisie het aansienlik verander in die afgelope sowat dertig jaar synde sogenaamde bevrydingsbewegings ook nou as ‘n subjek van die Internasionale Reg beskou word, solank hulle kan aantoon dat hulle onderdruk word deur ‘n koloniale mag, ‘n vreemde mag of ‘n regering wat op grond van ras diskrimineer.169 Aangesien regte en verpligtinge

169 Sien in hierdie verband Tyner “Wars of National Liberation in Africa and Palestine: Self- Determination for Peoples or for Territories” Yale Studies in World Public Order Vol 5 1978 op 234 en verder; Ginther “Liberation Movements” Encyclopedia Vol 3 1982 op 245 en verder; Shaw “The International Status of Liberation Movements” Liverpool Law Review Vol 5 1983 op 19 en verder asook Cassese supra op 165-169. 92

bestaan in terme van die beginsel van selfbeskikking het hierdie mense (“peoples”), of die organisasies wat hulle verteenwoordig, dan ook regsubjekte in die Internasionale Reg geword. Daar moet derhalwe bepaal word onder watter omstandighede ‘n bevrydingsbeweging as internasionale subjek beskou sal word. Eerstens moet gekyk word na die beweging se politieke doelwitte. Sodanige doelwitte moet binne die raamwerk van die beginsel van selfbeskikking val. Daarbenewens moet die beweging in verset wees teen ‘n koloniale mag, ‘n vreemde mag of ‘n regering wat op grond van ras diskrimineer. Die doel moet dan wees om effektiewe beheer oor die bevolking van daardie bepaalde gebied te verkry. ‘n Verdere vereiste is dat die beweging moet kan aandui dat dit verteenwoordigend is van die groep (“people”) ten aansien waarvan sodanige eis gestel word.170

Dit is natuurlik so dat slegs bevrydingsbewegings wat bogemelde kan aantoon verhef word tot regsubjekte in die Internasionale Reg. Die interessante hiervan is (wat ook onhoudbaar is), dat bevrydingsbewegings wat hulle bloot verset teen ‘n outoritêre regering, nie dieselfde internasionale status sal geniet as ‘n bevrydingsbeweging wat kan aantoon dat hy hom verset teen ‘n koloniale regering, ‘n vreemde mag of ‘n regering wat diskrimineer op grond van ras nie. Dit is duidelik dat, onder druk van die USSR en Afrikastate, voorsiening gemaak is vir ‘n spesifieke situasie, naamlik dié van rasse- en geloofsdiskriminasie.171 Die Verenigde Nasies was gevolglik nie konsekwent in die toepassing en uitbreiding van die beginsel van selfbeskikking nie. Dit kan derhalwe beskou word as ‘n ernstige gebrek in die huidige sisteem van die Internasionale Reg. Dit is ook, by gebrek aan ‘n beproefbare metode soos ‘n verkiesing of ‘n referendum, feitlik onmoontlik om te bepaal of sodanige bevrydingsbeweging wel verteenwoordigend is van die mense namens wie dit beweer, opgetree word. Verder hang ‘n bevrydingsbeweging se erkenning daarvan af dat genoeg state daaraan daardie status moet verleen. So kan ‘n bevrydingsbeweging, sonder dat daar enige basis vir steun bestaan, deur talle state erken word, terwyl ‘n ander (bevrydings)beweging, bloot uit

170 Sien Cassese supra op 165-167.

171 Deur die woorde “race, creed or colour”, alhoewel soos reeds aangetoon net “rassedikriminasie” werklik op die voorgrond geplaas is. 93 subjektiewe oorwegings, misken kan word. Boonop sal erkenning deur state aan ’n beweging status verleen (wat dit dalk nie gehad het nie), wat ook die steun daarvan positief kan beïnvloed; somtyds tot nadeel van ander. Dit kan wel gekonstateer word dat bevrydingsbewegings se status voorwaardelik is, synde hulle werklike status sal afhang daarvan of hulle uiteindelik daarin slaag om die regering van ‘n staat te word en sodoende as staat erkenning te verkry. Wat wel waar is, is dat bevrydingsbewegings ooreenkomste met state en internasionale organisasies kan sluit wat die duidelikste bewys is dat hierdie bevrydingsbewegings internasionale regspersoonlikheid verkry het.172 Die rede vir laasgenoemde is dat sodanige ooreenkomste as bindend beskou word tussen die partye en state wat dit aangaan en gevolglik ook as ‘n verdrag beskou word. Wat wel ook gestel moet word, is dat, alhoewel sodanige bevrydingsbewegings as regsubjekte beskou kan word, daar geen remedie tot hul beskikking is as om tot gewapende geweld oor te gaan nie en is dit waar selfs wanneer sodanige groep (“people”) se oorlewing op die spel is.

6.3 SELFBESKIKKING AS ERGA OMNES

172 Sien Cassese supra op 169. 94

Uit wat tot dusver oor selfbeskikking gestel is, kan gekonkludeer word dat die beginsel van selfbeskikking erga omnes is, dit wil sê dit is ’n internasionale regsverpligting wat nie net tussen twee of meer state geld nie, maar ten gunste van en in belang van alle lede van die internasionale gemeenskap.173 Dit onderskei die regsbeginsel van selfbeskikking van ander beginsels wat slegs bilaterale of multilaterale werking het, maar ten opsigte waarvan nie gestel kan word nie dat dit regswerking op alle state in die internasionale gemeenskap het. Selfbeskikking daarenteen is ‘n regsbeginsel wat betrekking het op alle state en moet gehoorsaam word deur alle state. Enige staat (of aangewese groep) wat aan die vereistes van selfbeskikking voldoen, kan daarop aanspraak maak. Die beginsel van selfbeskikking moet gevolglik gerespekteer word deur alle state indien dit as erga omnes beskou word.174

In 1995 het die Internasionale Geregshof in die Oos-Timor saak175 beslis dat die reg op selfbeskikking inderdaad erga omnes is.176 Die hof het derhalwe verdere amptelike status aan die reg op selfbeskikking verleen.177

6.4 SELFBESKIKKING AS IUS COGENS

Gedurende die sestigerjare het die internasionale gemeenskap besluit om aan sekere beginsels in die Internasionale Reg groter status te verleen as aan ander. Hierdie

173 Sien byvoorbeeld die Barcelona Traction Case (ICJ Reports 1970 op 3 daarvan) waar die hof ‘n onderskeid tref tussen verpligtinge wat state teenoor mekaar het teenoor verpligtinge wat teenoor alle state bestaan. Laasgemelde is ‘n verpligting erga omnes en moet elke staat hom daarvan weerhou om internasionale regsvoorskrifte wat op almal van toepassing is, te oortree. Ander state het dan ook ‘n regsbelang daarin dat sulke verpligtinge nagekom sal word. Soos gestel in die Suidwes-saak (ICJ Reports 1966 op 3 en verder en veral op 33-34 daarvan) moet ‘n staat kan aantoon dat hy gevestigde regte of belange het in ‘n saak alvorens die hof so ‘n party oor ‘n saak sou aanhoor.

174 Barcelona Traction Case ICJ Reports 1970 op 3 daarvan.

175 The Case (Portugal v ) No 84 ICJ Reports 1995 op 90.

176 Sien in hierdie verband Antonopoulos “Effectiveness v The Rule of Law Following the East Timor Case” Yearbook of International Law Vol 27 1996 op 86.

177 Antonopoulos supra op 91 en verder is van mening dat daar algemene instemming bestaan dat die reg op selfbeskikking nie net ius cogens is nie, maar regte en verpligtinge erga omnes skep. 95 beginsels is as ius cogens (dit wil sê voorskriftelik) beskou wat state verplig het om nie van sodanige beginsels af te wyk nie. Onder hierdie beginsels tel vrede, die waardigheid van die persoon, respek vir fundamentele menseregte, die verbanning van slawerny en volksmoord, en die reg op selfbeskikking. Die beginsel van selfbeskikking het uiteraard ‘n groot rol gespeel in die erkenning van ander beginsels wat tot ius cogens verhef is.

In 1966 het die Internasionale Regskommissie voorgestel dat daar ‘n konsep konvensie ten opsigte van die reg op verdrae daargestel word waarin ook voorsiening gemaak moes word vir ‘n bepaling wat ius cogens sou bevat. Verskeie state was egter daarteen gekant dat selfbeskikking daarin vervat moes word. Uiteindelik het dit nie gerealiseer dat selfbeskikking spesifiek daarin vervat is as synde ius cogens nie.

In meeste moderne regsisteme word ‘n hiërargie van norme aangetref. In die Internasionale Reg is daar nie sodanige wetgewende, uitvoerende en regsprekende sisteem nie. Gevolglik is daar ook nie ‘n rangorde van norme in die Internasionale Reg nie. Alhoewel die Statuut van die Internasionale Geregshof die bronne van die Internasionale Reg uiteensit, is daar nie ’n definitiewe hiërargiese volgorde nie.178

Die behoefte het egter ontstaan om nie alleen voorskiftelike norme in die Internasionale Reg daar te stel nie, maar ook om selfbeskikking as ius cogens te beskou. So bepaal artikel 53 van die Weense Konvensie op die Reg op Verdrae soos volg: A treaty is void, if at the time of its conclusion, it conflicts with a peremptory norm of general international law.... [A] peremptory norm is a norm accepted and recognized by the international community of States as a whole as a norm from which no derogation is permitted and which can be modified only by a subsequent norm of international law

178 Artikel 38(1) van die Statuut bepaal wel dat die hof die volgende moet toepas: - internasionale konvensies, hetsy algemeen of in die besonder, wat gevestigde reëls daargestel het wat uitdruklik deur state erken word; - internasionale gewoontereg as bewys van ‘n algemene praktyk wat as reg aanvaar word; - algemene beginsels van die reg wat aanvaar word deur beskaafde nasies; en - regsbeslissings (alhoewel artikel 59 bepaal dat ‘n beslissing net bindend is op die partye voor die hof en op die saak voor die hof) en leerstukke (“teachings”) van hoogs-gerespekteerde regslui as ‘n ondergeskikte maatreël om regsreëls vas te stel. 96 having the same character.179

179 Sien ook artikel 64 wat bepaal dat indien ‘n nuwe voorskriftelike reël in die Internasionale Reg ontstaan, ‘n bestaande verdrag wat in konflik met daardie norm is, nietig word en tot ‘n einde kom. Dixon Textbook on International Law Blackstone Press Ltd 1990 op 132 stel dit soos volg: “Today, then, self-determination is a well established principle of customary international law and may well be a rule of ius cogens”. 97

So is daar dan ook aangevoer dat selfbeskikking die status het van ius cogens,180 dat dit “dwingende reg” is van die Internasionale Reg waarvan daar nie afgewyk mag word nie; selfs nie deur enige verdrag of internasionale handeling nie. Cassese181 trek dit egter in twyfel dat selfbeskikking ‘n voorskriftelike beginsel van die Internasionale Reg is. Dat daar baie standpunte is in hierdie verband wat stel dat dit wel so is, is waar. Hier kan verwys word na die opinie van Regter Ammoun in die Barcelona Traction-saak182 sowel as die menings wat gehuldig is deur die Subkommissie van die Verenigde Nasies vir die Voorkoming van Diskriminasie en Beskerming van Minderhede. Soos Cassese aandui, bly dit egter opinies en moet daar gekyk word na wat state in hierdie verband gesê en gedoen het. Dit is natuurlik so dat talle state waaronder die USSR, Sierra Leone, Ghana, Ciprus, Belarus en Pole hulle ten gunste daarvan uitgespreek het dat selfbeskikking die status van ius cogens aangeneem het. Baie van hierdie state is natuurlik voormalige kommunistiese state en is dit interessant dat slegs Griekeland, Spanje en Italië, wat beskou kan word as anti-kommunistiese state, hulle ten gunste daarvan uitgespreek het dat selfbeskikking as ius cogens beskou kan word. Interessant is ook dat met die inval van die USSR in Afghanistan die VSA melding daarvan gemaak het dat die beginsel van selfbeskikking ‘n voorskriftelike norm van die Internasionale Reg is.183

Hannikainen184 is van mening dat selfbeskikking nie die status van ‘n voorskriftelike norm bereik het nie, maar dat dit slegs ‘n algemene reël is waarvan afgewyk kan word byvoorbeeld in die belang van ‘n buurstaat of vanweë geografiese en historiese redes. Ook Salo deel hierdie siening wanneer gestel word dat selfbeskikking nog só ‘n

180 Antonopoulos supra op 91. Sien ook Gros Espiell “Self-Determination as Ius Cogens” in Cassese (red) UN Law: Fundamental Rights Alphen van den Rijn 1979 op 168 wat stel dat: “Today no one can challenge the fact that, in the light of contemporary international realities, the principle of self-determination necessarily possesses the character of ius cogens”.

181 Sien Cassese supra op 135.

182 Sien ICJ Reports 1970 op 304 en op 312.

183 Sien American Journal of International Law Vol 74 1980 op 418 en verder.

184 Hannikainen Peremptory Norms (Ius Cogens) in International Law Helsinki 1988 op 375. 98

onduidelike betekenis het, dat dit nie as ius cogens beskou kan word nie.185

Dit is natuurlik so dat dit waarskynlik nie nodig sal wees dat elke afsonderlike staat moet stel dat ‘n regsreël (soos ook die beginsel van selfbeskikking) nou as ius cogens beskou moet word nie, maar dat dit afgelei kan word uit hoofde van internasionale gebeure; veral na aanleiding van die houding van state in hulle internasionale verhoudinge en op die internasionale forum. Deur te stel dat selfbeskikking ‘n fundamentele beginsel van die Internasionale Reg is, is daar waarskynlik reeds indirek gestel dat dit verhef is tot ius cogens.

6.5 DIE BEGINSEL VAN NIE-INMENGING IN HUISHOUDELIKE SAKE

Die Internasionale Reg was vir jare gekenmerk daardeur dat geen inmenging in die huishoudelike sake van state geduld was nie en was die beginsel van nie-inmenging een van die fundamentele beginsels in die Internasionale Reg. Dit het saamgehang met die beginsel van soewereinititeit en territoriale integriteit wat as onskendbaar beskou was. Die probleem is egter dat talle state, alhoewel hulle die onskendbaarheid van hulle eie territoriale gebied hoog voorop gestel het, nie dieselfde standpunt gehandhaaf het waar dit by die skending van ‘n ander staat se grense en territoriale integriteit gekom het nie. Dit was dikwels die geval indien geweld of mag teen ‘n buurstaat of ‘n ander staat gebruik is en was daar vir jare ook nie ‘n beginsel wat die gebruik van mag verbied het nie. Dit het tot gevolg gehad dat inmenging wel geskied het en het dit dikwels geskied om politieke, militêre en ekonomiese doelwitte te bevorder. Deur die loop van die jare het verskeie nuwe internasionale regsreëls ontwikkel wat beperkings op die beginsel van geen-inmenging geplaas het, waaronder die respek vir menseregte en

185 Salo “Self-Determination: An Overwiew of History and Present State with Emphasis on the CSCE Process” The Finnish Yearbook of International Law Vol 2 1991 op 309. 99 selfbeskikking van mense. So het minstens drie situasies ontwikkel waar ‘n duidelike reg op selfbeskikking ontwikkel het, naamlik mense wat onder koloniale oorheersing verkeer het, mense wat onder buitelandse okkupasie gestaan het en mense wat as gevolg van ras nie aan die regering van ‘n staat kon deelneem nie. Gevolglik het daar minstens ten opsigte van hierdie drie gevalle ‘n uitsondering op die reël van nie- inmenging ontstaan, synde ander state geregtig was om tot hierdie state se hulp te kom, alhoewel dit in beperkte mate was.

6.6 STATE SE VERANTWOORDELIKHEID

State se verantwoordelikheid is aanvanklik slegs deur ‘n paar basiese reëls beheers. So moes ‘n staat wat hom op internasionale gebied skuldig gemaak het aan oortredings, byvoorbeeld waar ‘n gebied ingeval is of skip van ‘n staat onregmatig gesink is, vergoeding aan sodanige staat betaal. ‘n Gebrek aan betaling kon militêre of ekonomiese sanksies tot gevolg gehad het teen sodanige staat. Mag het egter ‘n bepalende rol gespeel of daar wel teen state opgetree sou word. Sodanige oortredings is dan ook as ‘n onderlinge saak tussen die twee state beskou en kon ander state nie inmeng nie.

Danksy selfbeskikking (asook ander dinamiese begrippe in die Internasionale Reg) het hierdie posisie aansienlik verander. Sekere optredes word tans as ‘n growwe verbreking van fundamentele standaarde beskou en kan alle state in ‘n gepaste geval optree.

Internasionale oortredings word in twee kategorieë verdeel. Daar is internasionale delikte en internasionale misdrywe. In die bekende obiter dictum in die Barcelona Traction-saak, het die Internasionale Geregshof gestel dat daar ‘n kategorie van internasionale verpligtinge is wat van groter belang is as ander en wat aan alle ander state ‘n eis gee dat hierdie verpligtinge nagekom moet word.

So sal ‘n regsverpligting wat as erga omnes beskou word, soos byvoorbeeld die norme betreffende vrede, selfbeskikking en menseregte duidelik algemene verpligtinge daarstel. Dit beteken dat dit ‘n sisteem van regsreëls daarstel wat deur alle state in ‘n 100 ernstige lig beskou word en waarvan die verbreking baie ernstiger implikasies inhou as ander.186

Waar die beginsel van selfbeskikking egter in baie gevalle nog nie behoorlik gedefinieer is nie, is dit moeilik om te aanvaar dat daar ‘n internasionale misdryf kan wees indien selfbeskikking ontsê word. Gevolglik sal daar meer duidelikheid in hierdie verband moet kom alvorens oortredings ten opsigte van selfbeskikking as ‘n internasionale misdryf beskou kan word.

Dit is ook so dat daar tans nie remedies beskikbaar is vir state om op te tree waar daar ‘n ernstige oortreding van die reg van selfbeskikking bestaan nie. Ook ten opsigte van die miskenning van die basiese menseregte van indiwidue, blyk dit dat die Internasionale Reg, benewens ekonomiese en militêre sanksies, geen ander remedies tot sy beskikking het vir sodanige gevalle nie. Hier dien Zimbabwe vermeld te word waar die internasionale gemeenskap kennelik en by gebrek aan enige besluit te dien effekte deur die Verenigde Nasies, nie tot enige optrede oorgaan teen die regering van Zimbabwe nie.

6.7 TERRITORIALE SOEWEREINITEIT

Die beginsels en reëls betreffende selfbeskikking het sodanig uitgebrei dat dit sekere aspekte, wat beskou kan word as ‘n tradisionele deel van die Internasionale Reg, grondliggend geraak (en selfs gewysig) het. Dit sluit in die aspekte rondom die verkryging, oordrag, verlies en regstitel oor state. In die hoofstuk wat handel oor eksterne selfbesikking is meeste van hierdie probleme behandel. Die nou reeds

186 Sien Cassese supra op 179.

101 bekende Resolusie 1514(XV) wat deur die Algemene Vergadering aanvaar is, het nie net voorsiening gemaak vir die reg van koloniale bevolkings tot selfbeskikking nie, maar terselfdertyd gestel dat die territoriale integriteit van state gerespekteer moet word.

In terme van die klassieke Internasionale Reg kon grondgebied verkry word deur (koloniale) verowering en ook deur oordrag van die soewereine titel ten opsigte van ‘n koloniale gebied deur middel van sessie tussen twee state.187 Die huidige regsposisie (en gevolglik die resente reg ten opsigte van selfbeskikking) het nie noodwendig hierdie basis(se) waarop grondgebied verkry is, ipso facto ongeldig gemaak nie. Daar het egter ‘n regsproses ontstaan, eers deur middel van die mandaatsisteem van die Volkebond en daarna deur middel van die trusteeskap-sisteem van die Verenigde Nasies, wat regsverpligtinge op state geplaas het wat soewereiniteit oor hierdie koloniale gebiede gehad het. Hierdie verpligtinge het ingehou dat hierdie state die bevolkings van daardie gebiede in staat sou stel om vrylik te kies of hulle onafhanklik wou wees en of hulle wou assosieer of integreer met ‘n bestaande staat. Gevolglik moes ‘n proses in werking gestel word wat uiteindelik die uitwissing van die regstitel van ‘n staat oor ‘n koloniale gebied sou beteken.188

Ook ten opsigte van ander gebiede het daar ontwikkeling plaasgevind. Hierdie gebiede val nie noodwendig binne die kategorie van koloniale gebiede nie, aangesien geen koloniale verowering plaasgevind het nie of omdat daar weens historiese redes nie ‘n inheemse bevolking in hierdie gebied was nie. Hier dien die voorbeeld van Gibraltar en die Falklande vermeld te word.189 Uiteindelik het die Verenigde Nasies self besluit om hierdie gebiede as nie-selfregerende gebiede (“non-self-governing territories”) te beskou. Ook ten opsigte van hierdie gebiede moet hierdie bevolkings in staat gestel word om vrylik hulle keuse uit te oefen ten opsigte van hulle eksterne en interne status, moet sodanige keuse die werklike keuse van die inwoners verteenwoordig en moet daar

187 Sien Crawford The Creation of States in International Law Clarendon Press 1979 op 198- 201.

188 Sien Crawford supra op 364-365.

189 Albei hierdie gevalle word elders bespreek. 102

‘n wye keuse gestel word, waaronder onafhanklikheid, assosiasie, behoud van bestaande bande, deelname aan ‘n internasionale unie, ensovoorts.190 Hierdie keuse moet ook op ‘n deurlopende basis getoets word en moet internasionale monetering toegelaat word en moet ‘n ander staat wat ‘n belang hierby het, geken word in hierdie proses.

6.8 DIE GELDIGHEID VAN BESTAANDE TITEL OOR ‘N GEBIED

Soos reeds vermeld, kon grondgebied in die verlede verkry word deur middel van verowering asook deurdat ‘n gebied deur ‘n staat aan ‘n ander staat oorgedra is. Gebiede wat op hierdie wyses verkry is, word vandag steeds erken, maar het daar in die Internasionale Reg regsreëls ontwikkel wat verpligtinge op state geplaas het om die soewereiniteit van sulke gebiede oor te dra aan die inwoners van daardie gebied. Dit was (soos reeds genoem) veral die geval wat betref koloniale gebiede.

190 Sien Cassese supra op 187. 103

Een van die verdere gevolge van die internasionale regsreëls wat rondom selfbeskikking ontwikkel het, is dat geen regstitel oor ‘n gebied gevestig kan word wat ‘n verbreking van die reg op selfbeskikking daarstel nie. In hierdie verband kan verwys word na die voorbeeld van Oos-Timor.191 Indonesië se vestiging van soewereiniteit oor Oos-Timor was gevolglik onregmatig en is ook nooit erken nie. So kan soewereiniteit ook nie gevestig word oor ‘n gebied waar daar onsekerheid oor die gebied bestaan nie. Die argument is derhalwe dat Israel, ondanks die feit dat Jordanië nooit soewereine titel oor Palestina gehad het nie en al het Jordanië enige regstitel oor hierdie gebiede wat hy sou gehad het, laat vaar, nie daardeur regstitel oor hierdie gebied(e) verkry nie.192

Daar bestaan gevalle waar die verkryging van ‘n gebied in stryd met die beginsel van selfbeskikking was, maar is dit later erken omdat die internasionale gemeenskap, hetsy uitdruklik, hetsy stilswyend, erkenning daaraan verleen het. Hier kan die gevalle van Goa en Wes-Irian genoem word. Die feit is dat in hierdie twee gevalle die internasionale gemeenskap nie meer (met dieselfde oortuiging) die aansprake van die verowerende magte verwerp nie en selfs afwysende uitlatings daaroor laat vaar het. Dit het die regstitel van onderskeidelik Indië en Indonesië oor hierdie gebiede bevestig.193

Daarbenewens sal, indien ‘n staat wat soewereiniteit oor ‘n gebied uitoefen, onttrek uit sodanige gebied, dit nie outomaties beteken dat hierdie gebied terra nullius word nie. Dit is veral so indien daardie gebied ‘n inheemse bevolking het wat kollektief georganiseerd is en moet daardie bevolking se vrye wil ten opsigte van hulle internasionale status steeds bepaal word, dit wil sê of hulle onafhanklik wil wees, of hulle wil assosieer met ‘n

191 Sien die geval van Oos-Timor wat in besonderhede hieronder bespreek word.

192 Israel en die Palestyne se regsposisie word later hierin bespreek.

193 Sien Cassese supra op 188. 104

bestaande staat, en of hulle enige ander internasionale status wil hê.

So kan ‘n staat ook nie sonder meer ‘n gebied sedeer aan ‘n ander staat sonder dat die inwoners van daardie staat geken word in die saak nie. Die beginsel wat voorrang geniet is behoorlik uiteengesit deur Regter Dillard in sy onafhanklike opinie in die Wes Sahara-saak waar dit soos volg gestel is: It is for the people to determine the destiny of the territory and not the territory the destiny of the people.194

Die wense van die bevolking wat geraak word, moet deur middel van ‘n referendum vasgestel word. Dit sal dan ook tot gevolg hê dat ‘n ooreenkoms tussen twee state, waar die inwoners van die staat wat daardeur geraak word nie geken word nie, in stryd met die beginsel van selfbeskikking sal wees.

6.9 UTI POSSIDETIS

Aan die begin van die negentiende eeu het ‘n praktyk in Spaans-Amerika ontwikkel waar die gebiede wat onafhanklik geword het, die grense behou het soos dit was toe dit koloniale gebiede was. Dit is gedoen om dispute oor grense tussen hierdie state te besleg nadat hulle onafhanklik geword het.195 Dit was dan ook vervat in verdrae sowel as die grondwette van verskeie van hierdie Latyns-Amerikaanse state.196 Dit het uiteraard dan ook bygedra om verdrae ten opsigte van grense te interpreteer en het tot stabiliteit gelei ten opsigte van die behoud van grense.197

Die beginsel is bekend as uti possidetis (iuris) en word die implikasies daarvan ook

194 ICJ Reports 1975 op 122.

195 Sien Barrie supra op 14.

196 Sien in die algemeen Bartos “Uti Possidetis. Quo Vadis?” Australian Yearbook of International Law Vol 18 1997 op 37-54.

197 Sien ook Shaw “The Heritage of States: The Principle of Uti Possidetis Today” British Yearbook of International Law Vol 67 1996 op 151-154. 105

elders bespreek.198 In Afrika is die beginsel gehandhaaf deurdat Afrikastate feitlik deur die bank aangedring het daarop dat die grense van die voormalige kolonies nie gewysig moes word nie. So het die Organisasie vir Afrika Eenheid (OAE) dit dan ook in sy handves uitgespel. Alle lede van die OAE het hulleself verbind

198 Sien die hoofstuk oor sesessie en veral die bespreking oor territoriale integriteit aangesien dit nou daarmee verband hou. 106

to respect the borders existing on their achievement of national independence.199

In die Case Concerning the Frontier Dispute200 (tussen Burkina Faso en Mali) het die Kamer van die Internasionale Geregshof bevestig dat daar ‘n kontradiksie kan wees tussen die beginsels van uti possidetis en selfbeskikking. Die hof het hom soos volg oor die beginsel van uti possidetis uitgelaat: Nevertheless the principle is not a special rule which pertains solely to one specific system of law. It is a general principle, which is logically connected with the phenomenon of the obtaining of independence, wherever it occurs. Its obvious purpose is to prevent the independence and stability of new States being endangered by fratricidal struggles provoked by the challenging of frontiers following the withdrawal of the administering power.201

Uti possidetis is derhalwe ‘n beginsel van algemene toepassing (“principle of general application”) in die Internasionale Reg. Die essensie daarvan is om respek vir die

199 Sien Brownlie African Boundaries - A Legal and Diplomatic Encyclopedia Londen 1979 op 10-11.

200 ICJ Reports 1986 op 554.

201 ICJ Reports 1986 op 565 para 20. 107 territoriale grense van ‘n nuwe staat ten tyde van onafhanklikwording te verseker.202 Die beginsel staan in skerpe teenstelling met dit wat selfbeskikking beoog, dog verskaf sekuriteit aan ‘n staat ten opsigte van die behoud van sy grense.

Shaw is van mening dat sekere belangrike opmerkings in verband met uti possidetis gemaak behoort te word. Dit sluit onder meer die volgende in:203 1. Die beginsel van territoriale integriteit bly steeds belangrik in die internasionale regsisteem omdat stabiliteit belangrik is. Laasgemelde

202 Sien Bartos supra op 39. In El Salvador v Honduras 1992 ICJ Reports op 125 het die Internasionale Geregshof Kamer swaar gesteun op die uti possidetis beginsel. Die Kamer het aanvaar dat die toepassing van die beginsel in baie gevalle kontensieus kan wees. In dieselfde jaar is die beginsel toegepas in EC Arbitration Commission on Yugoslavia (1993) 92 ILR op 162 en verder waar beslis is dat uti possidetis van toepassing is op nuwe state wat voorheen deel was van ‘n federasie. Wat laasgenoemde beslissing van groot betekenis maak is die feit dat uti possidetis toegepas is buite ‘n koloniale situasie. Dixon Textbook on International Law supra op 131 sien uti possidetis as: “a principle of customary international law of general application”.

203 Shaw “The Heritage of States” supra op 151-154. Dixon supra op 133 sien uti possidetis en die beginsel van selfbeskikking as “ancillary rules” van die Internasionale Reg. 108

verseker weer kontinuïteit en regsekerheid. 2. As gevolg van voormelde het verskeie regsreëls ontwikkel wat die territoriale status quo van state sal probeer handhaaf. 3. Uti Possidetis verskaf ’n meganisme en proses om territoriale soewereiniteit na ‘n staat oor te dra. Dit gee ‘n territoriale dimensie en definisie aan die proses. 4. Uti Possidetis dien as riglyn waar grense reeds vasgestel is maar het ‘n groter rol te speel waar ‘n grens slegs as administratiewe (grens)lyn gedien het. 5. Uti Possidetis sal nie deur die beginsel van selfbeskikking oortref word nie aangesien selfbeskikking onderhewig is aan “cautious definition” in die Internasionale Reg. 6. Uti Possidetis is in ooreenstemming met die beginsel van territoriale integriteit en dien as vertrekpunt om grense vas te stel.

6.10 DIE GEBRUIK VAN GEWELD

Dit is bekend dat die Handves van die Verenigde Nasies ‘n algemene verbod plaas op die dreigement van geweld of die gebruik van mag soos uiteengesit in Artikel 2(4) daarvan. In buitengewone omstandighede mag geweld aangewend word ten opsigte van selfverdediging of waar kollektiewe optrede beoog word. Wat selfbeskikking betref is dit natuurlik ook so dat ‘n staat nie militêre geweld teen ‘n koloniale gebied, ‘n gebied wat onderworpe is aan militêre okkupasie of ‘n staat wat ‘n rassegroep selfbeskikking ontsê, kan gebruik nie maar kan daar ook nie van enige ander vorm van dwingende aksie gebruik gemaak word nie. Waar ‘n staat egter sodanige groep selfbeskikking ontsê, kan sodanige groep wel van mag gebruik maak. So het die 1970-Deklarasie op Vriendelike Verhoudinge dit soos volg gestel: Every state has the duty to refrain from any forcible action which deprives peoples referred to in the elaboration of the principle of equal rights and self-determination of their right to self-determination and freedom and independence.204

204 Soos aangehaal in Cassese supra op 195. 109

Die 1970-Deklarasie stel ook dat die gebruik van mag om mense van ‘n staat hulle nasionale identiteit te ontneem, ‘n verbreking daarstel van daardie mense se onvervreembare regte en ook van die beginsel van nie-inmenging.

Die vraag is nou wat die regsimplikasies is van hierdie klousules. Cassese is van mening dat dit in ‘n mate die huidige reg herbeklemtoon terwyl dit in sommige opsigte ook ‘n kodifikasie is van nuwe ontwikkeling in die internasionale gemeenskap.205 Dit bevestig enersyds die feit dat daar nie van mag gebruik gemaak mag word soos uiteengesit in Aritkel 2(4) van die Handves van die Verenigde Nasies nie. State mag dus nie ten opsigte van internasionale verhoudinge, hulle tot geweld wend in die oplossing van geskille nie. So mag ‘n staat wat as ‘n koloniale moondheid (of koloniale mag) beskou word, nie mag gebruik ten opsigte van ‘n gebied wat bekend staan as ‘n koloniale gebied nie. Ook ‘n staat wat ‘n gebied okkupeer mag nie mag gebruik ten opsigte van sodanige geokkupeerde gebied nie.

Die 1970-Deklarasie het egter die saak uitgebrei om verdere aangeleenthede te hanteer. In die eerste plek mag ‘n staat wat selfbeskikking onthou van ‘n rassegroep, homself nie wend tot militêre mag teenoor sodanige rassegroep nie. Dit is gevolglik nie meer net ‘n interne aangeleentheid nie, maar ‘n internasionale aangeleentheid. In hierdie verband het die talryke resolusies wat aanvaar is deur die Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad ten opsigte van Suid Afrika, dit dan ook bevestig. ‘n Staat mag ook nie institusionele maatreëls aanwend om die realisering van selfbeskikking van gedeeltes van sy bevolking te weerhou nie, aldus die Verenigde Nasies. Wat derhalwe gebeur het, is dat die internasionale gemeenskap, ten einde selfbeskikking te verwesenlik, nie alleen die gebruik van militêre mag verbied nie, maar ook dit wat beskryf kan word as “geïnstitusionaliseerde geweld”.

205 Cassese supra op 196. 110

‘n Bevrydingsbeweging kan klaarblyklik wel van geweld gebruik maak om sy doelwitte te bereik. Hierdie afleiding word gemaak omdat dit nie uitdruklik verbied (of toegelaat) word nie. Dit word gesê aangesien die verbod gerig is teen state en nie teen bevrydingsbewegings of ander organisasies nie. Alhoewel geen reg bestaan vir ‘n bevrydingsbeweging om tot geweld oor te gaan nie, het daar ‘n opinie bestaan by state dat bevrydingsbewegings, wat tot sodanige geweld oorgaan, nie optree in stryd met die Handves van die Verenigde Nasies nie. Soos Cassese aandui het dit ‘n lisensie verskaf aan bevrydingsbewegings om hulle wel tot geweld te wend, maar het dit nie ‘n reg daargestel nie.206

Wat state betref, bly die posisie onveranderd dat ‘n staat hom nie tot geweld mag wend om sy soewereiniteit oor ‘n gebied te vestig nie. In hierdie verband kan Argentinië se optrede in die Falkland-eilande en Indië se optrede in Goa genoem word.207 Ook mag ‘n staat nie mag gebruik ten einde ‘n bevrydingsbeweging te help om selfbeskikking te realiseer in ‘n ander staat nie. Hier dien die geval van Indië se optrede in Bangladesj vermeld te word. Derhalwe kan derde state slegs ekonomiese, politieke en logistieke ondersteuning aan bevrydingsbewegings verleen en kan hulle ook wapens en ammunisie aan bevrydingsbewegings verskaf. ‘n Derde staat mag egter nie ‘n staat wat daarvan beskuldig word dat hy selfbeskikking van ‘n deel van sy bevolking weerhou, in enige opsig ondersteun nie.

206 Sien Cassese supra op 198.

207 Sien Cassese supra op 199. Sien ook Franck en Rodley “After Bangladesh: The Law of Humanitarian Intervention by Military Force” American Journal of International Law Vol 67 1973 op 275 en verder. 111

6.11 GEWAPENDE KONFLIK

Sedert 1960 het state van veral die Derde Wêreld en die sosialistiese blok die Verenigde Nasies probeer oortuig dat oorloë wat gevoer is deur nasionale bevrydingsbewegings as internasionale gewapende konflikte beskou moet word en dat die reëls van internasionale oorlogvoering daarop van toepassing gemaak moes word. Westerse state het hulle hierteen verset synde dit ‘n eskalasie in oorloë kon beteken en aangesien daar moeilik onderskeid getref sou kon word tussen gevalle. Die opinie van die Derde Wêreldstate en die sosialistiese state het egter die deurslag gegee aangesien die Eerste Addisionele Geneefse Protokol van 1977 in werking getree het en dit vervat was in Artikel 1(4) daarvan. Hierdie artikel bepaal soos volg: The situations referred to in the preceeding paragraph include armed conflicts in which peoples are fighting against colonial domination and alien occupation and against racist regimes in the exercise of the right of self-determination, as enshrined in the Charter of the United Nations and the Declaration on Principles of International Law Concerning Friendly Relations and Co-operation among States in accordance with the Charter of the United Nations.208 Dit het tot gevolg gehad dat sodanige oorloë beskou kon word as ‘n internasionale konflik wat onderworpe was aan ‘n ander stel reëls as ‘n gewone burgerlike opstand (oorlog). Die realiteit is egter dat die twee state teen wie hierdie aksie (artikel) gemik was, naamlik Israel en Suid-Afrika, nie partye tot hierdie konvensie was nie aangesien Israel daarteen gestem het en Suid-Afrika glad nie daaraan deelgeneem het nie.209

Daarbenewens het hierdie artikel nooit aanwending gevind in konflikte wat daarna plaasgevind het nie. State het bloot geargumenteer dat ‘n oorlog nie een is wat beskou

208 Artikel 1(4) van die Eerste Addisionele Geneefse Protokol.

209 Sien Cassese supra op 203. 112 kon word as ‘n oorlog van nasionale bevryding (National Liberation) nie. Hier dien die voobeelde van die USSR se inval in Afghanistan vermeld te word sowel as Indonesië se okkupasie van Oos-Timor. Hierdie bepaling kan dus hoogstens as opinio juris beskou word.

113

HOOFSTUK 7

SESESSIE

7.1 INLEIDING

Selfbeskikking vind meermale deur middel van partisie en sesessie plaas. Dat sesessie vandag ‘n belangrike onderwerp is, spruit uit die feit dat, alhoewel daar tussen 1947 en 1991 slegs een voorbeeld was van ‘n suksesvolle sesessie, daar sedert 1991 suksesvolle afskeidings was in talle state, waaronder Joegoeslawië, die voormalige USSR en Ethiopië en was daar ook die partisionering van Tsjeggoslowakye.210 Daarbenewens is daar in verskeie state kennis geneem van sesessionistiese strewes, waaronder Noord-Ierland, Quebec, Vlaandere, Palestina, Kasjmir en Koerdistan, om maar enkeles te noem. Gellner wys daarop dat daar ten minste 5000 groepe in die wêreld is wat as gevolg van onderskeidende taal, dialek, godsdiens en kultuur ‘n nasionale bewussyn kan ontwikkel en indien wel, ook ‘n eis om sesessie.211

7.2 DEFINISIES

210 Sien Moore “Introduction: The Self-Determination Principle and the Ethics of Secession” in Moore National Self-Determination and Secession Oxford University Press 1998 op 1.

211 Gellner Nations and Nationalism Cornell University 1983 op 44 en verder. 114

Alhoewel daar verskeie definisies vir partisie bestaan,212 kan partisie gedefinieer word as:

212 Sien bv Sambanis “Partition as a Solution to Ethnic War: An Empirical Critique of the Theoretical Literature” World Politics Vol 4 July 2000 op 437 en op 445 wat partisie definieer as die uitkoms van ‘n oorlog wat beide grensaanpassings en demografiese veranderinge tot gevolg het. Kaufmann “Possible and Impossible Solutions to Ethnic Wars” International Security Vol 20 Spring 1996 op 125 definieer partisie weer as: “seperations jointly decided upon by the responsible powers: either agreed upon by the two sides ... or imposed on both sides by a stronger third party”. 115

...the action of dividing an area forming a single governmental unit into two or more areas under separate authorities.213

Sesessie kan soos volg omskryf word: Secession is the formal withdrawal from an established internationally recognized state by a constituent unit to create a new sovereign state.214

Histories hou die begrip partisie verband met die begrip sesessie. Sesessie dui op ‘n eensydige afskeiding deur een gebied of staat van die moeder- of ‘n ander staat en dikwels teen die wil van die groter geheel.215 Sesessie word somtyds ook beskou as die logiese uitvloeisel van ‘n proses van politieke disintegrasie.216 ‘n Eis om sesessie kan in meeste gevalle nie deur politieke hervorming bevredig word nie, omdat dit juis ‘n eis is

213 Hugo en Kotzé Suid-Afrika: Oorlewing in Politieke Perspektief Johannesburg Jonathan Ball Uitgewers 1983 op 162.

214 Smith (red) The Dynamic of Secession Cambridge University Press 1999 op 3. Sien ook Crawford “State Practice and International Law in Relation to Secession” British Yearbook of International Law Vol 69 1998 op 85-117 en veral op 86 waar hy stel dat die algemene wyse waarop sesessie begin, is deur ‘n “unilateral declaration of independence (or UDI)”. Sien egter Kaufmann supra op 125 wat sesessie definieer as: “new states created by the unilateral action of a rebellious ethnic group”.

215 Du Pisani “Partisie” in Van Vuuren en Kriek (reds) Politieke Alternatiewe vir Suider-Afrika: Grondslae en Perspektiewe Durban Butterworths 1983 op 238. Sien ook Grant “Extending Decolonization: How the United Nations might have addressed Kosovo” Georgia Journal of International and Comparative Law Vol 28 No 1 1999 op 25 wat sesessie soos volg omskryf: “The unilateral severance of ties between a community and the territory it inhabits from a state by which it was hitherto governed”. Die woord is dan ook afkomstig van die Latynse woord secessionem wat onttrekking (“withdrawal”) beteken.

216 Sien Bartkus The Dynamic of Secession Cambridge University Press 1999 op 8. In dieselfde werk word ook ‘n “working definition” van die kritiese moment van sesessie gegee op 10 daarvan: “A secession crisis occurs when the leaders representing a territorially concentrated and distinct community within a larger state translate discontent into demand for secession, and possess the power, either through sufficiently strong internal community mobilization or through the use of force, to compel the central government to react to those demands”. Sien ook Craven Secession: The Ultimate States Right Melbourne University Press 1986 op 7 daarvan wat aanvoer dat sesessie baie makliker teweeggebring kan word in federale state omdat ‘n deelstaat van ‘n federasie reeds ‘n politieke en administratiewe “apparatus” het en gevolglik goed toegerus is om ‘n onafhanklike staat te vorm. 116 wat die grense en bevoegdhede van die moederstaat wil wysig.217 In die Encyclopedia of Public International Law word sesessie gedefinieer as:

217 Sien Brilmayer “Secession and Self-Determination: A Territorial Interpretation” Yale Journal of International Law Vol 16 1991 op 177. Die outeur van hierdie artikel is ook van mening dat sesessie tipies ‘n eis verteenwoordig wat ongeregtighede van die verlede wil regstel (op bladsy 179 daarvan). 117

(T)he seperation of part of the territory of a State carried out by the resident population with the aim of creating a new independent state or acceding to another existing State.218

Haverland stel dit soos volg: Today’s prevailing doctrine defines secession as the seperation of part of the territory of a State which originally takes place in the absence of consent of the previous sovereign. In the process of decolonization it was not clear in all cases whether such consent was in fact granted. The colonial powers have often conceded independence to their former colonies at a stage when a secessionist attempt was already well-advanced.219

Hier kan verwys word na die ooreenkoms tussen Portugal en die party wat homself beywer het vir die onafhanklikheid van Guinee-Bissau met die verlening van onafhanklikheid van Portugees-Guinee in 1974, ‘n jaar na die onafhanklikheid van Guinee-Bissau, en enkele dae nadat die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies die verlening van lidmaatskap van Guinee-Bissau tot die Verenigde Nasies goedgekeur het.220

Die meeste gevalle van partisie is essensieël voorbeelde van sesessie. In hierdie

218 Haverland “State, Responsibility of States, International Law and Municipal Law” in Encyclopedia of Public International Law North-Holland Vol 10 1987 op 384-389.

219 Haverland “State, Responsibility of States” supra op 384.

220 Haverland “State, Responsibility of States” supra op 384. 118 verband kan die sesessie van Portugal van Spanje in 1640 genoem word, asook dié van Noorweë van Swede in 1905, Ysland van Denemarke in 1944, Bangladesj van Pakistan in 1971 en Eritrea van Ethiopië in 1993.221

221 Sien Grant “Extending Decolonization” supra op 33 stel dat mislukte pogings tot sesessie talryk is. Hy verwys na die volgende voorbeelde: Katanga (Kongo); Biafra (Nigerië); Kasjmir (Indië); Oos-Punjab (Indië); Karen en Shan (Burma); Turkse Republiek van Noord-Ciprus (Ciprus); Tamil Elam (Sri Lanka); Suid-Soedan (Soedan); Somaliland (Somalië); Bougainville (Papa Nieu Guinië); Koerdistan (Irak en Turkye); Republika Srpksa (Bosnië-Herzegowinië); Abkhazia (Georgië); Suid-Ossetië (Georgië); Nagorni Karabakh (); en die Demokratiese Republiek van Yemen (Yemen). 119

Alhoewel partisie normaalweg ‘n element van sesessie bevat, is die proses van partisie veel meer kompleks en omvattend as dié van sesessie.222 Sesessie is normaalweg ‘n eensydige proses terwyl partisie ‘n onderhandelde proses is. Slegs drie voorbeelde van omvattende partisie het gedurende die twintigste eeu voorgekom, naamlik dié van Ierland in 1922, Brits-Indië in 1947 en Palestina in 1948. Die legitimiteit van die partisionering van Ciprus (in 1974) is steeds in gedrang.223

Breedweg gesproke kan partisie drie vorme aanneem: 1. Die oorspronklike staat kan so verdeel word dat dit geheel en al verdwyn en die verdeelde eenhede ook, soos byvoorbeeld waar die verdeelde eenhede ingelyf word by buurstate. Dit was die geval met Pole in die 18e eeu. 2. Die oorspronklike staat kan só verdeel word dat ‘n gedeelte daarvan afskei, maar die oorspronklike staat behou sy vorige naam en internasionale status. Dit was die geval van Brits-Indië se onderverdeling in Indië, Pakistan en Bangladesj en die verdeling van Korea.224 3. Die oorspronklike staat kan in die geheel opbreek en vervang word deur twee of meer eenhede. Dit was die geval van die Federasie van Rhodesië

en Njassaland.

Daar is gevolglik ‘n verskil tussen partisie en sesessie.

222 Sambanis “Partition as a Solution” supra stel dat ‘n studie van 125 burgeroorloë aan die lig gebring het dat 21 partisies daaruit ontstaan het.

223 Du Pisani “Partisie” supra op 238. Sien ook bespreking hieronder.

224 Sien Hugo en Kotzé Suid-Afrika: Oorlewing in Politieke Perspektief supra op 162. 120

7.3 ERKENNING VAN ‘N REG TOT SESESSIE: HISTORIES

Die oplewing in die opvatting van Aristoteles van die staat in die Middeleeue het tot gevolg gehad dat dit ‘n populêre denkwyse geword om die staat as organiese geheel te beskou,225 in terme waarvan die verhouding tussen die staat en die indiwiduele burgers beskou is as ‘n verhouding analoog tot dié van ‘n liggaam tot sy samestellende organe.226 In terme van hierdie natuurregopvatting oefen die staat verteenwoordigend van die kop, kontrole of soewereiniteit oor al die organe of groep van organe uit. Geen afsonderlike orgaan kan vanuit die lewende organisme onttrek word, sonder om sowel die orgaan as hele liggaam te vernietig nie. Alhoewel dit later toegegee is dat die staat gevorm is deur die assosiasie van alle indiwidue en dat die geheel van indiwidue teoreties kon verkies om hulle van die staat te disassosieer, was min teoretici wat hierdie analogie toegepas het, bereid om die implikasies van die organiese teorie te minag waar dit op die sesessie van geïsoleerde groepe in die staat neergekom het. Daar word selfs beweer dat in 494 vC die Romeinse konsul Menenius Agrippa van ‘n “organiese” gelykenis gebruik gemaak het om die beroemde poging tot sesessie deur die Plebs ongedaan te probeer maak.227 Gevolglik het die organiese beeld van die sosiale verhouding in die staat weinig gesag daarvoor gebied dat ‘n groep die reg kan hê om van die heersende staat af te skei.228 Hierdie staats-absolutistiese opvattings van die staat was die direkte gevolg van die standpunte van Plato en Aristoteles, naamlik

225 Sien Jouvenal On Power: Its Nature and the History of its Growth op 43-59 ( Huntington- vert. 1969) soos na verwys in Buchheit supra op 48.

226 Jouvenal supra op 43-59.

227 Sien Buchheit supra op 48.

228 Sien Buchheit supra op 48. 121

dat die staat as “hoogste” samelewingskring, onskendbaar in sy eenheid is en alle fasette van die mens se lewe tot in die fynste besonderhede reguleer.

Van groter filosofiese belang was egter die natuurregopvatting waarvolgens die staat met sy kenmerk van soewereiniteit onderskeibaar is van die nie-soewereine kleiner gemeenskappe en genootskappe waaruit dit saamgestel is.229 Gedurende die negentiende eeu het die Duitse teoretikus, Otto Gierke, hierdie ontwikkeling in besonderhede ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat die staatsabsolutisme van die Middeleeue versuim het om die natuurlike regte van hierdie groepe en assosiasies te erken.230

Met die opkoms van die “federalistiese” teorie van sosiale strukture in die sestiende eeu wat gestel het dat ‘n staat saamgestel is uit kleiner gemeenskappe - eerder as ‘n samevoeging van eiestandige indiwidue - is aan die status van hierdie assosiasies ‘n vaste basis in die natuurregdenke voorsien.

Althusius het assosiasies in vyf hoofgroepe verdeel: die gesin, die korporasie, die plaaslike gemeenskap, die provinsie en die staat. Volgens Althusius is elke vlak saamgestel uit die kontraktuele vereniging van kleiner groepe sodat, terwyl indiwidue die samestellende dele van die laere vlakke, soos die gesin uitmaak, slegs plaaslike gemeenskappe en provinsies die sosiale verdrag wat die staat tot stand bring, kan sluit.231 Volgens Althusius het elke assosiasie ‘n natuurreg grondslag, soortgelyk aan die staat, en elkeen behou ‘n deel van sy natuurlike regte wanneer dit ‘n kontrak sluit om in ‘n groter geheel op te gaan.232 Een van die regte wat elke provinsie behou wanneer dit

229 Sien Buchheit supra op 48.

230 Soos na verwys in Buchheit supra op 49. Dit is soos volg gestel: “Deprived ...of the sanction of Natural Law, associations were unable to vindicate an inviolable right of existence against either the State or the Individual. With the sacred and indestructable rights of the sovereign community confronting them on one side, and no less sacred and indestructable rights of the individual personality confronting them on the other, it became a question of mere utility what measure of rights they ought to be granted”.

231 Sien Buchheit supra op 49.

232 Sien Buchheit supra op 49. 122

‘n staat vorm, is die reg is om van die staat af te skei, indien dit nodig mag wees. Buchheit verklaar in hierdie verband: It is in this way that Althusius’s analysis of society as a series of concentric associational levels, each retaining certain natural rights despite participation in wider associations, allows him to admit explicitly a right of secession on the part of local communities or provinces without condemning society to a disintegration into perpetually warring individuals.233

233 Sien Buchheit supra op 50. 123

Ook Hugo de Groot het ‘n reg op sesessie in bepaalde omstandighede erken.234 Op hulle beurt het Emmerich de Vattel en John Locke die reg op afskeiding van die owerheid oor die boeg van weerstand teen onderdrukking gegooi.235

Die Middeleeuse opvatting van die absolute staat moes plek maak vir die opvatting dat daar toenemend erkenning aan die natuurlike reg van groepe binne die staat verleen is om, waar hulle voortbestaan in die gedrang kom, van die staat af te skei en ‘n afsonderlike bestaan los van die staat, in ‘n nuwe staatsorde, te voer.

Dit getuig met ander woorde van die toenemende bewuswording van die erkenning van die beginsel van vryheid in eie bevoegdheid van nie-staatlike samelewingskringe.

In sy bespreking van die reg op selfbeskikking in die Britse Ryk wys Cobban236 daarop dat die Engelse standpunt in hierdie verband vir die reg van sesessie voorsiening gemaak het. Aangaande die vroeëre Amerikaanse kolonies verklaar hy:

234 Sien hieronder die bespreking van De Groot se standpunt.

235 Sien Buchheit supra op 51 en verder.

236 Sien Cobban National Self-Determination Royal Institute of International Affairs Londen 1944 op 80. 124

The British Government saw no via media between the sovereignty of Parliament and secession, and forced the American colonies to make the choice between legislative subjection to a parliament in which they were not represented and the assertion of a right of self-determination.237

237 Sien Cobban supra op 81. 125

Hierdie gedagterigting het toenemend posgevat sodat gesê sou kon word dat die geskiedenis van Kanada, Australië en Nieu-Seeland, die geskiedenis van geleidelike aflegging van outonome gesag aan die kant van Groot-Brittanje en ‘n toenemende afname in imperiale beheer is. Die kulminasiepunt van hierdie ontwikkeling het na vore gekom in die verslag van die Inter-Imperial Relations Committee van die Imperiale Konferensie van 1926, wat verklaar het dat die selfregerende state van die Ryk outonoom is en in geen opsig ondergeskik aan mekaar nie.238

Die reg van sesessie het ook stelselmatig as logiese kulminasiepunt van die reg op selfbeskikking ontwikkel. So verklaar Cobban: How completely the right to self-determination has been accepted in the British Commonwealth can be seen if we take what has come to be regarded as the acid test, the right of secession.239

Toe Ierland vreedsaam van die Ryk weggebreek het, was dit aanvaar dat die reg van sesessie vir die dominiums nou ‘n erkende feit was.240 Met die sesessie van Ierland is ‘n verdere stap in die ontwikkeling van die reg op selfbeskikking sedert die Amerikaanse Vryheidsoorlog bereik: The history of the development of the dominions into autonomous communities, reaching theoretical completion in the peaceful secession of Eiere from the British Commonwealth, is sufficient evidence of the progress of the right of self-determination in the British political mind since the time of War of American Independence.241

238 Sien Keith Speeches and Documents on the British Dominions 1918-1931 1932 op 161. Die bewoording was soos volg: “[They] are autonomous communities within the British Empire, equal in status, in no way subordinate one to another in any respect of their domestic or external affairs, though united by a common allegiance to the Crown, and freely associated as members of the British Commonwealth of Nations”.

239 Sien Keith supra op 83.

240 Sien Cobban supra op 84 waar die woorde soos volg aangehaal word: “The matter was perhaps less hypothetical than it imagined for in the course of the next few years Eiere peacefully seceded from the Empire, and it can be said that the right of secession for the dominions is now a recognized fact”.

241 Sien Cobban supra op 86. Die teks van die Balfour-verkaring van 2 November 1917 kon moontlik reeds as só ‘n kentering ten opsigte van sesessionêre selfbeskikking deur Brittanje gesien word. Dit lui soos volg: “Dear Lord Rothchild, I have much pleasure in conveying to you, on behalf of His 126

7.4 SELFBESKIKKING VERSUS SOEWEREINITEIT

Een van die belangrikste hindernisse in die pad van sesessie is die hoë premie wat in die Internasionale Reg op die territoriale integriteit (en gevolglike soewereiniteit) van state geplaas word. Grondgebied word as “heilig” vir state beskou; ook die verkryging daarvan. Machiavelli het dit soos volg uitgedruk:

Majesty’s Government, the following declaration of sympathy with the Jewish Zionist aspirations which have been submittted to, and approved by, the Cabinet: ‘His Majesty’s Government view with favour the establisment in Palestine of a national home for the Jewish people, and will use their best endeavours to facilitate the achievement of this object, it being clearly understood that nothing shall be done which may prejudice the civil and religious rights of existing non- Jewish communities in Palestine, or the rights and political status enjoyed by Jews in any other country’. I should be grateful if you would bring this declaration to the knowledge of the Zionist Federation. Yours sincerely, AJ Balfour“. 127

...the wish to acquire more [territory] is admittedly a very natural and common thing; and when men succeed in this they are always praised rather than condemned.242 Daarom is daar selde sprake daarvan dat ‘n eis ten opsigte van ‘n bepaalde gebied, nie in omstredenheid gehul is nie, en gaan dit ook gewoonlik gepaard met konflik.243

Eksterne faktore is dikwels 'n belangrike, en somtyds die deurslaggewende, faktor om die "self" (die aanspraakmaker) se “reg” op sesessie te bepaal.

Die standpunt wat steeds voorrang geniet in die Internasionale Reg, ongeag die feit dat sesessie ‘n realiteit is, is dat die reg op selfbeskikking nie insluit dat daar (sonder meer) van ‘n reeds bestaande en internasionaal erkende staat afgeskei kan word nie. Critescu wys daarop dat daar internasionale regsbronne is wat die indruk skep dat die erkenning van die beginsel van die selfbeskikking van volkere nie beskou kan word as: authorising dismemberment or amputation of sovereign States exercising their sovereignty by virtue of the principle of the self-determination of peoples.244

242 Machiavelli The Prince New York 1961 op 42.

243 Sien in die algemeen McCorquodale “Negotiating Sovereignty: The Practise of the in Regard to the Right of Self-Determination British Yearbook of International Law Vol 66 1995 op 283-331.

244 Critescu The Right to Self-Determination: Historical and Current Developments on the Basis of United Nations Instruments New York 1981 op 41. 128

Dit het grootliks te make met die feit dat die territoriale integriteit van state beskerm word in die Internasionale Reg. Die soewereiniteit van state word beskerm deur Resolusie 2625(XXV) van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (die 1970-Deklarasie) wat stel dat die soewereiniteit van 'n staat voorrang geniet bo die reg van 'n bepaalde groep op sesessie of partisie:245 Nothing in the foregoing paragraphs shall be construed as authorizing or encouraging any action which would dismember or impair, totally or in part, the territorial integrity or political unity of sovereign or independent states conducting themselves in compliance with the principle of equal rights and self-determination of peoples...

Ook (en veral) in Afrika word die standpunt gehandhaaf dat territoriale integriteit onaantasbaar is. So het die voormalige president van Mali dit verwoord: We must take Africa as it is, and we must renounce any territorial claims...246

Cobban wys op die verrykende implikasies van hierdie gedagterigting. Die handhawing van die staat se soewereiniteit bo die reg van selfbeskikking in die vorm van sesessie kan tot fisieke geweld lei: The absolute sovereignty of the state means the night of the long knives, and Hitler in person as the Supreme Court of the German people. It means castor oil and rubber truncheons and concentration camps. It means the Italiniazation of Tyrolese and the sterilization of Jews. It means the suppression of trade unions and the subservience of Churches. It means the abolition of individual liberties and the oppression of national minorities. The nation-state, inflated with the wind of national sovereignty, has become a

245 Resolusie 2625 (XXV) van die Algemene Vergadering van 24 Oktober 1970.

246 Touval “The Organization of African Unity and African Borders” International Organization Vol 21 1967 op 104. 129 true leviathan, fatal to the domestic liberties of individuals and groups.247

247 Cobban supra op 66. 130

Dit is duidelik dat selfbeskikking en soewereiniteit versoen moet word, want as albei as absolute regte beskou word, sal geen oplossing moontlik wees nie. Murswick stel dat dit redelik voor-die-hand-liggend is dat indien daar twee regnorme wat in konflik met mekaar is, die een nie so geïnterpreteer moet word dat die ander een sy effek verloor nie.248 Hy is van mening dat selfbeskikking in die vorm van sesessie erken moet word in daardie gevalle waar die groepe geen ander kans op die verwesenliking van selfbeskikking as deur sesessie het nie.

Cobban is van mening dat dit gedoen kan word as daar 'n kombinasie van die twee is wat beide toelaat om binne sy eie sfeer te opereer. Geeneen moet as absoluut beskou word nie, en geeneen moet bo indiwiduele regte verhef word nie.249

Cobban gaan uitvoerig op die vraag in onder welke omstandighede die reg op selfbeskikking (met insluiting van die reg op sesessie), met die beginsels van die soewereiniteit van state versoen kan word250. Hy verklaar in hierdie verband: The truth seems to be that if we take the right of sovereignty on the one hand, and the right of secession on the other, as absolute rights, no solution is possible. Further, if we build only on sovereignty, we rule out any thought of self-determination, and erect a principle of tyranny without measure and without end, and if we confine ourselves to self-determination in the form of secession, we introduce a principle of hopeless anarchy into the social order. The only hope it seems, must be in a combination of the two principles, allowing each to operate within its own proper field, and recognizing neither as an absolute right, superior to the rights of individuals, which are the true end of society.251

Die vraag of so ‘n kompromie moontlik is, word grootliks bepaal deur die vraag of die soewereine regte van die nasie (staat) noodwendig absoluut is en bo die reg van

248 Murswick “The Issue of the Right of Secession - Reconsidered” in Tomuschat Modern Law of Self-Determination Martinus Nijhoff Publishers 1993 op 35.

249 Cobban supra op 66 en verder.

250 Cobban supra op 67.

251 Cobban supra op 69. 131 selfbeskikking van volkere verhewe is. Cobban stel dat die reg van nasionale soewereiniteit van state getemper behoort te word (en sesessie derhalwe geoorloof is)252 indien die handhawing van die onskendbare eenheid van die staatsterritorium nie die regte van al die burgers, insluitende daardie regte as lede van die nasionale gemeenskap, effektief kan beskerm en handhaaf nie.253

252 Cobban supra op 69.

253 Cobban supra op 71. 132

Die wesenlike taak van die staat, is volgens Cobban, om wet en orde te handhaaf en ‘n sosiale gemeenskapslewe te verseker.254 Indien die handhawing van wet en orde, en die versekering van die sosiale gemeenskapslewe van etniese groepe op die spel is, sou sesessie geoorloof wees. Die weiering van die reg van sesessie onder hierdie omstandighede deur die staat kan tot ernstige konflik aanleiding gee: If at the same time the state maintains its rights of sovereignty over the dissident nation, there is no resolving the conflict, except by the destruction of the state or extermination of the nation.255

De Groot behandel die aangeleentheid van soewereiniteit in die De Iure Belli Ac Pacis.256 Volgens De Groot moet, wanneer 'n vervreemding van 'n deel van die soewereiniteit plaasvind, die deel ook daartoe toestem. Dit is so omdat al daardie dele wat unifiseer om 'n staat te vorm, tot 'n sekere onsterflike en ewigdurende gemeenskap kontrakteer, vanweë die feit dat hulle integrale dele van dieselfde eenheid is. Dit volg dus dat dat hierdie dele nie onder die liggaam is op dieselfde wyse as 'n natuurlike liggaam (wat nie sonder die dele van die liggaam kan lewe nie), en wat dus regtens

254 Cobban supra op 71.

255 Cobban supra op 71.

256 De Iure Belli Ac Pacis. Sien ook die Engelse vertaling deur Whewell Grotius on the Rights of War and Peace Londen 1950 op 107-109. 133 weggesny kan word vir die nuttigheid van die liggaam nie. Hierdie liggaam (die staat) is 'n vrywillige kombinasie. Die regte wat so 'n liggaam oor sy dele het moet gemeet word aan sy oorspronklike wil. Die liggaam verkry dus nie die reg om dele af te sny en sulke dele aan iemand anders se gesag te gee nie.257

257 Boek 3 Hoofstuk VI Paragraaf IV: In partis alinatione aliud insuper requiritur, ut etiam pars, de qua alienanda agitur, consentiat. Nam qui in civitatem coeunt, societatem quandam contrahunt perpetuam et immortalem, ratione partium, quae integrantes dicuntur: unde sequitur has partes non ita esse sub corpore, ut sunt partes corporis naturalis, quae sine corporis vita vivere non possunt, et ideo in usum corporis recte abscinduntur. Hoc enim corpus, de de quo agimus, alterius est generis, voluntate contractum scilicet; ac propterea jus ejus in partes ex primaeva voluntate metiendum est, quae minime credi debet talis fuisse, ut jus esset corpori partes et abscindere a se, et alii in ditionem dare. 134

Netso, volgens De Groot, het 'n deel nie die reg om homself van die liggaam te onttrek nie, tensy dit duidelik is dat die deel homself nie op enige ander wyse kan red nie ("non servare"). In elke geval van die menslike instelling moet die saak van uiterste noodtoestand verwag word, wat die kwessie reduseer tot blote natuurlike reg.258 Dit is dus te verstane dat, in so 'n geval die deel 'n groter reg het om homself te beskerm as wat die liggaam het oor die deel, omdat die deel 'n reg uitoefen wat hy gehad het voordat die gemeenskap gevorm is en die liggaam nie daardie reg het nie.259

Hierdie reg(te) wat so 'n deel gehad het, kan voorwetenskaplike regte genoem word.260 So kan elke persoon sê dat dit "sy reg" is of dat dit "'n ander se reg" is. Netso kan elke gemeenskapskring sê dat "hulle "'n reg” het (byvoorbeeld 'n huwelik, 'n familie, 'n groep mense, 'n staat, 'n volk, 'n kerk, 'n industrie, 'n universiteit en 'n sportklub).261

7.5 KRITERIA VIR SESESSIE

258 Boek 3 Hoofstuk VI Paragraaf V: Sic vicissim parti jus non est a corpore recedere, nisi evidenter se aliter servare non possit: nam, ut supra diximus, in omnibus iis, quae humani sunt instituti, excepta videtur necessitas summa, quae rem reducit ad merum jus naturae.

259 Boek 3 Hoofstuk VI Paragraaf VI: Atque hinc satis intelligi potest, cur hae in re majus sit jus partis ad se tuendam, quam corporis in partem: quia pars ititur quod ante societatem initam habuit, corpus non item.

260 Stoker Die Aard en Rol van die Reg - 'n Wysgerige Besinning RAU 1970 op 9.

261 Stoker supra op 9. 135

Buchheit stel dat ‘n eis om sesessie slegs wettig kan wees indien die groep wat wil afskei, ‘n geïdentifiseerde groep is met ‘n etnologiese basis.262 Dit was nooit bedoel om slegs ‘n groep in te sluit wat slegs deur gemeenskaplike ekonomiese voordeel ‘n groep wil wees, maar andersins geheel en al deel van die ander lede van die bevolking van ‘n staat is nie.263 Murswick sluit hom in ‘n groot mate aan by Buchheit wanneer hy verwys na objektiewe “ethnic” kriteria, soos kultuur, taal, geboorte of geskiedenis.264 Dit mag as ‘n arbitrêre onderskeid beskou word, maar is daar tog historiese argumente ten gunste van so ‘n standpunt.

Ander vereistes volgens Buchheit sluit in dat die groep ‘n duidelik onderskeibare gebied moet okkupeer,265 dat die groep in staat moet wees om ‘n onafhanklike bestaan te voer nadat sesessie plaasgevind het,266 en dat daar ‘n ontwrigting van die huidige staat moet wees vanweë minderheidsonderdrukking.267 ‘n Eis om sesessie sal volgens hierdie beskouing kwalik slaag as daar nie onderdrukking van die groep wat wil afskei, plaasvind nie.268

Of 'n groep die nodige kwantum van onderdrukking bereik het, of moet bereik, alhoewel

262 Buchheit Secession: The Legitimacy of Self-Determination supra op 228.

263 Buchheit supra op 228.

264 Murswick supra op 37.

265 Buchheit supra op 230 waar hy stel dat dit moontlik is dat ‘n sekere gedeelte van ‘n bevolking (“people”), alhoewel in ‘n groot mate vermeng met die res van die bevolking (“widely intermixed with the rest of the population”) sou wou afskei van die res van die bevolking, alhoewel slegs in politieke sin en nie ook territoriaal nie.

266 Buchheit supra op 230.

267 Buchheit supra op 235 en verder.

268 Murswick supra op 26 tot 27 is ook van mening dat ‘n reg op sesessie erken moet word: “if it does not seem possible to save the existence of the people”. Hy stel dat onverdraagsame diskriminasie van ‘n “people” uit hoofde van daardie groep se karaktertrekke, die voortbestaan van daardie groep in gevaar kan stel en daarom sesessie regverdig (“legitimize”). Ook ander faktore wat nie as diskriminasie beskou kan word nie, kan die groep se voortbestaan in gevaar stel en sesessie regverdig. 136

dit 'n geldige eis het op grond van kulturele, historiese, en linguïstiese onderskeibaarheid en elke vorm van toekomstige bestaansvermoë as 'n afsonderlike entiteit toon, alvorens dit 'n grondige aanspraak het op selfbeskikking, is 'n ope vraag. Buchheit stel dat daar beswaar gemaak kan word teen hierdie benadering. Dit sal beteken dat die onderdrukker se benadelende optrede die aard van die "self" bepaal (asook die reg waarop die self kan aanspraak maak), eerder as die innerlike kwaliteite van die betrokke groep.269 Soos Lind dit stel: Oppressed nations seeking to escape from a multi-national empire should not be told that they are free to vote on everything except their independence.270

Buchheit het ‘n toets formuleer om harmonie tussen die twee beginsels te verkry. ‘n Wettige aanspraak op selfbeskikking deur middel van sesessie moet verskeie faktore in ag neem. Dit sluit die volgende in: 1. Eerstens moet die aanspraakmaker aantoon dat dit ‘n "self" is aangesien dit die implisiete bedoeling was van die reg op selfbeskikking. 2. Daarbenewens moet dit in staat wees om ‘n onafhanklike bestaan te voer of gewillig wees om ingelyf te word by ‘n ander lewensvatbare entiteit. 3. Vervolgens moet dit kan aantoon dat die toestaan van die eis tot groter wêreldharmonie sal aanleiding gee, of dan dat die ontwrigting deur die afskeiding die konflik wat bestaan het, sal verminder.

269 Buchheit supra op 222.

270 Sien Lind “In Defense of Liberal Nationalism” Foreign Affairs Mei/Junie 1994 Vol 73 No 3 op 87-99 op 97. 137

Hierdie elemente stel nie noodwendig ‘n stel noodsaaklike voorwaardes vir legitimiteit daar wat deur elke aanspraakmaker bewys moet word in dieselfde mate nie.271

Nog ‘n standpunt is dat daar vier noodsaaklike elemente by sesessie teenwoordig moet wees, naamlik: a distinct community, territory, leaders and discontent.272

Brilmayer is van mening dat sesessie slegs erken moet word in daardie gevalle waar die onderskeidende groep ‘n oortuigende aanspraak tot ‘n bepaalde gebied kan vestig wat ’n nuwe staat daar kan stel en dat daardie gebied deur ‘n histories geregverdigde gebeurtenis onder beheer van so ‘n staat gekom het.273

271 Buchheit supra op 228 waar hy dit soos volg stel: “A determination of legitimacy in a particular case can be reached by balancing the general interests of the world community and the remaining state against the strength of the claimants' argument for a right of self-determination”.

272 Smith (red) The Dynamic of Secession supra op 8.

273 Brilmayer “Secession and Self-Determination: A Territorial Interpretation” Yale Journal of International Law Vol 19 1991 op 177. 138

Die uitgangspunt is dat die soewereiniteit en die territoriale integriteit van state beskerm word en dat dit voorrang moet geniet bo die aanspraak op sesessie, word deur sekere skrywers nie as ‘n belangrike beperking op die reg op selfbeskikking beskou nie.274 Higgins275 stel dat die voorkeur wat aan bestaande grense gegee word onderworpe gestel moet word aan die kwalifikasie dat dit in sommige state essensieel geword het om aan die noodsaaklikheid van selfbeskikking aandag te gee. So kan daar in ‘n sogenaamde "nation-state" duidelike bewyse bestaan van erge onderdrukking van 'n bepaalde etniese groep of rasse- of religieuse minderheid, en waar so 'n minderheid (groep) nie toegelaat word om 'n behoorlike rol in die samelewing te vervul nie. Wanneer die nodige “quantum” van onderdrukking teen ‘n groep daargestel is of bestaan, kan ‘n groep wat ‘n duidelike aanspraak op kulturele, historiese, en linguïstiese onderskeidendheid het en genoegsaam aangetoon het dat dit as aparte onafhanklike entiteit kan voortbestaan, wel geldiglik aanspraak maak op sesessie.276

Soos reeds aangetoon is hierdie uitgangspunt een wat die vooroordele van die onderdrukker die bepalende faktor (of een van die bepalende faktore) van die

274 Van Dyke "The Cultural Rights of Peoples" Human Rights Quarterly Vol 2 1980 op 4-5 en Critescu The Right to Self-Determination New York 1981 op 41 en verder. Sien ook Booysen "Convention on the Crime of Apartheid" South African Yearbook of International Law Vol 2 1976 op 69 wat stel dat ‘n uitgangspunt wat die onverdeelbaarheid van ‘n staat as die oorheersende standpunt handhaaf, in effek neerkom op die ontkenning van die reg op selfbeskikking.

275 Higgins "Internal War and International Law" (3) The Future of the International Order: Conflict Management in Black and Falk (reds) 1971 81 op 105.

276 Buchheit supra op 222. 139

minderheidsgroep (“die onderdrukte”) se aanspraak op selfbeskikking (deur middel van sesessie) maak. Indien hierdie uitgangspunt gevolg word, speel die inherente kwaliteite en aansprake van die groep ‘n ondergeskikte rol.277

7.6 ‘N REG OP SESESSIE?

Talle skrywers oor die Internasionale Reg is van mening dat daar duidelike aanduidings is dat so ‘n reg wel bestaan. So verklaar Georges Scelle byvoorbeeld:

277 Buchheit supra op 222. 140

The right of peoples, or collective self-determination, therefore implies not only the condemnation of the classic principle of forced annexation or cession, but the freedom of secession.278

Tomuschat is van mening dat geen reg geïsoleer kan word van die meganismes wat beskikbaar is vir die implimentering en afdwinging daarvan nie.279 Die bekende uitdrukking “where there is a right, there is a remedy” is in die Internasionale Reg eerder die uitsondering as die reël. Tog het meganismes ontwikkel in die Internasionale Reg waardeur die doelwitte daarvan, waaronder die reg op selfbeskikking, afgedwing kan word. Daarbenewens speel erkenning ‘n belangrike rol om handelinge (soos sesessie) te ratifiseer of te verwerp. Omdat sesessie volgens Tomuschat ‘n “explosive issue” is, moet daar gewaak word om dit nie op ‘n ad hoc basis te hanteer nie, maar moet daar ook meganismes vir sesessie daargestel word en moet objektiewe kriteria daargestel word, ten spyte van die uniekheid van elke indiwiduele geval.280

Scelle281 het gedurende die tydperk van die Volkebond gestel dat die regte van mense

278 Diaro de Governo Series (1) 1974 op 977 en UN SC Res 355 (1974).

279 Tomuschat Modern Law of Self-Determination Marthinus Nijhoff Publishers 1993 op 17.

280 Tomuschat supra op 18.

281 Scelle Precis De Droit Des Gens: Principes Et Systematique 1932 op 259 soos aangehaal en vertaal deur Buchheit supra op 133. 141

(of kollektiewe selfbeskikking) nie slegs die verwerping van die klassieke beginsel van geforseerde anneksasie of sessie beteken nie, maar ook die vryheid om te sesessioneer. Redslob282 is van mening dat ‘n reg op sesessie onderhewig aan sekere beperkinge onderskei kan word. Wat volgens hom eerste oorweging behoort te geniet om die legitimiteit van ‘n voorgestelde sesessie te oorweeg, is die geografiese toestand van die oorblywende grondgebied van die staat na die afskeiding.283 Indien die staat wat afskei

282 Redslob Le Principe des Nationalités 37 Academie De Droit International Recueil Des Cours 1935 op 35. Sy opvattinge is uitgebrei in Redslob Le Principe Des Nationalites 1931 op 119-128 en Redslob Traite De Troit Des Gens 1950 op 419-422. Hierdie werke word na verwys in Buchheit supra op 134.

283 Soos na verwys in Buchheit supra op 134. 142

seriously cut into the organic structure of the State, that is where the natural frontiers of the State would suffer a grave impairment by the seperation,284 behoort sesessie normaalweg nie toegelaat te word nie. Indien die staat egter ernstige skendings van die regte van die sesessionerende groep pleeg, kan sodanige staat hom nie beroep op sy territoriale integriteit nie. Volgens Redslob se uiteensetting behoort die reg op sesessie beperk te word tot daardie groepe wat ‘n duidelike persoonlikheid (“personality”) en ‘n sterk begeerte vir skeiding het. Getuienis van hierdie onderskeidende kenmerke kan volgens hom, in die onderskeidende geskiedenis van die etniese groep, en moontlik ‘n verskil van godsdiens of taal, gevind word. Laastens moet die betrokke groep se hunkering na skeiding diepgaande en opreg wees, en uit ondubbelsinnige optrede blyk.285

Volgens Rousseau286 bevat die reg op selfbeskikking in die Internasionale Reg twee aspekte, naamlik een wat negatief is en een wat positief is. Negatief beskou omvat dit die reg van ‘n bevolking om nie teen sy wil onder ‘n vreemde owerheid geplaas te word nie. Die reg op selfbeskikking het ook ‘n positiewe aspek (wat die reg op sesessie insluit), synde die: ... right of a population to change goverments, that is, to separate from the State to which they belong, either to incorporate themselfves in another State, or to form an

284 Sien Buchheit supra op 134.

285 Redslob Le Principe des Nationalités supra op 35 soos na verwys in Buchheit supra op 134.

286 Sien Buchheit supra op 134. 143 autonomous State.287

287 Droit International Public 1953 op 81 soos vertaal deur Buchheit supra op 135. Bokor- Szego New States and International Law 1970 op 47 verklaar byvoorbeeld op dieselfde trant: “Modern international law . . . recognizes the right of peoples and nations to secede from the State in which they live and to form independent states of their own”. 144

Buchheit288 is van mening dat daar nie veel kommentatore is wat die legitimiteit van so ‘n reg sal ontken nie, en dat ‘n beduidende persentasie die status van sesessie as ‘n internasionale reg erken, onderhewig aan bepaalde voorwaardes. Hy stel ook dat eise vir sesessie, en die nodige legitimiteit daarvan, met die nodige erns deur die internasionale gemeenskap hanteer moet word: Given the urgent international implications of these appeals to an international legal right, the world community ought not to remain incapable of adjudging the legitimacy of such claims.289

Daarbenewens is dit so dat indien sesessie amptelik internasionaal erken sou word, dit benewens die bestaande regmatige wyses waarop grondgebied verkry kan word, naamlik okkupasie, verjaring, sessie of oordrag en aanslibbing, as ‘n verdere regmatige wyse beskou sal kan word waarop grondgebied verkry kan word.

7.7 JURIDIESE VOORWAARDES VIR SESESSIE

Verskeie pogings is al aangewend om die juridiese voorwaardes waaronder sesessie sou kon plaasvind, te formuleer.290 Benewens die begeerte van die meerderheid van ‘n etniese groep om dit te doen, is die volgende voorwaardes al geformuleer: “regerende hoedanigheid”, bevolking, geografiese gebied, voldoende natuurlike hulpbronne om die ekonomiese en politieke onafhanklikheid van so ‘n nuwe staat te verseker, sowel as ‘n “indiscutable formation historique originale”.291 Cobban wys daarop dat toe die Permanente Mandaat-kommissie toegestem het tot die erkenning van Irak as ‘n onafhanklike staat, dit baie soortgelyke terme as voorwaardes gestel het, naamlik ‘n gevestigde regering en ‘n administrasie wat in staat is om noodsaaklike dienste in stand te hou, sowel as interne vrede, wette en ‘n regsprekende organisasie wat gelyke en voortdurende geregtigheid aan almal laat toekom; voldoende finansiële hulpbronne, en

288 Buchheit supra op 136.

289 Buchheit supra op 136.

290 Buchheit supra op 137.

291 Cobban supra op 68. 145 die vermoë om sy territoriale integriteit en politieke onafhanklikheid te handhaaf.292

292 Lavergne Le Principe des Nationalités et les Guerres 1921 op 22 soos aangehaal in Raath Selfbeskikking en Sesessie: Die Saak vir die Afrikanervolk Die Afrikanervryheidstigting Vryheidsreeks 1 op 39. 146

Dit is natuurlik makliker om hierdie voorwaardes op papier te sit as om dit in die praktyk toe te pas.293 Die laaste voorwaarde is byvoorbeeld volkome afhanklik van die internasionale situasie en die beleid van sterker buurlande. So stel Cobban: All the conditions, in fact, are matters of degree, and only in extreme cases would they be beyond dispute. Moreover, such tests have little relevance to national demands for self-determination. A nation fighting for its independence does not draw up a balance sheet of its qualifications, nor does the state against which it is rebelling normally look at the position from this angle.294

7.8 INTERNASIONALE REGSREëLS MET BETREKKING TOT SESESSIE

‘n Volgende vraag wat ontstaan is welke regsreëls, indien enige, ontwikkel het oor sesessie. Daar word daarop gewys dat die gebeure wat tot die totstandkoming van ‘n nuwe staat lei, gewoonlik aspekte van die interne jurisdiksie van ‘n staat raak.295 In die Internasionale Reg is sesessie tradisioneel erken as gevolg van ‘n feitelike toedrag van sake (‘n de facto toestand) wat gelei het tot ‘n situasie waarin die konstitutiewe elemente vir ‘n staat teenwoordig is, eerder as om voorwaardes vir die legaliteit daarvan neer te lê.296

In verskeie state is die reg op sesessie in die nasionale konstitusies van daardie state uitgespel. So byvoorbeeld is in artikel 72 van die Grondwet van die USSR van 21

293 Cobban supra op 68.

294 Cobban supra op 68.

295 Encyclopedia of Public International Law North Holland Vol 8 1985 op 384.

296 Encyclopedia supra op 384 en verder. 147

Februarie 1977 daarvoor voorsiening gemaak, het die aanhef van die Konstitusie van Joegoeslawië van 21 Februarie 1974 daarvan melding gemaak en word in artikel 201 van die Konstitusie van Burma (Myanmar) van 24 September 1984 daarvoor voorsiening gemaak.

Wat gesien kan word as ‘n belangrike deurbraak vir die vestiging van die internasionale legaliteit op sesessie (en wat voortspruit uit die reg op selfbeskikking), is vervat in die 1970-Deklarasie.297 Dit verklaar nie alleen die reg van alle “peoples” om vryelik hulle politieke status te bepaal en hulle ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling na te streef nie, maar bevat ook drie wyses waarop hierdie reg uitgeoefen kan word, naamlik: 1. the establishment of a sovereign and independent State; 2. the free association or integration with an independent State; or 3. the emergence into any other political status freely determined by a people. Dit stel drie metodes daar vir die implimentering van die reg op selfbeskikking van daardie “people”.298

Dit is natuurlik so dat in spesifieke gevalle die reg op sesessie uitdruklik uitgesluit word. So word dan ook uitdruklik gestel dat voorgaande nie gesien moet word as die goedkeuring of aanmoediging van enige aksie wat die territoriale integriteit of politieke eenheid van ‘n soewereine staat sal skaad nie, indien sodanige soewereine staat: conducting themselves in compliance with the principle of equal rights and self- determination of peoples as described above and thus possessed of a government representing the whole people belonging to the territory without distinction as to race, creed or colour.299

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het sesessie dan ook al (in bepaalde gevalle) as onwettig beskou (selfs al het die betrokke nasionale gemeenskap (of groep) afskeiding nagestreef). So het Resolusie 169(1961) met betrekking tot die gepoogde

297 Verenigde Nasies Res 2625(XXV).

298 Encyclopedia of Public International Law supra op 385.

299 Encyclopedia supra op 385. 148 sesessie deur Katanga van die Kongo onder andere bepaal dat die Veiligheidsraad: strongly deprecate(d) the secessionist activities illegally carried out by the provincial administration of Katanga.300

300 Encyclopedia supra op 385-386. 149

Ook die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het deur middel van Resolusie 31/4 van 21 Oktober 1971 ontken dat die eiland van ‘n reg het om af te skei en verklaar dat die plebisiet, waarin die bevolking van Mayotte ten gunste van verbondenheid met Frankryk gestem het, oortree is en ‘n skending van die soewereiniteit en territoriale integriteit van die Comoro-eilande behels het.301

Dit is egter so dat die aangehaalde resolusie nie op bestaande regsreëls wat sesessie verhoed, gebaseer is nie. Haverland302 stel dit soos volg: However, the resolutions cited are not based on existing legal rules prohibiting secession. International law does not address secessionist units except to the extent discussed above with regard to ‘peoples’. The ‘illegality’ of secession, as proclaimed in these resolution, refer either to the municipal illegality, as in the case of the Congo ... or, on the international level, to foreign intervention or the threat to international peace and security.303

7.9 SESESSIE EN NUWE STATE

‘n Nuwe entiteit, wat as resultaat van sesessie vanaf ‘n vorige soewereine staat tot stand gekom het, moet “voldoende onafhanklikheid” bewys ten einde as ‘n staat beskou te word.304 Tydens die sesessie van Amerikaanse kolonies van Groot-Brittanje, is vir die eerste keer die konstitutiewe elemente van ‘n staat neergelê, waarmee die voorwaardes vir onafhanklikheid ook neergelê is. Sedertdien word aanvaar dat ‘n sesessionêre staat voldoende onafhanklikheid verkry het indien dit sy grondgebeid effektief regeer en met voortdurende stabiliteit, sodat daar geen moontlikheid is van die vorige soewerein om die sesessie ongedaan te maak nie.305 Hierdie benadering kan gekritiseer word

301 Encyclopedia supra op 386.

302 Encyclopedia supra op 386.

303 Encyclopedia supra op 386.

304 Encyclopedia supra op 386. Tradisioneel word die volgende kriteria vir staatskap ingevolge die Montevideo Konvensie van 1933 aanvaar: permanente bevolking; bepaalde gebied; effektiewe regering en die vermoë om buitelandse betrekkinge aan te gaan.

305 Encyclopedia supra op 386. 150

aangesien dit waarskynlik heel dikwels binne die vorige soewerein se (militêre) vermoë is om wel die sesessie ongedaan te maak. Die graad van effektiwiteit speel nie altyd ‘n deurslaggewende rol nie. Volgens moderne internasionale praktyk blyk dit dat in gevalle waar die sesessionêre eenheid volle formele onafhanklikheid deur die vorige soewerein verleen word, die graad van effektiwiteit van die regering nie ‘n deurslaggewende rol speel nie. In sulke gevalle word die nuwe entiteit in die algemeen as ‘n staat gereken, selfs indien die graad van werklike beheer nie ooreenkom met die tradisionele voorvereistes van effektiwiteit nie.306

Haverland307 wys daarop dat sedert 1945 internasionale praktyk aantoon dat dieselfde graad van effektiwiteit nie vir alle state wat as gevolg van sesessie tot stand gekom het, vereis word nie. Daar word eerder ‘n onderskeid getref tussen sesessionêre eenhede wat uit hoofde van die beginsel van selfbeskikking tot stand kom, en daardie state wat geen besondere legitieme grond in die Internasionale Reg het nie.308 Die standpunt met betrekking tot die bepaling van staatskap van vorige koloniale gebiede wat gesesessioneer het, is een wat ‘n laer graad van effektiewe kontrole deur die sesessionêre staat vereis as wat gewoonlik volgens die tradisionele reëls van die

306 Encyclopedia supra op 386.

307 Encyclopedia supra op 386.

308 Encyclopedia supra op 387. 151

Internasionale Reg vereis word.309

309 Encyclopedia supra op 387. 152

By die proses van dekolonisasie is daar ‘n hele aantal gevalle waar die staatskap van ‘n vorige koloniale gebied, wat gesesessioneer het, wye erkenning geniet het, selfs voordat sy regering die staatsterritorium effektief en met voldoende stabiliteit beheer het.310 In hierdie verband kan die voorbeelde van Indonesië,311 Algerië312, Guinee- Bissau313 en Bangladesj314 genoem word.

Dit is natuurlik so dat die Verenigde Nasies die proses van dekolonisasie aangemoedig en gestimuleer het ... by applying rules appropriate for States to former colonies which have seceded at a time when they were not yet controlled by an effective and stable government. In 1947 the UN Security Council invited Indonesia, pursuant to Art 32 of the United Nations Charter, to participate in discussions in which its legal status was the very point in issue.315

7.10 SESESSIE EN DERDE STATE

Die erkenning van sesessionerende state word met wisselende belang geag in die Internasionale Reg. Daar is baie redes daarvoor. Een is dat verskillende internasionale leerstukke met betrekking tot die skepping van nuwe state nagevolg is.

Vroeëre leerstukke het ‘n oordrag van soewereiniteit tesame met ‘n opsegging van soewereine regte deur die vorige regeerder, vir die verkryging van staatskap deur ‘n sesessionerende eenheid, vereis.316 Die erkenning van die sesessionerende eenheid se

310 Encyclopedia supra op 387.

311 Taylor Indonesian Independence and the United Nations 1960.

312 Bedjaoui Law and the Algerian Revolution 1961.

313 Rousseau Guinée-Bissau Chronique des Faits RGDIP Vol 78 1974 op 1166-1171 soos na verwys in Raath supra op 42.

314 Sien Raath supra op 42 en die aangehaalde werk aldaar.

315 SCOR 181st meeting 12 Augustus 1947.

316 Encyclopedia supra op 387. 153

nuut-verworwe staatskap deur die moederstaat is as die onontbeerlike voorwaarde van so ‘n oordrag van soewereiniteit beskou.317

Die moderne internasionale benadering in hierdie verband getuig daarvan dat ‘n duidelike kentering plaasgevind het:

317 Encyclopedia supra op 387. 154

Present doctrine acknowledges the possibility of an original, non-derivative emergence of States as subjects of international law. The recognition of a secessionist entity’s Statehood by the previous sovereign is accordingly regarded only as an ascertainment of a sovereignty previously gained.318

Histories het die vraag na die rol van erkenning deur die moederstaat in die verkryging van staatstatus deur sesessionerende eenhede ontstaan in gevalle waar ‘n de facto regering ‘n bepaalde gebied effektief beheer het wat deel van die moederstaat was voor die sesessie, en die moederstaat die nuwe entiteit nie as ‘n staat beskou het nie. Hierdie probleem is opgelos deur die onafhanklikwording van die voormalige Spaanse kolonies in Suid-Amerika. Die Amerikaanse kolonies het hulle onafhanklikheid opeenvolgens vanaf 1809 verklaar, en hulle onafhanklikheid vir ‘n lang tyd behou sonder enige formele erkenning deur die moederstaat of enige ander staat.319 Toe die situasie die punt bereik het waar die sesessionerende gebiede vry van enige Spaanse kontrole was en deur relatief stabiele plaaslike regerings regeer is, alhoewel Spanje destyds geweier het om erkenning te verleen, het die VSA die inisiatief geneem met die erkenning van Colombië in Junie 1822.320 In 1825 het Groot-Brittanje gevolg deur Argentinië, Colombië en Mexiko as soewereine state te erken.321

Sonder om uitdruklik toe te gee dat soewereiniteit oor die VSA verloor is, voor die

318 Encyclopedia supra op 387.

319 Encyclopedia supra op 387.

320 Encyclopedia supra op 387.

321 Encyclopedia supra op 387. 155 opsegging van regte oor die VSA, het Groot-Brittanje hiermee die beginsel onderskryf dat ‘n nuwe staat, wat deur sesessie tot stand gekom het, oorspronklike en onafhanklike soewereiniteit mag verwerf, sonder die oordrag van soewereiniteit deur die moederstaat.322

322 Sien Smith Great Britian and the Law of Nations 1932 op 151 en verder. 156

Die belang van die erkenning van die staatskap van ‘n sesessionerende eenheid deur derde state, is ‘n kontroversiële vraagstuk in die Internasionale Reg.323 So verklaar Haverland: The character of the recognition is disputed among the adherents of the constitutive and declaratory theories. The former regard recognition as a constitutive element of Statehood; the latter conceive Statehood independently from recognition, whereby recognition is only a declaratory act.324

Raath stel dat die oplossing van hierdie vraag eerstens daarin te geleë is dat net so min as wat goedkeuring deur die moederland nodig is vir ‘n nuwe staat om tot stand te kom, net so min is die erkenning van derde state hiervoor nodig.325

Tweedens is dit belangrik om na die redes te kyk waarom state in die verlede nie erkenning in die Internasionale Reg gekry het nie. Volgens Frowein word erkenning in die volgende twee gevalle geweier:326 1. Waar die staat wat op erkenning aanspraak maak bloot ‘n “poppestaat” van die moederstaat is en nie werklik onafhanklik van die moederstaat bestaan nie, soos byvoorbeeld Manchakuo (as so ‘n Japanse “poppe-

323 Encyclopedia supra op 388.

324 Encyclopedia supra op 388.

325 Raath supra op 44.

326 “Recognition” in Encyclopedia supra op 340 en verder. 157

staat”),327 en 2. Waar onafhanklikheid teweeggebring word deur ‘n Blanke minderheids- regering van ‘n vorige koloniale gebied en die selfbeskikking nie ook deur die Swart meerderheid van die bevolking gesteun word nie.328

7.11 DIE REGSGEVOLGE VAN SESESSIE

In die algemeen beheers die reëls met betrekking tot staatsopvolging die regte en verpligtinge van ‘n nuwe staat. Dit is ook waar in die geval van ‘n nuwe staat wat nie erken is nie. Die blote feit dat ‘n staat nie erken word nie, tas nie die “staatskap” van so ‘n staat aan nie:

327 “Recognition” in Encyclopedia supra op 342.

328 “Recognition” in Encyclopedia supra op 342. 158

Third States often maintain a considerable number of relations which are governed by rules of international law with States they do not recognize, for example in the case of joint membership in international governmental organizations. In modern international law, the non-recognition of a secessionist régime which beyond doubt qualifies as a State does not permit the non-recognizing State to ignore the Statehood of the entity in question.329

Die Internasionale Regskommissie het in sy kodifikasie van die opvolging van state met betrekking tot verdrae onderskei tussen vorige afhanklike gebiede (kolonies, gebiede in terme van die Verenigde Nasies se trusteekapstelsel, mandate en protektorate) en vorige integrale dele van ‘n unitêre staat, en sluit slegs vorige afhanklike gebiede onder die benaming “nuwe onafhanklike state” in.330

In sy tweede kodifikasie van die opvolging van state, het die Internasionale Regskommissie die onderskeid tussen die verskille in status van die gebiede wat onafhanklikheid verkry, gehandhaaf. Benewens die insluiting van bepalings met betrekking tot die opvolging van state ten aansien van “nuwe onafhanklike state”, het dit ook reëls neergelê met betrekking tot die “seperation of part or parts of the territory of a State which form a successor State”.331

7.12 PROBLEME MET GRENSE

Die Konferensie van Parys het uitvoerig aandag aan die vraagstuk van grense gegee.

329 Encyclopedia supra op 388.

330 Deel I Art 2 en Deel III van die Vienna Convention on Secession of States in Respect of Treaties 23.08.1978 UN Doc A/CONF 80/31.

331 Encyclopedia supra op 388. 159

Vier teenstrydige beginsels het na vore gekom: 1. historiese regte; 2. natuurlike grense; 3. strategiese grense, en 4. nasionale selfbeskikking.332

Volgens Cobban is historiese regte in die meeste gevalle gevaarlik en waardeloos. Feitlik elke betwiste grens in Europa beliggaam twee of meer onversoenbare historiese regte.333 Volgens hom is die idee van natuurlike grense moeiliker om te betwis; dit het ‘n belangrike rol in nasionale beleidsformulering in die verlede gespeel en is nog steeds ‘n invloedryke konsep.334

Cobban se gevolgtrekking is dat fisiese-geografiese kenmerke weinig hulp bied in die bepaling van grense tussen state.335 Wat die strategiese argument betref, het verskeie skrywers daarop gewys dat grense wat slegs deur militêre oorwegings bepaal word, onvermydellik onstabiel is, tensy hulle vasgestel word in die geval van baie sterk moondhede teen baie swak state.336

332 Sien Cobban supra op 174.

333 Cobban supra op 174.

334 Sien Cobban supra op 174. Moderne aardrykskundiges het heftig teen die opvatting van die staat as ‘n geografiese eenheid, gekenmerk deur natuurlike grense, beswaar gemaak. Volgens hulle is die staat ‘n skepping van die mense wat die geografiese kenmerke, wat op ‘n kaart indrukwekkend mag lyk, oortref. Oor die algemeen word riviere as swak staatsgrense beskou; dit is eerder ‘n kontakpunt as ‘n skeiding tussen bevolkings aan weerskante daarvan. Riviervalleie het vroeër die groeipunte van nasionale ontwikkeling gevorm. Riviergrense het selde in die geskiedenis ‘n langdurige grondslag vir staatsgrense kon bied. Op die oog af blyk berge beter staatsgrense te vorm synde dit deur die natuur bestem is om as grense te dien. Sien in hierdie verband Raath supra op 46.

335 Sien Cobban supra op 175. Sien egter die bespreking hieronder in verband met historiese regte op grondgebied.

336 Cobban supra op 175-176. In hierdie verband verwys hy na Karl Marx wat die volgende daaroor te sê gehad het in sy Address to the General Council of the International Working-men’s Association op 9 September 1870: “If limits are to be fixed by military interests there will be no end to claims, because every military line is necessarily faulty, and may be improved by annexing some more outlying territory; and, moreover, they can never be fixed finally and fairly, because they always must be imposed by the conquerer upon 160

Dit sou beteken dat die tradisionele opvatting van grense moet verander. In die verlede is die trek van ‘n grens as die belangrikste deel van vredesonderhandelinge gesien. ‘n Noodsaak het gevolglik bestaan om nuwe betekenis aan grense te gee. Langs die weg van hierdie strategiese oorwegings kan die voortbestaan van kleiner volkere en state verseker word:

the conquered, and consequently carry within them the seed of fresh wars”. 161

The great powers will certainly meet with violent opposition if they seem to ride rough- shod over the rights of other nations. They can only succeed permanently by gaining the co-operation of the smaller nations: however we have to limit the abstract principle of self-determination, this fact remains. But there is a mistake to suppose that there is any necessary opposition between the interests of great and smaller states. If the great powers desire to take strategic precautions and direct economic policy in the interests of general peace and prosperity, the smaller nations have no quarrel with these ends. They are more likely to have a grievance against the great powers for not accepting their responsibilities than for accepting them.337

7.13 DIE ESSENSIE VAN SESESSIE

Sesessie is en bly die finale handeling in ‘n proses van vervreemding. Aangesien dit ‘n handeling is wat dan ook plaasvind teen ‘n bestaande staat, gaan dit gewoonlik gepaard met afsydigheid en vyandigheid, aangesien die staat voel dat hy beheer verloor het oor ‘n deel van sy staat. Daarom gaan sesessie gewoonlik gepaard met ‘n langdurige stryd wat ook menselewens en ontwrigting tot gevolg het. Die moederstaat voel dat daar ‘n deel van hom weggeskeur word. Somtyds word die gedeelte wat wil afskei, as “onmisbaar” beskou. ‘n Sesessionistiese beweging regverdig sy eis op ‘n outonome territoriale identiteit gewoonlik op wat beskou word as ‘n natuurlike reg as ‘n unieke nasie om sy eie bestemming te bepaal. Baie selde geskied sesessie sonder weerstand.

337 Sien Cobban supra op 179. 162

Premdas is van mening dat die reg op sesessie net so geldig is as die vermoë om teen die sin van ‘n ander staat, gebied of mense van daardie staat weg te neem. Hy sien sesessie as ‘n oplossing waar daar geen hoop is dat sodanige staat meer as ‘n soewereine, outonome en onafhanklike staat kan voortbestaan nie vanweë die interne struwelinge wat in sodanige staat heers.338 ‘n Sesessionistiese strewe gaan ook gewoonlik gepaard met ‘n georganiseerde stryd. Daar is voortdurend aksie, spanning en weerstand te bemerk by ‘n strewe om sesessie. Baie sesessionistiese strewes neig ook om fanaties te wees synde die weerstand wat gebied word ook van sodanige aard is dat dit enige eis om sesessie baie sterk teenstaan. Premdas maak melding daarvan dat indien die stryd langdurig is, dit ‘n geskiedenis van ‘n beweging daarstel met legendes en helde wat die emosie van sodanige sesessionistiese strewe verhoog.339

Daarbenewens sal ‘n sesessionistiese beweging onteenseglik vanaf en vanuit ‘n territoriale basis stryd voer.340 ‘n Beweging wat slegs daarop aandring dat sy kulturele belange en waardes beskerm moet word, maar nie ook ‘n eie staat soek nie, kan nie as ‘n sesessionistiese beweging beskou word nie. Die territoriale faktor is die essensie van ‘n sesessionistiese strewe.341 Ook ‘n beweging wat ‘n eie gebied verlang, maar nie homself wil regeer nie kan nie sonder meer as ‘n bona fide separatistiese en gevolglik sesessionistiese beweging beskou word nie. ‘n Sesessionistiese beweging se strewe gaan dan ook in meeste gevalle daarmee gepaard dat die beweging homself beskou as een wat ‘n gemeenskaplike taal, godsdiens, ras en waardes verteenwoordig. Hierdie

338 Sien Premdas “Secessionist Movements in Comparative Perspective” in Premdas, Samarasinghe en Anderson (reds) Secessionist Movements in Comparative Perspective Printer Publishers 1990 op 13.

339 Sien Premdas supra op 14.

340 Hannum “The Specter of Secession: Responding to the Claims of Self-Determination” Foreign Affairs 1998 March/April Vol 77 No 2 op 15 maak die opmerking dat diegene wat hulle saak (en aanspraak) op ‘n bepaalde grondgebied op grond van historiese argumente voer: “tend to choose the historical period that would give them the greatest amount of territory - that is the period in which they themselves were successful conquerors”.

341 Dit is egter korrek, soos Hannum “The Specter of Secession” supra op 15 aantoon dat selfbeskikking primêr te doene moet hê met die mense van die gebied eerder as die gebied self. 163 faktore is nie altyd objektief nie, maar is dit ‘n subjektiewe persepsie van die groep van homself en beskou die groep gewoonlik homself as een wat onderwerp word aan diskriminasie, eksploitasie, onderdrukking, ensovoorts. Dit is dus gewoonlik ‘n kollektiewe bewussyn wat hierdie groep het van sy groepsidentiteit en speel nasionalisme dikwels ‘n bepalende rol. Sesessionistiese bewegings sien dan ook die beginsel van selfbeskikking nie slegs as ‘n norm of bloot ‘n beginsel nie, maar as ‘n reg wat hierdie groep het en beskou dit baie keer as ‘n historiese reg.

Sesessie kan nie meer bloot hanteer word as ‘n faktor wat nie bestaan in die Internasionale Reg nie. Dit het die suksesvolle sesessionistiese gevalle in Joegoeslawië en die USSR bewys. Dit het gevolglik noodsaaklik geword dat die Internasionale Reg daarvan kennis neem en internasionale regsreëls omtrent sesessie daargestel word.

Norman is van mening342 dat daar ‘n remediërende reg op sesessie bestaan. Dit is naamlik ‘n algemene reg wat groepe het wat sekere ongeregtighede beleef het en ten opsigte waarvan sesessie die mees gepaste remedie sal wees. Hy stel dat sodanige groep een of meer van die volgende moet kan aandui: 1. Dat dit die slagoffer was van sistematiese diskriminasie en eksploitasie en dat hierdie situasie nie sal ophou vir solank hierdie groep deel bly van hierdie staat nie; 2. Dat die groep en sy gebied onregmatig geïnkorporeer is in die staat vir sover dit histories teruggevoer kan word; 3. Dat die groep ‘n geldige eis het tot die gebied; 4. Dat die groep se kultuur daaronder gely het; 5. Dat die groep se konstitusionele regte stelselmatig geïgnoreer of

342 Sien Norman “The Ethics of Secession as the Regulation of Secessionist Politics” in Moore (red) National Self-Determination and Secession Oxford University Press 1998 op 34 en veral op 41 en verder. 164

onderdruk is.

Buchanan343 stel dat ‘n staat slegs wettig is indien dit demokraties is en dat wettige state gewoonlik immuun is teen sesessionistiese eise. Dit dien vermeld te word dat Buchanan tog melding maak van die sesessie van die Baltiese Republieke van die USSR wat hy sien as ‘n uitsondering op hierdie stelling van hom. Hy verskil gevolglik in ‘n mate van Norman waar hy stel dat hy ‘n remediërende reg op sesessie kombineer met wettige staatskap wat beide moreel aantreklik en internasionaal aanvaarbaar is. Hy is gevolglik van mening dat daar geen reg op sesessie kan bestaan vanaf ‘n staat wat demokraties en gevolglik legitiem is nie. Hy stel ook dat die doel van sesessie nie is om ‘n regering omver te werp nie, maar slegs om ‘n deel van ‘n gebied van ‘n staat van die beheer van sodanige regering te ontneem.344

Beiner345 stel dat dit ‘n “feit” is dat almal wat gekant is teen nasionalisme ook vyandig gesind is teen die idee van nasionale selfbeskikking. Hy stel dat iemand wat nasionalisme as een van die plae van die moderne wêreld beskou nie met oortuiging die beginsel van nasionale selfbeskikking kan ondersteun nie.

Horowitz346 stel dat die internasionale sisteem staatgedomineerd is en nie nasie of groepsgeoriënteerd is nie.347 Hy stel ook dat die beginsel wat ontwikkel het dat mense wat hulleself onder “rassistiese” bewinde bevind, baie selektief toegepas is. Dit is

343 Sien Buchanan “Democracy and Secession” in Moore supra op 24 en verder.

344 Sien Buchanan “Democracy and Secession” in Moore supra op 28.

345 Beiner “National Self-Determination: Some Cautionary Remarks Concerning the Rhetoric of Rights” in Moore supra op 169.

346 Horowitz “Self-Determination: Politics, Philosophy and Law” in Moore supra op 201.

347 Sien ook Franck “Postmodern Tribalism and the Right to Secession” in Brölman et al (reds) Peoples and Minorities in International Law Martinus Nijhoff Publishers 1993 op 13 waar hy stel dat : “A community still largely based on states would not agree to make states the most vulnerable of all international entities, less able to defend themselves in law than supranational and subnational ones”. Hy verwys ook (op 12) na die feit dat ‘n post-moderne “tribal world” ‘n Verenigde Nasies van tweeduidend state tot gevolg kan hê. 165

byvoorbeeld in baie uitdruklike terme toegepas op Suid-Afrika, maar ten opsigte van byvoorbeeld die Hutu’s wat under the more voilent version of apartheid prevaling in Burundi leef, is daar traagheid om die beginsel toe te pas.

In ‘n wêreld van soewereine state is dit moeilik te bedink hoe nuwe state gaan ontstaan indien die reg op sesessie nie erken gaan word nie.348 Die 1970-Deklarasie het in die eerste gedeelte daarvan naby daaraan gekom om sesessie goed te keur deur te stel dat ‘n “people” onder andere die reg het om ‘n soewereine en onafhanklike staat daar te stel, maar in dieselfde asem voortgegaan het en die territoriale integriteit van state te beskerm. State wat nie die reg op selfbeskikking respekteer nie, se territoriale integriteit word egter nie beskerm nie.

Dit is duidelik dat die destydse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasie, U Thant, se stelling dat sesessie nooit deur die Verenigde Nasies erken moet word nie, ‘n uitgediende standpunt is.349 Veel nader aan die waarheid is die woorde van Lind: The wave of disintegrative nationalism that ripped apart the former Soviet Union and the Yugoslav federation will not be the last. In all likelihood, the next few decades will see increasingly determined secessionist movements in the multi-ethnic successor states of the European empires: India, Pakistan, South Africa, Iraq, perhaps even the Russian federation.350

Sesessie is ‘n realiteit van die moderne Intenasionale Reg. Soos Franck dit stel:

348 Sien byvoorbeeld Murswick “The Issue of the Right of Secession - Reconsidered” in Tomuschat supra op 22 wat stel dat die enigste ander moontlikheid waaraan hy kan dink is indien ‘n staat ophou om te bestaan en ontbind in verskeie state. Dit sal waarskynlik in elk geval as partisionering van so ‘n staat beskou word, wat, soos reeds aangetoon, verwant aan sesessie is.

349 U Thant het, soos gerapporteer in die United Nations Monthly Chronicle No 2 (1970) op 36, hom soos volg daaroor uitgelaat in 1970: “As far as the question of secession of a particular section of a Member State is concerned, the United Nations attitude is unequivocable. As an international organization, the United Nations has never accepted and does not accept and I do not believe it will ever accept a principle of secession of a part of a Member State”.

350 Lind supra op 99. 166

Nothing in this [the Political Covenant of 1966] or any other international text prohibits secession.351 Ook word daar geen verpligting op enige staat geplaas om ‘n suksesvolle poging tot sesessie nie te erken nie, tensy dit deur middel van militêre inmenging van derde state tot stand gekom het.352

7.14 IS SESESSIE GEVOLGLIK TOELAATBAAR?

Die vraag is of sesessie toelaatbaar is volgens die norme en voorskrifte van die Internasionale Reg.

Daar is reeds daarop gewys dat dit in sekere omstandighede as geregverdig beskou word dat ‘n groep van ‘n staat kan afskei. Daarvoor maak die 1970-Deklarasie, alhoewel

351 Franck “Postmodern Tribalism” supra op 12.

352 Sien Franck “Postmodern Tribalism” supra op 12 (voetnote 22 en 23) waar hy verwys na die feit dat die Verenigde Nasies die totstandkoming van Sirië deur middel van sesessie vanaf die Verenigde Arabiese Republiek aanvaar het sowel as Singapoer se sesessie van Maleisië, en Noord-Kameroen wat by Nigerië aangesluit het, maar state versoek het om nie erkenning te gee aan die Turks-gesteunde sesessie wat Noord-Ciprus tot gevolg gehad het nie en ook nie aan die Frankryk-gesteunde sesessie deur Mayotte van die Comoro Republiek nie. 167 nie in uitdruklike terme nie, wel voorsiening.

Toe die 1970-Deklarasie opgestel is het die sosialistiese en ontwikkelende state daarin geslaag dat enige verwysing na regerings wat die geheel van die bevolking moet verteenwoordig, nie in hierdie deklarasie voorgekom het nie.353 Dit het tot gevolg gehad dat daar nie gestel is dat soewereine state demokraties moet wees nie, dit wil sê gebaseer op die vrye keuse van die burgers van die staat nie. Hulle het verder daarin geslaag om slegs die bewoording “race, creed or colour” in die bewoording te sit en het sorg gedra dat daar behoorlike beskerming van territoriale integriteit en politieke eenheid van soewereine state in die finale bewoording vervat was. Daar is reeds daarop gewys dat die 1970-Deklarasie met ‘n sekere doel daargestel is en dat hierdie state hulleself in die proses wou beskerm. Die vraag is egter of hierdie deklarasie nie daarvoor voorsiening maak dat ‘n rassegroep in ‘n staat homself tot eksterne selfbeskikking kan beroep nie. Dit sal impliseer dat sodanige rassegroep die reg op sesessie het en is die vraag gevolglik op welke stadium die reg op selfbeskikking van sodanige groep die reg op die territoriale integriteit van die staat verbygaan.

353 Sien Cassese supra op 118. 168

Dit blyk derhalwe ‘n geregverdige afleiding te wees om te sê dat sesessie hoegenaamd nie uitgesluit is uit die bewoording van die 1970-Deklarasie nie. Dit blyk dat in sodanige gevalle waar ‘n rassegroep uitgesluit is van volledige en behoorlike deelname aan die regering van die staat, daardie rassegroep wel die territoriale integriteit van die staat kan skend.354 Suid-Afrika se afgevaardigde het dan ook tydens die bespreking van die bewoording van hierdie deklarasie beswaar gemaak daarteen op grond daarvan dat dit die soewereiniteit en territoriale integriteit van state sal aantas en dat dit subversiewe aktiwiteite in state sal aanmoedig.355 Sesessie is gevolglik implisiet goedgekeur deur hierdie deklarasie, alhoewel dit in uitsonderlike gevalle is.

Dit kan derhalwe gekonstateer word dat sesessie ingevolge die 1970-Deklarasie geoorloof is indien die sentrale owerheid van ‘n soewereine staat daarmee volhou om deelnemende regte aan ‘n geloofs- of rassegroep te ontsê, daarbenewens die fundamentele regte van daardie groep misken en die moontlikheid van ‘n vreedsame oplossing binne die raamwerk van daardie staat van die hand wys.

Sedert die beginsel van selfbeskikking op die internasionale forum verskyn het, het state dit baie duidelik gemaak dat hulle die reg aan nasies, groepe en minderhede sou weier om te sesessioneer vanaf sodanige gebied. Die territoriale integriteit en soewereine regte van state is van absolute belang beskou. Toe die vraag rondom die Aaland Eilande bespreek is by die Volkebond is, soos reeds gestel, ‘n komitee aangewys om te besluit of die inwoners van die Aaland Eilande geregtig is om af te skei van Finland en hulle aan te sluit by die Koninkryk van Swede. Swede was van mening dat die beginsel van selfbeskikking aan die inwoners van die Aaland Eilande hierdie geleentheid gegee het sou hulle dit by wyse van ‘n referendum of ‘n verkiesing aangetoon het. Finland daarenteen het gevoel dat dit ‘n saak is wat binne die jurisdiksie van Finland gelê het.

354 Sien Cassese supra op 119.

355 Sien GAOR XXVth Session Sixth Committee 1184th Mtg. para 15. 169

Die vraag was dus of die Volkebond daaroor uitsluitsel kon gee. Uiteindelik is besluit dat selfbeskikking nie ‘n internasionale regsnorm is nie, maar slegs ‘n integrale deel van die moderne politieke denke. Die verslag het dan ook soos volg gelui: Positive international law does not recognize the right of national groups, as such, to separate themselves from the State of which they form part by the simple expressions of a wish; any more than it recognizes the right of other States to claim such a separation. Generally speaking, the grant or refusal of the right to a portion of its population of determining its own political fate by plebiscite or by some other method, is, exclusively, an attribute of the sovereignty of every State which is definitively constituted. A dispute between two States concerning such a question, under normal conditions therefore, bears upon a question which international law leaves entirely to the domestic jurisdiction of one of the States concerned. Any other solution would amount to an infringement of (the) sovereign rights of a State and would involve the risk of creating difficulties and a lack of stability which would not only be contrary to the very idea embodied in the term ‘State’, but would also endanger the interests of the international community.356

Gevolglik het die Internasionale Komitee van Juriste besluit dat die Finse posisie die korrekte posisie was en dat daar nie ‘n reg was van ‘n gedeelte van ‘n bevolking om weg te breek van daardie staat nie. Die Komitee het nog steeds gevoel dat die saak binne die jurisdiksie van die Volkebond val aangesien Finland nog nie ‘n onafhanklike lid van die internasionale gemeenskap was nie. Die Komitee van Rapporteurs wat aangestel is om ‘n program van aksie te loods ten opsigte van ‘n vraagstuk van die Aaland Eilande, het dan ook tot die gevolgtrekking gekom dat die Aaland Eilande onder die soewereiniteit van Finland moes bly. Hierdie Rapporteurs het dan ook die reg op sesessie geheel en al uitgesluit deur dit soos volg te stel: To concede to minorities, either of language or religion, or to any fraction of a population the right of withdrawing from the community to which they belong, because it is their wish or their good pleasure, would be to destroy order and stability within States and to inaugurate anarchy in international life; it would be to uphold a theory incompatible with

356 “Report of the International Committee of Jurists Entrusted by the Council of the League of Nations with the Task of Giving an Advisory Opinion upon the Legal Aspects of the Aaland Islands Question” Official Journal of the League of Nations Special Supplement No 3 October 1920 op 5. 170

the very idea of the State as a territorial and political unity.357

Ook die Verenigde Nasies het hierdie standpunt beklemtoon soos blyk uit die Verenigde Nasies se standpunt na die gepoogde sesessie van Katanga in 1961 en Biafra 1967 tot 1970. Hierdie standpunt is selfs gehandhaaf ten spyte van die suksesvolle sesessie van Bangladesj in 1971. Die 1970-Deklarasie, vir sover dit voorsiening maak vir sesessie onder sekere beperkte omstandighede, stel ‘n afwyking daar van die normale standpunt. Die algemene siening in die Internasionale Reg is steeds een wat teen sesessie gekant is. So het die Britse Minister van Buitelandse Sake dit in 1983 byvoorbeeld soos volg gestel na aanleiding van die probleem van selfbeskikking vir die Somaliërs in Ethiopië:

357 Report of the Commission of Rapporteurs 16 April 1921 League of Nations Council op 28. 171

It has been widely accepted at the United Nations that the right of self-determination does not give every distinct group or territorial sub-division within a State the right to secede from it and thereby dismember the territorial integrity or political unity of sovereign independent States.358

Tog bly dit ‘n vraag of sesessie dan wel in die Internasionale Reg toelaatbaar is. Dugard is van mening dat daar geen verbod in die Internasionale Reg teen sesessie is nie.359 Hy is van mening dat daar slegs van ‘n “vermoede” ten gunste van die territoriale integriteit van state gepraat kan word. Dit spreek gevolglik vanself dat daar ‘n “vermoede” teen sesessie is. Volgens Nanda is sesessie wettig indien daar uiterste onthouding van menseregte plaasvind.360

358 Sien British Yearbook of International Law 1983 op 409.

359 Dugard “Secession: Is the Case of Yugoslavia a Precedent for Africa?” African Journal of International and Comparative Law 1993 op 165.

360 Nanda “Self-Determination under International Law: Validity of Claims to Secede” Case Western Reserve Journal of International Law Vol 13 1981 op 277-280. 172

Dugard is van mening dat die erkenning van die republieke wat uit die ontstrengeling van Joegoeslawië ontstaan het, ‘n presedent daargestel het wat in baie dele van die wêreld as voorbeeld gebruik sal word.361 Hy is van mening dat etniese minderhede wat tot dusver oortuig is dat die Internasionale Reg hulle reg op selfbeskikking beperk tot ’n vorm van erkenning van outonomiteit en beskerming binne die grense van ‘n staat, nou sal aanvoer dat selfbeskikking algehele afskeiding insluit. Hy stel dat ‘n verklaring deur die Algemene Vergadering van die Verenide Nasies noodsaaklik geword het waarin die beperkte omstandighede waarin sesessie geoorloof is, gedoen moet word. Dit sal volgens hom nie sesessie aanmoedig nie, maar eerder tot gevolg hê dat sekerheid oor die saak verkry word. So ‘n verklaring of deklarasie behoort volgens Dugard die volgende in te sluit: 1. Self-determination is normally to be exercised within the borders of existing States, that is with due regard to the principle of territorial integrity. 2. The principle of uti possidetis is applicable to the external boundaries of States and not to internal divisions within States. 3. There is no right on the part of a people within a state to secede. 4. While secession is not contrary to international law, there is a presumption in favour of territorial integrity and against secession. 5. Secession will be recognized where it is agreed to by all the component parts of the State to be dissolved. 6. Where there is no agreement on the component parts of a State to secession, the international community will not recognize the secession unless the following circumstances are present: (i) the people of the seceding territory constitute a distinct people, having regard to their language, culture and historical experience; (ii) the people have a clear historical claim to the territory in question; (iii) the territory occupied by the secessionist group came under the control of the existing State by some unjustifiable historical event (as in the case of the Soviet Union’s annexation of the Baltic States); (iv) the will of the people of the territory has been expressed by means of a referendum or election and shows very clear support for secession; (v) the human rights of the people have been seriously violated and they

361 Dugard supra op 171. 173

have been denied proper participation in the government of the State from which they wish to secede. 7. Recognition will not be accorded to a seceding territory unless: (i) it complies fully with the traditional requirements of Statehood expounded in the Montevideo Convention, particularly effective government (as was not the case with Bosnia-Herzigovinia); (ii) it provides adequate national and international guarantees for the protection of its minorities; (iii) it becomes a party to the International Covenant on Civil and Political Rights (including the First Optional Protocol) and any appropriate human rights convention. 8. A seceding territory will not be admitted to membership in the United Nations unless it satisfies the requirement of paragraph 5 or 6 and gives the assurances prescribed in paragraph 7.362

Alhoewel omvangryk en dalk ietwat voorskriftelik, wil dit tog voorkom of daar wel sekere voorskrifte gestel moet word deur die Verenigde Nasies in gevalle van sesessie. Om bloot sesessie te ontken en te verbied, sal nie meer deug nie. Die realiteit is dat daar deurlopend meer state ontstaan en dat dit gewoonlik deur middel van sesessie ontstaan. Daarom moet daar riglyne gestel word om sesessie te wettig.

362 Dugard supra op 172-174. 174

HOOFSTUK 8

STATE EN SELFBESKIKKING

8.1 INLEIDING

Ten opsigte van selfbeskikking kan dieselfde gesê word wat in die algemeen oor die begrip geregtigheid gesê word, naamlik dat dit nie net moet geskied nie, maar inderdaad gesien moet word dat dit geskied (“justice must not only be done, but seen to be done”). In wat volg, word derhalwe gekyk na die hantering van selfbeskikking deur state, veral ook waar ‘n bepaalde groep op daardie reg aanspraak gemaak het. Daar sal telkens gepoog word om antwoorde te soek en afleidings te maak, waar nodig.

Alhoewel talle ander voorbeelde bespreek kan word, waaronder ook minder bekende gevalle soos Padanië wat groter outonomiteit in Italië nastreef, die Faroes van Denemarke en die Alsatians en Bretons van Frankryk, word hier volstaan met ‘n bespreking van 23 gevalle waar selfbeskikking ter sprake was, en/of steeds gelding vind.

8.2 BANGLADESJ

8.2.1 AGTERGROND

Voor die val van die Berlynse muur (en gevolglik tussen 1945 en 1990) was Bangladesj een van die unieke voorbeelde van sesessie wat geslaag het.363 Dit was dan ook beskou as ‘n geval wat as ‘n presedent vir toekomstige pogings tot sesessie beskou kon

363 Sien in hierdie verband Rashid “Bangladesh: The First Successful Secessionist Movement in the Third World” in Premdas et al (reds) Secessionist Movements in Comparative Perspective Printer Publishers Londen 1990 op 83-93; Nanda “Self- Determination in International Law: The Tragic Tale of Two Cities - Islamabad (West Pakistan) and Dacca (East Pakistan)” American Journal of International Law Vol 66 1972 op 321-336; Buchheit Secession: The Legitimacy of Self-Determination Yale University Press 1978 asook Franck en Rodley “After Bangladesh: The Law of Humanitarian Intervention by Military Force” American Journal of International Law Vol 67 1973 op 275- 305. 175

word. Dit is wel so dat ‘n suksesvolle sesessie nie noodwendig as ‘n presedent beskou kan word nie, net soos ‘n onsuksesvolle sesessie nie as ‘n voorbeeld gesien kan word nie. Tog bied die geval van Bangladesj interessanthede waarop die Internasionale Reg kan ag slaan. Dit is natuurlik so dat ‘n vergelykende oorsig van sesessie wat geslaag het en sesessie wat nie geslaag het nie aanduidend kan wees van faktore wat aanwesig moet wees, alvorens aandag aan ‘n sesessionêre strewe gegee kan word.

8.2.2 GESKIEDENIS

Toe Indië in 1947 gepartisioneer is, het dit tot gevolg gehad dat Pakistan ‘n verdeelde land was.364 Die gedeelte aan die noordwestelike kant van Indië het bekend gestaan as Wes-Pakistan. ‘n Gedeelte wat meer as 1600 km daarvandaan was (aan die anderkant van Indië), was die provinsie wat Oos-Bengal genoem was, ook bekend as Oos- Pakistan. Nie alleen was kommunikasie moeilik tussen die twee gebiede nie, maar het die afgesonderdheid van Oos-Pakistan tot gevolg gehad dat hierdie mense ‘n gemeenskaplike gevoel ontwikkel het wat hulle afgesonder het van die res van Pakistan. Alhoewel beide streke dieselfde geloof aangehang het, naamlik die Moslemgeloof, het die mense van Oos-Pakistan Bengali gepraat en nie die tale van die Weste verstaan nie, naamlik Urdu, Punjabi, Sindhi en Pushtu. Die mense van Oos- Pakistan het dan ook ‘n homogene groep daargestel en het hulle voorkoms ook verskil van die van Wes-Pakistan. Daar was gevolglik min wat die twee saamgesnoer het en het die onbillike ekonomiese en politieke behandeling wat die Ooste geniet het, hulle ook in opstand gebring teen Wes-Pakistan.365

364 Sien Johnstone en Mandryk (reds) Operation World 21st Century Edition Paternoster Lifestyle 2001 op 500 waar byvoorbeeld aangetoon word dat dit steeds ‘n verdeelde land is waar 69 verskillende tale gepraat word. Die Panjabi is egter die grootste etniese groep en tel 75 miljoen van die 156 miljoen van die bevolking met Urdu as die dominante taal.

365 Buchheit supra op 199. 176

Oos-Pakistan was dan ook nooit tevrede met die behandeling wat hulle gekry het nie, en was die per capita inkomste van Wes-Pakistan byvoorbeeld 32% hoër as die van Oos-Pakistan.366 In 1970 het hierdie gaping tussen die Ooste en Weste feitlik verdubbel deurdat Wes-Pakistan se per capita inkomste ongeveer 61% meer was as Oos- Pakistan.

Politieke skommelings het ook baie daartoe bygedra dat Oos-Pakistan se ontevredenheid met Wes-Pakistan toegeneem het. Die bloedlose staatsgreep wat in 1958 uitgevoer is deur generaal Ayub Khan het aanvanklik tot gevolg gehad dat onder andere korrupsie uitgeroei en ekonomiese dispariteit uitgefaseer is, maar uiteindelik was die onreg teenoor Oos-Pakistan aan die einde van hierdie bewind groter as met die aanvang daarvan. Khan is opgevolg deur die hoof van sy weermag, generaal Yahya Khan. Hy het talle beloftes aan die inwoners van Oos-Pakistan gemaak, waaronder herstel van wet en orde, die herstel van burgerlike regering, ‘n demokratiese verkiesing en ‘n volksraad met 300 lede waarvan Oos-Pakistan as gevolg van sy groter bevolking 162 lede sou kies en Wes-Pakistan 138. Die Awami League het dan ook in die verkiesing 160 van die 162 setels van Oos-Pakistan ingepalm en het dit grootliks te danke gehad aan die “Six Points”, ‘n program wat gekenmerk is deur die onderneming om streeksoutonomie aan die onderskeie dele van Pakistan te gee.367 Hierdie ses punte wou niks anders daarstel nie as ‘n losse federasie wat bitter min magte aan die federale parlement sou laat. Die weste kon dit uiteraard nie aanvaar nie aangesien daar gevoel is dat dit die wortels van die staat sou aantas.368

Onderhandelinge tussen die twee streke was dan ook onmiddellik by ‘n dooiepunt en het Wes-Pakistan gedreig om die Nasionale Vergadering te boikot en was die eerste sessie van die Nasionale Vergadering op 1 Maart 1971 onbepaald uitgestel. Op 2 Maart

366 Buchheit supra op 201-202.

367 Sien in hierdie verband Rahman Bangladesh, My Bangladesh 1972 op 127-128 soos na verwys in Buchheit supra op 203.

368 Sien Choudhury The Last Days of United Pakistan 1974 op 123 daarvan soos aangehaal in Buchheit supra op 204. 177

1971 het chaos in Oos-Pakistan uitgebreek en het die Awami League ‘n hartal uitgeroep (dit is ‘n oproep tot burgerlike ongehoorsaamheid en ‘n nie- samewerking).369

369 Buchheit supra op 205. 178

Daar is weereens gepoog om die twee dele van Pakistan tot ‘n vergelyk te bring en het die aanvanklik gelyk asof dit sou slaag. Hierdie onderhandelings is skielik beëindig en het die gewapende magte van Wes-Pakistan op 25 Maart 1971 begin met ‘n veldtog van ongehoorde brutaliteit om die sesessionistiese stewe van die ooste te probeer hokslaan.370 Die leier van die Awami League Sjeik Mujib was gevang maar het hy kort voor hy in gevange geneem is, verklaar dat Bangladesj ‘n soewereine en onafhanklike republiek is.371

Bangladesj se militêre kapasiteit was nooit genoegsaam om Wes-Pakistan se weermag die hoof te bied nie. Wes-Pakistan se weermag was egter ook nie so sterk dat dit vinnig ‘n totale oorwining kon behaal nie. Teen die middel van April 1971 was meeste van die belangrikste gedeeltes van Oos-Pakistan in Wes-Pakistan se hande en was daar ‘n toevlug van vlugtelinge na Indië. ‘n Voorlopige regering van Bangladesj is op 10 April 1971 in Indië aangekondig en is Mujib se verklaring van onafhanklikheid weereens voorgehou, naamlik: in due fulfillment of the legitimate right of of self-determination of the people of Bangla

370 Sien Nanda supra op 322 en verder waar hierdie gebeure in besonderhede beskryf word. So is die leier van die Awami League as “an enemy of Pakistan” beskryf en die Awami League verban.

371 Sien Rahman supra op 127-128. 179

Desh.372

372 Sien “Documents: Civil War in Pakistan” N.Y.U. Journal of International Law and Politics Vol 4 1971 op 557 soos aangehaal in Buchheit supra op 204. 180

Indië se betrokkenheid by die dispuut het gegroei in die maande wat gevolg het, en is daar nie slegs ‘n veilige hawe aan guerillas gebied nie, maar is hulle later ook van wapens en ammunisie voorsien. Teen 20 Augustus 1971 was daar reeds 7,9 miljoen vlugtelinge in Indië en teen die middel van November 1971 9,7 miljoen. Dit het verhoudinge tussen Indië en Pakistan vertroebel en het daar ‘n volskaalse oorlog uitgebreek tussen die twee state op 3 Desember 1971. Enkele dae later het die eerste minister van Indië, Indira Gandhi, die onafhanklikheid van Bangladesj erken. Die oorlog tussen Indië en Pakistan het minder as twee weke geduur en het die magte van Pakistan die aftog geblaas wat die onafhanklikheid van Bangladesj verseker het. Dit is egter so dat hierdie onafhanklikheid waarskynlik nie bereik sou gewees het indien Indië nie tot die geveg toegetree het nie. Die USSR het Indië ondersteun en ook sy magte binne die Veiligheidsraad gebruik om enige poging om Indië hok te slaan, te keer.373

China het Indië egter veroordeel as ‘n aggressor. Die VSA het aanvanklik nie standpunt ingeneem nie. Nadat Indië nie gehoor gegee het aan die Algemene Vergadering om ‘n skietstilstand te handhaaf nie, het die VSA Indië veroordeel as die primêre oorsaak vir die voortsetting van die oorlog. Die VSA se betrokkenheid by die krisis in Bangladesj was egter beperk en oneffektief.

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het op 4 Desember 1971 vir die eerste keer standpunt ingeneem oor die oorlog tussen Indië en Pakistan.374 Die Veiligheidsraad kon egter nie eenstemmigheid bereik nie, en het die aangeleentheid na die Algemene Vergadering verwys wat op 7 Desember 1971 ‘n algehele skietstilstand geëis het en die onttrekking van troepe deur Indië en Pakistan vanaf die ander se grondgebied.375

Die verteenwoordiger van die VSA in die Veiligheidsraad, George Bush, het versoek dat die aangeleentheid weer na die Veiligheidsraad verwys word vir verdere debat oor die

373 Nanda supra op 324.

374 26 UN SCOR 1606th meeting (1971).

375 Resolusie 2793 van die Algemene Vergadering van 7 Desember 1971. 181 aangeleentheid. Hy het onder andere gestel: In view of India’s defiance of world opinion expressed by such an overwhelming majority, the is now returning the issue to the Security Council. With East- Pakistan virtually occupied by Indian troops a continuation of the war would take on increasingly the character of armed attack on the very existence of a Member State of the United Nations.376

Die afgevaardigde van Indië het hierop gereageer deur te stel dat die erkenning van Bangladesj ‘n onafwendbare politieke realiteit was en ook ‘n vereiste was om vrede en stabiliteit in die area te bewerkstellig. Hy het ook gestel dat in die Internasionale Reg, die voorwaardes vir die daarstel van ‘n onafhanklike staat daargestel is as:

376 Sien Buchheit supra op 210. 182

a mother State has irrevocably lost the allegiance of such a large section of its people as represented by Bangla Desh and cannot bring them under its sway.377

Die Verenigde Nasies het duidelik nie ‘n antwoord gehad vir die situasie in Bangladesj nie en was die feit dat Pakistan sy troepe onttrek het aan Bangladesj en die oorlog tot ‘n einde gekom het, ‘n welkome verligting vir die Verenigde Nasies.

8.2.3 GEVOLGTREKKING

Dit is duidelik dat Bangladesj deur die hulp en intrede van Indië daarin geslaag het om suksesvol af te skei vanaf Pakistan. Wat ook ‘n belangrike rol gespeel het is die brutaliteit van Wes-Pakistan toe daar toegeslaan is op Oos-Pakistan nadat hulle eise gestel het wat in die federasie moes geld en het dit die wêreldmening in die guns van Bangladesj geswaai. Ook Bangladesj se territoriale afgesonderdheid het beslis in sy guns getel.

Laastens moet vermeld word dat Bangladesj, wat homogeniteit betref beter daaraan toe is as Pakistan, die staat waarvan afgeskei is.378 In die jaar 2000 het 96,9% van die bevolking van bykans 129 miljoen uit Bengali’s bestaan. Daar is egter 61 verskillende

377 Sien Buchheit supra op 210.

378 Sien byvoorbeeld Nandas supra op 328 wat ses faktore uitlig as redes vir die konflik tussen Oos- en Wes-Pakistan, waarvan die linguïstiese, kulturele en etniese verskille een van die belangrikstes was. Die feit dat hulle ook geensins pro rata ooreenkomstig hulle getalle in enige sfeer van die samelewing verteenwoordig was nie, en trouens polities feitlik geïgnoreer was, het sake vererger. 183 etniese groepe en word 35 verskillende tale gepraat.379

8.3 BIAFRA

8.3.1 INLEIDING

379 Sien Johnstone en Mandryk supra op 94. 184

Nigerië is die land met die grootste bevolking in Afrika. In die jaar 2000 het die bevolking reeds op 111 506 095 gestaan. Daar is ook meer as 490 etniese groepe in Nigerië waarvan die Hausa, Yoruba en Igbo die dominante groepe is. Meer as 470 tale word gepraat en het Nigerië ‘n groot Christelike sowel as Moslem komponent.380 In die lig van voormelde is dit seker nie verbasend dat daar ‘n poging om sesessie was in Nigerië in 1967 nie.

8.3.2 HISTORIES

Nigerië het onafhanklik geword in 1960.381 Die Ibo etniese groep (of stam) in die ooste van Nigerië het gepoog om af te skei deur ‘n onafhanklike staat genaamd die Republiek van Biafra daar te stel.382 Die Ibo groep was geografies afgesonder van die res van die staat en het ‘n onderskeidelike kultuur, taal en godsdiens gehad. Die meerderheid Ibo’s is Christene terwyl daar onder die Yoruba’s beide Christene en Moslems is. Die Hausa en Fulani in die noorde is hoofsaaklik Moslems.383 Die Ibo’s was ook gekenmerk daardeur dat hulle ekonomiese ontwikkeling vinniger was as dié van die res van die

380 Sien Johnstone en Mandryk supra op 487.

381 Sien Buchheit supra op 162.

382 Sien ook Ijalaye “Was Biafra at Any Time a State in International Law” American Journal of International Law Vol 65 1971 op 551-559.

383 Sien Kirk-Greene “The Peoples of Nigeria” African Affairs Vol 66 1967 op 5-6. Sien ook Osaghae Crippled Giant: Nigeria since Independence Hurst and Company Londen 1998 in die algemeen. 185 bevolking.384

384 Sien Buchheit supra op 162. 186

Die gepoogde sesessie van Biafra is voorafgegaan deur etniese konflik. Nadat Nigerië onafhanklik geword het is die land vir ongeveer vyf jaar deur ‘n burgerlik-verkose regering regeer. Op 15 Januarie 1966 is die burgerlike regering deur ‘n militêre staatsgreep omvergewerp.385 Hierdie staatsgreep is deur sommige gesien as ‘n poging deur die Ibo’s, veral omdat die meeste van die wat gesterf het in die staatsgreep uit die noordelike deel van Nigerië gekom het. Die federasie is op 24 Mei 1966 verander na die Republiek van Nigerië en wel deur die Ironsi-regering. ‘n Tweede militêre staatsgreep het plaasgevind op 29 Julie 1966 waartydens Ironsi vermoor is. ‘n Persoon uit die noorde, Gowon het voortaan aan die hoof gestaan. Hy wou die noorde se dominansie in die land bevestig, alternatiewelik die noorde laat afskei van die ander streke. Hy was ook van mening dat daar geen basis vir eenheid was in Nigerië nie, alhoewel hy deur middel van Amerikaanse en Britse diplomatieke druk nie voortgegaan het met sy planne tot afskeiding nie. Onluste het uitgebreek in die noorde en ten minste tienduisend van die inwoners van die ooste van Nigerië het gesterf. Ten einde ‘n volskaalse anargie te verhoed is ‘n konferensie belê en het die ooste ‘n sekere Luitenant-Kolonel Odumegwu Ojukwu na die konferensie gestuur.386

Die memorandum wat die noorde van die land op die konferensie ter tafel gelê het, het die volgende woorde bevat: Right of self-determination of all people in the country must be accepted and a referendum or plebiscite shall be the method through which the wishes of the people concerned shall be ascertained. These rights include the right of any state within the country to secede. The implementation of these principles shall not delay the

385 Sien Buchheit supra op 165.

386 Sien Cronje The World and Nigeria: The Diplomatic History of the Biafran War 1967-1970 1972 op 17. 187 determination of the future of Nigeria. All necessary guarantees shall, however, be written in the future constitution to establish the right of self-determination by any section.387

387 Sien Panther Brick (red) Nigerian Politics and Military Rule: Prelude to the Civil War op 156. Sien ook Nixon “Self-Determination: The Nigerian Biafran Case” World Poltics Vol 24 1972 op 478-479. 188

Toe die konferensie verdaag het, het grootskaalse geweld wat gerig was teen die ooste uitgebreek in die noorde. Dit het tot gevolg gehad dat die afgevaardigers uit die ooste nie weer hulle plekke by die konferensie ingeneem het nie. Pogings daarna om die verskillende faksies te versoen het op niks uitgeloop nie. Dit het Biafra beweeg om sy onafhanklikheid uit te roep in Mei 1967 en het Ojukwu verklaar dat die Republiek van Biafra ‘n onafhanklike en soewereine staat is.388 Dit het tot gevolg gehad dat ‘n oorlog in Nigerië uitgebreek het wat amptelik op 12 Januarie 1970 beëindig is toe Biafra se hoof van sy weermag oorgegee het met die verklaring: [T]he Republic of Biafra ceases to exist.389

Die Verenigde Nasies by wyse van sy sekretaris generaal U Thant het verklaar dat nie een van die 126 lede van die Verenigde Nasies die konflik in Nigerië by die Verenigde Nasies te berde gebring het nie. Volgens hom was die rede dat die lidlande geweet het dat die Verenigde Nasies sou weier om daaroor te praat.390 Die mense van Biafra het ook geen ondersteuning uit die geledere van Afrika verkry vir die poging om af te skei van Nigerië nie. Die Organisasie vir Afrika Eenheid het trouens ‘n resolusie aanvaar in 1967 waarin hulle hulle respek vir die beginsel van soewereiniteit en territoriale integriteit van ledestate beklemtoon het. Daar was egter state wat verkies het om die Republiek van Biafra te erken. Tanzanië was eerste en is gevolg deur Gaboen, die Ivoorkus, Zambië en Haiti.391 Baie state het egter verkies om neutraal te bly.

8.3.3 WAS BIAFRA ‘N STAAT?

Die militêre sukses van die regering van Nigerië om die opstand in Biafra te onderdruk het uiteraard die nodigheid om die vraag na die wettigheid van die afskeiding van Biafra te beantwoord, oorbodig gemaak. Twee vrae moet egter beantwoord word, naamlik

388 Sien Buchheit supra op 168.

389 Sien Ijalaye “Was Biafra at Any Time a State?” supra op 551.

390 Sien Buchheit supra op 169.

391 Sien Ijalaye “Was Biafra at Any Time a State?” supra op 555 waar gestel word dat de iure erkenning nie gevolg is deur de facto erkenning nie. 189

eerstens of die Republiek van Biafra vir ‘n kort periode die gemeenskap van state betree het en tweedens of dit ‘n wettige afskeiding was.

Kommentators is dit nie eens daaroor nie.392 Sommige voel dat die afskeiding gewis wettig was aangesien daar nie gepoog is om die land te verdeel nie, maar slegs ‘n deel van die land te onttrek.393 Die ekonomiese stabiliteit van Nigerië was ook nie in gevaar gestel deur die afskeiding van Biafra nie. Daarbenewens het die Republiek van Biafra getoon dat dit in staat is om as ‘n onafhanklike entiteit te bestaan met ‘n bevolking van tussen twaalf en veertien miljoen, met hawens, natuurlike hulpbronne, ‘n relatiewe hoë onderwyspeil, ensovoorts.394

Dit is ook so dat die inwoners van die gebied bekend as Biafra die afskeidingsbeweging ondersteun het (deur middel van die Consultative Assembly en die Advisory Committee of Chiefs and Elders) en het die oorlog wat bykans drie jaar geduur het, dit bevestig. Daar was onderdrukking deurdat daar in die noorde van die land moorde van lede van die Ibo’s plaasgevind het en hulle ook uit daardie gebied verjaag is. Daarbenewens moet dit gestel word dat die noorde by monde van Gowon gestel het dat daar geen basis vir eenheid in Nigerië is nie.

Die grootste rede waarom die afskeiding van Biafra nie geslaag het nie, is omdat Biafra

392 Ijalaye “Was Biafra at Any Time a State?” supra op 558-559 is van mening dat die erkenning deur vyf state nie die staatskap van Biafra bevestig het nie. Volgens hom was die stryd nog in proses om te bepaal wie die dominante groepe sou wees en was erkenning dus prematuur.

393 Sien Buchheit supra op 173.

394 Sien Buchheit supra op 173. 190

op geen steun van buite sy grense kon staatmaak nie, anders as wat met Bangladesj die geval was.

8.4 CIPRUS

8.4.1 AGTERGROND

Ciprus is in 1974 deur Turkye ingeval en is die eiland effektiewelik gepartisioneer. Die Republiek van Ciprus bestaan uit die suide van die eiland wat deur ongeveer 600 000 mense, hoofsaaklik Grieke (ongeveer 560 000 in getal) bewoon word, en die noorde, wat hulleself sedert 1975 die Turkse Republiek van Noord-Ciprus noem, en waar daar 185 000 mense woon waarvan 182 000 Turke is.395 Slegs die Republiek van Ciprus word wêreldwyd erken terwyl Turkye die Turkse Republiek van Noord-Ciprus erken.396

Die eiland het in 1960 onafhanklik geword en sedert 1964 het die Verenigde Nasies ‘n vredesmag (bekend as die UNFICYP) op die eiland gehad.397 Die partisionering van die eiland het gepaardgegaan met grootskaalse verskuiwing van mense.398 Sowat 180 000 Griekse Cipriote het suid gevlug en 45 000 Turkse Cipriote het noord geskuif. Die Verenigde Nasies het ‘n buffersone daargestel om die groepe uitmekaar te hou. Pogings om die twee faksies weer te laat verenig het tot dusver misluk. Die eiland was aanvanklik deel van die Ottomaanse ryk. In 1960, toe dit onafhanklik geword het was dit onder Britse beheer. Alhoewel daar vir magsdeling voorsiening gemaak is, het dit misluk; ook omdat Grieke gekla het dat die Turke se verteenwoordiging te groot was,

395 Sien Bruce “Cyprus: A Last Chance” Foreign Policy Vol 58 1985 op 115. Sien ook Johnstone & Mandryk Operation World supra op 217. Die noordelike deel van Ciprus beslaan 37% van die eiland.

396 Die verklaring van onafhanklikheid van die Turkse Republiek van Noord-Ciprus is op 15 November 1983 gedoen. Sien in hierdie verband Bartkus The Dynamic of Secession Cambridge University Press 1999 op 161. Die Verenigde Nasies het deur middel van die aanvaarding van Resolusie 367 van 1975 duidelik te kenne gegee dat dit nie ten gunste was van die totstandkoming van hierdie nuwe staat nie.

397 Sien Dugard Recognition and the United Nations Cambridge 1987 op 108-111.

398 Sien “Cyprus: A Time of Reckoning” National Geographic Julie 1993 op 109. 191

alhoewel Turke maar 15 van die 50 setels in die nasionale wetgewer belowe is.399

Die inwoners van die eiland verskil nie net wat betref hulle afkoms nie, maar soos Lijphart dit stel is daar ook: a perfect coincidence of linguistic, religious, and cultural cleavages.400 Die Grieke praat Grieks en behoort tot die Grieks Ortodokse Kerk terwyl die Turke Moslems is en Turks praat.

8.4.2 BURGEROORLOG

399 Sien Stultz “On Partition” Social Dynamics Vol 5 No 1 1979 op 1-13.

400 Lijphart Democracy in Plural Societies: A Comparative Exploration Yale University 1980 op 158. 192

Die burgeroorlog wat in 1963 uitgebreek het, het reeds skeiding gebring tussen twee “regerings”; een waarvan deur Grieke aangevoer was en een gelei deur Turke.401 Voorstelle deur die destydse president van Griekeland, Aartsbiskop Makarios, om die onbevredigende maatreëls in hierdie konsosiatiewe demokrasie reg te stel, het op niks uitgeloop nie.402 Trouens, Turkye het die geleentheid, naamlik die gepoogde staatsgreep in Griekeland, aangegryp om die eiland in te val .

Terwyl ‘n staat soos Bangladesj erken is, is daar steeds geen erkenning van die Turkse Republiek van Noord-Ciprus nie.403 Daar is egter ook geen optrede teen die staat deur die Verenigde Nasies of ’n streeksmoondheid soos NATO, soos in die geval van Kosowo, nie. Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het weliswaar in 1975 ‘n resolusie, naamlik Resolusie 367 aanvaar waarin met spyt (“regretted”) kennis geneem is van die optrede en kennis geneem is dat daar ‘n “final political settlement of the problem of Cyprus” sou kom. Die territoriale integriteit van Ciprus is egter bevestig en is geëis dat buitelandse magte hulle aan die eiland moet onttrek.404 Daar is ‘n beroep op

401 Sien Ehrich Cyprus: 1958-1967 Oxford University Press 1974 op 36-60.

402 Sien Adams “The First Republic of Cyprus: A Review of an Unworkable Constitution” Western Political Quarterly Vol 19 No 3 1966 op 475-490.

403 Sien Dugard Recognition and the United Nations Cambridge Grotius Publications Limited 1987 op 108-111.

404 Resolusie 3212 (XXIX) van 1 November 1974. Ook verder resolusies is aanvaar; sien in hierdie verband Dugard supra op 109 vt 133 daarvan. 193 state gedoen om nie erkenning te gee aan die Republiek van Noord-Ciprus nie. Laasgemelde is op 15 November 1983 uitgeroep. Die Veiligheidsraad het op 18 November 1983 ‘n besluit aanvaar (Resolusie 541 (1983)) waarin die Verenigde Nasies sy misnoeë uitspreek met : the declaration of the Turkish Cypriot authorities of the purported secession of the Republic of Cyprus.405 Die optrede is as “legally invalid” beskou; state is opgeroep om die territoriale integriteit van Ciprus te erken en te handhaaf en alle sesessionistiese aktiwiteite is veroordeel. ‘n Verdere resolusie, Resolusie 550 (1984) het: all secessionist actions, included the purported exchange of ambassadors between Turkey and the Turkish Cypriot leadership

405 Sien Dugard supra op 109. Resolusie 550 is op 11 Mei 1984 aanvaar deur die Veiligheidsraad. Cassese supra op 98 maak melding daarvan dat hierdie twee resolusies nie verwys na selfbeskikking nie. 194 verwerp.406

Dugard stel dat daar verskeie redes aangegee kan word waarom hierdie staat nie erken is nie. Een is dat geweld gebruik is om die resultaat te verkry (dit wil sê dit was ‘n optrede in stryd met artikel 2(4) van die Handves van die Verenigde Nasies). Tweedens word partisie verbied van die eiland en wel ingevolge die “1960 Treaty of Guarantee”, ‘n verdrag tussen Ciprus, Griekeland, Turkye, en Groot-Brittanje. Derdens was daar nie werklike selfbeskikking nie, aangesien die mense van Ciprus nie geken is in die saak nie. So het die Republiek van Ciprus dan ook in 1984 in die Verenigde Nasies gestel dat die Turkse gemeenskap: do not constitute “a people” entitled to exercise the right to self-determination but rather a “minority” entitled to certain special rights and protections... 407

Tans duur die de facto situasie voort. Die “ethnic cleansing” deur die Turke was in so ‘n mate suksesvol dat daar ook nie sedertdien (na die suiwering van die noorde) van enige menseregteskendings gepraat kan word nie.

8.5 DUITSLAND

8.5.1 INLEIDING

406 Dugard supra op 110.

407 Dugard supra op 110-111 en ook vt 140 op 111. 195

Een van die mees dramatiese veranderinge wat die politieke landkaart van Europa verander het, was die vereniging van Oos- en Wes-Duitsland.408 Dit kan gekonstateer word dat hierdie gebeurtenis ook teen die agtergrond van selfbeskikking gesien kan word; dat dit trouens in ooreenstemming is met die reg op selfbeskikking.409

Na die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland deur die Geallieerde Magte verdeel in geokkupeerde sones. Tydens die Potsdam Konferensie in 1945 is enige besluit ten opsigte van die toekomstige status van Duitsland uitgestel. Na die ontstaan van die Federale Republiek van Duitsland (Wes-Duitsland) en die Duitse Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland) in 1949 het sake verander. Westerse state het die USSR- gesteunde voorstel van twee afsonderlike state teengestaan. Die verdeling van Berlyn en die oprigting van die Berlynse Muur in 1961 het simbole van die Koue Oorlog geword. Gevolglik was daar van versoening aanvanklik geen sprake nie.

408 Dit word beweer deur Frowein “Current Developments: The Reunification of Germany” American Journal of International Law Vol 86 No 1 1992 op 152 dat die president van die VSA, Ronald Reagan, toe hy in 1987 op besoek was aan Berlyn die volgende opmerking teenoor president Gorbachef van die USSR gemaak het by die Brandenburg-hek: “Mr Gorbachef, tear down this wall”. Niemand het op daardie stadium gedink dat dit so kort daarna sou gebeur nie. Daar is trouens in 1989 feitlik alle pogings laat vaar om dit wel te weeg te bring.

409 So stel Frowein supra op 153 dat die vrye verkiesings wat in Oos-Duitsland (die “Demokratiese Republiek van Duitsland”) gehou is op 18 Maart 1990 ‘n “genuine expression of the the right to self-determination” was. 196

Oos-Duitsland het ook geen strewe na unifikasie gehad nie.410 Selfbeskikking is deur Oos-Duitsland enersyds gesien as ‘n koloniale probleem en andersyds as dat die daarstelling van twee state inderdaad ‘n manifestasie van selfbeskikking was. Vereniging was nie uitgesluit nie, maar slegs indien albei state op gelyke basis hanteer sou word. Wes-Duitsland het beide aan interne en eksterne selfbeskikking gedink en die wettigheid van die Oos-Duitse leierskap bevraagteken. Die bestaan van Oos-Duitsland is gesien as ‘n verbreking van die wil van die mense van Duitsland en derhalwe ook as ‘n verbreking van Duitsers se reg op selfbeskikking.

410 Salo “Self-Determination: An Overview of History and Present State with Emphasis on the CSCE Process” The Finnish Yearbook of International Law Vol 2 1991 op 321. 197

Wes-Duitsland het Duitsland as een gebied beskou en die de jure bestaan van Oos- Duitsland is ontken. Literatuur oor die reg op selfbeskikking was dan ook volop.411 Dat Duitsland as ‘n geheel aan al die tradisionele vereistes vir selfbeskikking voldoen het, was nie moeilik om aan te toon nie. Nie alleen was die gebied maklik aan te dui nie, maar was daar kulturele homogeniteit.412 Argumente teen selfbeskikking het ingesluit dat die reg op selfbeskikking nie meer enige relevansie geniet het nie, aangesien ‘n groter Europese nasie sou ontstaan en is daar ook aangevoer dat dit nie in die belang van die supermoondhede sou wees nie.413 Hierdie argumente kan nie as rasioneel beskou word nie.414

Teen die 1980's het die denke oor selfbeskikking in Oos-Duitsland begin verander. Voor dit het Oos-Duitse Ostpolitik tot gevolg gehad dat daar nie na die wil van die mense van die twee state gekyk was nie, maar na die wil van die twee state. Verdrae wat vanaf 1970 tot 1973 tussen die twee state gesluit was, het hoofsaaklik te doen gehad met die

411 Vir ‘n lys hiervan sien Doehring “Das Selbstbestimmungsrecht der Völker als Grundsatz des Völkerrechts” Berichte der Deutchen Gesellschaft für Völkerrecht Heft 14 1974 op 7 en verder.

412 Decker Das Selbstbestimmungsrecht der Nationen Göttingen 1955 op 319-320. Sien ook Johnstone & Mandryk Operation World supra op 269 wat melding maak van die feit dat 91% van die inwoners van Duitsland se sowat 82 miljoen inwoners in die jaar 2000 Duitsers was. Daar is ook ongeveer 1,6 miljoen Turke.

413 Decker supra op 319-320.

414 Sien Salo supra op 323. 198 feit dat die twee state nie territoriale eise sou stel teen mekaar nie.415 Daar is nie veel aandag gegee aan vereniging (unifikasie) nie.

8.5.2 DIE HELSINKI DEKLARASIE

415 Sien Doehring supra op 39-46. 199

Die Helsinki Deklarasie van 1973416 het aan Wes-Duitsland die geleentheid gebied om sterk betoog te lewer vir die begrip eksterne selfbeskikking; dit wil sê dat ‘n staat (en gevolglik ook die twee Duitse state) in die geleentheid gestel sou word, om sonder inmenging van buite, te besluit wat hulle status sou wees.417

Dit is natuurlik so dat die inwoners van Oos-Duitsland nooit in die geleentheid gestel is om hulle uit te spreek oor die reg op selfbeskikking nie. Die Helsinki Deklarasie het nie dramatiese veranderinge in Europa teweeggebring nie. Eers in 1989, en as gevolg van roeringe binne die USSR en weens die opkoms van nasionalisme, massademonstrasies en ander faktore, het die ontevredenheid van mense na vore gekom.

In 1990 het die verkiesing in Oos-Duitsland aangetoon dat meer as 80% van die kiesers vir partye gestem het wat ten gunste van unifikasie was. Binne enkele maande het die vereniging van Duitsland werklikheid geword.

Beginsel VIII van die Helsinki Deklarasie het weens die nie-bindendheid daarvan, nie ‘n groot uitwerking op die twee state gehad nie. Selfs ‘n bindende dokument of verdrag sou waarskynlik nie dieselfde uitwerking gehad het nie as die onderliggende faktore, waarvan nasionalisme waarskynlik een van die bepalendste was.

8.5.3 GEVOLGTREKKING

Die verenigingshandeling kan egter teruggevoer word na die Berlyn Verklaring van 5 Junie 1945 ingevolge waarvan die Geallieerde Magte die “supreme authority with

416 Hierdie Deklarasie word ook in hierdie proefskrif in ‘n aparte hoofstuk behandel onder die titel “Uitbreiding van die Reg op Selfbeskikking”.

417 Sien Salo supra op 325. 200 respect to Germany” aanvaar het. Later is verdere verdrae gesluit waaronder die Konvensie ten opsigte van Verhoudinge van 5 Mei 1955 in artikel 7 daarvan gestel dat die gemeenskaplike doel van die partye tot die konvensie is om: to achieve a reunified Germany under a liberal democratic constitution, like that of the Federal Republic, to be integrated within the European community.418

418 Sien Frowein supra op 153. 201

Op 12 September 1990 is die Treaty on the Final Settlement with Respect to Germany te Moskou onderteken. Op 3 Oktober 1990 het Oos-Duitsland opgehou om te bestaan en het sy grondgebied deel van die Federale Republiek van Duitsland geword.419

Oos-Duitsland het derhalwe, in ooreenstemming met die bestaande regsontwikkeling ten opsigte van selfbeskikking, gekies vir “integration with an independent State”.420

8.6 ERITREA

8.6.1 INLEIDING

In April 1993 het Eritrea, jarelank 'n provinsie van Ethiopië, in 'n Verenigde Nasies- beheerde referendum ten gunste van onafhanklikheid in die vorm van sesessie van Ethiopië gestem. Meer as 99,80 persent van diegene wat gestem het, het ten gunste van sesessie gestem. Van die sowat 1 173 706 stemgeregtigdes het 1 156 280 ten gunste van onafhanklikheid gestem.421

419 In terme van die statuut van 22 Julie 1990 bekend as die 1990 Gesetzblatt der DDR.

420 Sien Resolusie 2625(XXV) van die Algemene Vergadering.

421 The Citizen 3 Mei 1993 op 13. Sien ook Time Newsmagazine 3 Mei 1993 op 47 en 10 Mei 1993 op 9. The Economist 24 April 1993 op 20 stel dat "Eritrea's claim to independence is unusually strong". 202

8.6.2 DEMOGRAFIE EN EKONOMIE

Eritrea het in 1980 'n totale bevolking van 2 426 200 gehad, teenoor Ethiopië se ongeveer 48 miljoen. In die jaar 2000 was Eritrea se bevolking ongeveer 3,8 miljoen.422 Die land beslaan 'n oppervlak van 117 600 vierkante kilometer,423 (en is gevolglik 'n bietjie kleiner as die provinsie Vrystaat in Suid-Afrika (127 993 vierkante kilometer)). Dit beslaan sowat 9% van die oorspronklike moederland, Ethiopië. Die twee hoof inheemse groepe is die Tigrinya (wat ongeveer 1,8 miljoen tel) en die Tigre (wat ongeveer 1,2 miljoen tel).424 Daar is nege inheemse groepe en is die Moslems en Christene se getalle byna gelykop. Die Tigrinya, wat die hooglande bewoon, is meerendeels Christene en het historiese bande met die Amhara, die grootste etniese groep in Ethiopië. Die hoofstad van Eritrea is Asmara met ‘n bevolking van ongeveer 460 000.425 Die land het toegang tot die Rooi See, verbou koffie, sout, sitrusvrugte, graan en katoen.426 Die per capita inkomste in Eritrea is ongeveer 150 dollar teenoor Ethiopië se 114 dollar.427 In 1988 was Ethiopië se bruto nasionale produk (BNP) 5,45 biljoen dollar. Statistieke dui ook daarop dat Ethiopië tans sowat 75,7% landbouers in die bevolking het en dat hulle groeikoers per jaar tans 1,3% is.428 Die helfte van die bevolking van Eritrea is volkome afhanklik van voedsel-voorsiening. Die enigste uitvoerprodukte is beesvelle en sout. Die gemiddelde reënval per jaar is maar 180 millimeter.

422 Johnstone & Mandryk supra op 240.

423 The New Encyclopedia Brittanica Vol 6 1983 op 1002.

424 Interessant is dat daar na die sesessie van Eritrea nou Tigrinyas in beide Ethiopië en Eritrea is.

425 Johnstone & Mandryk supra op 240.

426 The New Encyclopedia Brittanica supra op 1002. Sien ook Upshall (red) The Hutchinson Concice Encyclopedia 1989 op 320

427 Smith-Morris (red) The Economist Book of Vital World Statistics (1990) op 40. Suid-Afrika se syfer staan tans op 2 958 dollar. Wat lewenstandaard betref beklee Ethiopië in 1990 die 144e plek uit 146 gelyste state.

428 Vital World Statistics op 42. Dit het Ethiopië 101e uit 'n totaal van 138 gelyste state geplaas. 203

8.6.3 GESKIEDENIS

Eritrea was deel van die Ethiopiese koninkryk tot en met die 7e eeu. Daarna het dit steeds onder Ethiopiese invloed gestaan totdat die Turke Ethiopië in die 16e eeu oorgeneem het. Dit was 'n Italiaanse kolonie vanaf 1889 tot 1941. Die Verenigde Nasies het in 1949 ‘n Kommissie daargestel wat voorstelle moes indien ten opsigte van die gebied en wel deur middel van Resolusie 269(IV). Die wense van die inwoners van die gebied, vrede en sekuriteit in Oos-Afrika en Ethiopië se regte moes in ag geneem word. Volgens Cassese het hierdie besluit nie ingehou dat ‘n referendum onder die inwoners gehou moes word nie.429 Die Kommissie het gevolglik selfs die mening van die belangrikste politieke partye ingewin en vergaderings van die bevolking aangelê.430 Die Kommissie se bevinding was dat die meerderheid van die Eritrese gemeenskap assosiasie met Ethiopië voorgestaan het, alhoewel daar nie konsensus was nie.

Die Verenigde Nasies het in Resolusie 390-A(V) van 2 Desember 1950 besluit dat Eritrea ‘n outonome federale eenheid van Ethiopië moes wees onder die soewereiniteit van die Ethiopiese koning.431 Sedert 1941 en tot en met 1952 staan dit onder Britse administrasie en in 1952 word dit 'n outonome deel van Ethiopië. In 1962 word dit 'n streek (provinsie) van Ethiopië nadat die wetgewer van Ethiopië besluit het dat dit moes inkorporeer by Ethiopië.

Verskeie sesessionêre bewegings wat ontpop het, lei tot 'n burgeroorlog in die sewentigerjare, waarna guerilla-bewegings feitelike beheer oor die gebied bekom. In 1978 het Ethiopië, met behulp van die Sowjet Unie en Kuba, die grootste deel herower. Die teenstand en soeke na selfregering het egter tot in 1993 geduur en het Eritrea op 24

429 Cassese supra op 220.

430 Sien “UN Report of the United Nations Commission for Eritrea” 1950 UN Doc. A/1285 op 17 en verder (paras 106-131).

431 “UN Report” supra op 24 en verder. 204

Mei 1993, na ‘n lang stryd, onafhanklik word.432 Laasgenoemde datum is dan ook die tweede herdenking van die oorname van Asmara deur die Eritrea Volksbevrydingsfront (EPLF), na 'n onafhanklikheidsoorlog van 30 jaar. Eritrea het op daardie datum Afrika se 52e staat word. Die President, Issaias Afeworki het onafhanklikheid soos volg beskryf: Let us rejoice that our dreams and aspirations of attaining national sovereignty and dignity have been realized.433

8.6.4 DIE MOEDERLAND: ETHIOPIË

432 The Hutchinson Concise Encyclopedia op 320. Sien ook The Self-Determination of Minorities in International Politics op 177-195 waar Heraclides die internasionale posisie van Eritrea en die historiese stryd om onafhanklikheid in besonderhede bespreek.

433 Sien Iyob The Eritrean Struggle for Independence: Domination, Resistance, Nationalism 1941-1993 African Studies Series 82 Cambridge University Press 1997 op 1. 205

Ethiopië het 'n bevolking van 62 miljoen mense.434 Dit is in die unieke posisie dat dit die enigste Afrika-staat is wat nie werklik deur die Weste gekoloniseer was nie. Dit is ook die enigste staat wat nooit "oorwin" is nie, maar was slegs vir 'n kort tydperk deur Italië geokkupeer. Ethiopië, of Abessinië soos dit vroeër bekend was, het Italië in die beroemde slag van Adowa in 1896 verslaan. Dit het ook onder koning Menelik II in grootte verdubbel as gevolg van verowering van aangrensende gebiede. Vanaf 1930 tot 1974 is Eritrea deur koning Haile Selassie geregeer. Laasgenoemde se diktatorskap is in September 1974 beëindig en het die PMAC (die Tussentydse Militêre Administratiewe Raad), ook bekend as die Dergue, die bewind oorgeneem. Laasgenoemde se houding jeens seperatiste-bewegings (wat toegeneem het tot 5 in 1991) het egter verhard, en is minderheidsgroepe se aansprake en eise bloot van die hand gewys.435

8.6.5 ETIOLOGIE

Die agtergrond en aanloop tot die sesessie van Eritrea toon interessante momente. Die sesessionêre- (afskeidings-) oorlog wat deur die Eritreaanse seperatiste gevoer is, is die langste in die geskiedenis van Afrika. In 1950 het die Verenigde Nasie besluit op 'n federasie tussen Ethiopië en Eritrea, 'n besluit wat in 1952 van krag geword het. Interessant is dat die Sowjet Unie se voorstel was vir die onafhanklikheid van Eritrea op grond van "selfbeskikking". Die federale ooreenkoms het ingehou dat Eritrea sy eie grondwet sou hê, sy eie volksraad, en 'n uitvoerende liggaam om die gebied te administreer. Selassie het egter voortgegaan om Eritrea by Ethiopië in te lyf en het eergenoemde in 1962 die 14e provinsie van Ethiopië geword.436

434 Johnstone & Mandryk supra op 243.

435 The Self-Determination of Minorities in International Politics op 178.

436 Sherman Eritrea: The Unfinished Revolution 1980 op 40-43. 206

Eritrese nasionalisme is 'n produk en die gevolg van die onafhanklike bestaan van die streek sedert 1889. Kolonialisme het ook sy invloed gehad ten einde die strewe van die seperatiste te versterk. Die Moslems het die onafhanklikheidsbeweging in die 1950's begin waarna die Tigrinese in die laat sestigerjare gevolg het.437 Selfs nie die sterk bande wat die Christen-Tigrinese met die Amharas gehad het, kon hulle daarvan weerhou om ten gunste van onafhanklikheid stryd te voer nie. Daar is egter twee groepe in Eritrea wat teen onafhanklikheid gestry het naamlik die Afars en die Kunari, hoewel die referendum-uitslag toon in welke absolute minderheid die twee groepe was.

Die stappe wat Selassie geneem het om hierdie separatisme die hok te slaan, was om onder andere alle politieke partye, vakbonde, koerante en demonstrasies in Eritrea te verbied, Tigrinya en Arabies deur Amharies as amptelike taal te laat vervang, die grondwet van Eritrea te skrap en die verhoor van Eritrese voor Ethiopiese geregshowe te gelas.438

8.6.6 INTERNASIONALE AKTIWITEIT

Die aanvanklike Moslem-Christen verdeeldheid het aangaande plek gemaak vir die gemeenskaplike strewe na sesessie. Ook die etnies-linguïstiese verskille, verskille oor taktiek en ideologiese verskille het "geswig" voor die sesessionêre strewe. So het drie fronte bestaan, naamlik die ELF (Eritrean Liberation Front) die EPLF (Eritrean Peoples' Liberation Front) en die PLF (Popular Liberation Front).

Ook die kwessie van leierskap in samehang met bogenoemde het aanvanklik sesessie verydel. Geen leier het na vore getree om al hierdie organisasies te verenig nie. Dit is egter so dat die Eritrese seperatiste geargumenteer het dat Eritrea nie 'n saak wil

437 Campbell ”Rumbling along the Red Sea: The Eritrean Question” Foreign Affairs 1970 op 539-543.

438 The Self-Determination of Minorities in International Politics op 181 en sien ook Ethiopiawi “The Eritrean-Ethiopian Conflict” in Suhrke en Noble (reds) Ethnic Conflict in International Relations 1977 op 127-129. 207 uitmaak vir sesessie nie, maar eerder vir selfbeskikking van 'n voormalige kolonie. Dit is natuurlik gedoen ten einde die eis om onafhanklikheid in ooreenstemming te bring met algemeen-erkende beginsels van die Internasionale Reg.439

8.6.7 INTERNASIONALE BETROKKENHEID

439 Pool ”Eritrean Nationalism” in Lewis (red) Nationalism and Self-Determination in the Horn of Africa 1983 op 183-186. 208

Die Arabiese betrokkenheid by die Eritrese kwessie spruit duidelik uit eersgenoemde se materiële bystand. So het veral Egipte, Sirië, Suid-Yemen, Libië, Saoedi-Arabië, Koeweit en Irak 'n prominente rol gespeel in die Eritrese eis om onafhanklikheid. Daarbenewens het die USSR en Kuba ook aansienlike hulp verleen aan Eritrea. Die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PLO) en Soedan het self hulp verleen in die vorm van militêre opleiding aan soldate van die bevrydingsbewegings. Arabiese betrokkenheid het benewens alle ander redes die een hoofdoel voor oë gehad, naamlik om die Rooi See as 'n Arabiese meer te vestig.440

Vanaf 1998 tot 2000 is ‘n grensoorlog met Ethiopië gevoer wat die vredevolle wyse waarop die sesessie van Eritrea plaasgevind het, onder verdenking gebring het.

8.6.8 ETHIOPIË SE STANDPUNT

Ethiopië het te alle tye volgehou dat Eritrea ‘n integrale deel van Ethiopië was. Die volgende redes is aangestip: - Voor die verowering deur Italië was Eritrea reeds deel van Ethiopië; - Eritrea was ‘n kunsmatige skepping van Italiaanse kolonialisme; - Daar is nie so-iets soos ‘n Eritrese nasie nie, aangesien Eritrea uit nege verskillende etniese groepe bestaan; - Eritrea het sy reg op selfbeskikking uitgeoefen in 1952 toe die Eritrese

440 The Self-Determination of Minorities supra op 191. Sien ook Bell “Endemic Insurgency and International Order: The Eritrean Experience” Orbis Summer 1974 op 434 en 437. 209

Parlement eenparig besluit het vir unifikasie met “the motherland”.441

8.6.9 ERITREA SE STANDPUNT

Die argumente wat Eritrea ten gunste van hulle eis om sesessie gevoer het was onder meer: - die feit dat daar nie werklik ‘n eenheid bestaan het wat die gebiede van Ethiopië en Eritrea ingesluit het nie; in elk geval nie waarop Ethiopië enige eis kon plaas nie; - daar was geen referendum onder die mense gehou in 1952 om vas te stel wat die werklike wil van die mense van Eritrea was ten opsigte van die reg op selfbeskikking nie; - Eritrea is teen sy wil geannekseer deurdat Ethiopië eensydig die federatiewe stelsel opgehef het;

441 Sien Cassese supra op 221. 210

- Gemelde anneksasie het op ‘n growwe skending van die reg op selfbeskikking neergekom.442

Ander argumente het ingesluit: - die moorde deur Selassie en die Dergue-bewinde; - onderdrukking, dominasie, swart kolonialisme en militêre okkupasie deur beide regerings; - die legitimiteit wat deur alle Eritrese gegee is aan die eis om onafhanklikheid desondanks onderlinge verskille (die feit dat 99,8 persent ten gunste van sesessie gestem het); - die historiese eis om sesessie; - demokrasie en vooruitstrewendheid en merkwaardige sosio-ekonomiese en onderwys-prestasies wat deur Eritrea uit eie beweging behaal is; - die onuitblusbare wil en strewe na onafhanklikheid; en - die feit dat Eritrea aan al die kriteria voldoen om 'n lewensvatbare onafhanklike staat te wees.443

8.6.10 HET ERITREA AAN DIE VEREISTES VIR SESESSIE VOLDOEN?

442 Sien Cassese supra op 220-221.

443 The Self-Determination of Minorities in International Politics op 187. 211

Of Eritrea hom op die Internasionale Reg kan beroep vir neergelegde kriteria vir 'n eis op sesessie, is 'n ope vraag.444 Die feit dat ‘n referendum gehou is en die oorweldigende meerderheid wat verkry is in die referendum vir onafhanklikheid, het natuurlik sake vergemaklik. Daarbenewens was daar duidelike bewyse van ontkenning van die regte van die inwoners van die gebied (en gepaardgaande konflik) en is dit ‘n onderskeibare gebied wat afgeskei het. Ethiopië is natuurlik korrek dat dit nie ‘n homogene groep is wat afgeskei het nie en kan daar opnuut minderhede in Eritrea wees wat dieselfde behandeling gaan ontvang as wat Eritrea aan die hand van Ethiopië ontvang het.

8.6.11 'n AANDUIDER VIR AFRIKA MINDERHEDE?

Eritrea het die eerste suksesvolle afskeiding daargestel in Afrika sedert die mislukte afskeidings van onder meer Katanga en Biafra. Of Eritrea derhalwe 'n aanduiding is vir wat in die toekoms in Afrika gaan gebeur, sal die tyd leer. Dit sal waarskynlik meer van minderhede self afhang, as van die internasionale gemeenskap. Dit is egter so dat hoe langer die strewe om sesessie, hoe meer word die internasionale gemeenskap bewus van die eis om onafhanklikheid. Wat egter duidelik blyk uit die Eritrese voorbeeld, is dat die strewe tot selfbeskikking soveel meer internasionale aanvaarbaarheid en steun kry indien dit op die een of ander wyse geïnternasionaliseer word. Indien die internasionale gemeenskap kennis dra van 'n groep se selfbeskikkingstrewe, word dit ten minste deel van die internasionale "agenda". Die teendeel is waar vir daardie groepe wat hulle eis om selfbeskikking "intern" probeer besleg. Daar is baie minderhede in Afrika wat met verloop van tyd tot dieselfde punt sal wil kom, naamlik sesessie. Die groepe self sal egter die taak hê om hulle kwessie te internasionaliseer, 'n feit wat onafhanklikheid beslis bespoedig.445

444 Sien egter Premdas, Samarasinghe en Anderson (reds) Secessionist Movements in Comparative Perspective 1990 op 14-16 waar Premdas aandui dat daar volgens hom vyf komponente bestaan wat die essensie van sesessionêre bewegings saamvat, naamlik 'n georganiseerde stryd, territoriale selfregering, primêre- en sekondêre faktore (soos taal, geloof, ras, waardes, groepsidentiteit en groepsbewustheid), die leerstuk van selfbeskikking as 'n reg en die staat as 'n eenheid van internasionale organisasie.

445 Sien egter die Saturday Star 19 Junie 1993 op 8 waar moontlike probleme wat die nuwe staat vir die beleid wat die Organisasie vir Afrika Eenheid (OAE) tot en met die ontbinding van die OAE gehandhaaf het, uitspel. Die OAE het naamlik as grondbeginsel gehad die handhawing van koloniale grense en sal die aanvaarding van Eritrea as 'n lid tot die 212

organisasie dus deur sesessionêre bewegings in Afrika gesien kan word ”as a precedent for renewing their own claims to independence.” Die nuutverkose president, Issaias Afewerki het dan ook van sy intreerede as die 52e lid van die OAE gebruik gemaak om die organisasie aan te val vir wat hy hulle uiterste mislukking om aan hulle doelstellings getrou te bly, genoem het. Sien in hierdie verband The Citizen 29 Junie 1993 op 10. 213

8.7 GIBRALTAR

8.7.1 HISTORIES

Daar is gevalle waar dit duidelik geword dat die reg op selfbeskikking moeilik toegepas kan word. Gibraltar is een so ‘n voorbeeld. Die rots en die berge van Gibraltar beslaan ‘n oppervlak van 6,5 vierkante kilometer en in 2000 was daar 25 082 inwoners.446 Gibraltar is in 1704 deur die Britte geokkupeer gedurende die War of Spanish Succession.447 Daarna is die gebied deur Spanje aan Groot-Brittanje gesedeer in terme van Artikel X van die Verdrag van Utrecht van 1713, onderhewig daaraan dat Groot- Brittanje aan Spanje die eerste reg moet gee om aanspraak te maak op hierdie gebied, indien Groot-Brittanje sou besluit om hierdie gebied te verkoop of op enige ander wyse te vervreem. Die interpretasie van hierdie verdrag sou later groot omstredenheid tot gevolg hê aangesien Groot- Brittanje van mening was dat hulle volle soewereiniteit oor

446 Sien Johnstone en Mandryk supra op 278.

447 Sien Viejobueno “Self-Determination v Territorial Integrity: The Falkland/Malvinas Dispute with Reference to Recent Cases in the United Nations” South African Yearbook of International Law Vol 16 1990/1991 op 14-15. 214 die gebied verkry het, terwyl Spanje gestel het dat dit nie die geval was nie.448 Gibraltar was derhalwe vir ‘n baie lang tydperk onder Britse soewereiniteit.449

8.7.2 DIE VERENIGDE NASIES

448 Sien Viejobueno supra op 14.

449 Sien Cassese supra op 207-208. 215

In 1946 na die Tweede Wêreldoorlog en na die aanvaarding van die Handves van die Verenigde Nasies het die Verenigde Koninkryk versoek dat aan Gibraltar die status verleen word van ‘n “nie-selfregerende gebied” in terme van Artikel 73 van die Verenigde Nasies Handves en dat die Verenigde Koninkryk derhalwe ook die administraterende gesag sou word oor hierdie gebied. Nadat Spanje ‘n lid van die Verenigde Nasies geword het, het Spanje in 1957 ‘n “jurisdiksionele reservering” gedoen ten opsigte van die reg van die Verenigde Koninkryk om inligting te verskaf oor Gibraltar as ‘n “nie-selfregerende gebied”. Die Verenigde Nasies het vir die eerste keer in 1963 oorweging aan die saak gegee en sedertdien is ‘n aantal resolusies aangeneem waarin beide state versoek is om ‘n onderhandelde oplossing vir die probleem te verkry.450 In 1964 het die twee partye onderhandelings begin maar kon ‘n ooreenkoms nie bereik word nie. Op 10 September 1967 het Brittanje ‘n referendum gehou waarin die mense van Gibraltar versoek is om te kies tussen twee opsies, naamlik: - om onder Spaanse soewereiniteit te val; of - om hulle bande met Brittanje te behou.

’n Totaal van 12 762 mense was geregtig om te stem en het slegs 44 van die mense wat gestem het aangedui dat hulle onder Spaanse soewereiniteit wil staan. 12 138 het verkies om onder Britse soewereiniteit te staan terwyl daar 55 bedorwe stemme was.451

Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het deur middel van Resolusie 2353(XXII) op 19 Desember 1967 verklaar dat die hou van die referendum in stryd was met een van die vorige resolusies, naamlik Resolusie 2231(XXI) op 20 Desember 1966. Sedertdien het die situasie nie enigsins verbeter nie synde beide partye hulle aanvanklike standpunt oor die gebied bevestig het.

8.7.3 SPANJE SE STANDPUNT

Volgens Spanje geld die beginsel van selfbeskikking nie ten opsigte van die bevolking

450 Vir ‘n bespreking van die Verenigde Nasies Resolusies sien Fawcett “Gibraltar: The Legal Issues” International Affairs Vol 43 1967 op 236 en verder.

451 Sien Cassese supra op 208. 216

van Gibraltar nie. Spanje is dus van mening dat Britse jurisdiksie oor Gibraltar ‘n skending van Spaanse territoriale integriteit en soewereine regte daarstel. Spanje wil derhalwe hê dat Spaanse soewereiniteit oor die gebied herbevestig word. Die argumente wat Spanje aanvoer is soos volg: 1. Die relevante Verenigde Nasies resolusies en in besonder Resolusie 2231(XXI) beteken volgens Spanje nie noodwendig dat onafhanklikheid ten doel gestel moet word nie, maar slegs dat die belange van die mense van Gibraltar in aanmerking geneem moet word. 2. Gibraltar het ‘n “kunsmatige bevolking sonder enige gesaghebbende outoriteit” en die bevolking is nie “inheems” nie. Volgens Spanje bestaan die bevolking uit ondere andere Britse setlaars wat op die Britse militêre basis werk. Die oorspronklike bevolking van Gibraltar was uitgesit van die gebied toe die Britte die hawe geokkupeer het. Die Britte het ook verhoed dat Spanjaarde enige bewoningsreg op die eiland kon verkry. 3. Gibraltar is ‘n klein vreemde koloniale enklawe in Spaanse gebied. 4. Artikel 10 van die Verdrag van Utrecht verleen die reg van “pre-emption” ten gunste van Spanje en gevolglik, sou onafhanklikheid deur die Verenigde Koninkryk aan die mense van Gibraltar verleen word, het Spanje onmiddellik die reg om sy soewereiniteit oor Gibraltar te vestig.452

8.7.4 BRITTANJE SE STANDPUNT

Brittanje hou vol dat sy regstitel oor Gibraltar steeds geldig is, synde dit voortspruit uit ‘n verdrag van sessie. Gemelde verdrag is volgens Brittanje nooit in twyfel getrek nie. Daarby stel Brittanje dat aangesien Gibraltar die status het van ‘n nie-selfregerende gebied, die belange van die inwoners voorop gestel moet word en dat Brittanje gebind word deur Artikel 73 van die Verenigde Nasies Handves. Verder argumenteer Brittanje dat die mense van Gibraltar die reg het om vrylik hulle internasionale status te bepaal.453

452 Sien in hierdie verband Cassese supra op 208-209.

453 Cassese supra op 209-210. 217

8.7.5 STANDPUNT VAN DIE VERENIGDE NASIES

In 1965 het die Verenigde Nasies Resolusie 2070(XX) aanvaar ingevolge waarvan die twee state sonder enige versuim onderhandelinge moes begin ten einde in ooreenstemming met die Deklarasie ten opsigte van die Onafhanklikheid van Koloniale Mense uitvoering te gee en ook die belange van die mense van die gebied in aanmerking te neem.454 In 1966 het die Algemene Vergadering Resolusie 2231(XXI) aanvaar waarin daar nogeens verklaar is dat Gibraltar binne die kategorie van gebiede ten opsigte waarvan voormelde deklarasie van toepassing is, val.455 Brittanje is ook versoek om toe te sien tot die dekolonisasie van Gibraltar. In 1967 is Resolusie 2353(XXII) aanvaar, waarin die Algemene Vergadering stel dat enige koloniale situasie wat gedeeltelik of volledig die nasionale eenheid en territoriale integriteit van ‘n land vernietig, onbestaanbaar is met die doelstellings en beginsels van die Handves van die Verenigde Nasies en spesifiek met paragraaf 6 van die Verenigde Nasies Resolusie 1514(XV).456 Dit wil voorkom of hierdie resolusie aanvaar was om Britse koloniale gesag ten opsigte van Gibraltar as teenstrydig met die beginsels van die Handves van die Verenigde Nasies te verklaar en spesifiek met die beginsels soos uiteengesit in die 1960 Deklarasie wat handel oor kolonialisme.

Daar kan geargumenteer word dat die referendum wat deur die Verenigde Koninkryk gehou is beperkte opsies aan die inwoners van Gibraltar gestel het.

Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het deur middel van Resolusie 2429(XXIII) in 1968 sy misnoeë uitgespreek dat Resolusie 2353(XXII) nie nagekom is nie, en dat die koloniale situasie in Gibraltar voortgesit is. Die Verenigde Koninkryk is gevolglik aangesê om die koloniale situasie voor 1 Oktober 1969 te beëindig deur middel van onderhandelinge met Spanje. Aangesien geen ooreenkoms bereik is tussen

454 UN Yearbook 1965 op 581-583 soos na verwys in Cassese supra op 210.

455 UN Yearbook 1966 op 584-588 soos na verwys in Cassese supra op 210.

456 Hierdie resolusie is aanvaar op 19 Desember 1967. 218

die twee lande nie, het die Algemene Vergadering daarna bloot herhalend daarop aangedring dat ‘n finale oplossing vir die vraag gekry word, welke tot op hede nog nie bereik is nie.

8.7.6 GEVOLGTREKKING Dit dien vermeld te word dat Gibraltar nie op die normale wyse gekoloniseer is nie, maar dat dit deur middel van ‘n verdrag tussen Groot-Brittanje en Spanje aan Groot- Brittanje oorgedra is. Dit maak die situasie gevolglik verskillend van die normale situasies waar kolonisasie plaasgevind het. ‘n Vraag wat ontstaan is of die beginsels betreffende selfbeskikking so gebrekkig is dat dit nie antwoorde kan verskaf vir hierdie situasie nie. Aangesien Gibraltar ‘n nie-selfregerende gebied is soos bedoel in Artikel 73 van die Verenigde Nasies Handves, is Groot-Brittanje verplig om toe te sien dat ‘n besluit oor die internasionale en interne status van die gebied geneem word in ooreenstemming met die vrye en ware wense van die bevolking van Gibraltar.

Aangesien die reg op selfbeskikking uit en uit te doen het met die wense en vrye keuse van die mense wat betrokke is, moet dit deurgaans die deurslaggewende toets wees. Dit behoort enige struikelblok wat in die pad daarvan staan, te bowe te kom. Dit behoort egter nie gepaard te gaan met ‘n beperkte keuse, soos wat die geval was in die referendum wat deur die die Verenigde Koningkryk gehou is, nie. Die mense wat ‘n keuse moet uitoefen moet verskeie realistiese en werkbare alternatiewe hê waartussen gekies kan word.

8.8 JOEGOESLAWIË

8.8.1 INLEIDING

Joegoeslawië het, tot en met die verbrokkeling daarvan in 1991 begin het, een van die mees heterogene bevolkings in die wêreld gehad. Nie alleen was daar etniese verskille tussen die verskillende volkere wat deel uitgemaak het van Joegoeslawië nie, maar was daar ook taal- en godsdiensverskille. So is daar byvoorbeeld die Ortodokse Christelike Serwiërs, die Bosniese Moslems en die Rooms Katolieke Kroate. So is ses verskillende 219

volke (“nations”) amptelik erken, naamlik Serwiërs, Kroate, Moslems, Sloewene, Macedoniërs en Montenegriërs. Die opmerking is al gemaak dat die Balkan meer geskiedenis gemaak het as wat dit kan hanteer.457 Nie alleen was die moord op Frans Ferdinand die vonk in die kruitvat vir die Eerste Wêreldoorlog nie, maar was Joegoeslawië self in verskeie oorloë betrokke. Die ontstrengeling van Joegoeslawië het meer as 100 000 mense se lewens gekos en sowat drie miljoen mense sonder heenkome gelaat.

8.8.2 HISTORIES

In 1991 het die proses van disintegrasie van Joegoeslawië in alle erns begin. Joegoeslawië het in 1918 ontstaan uit wat vroeër bekend was as die Oostenryk- Hongaarse Ryk na die Eerste Wêreldoorlog. In 1921 het dit ‘n konstitusionele monargie geword en was dit as ‘n federasie bekend en wel as die Federale Volksrepubliek van Joegoeslawië vanaf Januarie 1946, en vanaf 1963 as die Sosialistiese Federale Republiek van Joegoeslawië. Dit het bestaan uit ses republieke naamlik Bosnië- Herzegovinië, Kroasië, Macedonië, Montenegro, Slowenië en Serwië en twee outonome provinsies naamlik Vojvodina en Kosowo.458 Dit het ‘n bevolking van 23 miljoen gehad. Maarskalk Josef Tito het die land regeer sedert 1946, dit wil sê pas na die Tweede Wêreldoorlog. Sedert Tito se dood in 1980 het opkomende nasionalisme en separatisme tot gevolg gehad dat die federale outoriteit geleidelik sy mag verloor het. Critchley is van mening dat Joegoeslawië as ‘n federasie slegs geslaag het vanweë die feit dat Tito die land op absoluut diktatoriale wyse regeer het.459 As federasie was dit

457 “A Survey of the Balkans” The Economist 24 Januarie 1998 op 3.

458 Sien Poulton The Balkans: Minorities and States in Conflict Londen 1991 op 5-6. Sien ook Bagwell “Yugoslavian Constitutional Questions: Self-Determination and Secession of Member Republics” Georgia Journal of International and Comparative Law Vol 21 No 3 1991 op 489-524. Bagwell (op 510-514) is van mening dat die grondwet van Joegoeslawië die reg op sesessie daargestel het alhoewel dit deur middel van ‘n demokratiese proses moes plaasvind en nie deur eensydige optrede nie. Rich “Recognition of States: The Collapse of Yugoslavia and the Soviet Union” European Journal of International Law Vol 4 1993 op 36-65 op is van mening dat daar ‘n onderskeid tussen die republieke en die volke van Joegoeslawië getref moet word en dat die Albaniërs van Kosowo gevolglik nie die reg op sesessie gehad het nie.

459 Critchley “The failure of Federalism In Yugoslavia” International Journal Vol XLVIII 1992/1993 op 434 en verder. 220

volgens hom ‘n mislukking vanweë die heterogene samestelling en moes die disintegrasie een of ander tyd plaasvind.460 Konflik was toenemend aan die orde van die dag, en was dit veral Slowenië, Kroasië, Bosnië-Herzegovinië en Macedonië wat wou afskei van die staat. Dit is interessant dat die Grondwet van Joegoeslawië geen hindernis daargestel het vir state om af te skei nie. Dit het dan ook soos volg verklaar:

460 Critchley supra op 435. 221

The nations of Yugoslavia, proceeding from the right of every nation to self- determination, including the right to secession, on the basis of their will freely expressed ... united in a federal republic of free and equal nations and nationalities ....461

Die dominante Serwiërs wat meer as 8 miljoen van die bevolking van ongeveer 24 miljoen daargestel het, het egter die afskeidingstrewes van die Kroate, Slowene, Moslems, Albaniërs en Macedoniërs teengestaan en het ‘n volskaalse burgeroorlog uitgebreek.462

Daar kan ook geargumenteer word dat bogemelde bewoording in die Grondwet van

461 Sien Dugard “Secession: Is the Case of Yugoslavia a Precedent for Africa?” African Journal of International and Comparative Law Vol 5 1993 op 167. Sien ook Weller “The International Response to the Dissolution of the Socialist Federal Republic of Yugoslavia” American Journal of International Law Vol 86 1992 op 569-607. Cassese supra op 269 is egter van mening dat die republieke geen reg tot eksterne selfbeskikking gehad het nie en ook nie die reg tot sesessie nie. Hy baseer sy stelling onder meer op die woorde in artikel 5(4) van die Grondwet wat gestel het dat: “The frontiers of the Socialist Federal Republic of Yugoslavia may not be altered without the consent of all Republics and Autonomous Provinces”.

462 Die bevolkings van die onderskeie state is volgens Johnstone en Mandryk supra (op onderskeidelik 212, 571, 414, 115 en 682) in 2000 soos volg: Kroasië: 4,4 miljoen; Slowenië: 1,9 miljoen; Macedonië: 2 miljoen; Bosnië-Herzegovinië: 3,9 miljoen en Joegoeslawië (bestaande uit die twee republieke van Serwië en Montenegro en die twee outonome gebiede Vojvodina en Kosowo): 10,6 miljoen. 222

Joegoeslawië juis die reg van sesessie uitgesluit het synde, toe Joegoeslawië verenig is onder Tito, die reg op selfbeskikking uitgeoefen is deurdat die state besluit het om ‘n eenheid te vorm. Dit is dan ook die argument wat deur Cassese463 gebruik word. Hy stel dat daar geen voorsiening gemaak is in die Grondwet vir enige reg om af te skei nie. Daarmee saam argumenteer hy dat Artikel 5(4) van gemelde Grondwet stel dat die grense van die Sosialistiese Federale Republiek van Joegoeslawië nie verander mag word sonder die toestemming van al die Republieke en outonome provinsies nie.464

Alhoewel ‘n konsepwet daargestel is wat voorsiening gemaak het vir die reg op selfbeskikking in 1992, was hierdie Wet nooit deurgevoer nie, aangesien die gebeure in Joegoeslawië die stand van sake in hierdie voormalige republieke verander het.

8.8.3 SESESSIE VIND PLAAS

463 Cassese supra op 269.

464 Cassese supra op 269. 223

Die verkryging van onafhanklikheid deur Slowenië, Kroasië, Bosnië-Herzegovinië en Macedonië kan gesien word as ‘n rewolusionêre proses wat buite die perke van enige regsreël plaasgevind het. Nogtans het die republieke in Joegoeslawië dit steeds goedgedink om referendums te hou ten opsigte van die verklarings van onafhanklikheid deur elkeen.465

Die internasionale gemeenskap het basies een van twee keuses gehad ten opsigte van

465 Die inwoners van Slowenië het in ‘n referendum in Desember 1990 gestem waartydens meer as 88% ten gunste van onafhankilkheid gestem het. Slowenië het onafhanklikheid verklaar op 25 Junie 1991. Kroasië het ‘n referendum gehou op 19 Mei 1991 en het 93,2% van die bevolking gestem dat Kroasië ‘n soewereine en onafhanklike staat moet wees wat die kulturele outonomie en burgerlike regte van alle Serwiërs en lede van ander nasionaliteite in Kroasië in ag moet neem. In Macedonië is ‘n referendum gehou op 8 September 1991 en het 95% gestem vir ‘n soewereine en onafhanklike Macedonië. In Bosnië-Herzegovinië is die soewereiniteit van hierdie republiek afgekondig op 15 Oktober 1991. Op 29 Februarie en 1 Maart 1992 is ‘n referendum gehou en het 63% van die bevolking deelgeneem aan die referendum waarvan 99% hulle ten gunste van onafhanklikheid uitgespreek het. Die Serwiese minderheid, wat ongeveer 32% van die bevolking daarstel het skerp teenkanting teen hierdie onafhanklikheid gebied en feitlik deur die bank die referendum geboikot. 224

die toestand in Joegoeslawië. Een was om die aangeleentheid as ‘n interne aangeleentheid te beskou, dit wil sê as ‘n burgeroorlog en om Joegoeslawië aan te moedig om die saak intern op te los. Dit kon tweedens die federale eenhede van Joegoeslawië as onafhanklike state erken en hulle beskerm teen Serwiese aggressie op die basis dat Serwiese aggressie ‘n oortreding daarstel van Artikel 2(4) van die Handves van die Verenigde Nasies.

Aanvanklik het state besluit om die eerste opsie te volg en klem te lê op die beginsel van territoriale integriteit ten koste van die reg op selfbeskikking. Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het ook hierdie opsie gekies. Dit het gou geblyk dat ‘n dubbelslagtige standpunt ingeneem is, aangesien die reg van Joegoeslawië om sy territoriale integriteit te beskerm, nie erken was deur die internasionale gemeenskap nie. So kon Joegoeslawië nie sy territoriale integriteit beskerm deur van geweld gebruik te maak nie, wat in skerpe teenstelling is met byvoorbeeld die OAE se houding teenoor Biafra waar die beginsel van territoriale integriteit deurgaans groot voorrang geniet het.466

Toe Duitsland en Oostenryk besluit het om Slowenië en Kroasië as onafhanklike state te erken, was die beginsel van territoriale integriteit behoorlik in die spervuur geplaas. Binne enkele maande het die Europese gemeenskap besluit om die disintegrasie van Joegoeslawië as ‘n feit te beskou en sekere voorwaardes te stel vir die erkenning van hierdie republieke. So is sesessie beperk tot die ses republieke wat Joegoeslawië daargestel het (dit wil sê slegs Serwië, Kroasië, Macedonië, Montenegro, Bosnië- Herzegovinië en Slowenië en met uitsluiting van twee outonome provinsies Kosowo en Vojvodina) en ook slegs binne die bestaande grense van hierdie republieke.467 Voldoende waarborge vir die beskerming van etniese minderhede moes verskaf word. Dit kan beskou word as ‘n erkenning van die beginsel van uti possidetis, maar gegrond op die interne grense van die federale eenhede van die voormalige staat van

466 Sien Dugard supra op 168.

467 UN Doc S/23169 1991. 225

Joegoeslawië en nie ten opsigte van die eksterne grense van Joegoeslawië nie,468 dog moet gekonstateer word dat dit ‘n afwyking daarstel van die inhoud wat tradisioneel aan hierdie begrip gegee is. ‘n Nuwe kriteria vir staatskap is ook gestel, naamlik dat daar respek vir menseregte moes wees, en het dit ‘n ekstra kriteria daargestel wat nie in die Montevideo Konvensie uitgespel is nie. Verder is gestel dat ‘n referendum gehou moes word, welke soos reeds aangetoon wel deur die onderskeie republieke (wat gesessioneer het) gehou is.

468 Sien Dugard supra op 168. 226

Dit is interessant dat Macedonië al die voorwaardes wat gestel word deur die Europese gemeenskap, nagekom het, maar nie erkenning verkry het nie vanweë die feit dat Griekeland geweier het dat daar ‘n staat tot stand kom met die naam Macedonië.469 In Bosnië-Herzegovinië is die onafhanklikheid erken ten spyte van die Serwiese minderheid se skerpe teenkanting teen hierdie onafhanklikheid.470 Erkenning is deur die internasionale gemeenskap gegee aan hierdie uitslag. Die Serwiërs het egter hulle eie referendum onder die Serwiese deel van die bevolking gehou en wel op 10 November 1991 waartydens die keuse vir ‘n “common Yugoslav State” was. Op 21 Desember 1991 het die “Assembly of the Serbian People of Bosnia-Herzegovina” ‘n resolusie aanvaar vir die daarstel van die “Serbian Republic of Bosnia-Herzegovina” en is onafhanklikheid van hierdie “republiek” op 9 Januarie 1992 verklaar.471

8.8.4 GEVOLGTREKKING

Daar kan geargumenteer word dat die referendum in Bosnië-Herzegovinië nie die wense van al die mense bepaal het nie en dat daar nie aan die vereistes van effektiewe

469 Sien Dugard supra op 169 en veral Weller supra op 594 waar verwys word na die feit dat ‘n referendum gehou is op 9 September 1991 waarin 74% van die kiesers hulle ten gunste van onafhanklikheid uitgespreek het. Die Europese Unie het Macedonië wel erken op 16 Desember 1993 en die Verenigde Nasies het die staat erken onder die titel “The Former Yugoslav Republic of Macedonia”.

470 Rich “Recognition of States” supra op 49 stel dat die Verenigde Nasies die toelating van Bosnië-Herzegovinië eenparig aanvaar het terwyl op datum van toelating die staat kwalik as ‘n staat en nog minder as onafhanklik beskou kon word.

471 Cassese supra op 272. 227 regering, soos gestel in die Montevideo Konvensie, voldoen is nie.472

472 Sien Dugard supra op 169. 228

Dit is duidelik dat die internasionale gemeenskap nie antwoorde gehad het vir die konflik wat geheers het in Joegoeslawië nie en bloot ex post facto erkenning aan sekere state gegee het terwyl een weer nie erken is nie, ten spyte daarvan dat hierdie staat aan die vereistes van staatskap voldoen het. Daarbenewens is Bosnië-Herzegovinië erken op ‘n stadium toe daar nie sprake was van effektiewe regering nie en die uitslag van die referendum boonop nie beskou kon word as dat dit aan die wense van al die inwoners voldoen het nie.473 Die Arbitrasiekomitee wat aangestel is deur die Europese Gemeenskap het bevind dat die voorwaardes wat gestel is vir die erkenning van die Republieke deur Slowenië, Kroasië en Macedonië nagekom is, maar dat dit nie die geval was in Bosnië-Herzegovinië nie.474

8.9 KOSOWO

8.9.1 INLEIDING

Wat gebeur het in Kosowo gedurende 1999 en daarna, verg ‘n afsonderlike bespreking van dit wat reeds hierbo oor Joegoeslawië gesê is. Nie alleen is daar drasties afgewyk van die normale beginsels van die Internasionale Reg en veral dié wat betref territoriale integriteit nie, maar is die beginsels van humanitêre inmenging so verruim dat daar enersyds geredeneer kan word dat dit ‘n geval sui generis was, alternatiewelik dat nuwe reg geskep is. Heel tereg noem Grant dit ‘n “crisis of self-determination”.475

473 Lord Carrington het volgens Time Newsmagazine van 14 September 1992 gestel

474 Vir ‘n volledige bespreking van die disintegrasie van Joegoeslawië sien Weller supra op 569-607.

475 Grant “Extending Decolonization: How the United Nations might have addressed Kosovo” Georgia Journal of International and Comparative Law Vol 28 No 1 1999 op 9 en veral op 229

8.9.2 VERLOOP VAN GEBEURE

10. 230

Op 24 Maart 1999 is geweld gebruik teen Joegoeslawië om die magte van Joegoeslawië in bedwang te bring in Kosowo. Kosowo is (of was) sedert 1974 een van die semi-outonome provinsies van die Republiek van Serwië, laasgemelde wat weer een van die republieke van die Sosialistiese Federale Republiek van Joegoeslawië was. In Kosowo is die Albanese in die meerderheid (90%). Die Albanese was dan ook in administratiewe beheer van die provinsie sedert 1974. In 1989 het die Serwiërs die selfregering van die Albaniërs beëindig en was die provinsie direk uit Belgrade regeer. Teen die middel van 1992 was Slowenië, Kroasië, Bosnië-Herzogovinië en Macedonië reeds de facto onafhanklik en het die Federale Republiek van Joegoeslawië vir alle praktiese doeleindes gedisintegreer.476 Joegoeslawië het inderdaad net uit die restant bestaan: Serwië en Montenegro. Kosowo het wel steeds ‘n provinsie van Serwië uitgemaak, soos ook met Vojvodina die geval was. Dat Kosowo steeds deur Serwië (oftewel Joegoeslawië) regeer was, is aanvanklik, al is dit deur stilswye van die internasionale gemeenskap, erken.

Kosowo het ‘n referendum gehou in 1992 waartydens besluit is om van Serwië af te skei. Dit is deur Joegoeslawië verwerp. In 1997 het die Kosovo Liberation Army Serwiese magte aangeval en was dit in so ‘n mate suksesvol dat beheer oor sekere dele verkry is. Dit het Serwiese optrede laat verskerp. Die Permanent Council of the Organization for Security and Cooperation in Europe (OSCE) het op 11 Maart 1998 besluit dat die oplossing deur middel van dialoog verkry moes word en het die partye versoek om die OSCE toe te laat om ‘n feitesending na die gebied te stuur. Daarvan het die Verenigde Nasies kennis geneem. Onderhandeling in Kosowo tussen Albanese en Serwiërs het niks opgelewer nie. Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het ‘n skietstaking geëis. Samesprekinge tussen die partye is hervat te Rambouillet, Frankryk gedurende Februarie 1999. Joegoeslawië wou nie die voorstel aanvaar dat ‘n

476 Sien Weller “The International Response to the Dissolution of the Socialist Federal Republic of Yugoslavia” American Journal of International Law Vol 86 1992 op 569. 231 vredesmag van NATO na die gebied gestuur word nie. Die Albanese van Kosowo het die akkoord geteken terwyl die afvaardiging van Joegoeslawië geweier het.477

477 Grant “Extending Decolonization” supra op 14. 232

In Oktober 1998 reeds het die ledestate van NATO (in die Noord Atlantiese Raad) dit goedgekeur dat militêre optrede teen Joegoeslawië geneem kon word. NATO se bombardering het op 24 Maart 1999 begin. Geen goedkeuring deur middel van enige besluit deur die Verenigde Nasies is verleen nie. Die rede daarvoor is voor-die-hand- liggend: Daar is gevrees dat ‘n besluit te dien effekte deur onder andere Rusland en China geveto sou word; dit te midde van die feit dat daar waarskynlik besef was dat die optrede ‘n drastiese afwyking van die normale internasionaal-aanvaarbare praktyk daarstel.478 Sommige het geargumenteer dat die optrede onwettig was en andere het weer daarop gewys dat NATO se optrede ‘n verbreking van artikel 2(4) van die Handves van die Verenigde Nasies is, wat die gebruik van mag verbied.479 Die Sekretaris- Generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan het nie sover gegaan om “Operation Allied Force” onwettig te noem nie, maar wel gestel dat die Veiligheidsraad betrokke moes wees in die besluit om militêre mag te gebruik.480

Dié wat ten gunste van die (militêre) optrede het dit hoofsaaklik regverdig op grond van

478 Verskeie berigte hieroor het dwarsoor die wêreld in verskeie publikasies verskyn. Lobel en Ratner was van die juriste wat die wettigheid van die optrede bevraagteken het, sien Lobel en Ratner “Bypassing the Security Council: Ambitious Authorizations to Use Force, Cease Fires and the Iraqi Inspection Regime” American Journal of International Law Vol 93 1999 op 124.

479 Sien die mediaberigte deur Grant “Extending Decolonization” supra aangehaal op 17 en 18.

480 Kozakos “Countries Raise Chorus of Dissent: Crisis in Kosovo” USA Today 25 Maart 1999. 233 humanitêre inmenging.481

8.9.3 EVALUERING

481 Sien die mediaberigte deur Grant “Extending Decolonization” supra aangehaal op 20. 234

Die probleem van konflikterende belange en regte is sterk na vore gebring deur hierdie optrede van NATO. Deurdat die reg op humanitêre inmenging uitgebrei is, is die reg van state op hulle territoriale integriteit gekwalifiseer. Grant is van mening dat daar eerder ‘n uitbreiding van die dekolonisasieproses moes plaasvind.482 Dit kon volgens hom tot gevolg gehad het dat die Verenigde Nasies self by die proses betrokke geraak het en die proses binne die institusionele raamwerk van die Verenigde Nasies kon plaasvind. Dit kon volgens hom ook verhoed het dat daar nou wêreldwye ontnugtering oor die skending van territoriale integriteit ontstaan het omdat die proses van dekolonisasie juis ten koste van state se territoriale integriteit plaasgevind het.483 Hy verwys met instemming na Buchheit se argument wat stel dat: One searches in vain ... for any principled justification of why a colonial people wishing to cast of domination of its governors has every moral and legal right to do so, but a manifestly distinguishable minority which happens to find itself, pursuant to a paragraph in some medieval territorial settlement or through a fiat of the cartographers, annexed to an independent State must forever remain without the scope of self-determination.484

Die argument is dus dat die Internasionale Reg ‘n onderskeid tref tussen ‘n (“moeder”-) staat en sy kolonie wat ver van hom af is (en geregtig is op selfbeskikking deur onafhanklik te wees), en ‘n (“moeder-”)staat en ‘n “aangrensende gebied” tot die (“moeder-”)staat (waar sodanige “aangrensende gebied”) nie geregtig is op volkome selfbeskikking in die vorm van ‘n onafhanklike staat nie.

Waarop die NATO optrede neergekom het was: 1. ‘n gewapende inmenging; 2. deur ‘n streeks-defensiewe organisasie; 3. sonder toestemming van die Veiligheidsraad; 4. teen ‘n staat (alhoewel daardie staat vroëer (of steeds besig was) om te disintegreer);

482 Grant “Extending Decolonization” supra op 33 en verder.

483 Grant supra op 33 en verder waar hy ook stel dat dit ook die sogenaamde “saltwater rule” sou moes verwyder.

484 Buchheit Secession supra op 17. 235

5. ten einde ‘n “menseslagting” te verhoed; en 6. teen ‘n administratiewe sub-eenheid (provinsie) van sodanige staat.

Die vraag kan tereg gevra word of ander streeksliggame (en state self) ook die diskresie aan die dag sal kan lê om te besluit wanneer inmenging geregverdig is, en wanneer nie.485 Dat hierdie voorval ‘n presedent geskep het, kan nie betwyfel word nie. Daar is nie gesteun op die tradisionele gronde vir inmenging nie (naamlik die aanval van een staat op ‘n ander staat), maar op ‘n “nuwe” grondslag, naamlik om ‘n staat se burgers teen sy eie regering te beskerm. Soos Grant dit stel is hierdie verandering in die Internasionale Reg monumentaal. Dit:

485 Grant “Extending Decolonization” supra op 43. So het die VSA opgetree in Haïti slegs omdat die regring van Haïti nie die uitslag van ‘n verkiesing wou aanvaar nie en is “no-fly zones” in Irak daargestel om minderhede in Irak teen hulle eie regering te beskerm. 236

erodes the state as an independent unit in international affairs.486

So kan state nou uitvind dat die wyse waarop hulle hulle provinsies of streke behandel, nie meer hulle “eie saak” is nie en dat hierdie provinsies of streke groter internasionale status geniet as wat voorheen gedink was. In Joegoeslawië staan ‘n provinsie nou op die punt om de facto ‘n onafhanklike staat (al is dit dan net in die vorm van ‘n protektoraat) te word. So is Bosnië ‘n goeie voorbeeld van ‘n staat wat kennelik nie deur die inwoners self daargestel is nie, maar het dit ‘n grondwet wat elders geskep is in ‘n taal wat vreemd is aan die inwoners en welke grondwet deur buitelandse waarnemers in plek gehou word. Buitelandse troepe tree met dieselfde gesag as interne polisiemagte op, buitelandse regskenners neem kritieke besluite oor die voortbestaan en toekoms van Bosnië en die regering is afhanklik van buitelandse finansiële hulp om sy begroting te laat klop.

Ten opsigte van Kosowo bestaan daar ‘n Onafhanklike Internasionale Kommissie met regter Richard Goldstone en sekretaris-generaal Carl Tham as voorsitters. In ‘n verslag gedateer September 2001487 word die gebeure weergegee. Die verslag draai nie doekies om nie as dit stel dat: It would be a tragic sequel to the NATO War of 1999, if Kosovo is once more forgotten, or worse, if Belgrade is granted a free hand to obstruct the realization of the right of self- determination for the people of Kosovo.488

486 Grant “Extending Decolonization” supra op 46.

487 Bekend as “The Follow-Up: Why Conditional Independence?” en beskikbaar op die Internet as .

488 “The Follow-Up” supra op bladsy 2 daarvan. Sien ook bladsy 19 van die verslag wat dit duidelik maak dat internasionale optrede buite die Verenigde Nasies beskou word as “appropriate” onder sekere omstandighede. 237

Die Eerste Verslag van hierdie Kommissie was in Oktober 2000 gepubliseer. In daardie verslag was daar twee hoof-gevolgtrekkings. Een daarvan was dat die NATO optrede in Kosowo onwettig maar geregverdig was (“illegal but legitimate”). Dit was volgens die opstellers van die verslag onwettig omdat NATO nie eers die goedkeuring van die Veiligheidsraad gekry het nie, maar geregverdig omdat dit die menseregteskendings daardeur tot ‘n einde gebring is. Die ander gevolgtrekking was dat Kosowo “conditional independence” moes verkry, dit wil sê ‘n selfregerende Kosowo buite die Federale Republiek van Joegoeslawië maar binne ‘n spesifieke internasionale raamwerk waar die internasionale gemeenskap steeds verantwoordelikheid sou aanvaar vir die sekuriteit op die grense daarvan asook dat minderhede beskerm word.489

Dit is interessant dat die verslag melding maak daarvan dat die misdaad- en geweldsvlakke steeds hoog is in Kosowo ten spyte van ‘n internasionale vredesmag en dat etniese geweld slegs in toom gehou word omdat feitlik al die Serwërs in enklawes bly en hulle reg op vrye beweging ingeperk is. Daarbenewens is werkloosheid steeds hoog (sowat 50%), en is onwettige ekonomiese aktiwiteit aan die orde van die dag.490 Deur middel van Resolusie 1244 van die Verenigde Nasies moet die Interim Administrasie Missie in Kosowo van die Verenigde Nasies toesien dat Kosowo voorberei word vir substantiewe outonomiteit en selfregering binne Joegoeslawië. Die Verenigde Nasies het dus eers stilswyend (deur niks te doen) en later openlik (deur hierdie Kommissie) te kenne gegee dat hy voornemens is om die huishoudelike sake van state te reël.

8.9.4 OPSOMMING

Vandag bevind sowat 400 000 Albaniërs hulle steeds in Serwië, maar maak hulle sowat 90% (twee miljoen) van die bevolking van Kosowo uit en is daar ongeveer 700 000 in Macedonië en 40 000 in Montenegro. In Albanië is 95% van die bevolking van 3,5

489 “The Follow-Up” supra op bladsy 2 daarvan.

490 “The Follow-Up” supra op bladsy 8 daarvan. 238

miljoen Albaniërs. In totaal is daar dus 4,6 miljoen Albaniërs wat verspreid woon in al hierdie state.

Die Kommissie het verskeie opsies oorweeg waaronder die partisionering van Kosowo. Weens verskeie redes waaronder historiese aansprake van die Albaniërs, is hierdie opsie verwerp. Die Kommissie het gekies vir “Conditional Independence”. Die Kommissie se siening verskil dus van dié van die Verenigde Nasies deurdat dit ‘n staat voorsien buite die huidige Joegoeslawië.491 Dit moet stelselmatig geskied en moet daar aan verskeie voorwaardes voldoen word.

Die Kommissie draai nie doekies om as dit stel dat die klassieke negentiende eeuse konsep van soewereiniteit nie meer sal deug vandag nie omdat soewereiniteit, aldus die Kommisisie, gedeel word en afhanklik is van ooreenkomste met verskeie internasionale rolspelers.492

In sy beoordeling van die situasie van veral Kosowo stel Szasz dit soos volg: ... [W]hen Terrorism becomes so strong that it can no longer be suppressed without an acceptable level of State-terrorism, then the state concerned has, either as a victim of Violence or as its perpetrator, lost the legitimacy that enables it to insist on its Territorial Integrity.493

8.10 KASJMIR

491 “The Follow-Up” supra op bladsy 12 daarvan.

492 “The Follow-Up” supra op bladsy 16 daarvan.

493 Szasz “The Irresistable Force of Self-Determination meets the Impregnable Fortress of Territorial Integrity: A Cautionary Fairy Tale about Clashes in Kosovo and Elsewhere” Georgia Journal of International and Comparative Law Vol 28 No 1 1999 1-8 op 7. 239

8.10.1 AGTERGROND

Sedert die ontstaan van Pakistan en Indië woed daar ‘n stryd om gebiede in Suid- Asië.494 In 2002 neig hierdie konflik om ‘n hoogtepunt te bereik met ‘n dreigende oorlog tussen Indië en Pakistan oor Kasjmir.495 Die gebiede Jammu en Kasjmir is in 1846 toegeken aan die Maharaja Gulab Singh, ‘n Hindoe. Die gebied het egter uit 75% Moslems bestaan. Hindoes het later dan ook meeste van die grond besit.496

Algaande het Moslem ontevredenheid opgebou totdat daar in 1932 ‘n “All Jammu and Kashmir Muslim” konferensie in 1939 gehou is.497 In dieselfde tydvak was daar die strewe na ‘n onafhanklike Indië en Pakistan. Indië wou Kasjmir onder sy vaandel verenig terwyl veral die Moslems Kasjmir as ‘n integrale deel van Pakistan beskou het. Met die partisionering van Indië en Pakistan in 1947 is aan sekere gebiede, waaronder Jammu en Kasjmir, die keuse gegee om by Indië of Pakistan ingelyf te word of om as onafhanklike state voort te bestaan. Kasjmir het gegrens aan beide Indië en Pakistan en was dit regeer deur Hindoes maar met ‘n oorwegend Moslem-bevolking. Nadat die gebied onverwags ingeval is, het die Hindoe Maharaja hulp by Indië gesoek. Indië se voorwaarde was dat die gebied sou aansluit by Indië, maar het die Maharaja gestel dat dit met die instemming (deur middel van ‘n referendum) van die bevolking gepaard moes gaan. Dit het nooit gebeur nie. Pakistan het beswaar hieroor gemaak, welwetende dat ‘n referendum tot gevolg sou hê dat die gebied eerder by Pakistan wou inlyf.498

494 Sien Khan “Nuking Kasjmir: Legal Implications of Nuclear Testing by Pakistan and India in the Context of the Kasjmir Dispute” Georgia Journal of International and Comparative Law Vol 29 No 2 2001 op 361-394.

495 Sien The Economist 25 Mei 2002 op 25-26. Sien ook Khan “The Kashmir Dispute: A Plan for Regional Cooperation” Columbia Journal for Transnational Law Vol 31 1994 op 495.

496 Sien ook Johnstone en Mandryk supra op 325 wat stel dat daar tans 240 verskillende groepe in ‘n bevolking van 9,4 miljoen in Kasjmir voorkom waarvan 6,8 miljoen Kasjmiri Moslems en 3 miljoen Kasjmiri Hindoes is en dat die Moslems in 2000 64% van die bevolking uitgemaak het.

497 Sien Khan supra op 362.

498 Sien Khan supra op 364. 240

Teen November 1947 het die konflik in volskaalse militêre konflik tussen Indië en Pakistan ontaard. Drie afsonderlike oorloë het gevolg; in 1947, 1965 en in 1971. Na die oorlog van 1971 is die Verdrag van Simla gesluit. ‘n “Line of Control” is daargestel op die grens van Kasjmir waar vyandelikhede vandag nog voortduur.

8.10.2 DIE VERENIGDE NASIES

Die Verenigde Nasies het verskeie resolusies aangeneem wat die reg van die mense van Kasjmir op ‘n referendum om te besluit oor hulle toekoms, bevestig het. Interne konflik (tussen die mense van Kasjmir onderling) sowel as die kernvermoë wat beide Indië en Pakistan het (en die dreigemente in daardie verband499), vererger die situasie.500 Nie een van die state is bowendien ‘n party tot die “Nuclear Non-Proliferation Treaty” of die “Comprehensive Test Ban Treaty” nie.

Beide Indië en Pakistan beskou die ander se teenwoordigheid in Kasjmir as onwettig. Pakistan het, eerder as om elke keer homself in ‘n oorlog te begeef, bloot die opstandiges binne Kasjmir gesteun. So word verskeie vorme van hulp aan mense binne Kasjmir aangebied, waaronder befondsing van Islamitiese skole, maar belangriker nog, die voorsiening van wapens aan “terroristiese groepe” in Kasjmir.501 Die Verenigde Nasies het met ‘n reeks resolusies die reg op selfbeskikking van die mense van Kasjmir bevestig.502 Die Verenigde Nasies het sover gegaan om ‘n Kommissie van die Veilgheidsraad aan te wys wat die probleem tussen die partye moes oplos. Resolusie 47 wat ook in 1948 aanvaar is, het gestel dat beide Indië en Pakistan hulle bereidwilligheid uitgespreek het dat die konflik deur ‘n referendum opgelos moes word. Indië moes toesien tot hierdie referendum onder toesig van die Verenigde Nasies. Dit

499 Sien The Economist 25 Mei 2002 op 25-26.

500 Khan “The Kashmir Dipute” supra op 495.

501 Khan supra op 381.

502 SC Res 38 UN Doc S/651 (1948); SC Res 39 UN Doc S/654 (1948); SC Res 47 UN Doc S/726 1948. 241

het nooit plaasgevind nie. Indië het voortgegaan om die gebied in te lyf alhoewel dit allerweë verwerp is as ‘n onwettige handeling. Konflik tussen die USSR en die VSA in die Veiligheidsraad het verhoed dat konsensus oor die aangeleentheid bereik is.

Pakistan het die skietstilstand-lyn verbreek in 1948. Eers is die Tashkent Deklarasie gesluit en na die oorlog van 1971 die Verdrag van Simla. Beide state het onderneem om hulle optrede en verhoudinge te laat beheers deur die Handves van die Verenigde Nasies. Dit het egter nie spesifiek voorsiening vir ‘n referendum gemaak nie. Ook is daar geen voorsiening gemaak vir die vrye wil van die mense van Kasjmir nie.

Die interne verdeeldheid binne Kasjmir veroorsaak dat daar geen duidelike spreekbuis namens die mense van Kasjmir na vore tree nie. Weliswaar is daar ‘n voorlegging van die “Ware Verteenwoordigers van die Kasjmir ‘People’” gedoen op 29 September 1997503 wat die klem lê op die resolusies wat deur die Verenigde Nasies aanvaar is.

8.10.3 GEVOLGTREKKING

Die probleem is dat die woord selfbeskikking nie in die resolusies van die Verenigde Nasies vermeld word nie en ook nie in die Simla Ooreenkoms nie. Laasgemelde maak ook nie melding van die hou van ‘n referendum nie. Wat wel waar is, is dat Indië die belofte vir die hou van ‘n referendum tydens die aanvanklike anneksering van die gebied, verbreek het.

Die “Line of Control” dien as die de facto grens tussen state en partisioneer Jammu en Kasjmir. Enige skending van hierdie lyn word beskou as ‘n skending van die territoriale integriteit van die state. Dit word dus as ‘n grens tussen die state gesien. Terwyl Indië dus kla oor sy territoriale integriteit wat geskend word, kla Pakistan oor die reg op selfbeskikking van die “people” of Kasjmir wat oor die hoof gesien word. Indië weier ook dat ‘n multilaterale forum oor die aangeleentheid besluit, terwyl Pakistan daarop aandring dat die situasie op internasionale vlak bereg word. Die Lahore Deklarasie van

503 Sien Memorandum Presented by the True Representatives of the Kashmiri People to the OIC, September 29,1997 op die webwerf . 242

21 Februarie 1999 het slegs bevestig dat beide state hulle wil hou by die “letter en gees”’ van die Simla Ooreenkoms.

Dit is verbasend dat die Verenigde Nasies nie sterker standpunt ingeneem het oor Kasjmir nie. Die rede is waarskynlik geleë in die steun wat beide state geniet, die vetoreg van state in die Veiligheidsraad, die teenwoordigheid van die state se buurman China, die sterkte van die twee state en hulle vermoë om kernwapens te gebruik. Wat gebeur is dat die reg op selfbeskikking van die mense van Kasjmir nou ‘n speelbal tussen twee magtige state geword het.504

8.11 KATANGA

8.11.1 HISTORIES

504 The Economist van 25 Mei 2002 op 26 stel dat die meeste inwoners van Kasjmir onafhanklikheid voorstaan. 243

Die Demokratiese Republiek van die Kongo was voorheen bekend as Zaïre. In die jaar 2000 het dit ‘n bevolking van ongeveer 51 miljoen gehad. Daar is ‘n beraamde 450 verskillende etniese en linguïstiese groepe in die Kongo. Die staat word sedert sy onafhanklikheid gekenmerk deur interne konflik.505

Op 30 Junie 1960 het koning Baudouin van België die onafhanklikheid van die Republiek van die Kongo verklaar. Daar was verkiesings gehou gedurende Mei 1960 wat ook die opgang van Patrice Lumumba beteken het. Lumumba het ‘n sterk sentrale regering voorgestaan en het die minimum toegewings wou maak aan etniese en streeksverskille. Die tekens dat die provinsie Katanga wou afskei, was reeds vroeg daar; trouens die aanduidings was daar dat Katanga sy onafhanklikheid sou verklaar nog voordat die Kongo onafhanklikheid sou verkry op 30 Junie 1960. Die premier van die provinsie van Katanga, Moise Tshombe het versoek dat Belgiese troepe moet ingryp in die provinsie en het Belgiese troepe inderdaad op 10 Julie 1960 ingegryp.

8.11.2 KATANGA VERKLAAR ONAFHANKLIKHEID

Op 11 Julie 1960 het Katanga sy onafhanklikheid verklaar. Op daardie stadium het Katanga ‘n bevolking van 1 709 659 gehad en was die provinsie yl bewoon en het dit slegs 13% van die totale bevolking van die Kongo daargestel. Die Kongo het egter 60% van sy totale inkomste uit die Kongo verkry en buitelandse mynmaatskappye het net in 1960 ‘n netto wins van 47miljoen dollar uit hierdie provinsie gemaak. Die minerale van

505 Johnstone en Mandryk supra op 197-198. 244 hierdie provinsie het na beraming 80% van die totaal van die Kongo daargestel.506

506 Sien Lemarchand “The Limits of Self-Determination: The Case of the Katanga Secession” American Political and Scientific Review Vol 56 1962 op 404-405. 245

Dit is in die lig van voormelde dan ook nie verbasend dat die leiers van die sentrale regering van die Kongo op dieselfde dag, naamlik 11 Julie 1960, die Verenigde Nasies versoek het om militêr in te gryp nie.507

8.11.3 DIE STANDPUNT VAN DIE VERENIGDE NASIES

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het Resolusie S/4387 op 14 Julie 1960 aanvaar, waarin België versoek is om sy troepe te onttrek en die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies versoek is om die nodige stappe te neem ten einde die Kongolese regering van hulp te wees. Interessant is dat die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies op daardie stadium, Dag Hammarskjöld, in sy eerste verslag na aanleiding van die resolusie wat aanvaar is deur die Veiligheidsraad, verklaar het dat een van die beginsels wat essensieel is in hierdie geval, die feit is dat: the United Nations units must not become parties in internal conflicts, that it cannot be used to enforce any specific political solution of pending problems or to influence the political balance decisive to such a solution.508

Hierdie standpunt het eerder daarop gedui dat eksterne inmenging nie moes plaasvind nie, eerder as dat die sesessie verwerp was. Op 22 Julie 1960 is ‘n verdere resolusie aanvaar deur die Verenigde Nasies waarin alle state versoek is om hulle daarvan te weerhou om die territoriale integriteit of politieke onafhanklikheid van die Kongo te

507 Sien Buchheit supra op 144

508 UN Doc S/4389 (1960). 246 skend.509

509 UN Doc S/4405 (1960). 247

Moise Tshombe het op 27 Julie 1960 verklaar dat hy nie Verenigde Nasies troepe in Katanga sou duld nie, en later het hy Hammarskjöld gewaarsku dat sy opwagting ‘n oproer in die provinsie tot gevolg sou hê. Hammarskjöld se antwoord daarop was dat die Veiligheidsraad die mag het om territoriale nie-regerende magte (in lidlande van die Verenige Nasies) onder bedwang te bring.510 Intussen het Tshombe voortgegaan om ‘n grondwet vir die “Onafhanklike Staat van Katanga” daar te stel, en was Tshombe gekies as president. Hammarskjöld het die standpunt ingeneem dat die provinsiale regering van Katanga de facto in aktiewe opposisie tot die sentrale regering gestaan het, en sy militêre magte gebruik het om sy politieke doelwitte te bereik. Hy het ook gestel dat die Verenigde Nasies nie intern moes inmeng nie en was van mening dat hy ook nie daartoe gemagtig was deur die Veiligheidsraad nie.511 Ten opsigte van die voorgenome sesessie van Katanga het hy gestel dat hierdie aangeleentheid ‘n: a constitutional one [is] with strong undercurrants of individual and collective political aims.512

Op 8 Augustus 1960 het die Veiligheidsraad ‘n verdere resolusie aanvaar waarin verklaar is dat dit noodsaaklik geword het dat magte van die Verenigde Nasies die provinsie van Katanga moet betree. Hammarskjöld het intussen begin onderhandel met Tshombe en op 12 Augustus 1960 is ‘n ooreenkoms bereik in terme waarvan Verenigde Nasies troepe Katanga kon betree op sekere voorwaardes. Die blote feit dat Hammarskjöld met Tshombe onderhandel het (wat ongewoon was), het Lumumba tot raserny gedryf aangesien hy van mening was dat dit legitimiteit aan die Katanga

510 UN Doc S/4417 (1960).

511 Sien die bespreking van Buchheit supra op 146-147.

512 UN Doc 4417 (1960). 248 regering gegee het. Intussen het die USSR Lumumba ondersteun in sy versoek dat die Verenigde Nasies die rebellie van die Katanga provinsie moes onderdruk.513 Die USSR het dan ook voortgegaan om Lumumba militêr te help om die sesessie van Katanga te onderdruk. Intussen het Noord-Katanga van Katanga afgeskei in Januarie 1961.

513 Sien Buchheit supra op 148. 249

Lumumba is vermoor in Februarie 1961 en is opgevolg deur Cyrille Adoula. Dag Hammarskjöld het gesterf in vliegtuigongeluk op 17 September 1961. Die VSA het hom intussen toegevoeg tot die state wat gekant was teen die sesessie van Katanga. Dit het tot gevolg gehad dat die sesessie van Katanga feitlik eenparig verwerp was. Op 24 November 1961 is ‘n verdere resolusie deur die Veiligheidsraad aanvaar. Daarin (en vir die eerste keer in ondubbelsinnige terme) is gestel dat die territoriale integriteit en politieke onafhanklikheid van die Kongo behoue moes bly, is dit as in stryd met die Loi fondamentale en Veiligheidsraad resolusies beskou, is enige sesessionistiese aktiwiteite afgekeur en is die eis van Katanga om ‘n soewerein onafhanklike staat te wees verwerp.514

Die nuwe Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, U Thant, het dadelik begin met ‘n program om die afskeidingsbeweging van Katanga stop te sit. Die Verenigde Nasies was aanvanklik steeds gekant teen militêre ingryping en is gepoog om versoening tussen die faksies te bewerkstellig. Gevegte tussen die Verenigde Nasies se magte en Katanga het egter in Desember 1962 uitgebreek en gedurende Januarie 1963 was die aanduiding dat die sesessie ten einde gebring sou word. Teen die einde van Januarie 1963 het die miltêre magte van die Verenigde Nasies die belangrikste posisies in Katanga beset, en was die sesessie vir alle praktiese doeleindes beëindig.

8.11.4 GEVOLGTREKKING

Die waarskynlikste rede waarom die wêreldgemeenskap die sesessie van Katanga verwerp het, is dat die ekonomiese bestendigheid van die Kongo in die slag sou bly indien Katanga van die Kongo sou afskei. ‘n Verdere rede wat aangevoer was deur die Verenigde Nasies was dat Tshombe nie die ware wense van die meerderheid van die bevolking van Katanga verteenwoordig het nie. Dit het verder geblyk dat die proses van sesessie nie gestop sou word indien Katanga sou afskei nie soos blyk uit die feit dat Noord-Katanga ook van Katanga wou afskei en dat daar ook ‘n voorgenome sesessie was deur die suidelike Kasai provinsie wat grens aan Katanga.

514 UN Doc S/5002 (1961). 250

Dit is ook so dat die ontwerpgrondwet van die Kongo, die sogenaamde Loi fondamentale, alhoewel dit nie sesessie uitdruklik verbied het nie, tog gestel het dat: the Congo constitutes within its present boundaries, an indivisible and democratic State.515 Hierdie bepaling is dan ook later as van besondere belang beskou om die onderdrukking van die sesessioneringspoging te regverdig.

8.12 KOERDISTAN

8.12.1 AGTERGROND

515 Sien Buchheit supra op 143. 251

Daar is vandag tussen 16 en 20 miljoen mense wat hulleself as Koerde beskou.516 Hierdie mense se geskiedenis strek so ver as 300 jaar terug en praat hulle ‘n verskeidenheid van dialekte van ‘n Indies-Europese taal en is hulle feitlik deur die bank Moslems. Die Koerde lewe in ‘n area wat ongeveer 500 000 vierkante kilometer beslaan en die volgende gebiede insluit, naamlik die suidoostelike gedeelte van Turkye, die noordelike deel van Sirië, die noordelike en noordoostelike deel van Irak, die noordwestelike van Iran en die suidelike deel van Rusland. Hierdie gedeelte(s) word vir jare reeds Koerdistan genoem.517 Behalwe vir Sirië waar hulle minder as 10 persent van die bevolking uitmaak, maak Koerde tussen ‘n kwart en ‘n derde van die ander state hierbo genoem, se bevolkings uit. Die meeste Koerde bly in Turkye, sowat 10 miljoen.518

Aangesien hierdie mense hoofsaaklik in bergagtige dele woon, was hulle hoofsaaklik

516 Sien Bring “Kurdistan and the Principle of Self-Determination” German Yearbook of International Law Vol 35 1992 op 157-159. Sien ook in die algemeen Buchheit supra op 153-162.

517 Sien Aguado “The National Liberation Movement of the Kurds in the Middle East” in Premdas et al (reds) Secessionist Movements in Comparative Perspective Londen 1990 op 153 en verder.

518 Aguado supra op 155. 252

van die buitewêreld afgesny en is daar nie werklik van hulle kennis geneem nie. Die Koerde het dan ook met ander volke ondertrou en is dit moeilik om hulle etniese afkoms met sekerheid te bepaal. Alhoewel hulle ondertrou het, het die Koerde nadat hulle hulleself as Koerde geïdentifiseer het, hulle identiteit behou. ‘n Koerdiese religieuse leier, sjeik Ubaydallah, het dit soos volg verwoord in die Koerdiese manifes vir outonomiteit in 1878: The Kurdish nation is a people apart. Their religion is different and their laws and customs are distinct.519 Hulle is as volk grootliks ongeletterd en het nie ‘n algemene alfabet nie. So word die Romeinse alfabet in die gedeeltes van Turkye en Sirië gebruik, maar die Arabiese alfabet in Irak en Iran en die Siriliese alfabet in Rusland. Die grootste gedeelte van die Koerde is Moslems. Alhoewel die Koerde vir die grootste gedeelte van hulle geskiedenis ‘n gebied beset het wat as Koerdistan bekendstaan, is die gebied nie onafhanklik nie en het hulle ook nie ‘n gebied wat hulle hulle eie staat kan noem nie.

8.12.2 GESKIEDENIS

Vir ‘n tydperk van meer as 100 jaar en sedert 1880 is die Koerde in ‘n stryd gewikkel om hulleself as ‘n aparte volk met ‘n aparte staat te erken. Hierdie tydperk kan in verskeie fases verdeel word waarvan die eerste die “National Uprising” was wat gedurende die 1880's plaasgevind het. Gedurende hierdie tydperk het Koerde Irak ingeval en probeer om ‘n Koerdiese staat daar te stel. Hierdie inval is onderdruk en het dit op niks uitgeloop nie.

Tydens die volgende tydperk is gesteun op die uitsprake van die President van die VSA, naamlik Woodrow Wilson en veral sy Twaalfde Standpunt (van die bekende Fourteen Points) waarin gestel is dat nasionaliteite (“nationalities”): now under Turkish rule should be assured an undoubted security of life and an absolutely unmolested opportunity of autonomous development.520

519 Soos aangehaal in Bartkus supra op 63.

520 Sien Bring supra op 161 waar verwys word na die betrokke aanhaling van president Wilson. 253

Daarna volg die Verdrag van Sevres, ’n verdrag wat in 1920 gesluit is en wat die einde van Turkye se status as groot mag beteken het. Artikel 62 van die Verdrag het soos volg gelui: A Commission . . . composed of three members appointed by the British, French and Italian Governments . . . shall draft . . . a scheme of local autonomy for the predominantly Kurdish areas lying west of the Euphrates, south of the southern boundary of Armenia . . . and north of the frontier of Turkey with Syria and Mesopotamia.521 Arikel 64(1) van die Verdrag het uitgebrei op hierdie tema: If within one year from the coming into force of the present Treaty the Kurdish peoples within the areas defined in Article 62 shall address themselves to the Council of the League of Nations ... to show that a majority of the population of these areas desires independence from Turkey, and if the Council then considers that these peoples are capable of such independence and recommends that it should be granted to them, Turkey hereby agrees to execute such a recommendation, and to renounce all rights and title over these areas.522 Daarbenewens stel Artikel 64(3) dit soos volg: If and when such [Turkish] renunciation takes place, no objection will be raised by the Principal Allied Powers to the voluntary adhesion to such an independent Kurdish State of the Kurds inhabiting that part of Kurdistan which has hitherto been included in the Mosul vilayet.523 Hierdie verdrag is (ook as gevolg van die opkoms van die Mustafa Kemal Ataturk in Turkye) nooit deur Turkye bekragtig nie.524

521 Official Documents Supplement to the Americal Journal of International Law Vol 15 1921 op 192-193.

522 Official Documents supra op 192-193.

523 Official Documents supra 192-193.

524 Turkye het byvoorbeeld in 1930 by monde van sy Minister van Justisie duidelik te kenne gee wat die Koerde in Turkye te wagte kan wees. Hy het gestel dat: “...[we] live in country called Turkey, the freest country in the world... I believe that the Turk must be the only lord, the only master of this country. Those who are not of pure Turkish stock can have only one right in this country, the right to be servants and slaves”. Sien in hierdie verband Bartkus The Dynamic of Secession supra op 90-91. Selfs in 1986 moes die VSA melding maak daarvan dat Turkye die Koerdiese etniese identiteit ontken 254

Daarna volg die Deklarasie insake die Outonomiteit van die Koerde in Irak. In 1920 het Groot-Brittanje ‘n mandaat ontvang om oor Irak te regeer en het ook in die proses die olieryke provinsie van Mosul in terme van hierdie mandaat verkry. Van die inwoners van Mosul is 85% Koerde. In 1922 het ‘n Brits-Irakese deklarasie die regte van die Koerde binne die grense van Irak om ‘n regering binne hierdie grense te vestig, ontvang. Dit is opgevolg met die Verdrag van Lausanne. Die Verdrag van Sévres het nie tot sy reg gekom nie en in die Verdrag van Lausanne in 1923 is daar ten koste van die Koerde meer regte aan Turkye toegeken, hoofsaaklik om teen die bolwerk van Kommunistiese Rusland te kan weerstand bied. Daarbenewens het Kemal Ataturk ‘n outonome Koerdiese staat teengestaan en het die Britte meer na hulle oliebelange in Irak gekyk as na enigiets anders. Gevolglik het die Vrede van Lausanne nie enige melding gemaak van die reg op selfbeskikking van die Koerdiese bevolking nie.

en dit onderdruk. Publikasie van boeke, koerante of enige ander materiaal in Koerdies word verbied en die taal word nie net amptelik verbied nie maar selfs in sekere private gesprekke. 255

In 1924 het ‘n raad van die Volkebond ‘n komitee van ondersoek ingestel na die Turks- Irakese grens en dit het die Koerdiese vraagstuk weer op die voorgrond geplaas. ’n Verslag is hierna gepubliseer wat op 16 Desember 1925 aanvaar is alhoewel dit nie regtig voorsiening gemaak het vir ‘n onafhanklike Koerdiese staat nie, maar wel vir ‘n sekere mate van outonomiteit.525

Daarna volg ‘n opstand in die Irakese gedeelte van Koerdistan in 1932 wat deur die Britte onderdruk is. Koerdiese leiers het naamlik aangedring dat die belofte wat gemaak is vir ‘n outonome Koerdiese administrasie in vervulling gaan, maar het die Volkebond op 28 Januarie 1932 beslis dat outonomiteit vir sekere minderhede in Irak onrealisties is. Die Britse mandaat het geëindig in Oktober 1932 wat beteken het dat Irak as nuwe staat versekerings moes gee ten opsigte van Koerdiese minderheidsregte. Die Saadabad Verdrag van 1937 tussen Turkye, Irak en Persië het effektiewelik daartoe bygedra dat teenstand gebied is teen Koerdiese nasionalisme wat in ‘n opwaartse fase was. In 1943 was daar weer ‘n Koerdiese opstand in Irak in die Barzan-streek wat gelei is deur Mustafa Barzani, maar uiteindelik moes Barzani vlug saam met sy troepe na Iran toe hulle die onderspit gedelf het.

8.12.3 KOERDISTAN SEDERT 1945526

In Desember 1945 is ‘n Koerdiese staat geproklameer op Iranse gebied met Barzani as een van die leiers. Die USSR het in die eerste maande van die bestaan van hierdie staat aansienlike steun aan hierdie staat verleen, maar nadat Sowjet ondersteuning

525 League of Nations Office Journal Vol 7 1926 op 190-192.

526 Sien in hierdie verband Bring supra op 162-163. 256

onttrek is, het Iran weer beheer oor hierdie streek geneem. Verskeie leiers is dan ook om die lewe gebring, maar het Barzani daarin geslaag om sy weg te vind na die USSR. In 1985 het Barzani Irak weer binnegeval en sy stryd vir ‘n onafhanklike Koerdistan voortgesit teen die regerings van Irak. In 1970 is ‘n vredesooreenkoms gesluit tussen die Irakese regering en die Koerde wat uitgebreide waarborge vir Koerdiese nasionale regte daargestel het en beskerming aan die Koerde verleen het. Die Koerde kon outonomiteit geniet in daardie areas waarin hulle ‘n meerderheid is nadat ‘n referendum gehou is. Ook waarborge ten opsigte van kulturele aangeleenthede is verleen en in 1974 het Irak afgekondig dat daar ‘n wet ten opsigte van outonomiteit vir ‘n outonome Koerdiese streek daargestel sou word.

Aangesien hierdie wet nie die beloftes van 1970 vervul het nie, het die Koerde hulle stryd om vryheid opnuut aangeknoop. In 1975 is ‘n verdrag opgestel tussen Irak en Iran. Die Sjah van Iran het sy ondersteuning vir Koerdiese rebelle in Irak onttrek en weereens moes Barzani vlug. Barzani sterf in 1978 en word opgevolg deur sy twee seuns wat dan ook die leierskap van die Koerdiese Demokratiese Party oorgeneem het. Nadat Irak vir Iran in 1980 aangeval het, het Iran logistiese ondersteuning aan die Koerde verskaf wat tot gevolg gehad het dat ‘n outonome Koerdiese streek weer tot stand gekom het. In Maart 1988 het Irakese magte mosterdgas en senuweegas teen Koerdiese magte gebruik.527 Dit het tot gevolg gehad dat die Koerde ‘n rebellie teen Saddam Hoessein

527 Sien byvoorbeeld The Economist van 4 Mei 1991 op 70 wat stel dat ‘n hernieude poging deur Koerde in 1991 om sekere dorpe in Irak te bevry misluk het en dat teenoptrede deur Irak tot gevolg gehad het dat een miljoen Koerde na Iran gevlug het en 700 000 na 257 onderneem het wat onsuksesvol was.528

Turkye.

528 Sien in hierdie verband veral Bring supra op 160-163. 258

Die Koerde het deurentyd gesukkel om hulle aandag te fokus op een probleem, aangesien hulle vasgevang is tussen verskeie state. Daarbenewens is verskeie partye op die been gebring in elke staat waar hulle hulleself bevind.529 Daar was gevolglik nog nooit een organisasie wat namens alle Koerde gepraat het nie.

Wat opmerklik is van die toestand in Koerdistan is die feit dat daar van beloftes van ‘n organisasie soos die Volkebond niks gekom het nie, en dat eiebelang meestal by groter state voorkeur geniet as die regte van minderhede en groepe wat op selfbeskikking steun. Die prosedure wat daargestel is vir ‘n onafhanklike staat soos uiteengesit in die Verdrag van Sévres was vergete toe die oorwinnende magte by Lausanne in 1925 dit heeltemal agterweë gelaat het. Dit het slegs die idee van plaaslike outonomiteit vir die Koerde gelaat. Laasgemelde het tot gevolg gehad dat daar nooit sanksie verleen is aan die ontwikkeling van ‘n Koerdiese outonome staat as ‘n subjek van die Internasionale Reg nie. Dit kan beskou word as die grootste terugslag vir die daarstelling van ‘n onafhanklike Koerdistan vandag. Die Mahabad Republiek het slegs vir meer as ‘n jaar bestaan en is dit debatteerbaar of dit die mate van permanensie en politieke onafhanklikheid daargestel het wat nodig is vir ‘n onafhanklike staat. Wat wel waar is, is dat dit genoegsame politieke kohesie en die vermoë gehad het om as staat op te tree ten einde internasionale betrekkinge aan te gaan.

Hierdie konkrete uitdrukking van Koerdiese nasionalisme en kwasi-staatskap is van belang omdat die Verenigde Nasies Handves dit stel dat selfbeskikking meer is as net ‘n politieke beginsel, laasgemelde wat dit was toe president Wilson sy veertien punte in 1918 afgekondig het. Na 1945 was dit duidelik dat regsaspekte in die prentjie gekom het, alhoewel aanvanklik op ‘n baie vae wyse. Alhoewel die Handves van die Verenigde Nasies melding maak van die begrip “all peoples” het dit in die praktyk geblyk van toepassing te wees op daardie mense wat aan koloniale onderdrukking onderworpe was in gebiede wat fisies geskei was van die koloniale mag. Soos reeds vroëer aangetoon het die onafhanklikheid van gebiede meermale tot gevolg gehad dat ‘n bevolking met gemengde etniese bevolkings onafhanklikheid verkry het terwyl talle volke daarna

529 Aguado supra op 159. 259

“vasgevang” was binne die grense van so ‘n gebied.

8.12.4 EVALUERING

Bring is van mening dat die woord “peoples” soos gebruik in die Verenigde Nasies Handves en ander Verenigde Nasies dokumente ‘n natuurlike betekenis het, wat in ‘n regskonteks aansienlike gewig moet dra en gevolglik nie eienskappe soos ras, taal, kultuur en geskiedenis kan ignoreer nie.530 Hy stel verder dat die Koerde se eis om selfbeskikking ernstig opgeneem moet word omdat dit gebaseer is op ‘n onderskeidende groep mense met ‘n gemeenskaplike taal en kulturele agtergrond. Soos by talle ander gevalle vir eise om selfbeskikking staan die probleem van territoriale ingegriteit ook in die pad van ‘n onafhanklike Koerdistan. In hierdie verband is Resolusie 2625(XXV), soos reeds na verwys, die belangrike bepaling waar dit die aksies verbied wat die territoriale integriteit van ‘n staat skend. Bring wys egter daarop dat die beskerming van hierdie resolusie van die Algemene Vergadering slegs vir daardie state bestaan wat self die reg op selfbeskikking respekteer. Dit kan gevolglik geargumenteer word dat nóg die regering van Turkye nóg die regering van Irak die regte van die Koerde respekteer en gevolglik nie enige ag slaan op die beginsel van selfbeskikking nie en dat hulle gevolglik nie op hierdie resolusie kan staatmaak nie.

Bring is van mening dat die reg op selfbeskikking nie ‘n absolute reg is nie en dat daar belange-afwegings in die Internasionale Reg moet plaasvind.531 In hierdie verband het Koerdistan ‘n geskiedenis wat strek oor meer as 100 jaar waarin die reg op selfbeskikking op die voorgrond was, en kan hierdie eis, gesien in die lig van bogemelde faktore, nie sondermeer geïgnoreer word nie. Die Koerde kan minstens aanspraak maak op outonomiteit, iets waarvan daar egter tot nog toe nie veel van tereg gekom het nie.532

530 Sien Bring supra op 165.

531 Sien Bring supra op 165.

532 Horst Hannum sien die reg op outonomie as ‘n nuwe beginsel van die Internasionale Reg wat onafhanklik is van die reg op selfbeskikking. Sien Hannum Autonomy, Sovereignty and Self-Determination: The Accommodation of Conflicting Rights Philadelphia 1990 op 260

473-474. Dit is natuurlik so dat selfbeskikking op velerlei wyses uitgeoefen kan word waaronder inlywing by ‘n ander staat, assosiasie, plaaslike outonomie en selfregering. 261

In Oktober 1992 het die Koerde in die noorde van Irak ‘n federale staat van hulle eie afgekondig. ‘n Regering en ‘n verkose parlement is daargestel. Laasgemelde wys weereens op die strewe na selfbeskikking van die Koerde. Koerdistan bly egter een van die moeilikste gevalle in die Internasionale Reg waar selfbeskikking toegepas kan word synde die volledige selfbeskikking van Koerdistan nie afhanklik gaan wees van die toestemming of samewerking van een staat nie, maar ‘n aantal state, soos reeds aangedui. Die internasionale gemeenskap het, soos Buchheit tereg aandui, deurgaans verkies om die probleem van die Koerde oor die boeg van menseregte, volksmoord en voorkoming van rasse-diskriminasie te gooi, eerder om dit as ‘n selfbeskikkingsgeval te hanteer.533

Die uiteindelike onafhanklikheid van Koerdistan, indien dit ooit sou gebeur, sal sekerlik een van die grootste deurbrake op die gebied van die beginsel van selfbeskikking wees wat daar ooit in die wêreld was.

Die Koerde het by monde van een van hulle leiers hulle definisie van hulle outonomiteit (en gevolglik ook hulle status van selfbeskikking), soos volg opgesom: We have never given a definition. It depends on our strength and that of our enemy.534

8.13 LAPLAND

8.13.1 INLEIDING

Die wel en weë van die Saami, ‘n inheemse volk wat in die noordelike dele van Finland,

533 Sien Buchheit supra op 161.

534 Soos aangehaal in Buchheit supra op 161. 262

Noorweë en Swede (bekend as Lapland) bly, is nie alombekend nie. Hulle getalle is in die omgewing van 90 000. Weliswaar bewoon hulle hierdie gebiede reeds vir ongeveer 1900 jaar.535

535 Fitzmaurice “The Sámi People: Current Issues Facing an Indigenous People in the Nordic Region” The Finnish Yearbook of International Law Vol 8 1997 op 200-243 en veral op 214-215. Daar is ook Saami’s in Rusland. 263

Nie elkeen wat ‘n burger van Lapland is, word as ‘n Saami beskou of kan homself as ‘n Saami beskou nie. Hulle identiteit is gebaseer op besonderse linguïstiese, historiese en kulturele eienskappe. Hulle is ook bekend vir hulle rendierkuddes (“reindeer herding”). Groot stryd word om die behoud van hulle taalregte gevoer aangesien dit ‘n bepalende faktor is van hulle identiteit.536 Die Saami Parlement in Swede het in 1992 besluit om ‘n Saami te definieer op grond van subjektiewe en objektiewe kriteria. Laasgemelde behels dat Saami as taal gepraat moet word en eersgenoemde dat ‘n persoon homself as ‘n Saami moet beskou. Vroeër in 1866 en ingevolge die Reindeer Pasture Law was ‘n Saami beskou as een wat homself op sy Saami afkoms beroep.537 Ingevolge hierdie wet moes ook aangetoon word dat die vader of moeder of enigeen van die grootouers voltydse professionele “reindeer keepers” was. In Finland en Noorweë is soortgelyke wetgewing aangeneem. Indien ‘n persoon vir langer as twee generasies nie die kontinuïteit kan behou wat betref registrasie (by die plaaslike raad oftewel Samebys) en taal nie, kan hy nie meer as ‘n Saami beskou word nie. In Finland is die taalvereiste egter sedert 1996 verslap.538

Die Saamivolk kan ook gedefinieer word op grond van hulle besonderse verhouding met die omgewing. Die Dertiende Saami Konferensie in 1988 het dan ook ‘n besluit aanvaar ingevolge waarvan dit soos volg gestel is: [I]t is our inalienable right to preserve and develop our ... communities in keeping with our own common conditions, and together we wish to preserve our lands, natural assets

536 Fitzmaurice supra op 216.

537 Ahren “Small Nations of the North in Constitutional and International Law” Nordic Journal of International Law Vol 64 1995 op 457-463.

538 Fitzmaurice supra op 217. 264

and national heritage for future generations.539

8.13.2 DIE SAAMI EN DIE INTERNASIONALE REG

539 Bohlin “Human Rights and Access to Natural Resources” Nordic Journal of International Law Vol 64 1995 op 495. 265

Om die Saami te definieer in terme van die Internasionale Reg is nie so maklik nie, vanweë die verskille wat getref word tussen inheemse- en minderheidsgroepe. Die begrip inheemse groepe verwys na ‘n verskeidenheid van groepe soos nomadiese stamme, mense in verstrooiing en wat die minderheid is in die land waarin hulle hulle bevind en mense wat hulle geboorteland bewoon het vir eeue en wat die minderheid (of meerderheid) van daardie land uitmaak.540 Dat die Saami inheems is, word nie betwis nie. Volgens Brölman en Zieck is daar vier elemente te bespeur by inheemse volke: Pre-existence or ’historical continuity’, distinct cultural forms; non-dominance; and self- identification.541 Hierby kan gevoeg word die taal en “deeply spiritual special relationship” (historiese gebondenheid) aan die grond waarop hulle woon.542

Die vraag is nou of inheemse groepe minderhede of “peoples” is. Die meeste regslui is dit eens dat slegs “peoples” geregtig is op selfbeskikking. Dat inheemse groepe ook binne die definisie van minderhede val, is duidelik.543 Inheemse groepe weier egter om hulleself onder daardie definisie te plaas. Die rede is voor-die-hand-liggend: Minderhede kan (klaarblyklik) nie aanspraak maak op selfbeskikking nie. Maar inheemse groepe kan ewe maklik as “peoples” geklassifiseer word en gevolglik kan die Saami ook as ‘n

540 Sien Brölman en Zieck “Indigenous Peoples” in Brölman, Lefeber en Zieck (reds) Peoples and Minorities in International Law Martinus Nijhoff Publishers 1993 op 187.

541 Sien Brölman en Zieck “Indigenous Peoples” supra op 191-197.

542 Fitzmaurice supra op 222.

543 Sien Brölman en Zieck “Indigenous Peoples” supra op 194. 266

“people” beskou word.544 Dit maak dit nogeens duidelik dat die woord “peoples” in omstredenheid gehul is.

8.13.3 IS DIE SAAMI’S GEREGTIG OP SELFBESKIKKING?

544 Fitzmaurice supra op 223. 267

Die vraag is nou of die Saamivolk geregtig is op selfbeskikking, en indien wel, welke vorm van selfbeskikking.545 Fitzmaurice is van mening dat die 1994 Draft Declaration on Indigenous Peoples van groot belang is vir die ontwikkeling van die reg op selfbeskikking vir inheemse groepe.546 Hierdie konsep is ook aanvaar deur die Subkomitee vir die Voorkoming van Diskriminasie en Beskerming van Minderhede van die Verenigde Nasies. Die regte in hierdie konsep vervat stel die minimum standaard daar vir die oorlewing, waardigheid en lewensomstandighede van die inheemse volke van die wêreld. Artikels 3 en 31 stel dan ook dat inheemse groepe die reg het op selfbeskikking.

Daar word ook gestel dat inheemse volke die reg op outonomie of selfregering het ten opsigte van interne en plaaslike sake, waarby ingesluit is kultuur, godsdiens, onderwys, inligting, media, gesondheid, behuising, werksverskaffing, maatskaplike sake, ekonomiese aktiwiteit, grond en hulpbronbestuur, omgewing en die toelating van nie- lede asook die finansiering van hierdie sake.547

Outonomiteit is dus waaroor dit gaan vir die inheemse volke. Die regte van inheemse volke (en gevolglik ook die Saamivolk) word deur Alfredsson soos volg opgesom: [I]ndigenous peoples should not be denied what other peoples and nations with separate identities, territories and political institutions are able to enjoy and which indigenous peoples enjoyed before they were reduced to dependancy.548

545 Broderstad “Political Autonomy and Integration of Authority: The Understanding of Saami Self-Determination” International Journal on Minority and Group Rights Vol 8 No 2 & 3 2001 op 151-175. Die Saami’s het ook hulle eie Parlement.

546 Fitzmaurice supra op 233.

547 Fitzmaurice supra op 234. Dit is ‘n omvattende aantal regte, maar soos Deer “An Indigenous Understanding of Self-Determination” in Kly & Kly (reds) In Pursuit of the Right to Self-Determination Clarity Press Inc 2001 op 106 dit stel: “Without the right of self-determination, all other rights have no grounding”. Sien ook in dieselfde werk die opmerking van Nystad “Self-Determination and the Sami People” op 114: “The Samis are a distinct people, meaning they have the right to self- determination”.

548 Alfredsson “The Right of Self-Determination and Indigenous Peoples” Tomuschat Modern Law of Self-Determination Martinus Nijhoff Publishers 1993 op 50-53. 268

8.14 NOORD-IERLAND

8.14.1 AGTERGROND

Noord-Ierland het tot stand gekom as gevolg van die partisionering van Ierland en deur middel van die Government of Ireland Act van 1920. Voor hierdie datum was Ierland in sy geheel deel van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland. Daar word ook na Ierland as Ulster verwys. Die gebied beslaan ongeveer 14 000 vierkante kilometer en beslaan ongeveer 17% van die aanvanklike grootte van Ierland. Daar woon 1 663 000 mense en is die verdelingslyne skerp langs religieuse lyne; sowat twee derde van die inwoners is Protestant en die res Rooms Katoliek.549 Die Protestante is hoofsaaklik “unioniste” wat verkies om deel te wees van die Verenigde Koninkryk. Die Rooms Katolieke weer verkies hoofsaaklik om deel te word van Ierland en word “republikeine” en ook “nasionaliste” genoem.

Die Noord-Ierse Parlement is beëdig op 22 Junie 1921 en op 6 Desember 1921 is ‘n verdrag tussen die Verenigde Koninkryk en Ierland gesluit ingevolge waarvan die hele Ierland selfregerend sou word met die naam “Irish Free State. Op 7 Desember 1922 het Noord-Ierland egter besluit om sy status onder die Government of Ireland Act te behou. Ierland het lid van die Volkebond geword op 10 September 1923 en in 1937 is ‘n nuwe grondwet aanvaar ingevolge waarvan Ierland voortaan bekend sou staan as Eire. In 1955 is Ierland (of Eire) toegelaat as lid van die Verenige Nasies.

Alhoewel Noord-Ierland eers selfregerend was, is “direct rule” in 1972 ingestel deur middel van ‘n “secretary of state”. Pogings om selfregering daarna het misluk. Die Grondwet van die Republiek van Ierland stel dat die hele eiland deel uitmaak van die nasionale gebied (“national territory”).

549 Sien Johnstone & Mandryk supra op 655. 269

8.14.2 ANGLO-IRISH AGREEMENT

Op 15 November 1985 is ‘n ooreenkoms geteken tussen Ierland en die Verenigde Koninkryk bekend as die Anglo-Irish Agreement. Hierdie ooreenkoms maak dit duidelik dat die status van Noord-Ierland slegs verander kan word met die instemming van die meerderheid van die mense van Noord-Ierland. Die ooreenkoms het dit ook duidelik gestel dat die wense van die mense op daardie stadium was, naamlik dat die status van Noord-Ierland nie verander moes word nie. Die ooreenkoms het weliswaar voorsiening daarvoor gemaak dat inlywing by Ierland kon plaasvind.

In 1985 het die afgevaardigde van Brittanje by die Menseregtekomitee van die Verenigde Nasies gestel dat die posisie soos volg was: Currently, the applicable principle was that of continued direct rule and continued association with Great Brittian as part of the United Kingdom. However there were statutory provisions for testing the wishes of the Northern Ireland electorate on the question of direct rule by means of a poll at periodic intervals of not more than 10 years.550

In 1991 het die Britse afgevaardigde dit soos volg gestel: The Anglo-Irish Agreement of 1986 was ‘n binding treaty which stipulated that the status of Northern Ireland was to be determined by the democratic choice of the people of Northern Ireland.551

8.14.3 NORTHERN IRELAND PEACE AGREEMENT

Op 10 April 1998 is die Northern Ireland Peace Agreement gesluit. Dit het 71% steun in Noord-Ierland gekry en 95% van die inwoners van die Republiek van Ierland was ten gunste daarvan.552 Hierdie ooreenkoms het vir verskeie aspekte voorsiening gemaak,

550 Reports of the Human Rights Committee to the GA 1987 UN Doc A/40/40 para 539.

551 Reports of the Human Rights Committee to the GA 1991 UN Doc A/46/40 para 365.

552 Sien Gilbert “The Northern Ireland Peace Agreement, Minority Rights and Self- 270 waaronder die reg op selfbeskikking van die mense van Noord-Ierland. Respek vir geloofs- en taalverskille is ook hierin vervat. Ten opsigte van die Ierse taal onderneem die Verenigde Koninkryk om die Ierse taal te bevorder; ook in Iers-medium skole en op televisie en in rolprente en films.553

Determination” International and Comparative Law Quarterly Vol 47 1998 op 943-950. Dit is ook beskikbaar op die internet as .

553 Rights, Safeguards and Equality of Opportunity Economic Social and Cultural Issues, klousule 4 daarvan. 271

Die identiteit, etos en aspirasies van beide gemeenskappe sal ook deur die partye tot die ooreenkoms in ag gemeen word. Die regte van indiwidue om Britse of Ierse nasionaliteit vir hulleself op te eis word ook erken.554 ‘n Menseregtekommissie is ook daargestel om toe te sien dat die bepalings van die ooreenkoms aan uitvoer gegee word.

Soos Gilbert dit stel, die demografie en politieke omstandighede in Noord-Ierland: ... highlight the failure of international minority rights law to address the true nature of group-wide rights, rather than simply protecting the communal rights of members of identifiable groups which are smaller in number than the majority population; the debate about the definition of minorities, nations and peoples are redundant, the sole question is whether any group in society can fully participate. For political participation which is inclusive of minority groups, simple majoritarianism can never work.555

Die ooreenkoms maak ook voorsiening vir ‘n parlement met 108 setels waartoe lede op proporsionele grondslag gekies word. Daar is ook voorsiening gemaak vir ‘n “British- Irish Intergovernmental Conference” waar sake van beide state en wat betrekking het op Noord-Ierland, bespreek sal word. Ten opsigte van selfbeskikking bepaal die ooreenkoms soos volg: 1. die legitimiteit van die keuse van status deur die inwoners van Noord- Ierland sal erken word; 2. dit is vir die mense van die eiland om hulle “right to self-determination” uit te oefen, vry van enige inmenging;

554 Sien Gilbert “The Northern Ireland Peace Agreement” supra op 945.

555 Gilbert supra op 947. 272

3. Dit word erken dat daar ‘n substantiewe groep is wat met Ierland wil verenig, maar gee erkenning dat die meerderheid dit tans nie wil doen nie; en 4. bevestig dat indien die mense van Noord-Ierland in die toekoms hulle reg op selfbeskikking wil uitoefen deur met Ierland te wil verenig, daar effek in beide state aan sodanige wens deur middel van wetgewing gegee moet word.556

8.14.4 GEVOLGTREKKING

Die ooreenkoms gee dus effek aan handelinge wat tot dusver as onbestaanbaar (en verbode) in die Internasionale Reg beskou is. Nie alleen kan daar ‘n skending van die territoriale integriteit van Groot-Brittanje plaasvind indien Noord-Ierland byvoorbeeld sou wou besluit om met Ierland te verenig nie, maar sal dit ook op ‘n daad van sesessie neerkom.

8.15 DIE NAGAS VAN INDIË

8.15.1 INLEIDING

Nagaland is in die noord-ooste van Indië geleë tussen Asam en Burma (Myanmar). In 2000 was die bevolking van Nagaland ongeveer 1,5 miljoen,557 maar is dit so dat daar meningsverskil bestaan daaroor aangesien daar nooit ‘n behoorlike sensus gedoen is onder die Nagas nie.558 Daar woon ongeveer 22 stamme in Nagaland waarvan die Nagas ongeveer 88% uitmaak. Ongeveer 88% van die bevolking is Christene.

Sedert 1947 het die Nagas van Nagaland een van die sterkste eise vir politieke

556 Artikel 1 van die Ooreenkoms.

557 Sien Johnstone en Mandryk supra op 330.

558 Sien byvoorbeeld Bartkus supra op 57. 273 onafhanklikheid in die Indiese sub-kontinent gestel wat ooit daargestel is.559

Soos die Koerde bly die Nagas in bergagtige dele. Gevolglik is die Nagas afgesny van die res van Indië en het dit ook bygedra tot die feit dat hulle in afsondering ‘n afsonderlike identiteit ontwikkel het. Die feit dat die Baptistekerk baie sterk is in Nagaland en weens die feit dat die Baptiste Christene is, het ook bygedra dat daar skerp verskille met die res van die bevolking van Indië was (en steeds is), laasgemelde waarvan die bevolking grotendeels van die Hindoe geloof is.

8.15.2 HISTORIES

559 Sien Buchheit supra op 189. 274

Die seperatistiese strewe van die Nagas strek reeds vanaf 1929. Die Nagas het dan ook Brittanje versoek om, toe Brittanje Indië verlaat het, aan die Nagas hulle onafhanklikheid terug te gee wat hulle geniet het voordat hulle ingelyf is in die Britse Ryk.560 In Junie 1947 is ‘n ooreenkoms bestaande uit nege punte bereik tussen die Brits-aangestelde goewerneur van Assam, (Sir) Akbar Hydari en die Naga Nasionale Raad (NNC). Ingevolge hierdie ooreenkoms is die NNC erken as die wettige toekomstige regering van die Nagas en is daar uitgebreide wetgewende en regterlike magte aan die Nagas gegee binne hulle eie administratiewe eenheid. Die ooreenkoms het ook gestel dat hierdie ooreenkoms van krag sal wees vir tien jaar waarna die situasie weer herbeoordeel sal word. Die NNC kon dan besluit of die huidige maatreëls verleng word en of ‘n nuwe ooreenkoms bereik moes word. Verskeie Naga leiers het gedink dat die reg tot sesessie ook hierin inbegrepe was en dat daar na tien jaar afgeskei kon word van Indië.561

Indië het ‘n gevaar gesien in hierdie ooreenkoms aangesien ander seperatistiese bewegings waarskynlik hieruit sou wou aflei dat ook hulle die reg tot afskeiding het. Gevolglik het Nehru, die eerste minister van Indië in Julie 1947 dit soos volg gestel: We can give you complete automony, but never independence. You can never hope to be independent. No state, big or small, in India will be allowed to remain independent.

560 Sien Ela Dutt-Lithi “Violence in India: The Case of the Naga National Movement” South Asia Bulletin Vol 5 No 2 (Fall 1985) op 39.

561 Sien Bartkus supra op 57-58. 275

We will use all our influences and power to suppress such tendencies.562

Een dag voor die onafhanklikheid van Indië in Augustus 1947, dit wil sê op 14 Augustus 1947, het die NNC ‘n telegram aan die regering van Indië gestuur asook aan die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies wat soos volg lui:

562 Sien Bartkus supra op 58. 276

Southern Nagas including Manipur Hill Nagas and Cachar Nagas with Konyak Nagas declare independence, today, the 14th of August 1947.563 ‘n Referendum wat gehou was in Nagaland in Mei 1951 het ‘n uitsluitlik eenparige stem uitgebring vir onafhanklikheid.564

Indië se reaksie op die voorgenome sesessie van Nagaland het deur verskeie fases gegaan. Aanvanklik is probeer om Naga leierskap te neutraliseer. Naga leiers is ook in die tronk gestop of moes noodwendig vlug. Die nuwe geslag leiers was egter meer doelgerig in hulle voorneme en in 1956 het die NNC die daarstelling van die Federale Regering van Nagaland afgekondig met sy eie leër en het guerilla-oorlogvoering toegeneem.

Indië het baie gou beheer oorgeneem oor Nagaland, maar in die heuwels kon die Indiërs nie die beheer oorneem nie. In September 1953 is die “Regulation of Forced Labour” ingestel ingevolge waarvan Naga burgerlikes geforseer is om as koeriers te werk. Die weermag het dan ook die totale plaaslike bevolking verskuif en is berigte ontvang van grootskaalse menseslagtings.565 Sodoende is die Nagas tot onderdanigheid geforseer. In 1960 is die “Sixteen Point Agreement” gesluit tussen die

563 Sien The Naga Nation and its Struggle against Genocide International Working Group for Indigenous Affairs Document No 56 Copenhagen 1986 op 27.

564 Sien Buchheit supra op 193.

565 Sien Bartkus supra op 60. 277

Naga People’s Convention en die Federale Regering van Indië. Die staat van Nagaland is aangekondig met uitgebreide fiskale, wetgewende en judisiële outonomie welke staat ingelyf was op 1 Desember 1963.

Dit is interessant dat die Nagagebied geen strategiese belang vir Indië gehad het nie en dat daar ook geen minerale rykdomme daar te vinde is nie. Die enigste rede waarom Indië waarskynlik hierdie beweging gestop het is omdat dit ‘n “domino effect” kon hê op die res van die bevolking van Indië. In Indië, volgens Johnstone en Mandryk566 is daar 4 635 verskillende etniese groepe en word daar 1 652 verskillende tale gepraat. Met ‘n bevolking van 1 013 661 777 in 2000 is dit dan ook nie vreemd dat so ‘n verskeidenheid aangetref word nie. In Indië bestaan ook ‘n kastestelsel ingevolge waarvan die Brahmin kaste beheer uitoefen oor die meerderheid. Alhoewel kaste diskriminasie verbied word deur die grondwet van Indië, word allerweë kennis geneem dat dit van belang is vir meer as 80% van die bevolking. Daar is meer as 6 400 kaste in Indië.567

8.15.3 GEVOLGTREKKING

Die verlening van staatskap vir Nagaland het waarskynlik die politieke aspirasies van baie gematigde Nagas bevredig.568 Dit was gesien as ‘n kompromis tussen volledige Indiese oorheersing en ‘n onafhanklike, soewereine Nagaland. Alhoewel die Nagas aanvanklik steun gehad het van Pakistan en van China, was dit nie sodanig dat dit die sesessie van Nagaland suksesvol kon deurvoer nie. Die Nagas het ook nie daarin geslaag om substansiële internasionale aandag op hulle situasie te vestig nie.

566 Sien Johnstone en Mandryk supra op 309.

567 Sien Johnstone en Mandryk supra op 309.

568 Sien Buchheit supra op 197. 278

8.16 OOS-TIMOR

8.16.1 INLEIDING

Die verloop van die stryd om volledige selfbeskikking in Oos-Timor is baie interessant.569 Drew stel dat die reg van Oos-Timor op selfbeskikking ”unassailable” is.570 Dog het dit, sedert die inval van Indonesië in Oos-Timor in 1975 tot en met 2002, toe Oos-Timor uiteindelik onafhanklik geword het, sowat 200 000 menselewens, ongeveer 350 000 haweloses en 27 jaar se stryd gekos voordat hierdie “onaantasbare reg” uiteindelik gerealiseer het.

Dit is voorafgegaan deur ‘n jarelange stryd om selfbeskikking. In 1975 het die bevolking ongeveer 680 000 beloop. Teen ‘n aanwas van twee persent per jaar moes die bevolking in 1995 reeds 950 000 gewees het, maar was dit 740 000 waarvan 140 000 vreemdelinge, dit wil sê nie-Timorese was. Oos-Timor was ‘n Portugese (oorsese) provinsie sedert 1896.

‘n Bitter debat tussen, aan die een kant die Verenigde Nasies en Portugal, en aan die ander kant, die Verenigde Nasies en Indonesië het ook gewoed. Indonesië het voortgegaan om Oos-Timor in te lyf as deel van sy gebied, nadat die gebied in 1975 binnegeval is en daarna as Indonesië se 27e provinsie beskou is. Daar is gevolglik bloot van geweld gebruik gemaak om die aangeleentheid aanvanklik op te los. Die VSA het

569 Sien byvoorbeeld Chinkin “East Timor: A Failure of Decolonisation” Australian Yearbook of International Law Vol 20 1999 op 35-54 asook Martin Self-Determination in East Timor: The United Nations, the Ballot, and International Intervention Londen 2001 in die algemeen.

570 Drew “The East Timor Story: International Law on Trial” European Journal of International Law Vol 12 No 4 2001 op 651 en veral op 656. Toe die Internasionale Geregshof in die saak van The East Timor Case (Portugal v Australia) op 30 Junie 1995 uitspraak gegee het (ICJ Reports (1995) 90 en verder), het die hof, alhoewel die saak nie bereg kon word nie omdat Indonesië nie ‘n party voor die hof was nie, tog wel gestel dat dit “irreproachable” is dat die begrip selfbeskikking erga omnes is en dat dit een van die “essential principles” is van die kontemporêre Internasionale Reg. Sien in hierdie verband Antonopoulos “Effectiveness v The Rule Of Law Following the East Timor Case” Netherlands Yearbook of International Law Vol 27 1996 op 75-111. 279

ook nooit ‘n sterk standpunt ingeneem oor hierdie aangeleentheid nie en het ook nie sover gegaan om Indonesië te kritiseer vir sy optrede nie. Trouens, daar kan ook geargumenteer word dat die VSA deur sy gebrek aan optrede, Indonesië se gebruik van geweld, goedgekeur het.

Portugal het in 1991 besluit om ‘n saak voor die Internasionale Geregshof aanhangig te maak teen Australië ingevolge ‘n verdrag van 1989 met Indonesië vir die ontginning van die kus van Oos-Timor wat gevolglik ook te doene sou gehad het met die reg op selfbeskikking.571 In 1995 het die Internasionale Geregshof beslis dat te midde van die

571 Sien Elliot “The East Timor Dispute” The International and Comparative Law Quarterly Vol 27 1978 op 238. 280

de facto oorskakeling van ‘n Portugese kolonie na ‘n Indonesiese provinsie, Oos-Timor steeds de jure ‘n nie-selfregerende gebied bly wat die reg op selfbeskikking het.572 8.16.2 HISTORIESE AGTERGROND

572 Case Concerning East Timor (Portugal v Australia) ICJ Reports (1995) 103 paras 31 en 37. Sien ook Chinkin “East Timor Moves into the World Court” European Journal of International Law Vol 4 1993 op 206-222 asook Maffei “The Case of East Timor before the International Court of Justice - Some Tentative Remarks” European Journal of International Law Vol 4 1993 op 223-238. Sien veral Barrie “The ICJ and Self- Determination: An Opportunity Lost” Tydskrif vir Suid-Afrikaanse Reg Vol 2 1997 op 379- 383 waar hy stel dat Australië se optrede, deur ‘n verdrag met Indonesië te sluit en sodoende de jure erkenning te gee aan die inlywing van Oos-Timor by Indonesië, neerkom op ‘n verontagsaming deur Australië van die beginsel dat ‘n gebied nie deur geweld verkry mag word nie. Hy is van mening (op 381) dat die Internasionale Geregshof ‘n gulde geleentheid verby laat gaan het om sy misnoeë uit te spreek oor erga omnes verpligtinge wat op state rus en dit deurdat die hof nie bereid was om die vereistes oor die toestemming tot jurisdiksie te verslap nie. 281

Timor is ‘n eiland geleë aan die noordwestelike kus van Australië en is polities verdeeld in twee gedeeltes vir eeue. Die oostelike gedeelte wat ‘n oppervlak van 18 899 vierkante kilometer beslaan het ongeveer 600 000 inwoners en was onder Portugese koloniale heerskappy sedert 1586 en het dit in 1896 ‘n Portugese provinsie geword. Die westelike gedeelte van die eiland het, nadat dit onder Nederlandse koloniale regering gestaan het, deel van Indonesië geword in 1946 toe Indonesië onafhanklik geword het.573

Sedert 1960 is Oos-Timor deur die Verenigde Nasies as ‘n nie-selfregerende gebied beskou. In 1974, toe die politieke bestel in Portugal verander het, het Portugal die reg van die mense van Oos-Timor erken op selfbeskikking en besluit dat die toekoms van Oos-Timor deur ‘n “Assembly” beslis moet word wat deur middel van ‘n algemene, geheime en direkte verkiesing gehou moes word in 1976.574

573 Sien Elliot supra op 2

574 Sien Cassese supra op 224. 282

Dit het bykans onmiddellik daarna tot gevolg gehad dat twee opponerende politieke bewegings naamlik die Fretilin, ook bekend as die Rewolusionêre Front vir die Onafhanklikheid van Oos-Timor en die MAC, ook bekend as die Anti-Kommunistiese Beweging, eise gestel het ten opsigte van Oos-Timor. Eersgemelde beweging het die onafhankheid van Oos-Timor geëis terwyl laasgemelde beweging die integrasie van Oos-Timor by Indonesië geëis het. Op 28 November 1975 het die Frelitin die onafhanklikheid van Oos-Timor verklaar. Op 7 Desember 1975 het Indonesiese troepe Oos-Timor ingeval. Portugal het onmiddellik beswaar aangeteken in die Verenigde Nasies en het die Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad Portugal se besware gehandhaaf en die inval van Indonesië as ongeldig verklaar. Dit het nie verhoed dat gemeenskappe in totaliteit uitgewis is en soveel as veertig persent van die bevolking (wat bestaan het voor die Indonesiese inval), tussen 1975 en 1980 gesterf het nie.575 Die Verenigde Nasies het egter nie sover gegaan deur te verklaar dat Indonesië se inval in Oos-Timor op ‘n daad van aggressie neerkom nie.576 Ten spyte van verklarings en teenstand teen Indonesië se optrede is daar voortgegaan om op 31 Mei 1976 ‘n sogenaamde “Regional Popular Assembly” daar te stel wat ‘n tussentydse regering op die been gebring het. Gemelde beweging is nie deur ‘n verkiesing daargestel nie en het hulle ook dan voortgegaan om ‘n besluit te neem dat Oos-Timor by Indonesië ingelyf word.577

Op 17 Julie 1996 het die wetgewer in Indonesië Wet 7 van 1976 gepromulgeer wat Oos- Timor die 27e provinsie van Indonesië gemaak het.

8.16.3 PORTUGAL SE STANDPUNT

Portugal het altyd daarop aanspraak gemaak dat hy die enigste entiteit is wat geregtig is in terme van die Verenigde Nasies Handves, en in sy kapasiteit as administrerende

575 Sien Carey (red) East Timor at the Crossroads: The Forging of a Nation Londen 1995 op 6.

576 Sien Verenigde Nasies Resolusie GA 3485(XX) van 12 Desember 1975.

577 Sien Cassese supra op 225. 283

gesag van die nie-selfregerende gebied van Oos-Timor, om namens Oos-Timor te praat en seker te maak dat die reg van die mense van Oos-Timor tot selfbeskikking, verwesenlik word. Portugal het ook gesê dat die “Regional Popular Assembly” wat in 1975 deur die tussentydse regering van Oos-Timor daargestel is, in sy besluit om te integreer by Indonesië nie die vrye en ware wil van die mense van Oos-Timor verkondig het nie. Volgens Portugal het die besetting van Indonesië die bevolking van Oos-Timor verhoed om ‘n vrye keuse uit te oefen.

8.16.4 DIE STANDPUNT VAN INDONESIË

Indonesië is van mening dat die inwoners van Oos-Timor ‘n kans gegun is om te besluit of hulle wil integreer by Indonesië of nie, toe die “Regional Popular Assembly” oor die saak besluit het in 1976. Indonesië sê ook dat voordat inlywing plaasgevind het, Indonesië die Verenigde Nasies versoek het om ‘n afvaardiging te stuur om hulleself te vergewis van die wense van die bevolking van Oos-Timor, maar het die Verenigde Nasies dit geweier. Indonesië is gevolglik van mening dat die mense van Oos-Timor hulle vrye keuse uitgeoefen het en dus hulle reg tot selfbeskikking uitgeoefen het.

8.16.5 BEOORDELING

Dit is onbetwisbaar so dat die mense van Oos-Timor nie die geleentheid gegun is om vrylik hulle wense uit te oefen in ‘n referendum onder Verenigde Nasies beheer ten einde hulle vrye wil uit te oefen nie.

In hierdie geval het ‘n raad eenvoudig ‘n besluit geneem en is die wense van die mense van Oos-Timor nie by wyse van ‘n referendum getoets nie. Daarbenewens het hierdie besluit geskied terwyl daar reeds militêre okkupasie plaasgevind het. Daar kan gevolglik geargumenteer word dat hier ‘n ontkenning was van die reg van hierdie mense tot selfbeskikking. Die algemene reël is dat die mense die reg moet hê om self hulle internasionale en interne politieke en regstatus te kies.

Daar kan geargumenteer word dat politieke redes die oorsaak was dat die Verenigde 284

Nasies nie drastieser maatreëls aangeneem het om te verseker dat die mense van Oos- Timor se reg op selfbeskikking verwesenlik is nie. So byvoorbeeld het die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies nie voortgegaan om die inval van Indonesië in Oos-Timor as ‘n verbreking van Artikel 2(4) van die Verenigde Nasies Handves te beskou nie. Ook die VSA het geen stappe geneem om te sorg dat Indonesiese troepe onttrek uit Oos-Timor nie. Laasgemelde kan waarskynlik toegeskryf word aan die strategiese belang van Indonesië vir die Weste. So byvoorbeeld het die VSA se adjunk- regsadviseur, George Aldrich op 19 Julie 1977 voor die Subkomitee vir Internasionale Organisasies van die VSA se Huis van Verteenwoordigers se Komitee vir Internasionale Verhoudings gestel dat die VSA hulleself gebonde ag aan Artikels 55 en 56 van die Verenigde Nasies Handves om respek vir die reg op mense se selfbeskikking te bevorder, maar het Aldrich gestel dat dit versoen moet word met die VSA se politieke belange naamlik: The US Government did not question the incorporation of East Timor into Indonesia at the time [in 1976]. This did not represent a legal judgment or endorsement of what took place. It was, simply, the judgment of those responsible for our policy in the area that the integration was an accomplished fact, that the realities of the situation would not be changed by our opposition of what had occurred, and that such a policy would not serve our best interests in light of the importance of our relations with Indonesia.

Aldrich het voortgegaan en gestel dat die VSA die huidige feitelike situasie as vertrekpunt sal neem. Dit is duidelik uit hierdie houding van die VSA dat die VSA en ook ander state hulle eiebelang belangriker beskou as dat daar ooreenkomstig die beginsels van die Internasionale Reg opgetree word. So het ook ledestate van die Europese gemeenskap op ‘n wyse opgetree wat beskou kan word as ‘n ontkenning van die reg op selfbeskikking.

Verskeie interessante vrae het uit die okkupasie deur Indonesië van Oos-Timor voortgespruit, waaronder die vraag of die feitelike situasie amptelik erken moes word of nie. Australië het byvoorbeeld van die uitgangspunt uitgegaan dat die realiteit van die situasie erken moet word, en dat die anneksasie as effektief beskou moet word. Dit is natuurlik weereens ‘n totale ontkenning van die internasionale regsreëls wat reeds ten opsigte van selfbeskikking ontwikkel het. Ander state het die anneksasie deur Indonesië 285

as onwettig beskou. Die Verenigde Nasies het laasgemelde standpunt ondersteun.

8.16.6 ONAFHANKLIKHEID

Die reg op selfbeskikking van die mense van Oos-Timor het in vervulling gegaan toe die staat onafhanklik geword het gedurende 2002 na ‘n presidensiële verkiesing op 14 April 2002. Dit is voorafgegaan met ‘n besluit van die Indonesiese “People’s Consultative Assembly” op 15 Oktober 1999 waarin die gewraakte wet van Julie 1976, ingevolge waarvan Oos-Timor geannekseer is, herroep is.578 Daarna het die Oorgangsadministrasie van die Verenigde Nasies beheer oor die gebied geneem. Teen November 1999 het die laaste troepe van Indonesië die gebied verlaat. Ongeveer 200 000 tot 250 000 vlugtelinge het (toe) reeds na Oos-Timor teruggekeer.579

Soos Drew dit stel, het Oos-Timor se reg op selfbeskikking waarskynlik eerder daarin gelê dat dit ‘n kolonie van Portugal was eerder as wat dit ‘n geval was dat dit afgeskei het van Indonesië.580 Sy is van mening dat die reg op selfbeskikking ‘n harde kern het wat daaruit bestaan dat die mense van die gebied geregtig is op selfbeskikking as ‘n proses en selfbeskikking as substansie. In haar woorde was die mense van Oos-Timor geregtig op: not only to a particular process (one that embodied a free choice over their political and territorial destiny), but - pending that process - a number of additional substantive rights (e.g. the right to territorial integrity, demographic integrity, natural resources, etc.).581

8.17 PALESTINA

578 Drew supra op 654.

579 The Economist 13 April 2002 op 64.

580 Drew supra op 656.

581 Drew supra op 664. Sien ook Elliott supra op 249 wat (reeds in 1978) geargumenteer het dat sou Indonesië se anneksasie aanvaar gewees het, dit ‘n presedent vir verskeie ander moontlike anneksasies sou skep. Sien ook in die algemeen Barrie “The ICJ and Self- Determination: An Opportunity Lost” Tydskrif vir Suid-Afrikaanse Reg Vol 2 1997 op 379- 383. 286

8.17.1 INLEIDING

Die Israel-Palestynse kwessie is vandag een van die moeilikste vraagstukke om op te los in die Internasionale Reg. Die vraag of die Palestyne die reg op selfbeskikking het en indien wel, wat die inhoud van daardie regte moet wees, het al baie menselewens gekos terwyl die antwoorde soekend bly. Nie alleen is daar moeilike vrae wat ontstaan nie, maar is die aangeleentheid omstrede en skep dit verdeeldheid in die internasionale wêreld. Die vraag of die Palestyne die reg het op selfbeskikking, laasgemelde wat deur die Palestyne opgeëis word, is deur bykans al die state in die wêreld erken. Chomsky582 stel dat: they have essentially equal rights within the territory of the former Palestine. Each group has a valid right to national self-determination in this territory. Furthermore ... the State of Israel within its pre-June 1967 borders had, and retains, whatever one regards as the valid rights of any state within the existing international system.583

Tog bly dit steeds ‘n vraag of die reg op selfbeskikking nie reeds, soos Israel al aangevoer het, uitgeoefen is deur die daarstelling van Jordanië nie. Verskeie faktore speel ‘n rol by die huidige Israel-Palestynse kwessie, waaronder (veral) Groot-Brittanje se rol met die mandaat wat uitgeoefen is oor Palestina, die feit dat Jode geïmmigreer het na Palestina as gevolg van vervolging deur Nazi Duitsland, die frustrasie onder Arabiere omdat hulle uitgesit is uit ‘n land waar hulle voorheen ‘n meerderheid was, die religieuse dimensie van die konflik en die fisieke konflik wat telkens tot uitbarsting kom.

Die stryd woed om hoofsaaklik drie gebiede naamlik die Wes-Oewer, die Gasa Strook en Oos-Jerusalem.584 Hierdie gebiede beslaan maar ongeveer 6 500 vierkante

582 Chomsky Fateful Triangle: The United States, Israel and the Palestinians Londen 1999 op 39.

583 Chomsky supra 39.

584 Sien Johnstone en Mandryk supra op 504 waar gestel word dat Palestina se bevolking in 2000 3,3 miljoen beloop het en dat daar 5,2 miljoen Palestyne wêreldwyd is waarvan 70% “displaced” is. 287 kilometer.585

8.17.2 HISTORIESE AGTERGROND

585 Ten opsigte van die vraagstuk van die regte van die Palestyne tot selfbeskikking sien Knight en Davies Self-Determination: An Interdisciplinary Annotated Bibliography New York en Londen 1987 op 169 en verder. 288

Die oorsprong van die Palestynse probleem kan teruggevoer word na die botsende ondernemings wat deur die Britte gegee is in die jare 1915 tot 1918. Vanaf 1915 tot 1916 het Britse owerhede, in hulle poging om Arabiese ondersteuning te kry vir hulle oorlog teen die Ottomaanse Ryk, vir Hoessein, die Emir van Mekka, daarvan verseker dat Groot-Brittanje bereid was om die onafhanklikheid van die Arabiere in alle streke binne die perke wat geëis word deur die Sjerif van Mekka, te ondersteun.586 Net meer as ‘n jaar later het die Britse Buitelandse Sekretaris, Lord Balfour, ‘n brief geskryf aan Baron Rothschild. Dit het bekend geraak as die Balfour Deklarasie. Daarin is gestel dat Groot-Brittanje, wat op daardie tydstip Palestina as gebied geokkupeer en geadministreer het, die Wêreld Sioniste Organisasie in kennis gestel het dat dit ten gunste is daarvan dat ‘n tuisland vir die Jode in Palestina tot stand kom welke staat nie die burgerlike en godsdienstige regte van (huidige) nie-Jode moet benadeel nie.587

Laasgemelde het natuurlik die hoop vir die Jode laat opvlam, maar was olie op die vuur vir die Palestyne. In 1919 het ‘n memorandum van Lord Balfour weer melding gemaak van die emansipasie van die Arabiese bevolkings en die daarstelling van nasionale regerings en administrasies wat deur die inisiatief en vrye keuse van die inheemse bevolkings daargestel moet word. Gemelde optrede is aanduidend van die teenstrydighede in die Britse beleid. So is ook verklaar: Palestine should be excluded from the terms of reference because the Powers (have) committed themselves to the Zionist programme, which inevitably excluded numerical self-determination. Palestine present[s] a unique situation. We are dealing not with the wishes of an existing community but are consciously seeking to re-constitute a new community and definitely building for a numerical majority in the future.588

Hierdie ondernemings van Brittanje teenoor beide die Arabiere en Jode is waarskynlik een van die grootste oorsake van die konflik wat nou nog in Israel heers. Die Arabiere glo naamlik dat die Balfour Deklarasie ‘n ontkenning van die reg op selfbeskikking

586 Sien in hierdie verband Cassese supra op 232.

587 Cassese supra op p232.

588 British Government Public Records Office Foreign Office No 371/4183 1919. 289 daarstel. Balfour het wel melding gemaak daarvan dat: ...nothing shall be done which may prejudice the civil and religious rights of the existing non-Jewish communities in Palestine.589

589 Chomsky supra op 90. 290

Geweld het uitgebreek op verskeie geleenthede en die toevlug van Jode na hierdie gebied tydens die Tweede Wêreldoorlog het sake vererger. Die Britse regering het gevolglik die Palestine Royal Commission daargestel wat ‘n plan moes uitwerk vir die streek. Hierdie kommissie het bevind dat die Jode en Arabiere nie versoen kan word nie en het aanbeveel dat Palestina gepartisioneer word in ‘n Arabiese staat en ‘n Joodse staat en dat Jerusalem en Betlehem neutrale gebiede onder Britse administrasie moet wees. Sionistise leiers het voorbehoude oor hierdie voorstel gehad, terwyl Arabiere dit in totaliteit verwerp het. Daarna het Brittanje die saak na die Verenigde Nasies verwys en die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het ‘n spesiale komitee daargestel om hierdie saak te ondersoek. Die meerderheid van hierdie komitee het partisie voorgestel, naamlik dat daar ‘n Arabiese en Joodse staat tot stand kom met ‘n internasionale sone in Jerusalem terwyl die minderheid ‘n federale unie tussen ‘n outonome Arabiese en Joodse streek gepropageer het. Op 29 November 1947 het die Algemene Vergadering Resolusie 181(II) aanvaar ingevolge waarvan Palestina gepartisoneer moes word in ‘n Arabiese staat en ‘n Joodse staat met ‘n internasionale sone in Jerusalem.590

590 Sien Cassese supra op 233-234. 291

Hierdie resolusie is verwerp deur die Arabiere wat binne Palestina gebly het asook die Arabiese state aangrensend aan hierdie gebied. Dit het tot gevolg gehad dat, toe Brittanje onttrek het van die gebied en die Sionistiese leiers onder leiding van David Ben Gurion die staat van Israel op 15 Mei 1948 aangekondig het, Egipte, Sirië, Libanon en Jordanië die gebied binnegeval het. Teen die einde van die oorlog wat hieruit voortgespruit het, het Transjordanië die Wes-Oewer in besit geneem, was Egipte in besit van die Gasa Strook en het Israel ongeveer drie persent meer van Palestina besit as wat die Verenigde Nasis toegelaat het en het 750 000 Palestyne in vreemdelingskap verkeer. Die oorlog tussen Israel en die Arabiere in Julie 1967 het tot gevolg gehad dat die kaart van die streek weer heropgestel moes word (sowat 430 000 van die bevolking van ongeveer 1,4 miljoen het hulle wonings verlaat591), aangesien Israel na afloop van hierdie oorlog die Wes-Oewer beset het sowel as die Gasa Strook, Oos-Jerusalem, die Sinaï woestyn asook die Golan hooglande. Die Sinaï woestyn is later teruggegee aan Egipte as deel van die Camp David Ooreenkoms van 17 September 1978. Die ander gebiede het onder Israeliese beheer gebly.592

Alhoewel die Camp David Ooreenkoms nie melding maak van die reg op selfbeskikking van die Palestyne nie, maak dit wel voorsiening vir ‘n algemene raamwerk vir die geleidelike verkryging van volledige outonomie van die inwoners van die Wes-Oewer en die Gasa Strook en dat die finale status van die gebiede later bepaal sou word.

Op 15 November 1988, na 21 jaar van Israeliese okkupasie van die Wes-Oewer en die Gasa Strook het die Palestynse Nasionale Raad die daarstelling van die staat van Palestina afgekondig.593 In hierdie verklaring van onafhanklikheid word dan ook gestel dat die reg op selfbeskikking hierdeur uitgeoefen is. Onder meer is verklaar: By virtue of the natural, historical and legal right of the Palestine Arab people to its homeland Palestine...

591 Chomsky supra 97. Dit was trouens Israel se uitgangspunt om die infrastruktuur van die Palestynse gemeenskap te vernietig. Sien Chomsky supra op 134-135.

592 Sien Cassese supra op 234-235.

593 Sien Boile “The Creation of the ” European Journal of International Law Vol 1 1990 op 301-306. 292

...on the basis of the international legitimacy embodied in the resolutions of the United Nations since 1947, and Through the exercise by the Palestinian Arab people of its right to self-determination, political independence and sovereignty over its territory...594

8.17.3 ISRAEL SE STANDPUNT

Die Israeliese regering regverdig sy voortgesette okkupasie van die Wes-Oewer en die Gasa Strook op twee gronde: 1. Die relatiewe verhewenheid van Israel se aanspraak bo diegene wat in beheer was voor 1967; en 2. Israel se reg op selfverdediging.

594 Gowlland-Debbas “Collective Responses to the Unilateral Declarations of Independence of Southern Rhodesia and Palestine: An Application of the Legitimizing Function of the United Nations” British Yearbook of International Law 1990 op 138. 293

Israel is dan ook van mening dat hy nie beskou kan word as ‘n “occupying power” binne die betekenis van die Vierde Geneefse Konvensie van 1949 nie, as gevolg van die sui generis situasie in hierdie gebied. Israel stel dat die Geneefse Konvensie slegs toepassing kan vind waar een staat ‘n ander staat okkupeer, indien laasgemelde staat onder die soewereiniteit van ‘n ander gebied val. Aangesien, volgens Israel, die Arabiese state wat hierdie gebiede geokkupeer het voor 1967 nie wettige soewereiniteite in daardie gebiede was nie, is Israel nie gebonde aan die Geneefse Konvensie nie.595

Wat betref die regte van die Palestyne tot selfbeskikking is die Israelse posisie uiteengesit deur die Israeliese afgevaardigde, Professor Blum, in ‘n toespraak op 2 Desember 1980 in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Hy het die volgende stellings gemaak: 1. Die Palestynse Arabiere het reeds selfbeskikking in hulle eie gebied verkry naamlik in Jordanië en is dit gevolglik vals om te verkondig dat die

595 Sien Cassese supra op 235-236. 294

Palestynse Arabiere nie ‘n staat van hulle eie het nie.596

596 Die presiese bewoording was soos volg: “The Palestinian Arabs have long enjoyed self-determination in their own State - the Palestinian Arab State of Jordan. As is well known, the Palestine Mandate originally embraced territory on both sides of the River Jordan. It was in that territory that the League of Nations Mandate provided for the establishment of the Jewish National Home. In 1921 Great Britian decided to establish on the area 295

east of the river an emirate under Abdullah ibn Hossein of the Hashemite family of Mecca. That area - Transjordan - comprised about three quarters of the total territory of the Palestine Mandate. In 1922 the “Jewish National Home” articles of the Mandate were declared inapplicable to Transjordan, which nevertheless remained an integral part of Mandated Palestine. With the passage of time, Transjordan became in 1946 an independent State, subsequently renamed “Jordan”. Thus there was established an independent Arab State on the territory of Palestine. The independent Jewish State in Palestine - that is Israel - was established only two years later, in 1948. By virtue of its history, territory population and culture, Jordan remains the Palestinian Arab State. The Palestinian-Arabs have achieved their self-determination there. More than two- thirds of Jordan’s citizens are Palestinian Arabs, and, similarly, the vast majority of Palestinian Arabs are Jordanian citizens. Palestinian Arabs are the backbone and mainstay of the country. It is patently false, therefore, to maintain that the Palestinian Arabs do not have a State of their own”. (GAOR XXXVth Session Plenary Meetings 77th Meeting 1318 paras 108-109). 296

2. Die eis van Palestyne om hulle reg op selfbeskikking uit te oefen binne die Wes-Oewer en Gasa Strook is ongegrond aangesien daar voor 1967 geen eis vir die daarstelling vir die Palestynse staat in hierdie gebiede was nie en dit sou neerkom op die daarstelling van ‘n tweede Palestyns- Arabiese staat.597

597 Dit lui soos volg: “Much has been made in recent years of the need for a so-called Palestinian State in Judea, Samaria and the Gaza District. It will be recalled that before 1967 Israel did not control those territories. Yet there was no demand then for the establishment of a ‘Palestinian State’ in those areas. The Arab States which now so sanctimoniously preach about the necessity for such a State in those areas did scarcely anything at the time - and this was despite the fact that Judea, Samaria and the Gaza District were under Arab control between 1949 and 1967. The explanation for this is very simple: the entire world knew that the Kingdom of Jordan is the Arab State in Palestine just as the State of Israel is the Jewish State in Palestine. After their defeat in the six-day war of 1967 the Arabs 297

3. Ten einde ‘n aanvaarbare oplossing vir die Arabiese bevolking van die Wes- Oewer en die Gasa Strook te verkry is Israel bereid om volle outonomie aan die inwoners van hierdie gebiede te gee soos ooreengekom binne die raamwerk van die Camp David Ooreenkoms van 1978.598

changed their strategy. Recognizing their inability to destroy Israel by force of arms, they explored alternative avenues to reach the same goal. Arab tacticians seized upon slogans and a terminology that would catch on in the political climate which had developed in the world by that time. They estimated that they stood more to gain by promoting the alleged existence of a second Palestinian Arab people, entitled to self-determination in a second Palestinian Arab State, in addition to Jordan”. (GAOR XXXVth Session Plenary Meetings 77th Meeting 1318 paras 112-113).

598 Die bewoording lui soos volg: “The Camp David framework invites the Palestinian Arab residents of Judea, Samaria and the Gaza District to play an active role in shaping their future by calling on them to participate not only in the current negotiations but also in the negotiations which will determine the final status of the areas they live in as well as in the eventual negotiations on a peace treaty between Israel and Jordan, in which the delimitation of boundaries between the two countries will be agreed. The programme of autonomy which we have proposed for the Palestinian Arab inhabitants of Judea, Samaria and the Gaza District, as accepted in principle in the Camp David Frameworks, is the first practical proposal to be advanced to provide a dignified solution for the needs of the Arab population of those areas. It comes in place of all the empty declarations with which the Palestinian Arabs concerned have been deluded by States and organizations over the years”. 298

Hierdie standpunt van Israel is deurgaans gehandhaaf. Trouens, Israel het aanvanklik die bestaan van die Palestyne probeer ontken. In die woorde van David Ben Gurion:

(GAOR XXXVth Session Plenary Meetings 77th Meeting 1318 paras 130-131). 299

... there is no conflict between Jewish and Israel nationalism because the Jewish Nation in not in Palestine and the Palestinians are not a nation.599

Soos later aangetoon sal word, was daar somtyds meer toeskietlikheid ten opsigte van die standpunt van Israel in die ontkenning van die bestaan van Palestina en die regte van die Palestyne.

8.17.4 DIE PALESTYNSE BEVRYDINGSORGANISASIE SE STANDPUNT

Die Arabiere het die posisie van Brittanje na die Eerste Wêreldoorlog gesien as een wat die daarstelling van ‘n Joodse staat bevorder en die reg op selfbeskikking van die Palestyne ontken. Volgens die Arabiere het die 1922 mandaat vir Palestina, laasgemelde wat die Balfour-deklarasie ingesluit het, geskied in stryd met die beginsels van die Internasionale Reg. Hulle is verder van oordeel dat dit in stryd was met Artikel 22 van die Handves van die Volkebond en wel op grond van drie redes: 1. Die mandaat is nie daargestel om die belange en ontwikkeling van die inwoners te bevorder nie. 2. Die rol van die mandaathouer was nie beperk tot die verlening van administratiewe advies en ondersteuning aan die Palestynse bevolking nie, maar het die mandaathouer volle magte van wetgewing en

599 Chomsky supra op 51. Golda Meir het in dieselfde trant verklaar dat: “[I]t was not as if there was a Palestinian people in Palestine considering itself as Palestinian people and we came and threw them out and took their country away from them. They did not exist”. Sien in hierde verband Londen Sunday Times 15 Junie 1969 soos aangehaal in Chomsky supra op 51 en ook op 161 waar hy verwys na talle uitsprake van Israeliese leiers waaronder dié van Menachim Begin in 1948: “The partition of the Homeland is illegal. It will never be recognized”. 300

administrasie verkry en was hierdie magte nie in die belang van die inwoners uitgeoefen nie. 3. Die wense van die bevolking is geheel en al geïgnoreer.600

Die amptelike posisie van die Palestyne word gereflekteer in ‘n toespraak wat deur Jasser Arafat op 13 November 1974 gehou is as voorsitter van die uitvoerende komitee van die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PLO) in ‘n toespraak in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Sy standpunt kan soos volg saamgevat word: 1. Sionistiese immigrante wat Palestina geokkupeer het in die verlede “became the elements of settler colonialism intimately allied to racial discrimination”. 2. Na die oorlog in 1976 het Israel onwettiglik Arabiese gebiede geokkupeer wat derhalwe nou onderworpe is aan vreemde oorheersing.

600 Sien in hierdie verband Cassese supra op 237. 301

3. Die PLO in sy kapasiteit as die enigste verteenwoordiger van die Palestynse volk het die reg om ‘n onafhanklike nasionale staat daar te stel op alle bevryde Palestynse gebied.601

Dit is gevolglik duidelik dat die PLO homself sien as die wettige verteenwoordiger en vertolker van die Palestynse volk en saak en dat daar aanspraak gemaak word op die reg op selfbeskikking deur drie begrippe telkens op die voorgrond te plaas, naamlik kolonialisme, rassisme en vreemde oorheersing.

In 1981 het die PLO se Nasionale Raad eenparig ‘n resolusie aanvaar wat die voorstel van president Brezhnev aanvaar waarin hy die situasie soos volg uitgedruk het: The inalienable rights of the Arab people of Palestine must be secured up to, and including, the establishment of their own state. It is essential to ensure the security and sovereignty of all states of the region including those of Israel. These are the basic principles.602

Laastens is die PLO van mening dat hy die reg het om ‘n onafhanklike Palestynse staat daar te stel.

8.17.5 DIE POSISIE VAN DIE VERENIGDE NASIES

601 Cassese supra op 238.

602 Sien Chomsky supra op 77-78. 302

Nadat Israel tot stand gekom het, het die Verenigde Nasies hoofsaaklik aandag gegee aan die vlugtelingsprobleem en die reg van persone om terug te keer na hierdie gebied. So is gestel dat vlugtelinge wat graag wou terugkeer na hulle aanvanklike tuiste en in vrede met hulle bure wou lewe toegelaat moes word om dit so gou as moontlik te doen.603

Ook het die Veiligheidsraad deur middel van Resolusie 242 op 22 Novermber 1967 nie eers melding gemaak van die reg van die Palestyne op selfbeskikking nie. Dit was eers daarna dat melding gemaak is van die reg van die Palestyne op selfbeskikking. So het die Verenigde Nasies op 10 Desember 1969 die onvervreembare regte van die Palestyne erken deur middel van Resolusie 2535/B(XXIV) asook op 8 Desember 1970 deur Resolusie 2672/C(XXV) wat gestel het dat die mense van Palestina geregtig is op gelyke regte en selfbeskikking in ooreenstemming met die Handves van die Verenigde Nasies.

In 1973 het Arabiese state die PLO gesien as die enigste wettige verteenwoordiger van die Palestynse bevolking en het die Verenigde Nasies die PLO genooi om deel te wees van sy verrigtinge. Op 22 November 1974 het die Algemene Vergadering Resolusie 3236(XXIX) aanvaar wat die regte van die Palestyne tot selfbeskikking herbevestig het. Westerse state erken ook die reg op selfbeskikking van die Palestyne, maar stel nie hoe dit uitgeoefen moet word nie.604

603 Sien in hierdie verband Resolusie 194(III) van 11 Desember 1948.

604 Sien Cassese supra op 238-239. 303

Gevolglik kan dit aanvaar word dat feitlik alle state erken dat die Palestyne geregtig is op selfbeskikking. Hierdie reg word gebaseer op buitelandse militêre okkupasie en dat die reg op selfbeskikking van die Palestyne nie die bestaan, sekuriteit en onafhanklikheid van Israel as ‘n soewereine staat in gevaar moet stel nie. Daarbenewens moet die doelwitte wat gestel word deur vreedsame onderhandelings plaasvind. Wat nie duidelik is nie, is hoe die reg op selfbeskikking uitgeoefen moet word en of ‘n referendum of ‘n verkiesing gehou moet word. Verdere vrae ontstaan oor die tussentydse fases van selfregering en outonomie aangesien daar nog geensins daaroor besluit is nie. Ook bestaan daar nog geen sekerheid oor die gebied waarop hierdie reg op selfbeskikking uitgeoefen moet word nie, en is die hele vraagstuk ten opsigte van Palestina steeds in onduidelikheid en omstredenheid gehul.605

Wat wel vasstaan is dat hier twee groepe is wat totaal onversoenbaar is ten opsigte van hulle strewes en dat volledige skeiding die enigste werkbare oplossing sal bied indien tot ‘n vergelyk of ‘n besluit gekom kan word oor die uiteindelike gebiede wat hierdie twee state wettiglik op aanspraak mag maak. Wat inderwaarheid gebeur in die gebied bekend as Palestina en nou ook as Israel is dat die Arabiere en Jode wat beide geregtig is op selfbeskikking mekaar se regte (en bestaan) ontken.

Dit dien verder vermeld te word dat ‘n referendum in hierdie gebiede verdere probleem- vrae laat opduik. Die eerste is dat daar okkupasie deur Joodse immigrante plaasgevind het (en steeds plaasvind) en die vraag ontstaan of hierdie persone enigsins geregtig sou wees om te stem. Die antwoord blyk te wees dat dit nie die geval behoort te wees nie, maar sal dit moeilik wees in praktyk om te bepaal wie van hierdie persone op watter tydstip in hierdie gebiede gevestig was, en wie nie. Dit blyk dat internasionale reaksie en besluitloosheid die probleem inderwaarheid vererger het en dat die rol van die VSA in baie opsigte aan kritiek onderwerp kan word soos Noam Chomsky in talle van sy werke reeds uitgespel het.

605 Sien Cassese supra op 239-242. 304

8.17.6 DIE OOREENKOMS VAN 13 SEPTEMBER 1993

Op 13 September 1993 het Israel en die PLO die Declaration of Principles on Interim Self-Governing Arrangements geteken. Gemelde deklarasie maak weereens nie melding van selfbeskikking nie, maar verwys wel na die besluite van die Veiligheidsraad naamlik Resolusies 242 en 338. Daar word wel melding gemaak in Artikel 3 na die realisering van die wettige regte van die Palestynse bevolking en hulle geregverdigde noodsaaklikhede. Daar kan wel geargumenteer word dat die ooreenkoms gesluit is as gevolg van die aanspraak van die Palestyne op selfbeskikking in hierdie gebiede. So maak dit wel voorsiening vir interne selfbeskikking deurdat Artikel 3 (1 en 2), dit soos volg uiteensit: In order that the Palestinian people in the West Bank and may govern themselves according to democratic principles, direct, free and general political elections will be held for the Council (the Palestinian Interim Self-Government Authority) under agreed supervision and international observation, while the Palestinian police will ensure public order. These elections will constitute a significant interim preparatory step toward the realization of the legitimate rights of the Palestinian people and their just requirements.606

Gemelde raad sal dus wetgewende, uitvoerende en regterlike funksies uitoefen en sal die Palestynse Raad wat deur die Israeliese Burgerlike Administrasie daargestel is, ontbind en die Israeliese militêre regering vanaf die Wes-Oewer en Gasa Strook onttrek word. Dit moes geskied binne vyf jaar vanaf 13 April 1994 en moes die Palestyne ‘n volwaardige selfregering hê binne gemelde tydperk.

Die deklarasie maak egter geen melding van eksterne selfbeskikking nie. Dit is wel so dat hierdie deklarasie die een of ander permanente status daar wil stel ten opsigte van die Wes-Oewer en die Gasa Strook.

8.17.7 GEVOLGTREKKING

606 Sien Cassese supra op 243. 305

Dit is al geargumenteer dat selfbeskikking ‘n proses is en kan hierdie stap gesien word as een van die stappe in die proses na die uiteindelike volwaardige eksterne selfbeskikking van die staat van Palestina. Hieroor sal egter onderhandel moet word en die geweld wat in hierdie gebied heers sedert einde 2001 en gedurende 2002 het enige onderhandelings bemoeilik, en sal tyd moet leer wat die uiteinde van hierdie situasie sal wees.

8.18 QUEBEC

8.18.1 HISTORIESE AGTERGROND Quebec is een van die tien provinsies en twee nasionale gebiede wat die federale parlementêre staat van Kanada daarstel. In Quebec is daar ‘n bevolking van ongeveer ses en ‘n half miljoen mense waarvan 80% Franssprekend is. Die Franssprekendes maak 21% van die 31 miljoen inwoners van Kanada uit.607 Die Franse het hulle in 1608 in die gebied gevestig, maar het die Britte die gebied in 1759 verower. Deur middel van die Verdrag van Parys van 1763, wat ‘n formele einde aan die Seven Years War in Europa gemaak het, is die soewereiniteit oor Quebec vanaf Frankryk na Groot-Brittanje oorgedra. Toe die British North America Act die staat van Kanada daargestel het in 1867, het Quebec ook deel van hierdie federale staat geword.608

’n Honderd jaar later het Quebec as ‘n industriële mag binne Kanada begin verrys en het dit ‘n offensief teen die Engelssprekende gedeelte van Kanada begin vir groter outonomiteit.609 Eers het dit deur middel van ‘n stille rewolusie gebeur wat deur die Frans-Kanadese middelklas begin is. Groter verteenwoordiging in ekonomiese en kommersiële beslissings in Quebec is geëis en die dominasie van die Anglo-Saksiese

607 Sien Johnstone en Mandryk supra op 143-144. Sien ook Bartkus supra op 180-188.

608 Sien Cassese supra op 248.

609 Sien veral Turp “Self-Determination and Democracy: Canada’s Clarity Act and Quebec’s Fundamental Rights Bill in Collision” in Kly en Kly (reds) In Pursuit of the Right to Self- Determination Clarity Press Inc 2001 op 74-90 en veral op 74 waar hy stel dat: “[s]elf-determination the essence of the claim to political independence” is. 306

belange in Quebec se kommersiële en ekonomiese sfeer is beveg.610 In die laat 1960's en vroeë 1970's is met ‘n taalprogram begin deur Frans-Kanadese nasionaliste wat gestrewe het daarna om die gebruik van Frans in die industrie, besigheid, regstelsel, die wetgewer en in skole verwesenlik te kry.611

610 Sien byvoorbeeld Bartkus supra op 182 waar dit gestel word dat gedurende die grootste deel van die twintigste eeu meer as 80% van die nywerhede van Quebec deur Engelssprekendes in eienaarskap gehou was.

611 Sien Bartkus supra op 180-188. Sien ook in die algemeen Guidon Quebec Society: Tradition, Modernity and Nationhood University of Toronto Press 1988. 307

Laasgemelde het tot gevolg gehad dat Wet 22 in 1974 deurgevoer is wat Frans die amptelike taal van die provinsie van Quebec gemaak het. Die separatistiese Parti Quebecois het dan ook deur middel van die leier daarvan, naamlik Rene Levasque, beheer oor die Quebecse wetgewer verkry in 1976.612

Die Parti Quebecois het sy ondersteuners beloof dat ‘n openbare referendum gehou sou word oor die vraag of Quebec moes afskei vanaf Kanada. In 1980 is ‘n referendum gehou en het 1,9 miljoen mense daarvoor gestem dat Quebec deel bly van Kanada terwyl 1,3 miljoen gestem het ten gunste van onafhanklikheid. Een van die vrese van diegene wat teen onafhanklikheid gestem het, was dat die voorspoed wat Quebec op daardie stadium beleef het, in die slag sou bly deur onafhanklikheid.613

Na verskeie jare van intense onderhandelings en debatte om die spesiale konstitusionele status van Quebec uit te brei en die magte van die provinsiale regering uit te brei, het die Quebec regering in 1987 besluit dat die Constitution Act van 1982 onderskryf sal word indien vyf voorwaardes nagekom word: 1. Duidelike konstitusionele erkening van Quebec as ‘n afsonderlike gemeenskap; 2. Die konstitusionele waarborg van groter magte ten opsigte van immigrasie; 3. Die beperking van federale uitgawes en die magte daartoe met betrekking tot programme wat uitsluitlik onder Quebec se eksklusiewe jurisdiksie val; 4. Veranderinge in die konstitusionele wysigingsprosedure wat vervat is in die 1982-wet; en 5. Quebec se deelname in die daarsteling van regters van Quebec om in die Hooggeregshof van Kanada sitting te neem.614

612 Sien Cassese supra op 248.

613 Sien Cassese supra op 248-249.

614 Sien Cassese supra op 249. 308

In Junie 1988 het die Kanadese volksraad hierdie vyf aangeleenthede bekragtig wat bekendstaan as die Meech Lake Accord. Die Akkoord het verdeeldheid tot gevolg gehad. Twee provinsies, Manitoba en New Brunswick, het ratifikasie van die akkoord weerhou omdat dit onvoldoende beskerming aan die Engelssprekende minderheid in Quebec verleen het, terwyl ‘n derde provinsie naamlik Newfoundland sy aanvanklike ratifikasie teruggetrek het. Daar is verwys na Quebec se provinsiale regering se poging om die beslissing van die Kanadese Hooggeregshof teen te gaan. Laasgemelde het bevind dat Artikel 58 van Quebec se Franse Taalhandves, wat Frans die uitsluitlike taal ten opsigte van publieke en kommersiële tekens maak, nie in ooreenstemming is met die provinsie van Quebec se Handves van Regte nie.615 Die premier van Quebec het egter aangekondig dat nuwe wetgewing steeds sou vereis dat kommersiële eiendomme slegs Franse tekens aan die buitekant daarvan sou moes aanbring, maar dat aan die binnekant daarvan Frans sowel as Engelse tekens vertoon kon word, solank Frans steeds dominant was.

Uiteindelik, in Junie 1990, ook nadat ander besware ingedien is teen die Akkoord, waaronder dié van die wetgewer van die “Cree Indians”, Elijah Harper, wat gestel het dat die Akkoord nie die regte van die 350 000 inheemse Kanadese as ‘n afsonderlike gemeenskap erken nie, het die Akkoord misluk. Die mislukking van die Akkoord het kommentators die mening laat uitspreek dat Quebec se sesessie vanaf Kanada meer as ooit moonlik was.

In 1991 is ‘n provinsiale wet deurgevoer in Quebec (Wet 150) wat voorsiening gemaak het daarvoor dat ‘n referendum voor 26 Oktober 1992 gehou word.616 Voordat die referendum egter gehou kon word het die Kanadese Eerste Minister, Brain Mulrony, ‘n politieke en konstitusionele ooreenkoms bekend as die Charlottetown Agreement gesluit met die 10 provinsiale premiers en die territoriale en inheemse leiers. In terme van hierdie ooreenkoms sou ‘n nasionale referendum gehou word om die Kanadese

615 Sien Cassese supra op 249.

616 Hierdie referendum is nooit gehou nie. 309

Grondwet te verander, en wel soos volg: 1. Quebec sou erken word as ‘n afsonderlike gemeenskap met vergrote magte, hoofsaaklik as gevolg van die Franse taal en kultuur; 2. Quebec sou ‘n kwart van die setels in die Kanadese Volksraad kry, welke ewigdurend sou wees; 3.. Inheemse Kanadese sal erkenning vir hulle inherente reg tot selfregering kry; 4. Die aangestelde Senaat sou vervang word met ‘n verkose kamer met gelyke verteenwoordiging vir alle provinsies.617

Op 26 Oktober 1992 is ‘n referendum in Kanada gehou maar het 54% van die kiesers teen hierdie voorstelle gestem.

8.18.2 QUEBEC SE STANDPUNT

Die Separatistiese Parti Quebecois, alhoewel nie die dominante party in die wetgewer van Quebec nie, het ‘n aansienlike invloed in die wetgewer se aktiwiteite. Dikwels word die reg op selfbeskikking opgeëis as synde die reg waarop aanspraak gemaak word en word gestel dat Quebec die reg het om af te skei (te sesessioneer) en word hulle ook ondersteun deur internasionale regslui van Quebec.618

8.18.3 KANADA SE STANDPUNT

Die regerende Progressiewe Konserwatiewe Party in Kanada steun ook op die beginsel van selfbeskikking maar in die vorm van uitgebreide provinsiale magte (interne selfbeskikking) en is ten gunste van die behoud van die territoriale integriteit van Kanada. Die Liberale Party daarenteen staan vir tien gelyke provinsies met geen

617 Sien Cassese supra op 250.

618 Sien byvoorbeeld Turp “Self-Determination and Democracy” supra op 74-90 se standpunt. Hy is lid van die Kanadese Parlement en was ook Bloc Quebecois se woordvoerder vir Buitelandse Sake vanaf 1997-1999. 310

“distinct society” bepalings nie.619

8.18.4 IS QUEBEC GEREGTIG OP SELFBESKIKKING?

619 Sien Cassese supra op 251. 311

Die vraag is of die inwoners van Quebec die reg het op selfbeskikking. Alhoewel kommentators dit nie eens is nie, is almal dit eens dat daar ‘n voordurende reg van interne selfbeskikking bestaan soos verleen deur Handves van die Verenigde Nasies. Daar word verskil of daar ‘n reg bestaan om af te skei van Kanada.620 Die Internasionale Reg erken nie die reg van outonome streke binne state om hulle internasionale status vrylik te bepaal nie, ongeag of hulle ‘n etniese en kulturele groep verteenwoordig wat te onderskei is van die res van die bevolking. Die kritiek wat gelewer word teen die separatiste van Quebec is dat, waar hulle vir hulleself die reg op sesessie toeëin, hulle soortgelyke regte vir die inheemse groepe binne die streek (daar is omtrent 60 000 Amorinds en Inuit binne Quebec) weier, en bloot stel dat selfregering gegee sal word aan hierdie persone.621

Verder eis die separatiste van Quebec dat hulle ‘n wettige reg het om onafhanklike staatskap op te eis in terme van die Grondwet van Kanada. Daar is egter nie ‘n bepaling

620 Sien Beaugrand “Quebec’s Democratic Right to Self-Determination” in Tangled Web: Legal Aspects of Deconfederation The Canada Round op 15. Sien ook Turp supra op 74 wat stel dat die bevolking van Quebec hulleself as ‘n meerderheid in Quebec sien en nie as ‘n minderheid in Kanada nie en dat hulle ‘n nasie is wat geregtig is op ‘n soewereine en onafhanklike staat. Sien egter die uitspraak van die Hoogeregshof van Kanada in die saak van In re Secession of Quebec (1998) 37 ILM 1340 en verder waarin gemelde hof ‘n opinie gegee het oor die vraag of Quebec die reg het om te sesessioneer van Kanada. Die hof het bevind dat “international law contains neither a right of unilateral secession nor the explicit denial of such a right” en dat die reg op selfbeskikking gewoonlik vervul word deur interne selfbeskikking en dat die reg op eksterne selfbeskikking slegs in buitengewone omstandighede ontstaan. Op bladsy 138 word die hof se standpunt soos volg uiteengesit: “... the international law right to self-determination only generates, at best, a right to external self-determination in situations of former colonies; where a people is oppressed, as for example under foreign military occupation; or where a definable group is denied meaningful access to government to pursue their political, economic, social and cultural development. In all three situations, the people in question are entitled to a right to external self-determination because they have been denied the ability to exert internally their right to self- determination. Such circumstances are manifestly inapplicable to Quebec under existing conditions. Accordingly, neither the population of the province of Quebec, even if characterized in terms of “people”’ or “peoples”, nor its representative institutons, the National Assembly, the legislature or government of Quebec, possess a right, under international law, to secede unilaterally from Canada”.

621 Sien Cassese supra op 252. Daar moet egter gestel word dat hierdie groepe nie aanspraak maak op sesessie nie, maar bloot eise het ten opsigte van grond, beheer oor hulle eie skole, kindersorg, huwelike en egskeidings en ander magte. In Artikels 11 en 12 van Bill 99 (soos wat dit bekendstaan) word wel erkenning gegee aan die regte van hierdie groepe. 312

in die Kanadese Grondwet wat voorsiening maak vir sesessie nie, maar is hierdie separatiste van mening dat ‘n: constitutional convention had evolved in practice regarding Quebec’s right to self- determination.622

Volgens hierdie opinie is hierdie konvensie gebaseer op presedente wat te make het met handelinge wat neerkom op stilswyende instemming deur die Kanadese regering en Parlement in die 1980 referendum in Quebec en gevolglik, voortvloeiend daaruit, die reg wat die provinsie het om sy eie regs- en politieke status te bepaal. Dit is hoogs debatteerbaar of so ‘n konstitusionele konvensie ontwikkel het, maar moet toegegee word dat op ‘n politieke vlak daar stilswyend aanvaar word dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat Quebec kan sesessioneer, alhoewel dit nie werklik ‘n regsbasis het nie.

8.18.5 DIE CLARITY ACT

Op 29 Junie 2000 het die Kanadese Parlement die Clarity Act aanvaar wat onmiddellik heftige teenkanting vanuit separatisitese geledere in Quebec tot gevolg gehad het.623 Die regering van Quebec het daarop geantwoord met ‘n wet getiteld An Act Respecting the Fundamental Rights and Prerogatives of the Quebec People and of the Quebec State (Bill 99), en wel op 30 Mei 2000.624 Met laasgemelde is gepoog om Quebec se vryheid om sy eie toekoms te bepaal, te herbevestig. So is onder andere gestel dat: Article 1: The right of the Quebec people to self-determination is founded in fact and in law. The Quebec people is the holder of rights that are universally recognized under the principle of equal rights and self-determination of peoples. Article 2: The Quebec people has the unalienable right to freely decide the political

622 Sien Turp “Self-Determination and Democracy” supra op 103-107.

623 Sien Turp “Self-Determination and Democracy” supra op 75 en verder. Op 77 stel hy dat gemelde wet ten doel het om die bewoording van die vraag in ‘n toekomstige referendum te bepaal. Aangesien die Kanadese van hulle oorgote meerderheid gebruik gemaak het in die Kanadese Parlement, het dit tot gevolg dat die inwoners van Quebec nie geken sal word in die formulering van die vraag in ‘n toekomstige referendum nie.

624 Sien Turp supra op 79. 313

regime and legal status of Quebec. Article 3: The Quebec people, acting through its own political institutions, shall determine alone the mode of exercise of its right to choose the political regime and legal status of Quebec. Article 9: The territory of Quebec and its boundaries cannot be altered except with the consent of the National Assembly.625

8.18.6 REG EN REALITEIT

Die situasie in Quebec is een van die interessante voorbeelde van hoe daar tot dusver op demokratiese en vreedsame wyse gepoog word om af te skei van die res van Kanada. In die 1995-referendum het 49,5% gestem vir sesessie; dit terwyl net 40% daarvoor gestem het in 1980. Die Franse in Quebec het sterker gevoel vir sesessie deurdat 62% van hulle vir sesessie gestem het.626 Die politieke eis om sesessie word volgens kommentators nie werklik gesteun deur die reg nie. Dit dien egter vermeld te word dat daar ander voorbeelde is waar ‘n staat afgeskei het van ‘n moederstaat, alhoewel daar nie werklik regsgronde daarvoor bestaan het nie.

8.18.7 GEVOLGTREKKING

Wat egter uniek is omtrent Quebec, is dat van die aktuele probleme wat minderhede mee te doen het, hier onder die soeklig kom. In die eerste plek is daar die spanning en inderdaad dramatiese dilemma tussen verhoogde outonomiteit en sesessie. In die tweede plek is daar die vraag hoe minderhede beskerm moet word binne Quebec nadat sesessie moontlik sou plaasvind. In die derde plek is die vraag hoe die proses moet verloop na groter outonomie of sesessie. Wat wel gekonstateer kan word is dat Quebec tans in ‘n posisie is waar dit: more powers [possess] than almost any sub-national government in the world.627

625 Soos aangehaal in Turp supra op 89-90.

626 Sien Bartkus supra op 188.

627 Sien “For Want of Glue: A Survey of Canada” The Economist 29 Januarie 1991 op 16. 314

Dog is dit klaarblyklik vir feitlik die helfte van die inwoners van Quebec (gemeet aan die uitslag van die 1995-referendum) nie voldoende nie. Vir daardie gedeelte van Quebec bly sesessie die enigste alternatief.

Dit is so dat hierdie probleme waarskynlik op ‘n politieke vlak opgelos sal word, en sal die reg waarskynlik later intree, wanneer politieke oplossings reeds gevind is. Een ding staan soos ‘n paal bo water en dit is dat die onafhanklikheid van Quebec (gesien vanuit die Internasionale Reg) slegs deur ‘n referendum bepaal sal kan word.

8.19 WES-SAHARA

8.19.1 INLEIDING

Die situasie in Wes-Sahara is, wat betref die reg op selfbeskikking, steeds nie bevredigend opgelos nie. Twee state naamlik Morokko en Mauritanië eis die gebied bekend as Wes-Sahara op. Die vraag is of die proses van dekolonisasie noodwendig tot gevolg moet hê dat Wes-Sahara onafhanklik moet word en of gemelde twee state kan aanspraak maak op die inlywing van Wes-Sahara by een van hulle. Die vraag is derhalwe hoe die beginsel van selfbeskikking hier toegepas moet word.

8.19.2 HISTORIESE AGTERGROND

Wes-Sahara beslaan ‘n oppervlak van 266 000 vierkante kilometer en het in 1974 ‘n bevolking van 95 019 mense gehad waarvan 73 479 inheems (Sahrawis) was.628 Die gebied het ‘n Spaanse koloniale gebied geword in 1884 nadat Spaanse okkupasie van die kus plaasgevind het en ooreenkomste gesluit is met hoofde van plaaslike

628 Sien Viejobuono “Self-Determination v Territorial Integrity: The Falkland/Malvinas Dispute with Reference to Recent Cases in the United Nations” South African Yearbook of International Law Vol 16 1990/1991 op 15. 315 stamme.629 Vir ‘n geruime tydperk en aangesien Wes-Sahara nie van veel ekonomiese waarde was nie, is dit bloot as ‘n hawe deur die Spanjaarde gebruik en om visvang te beheer. Na 1930 het Spanje die gebied effektief geokkupeer.

629 Shaw “The Western Sahara Case” British Yearbook of International Law Vol 49 1978 op 119 en verder. 316

In 1947 is fosfaat in die gebied ontdek en het die gebied groot ekonomiese waarde verkry. Daarna het Spanje begin om die gebied ekonomies te ontgin. Die strewe na dekolonisasie het ook in dieselfde tydperk ‘n aanvang geneem en het Spanje onder druk van die Verenigde Nasies begin met ‘n proses om outonomie aan die gebied te verleen. In 1966 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies Spanje aangesê om die gebied te dekoloniseer. Die besluit het bepaal dat in samewerking met die inwoners en met Mauritanië en Marokko en enige ander belanghebbende party, ‘n referendum gehou moes word om die wense van die bevolking ten opsigte van hulle reg op selfbeskikking te bepaal.630 Morokko en Mauritanië het egter aanspraak daarop gemaak dat Wes-Sahara by hulle geïntegreer moes word.631

In 1974 het Morokko en Mauritanië daarin geslaag om genoeg steun in die Verenigde Nasies te monster om ‘n resolusie deurgevoer te kry dat die referendum uitgestel word en ook ‘n opinie te versoek van die Internasionale Geregshof. Laasgemelde het twee aspekte behels: 1. Was Wes-Sahara op die tydstip van kolonisasie deur Spanje ‘n gebied wat aan geen staat behoort het nie? Indien die antwoord op die vraag hierbo negatief is: 2. Wat was die regsverbintenis tussen die gebied van Wes-Sahara en die koninkryk van Morokko aan die een kant en Mauritanië aan die ander kant?

630 Resolusie 2229 (XXI) van 20 Desember 1966.

631 Sien Cassese supra op 215. 317

Die Internasionale Geregshof het sy uitspraak gelewer gedurende 1975 en het negatief op die eerste vraag geantwoord. Die hof het egter gestel dat alhoewel Morokko en Mauritanië beide historiese bande het met Wes-Sahara, daardie bande nie van sodanige aard was dat dit Resolusie 1514(XV) van die Verenigde Nasies (wat betrekking het op die verlening van onafhanklikheid vir koloniale gebiede) affekteer nie.632 ‘n Drieledige ooreenkoms is daarna gesluit tussen Spanje, Morokko en Mauritanië vir die gesamentlike tussentydse administrasie van Wes-Sahara. Spanje sou van die gebied onttrek op 28 Februarie 1976 en intussen sou alle partye die Jemaa, ‘n plaaslike raad wat ingestel is deur Spanje in 1976, respekteer.

Op 11 Desember 1975, ‘n dag nadat die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies twee teenstrydige resolusies aanvaar het vir die hou van referendums in Wes- Sahara, het Mauritaanse en Morokkese troepe Wes-Sahara se grondgebied betree. Op 26 Februarie 1976 het die Jemaa wat beheer gehou het as die wettige verteenwoordiger van die bevolking van Wes-Sahara, die ooreenkoms wat tussen Spanje, Morokko en Mauritanië gesluit is, geloof en sy tevredenheid uitgespreek dat Wes-Sahara sou integreer in Mauritanië en Morokko. Op 27 Februarie 1976 het die Polisario, ‘n bevrydingsbeweging, met gewapende konfik begin teen Morokko en Mauritanië en die staat afgekondig met die naam die Sahariese Arabiese Demokratiese Republiek (SADR).633 In Augustus 1979 het Mauritanië sy eis op Wes-Sahara laat vaar en militêre operasies in die gebied gestaak en slegs Morokko het oorgebly. In 1980 het die meerderheid van die lede van die state van die Organisasie vir Afrika Eenheid (die OAE) die SADR as die wettige regering van Wes-Sahara beskou en hom toegelaat om sitting te neem in die beraad van die OAE in 1989 waarop Morokko die OAE verlaat het

632 ICJ Reports 1975 op 68 para 162.

633 Sien in hierdie verband Franck “The Stealing of the Sahara” American Journal of International Law Vol 70 1976 op 694-721 en veral op 695 waar hy stel dat 60 000 Sahrawi’s vlugtelinge geword het as gevolg van hierdie konflik. 318

in protes.

8.19.3 DIE VERENIGDE NASIES

Sedert 1979 het die Algemene Vergadering verskeie resolusies aanvaar in ‘n poging om die aangeleentheid op te los. Elke keer het die Algemene Vergadering die beginsel van selfbeskikking herbeklemtoon en bevestig, naamlik dat die mense van Wes-Sahara die reg het op selfbeskikking. In 1988 is ‘n bilaterale verdrag gesluit tussen Algerië en Morokko welke tot ‘n mate tot vrede aanleiding gegee het. ‘n Vredesplan van die Verenigde Nasies het voorsiening gemaak vir ‘n skietstaking, uitruil van gevangenes en die hou van ‘n referendum ten einde te besluit of Wes-Sahara onafhanklik wil word of wil integreer by Morokko. Op 29 April 1991 het die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies eenparig Resolusie 690 aanvaar ingevolge waarvan ‘n skedule opgestel is waarby die referendum in Januarie 1992 gehou moes word. Hierdie referendum is weens probleme uitgestel.634

8.19.4 BEOORDELING VAN SITUASIE

Op die oog af moes die situasie in Wes-Sahara maklik opgelos gewees het as die riglyne wat gestel is in die Deklarasie ten opsigte van Koloniale Gebiede (Resolusie 1514(XV) op 14 Desember 1960) en Resolusie 1541(XV) op 15 Desember 1960 in aanmerking geneem word. Laasgemelde resolusie maak daarvoor voorsiening dat indien vrye assosiasie of integrasie by ‘n onafhanklike staat ter sprake is, die mense van die staat die geleentheid gegee moet word om vryelik hulle internasionale status te bepaal. Daar moes dus bloot voortgegaan gewees het om ‘n referendum te hou. Die saak is egter baie onbevredigend hanteer635 deur die Verenigde Nasies wat ‘n presedent geskep het vir toekomstige misbruik van die situasie in hierdie gebied.

634 Sien Cassese supra op 216-217.

635 Sien byvoorbeeld Franck supra op 694 wat stel dat: “The disposition of the Sahara case by the United Nations has been monumentally mishandled creating a precedent with a potential for future mischief out of all proportion to the importance of the territory”. 319

8.20 SOEDAN

8.20.1 INLEIDING

Die geskiedenis rondom die sesessionistiese strewes in die suidelike gedeelte van Soedan is uniek. In die laaste vier dekades het Soedan twee sesessionistiese aanslae moes afweer. Die aanslag deur Suid-Soedan was hoofsaaklik op grond van taal- en godsdienstige redes gedoen.636

8.20.2 HISTORIES

636 Sien Bartkus supra op 133 sowel as Premdas supra op 15. 320

Soedan het op 1 Januarie1956 onafhanklik geword van Brittanje.637 Dit is die staat met die grootste oppervlak in Afrika en woon daar ongeveer 29 miljoen mense wat verdeel is in meer as 244 etniese groepe en word daar 114 tale gepraat.638 Die suide vrees die Moslem fundamentalisme wat hoofsaaklik in die noorde gesentreer is. So is Islam en Arabies in 1958 op die hele bevolking afgedwing.639 Die suide is oorwegend Christelik georiënteerd en maak sowat 55% van die bevolking van Soedan uit.

Gedurende die vier dekades van Britse oorheersing is die twee gebiede afsonderlik deur Brittanje regeer. Die Britte het dan ook die suide deurentyd beskerm teen die noorde wat vinniger ontwikkel het. Arabies as taal is byvoorbeeld verbied in die suide en die tale van die ses grootste groepe in die suide, naamlik Dinka, Nuer, Bari, Latuka, Shilluk en Zande, is aangemoedig in die suide.640

Met die proses van onafhanklikwording is die suide feitlik nie geken in die saak nie. In die post-koloniale regering van 1953 (die “Sudanization Committee”’) is slegs ses van die 800 senior administratiewe poste aan die suide toegeken. Dit het ook tot gevolg gehad dat die noorde sedert onafhanklikheid absoluut die botoon in Soedan gevoer het. Die Islamitiese agenda is dan ook met haas deurgevoer. Protes deur die suide het op dowe ore geval. By monde van die eerste minister Sadiq-el Mahdi is die karakter van die nuwe Soedan dan ook soos volg uitgespel:

637 Sien Bartkus supra op 133.

638 Sien Johnstone & Mandryk supra op 596.

639 Sien O’Fahey en Spaulding Kingdoms of Sudan Londen 1974 op 186.

640 Sien Bartkus supra op 134. 321

The dominant feature of our nation is an Islamic one and its over-powering expression is Arab, and this nation will not have its entity identified and its prestige and pride preserved, except under an Islamic revival.641

8.20.3 POGINGS TOT OUTONOMITEIT

641 Sien Wai The African-Arabic Conflict in Sudan Londen 1981 op 117. 322

Sedert 1956 reeds het die Noorde begin om die suide deur ‘n proses van kulturele integrasie te probeer assimileer met die noorde. Waardes van die noorde is afgedwing op die suide deur gebruikmaking van geweld. Die suide se leiers het eers gepoog om die probleem op te los binne die groter geheel van Soedan.642 In 1958 het die suide 40 van die 46 setels wat aan die suide toegeken is, gewen in die parlement. Daarna, nadat eise van die suide geïgnoreer is, het die suide begin om vir groter outonomie te eis. Die noorde het dit beantwoord deur die gebruik van Afrikatale en Afrika tradisies en die Christelike geloof in die suide te verbied. Alle Christelike sendelinge is verban en Christenskole is in Februarie 1962 gesluit. ‘n Volskaalse burgeroorlog het uitgebreek.643

Die suide het dan ook gepoog om te sesessioneer van die res van Soedan. Die keuse vir die suide was tussen oorlog en voortdurende vervolging. Hierdie stryd het vir ongeveer tien jaar geduur. In 1972, deur middel van die Addis Ababa Ooreenkoms is die Southern Province Regional Self-Government Act daargestel wat weer in die Grondwet van Soedan vervat is. Daar is ook ‘n uitvoerende en verkose liggaam vir die suide daargestel wat selfregering vir die suide moontlik gemaak het.

Alhoewel sake vir ‘n tyd lank redelik vlot verloop het, het die noorde se uitdruklike herinstelling van Islam as die regerende beginsel in die staat, die tweede burgeroorlog laat uitbreek. Islamitiese fundamentaliste was gekant teen die Addis Ababa Ooreenkoms en wou ‘n Islamitiese Republiek sien in Soedan. In 1983 het president Numeiri afgekondig dat Soedan weer ‘n Islamitiese republiek sou word. Die suide was weer eens hewig hierteen gekant.644 ‘n Reeks wette, bekend as die September Laws, is

642 Sien Bartkus supra op 136.

643 Sien Hannum “Sudan” in Hannum Autonomy, Sovereignty, and Self-Determination: The Accomodation of Conflicting Rights Philadelphia 1990 op 308-327.

644 Sien Bartkus supra op 140-141. 323

op die suide afgedwing. Dit het geweld tot gevolg gehad wat in ‘n sesessionistiese oorlog in 1983 ontaard het. Hierdie poging tot sesessie was nie suksesvol nie. Die staatsgreep in 1989 deur ‘n ekstremistiese Moslem-groep het sake vererger.

8.20.4 EVALUERING Dit is duidelik dat pogings tot versoening in hierdie multi-etniese staat met (boonop) sterk geloofsverskille, nie geslaagd was nie. Sedet 1983 het meer as twee miljoen mense gesterf weens die oorlog, volksmoord en hongersnood. Feitlik die totale bevolking van die suide is verskuif en ongeveer 5 miljoen mense is daardeur geraak. Sowat 500 000 het gevlug na ander state.645 Teen die einde van 1992 was daar meer as 700 000 mense uit die hoofstad verban en ongeveer 160 000 se huise is afgebreek tussen Augustus 1993 en Julie 1994.646

In 1995 het Amnestie Internasionaal die volgende te sê gehad oor die situasie in Soedan: Anyone suspected of opposition to the government or its policies is at risk of arrest. This is as true in the major cities and rural areas of northern Sudan as it is in the war zones.647

8.21 DIE SOMALI’S

8.21.1 INLEIDING

Die Somali volk is in ‘n soortgelyke posisie as die Koerde van Koerdistan. Die Somali’s

645 Sien Johnstone en Mandryk supra op 596. Sien ook Segal Islam’s Black Slaves: The Other Black Diaspora New York 2002 op 213-222 waar melding gemaak word van slawerny wat aan die orde van die dag in Soedan is. So is te Manyeil in Mei 1994 ‘n veiling gehou waar 150 kinders verkoop is. Een van die slawe was ‘n dogterjie van sewe wat aangerand is en geforseer is om sewe dae per week te werk. Sy is later, ten einde haar vryheid te bewerkstellig, vir ‘n geweer en ‘n koei verkoop. In Desember 1999 het die Switserse hulporganisasie Christian Solidarity International 5 514 slawe “vrygestel” teen ‘n tarief van 50 dollar per slaaf. Dit het die getal slawe wat deur hierdie organisasie vrygestel is sedert 1995 op 20 000 te staan gebring.

646 Sien Segal supra op 221.

647 Segal supra op 217. 324 bevind hulle naamlik in, wat voorheen vyf state was, naamlik die Demokratiese Republiek van Somalië (wat saamgestel is as gevolg van die unifikasie van Brits- Somaliland en Italiaans-Somali) sowel as in die Republiek van Djibouti, in Ethiopië en in Kenia.648

8.21.2 HISTORIES

648 Sien Buchheit supra op 176 en verder. 325

Tussen 1884 en 1886 is daar deur middel van verskeie verdrae toegesien dat Somali- stamme hulle onder die beskerming van die Britse kroon geplaas het. Daar was egter nooit gesorg dat presiese territoriale grense vasgestel word vir hierdie Britse protektoraat nie. Frankryk het soortgelyke ooreenkomste met Somali’s in die suide van die huidige Somalië gesluit. Ook Italië was betrokke synde Italië ook ooreenkomste met Sultans in 1889 gesluit het. Sedert 1890 het Ethiopië sy gebied probeer uitbrei na Somali-gebied. Brittanje het dan ook later ‘n gedeelte van die gebied van Somalië gesedeer aan Ethiopië.649

Met die aanvang van die Tweede Wêreldoorlog en Italië se verklaring van oorlog teen Engeland in 1940 het die Italianers suksesvol daarin geslaag om Brits-Somaliland in te dring. Die Britte het geslaag om die gebied te herower in 1941 en ook die res van Italiaans-Somaliland daarna oor te neem. Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Brittanje voorgestel dat die onderskeie gebiede waarin die Somali’s hulle bevind het, uitgesluit die gedeelte in Kenia, onder ‘n enkele trusteeskap gestel moes word. Die Britse Buitelandse Sekretaris, Ernest Bevin, het hierdie voorneme in die House of Commons in 1946 soos volg uiteengesit: In the latter part of the last century the Horn of Africa was divided between Great Britain, and Italy. At about the time we occupied our part, the Ethiopians occupied an inland area which is the grazing ground for nearly half the nomads of British Somaliland for sixth months of the year. Similarly, the nomads of Italian-Somaliland must cross the existing frontiers in search of grass. In all innocence, therefore, we proposed that British- Somaliland, Italian-Somaliland, and the adjacent part of Ethiopia, if Ethiopia agreed, should be lumped together as a trust territory, so that the nomads should lead their frugal existence with the least possible hindrance and there might be a real chance of a decent economic life, as understood in that region.650

649 Sien Drysdale “The Somali Dispute” 1964 op 25-32 soos aangehaal in Buchheit supra op 178.

650 423 Parliamentiary Debates House of Commons (5th Ser) 1946 op 1840-1841. 326

Ethiopië was nie hiervoor te vinde nie en Brittanje het toegestem dat Ogaden aan Ethiopië teruggegee word. Daar kon nie tot ‘n ooreenkoms oor die saak gekom word nie en is die saak na die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies verwys. Deur middel van Resolusie 289 van 21 November 1949 het die Algemene Vergadering besluit dat Italiaans-Somaliland onafhanklik moet word tien jaar vanaf die datum van goedkeuring van die trusteeskap ooreenkoms deur die Algemene Vergadering en dat Italië die administrerende gesag moet wees gedurende die tydperk van trusteeskap.651

Die Britte het daarna ingestem om, weens die druk van Ethiopië, die Haud en Gereserveerde Areas aan Ethiopië terug te gee welke gedoen is by wyse van ‘n ooreenkoms gedateer 29 November 1954. Toe die Somali’s hiervan hoor het grootskaalse protes ontstaan in meeste dele van die gebied. Daar is ook vertoë gerig tot die Verenigde Nasies aangesien die gebied beskou word as Somali-gebied en veral aangesien die inwoners van hierdie gebied nooit geken is in die besluit nie. Die Adviserende Raad van die Verenigde Nasies vir die Trustgebied van Somaliland het egter steeds besluit dat die ooreenkoms van 1954 in geen opsig benadelend was: to whatever decisions or disposition might be taken on this vital question.652

Die Raad het nogtans gedink dat dit interessant sou wees om te sien wat die opinie van die mense was, aangesien soos hulle dit gestel het: this question calls for the exercise of the right of self-determination.653

651 Sien Verenigde Nasies Algemene Vergadering Resolusie 289 UN Doc A/1251 (1949).

652 Report of the UN Advisory Council for Somaliland 16 UN Trusteeship Annex Agenda Item No 17 op 8 Para. 54 UN Doc T/1172 (1955).

653 Sien die verslag op paragraaf 55 daarvan soos aangehaal in Buchheit supra op 180-181. 327

In die jare wat daarop gevolg het, het nasionalisme onder Somali’s begin vlamvat sodat dit ‘n magtige faktor geword het.654 Die Somali Youth Club wat later die Somali Youth League genoem was, het die meerderheid setels in die Wetgewende Vergadering van Somalië gehad en het sterk daarvoor geagiteer dat daar ‘n unifikasie van al die gebiede moes wees waar die Somali’s gebly het. Hulle het onder andere gestel:

654 Sien Buchheit supra op 181. 328

We Somali’s are one in every way. We are the same racially and geographically, we are the same culture, we have the same language and the same religion. There are no future for us except as part of a greater Somalia.655 Toe die Republiek van Somalië onafhanklik geword het in 1960 het die probleem voortbestaan aangesien daar niks aan die probleem gedoen is nie. Artikel VI van die Grondwet van hierdie Republiek het egter gestel dat die Somali Republiek hom sal beywer, deur middel van alle regs- en vredevolle wyses om die unifikasie van Somali- gebiede te bewerkstellig.

Ten opsigte van die gedeelte in Kenia is dit interessant dat ‘n kommissie wat aangestel is om die opinie van hierdie mense te toets in die gebied bekend as The Northern Frontier District, bevind het: that the people there almost unanimously favour the secession of Kenia from the NFD [Northern Frontier District], when Kenia attains independence, whith the object of ultimately joining the Somali Republic, that they want the NFD to have a period under the British authority in which to build up its machinery of government so that it can join the Somali Republic as a self-governing unit.656

Brittanje het hom in ‘n posisie bevind waar hy enersyds ‘n meerderheidsgevoel gehad het vir sesessie (van die Northern Frontier District), maar wou Brittanje andersyds nie die sentimente van Kenia en Ethiopië negatief beïnvloed nie, laasgemelde wat sterk kapsie gemaak het teen die ontwrigting van die grondgebied van Kenia. Op 8 Maart 1963 is gevolglik besluit dat hierdie gebied slegs groter outonomiteit binne Kenia sou geniet. Somalië het onmiddellik diplomatieke betrekkinge met Brittanje verbreek. Somalië het voorgestel dat hierdie gebied onder ‘n Somalië-Kenia administrasie geplaas word, alternatiewelik onder Verenigde Nasies administrasie. Toe Kenia op 12 Desember 1963 onafhanklik geword het, was niks aan die situasie gedoen nie en was hierdie

655 Soos aangehaal in Buchheit supra op 181.

656 Northern Frontier District Comission Report CMND No 1900 op 18 (1962). 329

gebied, naamlik die Northern Frontier District, dus deel van Kenia.

In 1964 het die Republiek van Somalië geëis dat die reg op selfbeskikking gegee moes word aan die minderheidsgroepe in sy buurstate waar die Somali’s hulle bevind het. Ten opsigte van Ethiopië sou dit beteken dat ‘n vyfde van hierdie gebied afgestaan moes word en ten opsigte van Kenia sou dit ook op ‘n vyfde van Kenia se gebied neerkom.657 Wat weliswaar so is, is dat hierdie gebiede wat Somalië opgeëis het, feitlik homogeen is en sou daar nie ‘n groot ontwrigting van die ander state se gebiede plaasvind nie. Somalië se bevolking bestaan uit 97% Somali’s.658 Somalië kon dus hierdie eis stel aangesien hyself nie enige probleme sou ondervind van minderhede wat wou afskei van sy gebied nie.

In 1964 het oorlog uitgebreek tussen Ethiopië en Somalië en het die Somali’s in die Northern Frontier District in Kenia begin met guerrilla aktiwiteite. ‘n Skietstilstand het gevolg op 14 Februarie 1964, nadat die OAE ‘n buitengewone sessie van sy Raad van Ministers gehou het en ‘n resolusie aanvaar het ingevolge waarvan hierdie twee state, naamlik Ethiopië en Somalië, gelas is om hulle verskille op ‘n vreedsame wyse op te los. ‘n Soortgelyke besluit is ten opsigte van Kenia en Somalië aangeneem.

Onderhandelinge tussen Somalië en Ethiopië het egter op ‘n dooiepunt uitgeloop. Die Somali’s het hulle tydens die onderhandelinge beroep op die reg op selfbeskikking welke hulle gestel het as ius cogens in die internasionale reg beskou word.659 Somalië het dan ook deurentyd daarop aangedring dat hierdie gebiede die reg op selfbeskikking moes uitoefen deur middel van ‘n verkiesing of referendum. Kenia en Ethiopië het weer geantwoord dat die beginsel van selfbeskikking hoegenaamd nie van toepassing was nie, aangesien hulle onafhanklike state was.

Die houding was naamlik dat die Somali’s in ander gebiede kon trek na Somalië,

657 Sien Buchheit supra op 184.

658 Sien Johnstone en Mandryk supra op 574.

659 Sien Buchheit supra op 185. 330

alternatiewelik integreer met die bevolking van die staat waarin hulle hulle bevind het.660

8.21.3 GEVOLGTREKKING

Die stryd van die Somali’s duur gevolglik voort. Die VSA het militêre steun aan Ethiopië verleen en die USSR aan Somalië. Die USSR het egter nie die idee van ‘n groter Somalië gesteun nie. In 1976 was daar ‘n poging om verhoudinge tussen hierdie state te normaliseer. Dit het gedeeltelik geslaag, maar in Oktober 1969 het ‘n staatsgreep deur die Revolutionary Council sake drasties verander. Somalië is herdoop na die Somali Democratic Republic. Verskeie diktatorskappe het gevolg en het daar ook ‘n burgeroorlog gevolg wat in 1991 beëindig is.

660 Sien byvoorbeeld die opmerking van Jomo Kenyatta wat dit soos volg gestel het: “Pack up your camels and go to Somalia”. Sien Buchheit supra op 185 en wel voetnoot 140 daarvan. 331

Die Verenigde Nasies se inmenging in 1992 was ‘n mislukking en het die Verenigde Nasies onttrek in 1995. Sedertdien het anargie hierdie staat gekenmerk, alhoewel daar in 2000 ‘n tussentydse nasionale regering saamgestel is in Mogadishu. Somaliland in die noord-weste het dan ook sy onafhanklikheid van Somalië verklaar in 1991, maar word dit nie internasionaal erken nie. Ook Puntland in die noord-ooste het sy eie outonome regering daargestel.661

Somalië se eise om die unifikasie van die gebiede waarin Somali’s woon, berus onder meer op die feit dat die verdrae ingevolge waarvan hierdie gebiede afgestaan is, betwis word. Tweedens beskou hulle dit as ‘n aantasting van die reg op selfbeskikking welke hulle van mening is ook van toepassing is op Kenia en Ethiopië.

Hierdie is ‘n klassieke geval waar sesessie toegelaat moes word suiwer uit hoofde van die reg op selfbeskikking. Die Somali’s het nie alleen feitlik ‘n homogene volk in hierdie gebiede uitgemaak nie, maar ook aangedui dat hulle by die Republiek van Somalië wou aansluit. Die ingryping van ander state het egter tot gevolg gehad dat dit nie kon gebeur nie en was daar waarskynlik weereens gevrees dat indien die territoriale integriteit van een staat in Afrika geskend sou word, dit ook in ander state dieselfde effek sou hê.

8.22 SRI-LANKA

8.22.1 INLEIDING

661 Sien Johnstone en Mandryk supra op 574. 332

In Sri-Lanka, ook bekend as die Demokratiese Sosialistiese Republiek van Sri-Lanka, is daar twee onderskeidende volke naamlik die Sinhalese, wat ongeveer 75% van die bevolking uitmaak, en die Tamils wat ongeveer 17% van die bevolking uitmaak. In die jaar 2000 het die bevolking van Sri-Lanka ongeveer 19 miljoen mense getel.662 Die Sinhalese is hoofsaaklik Boeddiste terwyl die Tamils oorwegend van die Hindoe geloof is. Die tale wat die twee volke praat is dan ook onderskeidelik Sinhalees en Tamil. Die Tamils het dan ook twee sub-groepe bekend as die Lanka Tamils (ook bekend as die Sri-Lanka Tamils) en die Estate Tamils (ook bekend as die Plantation Tamils). Die Lanka Tamils se getalle is ongeveer 2,1 miljoen terwyl die Estate Tamils ongeveer 1 miljoen is. Dit is dan ook die Lanka Tamils wat hulle beywer vir die sesessie van die Jaffna Skiereiland (“peninsula”).

8.22.2 HISTORIES

Nie alleen het die Tamils ‘n gebied wat hulle as hulle eie kan beskou nie, maar het hulle ook ‘n onderskeidende godsdiens, taal en kultuur. Ongeveer 72% van die Lanka Tamils en 10% van die Estate Tamils bly in die noordelike en oostelike provinsies van Sri- Lanka wat ongeveer een derde van Sri-Lanka se totale gebied beslaan.663 Die gebied word derhalwe deur ongeveer 70% Tamils bewoon en eis die Tamils hierdie gedeeltes

662 Sien Johnstone en Mandryk supra op 586.

663 Sien Samarasinghe “The Dynamics of Separatism: The Case of Sri Lanka” in Samarasinghe en Anderson (reds) Secessionist Movements in Comparative Perspective International Centre for Ethnic Studies 1990 op 48 en verder. 333 as hulle tradisionele tuisland. Daar is geen beduidende rasseverskille tussen hierdie twee groepe in Sri-Lanka nie.

Die idee van ‘n tradisionele tuisland vir die Tamils van Sri-Lanka het ongeveer in 1950 ontstaan.664 De Silva stel dan ook dat die saak van die separatisme van die Tamils in Sri-Lanka gebou is op die “modern doctrine of self-determination of people”.665 De Silva is ook van mening dat waar ‘n etniese of religieuse minderheid gekonsentreer is in ‘n streek of streke van ‘n staat, en dit in daardie deel die oorweldigende meerderheid vorm, soos wat die geval is met die Tamils van die Jaffna Skiereiland en die Jaffna distrik in Sri-Lanka, die ideale gronde daar is vir ‘n separatistiese beweging soos wat wel die geval in Sri-Lanka is.666

Aangesien die Tamils voortdurend gemarginaliseerd was deur die Sinhalese in Sri- Lanka, het weerstand begin opbou en het die beweging vir die afskeiding van die gebied van die Tamils in alle erns begin. Etniese geweld het dan ook in 1958, 1965, 1977, 1981 en 1983 uitgebreek. Enige beweging vir die totstandkoming van ‘n onafhanklike Tamil tuisland word dan ook ten sterkste geopponeer deur die Sinhalese. Die Sinhalese beweer onder andere dat daar ‘n deel is in Indië wat bekend staan as Tamil Nadu wat as die Tamils se tuiste beskou kan word.667 Die Tamils voel weer dat daar teen hulle

664 Sien De Silva “Seperatism in Sri-Lanka: The Traditional Homelands of the Tamils” Samarasinghe and Anderson (reds) Secessionist Movements in Comparative Perspective supra op 33-47.

665 Sien De Silva supra op 33.

666 Sien De Silva supra op 32.

667 Sien Samarasinghe supra op 54. 334

gediskrimineer word synde Sinhalees die enigste amptelike taal is, en dat hulle orals gemarginaliseer word. In die algemene verkiesing van 1977 het die Tamil United Liberation Front kiesers versoek om hulle uit te spreek ten gunste van ‘n onafhanklike Tamil staat bekend as Eelam. In die noordelike provinsie het 68,9% van die kiesers hulle ten gunste daarvan uitgespreek en is al 14 setels in die provinsie deur die Tamils in hierdie party gewen.

Na 1977 is die probleem van die Tamils geïnternasionaliseer deurdat Indië begin onderhandel het met Sri-Lanka om die probleem van die Estate Tamils, wat van Indiese oorsprong is, op te los. Ingevolge die ooreenkoms wat bereik is het Indië onderneem om 600 000 van hierdie Tamils uit Sri-Lanka te neem. Sri-Lanka het op sy beurt onderneem om 375 000 Tamils uit Indië te neem. Die gebied in Indië bekend as Tamil Nadu het sowat 50 miljoen Tamils en word daar beweer dat hierdie gebied deur Tamilse militante gebruik word wanneer geweld uitbreek tussen die verskeie faksies.668

Dit blyk dat sowat 29% van die Sri-Lanka Tamils buite die noordelike en oostelike provinsies gebly het in 1971 en hierdie syfer aangegroei het tot 32% in die 1981- sensus.669

Tamils het ook daarin geslaag om hulle saak suksesvol in die buiteland te stel deur ‘n mediaveldtog te loods wat baie simpatie vir hulle saak gewen het.670 Die feit dat ‘n groot aantal Tamils na die buiteland gevlug het, het ook daartoe bygedra dat die buitelandse oë op Sri-Lanka gevestig was, synde die afleiding gemaak is dat daar onderdrukking

668 Sien Samarasinghe supra op 57.

669 Sien De Silva supra op 45.

670 Sien Samarasinghe supra op 58. 335

van Tamils in Sri-Lanka was. Daar is dan ook gestel, veral na die geweld wat in 1983 uitgebreek het, dat die oplossing van Sri-Lanka daarin lê dat Indië as ‘n staat daartoe behulpsaam moet wees.

8.22.3 INDIESE INGRYPING

Na Julie 1983 het ‘n groep bekend as die Tamil Tigers hulleself gevestig in die noorde van Sri-Lanka as ‘n magtige militêre groep en het hulle dominansie in die noorde bewerkstellig. Dit het tot gevolg gehad dat die Tamil Tigers effektiewelik die Jaffna Skiereiland geregeer het en ‘n burgerlike administrasie van hulle eie daargestel het. In 1987 is ‘n hewige aanval geloods op die stellings van die Tamil Tigers in die Jaffna Skiereiland. Sri-Lanka het so te sê daarin geslaag om die weerstand te oorkom, maar het Indië ingegryp. Die onwaarskynlike het plaasgevind deurdat Indië ingegryp het in die interne sake van ‘n land en gekeer het dat ‘n separatistiese beweging deur die regering van ‘n staat tot gehoorsaamheid en onderdanigheid gedwing word. Onderhandelinge het daarna gevolg in 1985 wat op niks uitgeloop het nie, maar in Julie 1987 het Indië en Sri-Lanka ‘n ooreenkoms gesluit bekend as die “Indo-Lanka Vredesakkoord”. Ingevolge hierdie akkoord het Sri-Lanka onderneem om nie enige stappe te neem wat Indië se sekuriteit in gevaar sou stel nie. Tweedens is daar klousules aanvaar wat ‘n raamwerk daargestel het vir die oplossing van die etniese konflik. Dit het onder andere gestel dat Sri-Lanka erkenning daaraan gee dat dit ‘n multi-etniese en multi-linguïstiese staat is; dat die Sri-Lankese regering ‘n sisteem van provinsiale rade met afgewentelde mag daarstel; is die noordelike en oostelike provinsies in een administratiewe eenheid saamgesnoer en sou die partye vyandighede staak.671

Indië het 6 000 troepe na die eiland gestuur. Die regering van Sri-Lanka het sterk teenkanting van sy eie mense gekry wat tot ‘n opstand gelei het waarin meer as 6 000 mense dood is. Die Tamil Tigers het nie gehoor gegee aan die skietstilstand nie en wou ook nie alle wapens inhandig soos wat die akkoord dit wou hê nie. Binne enkele maande was daar meer as 40 000 Indiese troepe in Sri-Lanka. Alhoewel die magte van

671 Sien Samarasinghe supra op 60-61. 336

Indië die oorhand gekry het, is meer as 1 250 Indiese soldate dood en sowat 700 Tamil Tigers. Indië het uiteindelik ‘n mag van oor die 60 000 soldate in Sri-Lanka gehad en is Indië deur beide die Sinhalese en die Tamils as ‘n okkuperende mag beskou.

Die weerstand wat gebied was deur die Tamil Tigers het weliswaar tot gevolg gehad dat Tamil as ‘n amptelike taal erken is deur die regering van Sri-Lanka.

8.22.4 EVALUERING

Dit wil voorkom of die sesessionêre strewe van die Tamils, as gevolg van die inmenging deur Indië, tot ‘n einde gekom het. Indië het ook deur sy optrede verder laat blyk dat dit nie akkoord gaan daarmee dat die Tamils ‘n onafhanklike staat tot stand bring nie. Indië sit natuurlik met sy eie probleme ten opsigte van separatistiese bewegings in die Punjab, Kasjmir, Tamil Nadu en ander dele van Indië en kon Indië nie direkte steun aan die separatisme van die Tamils van Sri-Lanka gee nie, alhoewel dit aanvanklik steun verleen het aan die Tamils toe die Tamils deur die Sinhalese van Sri-Lanka aangeval is.

Die sesessionêre strewe van die Tamils in Sri-Lanka het bewys dat eksterne faktore ‘n groot rol speel in die uitslag van sodanige strewe. Aangesien Sri-Lanka en gevolglik ook die Tamils nie opgewasse was teen die militêre mag van Indië nie, het hierdie strewe misluk. Verder was daar geen steun aan die Tamils vanuit internasionale geledere om af te skei van die res van Sri-Lanka nie.

8.23 TSJEGGOSLOWAKYE

8.23.1 INLEIDING

Die daarstel van Tsjeggoslowakye in 1918 het ‘n heterogene staat tot gevolg gehad; nie alleen wat sy bevolkingsamestelling betref nie, maar ook onder meer wat betref ekonomiese ontwikkeling, onderwyspeil en politieke ontwikkeling. In die 1921-sensus was daar, in wat as Tsjeggiese gebied beskou kan word, meer as drie miljoen Duitsers wat sowat 31% van daardie gebied se bevolking uitgemaak het. In Slowakye weer was 337

daar 651 000 Hongare wat amper 25% van daardie gebied se bevolking uitgemaak het. Sowat 65% van die bevolking van die totale gebied het hulle egter as “Tsjeggoslowaak” beskou.672

8.23.2 HISTORIES

672 Musil The End of Czechoslovakia Central European University Press 2000 op 15-16. 338

As gevolg van die besluite tydens die Potsdam Konferensie na die Tweede Wêreldoorlog is die meerderheid Duitsers (2,8 miljoen) uit die gebied verwyder.673 Dit het tot gevolg gehad dat Tsjeggiese gebied feitlik homogeen geword het, sodat 94% van die inwoners van hierdie gebied in die 1950-sensus hulleself as Tsjegge beskou het. Slowakye het aangetoon dat 87% van die bevolking hullseself as Slowakiërs beskou het, terwyl daar ongeveer 10% Hongare was. Kommunistiese beheer, wat nie veel van afsonderlike etniese volke wou weet nie, het ‘n merkbare invloed in verskeie sfere van die staat gehad. Onderliggend egter was steeds die wete van afsonderlike Tsjeggiese en Slowaakse nasionaliteite, alhoewel daar ‘n afstomping was.674 Daar word trouens beweer dat die twee groepe meer in gemeen gehad het in 1993 (toe die skeiding plaasgevind het) as in 1918 met die samevoeging van die twee state.

Wat egter ook gekonstateer moet word, is dat daar nie werklik sprake was van ‘n Tsjeggoslowaakse nasie nie.675 Slowake het hulle mindere getal as ‘n probleem gesien omdat geglo is dat die groter staat hulle sou insluk en Tsjegge kon nie sien waarom hulle hulle dominante posisie moes laat vaar nie.676

8.23.3 ONTBINDING

Tsjeggoslowakye het ontbind as gevolg van ‘n ooreenkoms tussen die twee regerings van die twee republieke wat tot op daardie stadium ‘n federale staat was. Geen voorstel in hierdie verband is ooit aan die inwoners van die twee republieke voorgelê nie.677 Die proses het so vinnig en glad verloop (daarom ook bekend as die “velvet divorce”), dat

673 Sien Musil supra op 28.

674 Sien Musil supra op 77.

675 Dit is natuurlik so dat vanaf 1938-1945 die twee state in wese weer afsonderlik bestaan het.

676 Sien Musil supra op 102.

677 Vaclav Havel het wel voorgestaan dat daar ‘n referendum gehou moes word, maar is sy voorstel verwerp. Sien Keane Vaclav Havel: A Political Tragedy in Six Acts Bloomsbury 1999 op 452. 339 daar agterdogtigheid oor die legitimiteit daarvan ontstaan het.678

Die Slowaakse standpunt oor sesessie word verwoord deur die ondervoorsitter van die Slowaakse Parlement: Maybe you are right that Slovakia will not prosper after secession, but we must try it in spite of all risks which you refer to. We must test our ability to rule our own independent state for the sake of self-confidence. If we miss the opportunity, we will suffer from a feeling of inferiority for generations. 679

Toestande net voor die ontbinding van Tsjeggoslowakye het allermins aangedui dat ontbinding ‘n kwessie van tyd sou wees. So het Vaclav Havel in 1991 opgemerk:

678 Sien Musil supra op 122.

679 Soos aangehaal in Musil supra op 137. 340

We are living in a time of peculiar ... social and psychological chaos. People are unsettled because they cannot see firm order, structure of values, or orderly community anywhere. Everything has been thrown into uncertainty. The whole legal system and constitutional system are thrown into uncertainty. Political parties are quarrelling among themselves. They attack each other. Everybody say something different. Everybody proposes something different. It is not known what the reform will bring or what social shocks it will cause. 680

Op 17 Julie 1992 het die Slowaakse Nasionale Raad ‘n deklarasie van soewereiniteit vir die Slowaakse nasie aanvaar.681 Die Slowaakse grondwet is op 1 September 1992 aanvaar en het waarskynlik reeds op daardie datum die einde van Tsjeggoslowakye beteken, alhoewel die formele skeiding eers op 1 Januarie 1993 plaasgevind het.

In 2000 het die Tsjeggiese Republiek sowat 10 miljoen inwoners gehad waarvan 96% Tsjegge was, terwyl Slowakye ongeveer 5,3 miljoen inwoners gehad het waarvan 80,7% Slowake was en was die Hongare se getalle 571 000 (sowat 10%).682

8.23.4 GEVOLGTREKKING

Die totstandkoming van die Tsjeggiese Republiek en Slowakye kan as ‘n voorbeeld van partisie beskou word omdat dit nie ‘n eensydige handeling was (van een staat) nie, soos wat dikwels by sesessie die geval is nie, maar was daar ‘n verdeling van die staat van

680 Dufkova “Conversations at Lany” Onderhoud met President Vaclac Havel soos opgeneem te die presidensiële woning in Hradecek op 2 November 1991 soos aangehaal in Musil supra op 227.

681 Musil supra op 264.

682 Sien Johnstone & Mandryk supra op 570. 341

Tsjeggoslowakye. Daar het ook nie ‘n staat met die naam Tsjeggoslowakye oorgebly nie.

8.24 RUSLAND EN DIE USSR 8.24.1 INLEIDING

Sedert die verkrummeling van die Sowjet Unie (USSR) in 1991 het interessante verwikkelinge binne die grense van die USSR sowel as in die huidige Russiese Federasie (Rusland) op veral staatkundige gebied plaasgevind. Die staatkundige hervormings van Boris Jeltsin kon nie die proses van verkrummeling van die USSR stop nie.

8.24.2 DIE USSR EN DIE GEMENEBES

Die Unie van Sowjet Sosialistiese Republieke (ook bekend as die Sowjet Unie) het tot in 1991 uit die volgende state bestaan: Rusland, Litoue, Letland, Estland, Oekraïne, Kasakhstan, Tadjikistan, Oesbekistan, Toerkmenistan, Georgië, Kirgistan, Moldawië, Aserbaijan, Armenië en Belarus. Met die val van die Berlynse Muur is ‘n proses van ontstrengeling in die USSR begin wat min seker sou voorspel het. Binne ‘n kort tydjie het al 15 state hulleself ontkoppel van die USSR.

8.24.3 BALTIESE REPUBLIEKE

In Desember 1918 het die Russiese Sowjet Federale Sosialistiese Republiek die soewereiniteit van Estland, Letland en Litoue erken. Kort daarna het hierdie drie Baltiese state internasionaal-erkende lede van die Volkebond geword. Dit het hulle gebly tot en met 1940 toe die USSR eers die gebiede geokkupeer het en daarna geannekseer het.

Tot onlangs het die USSR volgehou dat bogemelde inkorporasie van Estland, Letland en Litoue by die Sowjet Unie in ooreenstemming is met die beginsel van selfbeskikking. Om hierdie siening te ondersteun is staatgemaak op die verklarings deur die regerings 342

van hierdie drie state op 21 Julie 1940, naamlik dat dit die inlywing van hierdie drie Baltiese state by die Sowjet Unie goedkeur. Wat die USSR nie vermeld het nie, is dat hierdie verklarings gedoen was pas nadat sogenaamde verkiesings gehou is wat in stryd was met die grondwette en verkiesingsregulasies van die Baltiese state. Die USSR het dan ook geweier om te erken dat die USSR die drie Baltiese state basies gedreig het met een van twee opsies, naamlik uitwissing of inlywing. Die meeste Westerse state het hierdie inlywing van die Baltiese state nie erken nie.

Australië het in 1974 die de jure inlywing van hierdie republieke binne die USSR erken. Die eerste minister van Australië, Mnr Whitlam, het trouens sover gegaan om te stel dat: The great majority of countries in the world accept the de jure incorporation of these states. 683 Australië het daarna in 1975, nadat daar ‘n verandering van regering plaasgevind het, die de jure erkenning van die inlywing van die Baltiese state binne die USSR teruggetrek.684

Op 24 Desember 1984 het die sentrale owerheid van die USSR die eerste stap geneem

683 Australian Yearbook of International Law Vol 6 1978 op 230. Australië het gevolglik die realiteit van ‘n situasie wat vir jare geheers het, gesien as ‘n de jure posisie. Die regering van Australië het ook te kenne gegee dat dit nie daarmee wou sê dat dit goedkeuring verleen aan die beleid wat gevolg is in die USSR nie, maar dat huidige realiteite bloot in ag geneem word.

684 Sien in hierdie verband Australian Yearbook of International Law Vol 7 1981 op 432. Die stelling is toe gemaak dat die wettigheid van die Sowjet anneksasie van die Baltiese republieke nie erken word nie. Daarmee het die regering van Australië sy vorige standpunt verwerp. 343

om selfbeskikking aan die Baltiese state te gee. Die kongres van die USSR se volksverteenwoordigers het besluit dat die geheime Molotov-Ribbentrop Akkoord, wat voorsiening gemaak het vir die verdeling van Middel-Oos Europa in twee gedeeltes, en wat die Sowjet Unie ‘n vrye hand gegee het in die gebied waaroor hy geheers het, in stryd was met die Internasionale Reg en geen regsbasis gehad het nie en ongeldig was vanaf die aanvang daarvan.685

Na hierdie aankondiging het die Baltiese Republieke begin met ‘n program om die gevolge van hierdie ongeldige ooreenkoms wat in 1939 gesluit is omver te werp. Op 11 Maart 1990 het Litoue sy onafhanklikheid van die Sowjet Unie verklaar en besluite aangeneem wat die onafhanklike staat van Litoue, soos wat dit was voor 1940, weer in plek te stel. Letland en Estland het ook hulle onafhanklikheid verklaar, maar was meer versigtig deurdat dit wetgewing aanvaar het wat ‘n geleidelike proses van sesessie van die Sowjet Unie daargestel het.

Daar is sterk gesteun op die onwettigheid van die ooreenkoms, hierbo na verwys, en die daaropvolgende onwettige inlywing van die republieke by die Sowjet Unie in 1940. Besondere klem is ook gelê op die feit dat die gedwonge okkupasie en anneksasie van die Baltiese state internasionale misdrywe daarstel. Interessant genoeg het hierdie state nie gesteun op Artikel 72 van die USSR se Grondwet nie, laasgemelde wat bepaal dat elke Republiek die reg het om af te skei van die USSR.

685 Cassese supra op 260. 344

Dit is verder interessant dat die Baltiese Republieke nie staat gemaak het op die reg op selfbeskikking nie. Daar is uitsluitlik gesteun op die ontwettigheid van die Molotov- Ribbentrop Akkoord en die feit dat Stalin geweld gebruik het om sy doel te bereik. Daar is gevolglik nooit uitdruklik melding gemaak daarvan dat daar gesteun word op die reg op selfbeskikking nie. Deur op die onwettigheid van die handelinge te wys het hierdie drie Baltiese state hulle onderskei van ander Sowjet republieke wat aangedring het op onafhanklikheid. Dit was ‘n teenvoeter vir enige strategie wat vanaf Moskou teen hulle geloods sou word. Verder was dit ‘n briljante strategiese skuif aangesien Estland se Estiese bevolking 64% van die totale bevolking uitmaak, terwyl Letland se Lettiese bevolking slegs 53% van die totale bevolking uitmaak en gemelde state gevolglik nie ‘n twee-derde meerderheid sou kon verkry indien ‘n verkiesing of referendum gehou moes word nie, laasgemelde wat vereis is deur Sowjet wette wat op 7 April 1990 aanvaar is.686

8.24.4 DIE USSR SE STANDPUNT

686 Sien Cassese supra op 260-261. 345

Die USSR het die verklarings van onafhanklikheid deur die Baltiese Republieke beskou as sonder enige regskrag. Die USSR het wel gestel dat die Baltiese republieke die reg op selfbeskikking het, maar het gestel dat hierdie reg getemper word deur ‘n politieke, ekonomiese, sosiale, territoriale, regs- en ander probleme wanneer ‘n staat afskei van ‘n federasie. Verder het die USSR dit probeer benadruk dat enige uitoefening van die reg op selfbeskikking die regte van die ander bevolkingsgroepe binne hierdie drie Baltiese state in ag moet neem. Die USSR het gevolglik op 7 April 1990 ‘n wet gepromulgeer wat die prosedure voorgeskryf het wat ‘n staat moes volg om af te skei van die USSR. Hierdie wet is nooit geïmplimenteer nie, ook as gevolg van die snelle disintegrasie van die USSR. Daarbenewens het die Baltiese state gou internasionale erkenning verkry.687

8.24.5 DIE BALTIESE REPUBLIEKE EN DIE INTERNASIONALE REG

Alhoewel dit vasstaan dat die reg op selfbeskikking internasionaal erken word, het die probleem hom weereens voorgedoen in die Baltiese state, naamlik dat hierdie reg moeilik is om toe te pas in elke gegewe situasie. Die Internasionale Reg het nie verklaar of die Baltiese Republieke geregtig was om af te skei van die USSR deur middel van ‘n eensydige wet soos wat gedoen is deur Litoue in Maart 1990 nie. Dit het ook nie gestel dat daar ‘n ooreenkoms met die USSR bereik moes word ten opsigte van hierdie onafhanklikheid nie. Nog ‘n gebrek was dat geen bepaling neergelê is dat die USSR hierdie onafhanklikheid moes erken nie. Wat wel waar is, is dat alhoewel die internasionale gemeenskap kennis geneem het van die feit dat hierdie republieke vir 50 jaar deur die USSR geannekseer was, daar nooit uitdruklik erkenning gegee is aan hierdie situasie nie.

Waar die Baltiese state wel die guns gewen van die internasionale gemeenskap, is toe daar referendums gehou is om besluite te neem om te bepaal of onafhanklikheid en afskeiding die oplossing sou wees, of nie. In hierdie referendums het die oorweldigende meerderheid hulle ten gunste van onafhanklike state uitgespreek.688

687 Sien Cassese supra op 261.

688 In Litoue is ‘n referendum in Februarie 1991 gehou waartydens 90,5% van die kiesers ten gunste was van onafhanklikheid. In Letland is ‘n referendum gehou in Maart 1991 en het 346

73,7% gestem vir onafhanklikheid en in Estland was daar ook in Maart 1991 ‘n referendum en het 77,8% van die kiesers hulle ten gunste van onafhanklikheid uitgespreek. 347

Wat wel waar is, is dat daar geen internasionale toesig was by die referendums nie. Die enigste vraag aan die kiesers was of hulle ten gunste van onafhanklikheid was, al dan nie. Dit wil egter voorkom asof dit die ware keuse van die mense van hierdie drie state was en was daar geen aanduidings dat daar besware was teen die hou van die referendums asook dat daar ongerymdhede was in die referendums nie.

8.24.6 INTERNASIONALE ERKENNING

Alhoewel die internasionale gemeenskap die reg van die Baltiese Republieke tot selfbeskikking erken het, het erkenning deur state nie onmiddellik gevolg nie, en was Pole een van die weinige state wat op 12 Maart 1990 die reg van Litoue tot selfbeskikking erken het. Frankryk en Duitsland daarenteen het ‘n dubbelslagtige benadering gevolg deur enersyds die geldigheid van Litoue se verklaring tot onafhanklikheid te erken, maar Litoue dringend versoek het om die verklaring op te skort deur eers met die USSR te onderhandel. Dit is interessant dat beide Frankryk en Duitsland dit gestel het dat Litoue se eis geldig is: because they rest on a universally accepted principle - the self-determination of peoples.689

Politieke oorwegings het gevolglik ‘n groot rol gespeel weens die feit dat die Weste huiwerig was om die onafhanklikheid van die Baltiese state te erken. Dit kan ook geargumenteer word dat die ongekwalifiseerde erkenning van hierdie drie state deur die Weste ‘n proses aan die gang sou sit in die USSR wat nadelig was vir wêreldvrede.

Die Baltiese state is gevolglik ‘n goeie voorbeeld van hoe politieke faktore ‘n rol speel waar dit gaan oor die reg op selfbeskikking en die impak wat die erkenning van daardie reg op die internasionale gemeenskap sal hê.

8.24.7 ANDER SOWJET REPUBLIEKE

689 The International Herald Tribune 27 April 1990 op 1 en op 6. 348

Alhoewel Artikel 72 van die Grondwet van die Sowjet Unie van 1977 voorsiening gemaak het vir die reg om af te skei van die USSR, het daar niks in die praktyk daarvan tereg gekom nie. Daar is gevolglik nooit erkenning gegee aan die reg van ander Sowjet Republieke op selfbeskikking nie. Die wet wat in 1990 daar gestel is en wat gestel het dat referendums in Sowjet Republieke gehou moes word, het soveel hindernisse op die pad na afskeiding gestel dat dit trouens geargumenteer kan word dat dit afskeiding heeltemal ontmoedig en onmoontlik gemaak het. So is onder andere bepaal dat daar ‘n twee-derde meerderheid moet wees en dat onafhanklikheid eers na ‘n oorgangsperiode van vyf jaar verkry kan word. Daarbenewens moes die USSR se Kongres van Volksverteenwoordigers sodanige afskeiding goedkeur en indien ‘n referendum nie die gevraagde persentasie behaal nie, kon ‘n volgende referendum eers na tien jaar gehou word. Hierdie wet is egter nooit toegepas nie en het die disintegrasie van die USSR die toepassing van hierdie wet irrelevant gemaak.

Die proses van onafhanklikheid van die twaalf (ander) republieke van die USSR het gevolglik nie as gevolg van ‘n regsproses tot stand gekom nie, maar was ‘n de facto situasie wat gespruit het uit ‘n politieke krisis in die USSR.

Interessant is egter dat meeste van hierdie twaalf Sowjet republieke dit nogtans nodig geag het om referendums te hou oor die vraag of hulle wou afskei van die USSR of nie. So het Georgië, Toerkmenistan, die Oekraïne en Oesbekistan ook referendums gehou. Dit dui daarop dat hierdie republieke hulle totstandkoming wou regverding binne die raamwerk van die reg op selfbeskikking.

Die Europese Unie het, toe daar besluit moes word watter standpunt oor die republieke in die Sowjet Unie ingeneem moet word, ‘n stel riglyne aanvaar wat hierdie republieke erken het. Daar is uitgegaan van die beginsel van selfbeskikking deur onder andere soos volg te verklaar: The Community and its member States confirm their attachment to the principles of the 349

Helsinki Act and the Charter of Paris, in particular the principle of self-determination.690 Hierby is toegevoeg dat daar respek moet wees vir die “rule of law, democracy and human rights” sowel as dat waarborge daargestel sou word vir die regte van etniese en nasionale groepe en minderhede. Daar is derhalwe beslis dat daar gehoor gegee moes word aan die beginsel van demokrasie.

Dit is inderdaad vreemd dat die reg van hierdie republieke tot selfbeskikking erken is, maar ‘n reeks standaarde bygevoeg is wat tradisioneel nie die geval was by die toepassing van die reg op selfbeskikking nie. Weliswaar is hier ‘n verband aangedui tussen eksterne selfbeskikking en dit wat intern moes gebeur, naamlik respek vir minderhede, menseregte en die regstaatbeginsel.

8.24.8 GEMENEBES VAN ONAFHANKLIKE STATE

690 Sien in hierdie verband Cassese supra op 265 en verder. 350

Die Gemenebes van Onafhanklike State is 'n konfederasie wat state van die voormalige USSR as lidstate het. Die Russiese Federasie, Belarus en Oekraïne was die eerste drie state wat op 8 Desember 1992 lede van die Gemenebes geword het. Op 21 Desember 1991 is die Protokol van Alma Ata gesluit en het 11 van die Republieke (uitgesluit Georgië, Litoue, Letland en Estland) die Protokol onderteken.691 Die verskil is dat hierdie state almal nou volkome onafhanklik is en in daardie sin hulle reg op selfbeskikking uitgeoefen het. Elkeen tree in eie naam op die wêreldverhoog op en is as lidstate tot die Verenigde Nasies toegelaat. Die Gemenebes is tans net ‘n naam en is daar nie veel sprake van enige binding tussen hierdie state nie.

8.24.9 DIE RUSSIESE FEDERASIE

Die Russiese Federasie is saamgestel uit 20 republieke, 6 semi-outonome gebiede ("krays") en 50 streke ("oblasts"). Onder die republieke tel Tatarstan, Chechen- Ingoesjetia (Tsjetsjnië), Kalmikia, Noord-Ossetia, Adigea, Bashkortostan, Boerjatia, Choevasjia, Dagestan, Gorno-Altai, Kabardino-Balkaria, Karachai-Cherkessia, Karelia, Khakassia, Komi, Mari-El, Mordvinia, Toeva, Yakoetia-Sakha en Oedmoertia. Moskou en St. Petersburg (Leningrad) is oblasts soos ook Irkutsk en Volgograd (Stalingrad).

Die verkrummeling van die USSR het klaarblyklik nog nie 'n versadigingspunt bereik nie. Nie alleen het verskeie vennote in die Gemenebes al deur vyandige optredes die Gemenebes se voortbestaan laat wankel nie, maar het ook republieke binne die Federasie al sover gegaan om hulleself eensydig onafhanklik te verklaar. Georgië, 'n lidland in die Gemenebes, het, vanweë Abkhasië ('n republiek van Georgië) se sesessioneringsoorlog teen Georgië, in direkte stryd met Rusland getree, vanweë laasgenoemde se klaarblyklike hulp aan Abkhasië.

691 Sien Crawford supra op 98 vt 36. 351

Tatarstan en Tjetsjnië het al sover gegaan om as republieke binne die Federasie hulle van die moederland te distansieer en hulleself "onafhanklik" te verklaar. In laasgemelde staat duur ‘n afskeidingsoorlog nou al vir feitlik tien jaar.692

8.24.10 ETNIESE SAMESTELLING VAN DIE REPUBLIEKE

Na 75 jaar waarin die feit van etnisiteit ontken is, sit die republieke binne die federasie tans met die probleem dat nie een van hulle tans homogeen is nie, en sou sesessie ter sprake kom, sal nie alleen vanuit die Kremlin nie, maar ook vanuit minderheidsgroepe se geledere, stemme opgaan teen so 'n stap.

692 Sien byvoorbeeld Gaeta “The Armed Conflict in Chechnya before the Russian Constitutional Court” European Journal of International Law Vol 7 1996 op 563-570 waarin die skrywer melding maak van (en kritiek lewer op) ‘n saak wat voor die Russiese Konstitusionele Hof geplaas is en waarin die hof bevind het dat die territoriale integriteit (“State integrity”) een van die fondamente van die konstitusionele sisteem van die Russiese Federasie is, en dat dit in ooreenstemming met die algemeen erkende beginsel van selfbeskikking is. Die hof het derhalwe bevind dat daar nie ingevolge die Russiese Grondwet ‘n eensydige afskeiding deur ‘n lidstaat tot die Federasie mag plaasvind nie. 352

Bashkortostan het byvoorbeeld (volgens die 1989-sensus) 'n bevolking van 3,943 miljoen mense gehad waarvan 39 persent Russe is en slegs 22 persent Bashkorto's. Tatarstan het weer 49 persent Tartare en 43 persent Russe uit 'n totale bevolking van 3,642 miljoen. Dagestan het slegs 9 persent Russe, maar dan ook slegs 28 persent Dagestanese uit 'n bevolking van 1,802 miljoen. Oedmoertia het soveel as 59 persent Russe terwyl die Oedmoerte maar 31 persent van die bevolking van 1,606 miljoen uitmaak. Tsjetsjnië kan 'n sterker saak uitmaak met 'n 71:23 verhouding tussen die Tsjetsjniërs en die Russe uit 'n bevolking van 1,270 miljoen.693

8.24.11 SELFBESKIKKING IN DIE FEDERASIE

Artikel 1 van die grondwet stel dat Rusland 'n federasie is en dat die staat 'n soewereine republiek is. Dit, tesame met Artikel 2(3) wat bepaal dat geen deel van die bevolking die staatsmag mag aanval nie, verhoed in effek dat republieke eensydig kan wegbreek.

Artikel 9(1) bepaal egter dat republieke die federasie betree op grond van die selfbeskikkingsreg van mense, en Artikel 9(3) bepaal dat die Federasie alle nasionaliteite behulpsaam sal wees in die realisering van hulle regte asook die staatsvorm en mate van outonomie wat hulle wil hê.

Dit blyk dus dat daar weer eens 'n diskrepansie bestaan. Ook het die realiteit van afskeiding (sesessionering) die effek van Artikel 2(3) reeds in die ban gedoen.

Die presedent wat geskep is toe die Baltiese state, te wete Litoue, Letland en Estland weggebreek het vanaf die ou Sowjet Unie, sal in alle waarskynlikheid in die toekoms deur die republieke binne die huidige Russiese federasie aangegryp word. Die destydse USSR-grondwet het ingevolge Artikel 72 so 'n reg tot afskeiding verleen. Gorbatsjef het voortgegaan om die prosedure vir sesessie in wetgewing uiteen te sit. Die prosedure is uit alle oorde gekritiseer en het geeneen daaraan voldoen nie.

693 Sien Johnstone en Mandryk supra op 539-550. Rusland het tans ‘n bevolking van 146 miljoen waarvan 121 miljoen Russe is. 353

Omdat die Russiese grondwet nie, soos in ander state, 'n vaste en histories-gevestigde stel reëls is nie, het die grondwet nie die legitimiteit wat ander grondwette het nie. Die feit dat die parlement ook al te dikwels die grondwet wysig, gee verder aanleiding daartoe dat die grondwet nie juis met agting behandel word nie. Dit gee waarskynlik verdere aanleiding daartoe dat state binne die federasie aandring op volledige selfbeskikking.

8.25 GEVOLGTREKKINGS

Uit voormelde bespreking van die geskiedenis en die staatspraktyk is dit moontlik om sekere gevolgtrekkings te maak oor hoe die reg op selfbeskikking en die beginsel van sesessie toegepas is. Dit kan soos volg opgesom word: 1. Selfbeskikking het veral sedert die ontstaan van die Verenigde Nasies tot so ‘n mate inslag in die Internasionale Reg gevind dat dit deur geen staat geïgnoreer kan word nie. 2. Die begrip selfbeskikking is dikwels deur state aangewend tot hulle eie voordeel, heel waarskynlik weens die feit dat dat daar nie eenstemmigheid oor die inhoud daarvan bestaan nie. 3. Indien ‘n groep se strewe om selfbeskikking geïnternasionaliseer word, is die kanse op sesessie van daardie groep duidelik veel beter as daardie groepe wat nie daarin slaag nie. 4. Geografiese afgesonderdheid kan deurslaggewend in ‘n groep se guns wees in ‘n strewe tot sesessie, maar geografiese verspreidheid belemmer ‘n groep se selfbeskikkingstrewe. 5. Die belange van groot moondhede staan dikwels in die weg van ‘n groep se strewe om selfbeskikking in die vorm van sesessie, al het daardie groep ‘n baie sterk saak uitgemaak vir sesessie. 6. Indien meerdere groot moondhede in konflik met mekaar tree waar ‘n groep poog om af te skei van ‘n staat, word die groep se strewe nie net geïnternasionaliseer nie, maar ook dikwels, afhangende van die relatiewe sterkte van die ondersteunende groot moondheid, met sukses deurgevoer. 354

7. Indien ‘n staat die poging van ‘n groep (in ‘n gedeelte van daardie staat) om af te skei met geweld onderdruk, kan sodanige onderdrukkende optrede, indien internasionale verontwaardiging daaroor ontstaan, tot voordeel van die groep wees wat wil afskei (sesessioneer). 8. Die vermoë om ekonomies voort te bestaan indien van ‘n staat afgeskei word, is, alhoewel van groot belang in die oë van die internasionale gemeenskap, dikwels nie ‘n struikelblok vir die groep in sy poging om wel af te skei nie. 9. Waar ‘n “staat” tot stand gekom het as gevolg van sesessie wat geen internasionale erkenning geniet nie, maar die “staat” hou geen bedreiging vir ander state in nie en die grondgebied daarvan ook geen gesogte hulpbronne het nie, lok dit verontwaardiging van die internasionale gemeenskap uit, maar nie noodwendig optrede of inmenging nie. 10. Indien die inwoners van ‘n staat of gebied nie geken is in die besluit om af te skei van ‘n ander staat nie (byvoorbeeld deur middel van ‘n referendum of verkiesing nie), sal daar kwalik erkenning deur die Verenigde Nasies van so ‘n staat volg. 11. Die internasionale gemeenskap het dikwels geen ander keuse as om eenvoudig kennis te neem van ‘n de facto situasie nie. Dit wil sê, waar ‘n “staat” tot stand gekom het as gevolg van sesessie, alhoewel erkenning van so ‘n “staat” nie noodwendig volg nie. 12. Hereniging van state, indien die state wat wil herenig dit sou verkies, is steeds moontlik in die Internasionale Reg, terwyl vreedsame partisionering ook steeds plaasvind. 13. Die feit dat ‘n homogene groep ‘n afgesonderde gebied bewoon, is nie voldoende vir ‘n eis om sesessie nie; dit moet ook gepaard gaan met ‘n strewe na selfbeskikking en moet die groep gewoonlik ook kan aantoon dat dit onderworpe is aan onderdrukking. 14. Indien ‘n referendum in ‘n gebied nie werklik verskillende keuses aan die inwoners daarvan stel nie (waar selfbeskikking ter sprake is), sal die uitslag daarvan kwalik deurslaggewend wees en dikwels nie internasionale erkenning geniet nie. 355

15. ‘n Staat kan hom in die moderne tyd nie meer op sy soewereiniteit beroep indien die internasionale gemeenskap van mening is dat die inwoners daarvan, en veral minderhede binne daardie staat, se regte misken word nie. 16. ‘n Minderheid wat hom binne die grense van verskeie soewereine state bevind, se aanspraak op eksterne selfbeskikking sal kwalik in vervulling kan gaan en het nie dieselfde substansie en meriete as minderhede wat hulle binne die grense van ‘n enkele staat bevind nie. 17. Die vetoreg van state in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het al dikwels in die pad van ‘n staat se strewe om selfbeskikking gestaan. 18. Indien die ekonomiese bestendigheid van ‘n staat in die slag sou bly of in gevaar gestel sou word indien ‘n deel daarvan wil afskei, sal ‘n eis tot sesessie waarskynlik nie erken word nie. 19. Die erkenning van ‘n groep se minderheidsregte hang dikwels af van die goedgesindheid van die staat waarbinne hierdie minderheid hom bevind. 20. Groepe sal somtyds hulle strewe tot afskeiding laat vaar indien groter outonomiteit binne ‘n staat aan hulle verleen word. 21. Die volgehoue strewe van ‘n groep en die volgehoue aandrang van die internasionale gemeenskap kan wel die strewe na selfbeskikking van ‘n groep, al het die eis aanvanklik ook hoe onrealiseerbaar gelyk, laat realiseer. 22. ‘n Gebied se strategiese belang sal dikwels verhoed dat ‘n groep binne daardie gebied se aanspraak op selfbeskikking in vervulling gaan. 356

HOOFSTUK 9

NASIONALISME EN SELFBESKIKKING

9.1 INLEIDING

Of nasionalisme enige relevansie het wanneer oor die begrip selfbeskikking gehandel word, kan beantwoord word nadat nasionalisme omskryf is. As selfbeskikking na die groep en dus per se na die volk verwys, dan kom nasionalisme ook ter sprake. Waar daar dan ook probleme is om groepe te definieer wat geregtig is op selfbeskikking, kan ‘n bespreking van nasionalisme dalk antwoorde bied op die vraag na die houer van die reg op selfbeskikking. Ook is kennis geneem dat groepe hulleself onderskei van ander deur subjektiewe en objektiewe faktore. Hierdie faktore is prominent en baie tersaaklik by nasionalisme.

Nasionalisme is ’n faktor waarvan wêreldwyd kennis geneem word omdat groepe soos volke, inheemse groepe en minderheidsgroepe in ‘n voortdurende stryd gewikkel is om selfbeskikking te verwesenlik. Dit mag wees om die reg op selfbeskikking die eerste keer af te dwing, hetsy in interne of eksterne vorm, of dalk om die behoud en uitbouing van ‘n reeds verkreë reg op selfbeskikking. Die stryd om selfbeskikking gaan gewoonlik gepaard met nasionalisme. Nasionalisme is dan ookal beskryf as een van die sterkste magte in die moderne wêreld.694

694 Hutchinson en Smith (reds) Nationalism Oxford University Press 1994 op 3. 357

In Suid-Afrika byvoorbeeld het Afrikaner-nasionalisme ‘n groot rol gespeel in die Afrikaner se standpunt dat die verwesenliking van ‘n republiek die uitoefening van die Afrikaner se reg op selfbeskikking daarstel.695 Israel wat in 1948 onder David Ben Gurion onafhanklik geword het, het spesifiek na hul “natural right to be masters of their own fate” verwys. Dit is ‘n nasionalistiese uitspraak. Maar Israel het ook gesê dat hulle onafhanklikheid die uitoefening van hulle reg op selfbeskikking is. Uitsprake oor selfbeskikking hou dus direk verband met die belewing van nasionalisme.

Hroch stel dat selfbeskikking nie ontdek is deur Lenin of Wilson nie, maar is dit: the final stage of a historical process and of a specific kind of political or social movement...696 Hierdie beweging volgens Hroch word gestu deur nasionalisme. Daarom kan gestel word dat die begrippe selfbeskikking en nasionalisme in ‘n direkte verhouding tot mekaar staan en dat ‘n bespreking van die een ‘n bespreking van die ander noodsaak.

695 Dit is natuurlik so dat die woord Afrikaner in omstredenheid gehul is. Dit kan trouens as ‘n amorfe begrip beskou word indien dit nie gekwalifiseer word nie. Vir doeleindes van hierdie studie word die Afrikaner beskou as ‘n groep mense met verskillende oortuigings wat wyd verspreid woon, sowel binne as buite die grense van Suid-Afrika, maar wat sekere kulturele waardes deel. Daarbenewens is dit so dat daar ‘n beduidende groep Afrikaners is wat sterker voel oor sekere aspekte as ander. Dit is na hulle wat verwys word as daar in hierdie studie van Afrikaner-nasionalisme gepraat word.

696 Hroch “National Self-Determination from a Historical Perspective” in Periwal (red) Notions of Nationalism Central European University Press Budapest 1995 op 65. 358

9.2 OMSKRYWING VAN NASIONALISME

Richard Weaver het gesê dat dit wat uniek is eintlik nie definieerbaar is nie.697 Walker Connor het gestel dat die essensie van ‘n volk nie iets tasbaars is nie, maar iets geesteliks, ‘n ingesteldheid eerder as ‘n feit.698 In ‘n mate kan dit ook van nasionalisme gesê word. Dit is moeilik om nasionalisme in enkele woorde te definieer.

697 Weaver Ideas Have Consequences Londen 1984 op 156. Aristoteles het opgemerk dat definisie eintlik ‘n geval van aanvoeling is.

698 Connor Ethnonationalism: The Quest for Understanding Princeton New Jersey 1994 op 42. 359

Daar is ‘n verskeidenheid van interpretasies en definisies van nasionalisme.699 So stel Kotzé dat nasionalisme ‘n sisteem van denke en ‘n siening van die lewe is waarin die nasie of volk sentraal staan.700 Kohn stel dat nasionalisme ‘n “state of mind” is wat by die meerderheid van ‘n bepaalde groep mense neerslag gevind het en dat die volkstaat as die mees ideale vorm van politieke organisasie beskou kan word.701 Marais het nasionalisme soos volg beskryf: Nasionalisme is binne ‘n volk die ongeskrewe kontrak tussen die wat dood is, die wat leef en die vir wie die lewe wag.702 Dit sluit aan by die skrywer CJ Langenhoven wat gesê dat die verskil tussen die persoon en die volk is dat die persoon terugkyk en ‘n wiegie sien en vorentoe kyk en ‘n graf sien. By ‘n volk is dit egter omgekeerd. ‘n Volk kyk terug en sien ‘n graf en kyk vorentoe en sien ‘n wiegie.

By nasionalisme gaan dit om die werklikheid van die verskeidenheid van etniese of volksgroepe wat daar in die wêreld bestaan. Die nasionalisme stel dat die volkereverskeidenheid tot stand gekom het as ‘n skeppingsdaad van God. Dit glo in die onoorwinbare grootheid van die menslike gees en die ondergeskiktheid daaraan van alle ekonomiese en materiële oorwegings. Dit berus op die natuurlike geneigdheid van die mens en nie op aangeleerde houding wat indruis teen die lewenswette van die natuur nie.703

Nasionalisme is vir meeste skrywers meer as net ‘n gevoel of emosie wat ‘n deel of meerderheid van ‘n volk ervaar. Dit kan eerder as ‘n voortdurende band beskou word. Dat dit met ervaring en deur middel van vele prosesse tot uiting kom, is waar. Dit kan

699 Sien byvoorbeeld Kotzé Nationalism - A Comparative Study Tafelberg Publishers Cape Town 1981 op 7-8.

700 Nationalism - A Comparative Study supra 1981 op 7.

701 Kohn The Idea of Nationalism Macmillan Company New York 1961 op 16.

702 Bienedell (red) Afspraak met die Toekoms: Die Stem van Jaap Marais en Afrikanernasionalisme Bienedell Uitgewers Pretoria 2001 op 20.

703 Bienedell Afspraak met die Toekoms supra op 20-24. 360

derhalwe as ‘n proses met ‘n eskalerende karakter beskryf word. Nasionalisme is somtyds sluimerend en kan selfs kwyn omdat dit afhanklik is van die bestaan van ‘n volk. Daarom word nasionalisme ook gesien as sou dit deurentyd bestaan en ontstaan en groei en kwyn.704 Dit is ook waar dat ‘n gedeelte of minderheid van ‘n volk nasionalisties in hulle strewe mag wees wat later kan uitkring tot die groter geheel.

704 Kotzé Nationalism - A Comparative Study supra op 15 stel dit soos volg: “Nationalism is constantly in the making, constantly growing or declining”. 361

Kotzé705 verwys na abstrakte aspekte soos ‘n “system of thought” en ‘n “view of life” wanneer hy nasionalisme definieer. In hierdie sisteem van denke en lewensbeskouing figureer die nasie dan baie prominent. Die nasie verteenwoordig sekere gemeenskaplike karaktertrekke, waardes en belange, en kan selfs ‘n spesiaal selfopgelegde taak hê wat volvoer moet word. Hierdie eienskappe verleen dan aan die nasie ‘n eie identiteit of karakter, en dien terselfdertyd as kriteria waardeur die nasie hom van ander groepe kan onderskei. Die nasie maak egter ook aanspraak op die indiwidu se hoogste lojaliteit, toewyding en liefde, maar dit alles kan alleenlik verwesenlik word: if the nation enjoys self-determination; therefore, the nation must have its own sovereign independent state.706

Uit bogemelde is dit duidelik dat ‘n veelheid faktore aanwesig is by nasionalisme waaronder identiteitsgevoel, ‘n aanspraak op nasionale identiteit en selfbeskikking, ‘n ongeskrewe kontrak, geestesingesteldheid, sisteem van denke, lewensbeskouing, lojaliteit en emosionele verbondenheid.707 Die volk (nasie) se gemeenskaplike en eiesoortige karaktertrekke, waardes, belange en strewes speel ‘n belangrike rol as

705 Kotzé Nationalism - A Comparative Study supra op 7-8.

706 Kotzé Nationalism - A Comparative Study supra op 8.

707 Sien veral Kotzé en Van Wyk Politieke Konsepte Perskor-Uitgewery Johannesburg 1986 op 102-103 waar nasionalisme dan ook omskryf word as ‘n samevoeging van emosies wat gebaseer is op vaderlandsliefde, trots as gevolg van gemeenskaplike afkoms, taal, geskiedenis en godsdiens. 362 voedingsaar vir die nasionalisme.708

708 Lieberson “Stratification and ethnic groups” in Richmond (red) Readings in Race and Ethnic Relations Pergamon Oxford 1972 op 202. 363

Die omvangryke potensiële mag waarmee die begrip nasionalisme vereenselwig word, spruit uit voorbeelde uit die geskiedenis. Tot aan die einde van die Eerse Wêreldoorlog was dit in die naam van nasionalisme dat ou multi-nasionale organisasies en keiserryke geleidelik opgebreek het waaronder die Oostenryk-Hongaarse Ryk, die Russiese Ryk, en die Ottomaanse Ryk.709

Talle van die huidige state op die wêreldtoneel kan direk aan die opkoms en/of oplewing van nasionalisme toegeskryf word. Dit te midde van die feit dat daar state bestaan wat as multi-nasionaal (en selfs supra-nasionaal) beskryf kan word. Nasionalisme het homself gevolglik magtiger as enige ander politieke ideologie (politieke geloofsbelydenis) bewys. Lind stel dat nasionalisme die “most powerful political force of the past two hundred years” was en “the most powerful idea in the contemporary world”.710 Nasionalisme word beskou as ‘n eksplosiewe krag,711 en is dan ookal

709 Kotzé Nasionalisme en Kommunisme: Nasionalisme as Historiese Faktor Deel III Tafelberg-Uitgewers Kaapstad 1970 op 31-38 en sien ook Aroian and Mitchell The Modern Middle East and North-Africa Macmillan Publishing Company New York 1984 op 111-132.

710 Lind “In Defense of National Liberalism” in Foreign Affairs May/June 1994 Vol 73 No 3 op 87-88 en sien ook Hertz Nationality in History and Politics - A Psychology and Sociology of National Sentiment and Natonalism Routledge & Kegan Ltd Londen 1966 op 1.

711 Haugue en Harrop Comparative Government - An Introduction Macmillan Publishers Londen 1984 op 18. 364

veroordeel as sou dit juis tot gevolg gehad het dat state gedisintegreer het en dat dit gevolglik ‘n destruktiewe mag is.712

Steyn beskou etniese nasionalisme as 'n geestestoestand van: 1. Getrouheid aan die volk, geloog aan 'n gemeenskaplike verlede en hoop op 'n nasionale toekoms; 2. Bewustheid van sommige identiteitskenmerke, veral bedreigdes; 3. Bewustheid van die volk se belange en die bedreigings daarvan.713

712 Sien byvoorbeeld Pfaff The Wrath of Nations: Civilization and the Furies of Nationalism Simon en Schuster New York 1994 in die algemeen.

713 Steyn Trouwe Afrikaners: Aspekte van Afrikaner-nasionalisme en Suid-Afrikaanse Taalpolitiek 1875-1938 Kaapstad 1987 op 7. 365

Degenaar714 verwys na die belangrike rol van groepsbewussyn by die enkeling en toon drie aspekte aan van die strukturele verhouding tussen indiwidu en groep. Eerstens is daar 'n dialektiese verhouding tussen die twee omdat die indiwidu bewus word van homself deur identifikasie met en onderskeid van die groep. In die tweede plek wys hy op die sekuriteit wat die groep vir die indiwidu te midde van 'n dreigende wêreld verskaf en derdens die neiging binne 'n groep om eenvormigheid na te streef.

Hoewel mense volgens Degenaar tot meer as een groep behoort, het een die neiging om 'n sentrale plek in te neem. Sedert die Franse Rewolusie is dit volgens Degenaar die nasie wat sentraal staan en kry dit sy beslag in nasionalisme. Pfaff is van mening dat nasionalisme nie ‘n ideologie is nie, aangesien dit nie universeel is nie. Daar is volgens hom nie so-iets soos ‘n nasionalis nie, maar wel ‘n spesifieke volks-nasionalis soos ‘n Duitse nasionalis, Kroatiese nasionalis, ensovoorts.715 In Suid-Afrika is dan ook spesifiek kennis geneem van Afrikaner-nasionalisme.

Volksnasionalisme is volgens Degenaar die siening van 'n volk oor homself as 'n bevolking met eksklusiewe kulturele kenmerke. Daaruit vloei voort die inrig van die staat en die politieke organisasie. Vir die enkeling impliseer dit volle diensbaarheid aan die organiese volk waarin eie outonomie opgaan, en vir die volk impliseer dit die politisering van kultuur.716 Nasionalisme is dan ook in sy uitnemende vorm slegs by volke te bespeur en nie by groepe wat nog nie as volke bekend staan nie.

Degenaar maak die volgende afleiding:717 Nation is a political concept and refers to the people in the state of consciousness of sovereignty as located in themselves, i.e. they are aware of the value of the fact that the highest political authority resides in themselves in a state (nation state). In a narrow

714 Degenaar “The Roots of Nationalism” in Joubert (red) Societas 15 Academica Pretoria op 12.

715 Pfaff supra op 14.

716 Degenaar supra op 22.

717 Degenaar supra op 9. 366

sense a nation comprises a homogenous group of people, in a wide sense it includes different peoples.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat ras 'n biologiese duiding het, volk 'n kulturele- en nasie 'n politieke duiding. Nasie val dus vir Degenaar saam met politieke (staats-) grense.

9.3 VOLK EN NASIE

Hierbo is gewys op die feit dat nasionalisme in verband staan met die volk of nasie se beskouing van homself en die strewes van so ’n groep. Dit is gevolglik noodsaaklik om hierdie begrippe nader te omskryf omdat dit ook verband hou met die woord ”peoples” waarna verwys word in die refrein “self-determination of peoples”.

Die woord volk word normaalweg verbind met ‘n wye verskeidenheid van gemeenskaplikhede. Dit verwys na ‘n groep mense met onder meer ‘n gemeenskaplike taal, gewoontes, godsdiens, geskiedenis, tradisies, herkoms en afstamming, heldedom, waardestelsel, norms, sosiale organisasies, politieke ideale, grondgebied en ook godsdiens.718 Volgens Coertze is ‘n volk ‘n soort organiese verskynsel met ‘n spesifieke eiesoortige karakter of identiteit.719 Hierdie besondere karakter of identiteit word tot ‘n groot mate ontleen aan bogenoemde gemeenskaplikhede. Veral faktore soos afkoms, (biologiese samestelling en bloedverwantskap waarvan die rassekenmerk essensieel is), omgewing, (grondgebied of land), administrasie, (bepaalde konsepsies en bestuursinstellings), taal, godsdiens, gewoontes en konvensies, geskiedenis en die houding daaroor, kultuurgoed, (voedsel, kleredrag, gereedskap, en andere) asook instellings en organisasies is baie belangrik in die bepaling van volksidentiteit.720

718 Degenaar “Afrikaner-nasionalisme” in Esterhuyse et al (reds) Moderne Politieke Ideologieë Southern Boekuitgewers Johannesburg 1987 op 239.

719 Coertze Inleiding tot die Algemene Volkekunde Voortrekkerpers Johannesburg 1977 op 64.

720 Sien veral Kotzé Nationalism - A Comparative Study supra op 4. 367

Bogemelde eienskappe onderskei volke van mekaar maar veral van ander “groepe” soos stamme, kultuurgemeenskappe, ensovoorts. Dit het ook tot gevolg dat die strewe van volke gewoonlik na volledige (eksterne) selfbeskikking in die vorm van soewerein onafhanklike state is. Hierdie ideaal van volke word gestu deur nasionalisme wat somtyds volksnasionalisme genoem word. Coertze stel dit soos volg: Dit is langs hierdie weg dat volke meer is as die som van die indiwidue waaruit dit saamgestel is.721

Coertze stel ook dat ‘n volk nie te onderskei is van kultuur nie: Die kultuur van ‘n volk is ‘n eenheidsuitdrukking van die lewe van daardie volk.722 Die regeringstelsel, regstelsel, ekonomiese stelsel en godsdiensvorm, wat ten nouste met mekaar vervleg is, vorm slegs enkele aspekte waaruit ‘n volkskultuur saamgestel word. Volk en kultuur is dus onafskeidbaar van mekaar - as daar geen kultuur is nie, is daar ook geen volk nie. Kultuurhandhawing is lewensbelangrik vir ‘n volk se voortbestaan. Daarom is eksklusiwiteit ‘n kenmerk van volke se strewes; daarom die strewe na selfbeskikking. Die strewe na eksklusiwiteit word somtyds bevraagteken. Hierop antwoord Weaver:723 ... [t]he questioning of apartness, the suspicion of difference, the distrust of distinction, ... these are all features of a modern mentality which, often without even knowing what it is doing, may put an end to what has always been the source of culture...

Die begrip nasie word oor die algemeen verskillend deur verskeie akademici en politici gebruik en vertolk. In teenstelling met die gebruik in Engels, word daar in Afrikaans tussen volk as ‘n kulturele en nasie as ‘n politieke begrip onderskei. Nasie verwys, uit ‘n Afrikaanse oogpunt gesien, na ‘n volk wat as kultuurgemeenskap bewus geword het dat selfbehoud en selfverwesenliking alleenlik in volledige (eksterne) selfbeskikking in eie

721 Coertze Inleiding tot die Algemene Volkekunde Voortrekkerpers Johannesburg 1977 op 64.

722 Coertze Inleiding tot die Algemene Volkekunde supra op 27.

723 Weaver Life Without Prejudice and Other Essays Henry Regnery Company Chicago 1965 op 111. 368 staatsverband tereg sal kom. Dit word egter ook gebruik om nasieskap of bloot burgerskap aan te dui.724

724 Degenaar "Afrikaner-nasionalisme” in Esterhuyse et al (reds) Moderne Politieke Ideologieë Southern Boekuitgewers Johannesburg 1987 op 239. 369

Die woord nasie is ’n kontroversiële begrip.725 Die woord is afgelei vanuit die Latynse woord natio en saam met nascor dui dit op geboorte, soort en menseras.726 Vanaf die sewentiende eeu het juriste die nasie-begrip begin gebruik in hul verwysing na die totale bevolking van ‘n soewereine staat727 en het die begrip dus verbind geraak met die idee van mag en soewereiniteit. Soos gestel is: ... at last nation meant a free, self-governing people.728

Die begrip het met verloop van tyd ‘n oorheersend politieke betekenis gekry.729 Die woord nasie is ook al soos volg omskryf: ...[a] group of people regarding themselves as a political unity and desiring self- determination ... and therefore desires a state of its own.730

725 Degenaar "Nasionalisme” in Van Vuuren en Kriek (reds) Politieke Alternatiewe vir Suid- Afrika - Grondslae en Perspektiewe Macmillan Uitgewers Johannesburg 1982 op 68.

726 Coertze "Prinsipiële en Feitelike Inleiding tot die Studie van die Bevolkings- verhoudingsvraagstuk in Suid-Afrika” Tydskrif vir Rasse-Aangeleenthede April 1971 op 55.

727 Hayes Essays on Nationalism The Macmillan Company New York 1926 op 4.

728 Hertz Nationality in History and Politics - A Psychology and Sociology of National Sentiment and Nationalism Routledge & Kegan Ltd Londen 1966 op 7.

729 Kotzé Nationalism - A Comparative Study Tafelberg Publishers Cape Town 1981 op 6.

730 Sulzbach National Consciousness American Council on Public Affairs Washington DC 1943 op 66. 370

Die gemeenskaplike faktore waarna reeds verwys is by die begrip volk word deur verskillende skrywers ook aan die begrip nasie toegeskryf. So word verklaar731 dat ‘n nasie na onder meer ‘n gemeenskaplike kultuur, gemeenskaplike simbole en ’n eiesoortige lewens-en wêreldbeskouing verwys en dat ‘n eie grondgebied een van die simbole is waaraan ‘n nasie sy waardes en houdings kan koppel en terselfdertyd ook dien as een van die belangrikste onderskeidingsfaktore tussen hom en enige ander kultuurgroepering. Gemeenskaplikhede wat uiteindelik ‘n gevoel van eiesoortigheid skep en ‘n soewerein onafhanklike staat tot gevolg het is van uiterste belang by die bespreking van die begrip nasie. ‘n Staat bied die grootste mate van stabiliteit en permanensie wanneer dit in noue ooreenstemming met ‘n nasie verkeer en is ‘n meganisme waardeur die nasie sy besondere identiteit kan behou, sy waardes en belange kan beveilig en ook sy welvaart kan verseker.732

Ter opsomming kan gesê word dat ‘n nasie ‘n bepaalde gemeenskap is wat sy hoogste verwesenliking nastreef in ‘n eie afsonderlike en soewerein onafhanklike staat. Vanuit ‘n nasionalistiese gesigshoek beskou is daar weinig indien enige wesenlike verskille tussen die begrippe volk en nasie. Beide begrippe word met dieselfde gemeenskaplike kenmerke soos byvoorbeeld taal, godsdiens, ras, geskiedenis, kultuur, tradisies, waardesisteme en politieke ideale verbind. Uiteindelik beteken dit dat die grense van volksverband en die grense van nasieverband relatief gesproke dieselfde grense verteenwoordig. Albei word ook as ‘n organiese verskynsel beskou met as hoogste ideaal ‘n eie grondgebied met ‘n soewerein onafhanklike regeringstelsel. Dit is niks anders nie as die volle verwesenliking van (eksterne) selfbeskikking.733

731 Lanyi en McWilliams Crisis and Continuity in World Politics - Readings in International Relations Fandom House New York 1966 op 68. In lyn hiermee verklaar Muir Modern Political Geography Macmillan Press Londen 1979 op 84 dat ‘n nasie ‘n groep mense is wat ‘n verskeidenheid van kulturele karaktertrekke, waardes en aspirasies in gemeen het, maar terselfdertyd ook ‘n noue verbintenis met ‘n bepaalde stuk grondgebied het.

732 Kotzé Positiewe Nasionalisme Tafelberg Uitgewers Kaapstad 1968 op 17.

733 Sien in hierdie verband Hauptfleisch ‘n Politikologiese Beoordeling van die Plek van Blanke Selfbeskikkingsreg in die Grondwetlike Strukturering in die RSA Ongepubliseerde D.Phil Proefskrif Universiteit van die Oranje-Vrystaat 1992 op 78-95. 371

Hoe noukeuriger die groep of die “self” gedefinieer word, hoe duideliker en meer gesaghebbend kan die beginsel van selfbeskikking verklaar word. Uit bogemelde is dit gevolglik duidelik dat die reg op selfbeskikking groepe toekom en nie indiwidue nie.

9.4 ELEMENTE VAN NASIONALISME

By die ontleding van nasionalisme word sekere elemente van nasionalisme geïdentifiseer. Alhoewel dit hier as elemente bespreek word, kan daar ook van die grondbeginsels, eienskappe, waardes of aksente van die nasionalisme gepraat word en is dit so dat van hierdie elemente eerder as sub-elemente van ander beskou kan word.

Elke nasionalisme verskil van ‘n volgende een wat die inhoud van die elemente, die karaktertrekke en intensiteit daarvan betref. ‘n Bepaalde groep karaktertrekke mag by die een prominent figureer, terwyl dieselfde karaktereienskappe, of sommiges daarvan, by ‘n volgende nasionalisme weer geen of min prominensie geniet. Verskillende elemente van nasionalisme kan op verskillende stadia in die geskiedenis van ‘n volk of nasie dominant wees, terwyl dit onder veranderde omstandighede feitlik geen rol hoef te speel nie. Die varieerbaarheid van karakterkenmerke binne dieselfde nasionalisme, asook tussen verskillende nasionalismes, kan dus in sommige gevalle betreklik groot wees.

9.4.1 GRONDGEBIED

Nasionalisme ontspring by die geografiese begrensing waarin ‘n groep mense van enerse of verwante afkoms min of meer afgesonder is. In die natuur is grondgebied waarskynlik die primêre vereiste vir voortbestaan van ‘n spesie. So is dit ook by mense. Deur die geskiedenis is bewys gelewer dat oorloë meestal gegaan het oor volke se begrensing van hulle gebied.

As gevolg van hierdie geografiese begrensing waarin ‘n groep afgesonderd is, ontstaan ‘n gevoel tussen hierdie mense na gelang van tyd en ‘n afhanklikheid ten opsigte van 372 hierdie grondgebied.734 Hierdie gevoel word verwoord met die begrip “patriotisme” wat beteken dat hierdie groep mense ‘n gevoel ten opsigte van hierdie land, wat mettertyd as “vaderland” beskou word, ontwikkel. Daarom die oproep van volke oor die wêreld: Hierdie land is ons land.

734 Sien veral Burghardt “The Bases of Territorial Claims” Geographical Review Vol LXIII 1973 op 228-243. Sien ook in die algemeen Ardrey The Territorial Imperative New York 1966. 373

Territoriale begrensing word meermale beskou as die laaste woord in die strewe na behoud van rasse-identiteit, kulturele voortreflikheid en nasionale selfbetuiging. Die verknogtheid van mense aan ‘n bepaalde grondgebied is daarom maklik te verklaar en word daar gepraat van die “historiese aanspraak” op ‘n bepaalde gebied.735 En al lyk daardie grondgebied dalk objektief gesproke onaantreklik vir ‘n buitestaander; vir die volksgenoot, die nasionalis, dien dit as voedingsbron en lewensaar van sy nasionalisme. Daarom ook dat ander gebiede vir nasionaliste geen bekoring inhou nie, selfs al word sodanige gebiede as afgeleë (en derhalwe nog onbeset) beskou en selfs al word dit vir hulle aangebied. Volke groei in en uit ‘n grondgebied, hulle “aard” figuurlik gesproke daar en hulle wortels kan nie sondermeer uitgetrek en op ‘n ander plek “ingeplant” word nie.736

Dit is baie duidelik dat ‘n nasionale bewussyn ook ‘n aandrang op ‘n eie staatsverband (en derhalwe ‘n eie grondgebied) sal impliseer. Die eksklusiewe aard van ‘n eie grondgebied word veral in terme van internasionale verhoudinge hoog aangeslaan.737 Nasionalisme is dan ook toegespits op die verkryging, behoud en versterking van die nasionale staat. Die nasionale staat is dus ‘n politiek-geografiese uitdrukking van nasionalisme.738 Die begeerte van ‘n nasie om selfbeskikking in ‘n eie staatsverband te

735 Burghardt supra op 230.

736 Burghardt supra op 231.

737 Boulding “The Map-Shape of Nations” in Duchacek (red) Discord and Harmony - Readings in International Politics Holt Rinehart and Winston New York 1972 op 6.

738 Muir Modern Political Geography Macmillan Press Londen 1979 op 88. 374 besit, is daarom ‘n uitstaande kenmerk van nasionalisme.739 Daar word dan ook dikwels na die territorium verwys as die liggaam van die nasionale organisme.

9.4.2 GEMEENSKAPLIKE VERLEDE

Omdat mense in ‘n bepaalde gebied woon vir ‘n tydperk, ontwikkel daar ‘n geskiedenis van gebeure wat so ‘n groep deelagtig word. Hierdie gemeenskaplike ervaring en lesse wat uit die verlede geput word en waaruit inspirasie verkry word, voed sodanige groep en ontstaan daar ook ‘n trots ten opsigte van dinge wat bereik is en ‘n wil om na hoër dinge te strewe. Daarom word die geskiedenis van so ‘n groep die groep se geheue en verhef dit die groep sodat die somtotaal van die groep veel meer is as die totaal van sy indiwiduele lede. Hierdie gemeenskaplike verlede of geskiedenis van so ‘n groep wortel derhalwe in die gemeenskaplike grondgebied wat deur sodanige groep bewoon word.

Geskiedenis is die skakel en bindingsmag tussen die geslagte wat op mekaar volg, wat aan elke geslag perspektief, identiteit en gevoel van grootheid gee, en wat hulle in staat stel om hulle posisie teenoor ander te evalueer. ‘n Volk sal deurgaans poog om nie die band met sy geskiedenis te breek nie. Soos die patriotisme, is die geskiedenis ook onontbeerlik by nasionalisme.

739 Kotzé Positiewe Nasionalisme Tafelberg Uitgewers Kaapstad 1968 op 17-18. 375

‘n Sterk nasionale band word deur ‘n gemeenskaplike verlede gesmee. ‘n Historiese solidariteitsgevoel lei tot ‘n gemeenskaplike wil in die hede en ‘n begeerte om dit selfs in die toekoms voort te sit.740 Nasionalisme is dan ook al as die “myth of historical renovation”741 omskryf. Die geskiedenis van ‘n volk is dus van kardinale belang vir sy nasionale strewes en ideale.

9.4.3 KULTUUR

As gevolg van die saamwoon van ‘n groep mense in ‘n bepaalde gebied vir ‘n bepaalde tydperk en ten aansien waarvan ‘n sekere gemeenskaplike geskiedenis bestaan, ontwikkel sekere gebruike, tradisies, sedes, sentimente en reëls waaruit ‘n kultuur tot stand kom en wat gedra word deur ‘n taal waarin daardie mense die lewe aan hulleself vertolk en hulleself kenbaar maak aan ander groepe.

Gellner ag die waarde van kultuur vir die nasionalisme baie hoog as hy stel dat: [A] high culture pervades the whole of society, defines it, and needs to be sustained by the polity. That is the secret of nationalism.742

740 Levine Political Issues Debated - An Introduction to Politics Prentice-Hall Inc Englewood Cliffs New York 1982 op 19.

741 Smith Theories of Nationalism Harper and Row New York 1971 op 22.

742 Gellner Nations and Nationalism: New Perspectives on the Past Blackwell Publishers 376

Limited Oxford 1983 op 18. 377

Kultuur ontwikkel dus na gelang van tyd binne ‘n groep wat as gevolg van hulle afgesonderdheid binne ‘n bepaalde gebied woonagtig is. Daarom is grondgebied, geskiedenis en kultuur so afhanklik van mekaar aangesien die een se voortbestaan afhanklik is van die ander se bestaan.

9.4.4 TAAL

Wanneer ‘n groep mense dieselfde taal praat, bestaan daar van meet af ‘n natuurlike band tussen hulle, en kan dit gewis, soos in die Franssprekendes se geval in Quebec, Kanada, tot ‘n baie belangrike komponent van nasionalisme ontplooi. In baie gevalle loop ‘n taalstrewe hand aan hand met ‘n politieke strewe. In hierdie verband kan daar ook na die Afrikaner se geskiedenis aan die begin van die twintigste eeu verwys word. Waar die Afrikaner tydens die Tweede Vryheidsoorlog feitlik alles verloor het was sy taal ‘n samebindende faktor waarop hy homself daarna onwrikbaar moes stel ten einde te oorleef en stelselmatig weer die pad na vryheid en onafhanklikheid oop te maak.

9.4.5 IDENTITEIT

Deur die gemeenskaplikheid van historiese ervaring en uit hoofde van die begrensing binne ‘n gebied en die gemeenskaplike kultuur wat as gevolg daarvan ontwikkel, verkry hierdie groep mense ‘n identiteit wat hom as onderskeidende groep en later as volk kenmerk. Die identiteit as volk spruit voort uit die identiteit van die rassegroep wat hom vir ‘n bepaalde tyd in ‘n bepaalde gebied afgesonder het. Trou aan die identiteit van ‘n volk is ‘n onderskeidende kenmerk van die nasionalisme.

9.4.6 ETNISITEIT

‘n Eiesoortige etniese- asook rasverwantskap is dikwels ‘n oorheersende faktor in die ontwikkeling van ‘n groepsbewussyn.743 Waar die verskil in etniese kenmerke tussen twee groepe aansienlik is, dien dit ook dikwels as ‘n uiterlike onderskeidings-

743 Sien “Race and Nationalism” in Nairn Faces of Nationalism: Janus Revisited Verso New York 1997 op 113-121. 378

meganisme.744 Steyn stel dat taalassimilasie en rasassimilasie die twee belangrikste bedreigings van die volk is.745 Gevolglik word etniese suiwerheid as die teoretiese grondslag van ‘n volk beskou. Pogings om etniese identiteit te bewaar, is al eeue deel van nasionalistiese strewes.

Smith746 wys daarop dat etniese vooroordele ‘n baie bekende verskynsel in die sogenaamde “pan”-bewegings, (bv Pan-Afrikanisme) is. In sy bespreking van Pan- Afrikanisme verklaar Smith747 dat hierdie kleur-nasionalisme bloot ‘n variant van nasionalisme is en gewis nie as ‘n soort rassisme beskou moet word nie.

Die etniese kenmerk is een van die mees opvallende en dalk ook een van die mees inhoudelike karaktertrekke wat deur ‘n volk of nasie gedra kan word. Die velkleur bied ‘n sintuiglik waarneembare identifikasie. Hertz stel dat die nasionalistiese strewe na solidariteit en ‘n verenigde nasionale gemeenskap nie haalbaar is in ‘n samelewing waar skerp verskille ten opsigte van stand en oorgeërfde klasse voorkom nie. Nasionalisme word dus in die wiele gery deur ‘n verdeelde rassegevoel of etniese bewussyn. Mense

744 Schulz Essentials of Government Prentice-Hall Inc Engelwood Cliffs New York 1964 op 52.

745 Steyn Trouwe Afrikaners supra op 9.

746 Smith Nationalism in the Twentieth Century Martin Robertson & Co Ltd Oxford 1979 op 96-103.

747 Nationalism in the Twentieth Century supra op 14. 379

verkies natuurlikerwys om te lewe: ...with their own ‘kind’ according to their own customs and traditions...748

9.4.7 KONTINUÏTEIT

Aangesien hierdie ontwikkelde en steeds onwikkelende volk ‘n gemeenskaplike verlede het en die volk se bestaan aaneengeslote is, naamlik ‘n verlede wat die hede bepaal en ‘n toekoms wat weer die verlengstuk van die hede is, ontstaan ‘n kontinuïteit wat algaande as ‘n basiese reg van sodanige volk ontwikkel.

Conor Cruise O’Brien het oor kontinuïteit die volgende te sê gehad:

748 Sugar “From Ethnicity to Nationalism and Back Again” in Palumbo en Shanahan (reds) Nationalism: Essays in Honor of Louis L Snyder Greenwood Press Westpor Connecticut 1981 op 17. 380

Our elders have talked their memories into our memories until we come to possess some form of continuity exceeding and traversing our own individual being.749

Soos ‘n mens ‘n reg het op kontinuïteit, dit wil sê op voortbestaan as indiwidu, en aangesien die mens se kontinuïteit afhanklik is van sy kontinuïteit as lid van ‘n volk, is die reg op kontinuïteit die mees basiese reg wat ‘n volk kan hê.

9.4.8 VRYHEID

Samelopend met die kontinuïteit wat ‘n volk het, is daar die reg op vryheid wat ‘n volk het om sy identiteit uit te leef, sy kontinuïteit voort te sit, sy kultuur te beoefen, sy geskiedenis te koester, te bewaar en te onderrig en sy grondgebied te beskerm. Vryheid lewe vanuit integriteit en waarheid; en integriteit is gesetel in selfstandigheid, selfrespek, selfvertroue en die wil tot selfbeskikking.

9.4.9 SELFBEHOUD

Selfbehoud is die eerste vereiste vir vryheid. ‘n Volk kan nie vry wees as hy nie gesteld is op sy selfbehoud nie. Die reg op selfverweer en die reg op selfbehoud is primêr. As ‘n persoon homself mag liefhê (soos sy naaste), veronderstel dit klaarblyklik selfbehoud. ‘n Volk kan nie sê dat hy lewe volgens ‘n Godsplan en glo aan sy bestemming as hy nie sorg dat hy behoue bly nie.

9.4.10 SELFRESPEK

‘n Volk wat gesteld is op sy selfbehoud het selfrespek. Dit beroep hom op ‘n volk se waardes en geskiedenis en op die plek wat ‘n volk naas ander volke beklee. Wanneer ‘n

749 Soos aangehaal in Nairn Faces of Nationalism supra op 15. 381

volk geen selfrespek meer het nie, takel dit sy selfbehoud af, takel dit sy identiteit af en uiteindelik sy reg op kontinuïteit.

9.4.11 SELFBETUIGING

‘n Volk wat gesteld is op sy selfbehoud wek nie alleen selfrespek en selfvertroue nie, maar betuig homself. Dit is die lewenswyse en lewensbeskouing waardeur ‘n volk hom onderskei van ander; die uitlewing van sy eienaardigheid en die gehoorsaamheid aan ‘n innerlike dwang om trou aan homself te wees.

9.4.12 GESAG

Uit hoofde van ‘n volk se sin vir sy kultuur en tradisies, dit wil sê die konvensies, voorskrifte en vooroordele wat ingebou is in so ‘n volk en waardeur die verhouding tussen die lede van sy volk bepaal word, ook tussen manlik en vroulik, tussen jeug en ouderdom, en tussen mense van verskillende range en beroepe, ontstaan ‘n gesagsverhouding wat noodsaaklik is vir die ordelike bestaan binne so ‘n volk en vir die sement en binding binne daardie volk.

9.4.13 GESIN

Sonder die gesin kan daar geen volk wees nie omdat ‘n volk se voortbestaan afhanklik is van die voortsetting van ‘n volk deur voortplanting en as gevolg van die binding wat bestaan binne so ‘n volk is die gesin die noodsaaklike onderdeel van ‘n volk.

9.4.14 GODSDIENS

Vir die gesin om sinvol as komponent van die volk te bestaan en waarbinne gesag behoorlik uitgeoefen word, moet daardie gesin in geloof lewe. Die opkoms van nasionalisme in Europa het ‘n sterk religieuse karakter vertoon.

9.4.15 VOORKEUR VIR DIE EIE 382

Binne die gesin en uit hoofde van die gemeenskaplike verlede wat ‘n volk het en die kultuur wat hy uitleef binne ‘n bepaalde grondgebied en identiteit wat hy aanneem, ontwikkel die voorkeur vir die eie. Dit word instinktief gedoen deur die onnaspeurlike wet van genetiese pre-seleksie: soort soek soort, wat die grondslag vorm van die natuurlike verskeidenheid.

As kontinuïteit ‘n basiese reg van ’n volk is, dan is die reg op voorkeur ook ‘n basiese reg van ’n volk. Kontinuïteit kan trouens net verseker word as voorkeur deurlopend uitgeoefen word. Vooroordeel is ingeboude beginsels wat mense voortdurend noop om onderskeid te tref.

Wanneer twee nasies of selfs volke met uiteenlopende kenmerke waarvan etniese verskille die mees waarneembare kan wees, mekaar dan op dieselfde grondgebied ontmoet, tree voorkeur en diskriminasie (onderskeid) dikwels werktuiglik na vore. Dit is geen gekunstelde of gekweekte houding nie, maar die natuurlike uiting van die wil om die eie te beskerm en die eie voortbestaan te verseker.

9.4.16 BEGRENSING

Omdat volksgenote voorkeur vir die eie uitoefen, vind begrensing van die eie plaas. Begrensing vind plaas nie net omdat voorkeur vir die eie geskied nie, maar ook om die eie te beskerm. Begrensing is die voorwaarde vir afsondering, hetsy geestelik of kultureel. Om die grense van ‘n volk se identiteit te beskerm, is ‘n daad van selfverweer uit selfbehoud.

9.4.17 DISKRIMINASIE

Dit spreek vanself dat wanneer voorkeur vir die eie uitgeoefen word en grense getrek word, dit gepaard gaan met diskriminasie. Diskriminasie is maar net die teenkant van voorkeur. Elke volk en elke mens in die wêreld onderskei (diskrimineer) om te kan voortbestaan. Elke voorkeur wat betuig word is uiteraard diskriminasie ten gunste van 383 die een en die afwysing (verwerping) van ‘n ander. As ‘n volk nie diskrimineer ten gunste van sy eie taal, sy eie godsdiens, sy eie kultuur, sy eie geskiedenis of sy eie land nie, sal so ‘n volk verdwyn.

9.5 DOELWITTE VAN NASIONALISME

Die vernaamste of hoogste doelwit van enige nasionalistiese beweging is soewereine onafhanklikheid binne ‘n eie geografiese gebied. Nasionalisme openbaar dus ‘n groeiende en uiteindelik allesoorheersende begeerte en strewe na selfbeskikking. Dit is teenwoordig selfs by daardie volke en nasies wat alreeds onafhanklikheid verkry het, maar wie se onafhanklikheid moontlik deur ‘n buitelandse mag, of dalk van binne, bedreig word.

Smith750 verwys na die “core doctrine of nationalism” en maak sewe stellings wat die wese van die doelwit van nasionalisme saamvat: - die menslike ras is van nature in volke verdeel; - elke volk het ‘n eiendomlike karakter; - die volk is die bron van alle politieke mag; - selfverwesenliking van die indiwidu is slegs moontlik deur identifikasie met die volk; - volke kan slegs in eie state hulself verwesenlik; - lojaliteit aan die volk het voorrang bo alle ander lojaliteite; - die voorwaarde vir vryheid en harmonie in die wêreld is die bestaan van die nasionale staat.

Steyn stel dan dat ‘n nasionalis gekenmerk word daardeur dat hy:751

750 Smith Theories of Natonalism Harper and Row New York 1971 op 21.

751 Steyn Trouwe Afrikaners supra op 8-10. 384

1. Voel dat hy tot ‘n volk behoort, getrou daaraan probeer bly, glo dat hy en sy mede-nasionaliste ‘n gemeenskaplike verlede het, en hoop op nasionale voortbestaan; 2. Stappe doen of steun om die “eie mense” van die gemeenskap stoflik en geestelik op te hef; 3. Bewus is van sommige eienskappe van sy volksidentiteit, veral bedreigde eienskappe; 4. Stappe doen of steun om die identiteit te handhaaf; en 5. Die strewe na selfregering, outonomie of ‘n eie staat bevorder en steun.

Nasionalisme is dus eerstens gerig op ‘n bepaalde identiteitsgevoel - waardeur daar aktief gestreef word na die grootste moontlike vorm van eenheid ten einde ‘n bepaalde doelwit of doelwitte, waarvan selfbeskikking die belangrikste beskou kan word, te bereik. Dit is belangrik om daarop te let dat nasionalisme se hele aard van ‘n groepsgevoel en groepsamehorigheid spreek. Dit staan dikwels in skerpe kontras met die indiwidualisme, met ander woorde diegene wat die leerstuk van menseregte en die onaantasbaarheid daarvan voorstaan.

Nasionalisme sonder enige strewe na selfbeskikking, of dan ten minste die handhawing en beskerming van die reeds verkreë selfbeskikking, is geen nasionalisme nie. Nasionalisme word veral gekarakteriseer deur daardie bewustelike strewe om ten volle pleitbepalend oor die eie te wees en eers wanneer dit bereik is kan die totale omvang van die reg op selfbeskikking in sy volheid ontplooi.

Degenaar verklaar tereg dat (nasionale) selfbeskikking die mees basiese beginsel asook die “highest value” in nasionalisme is. ‘n Volk wat mederegeer kan hoogstens ‘n beperkte mate van selfbeskikking oor sake soos byvoorbeeld onderwys en kultuur uitoefen. Dit is ‘n onmoontlikheid o,m soos Hugo en Kotzé752 dit stel, aan meer as een groep binne dieselfde gebied, ‘n volwaardige reg op selfbeskikking te gee. Die strewe na volwaardige selfbeskikking bied die stewige basis waaruit ‘n kragtige nasionalisme ontwikkel. Hiervan is die mees onlangse totstandkoming van veral die state in Europa

752 Hugo en Kotzé Suid-Afrika: Oorlewing in Politieke Perspektief Tweede Hersiene Uitgawe Jonathan Ball Uitgewers Johannesburg 1983 op 171. 385 die bewys.

Nasionalisme vind daarom sy oorsprong in ‘n begeerte om die reg en geleentheid van selfbeskikking te besit.753 Die verhouding tussen hierdie twee begrippe is dus een van interafhanklikheid.

Alhoewel die teenwoordigheid van soveel saambindende karaktertrekke in een nasie (homogeniteit) eerder die uitsondering as die reël is,754 bly dit vir ‘n groeiende aantal nasionalistiese groepe steeds ‘n ideaal wat met groter intensiteit nagestreef word. So stel Lind dat: [T]he linguistic-cultural nation is today generally accepted as the basis for the political community because it is the largest particular community which can still command sentimental loyalty and the smallest comprehensive community that still has features of universality...755

9.6 GEVOLGTREKKING

Nasionalisme en die reg op selfbeskikking is interafhanklik van mekaar. Hoe groter die groepsgevoel van ‘n groep, hoe sterker sal die nasionalisme wees wat dit as volk openbaar en hoe groter die strewe na selfbeskikking. Kragtige nasionalistiese strewes

753 Kotzé Nasionalisme en Kommunisme - Nasionalisme as Historiese Faktor Deel III Tafelberg-Uitgewers Kaapstad 1981 op 19.

754 De Villiers Groepe: Meulsteen of Bousteen? - ‘n Regs-vergelykende oorsig van state se pogings om groepe te beskerm - Lesse vir Suid- Afrika Sentrum vir Konstitusie - Analise RGN Pretoria 1990 op 1.

755 Lind In Defense of National Liberalism supra op 94. 386

het dikwels tot gevolg gehad dat ‘n eie staat tot stand gekom het. Nasionalisme het gevolglik dikwels eksterne eerder as interne selfbeskikking ten doel. 387

HOOFSTUK 10

SELFBESKIKKING EN SUID-AFRIKA

10.1 GESKIEDKUNDIGE AGTERGROND

10.1.1 INLEIDING

Die Suid-Afrikaanse geskiedenis word tot ‘n groot mate gekenmerk deur die Afrikaner se strewe na selfbeskikking. Dit is nie in altyd in daardie terme beskryf nie, maar deurentyd is gebruik gemaak van woorde soos “vryheid”, “soewereiniteit” en “onafhanklikheid”, die inhoud waarvan niks anders was as die verwesenliking van selfbeskikking nie. Hierdie studie sou onvoltooid gewees het as daar nie ook na die geskiedenis van die Afrikaner se strewe na selfbeskikking verwys word nie.

Voor 1902, het die vier provinsies van die Unie (soos dit in 1910 tot stand gekom het), van mekaar verskil ten opsigte van die gedagterigting van volkome skeiding. Wat die Kaapkolonie betref, het die “Cape of Good Hope Constitution Ordinance" van 1853 stemreg aan manspersone sonder onderskeid van ras of kleur toegeken. In 1872 het die “Constitution Ordinance Amendment Act, 1872" van krag geword. Met hierdie stap het die Kaap die status van verantwoordelike regering verkry. Tussen 1872 en 1910 is daar dan ook geen ingrypende wysigings in die konstitusionele reëlings vir die Kaapkolonie aangebring nie.756

756 Sien Wiechers Verloren van Themaat Staatsreg Butterworth 1985 op 192-196. 388

Met die onderwerping van Natal in Julie 1842 deur Brittanje, het die Voortrekkers alreeds gevestigde staatsreëlings in hierdie gebied gehad.757 Natal is in Mei 1843 tot ‘n Britse kolonie verklaar en in 1844 by die Kaapkolonie ingelyf. In 1847 het die gebied ‘n afsonderlike kolonie met sy eie Wetgewende Raad geword. Die stemreg het aanvanklik aan volwasse manspersone, afgesien van ras of kleur, behoort. Namate al meer Swartes en Indiërs vir stemreg begin kwalifiseer het, is daar verdere maatreëls aangeneem wat dit al moeiliker vir hierdie groepe gemaak het om as kiesers te registreer. Verantwoordelike regering was in 1893 aan Natal toegestaan. Vanaf 1893 tot Uniewording is hierdie posisie sonder ingrypende wysigings in Natal gehandhaaf.758

Die Konvensie van Bloemfontein het bepaal dat die gebied tussen die Oranje- en die Vaalrivier in 1854 algehele onafhanklikheid verkry. ‘n Konsepgrondwet is nog in dieselfde jaar goedgekeur en het die Republiek van die Oranje Vrystaat amptelik tot stand gekom. Die Vrystaatse grondwet van 1854 het voorsiening gemaak vir ‘n Volksraad waartoe slegs Blanke manspersone verkies kon word. Nadat hierdie republiek in 1899 deur Brittanje verower is, is dit eers onder militêre bestuur geplaas en later as ‘n kroonkolonie bestuur. In 1907 is die status van verantwoordelike regering aan die Vrystaat toegeken.759

757 Sien Duvenhage Die Groot Trek - Die Eerste Drie Jaar Deel 1: 1836 - Vegkop Afrikaner- Volkswag Pretoria 1986 op 111- 121.

758 Sien Wiechers supra op 194-195.

759 Sien Nieuwoudt “Die Staatsreëlings van die Voortrekkers en die Boere” in Nieuwoudt, Olivier en Hough (reds) Die Politieke Stelsel van Suid-Afrika H&R-Academica (Edms) Bpk Pretoria 1981 op 34-39. 389

Wat die Zuid-Afrikaanse Republiek betref, is daar met die ondertekening van die Sandrivier-konvensie in 1852 die onafhanklikheid van die gebied noord van die Vaalrivier deur Brittanje erken. Na die Tweede Vryheidsoorlog is Transvaal aanvanklik onder militêre bestuur geplaas en daarna as ‘n kroonkolonie van Brittanje bestuur. Aan hierdie gebied in in 1906 verantwoordelike regering toegeken.760

760 Sien Nieuwoudt supra op 40-46. Sien in die algemeen Hofmeyr Die Boere-Republieke en die Volkereg Utrect 1933. 390

Die konstitusionele reëlings en instellings van die vier kolonies in Suid-Afrika het voor Uniewording grootliks ooreengestem. ‘n Opvallende verskil was egter die stemreg wat in Transvaal en die Vrystaat tot Blankes (manspersone) beperk was, terwyl in die Kaapkolonie geen onderskeid gemaak is op grond van ras of kleur nie. In Natal kon Kleurlinge en Swartes onder sekere voorwaardes stemreg verkry.761

10.1.2 NASIONALE KONVENSIE

In Oktober 1908 het afgevaardigdes in Durban byeengekom om ‘n grondwet vir ‘n verenigde Suid-Afrika op te stel. Die onderskeie afvaardigings het weer in Mei 1909 in Bloemfontein byeengekom. Die ontwerp-grondwet is daarna vir finale bekragtiging aan die Britse parlement voorgelê. Dit is aanvaar en het die Zuid-Afrika Wet tot gevolg gehad en het die Unie van Suid-Afrika op 31 Mei 1910 tot stand gekom.762

Die onderwerp van Nie-Blanke stemreg het die Nasionale Konvensie voor ‘n netelige probleem te staan gebring. Sommiges wou geen onderskeid op rassegrondslag tref nie. Lynreg teenoor hierdie standpunt het die twee verowerde Afrikaner-republieke in die noorde weer die beginsel gehuldig dat daar geen gelyke politieke regte aan Nie-Blankes verleen kon word nie.763 Toe oor die stemregkwessie voorgestel is dat stemreg aan alle onderdane van “Sy Majesteit” in Suid-Afrika, ongeag ras of kleur, toegeken moet word,764 het genl Louis Botha, namens die meerderheid van Natal, Vrystaat en Transvaal se afgevaardigdes gestel dat:

761 Sien Du Plessis “Die Britse Tydperk (1975-1803; 1806-1910)” in Nieuwoudt supra op 74- 76. Sien ook Pienaar “Staatkundige Ontwikkeling vanaf Uniewording tot Republiekwording” in Nieuwoudt supra op 82. Sien ook Thompson The Unification of South Africa 1902-1910 Oxford University Press 1960 op 111.

762 Sien Marais and Riekert Constitutional Development of South Africa Macmillan South Africa Johannesburg 1981 op 29-30.

763 Sien Scholtz Die Ontwikkeling van die Politieke Denke van die Afrikaner Deel V Perskor- Uitgewery Johannesburg 1979 op 155.

764 Sien Schoeman Parlementêre Verkiesings in Suid-Afrika 1910-1979 Aktuele Publikasies Pretoria 1977 op 10. 391

....then the question of Union was finished.765

Die uiteinde was ‘n dualistiese stelsel waarin die onderskeie kolonies se stemregwette gehandhaaf en verskans moes word. In die noordelike provinsies sou geen uitbreiding van die stemreg na nie-Blankes plaasvind nie, terwyl Swart en Kleurlingkiesers in Kaapland hul stemreg sou behou.

Dit was ‘n kompromis tussen die botsende standpunte en beginsels van die Afrikaner- nasionalisme en die Britse liberalisme. Die kloof wat daar sedert die dae van die Groot Trek in Suid-Afrika oor die benadering van die rassevraagstuk geheers het, is nie deur die Unie-grondwet oorkom nie.

765 Sien Walton The Inner History of the National Convention of South Africa Maskew Miller Kaapstad 1912 op 143. 392

Die Vryheidsdeputasie van 1919 met genl Hertzog aan die spits, sou die strewe na selfbeskikking verder voer. Die deputasie is deur Lloyd George in Junie 1919 te woord gestaan.766 Genl Hertzog het gevra dat die vryheid aan Transvaal en Vrystaat teruggegee moet word, maar dat dit in die toekomstige belang van die hele Suid-Afrika sou wees om toe te laat dat die Unie in geheel onafhanklik word. Hy het voorts gesê dat die Transvaal en Vrystaat ‘n reg het dat hul onafhanklikheid herstel word, terwyl aan die Kaapprovinsie en Natal die reg op selfbeskikking verleen kon word.767

Lloyd George se antwoord was dat die beginsel van selfbeskikkingsreg reeds met die totstandkoming van die Unie in volvoering gegaan het en dat niks van Brittanje se kant gedoen kon word om die Unie te laat opbreek nie. Hy het afgesluit met die volgende woorde: Finally, I would point to the status which South Africa now occupies in the world. It is surely no mean one. As one of the Dominions of the British Commonwealth the South

766 Sien Van Rooyen Die Nasionale Party -Sy Opkoms en Oorwinning - Kaapland se Aandeel Hoofraad van die Kaaplandse Nasionale Party 1956 op 87-89.

767 Sien Scholtz supra op 333. Sien ook Scholtz Hertzog en Smuts en die Britse Ryk Tafelberg uitgewers 1975 op 72-73. 393

African people control their own national destiny in the fullest sense....768

In hul antwoord het die deputasie gestel dat:

768 Sien Van Schoor “Die Herlewing van die Republikeinse Ideaal: 1902-1961" in Van Jaarsveld en Scholtz (reds) Die Republiek van Suid-Afrika - Agtergrond, Ontstaan en Toekoms Voortrekkerpers Johannesburg 1996 op 159. 394

...selfregering, selfs ‘dominium’-self-regering, nie onafhanklikheid is nie.... Daar moet derhalwe verwag word dat die volk, verteenwoordig deur hierdie deputasie, alle beskikbare konstitusionele middele sal aanwend, ooreenkomstig die reg van selfbeskikking van die bevolking van die Unie, om die volle en algehele onafhanklikheid - wat alleen ‘n soewereine staat besit - te verkry vir die Unie van Suid-Afrika, wat sy ideaal al vir meer as ‘n eeu is.769

In hierdie woorde lê die kern opgesluit van die Afrikaner se strewe na selfbeskikking. Alhoewel die Vryheidsdeputasie nie in sy doel geslaag het nie,770 sou dit nie die vryheidstrewe van die Afrikaner demp nie en sou die politieke stryd voortaan in Suid- Afrika gefokus wees op die verkryging van volle onafhanklikheid op die beginsel van die reg op selfbeskikking - ‘n reg waarna NP-leiers later telkens sou verwys ten einde hul doel te bereik.771

Direk na die Tweede Vryheidsoorlog was dit gevolglik hoofsaaklik die Afrikaner wat, en veral op die politieke en kulturele terrein, feitlik elke middel tot sy beskikking aangewend het om sy verlore vryheid en derhalwe ook sy selfbeskikking, terug te wen. Die stigting en uiteindelike oorwinning van Afrikaner georiënteerde politieke partye was hiervan die duidelike voorbeeld.

Tydens die Nasionale Konvensie het die Afrikaner ‘n sterk betoog vir (op daardie stadium) minstens ‘n vorm van interne selfbeskikking gelewer. Daar is onder andere geeïs dat Nederlands as ‘n gelykwaardige amptelike taal naas Engels moes bestaan. Daar is ook ‘n eie politieke party, die Nasionale Party, gestig. Die Afrikaner het die

769 Sien Van Rooyen supra op 91-92.

770 Sien Van Schoor supra op 159.

771 Sien Van Schoor supra op 159-160. 395

leiding met die Rebellie in 1914 geneem en die Afrikaner was die kern van die Vryheidsdeputasie. Die Afrikanerbemande en -gesteunde Nasionale Party het die politieke mag in die verkiesing van 1924 (in koalisie) verkry.

‘n Sterk oplewing in Afrikaner-nasionalisme het saamgeval met die uitspraak van die president van die VSA, Woodrow Wilson, oor selfbeskikking. Dit het ook Afrikanerleiers soos genl Hertzog en dr Malan beweeg om sterk standpunt ten gunste van soewereine onafhanklikheid vir Suid-Afrika in te neem.

Genl Hertzog het op Rykskonferensies as pleitbesorger vir groter vryheid vir die Afrikaner opgetree. Dit het neerslag gevind in die Balfour-verklaring van 1926. Met die aanneming van die Statuut van Westminster in 1931 en die Statuswette van 1934 is hierdie vryheid wetlik omskryf. Hertzog het ook begin klem lê op die samesnoering van die Afrikaner en Engelssprekendes (dit wil sê vir Blanke- eerder as Afrikaner- selfbeskikking) in Suid-Afrika. Hy het ook ‘n proses van statutêre skeiding tussen Blank en Nie-Blank in Suid-Afrika voorgestaan en skeidingswette is tussen 1926 en 1936 deur die parlement gevoer. Die Afrikaner het hierin die leiding geneem. Dit was derhalwe ‘n proses om, nie alleen van die Britse oorheersing en Britse invloed ontslae te raak nie, maar ook om skeiding tussen Blank en Nie-Blank te bewerkstellig.

Die Afrikaner wou in alle opsigte vry en soewerein wees. Gedurende die einde dertiger-, en begin veertigerjare is sterk betoog deur Afrikanerleiers gelewer vir ‘n soewerein onafhanklike republiek. Dit moes geskoei wees op die grondwetlike beginsels van die ou Boererepublieke met Afrikaans as die eerste amptelike taal. Die Blankes se strewe na selfbeskikking gedurende hierdie tydperk was hoofsaaklik ‘n Afrikaner-geïnspireerde strewe.

Verdere stappe het gedurende die vyftigerjare gevolg om, enersyds die Unie verder van Brittanje los te maak en, andersyds die bevolkingsvraagstuk deur middel van verdere skeidingswette op te los. Dit was ’n strewe na eksterne selfbeskikking, naamlik om vry van eksterne oorheersing te wees, maar ook ‘n strewe na interne selfbeskikking, naamlik om vry van Nie-Blanke oorheersing te wees. 396

Afrikaner-selfbehoud en dan veral Blanke selfbehoud is beklemtoon. Die kwessie rondom die Kleurlingstemvraagstuk gedurende die vyftigerjare staan dan ook midde in die Blankes (met die Afrikaner op die voorpunt) se stryd om ‘n afsonderlike staatkundige toekoms vir die Blankes te ontwikkel.

10.1.3 DIE RYKSKONFERENSIE EN BALFOUR-VERKLARING VAN 1926

Genl Hertzog het in 1926 die geleentheid gekry om sy ideaal van soewereine onafhanklikheid vir die Unie te verwesenlik toe ‘n Rykskonferensie in Londen plaasgevind het.772 Sy standpunt was dat Suid-Afrika binne die Britse Ryk as ‘n gemeenskap van state wou bly, maar dat dit slegs verseker kon word indien Suid-Afrika verseker was van sy vrye volksbestaan op ‘n grondslag van gelykheid met elke ander lid van die Britse Stategemeenskap.773

In ‘n verslag, wat daarna as die Balfour-verklaring bekend sou staan, is die posisie en status van Brittanje en die dominiums uiteengesit.774 Dit is onder andere beskou as die belangrikste konstitusionele dokument wat nog in die geskiedenis van die Britse Ryk gepubliseer is: [i]t may not unfairly be described as the Magna Carta of the Empire.775

772 Sien Van den Heever Generaal JBM Hertzog AP-Boekhandel Johannesburg 1943 op 483-490.

773 Sien Scholtz (Deel VII) supra op 336.

774 Die bewoording was soos volg: “They are autonomous Communities within the British Empire, equal in status, in no way subordinate one to another in any aspect of their domestic or external affairs, though united by a common allegiance to the Crown, and freely associated as members of the British Commonwealth of Nations. .. The tendency towards equality of status was both right and inevitable. Geographical and other conditions made this impossible of attainment by way of federation. The only alternative was by way of autonomy; and along this road it has been steadily sought. Every self-governing member of the Empire is now master of its destiny. In fact, if not always in form, it is subject to no compulsion whatever”.

775 Sien Rand Daily Mail 22 November 1926. 397

10.1.4 DIE STATUUT VAN WESTMINSTER EN STATUSWETTE

Die konferensie van deskundiges of regsgeleerdes wat deur die Rykskonferensie in die vooruitsig gestel is het in 1929 in Londen byeengekom. Die vernaamste taak van hierdie konferensie was dus om in die lig van die feit dat die wetlike oppergesag van die Britse parlement nog bestaan het, te bepaal hoe die juridiese magte en bevoegdhede van die outonome dominiale parlemente op gelyke voet met dié van Brittanje geplaas kon word.776 Die Rykskonferensie het in 1930 die aanbevelings van die konferensie van deskundiges met geringe wysigings aanvaar. Die Statuut van Westminster sou wetlike bekragtiging aan die nuwe status van die dominiums verleen.

Genl Hertzog was van mening dat die aanvaarding daarvan, die konstitusionele vraagstuk finaal sou afhandel. Hy het voorts klem gelê op sy ideaal dat die twee Blanke taalgroepe in Suid-Afrika ... nouer verbind moet word tot een groot Suid-Afrikaanse nasie.777 Hy het afskeiding van die Britse Gemenebes (of ‘n republiek as ideaal), teengestaan omdat dit na sy mening, die Engelssprekendes sou vervreem en dat die land dan sy groot vraagstukke, soos die Nie-Blanke vraagstuk, met verdeelde kragte sou moes aanpak.778

In Desember 1931 is die Statuut van Westminster bekragtig en was dit ‘n verdere stap

776 Sien Debatte van die Volksraad 1930 op kolom 5011-5012.

777 Sien Die Burger 2 Desember 1930.

778 Sien Die Burger 4 Desember 1930. 398

op die pad van volkome eksterne selfbeskikking. Die konstitusionele soewereiniteit wat in 1931 te Westminster formeel aan dominiums beskikbaar gestel is, is verseker toe Suid-Afrika in 1934 sy eie statuswetgewing aangeneem het.779 So het artikel 2 van eersgenoemde wet bepaal dat die Unie-parlement die enigste soewereine wetgewende gesag vir die Unie was.

779 Sien Wiechers supra op 130. Hierdie wetgewing, die Wet op die Status van die Unie 69 van 1934, en die Wet op die Uitvoerende Magte en Seëls van die Koning 70 van 1934, is in Junie 1934 goedgekeur. 399

Die volgende, en waarskynlik seker dié belangrikste stap vir Blanke selfbeskikking, was Republiekwording in 1961. In Januarie 1960 het dr Verwoerd aangekondig dat die verkryging van ‘n republiek realiteit was en dat hierdie vraag by wyse van ‘n referendum aan die Blanke kiesers gestel sal word.780 Verwoerd het geglo dat alleen deur middel van ‘n soewereine republiek die weg na eenheid tussen Afrikaanssprekendes en Engelssprekendes gebaan sou kon word - ‘n weg wat volgens hom onontbeerlik was vir die behoud van Suid-Afrika as ‘n Blanke staat.781 ‘n Verdere doelwit sou Blanke eenheid wees, want slegs daardeur, so is geglo, kon die reg op selfbeskikking (wat uiteindelike selfbehoud impliseer), verwesenlik word.

Daar was derhalwe drie ideale, naamlik die verkryging van ‘n soewerein onafhanklike republiek, die bewerkstelliging van Blanke eenheid, en die versekering van Blanke selfverwesenliking en selfbehoud.782 By monde van Verwoerd het die Nasionale Party (NP) die hoop uitgespreek om deur die republiek, die reg van die voortbestaan van die Blanke nasie bevestig te sien.783 Aansluitend hierby is daar ook verklaar dat die parlement en die kabinet in ‘n toekomstige republikeinse bedeling Blank moet bly.

In 1960 het die kieserspubliek hul ten gunste van ‘n republikeinse staatsvorm uitgespreek. Verwoerd het die Afrikaner as die kern van die ontplooiing van die Blanke

780 Sien Debatte van die Volksraad 1960 op kolom 101-103.

781 Sien Pelzer Verwoerd aan die Woord - Toesprake 1948-1962 Afrikaanse Pers- Boekhandel, Johannesburg 1963 op XXV.

782 Dr Verwoerd het tydens die vyftigste verjaardag van die Unie op 31 Mei 1960 dit soos volg gestel: “Die antwoord op die vraag of Suid-Afrika in staat sal wees om sy kleurvraagstuk op te los, hang saam met ‘n vraag ....of die blanke taalgroepe sal leer om met mekaar ‘n eenheid te vorm...., en dit hang weer saam met die vraag, ...of die staatkundige ontwikkeling van die Unie van Suid-Afrika so sal vorder dat daarin ‘n grondslag vir groter eenheid gevind kan word. Op die horison sien ek ons republiek van sowel die Engelssprekende as die Afrikaanssprekende seksie, een verenigde blanke nasie wat gesag voer oor wat die erfenis van blanke Suid- Afrika is, wat tot een saamgevoeg is deur die enigste taak wat tans aan hulle gestel word, en wat deur hierdie eenheid saamwerk om sy besondere probleem van rasseverhoudinge op te los wat so totaal verskillend van probleme êrens elders in die wêreld is”. Sien in hierdie verband Pelzer supra op 375-377.

783 Sien Die Transvaler 30 September 1960. 400

se reg op selfbeskikking beskou. Sy eerste prioriteit was egter om die Blanke as ‘n afsonderlike staatkundige nasie te verenig. Hy het egter tegelykertyd (en meer as enige van sy voorgangers) begin aandag gee aan die reg op selfbeskikking van die swart volkere in Suid-Afrika.

Toe daar op ‘n stadium aan Verwoerd gevra is waarom hy soveel tyd en energie aan die verkryging van ‘n republiek bestee, het hy geantwoord: Omdat die beveiliging van ‘n aparte toekoms vir die Witman, sowel as van die ander rasgroepe, dit vereis.784

Uit bostaande is dit duidelik dat die republikeinse ideaal en die apartheidsbeleid met mekaar verbind was.

10.1.5 LIDMAATSKAP VAN DIE STATEBOND

Verwoerd het gestreef na ‘n republiek binne die Statebond.785 In Maart 1961 het hy in Londen, toe Suid-Afrika sy aansoek om lidmaatskap teruggetrek het, onder andere gestel dat van geen lid met selfrespek verwag kan word om, in die lig van die inmenging in ‘n lidland se huishoudelike sake, lid van die Statebond te bly nie. Hy het voorts ook verklaar dat dit ironies is dat hierdie aanvalle op Suid-Afrika se binnelandse beleid afkomstig is van eerste ministers in wie se lande daar grootskaalse openlike onderdrukking en diskriminasie aan die orde van die dag is.786

Hy het hierdie besluit hoofsaaklik op grond van twee beweegredes geneem, naamlik: 1) die ononderhandelbaarheid van die regering se beleid van afsonderlike ontwikkeling; en 2) die Statebond se respektering van lidstate se soewereiniteit en

784 Sien Barnard 13 Jaar in die Skadu van dr HF Verwoerd Voortrekkerpers Johannesbug 1967 op 128.

785 Sien Pelzer supra op 382.

786 Sien Barnard supra op 102. 401

gevolglik geen-inmenging in hul huishoudelike sake. Laasgenoemde rede was soos Du Plessis787 dit stel Verwoerd se: ...oortuiging dat elke volk die onvervreembare reg tot selfbeskikking het.788

10.1.6 DIE 1961-GRONDWET Republiekwording het nie veel veranderings in die regeringstelsel van Suid-Afrika meegebring nie. Dit was nie ‘n herlewing van die republikeinse stelsel van die Boererepublieke nie, maar in vele opsigte ‘n voorsetting van die Britse parlementêre stelsel soos dit in die Unie-grondwet (van 1909) beslag gekry het.

787 Sien Du Plessis supra op 29.

788 Sien ook Verwoerd se afskeidsboodskap voor sy vertrek na Londen Verwoerd- versameling PV 93: lêer 4/1/1. 402

‘n Karaktertrek van die 1961-Grondwet is die blanke ampsbediening wat by elkeen van die ampsinstellings vereis is. Een van die vereistes om as potensiële Senator of Volksraadslid bevoeg verklaar te word, is dat daardie persoon ‘n Blanke moes wees.789 Die 1961-Grondwet het weinig van die Unie-grondwet verskil. Die soewereine mag van die staat het by die parlement berus en hierdie mag was eksklusief in die hande van die Blankes.

10.1.7 AFSONDERLIKE ONTWIKKELING

Die vernaamste stappe wat na republiekwording gevolg het, was die praktiese voortsetting van die beleid om skeiding tussen Blank en Nie-Blank op politieke terrein teweeg te bring. Die wetgewende en uitvoerende gesag van die Republiek het eksklusief by die Blankes berus, terwyl die Nie-Blanke groepe se onderskeie politieke regte op afsonderlike gebiede gerig was.

Wat die afsonderlike ontwikkeling van Swartes betref, is daar alreeds vóór republiekwording deur middel van die Wet op die Bevordering van Swart-Selfbestuur 46 van 1959, vir die eerste keer uitdruklike erkenning aan agt “Bantoevolkseenhede” verleen. Hierdie wet het by implikasie soewereine Swart nasionale state (en dus grondgebiede) in die vooruitsig gestel. Die stedelike Swarte is by die politiek en administrasie van die tuisland waartoe hy op grond van etniese verwantskap behoort het, ingeskakel. Alle parlementêre verteenwoordiging van Swartes ingevolge die

789 Wet 32 van 1961 art 34(d) en 46(c). 403

Naturelleverteenwoordigingswet 12 van 1936, is herroep.790

790 Sien Breytenbach “Tuislande: Selfregering en Politieke Partye” Mededelinge van die Afrika-Instituut No 28 Pretoria 1975 op 9-10. 404

In Januarie 1962 is aangekondig dat aan die Transkei selfregering toegeken sou word,791 en in Mei 1963 is die Transkeise Grondwet 48 van 1963 aangeneem. Wat die Kleurlinge en Indiërs in Suid-Afrika betref, het die beginselgrondslag van skeiding ook gegeld. Ten opsigte van die Kleurlinge is ‘n beleid van parallelle ontwikkeling gevolg wat hoofsaaklik groepsgebiedgebonde was. In die Verwoerd-era is egter geen aparte tuisland vir Kleurlinge in die vooruitsig gestel nie. Dr Verwoerd het in April 1961 na die Kleurling- en Indiërvraagstuk verwys en die onortodokse konsep van “‘n staat binne ‘n staat” as die bes moontlike oplossing vir die toekoms voorgehou.792

Die Wet op die Verteenwoordigende Kleuringraad 49 van 1964, het uiteindelik vir ‘n Verteenwoordigende Kleurlingraad voorsiening gemaak wat in April 1969 ingestel is. Later het daar ook ‘n Indiërraad deur middel van Wet 31 van 1968, tot stand gekom. Met die afskaffing van indirekte verteenwoordiging van Kleurlinge in die Volksraad en die Senaat is die beginselgrondslag van skeiding tussen Blank, Kleurling en Indiër bevestig.793

10.1.8 WEGBEWEEG VAN APARTHEID

Aan die einde van die sestigerjare was die NP se beleid om die Blanke as ‘n volwaardige afsonderlike nasie in Suid-Afrika te vestig, betreklik ver gevoer gewees. Alle vorme van Nie-Blanke verteenwoordiging in die parlement was afgeskaf en alternatiewe strukture van verteenwoordiging is vir baie van die Swart volke, die

791 Sien Debatte van die Volksraad 1962 op kolom 78. Sien ook Pelzer supra op 623.

792 Sien Coetzee supra op 157-158. Sien ook Debatte van die Volksraad 1961 op kolom 4640 en 4656.

793 Sien Wiechers supra op 428-431. 405

Kleurlinge en Indiërs ingestel.

Hierdie proses om toenemende skeiding tussen Blank en Nie-Blank in Suid-Afrika te bewerkstellig, is egter gedurende die sewentiger- en tagtigerjare deur die opvolgers van Verwoerd laat vaar.794 In 1977 is ‘n Grondwetplan aanvaar wat as ‘n baie belangrike datum in die omvorming van die proses van skeiding, beskou kan word. Vir die eerste keer sedert die NP se stigting in 1914 is begin om die beginsel van magsdeling, in teenstelling met die beginsel van volkome skeiding (en dus eksterne selfbeskikking) ten opsigte van die rassevraagstuk voor te hou. ‘n Veelrassige Presidentsraad het in 1981 gevolg.

In 1978 nog het een van die meer liberale ministers in die NP-regering gestel dat die Blankes die: geboortereg om ons land te regeer795 het, en dat die mense gereed is om vir die land te veg of te sterf. Op dieselfde trant is voortgegaan oor die onaanvaarbaarheid van magsdeling: nie nou nie, nie môre nie en ook nie oor ‘n honderd jaar nie.796

794 Sien ook Giliomee Onoorwonne Oorgawe Henning Klopper Trust Orania 2002 op 59 wat stel dat die aftakeling van apartheid reeds in die vroëe sewentigerjare begin het.

795 Starke Survival Tafelberg 1978 op 58.

796 Starke Survival Tafelberg 1978 op 58. 406

Die Eerste Minister, PW Botha het hom in dieselfde jaar in soortgelyke sterk terme uitgedruk.

Uiteindelik is toegegee aan veral druk van die buiteland. Giliomee797 toon egter aan dat Suid-Afrika op verskeie fronte uitgedaag is, maar dat niks op ‘n naderende einde gedui het nie. Suid-Afrika het ‘n sterker weermag as enige bevrydingsbeweging gehad, handelsanksies is omseil en die ekonomie het steeds gegroei, die gewapende stryd van die ANC het geen groot deurbraak gemaak nie, sodat die ANC later erken het dat hy nie in die vermoë was om ‘n rewolusionêre omwenteling teweeg te bring nie, en die regering gevolglik nie tot oorgawe gedwing kon word nie.798 Alhoewel Giliomee verskeie redes bespreek waarom die NP-regering dan, ten spyte van voormelde, tog die mag aan die ANC/SAKP oorhandig het, waaronder die uitgangspunt van “terugwerkende determinisme”, en die feit van “omkopery”, is hy van mening dat die ideologiese ineenstorting van apartheid die waarskynlikste rede was gekoppel met die feit dat die NP uitoorlê was deur “knap” ANC-onderhandelaars.799

Die ideologiese ineenstorting waarvan Giliomee praat het ook te doen met die feit dat die NP toenemend sedert 1966 wegbeweeg het van apartheid sodat daar van apartheid in die vorm van totale skeiding nie veel tereggekom het toe die NP eindelik in die 1990's die beleid finaal die rug gekeer het nie. Talle “apartheidswette” is opeenvolgens afgeskaf.800 Die beleid van apartheid is dan ook uit verskeie oorde hewig gekritiseer. So het die Afrikaner Broederbond in 1986 gestel dat die afskaffing van statutêre apartheid “‘n voorwaarde vir oorlewing” geword het en dat die uitsluiting van Swartes uit die

797 Giliomee supra op 6-9.

798 Giliomee supra op 6-9.

799 Giliomee supra op 10-16.

800 Uiteindelik het die wetgewing in elk geval nie meer die gedagterigting van die NP-leiers oor apartheid gereflekteer nie. Dit was, soos Scholtz Het die Afrikaanse Volk ‘n Toekoms? Voortrekkerpers Beperk 1954 op 137 reeds byna 40 jaar gelede aangevoer het, ‘n geval waar daar op ‘n kunsmatige toestand van wetgewing gesteun is, terwyl dit nie kon stand hou nie. Die apartheidswetgewing kon des te meer nie deug waar die beleid van binne die NP veroordeel is nie. 407

politiek ‘n “bedreiging vir ons oorlewing” geword het.801 Die NG Kerk het ook in 1986 voortgegaan om apartheid te veroordeel nadat dit jare lank ten gunste daarvan was.802 Die onvermoë en onwilligheid van die NP-regerings sedert 1966 om apartheid en skeiding in sy volle omvang te aanvaar en toe te pas, het tot gevolg gehad dat die geleentheid vir ontstrengeling en skeiding van die volkere en groepe in Suid-Afrika, verlore gegaan het.803

10.1.9 ANC REGERING

Bogemelde verandering in uitgangspunt het tot gevolg gehad dat Blanke kiesers in 1992 gedurende die referendum die volgende vraag moes beantwoord: Is u ten gunste van die voortsetting van die Staatspresident se hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling?

801 Ongepubliseerde Dokument van die Afrikaner Broederbond Julie 1986.

802 Giliomee supra op 42.

803 Sien bv Jooste ‘n Volkstaat vir Boere-Afrikaners: Lesse uit die Joodse Besetting van Palestina Afrikanervryheidstigting 1991 op 81 wat stel dat dit in ‘n groot deel van Suid- Afrika “onherroeplik verbygegaan” het. 408

Twee-derdes van die kiesers het hulle ten gunste van hierdie onderhandelingsproses uitgespreek. Wat daarop gevolg het was die daarstelling van ‘n (tussentydse) grondwet en ‘n algemene verkiesing in 1994. Dit kan geargumenteer word dat die referendumvraag verdere goedkeuring (deur die Blankes) van die onderhandelde grondwet vereis het. Dit het nie gebeur nie en is daar veral Afrikaners wat die persepsie het dat die magsoordrag aan die ANC onkonstitusioneel was.804

804 Giliomee supra op 57 stel dat dit ‘n niksseggende vraag was. Spence “South Africa’s Mandate for Change” The World Today May 1992 op 75-76 stel dat dit “skilful wording” was en dat De Klerk gevra het vir ‘n “open-ended commitment to negotiate the best deal he could to safeguard white interests”. Laasgemelde artikel maak ook melding daarvan dat 79% van die Engelssprekende Blankes ten gunste was van onderhandelings teenoor 62% van die Afrikaners, wat daarop dui dat die twee taalgroepe in 1992 steeds verskillend gedink het oor die Suid- Afrikaanse rassepolitiek. Giliomee supra op 57 stel ook dat die kiesers deur die NP- regering belowe is dat blote meerderheidsregering nie ‘n opsie sou wees nie, maar dat NP-leiers voor daardie voldonge feit te staan gekom het, dog niks daaraan gedoen het nie. Die Burger, die Kaapse dagblad, het selfs na aanleiding van hierdie proses en op die voorblad onder die opskrif Oorgawe! berig dat die oordrag van mag niks anders as ‘n kapitulasie was nie. Interessant is dat die meerderheid Blankes (tot soveel as 80%) in 1987, dit wil sê nadat die NG Kerk, die Afrikaner Broederbond en die NP apartheid begin veroordeel het, steeds nie kans gesien het vir ‘n Swart meerderheidsregering nie. Sien in hierdie verband Giliomee supra op 18-21. 409

FW de Klerk, die voormalige Staatspresident en NP-leier, het in 1997 soos volg verklaar: Die besluit om die reg op nasionale soewereiniteit prys te gee, is seker een van die pynlikste besluite wat enige leier ooit gevra kan word om te neem... Ons moes die noodsaak daarvan ervaar...805 Giliomee verklaar dat die kern van die Afrikanerleierskap vertroue verloor het “in die geveg om die stelsel te hervestig”.806 10.1.10 BEOORDELING

Daar is vandag (steeds) twee hoof denkstrome binne Afrikanergeledere. Die een groep, wat as liberaaldenkend beskou kan word, sien die Afrikaner se toekoms binne ‘n verenigde Suid-Afrika. In teenstelling met die eis om Afrikanerselfbeskikking word die idee van die “reënboognasie”, eenvormigheid, die skep van “saambindende nasionale simbole”, ensovoorts, gepropageer.

805 Soos aangehaal in Giliomee supra op 17.

806 Giliomee supra op 40. So het professor Samuel Huntington verklaar dat rewolusionêre geweld nie suksesvol hoef te wees om effektief te wees nie, dit hoef slegs onder die leierskap van die dominante groep genoeg vertwyfeling te skep oor hoe om dit te hanteer. Sien in laasgemelde verband Huntington “Reform and Stability in a Modernizing, Multi-ethnic Society” Politikon Vol 8 1981 op 11. 410

Teenoor hierdie groep staan diegene wat hul op die Afrikaans-nasionale basis stel en van die standpunt uitgaan dat die Afrikaner ‘n reg op selfbeskikking binne ‘n eie gebied moet hê om sy selfbehoud en sefverwesenliking te verseker.

Uit die geskiedenis is talle voorbeelde aan te dui waar die Afrikaner op ‘n besonderse (en somtyds buitengewone) wyse opgetree het wanneer sy identiteit en voortbestaan bedreig was. Die slag van Bloedrivier en die slag van Amajoeba, die verhuising na Oos- Afrika en Suid-Amerika aan die einde van die Anglo-Boereoorlog, die stigting van die Nasionale Party in 1912, die Rebellie van 1914, die optrede van die Ossewabrandwag gedurende die veertigerjare, die stigting van eers die Herstigte Nasionale Party in 1969 en daarna die Konserwatiewe Party in 1982, die weerstand rondom die 1994-verkiesing en die uittog van derduisende Afrikaners uit Suid-Afrika na 1994, is voorbeelde hiervan. Meeste van hierdie optredes was nasionalisties-geïnspireerd gewees.

Die wat hulle op hierdie nasionalistiese basis stel, beskou die strewe na volwaardige selfbeskikking en selfbetuiging as die enigste waarborg vir uiteindelike selfbehoud en selfverwesenliking binne etniese- en volksverband. Diegene staan in skrille kontras en direkte stryd met diegene wat Suid-Afrika as ‘n multi-etniese eenheidstaat sien en hulle daarvoor beywer.

Die strewe na die behoud van die Afrikaanse taal, volkseie skole en volkseie instellings word bemoeilik deur ‘n gebrek aan entoesiasme vanuit eie geledere en ‘n persepsie dat die regering onsimpatiek daarteenoor staan.

10.2 SELFBESKIKKING EN DIE BELEID VAN APARTHEID

Apartheid is deur internasionale regslui veroordeel as sou dit 'n miskenning wees van die reg op selfbeskikking. Dit was gedoen ten spyte van uitsprake van vroeëre regerings van Suid-Afrika dat apartheid juis uitdrukking gee aan die reg op selfbeskikking van volkere. In 1976 nog het die Minister van Buitelandse Sake, Hilgard Muller, soos volg verklaar: Our objective is self-determination for all the peoples in Southern Africa. The majority of 411 every nation or population group should be enabled to elect their own Government....807

807 Sien South African Yearbook of International Law Vol 2 1976 op 303. In dieselfde toespraak, wat gehou is in die Volksraad het Muller ook verklaar dat die regering streef na ”peaceful realization of self-determination and majority rule”. Sien ook Giliomee supra op 18 waar hy met verwysing na Schlemmer Social Research in a Divided Society Pietermaritzburg 1973 op 15 stel dat die Blanke bevolking op oorlewing eerder as oorheersing ingestel was deur die toepassing van die beleid van apartheid en dat politieke mag as ‘n waarborg beskou was vir die Afrikaner se oorlewing. NP van Wyk Louw het gestel dat as die Afrikaners hulle mag sou verloor en ‘n minderheid sou word, hulle “so hulpeloos soos die Jode in Duitsland” sou wees. Sien in hierdie verband Van Wyk Louw Liberale Nasionalisme Tafelberg 1978 op 505. In dieselfde werk het hy gestel dat blote meerderheidsregering eintlik nader staan aan die totalitarisme as aan demokrasie; dat dit eintlik self ‘n vorm van diktatuur is. 412

Die tuislande (“bantustans” - soos internasionaal daarna verwys is) wat kragtens wetgewing onafhanklikheid gegee is, is deur vroeëre Suid-Afrikaanse regerings beskou as die verwesenliking van die inwoners (volke) van daardie tuislande van hulle reg op selfbeskikking. Die Verenigde Nasies het state egter aangemoedig om nie die sogenaamde TBVC-state te erken nie,808 ‘n stap wat, soos McCorquodale aantoon, buitengewoon was.809 Die Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad het trouens van die standpunt uitgegaan dat die Suid-Afrikaanse regering die reg op selfbeskikking skend deur die beleid van apartheid en is verskeie resolusies aangeneem in hierdie verband.810 Daar is geargumenteer dat die daarstelling van hierdie “Bantustans” die beleid van apartheid sou voortsit.811

Suid-Afrika is deur die Verenigde Nasies beskryf as sou dit van “colonial nature” wees en: alone and unique in basing its state upon a policy of dispossession and the perpetuation of alien and colonial type domination.812

McCorquodale wys daarop dat die definisie van kolonialisme “uitgebrei” is deur Suid- Afrika van daardie jare onder daardie kam te skeer.813 Die groot probleem wat die internasionale gemeenskap met die toepassing van die beleid van apartheid gehad het, is dat daar vir die mense (volkere) besluit is of hulle die reg op selfbeskikking het en ook

808 GA Resolusie 31/6A van 26 Oktober 1976 en Resolusie 32/105N van 14 Desember 1977.

809 McCorquodale “South Africa and the Right of Self-Determination” South African Journal for Human Rights Vol 10 Deel 1 1994 op 4 en veral op 13.

810 Onder andere Resolusies 2775E(XXVI), 29 November 1971; 3411(XXX), 28 November 1975; 32/14, 7 November 1977 en 37/69, 9 Desember 1982.

811 Aan vier van hierdie tuislande is “onafhanklikheid” verleen, naamlik Transkei (26 Oktober 1976), Bophutatswana (6 Desember 1977), Venda (13 September 1979) en Ciskei (4 Desember 1981).

812 1984 Verenigde Nasies seminaar met die titel “The Legal Status of the Apartheid Regime and other Legal Aspects of the Struggle against Apartheid” UN Doc A/39/423/S/16709 soos aangehaal in McCorquodale supra op 13.

813 McCorquodale supra op 13 413 waar hulle hulle reg tot selfbeskikking moes uitoefen en dat die mense (die Swart volkere) nie self besluit het nie. Die Suid-Afrikaanse regerings onder die Nasionale Party-bewind het naamlik die land probeer partisioneer. Ook die burgerskap van die inwoners van Suid-Afrika en die tuislande is deur wetgewing gereël.814

814 Sien oor burgerskap Basson en Viljoen Suid-Afrikaanse Staatsreg Juta 1988 op 339 en verder en veral 345-346 en 357-363. 414

Die Verenigde Nasies het dan ook standpunt ingeneem dat selfbeskikking deur die geheel van die bevolking van Suid-Afrika uitgeoefen moes word in ‘n nie- gefragmenteerde Suid-Afrika soos dit bestaan het voor 1976.815 Die Verenigde Nasies het sover gegaan om die regering wat Suid-Afrika regeer het voor 1994 as onwettig te beskou en dat dit geen reg gehad het om die mense van Suid-Afrika te verteenwoordig nie.816 Die stryd van die sogenaamde bevrydingsbewegings is as geregverdig beskou en is die gewapende stryd teen die apartheidsregering as geregverdig geag.817 Laasgemelde regverdiging was gegrond op die uitgangspunt dat die inwoners van Suid- Afrika deur dwang onderdruk was wat ‘n onwettige handeling daargestel het en dat die teenstaan daarvan selfverdediging was wat geregverdig was (“may fight to defend and attain its right to self-determination”).818

Booysen is van mening dat indien al die verskillende resolusies oor Suid-Afrika as ‘n geheel bestudeer word, dit duidelik is dat geweld teen Suid-Afrika gewettig was.819 Daar het volgens hom ‘n struktuur verskyn wat beskryf kan word as ‘n gepoogde juridiese wettiging van geweld teen Suid-Afrika en wat as inhoud gehad het die algehele “omdraai” van die werklike en juridiese situasie in Suid-Afrika. Hy vat dit saam in agt hoofpunte:

815 Resolusie 556 (1984) van die Veiligheidsraad en Resolusie 37/69 van die Algemene Vergadering van 9 Desember 1982.

816 Resolusie 31/61 van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het verklaar dat: “the racist regime of South Africa is illegitimate and has no right to represent the people of South Africa”. Die Algemene Vergadering het ook deur middel van Resolusie 30/3411 verklaar dat die nasionale bevrydingsbewegings die ware verteenwoordigers van die oorweldigende meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking is, dit sonder dat daar op daardie tydstip enige rede was om dit te kan doen.

817 Resolusie 417(1977) van die Veiligheidsraad bevestig sy erkenning van: “the legitimacy of the struggle of the South African people for the elimination of apartheid and racial discrimination”. Sien ook McCorquodale supra op 14.

818 Gros Espiell “The Right to Self-Determination: Implementation of United Nations Resolutions” UN Doc E/CN.4Sub.2/405/Rev.1 (1980) op 14 soos aangehaal in McCorquodale supra op14 vt 60.

819 Booysen Volkereg en sy Verhouding tot die Suid-Afrikaanse Reg Juta 1989 op 451. 415

(1) Daar is die resolusies wat Suid-Afrika se binnelandse beleid veroordeel.820

820 Daar is tog wel uit Afrika stemme ten gunste van die beleid van apartheid gehoor. So het die Nigeriese Minister van Buitelandse sake, mnr J Wachuku in 1963 by die Verenigde Nasies opgemerk: “The fear of the South Africans is that the black people, who are in the majority, will dominate them. There are three million white South Africans. They wish to preserve their identity... If they want to be by themselves, if they do not wish to be exterminated, why not set aside one area sufficient for three or four million people”. Sien in hierdie verband UN General Assembly Provisional Verbatim Record of Plenary Meeting 30 September 1963 op 62. 416

(2) Daar is die resolusies wat die reg van selfbeskikking van slegs ‘n deel van die bevolking erken.821 (3) Daar is die resolusies wat aan ‘n deel van die bevolking die reg gee, onder die leierskap van die (sogenaamde) bevrydingsbewegings, om vir hulle reg van selfbeskikking te veg. Hierdie reg kom volgens die Verenigde Nasies die bevrydingsbewegings toe.822 (4) Enige verdeling van die land is verbied823 met die gevolg dat enige geografiese verdeling vir die oplossing van probleme verbied word. (5) Die standpunt was verkondig dat die stryd teen die Suid-Afrikaanse regering ‘n internasionale konflik was en dat Suid-Afrika die persone wat teen sy beleid in opstand kom en wat gevang was, krygsgevangenestatus

821 Sien bv AV Res 3103(XXVIII).

822 Sien bv AV Res 3411(XXX)D paragrawe 1-3.

823 Sien AV Res 3411(XXX)D par 2. 417

moes verleen.824 (6) Daar is beweer dat die Suid-Afrikaanse regering onwettig was en nie Suid-Afrika verteenwoordig het nie. Ongeag wat die mense in Suid-Afrika sou mag verkies, het die Verenigde Nasies die bevrydingsbewegings, soos erken deur die Organisasie vir Afrika Eenheid, beskou as die verteenwoordigers van die mense van die Republiek.825

824 Sien bv AV Res 3103(XXVIII).

825 Sien South African Yearbook of International Law 1976 op 249; South African Yearbook of International Law 1977 op 235; South African Yearbook of International Law 1987/1988 op 181; South African Yearbook of International Law 1985/1986 op 201. 418

(7) Enige gevestigde wettige regering van ‘n land het normaalweg die reg om hulp van ander lande te vra om hom in staat te stel om homself teen aanvalle van buite te verdedig en om die interne orde te handhaaf. Hierdie reg bestaan ook in die geval van Suid-Afrika. Maar, volgens die sewende kategorie resolusies, kom hierdie reg nie die Suid-Afrikaanse regering toe nie, maar die bevrydingsbewegings. Hierdie bewegings kon dus volgens die Verenigde Nasies hulp van ander state verkry om die Suid-Afrikaanse regering omver te werp.826 (8) Die Verenigde Nasies het die hele Suid-Afrikaanse regering as “misdadigers” en sy beleid as misdadig verklaar en daarmee die regering in dieselfde posisie as rebelle geplaas.827

Booysen is verder van mening dat die bemoeiing met Suid-Afrika deur die Verenigde Nasies as ultra vires beskou moes word en dat die Verenigde Nasies se optrede teenoor Suid-Afrika nie op ‘n konsekwente uitleg en toepassing van die bepalings van die Handves van die Verenigde Nasies gebaseer was nie.

Twee regsbeginsels wat wel in die geval van die onafhanklike swart state ter sprake is, is die selfbeskikkingsreg van mense en dat bestaande nasionale entiteite nie verdeel mag word nie. Laasgenoemde is dan ook die een wat die Verenigde Nasies as skild vir sy standpunt teen die TBVC-state gebruik het. Hierdie standpunt kan verder versterk word met ‘n verwysing na die Deklarasie oor die Verlening van Onafhanklikheid aan Koloniale Gebiede en Mense wat dieselfde beginsel bevat maar in ‘n ander sin. In hierdie Deklarasie was dit gebruik om die Afrikastate teen afskeidingsbewegings te beskerm. In die geval van die TBVC-state word dit egter teen ‘n moederstaat en ‘n afstigtingstaat gebruik waar beide vrywillig besluit het om twee state uit een te skep. Wat uit die oog verloor is, is dat daar in die geskiedenis van die Internasionale Reg baie state ontstaan het wat uit ‘n vorige eenheidstaat ontstaan het soos byvoorbeeld die Federale Republiek van Duitsland en die Duitse Demokratiese Republiek. So het Sirië

826 Sien South African Yearbook of International Law 1977 op 231.

827 Sien AV Res 3068 (XXVIII). 419

van die Verenigde Arabiese Republiek en Pakistan van Indië afgestig en Ruanda en Boeroendi het uit ‘n voormalige eenheidsgebied ontstaan.

Die tweede beginsel wat by die onafhanklikheid van die TBVC-state ter sprake was, was dié van selfbeskikking van mense. Indien selfbeskikking ‘n reg is wat aan verskillende groepe met eiesoortige karaktereienskappe toekom, dan kon die onafhankikheid van hierdie state gesien word as die vervulling van hierdie gebiede se mense se reg op selfbeskikking. Dat die reg op selfbeskikking van mense in hierdie gebiede die stigting van hierdie state ten grondslag gelê het, word deur twee appèlhofsake gestaaf en geïllustreer.

In Goverment of the Republic of South Africa v Government of Kwazulu828 wou die Suid- Afrikaanse Staatspresident ‘n deel van die nasionale staat van KwaZulu uitsny en die wetgewende vergadering vir daardie uitgesnyde gebied afskaf. Die hof beslis dat so ‘n nasionale staat ‘n entiteit is op pad na konstitusionele onafhanklikheid. So ‘n belangrike aantasting van die gebied en sy konstitusie mag nie geskied sonder konsultasie met die owerhede van KwaZulu nie. So ‘n nasionale staat is ook nie net ‘n orgaan van Suid- Afrika nie en het dus die reg om ‘n saak teen Suid-Afrika aanhangig te maak. Selfs voor onafhanklikheid het hierdie gebiede en hulle mense dus ‘n eie konstitusionele bestaan en wil en regte wat afdwingbaar is teen Suid-Afrika en wat nie verontagsaam kan word nie.

In Mathebe v Regering van die Republiek van Suid-Afrika829 wou die Staatspresident ‘n bepaalde gebied met sy mense (Moutse) by die nasionale staat van KwaNdebele invoeg omdat dit administratiefregtelik doelmatig sou gewees het. Die hof beslis dat dit nie mag gebeur nie omdat dit mense van Moutse onderworpe sou stel aan ‘n vreemde volk in stryd met die gedagte van die nasionale state dat hulle volkstate moet wees. Die hof stel dit soos volg: Al gee ‘n mens toe dat dit klaarblyklik onmoontlik is om in Suid-Afrika gebiedsgrense te

828 1983 1 SA 164 (A).

829 1988 3 SA 667 (A). 420 trek wat net een volksgroep sou insluit, is dit wel moontlik, minstens in sommige gebiede, om gebiede af te baken wat oorwegend deur een of ander volksgroep bewoon word. Hoewel daar dus veronderstel kan word dat die Staatspresident ex necessitate rei, indien hy hoegenaamd die Wet wil uitvoer, gebiede sal moet afbaken wat nie ‘n volkome homogene bevolking het nie, is daar geen soortgelyke noodsaak om die bevolkingsamestelling van ‘n bepaalde gebied heeltemal buite rekening te laat nie.830

830 Op 694. 421

Die selfbeskikkingsreg het dus tussen verskillende groepe in dieselfde volkeregtelike entiteit bestaan.831 Daar kon gevolglik geargumenteer word dat juridies die onafhanklikheid van die TBVC-state in ooreenstemming was met die wese van selfbeskikking van mense.832

Om die reg van selfbeskikking in die Suid-Afrikaanse verband in perspektief te plaas, moet die vraag gevra word wie op hierdie reg aanspraak kan maak. Die reg behoort aan ‘n volk (groep) wat weens sy eiesoortige karaktereienskappe homself as ‘n eenheid identifiseer en weens sy begeerte om sy besondere eienskappe te behou, sy reg uitoefen om sy eie lotgevalle te beskik.

Hierin is onder andere die kritiek teen die beleid van apartheid, soos wat dit toegepas was in Suid-Afrika, geleë. So het Bennett en Peart verklaar:833 If South Africa is doing no more than fulfilling her international obligation, why should she attract such universal condemnation and need to adopt such a defensive posture? The answer is an ironical one: self-determination has been imposed on the African peoples of South Africa; it is not a right freely sought by them. Logiesgewys dus, indien die destydse regering op ‘n demokratiese wyse die inwoners

831 Sien AV Res 2625 (XXV) van 24 Oktober 1970.

832 Die 1970-Deklarasie noem onafhanklikheid in die besonder as een manier waarop selfbeskikking verwesenlik kan word. Sien ook S v Banda 1989 4 SA 519 (A). Op bladsy 56 van die oorspronklike uitspraak word dit soos volg gestel: “The majority of the people of Bophuthatswana are Batswanas, and their self- determination is ensured by being citizens of the state of Bophuthatswana”.

833 Boston College Third World Law Journal Vol 6 No 1 1986 op 28 soos aangehaal in Booysen supra op 481 vt 34. 422 van die TBVC-state sou laat besluit het of hulle onafhanklike state wou gewees het, sou die stigting van die TBVC-state in die lig van die beginsel van selfbeskikking aanvaarbaar gewees het.

Insgelyks kon die klem van die beleid sterker gefokus het op die selfbeskikking van die Blankes of van ‘n bepaalde Blanke kultuurgroep soos die Afrikaners om makliker te gepas het binne die begrip van selfbeskikking.834

Sedert die bewindsaanvaarding van BJ Vorster in 1966 is daar 'n tweeslagtige beleid gevolg ten aansien van die beleid van apartheid deurdat die beleid nie gepaardgegaan het met volledige skeidingsmaatreëls nie. Daar is enersyds steeds voortgegaan met die beleid om onafhanklikheid vir tuislande daar te stel vir die Swart volkere, maar andersyds is integrasie op verskeie vlakke van die samelewing goedgekeur en inderdaad deur die regering aangemoedig.835 Daarbenewens is 'n beleid van integrasie gevolg ten opsigte van die Kleurlinge en Indiërs deurdat volledige skeiding nie meer as antwoord gesien is wat betref hierdie twee bevolkingsgroepe nie. Daar is gevolglik stelselmatig afstand gedoen van die beleid van apartheid soos dit aanvanklik gesien en geïmplimenteer was. Dit het waarskynlik ook daartoe bygedra dat die internasionale gemeenskap die daarstel van tuislande vir sommige volkere as ‘n “onteiening” van die reg van die meerderheid gesien het.

Om die vraag te kan beantwoord of die beleid van apartheid selfbeskikking daargestel het, alternatiewelik 'n ontkenning was van die reg tot selfbeskikking, moet die begrip apartheid gemeet word aan die definisie van die begrip selfbeskikking. Waar selfbeskikking kortweg omskryf kan word as die reg van 'n groep of volk (of die inwoners

834 Sien byvoorbeeld Rhoodie Apartheid en Partnership: ‘n Rasse-Sosiologiese Ontleding van Afsonderlike Volksontwikkeling en Vennootskap, met Besondere Verwysing na die Motiewe vir hierdie Beleidsisteme Academica 1968 op 114 waar hy stel dat die Blanke nie gelate sou toesien dat sy rasse-identiteit aangetas word nie en dat die Blanke oortuig was dat as hy sy bio-genetiese identiteit as ‘n wit rassegroep verloor het, hy ook sy volksidentiteit sou inboet. Hy stel ook dat die Blanke se vrees teen die Swarte as magsgroep bestaan het, en nie teen Swartes as indiwidue nie.

835 Alhoewel dit deur die Nasionale Party regerings van BJ Vorster, PW Botha en FW de Klerk ontken is. 423 van 'n grondgebied) om self oor hulle toekoms te besluit en die uitgangspunt is dat 'n volk of die inwoners van 'n grondgebied vryelik moet kan besluit oor hulle politieke toekoms en die regering wat oor hulle regeer, kan geargumenteer word dat apartheid juis hierdie doelstellings wou verwesenlik. Dit is derhalwe nodig dat gekyk moet word na wat die bedoeling met die beleid was.

Suid-Afrika het veral sedert die bewindsaanvaarding van Verwoerd in 1958 besluit om 'n beleid te volg wat nie bloot gerig was op skeiding (segregasie) nie, maar op skeiding tesame met selfregering vir die verskillende bevolkingsgroepe van Suid-Afrika. Die aanvoorwerk daarvoor is reeds deur Verwoerd se voorgangers gelê.

Ook die Tomlinsonkommissie het in geen onduidelike taal gestel dat daar gestreef moes word: na die bestaan van afsonderlike gemeenskappe in hul afsonderlike gemeenskappe waar elkeen die volle geleentheid tot eie uitlewing en ontwikkeling sal hê.836

Verwoerd word allerweë as die “groot apostel” van apartheid beskou en daarom sal daar hoofsaaklik volstaan word by wat hy tydens sy ampstermyne as Minister van Naturellesake en Eerste Minister oor die beleid en die doel daarvan gesê het. In 1956 het hy gestel dat Suid-Afrika hom met alle krag moet inspan om die skeiding tussen “blank en nie-blank” tot die hoogste mate teweeg te bring.837

In November 1958 het hy hierdie beleid soos volg geformuleer: 'n Mens kan jou nie 'n toekoms vir Suid-Afrika voorstel wat nie in een van die twee rigtings ontwikkel nie: Of die bantoe sal sy regte moet hê in sy eie gebiede en die blanke volk regeer in sy gebied, òf daar sal 'n deurmekaar Suid-Afrika moet wees met die heerskappy in die hande van die meerderheid, naamlik die bantoe.838

836 Verslag van die Kommissie vir die Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling van die Bantoegebiede binne die Unie van Suid-Afrika (UG 61/1955) op 106-107.

837 Debatte van die Volksraad deel 911 kolom 5802.

838 Tydens die Transvaalse Kongres van die Nasionale Party en soos berig in Die Transvaler van 13 November 1958. Op 27 Januarie 1959 gaan hy verder deur die beleid soos volg te verduidelik: 424

“Ek sorg ook dat ek 'n pad kies waarin die blanke aan die een kant in sy gebied die volle bestuursreg alleen behou, maar waarin ek aan die bantoe, onder my sorg as voog, die volle geleentheid gee om in hulle gebiede hul voet te sit op 'n pad van ontwikkeling waarop hulle kan vorder ooreenkomstig die vermoë wat hulle het”. Verwoerd het van die standpunt uitgegaan dat die Blanke homself slegs sou kon handhaaf indien die beleid van skeiding die ewigdurende beleid van Suid-Afrika bly. Hy het nie gedink dat die waardigheid van mense daardeur aangetas word nie, want: “...you accept differences between people. We do not want to discriminate in the ultimate end, we want to differentiate”. Sien in laasgemelde verband Scholtz Dr HF Verwoerd 1901-1966 Perskor Uitgewery 1974 op 162. 425

Daar is dan ook onmiddellik voortgegaan om wetgewing te implimenteer ten einde hieraan uitdrukking te gee. Verwoerd het gestel dat daar geen perke rus op die strewe van die Swartes om hul tradisionele gebiede tot onafhanklike state te ontwikkel nie.839 Hy het ook gestel dat hy ‘n kleiner Blanke staat in Suid-Afrika sou verwelkom.840 Hy het voorts gesê dat die wêreld oortuig moet word dat die Blankes in Suid-Afrika 'n reg het om hul eie gebied te regeer, maar dat die Swartes ook dieselfde reg in hulle eie gebiede gegun moet word.841

Dit is natuurlik so dat die Blankes in Suid-Afrika met die Afrikaner aan die voorpunt ‘n bepaalde siening oor die skeiding wat daar tussen Blank en Nie-Blank moes plaasvind,

839 Ook ten opsigte van die Kleurlinge en Indiërs was dr Verwoerd dieselfde mening toegedaan, naamlik dat skeiding die aangewese weg was en dat die selfbeskikking van hierdie groepe langs die weg van volkome skeiding en deur middel van selfbestuur in eie gebiede moes geskied. Sien in hierdie verband Scholtz supra op 165-178. Daar is gevolglik deurgaans van die standpunt uitgegaan dat die Blankes ‘n “historiese reg” op “Blanke grond” het, maar tegelykertyd is die reg op selfbeskikking van die ander volkere nie ontken nie. So het ook die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 110 van 1983 voorsiening in die Aanhef daarvan gemaak om as nasionale doelwit na te streef: “Om die selfbeskikking van bevolkingsgroepe en volkere te eerbiedig, te bevorder en te beskerm”.

840 Debatte van die Volksraad deel 101 kolom 6513 tot 6540.

841 Die Transvaler 25 Mei 1959. Sy siening was dat die Blankes nie die land verdeel het nie, maar dat dit die resultaat van die geskiedenis was. Sien in hierdie verband Die Transvaler 5 September 1959. 426 gehad het en dat dit deurgaans in wetgewing neerslag gevind het. Veral die Transvaalse en Vrystaatse Blankes was na 1902 (toe die vier provinsies verenig het) deurentyd van mening dat daar nie aan die Nie-Blankes stemreg in sogenaamde Blanke gebied gegee moes word nie. Voor 1902, en wel toe Transvaal in 1852 en die Vrystaat kort daarna in 1854 hulle onafhanklikheid verkry het, is daar dan ook geen voorsiening gemaak vir die stemreg van Nie-Blankes nie. Ook na die Eerste Vryheidsoorlog van 27 Februarie 1881 is hierdie standpunt herbeklemtoon met die Konvensie van Pretoria en daarna met die Londense Konvensie van 1884. Die Vrede van Vereeniging wat gesluit is op 31 Mei 1902 maak eweneens nie voorsiening vir die stemreg van Swartes nie en is die kwessie van stemreg vir Swartes “uitgestel” totdat selfbestuur aan die vier kolonies verleen sou word.842

842 Artikel 8 van die Vrede van Vereeniging. 427

Daarbenewens het bogemelde standpunt oor stemreg vir die Swartes deur die twee voormalige Republieke saamgeval met die siening dat daar ‘n gebied bekend as “Blank” Suid-Afrika ontstaan het wat deur middel van besetting, onderhandeling en ruiltransaksies op ‘n regmatige wyse bekom is.843 Hierdie siening is bestaanbaar met die beginsels oor die verkryging van grondgebied in die Internasionale Reg.844

Verwoerd se beleid was dus in ‘n groot mate slegs ’n voortsetting en ‘n uitbreiding van die uitgangspunt wat deurentyd onder sekere Afrikaners inslag gevind het sedert veral die ontstaan van die Boererepublieke en daarna. Hy was egter van mening dat blote skeiding onvoldoende was in die lig van die aanspraak van ander volke op volledige

843 Dit is naamlik so dat daar ‘n gebeurtenis in die binneland van Suid-Afrika plaasgevind het bekend as die Difaqane vanaf 1815 tot 1830 wat ’n groot gedeelte van die binneland onbevolk gelaat het. Sien ook Hofmeyr supra op 123 wat stel dat die Voortrekkers die grootste deel van wat “vandag die gebied van Oranje-Vrystaat en Transvaal vorm” verwoes gevind het deur die Matabeles. Hierdie gebiede is deur die Voortrekkers beset. Sien in hierdie verband Van Jaarsveld Van Van Riebeeck tot PW Botha Perskor 1982 op 123-134. Hierdie gebiede is dan ook na die besetting as Voortrekkergebied geproklameer. So is gebiede deur verdrae (byvoorbeeld die Retief-Dingaan traktaat), deur middel van ruiltransaksies en ook deur besetting (okkupasie) bekom. Sien in hierdie verband Van Jaarsveld supra op 135-152 en spesifiek op 146 waar hy stel dat die land regmatig Voortrekkerbesit geword het. Hofmeyr supra op 145-146 toon aan dat die Boere-Republieke die soewereiniteit van die Swartes oor hulle eie gebiede erken het en dat die Voortrekkers hulle weerhou het daarvan om gebiede deur middel van verowering te bekom.

844 Sien byvoorbeeld in die algemeen Dugard International Law: A South African Perspective Juta 2001 op 118-131. 428

selfbeskikking asook die aandrang op stemreg en veral om op die hoogste vlak van 'n land se regering verteenwoordig te word.

Die groot kritiek wat teen sy beleid (en derhalwe teen die beleid van apartheid) ingebring kan word, is die feit dat daar vir ander besluit is hoe en waar hulle selfbeskikking uitgeoefen moes word. Die apartheidsbeleid van die Suid-Afrikaanse regering, en waarvan Verwoerd seker die vernaamste vertolker was, is dan ook hewig op grond hiervan gekritiseer.845 Meer bepaald was die kritiek meer gerig op aspekte soos werksafbakening, ongelyke lone, ensomeer en het dit nie direk verband gehou met die reg op (eksterne) selfbeskikking nie.

Dit is interessant dat hierdie beleid wel ook vanuit die buiteland soms ondersteun is.846

10.3 DIE AANSPRAAK OP PARTISIE EN SESESSIE IN SUID-AFRIKA

10.3.1 INLEIDING

845 Sien bv die uitsprake van regters Wellington Koo, Tanaka en Padilla Nervo in die Internasionale Geregshof se beslissing in South West Africa Second Phase 1966 ICJ Reports op 6.

846 So het lord Fraser in die Britse Hoërhuis hom soos volg oor die beleid van skeiding uitgelaat: “This is not the best way of life. Indeed, no attitude of men towards each other which involves class distinction or racial discrimination is the best way of life. But mankind has lived with it for a very long time, and we have had to resort to it from time to time. We could not solve the Irish problem without partition; we could not solve the Indian problem without partition, and the same thing applied in Palestine where there was partition ... Why is this? It is because certain persons of different races . . . dislike each other so much, or have such different ways of life, or are at such different stages of development, that they cannot or do not live comfortably together. It is better then . . . to separate them than to continue with the difficulties which arise and which sometimes become intolerable.... I refer . . . to the Transkei. The Government which has been set up in the Transkei is almost an exact replica of the Government which we have had in Basutoland for the last five years.... I am bound to say that I think both of them are a good idea, and I can see no logical reason why we British should praise what we have done in Basutoland and criticise the South Africans for what they have done in the Transkei, because the two things are identical”. Sien in hierdie verband Scholtz supra op 192-193. Sien ook ander persone aangehaal deur Scholtz in dieselfde werk op dieselfde bladsye en verder. 429

Reeds so vroeg as 1913 het die idee onder Blankes posgevat om sekere dele van die land af te sonder vir òf Blanke eiendomsreg òf Nie-Blanke eiendomsreg en is dit statutêr deurgevoer.

Volgens die Suid-Afrikaanse Regskommissie (SARK)847 was dit nie ware partisie nie omdat die Blanke regering nog steeds politieke beheer oor die grond wat aan Swartes gegee is, asook oor die Swartes self, behou het. Volgens die SARK was dit eerder ‘n vorm van rasseseparatisme met Blanke oorheersing as einddoel.848

847 Verslag oor Grondwetlike Modelle Vol 1 op 388.

848 Hierdie standpunt kan nie sonder meer aanvaar word nie. Dit was altyd die gedagte dat skeiding moet plaasvind; eers onder voogdyskap en daarna dat volwaardige selfregering en uiteindelik onafhanklikheid aan die verskillende Swart volke gegee sou word. 430

Verwoerd wou die beleid tot sy volle konsekwensies deurvoer, naamlik dat volledige skeiding moes plaasvind met volwaardige selfregering. Die SARK noem dit radikale partisie.849 Hierdie uitgangspunt het, soos tereg aangetoon, ‘n totale verdeling van die land tussen ‘n Blanke staat en Swart state voorsien.

10.3.2 BEGRONDING VAN PARTISIE850

10.3.2.1 HISTORIESE ARGUMENT

Die vraag op welke grondslag die argumente ten gunste van partisie berus851 begin met die uitgangspunt: Wie was eerste waar? Die oorspronklike bewoners (besetters) sou dan op daardie grond wat hulle beset het, geregtig wees.

Eise ten opsigte van grondgebied is dikwels polities van aard en word regsargumente meermale aangewend om die politieke argument te versterk.852 Soos Burghardt853

849 Du Pisani “Partisie” in Van Vuuren en Kriek Politieke Alternatiewe vir Suider-Afrika op 247; Hugo en Kotzé Suid-Afrika: Oorlewing in Politieke Perspektief op 162.

850 Verslag oor Grondwetlike Modelle Vol 1 op 395-402.

851 Die Volkstaat as Afrikaner-bestemming Pretoria Sabra 1989; Raath Volk en Kerk Pretoria: NG Kerkboekhandel 1989.

852 Sien byvoorbeeld Fawcett “Gibraltar: The Legal Issues” International Affairs Vol 43 1967 op 251 waar dit soos volg gestel word: “... legal arguments are used, not in order that the legal issues may be properly 431 aandui, kan eise ten opsigte van ‘n bepaalde grondgebied in een of meer van die volgende kategorieë geplaas word: effektiewe beheer; histories; kultureel; territoriale integriteit, ekonomies; elitisties en ideologies. Eersgemelde is dikwels die sterkte eis (ook omdat besit ‘n vermoede van eienaarskap skep) en wat deur meeste erken word omdat dit dikwels ‘n erkenning is van ‘n de facto-situasie. So word effektiewe beheer oor ‘n grondgebied ook deur die Internasionale Reg as ‘n vereiste gestel alvorens ‘n staat erken sal word. ‘n Historiese aanspraak, alhoewel nie op dieselfde vlak as effektiewe beheer nie, is dikwels daardie eis wat die meeste onderliggende emosie bevat. Burghardt stel dit soos volg:

determined, but simply tactically in order to fortify the political claim.”

853 Burghardt “The Bases of Territorial Claims” Geographical Review Vol LXIII 1973 op 228. 432

History means memory and the history of a nation forms a central core of its self- identity.854 Alle historiese eise is dan ook gebaseer op prioriteit of tydsduur. Prioriteit beteken eenvoudig ‘n eis op grond van eerste vestiging (wie was eerste?), byvoorbeeld ontdekking. Eise gegrond op prioriteit word selde teruggevoer na die “heel begin”; dit word normaalweg slegs teruggevoer na die begin van die huidige konflik. Die feit dat ‘n groep of volk vir ‘n lang tydsduur ‘n eis op die gebied gehad het, versterk die historiese basis van so ’n eis.855 Die sterkste eis wat op historiese gronde gebaseer word, is wanneer die gebied as die “tuisland” (“homeland”) of “geestelike tuiste” van die volk of groep gesien word. Die begrip “tuisland” sluit prioriteit en tydsduur in en word as die uiterste vorm van die man-en-grond-simbiose gesien.856 Die gebied word as ‘n onontbeerlike deel van die identiteit van die volk gesien. In hierdie verband kan die huidige staat van Israel vermeld word wat, ondanks alle struikelblokke, as die “geestelike tuiste” van die Jode gesien word. In dieselfde mate dink talle Afrikaners aan die voormalige Transvaal en Oranje-Vrystaat as die “geestelike tuiste” van die Afrikaner.

Die kulturele basis vir ‘n eis op ‘n bepaalde grondgebied hou in dat die samehorigheidsgevoel van ‘n bepaalde groep dikwels daartoe bydrae dat die eis op historiese basis sterker op die internasionale forum na vore tree. Daardie solidariteitsgevoel, hetsy dit is op grond van ras, geloof, taal of welke eienskap ookal, vind neerslag in ‘n nasionalisme wat allesomvattend is.

Territoriale integriteit is ‘n internasionaal erkende basis vir ‘n eis op grondgebied. Dit is natuurlik ‘n heel bruikbare argument vir outokratiese regerings wat menseregte misken.

854 Burghardt supra op 230.

855 Burghardt supra op 231.

856 Burghardt supra op 232. 433

So het feitlik elke Afrikastaat ‘n situasie geërf waar die grense van die koloniale gebied, en meestal sonder enige regverdiging daarvoor, netso behou is.

Ekonomiese begronding van eise op grondgebied is voor-die-hand-liggend: ‘n Staat wat geen natuurlike hulpbronne het nie, is dikwels nie ekonomies aantreklik nie terwyl gebiede met ‘n oormaat van hulpbronne dikwels meerdere aansprake tot gevolg het. Die Wes Oewer het meer as net historiese bekoring vir die Palestyne en die Jode terwyl die Goudvelde van die Witwatersrand ‘n oorlog (onder die dekmantel van “stemreg”) tussen Brittanje en die twee Boererepublieke ontketen het.

Elitistiese eise het te doen met die feit dat ‘n groep aanvoer dat hy in ‘n beter posisie is om die gebied te bewerk as ‘n ander groep. Ideologiese gronde is terug te voer na sekere tydperke in die geskiedenis. Die wekroep “decolonialism” het die winde van verandering oor Afrika laat waai. Dit was ideologies en gesteun deur die USSR (wat daardeur die greep van die Weste op Afrika wou verbreek). Die aanspraak op die grondgebied van Israel word vanuit twee ideologiese hoeke gesien en die aanspraak op Suid-Afrika kan eweneens ideologies beskou word.

Die vraag in die lig van bogenoemde is of enige groep kan aanspraak maak daarop dat ‘n gebied permanent aan hom behoort (of behoort het). Indien die antwoord positief is, kan dit ‘n onhoudbare situasie tot gevolg hê. Daarom is dit ook nie moontlik om ‘n rangorde van vereistes saam te stel nie.857

Daar het ‘n verdere begronding vir ‘n eis op grondgebied ontwikkel, genaamd territorialiteit. Dit word gekenmerk deur dieselfde basis waarop diere tot ‘n bepaalde gebied verbonde is, naamlik identifisering met die gebied, eksklusiwiteit van die groep in en met die gebied en die interaksie en organisasie van die groep in die gebied.858 So

857 Burghardt supra op 242.

858 Sien in die algemeen Ardrey The Territorial Imperative New York 1966. 434

bewoon ‘n groepe eers ‘n gebied as hoofsaaklik afsonderlike indiwidue. Later ontstaan ‘n gevoel van samehorigheid, ook as gevolg van die effektiewe beheer wat oor die gebied uitgeoefen word. Algaande word die wortels van die groepe in die gebied so diep gevestig, dat die ...land is imprinted with the image of the group.859 ‘n Territoriale beeld van die groep ontstaan. Die groep identifiseer hom met die grondgebied. Deur die grondgebied boonop aan te wend ten einde voort te bestaan, word bande daarmee versterk. ‘n Nasionale geheue ontwikkel as laaste fase oor ‘n tydperk van besetting - die grondgebied word vaderland.

In ’n groot mate is die eis van die Afrikaner op selfbeskikking ten opsigte van “Blank Suid-Afrika” ‘n eis wat gebaseer is op territorialiteit. Dit is egter ‘n eis wat, by gebrek aan effektiewe beheer, hoofsaaklik op historiese gronde gebaseer is soos hierinlater aangetoon.

10.3.2.2 IDENTITEITSKLOWING

Volgens hierdie standpunt is daar groot identiteitsklowing tussen die verskillende minderhede in Suid-Afrika en is hierdie kenmerke betreklik onveranderlik. Partisie was dus gebaseer op identiteitsbeskerming.860 Raath stel onder meer dat elke volk in Suid- Afrika met sy eie nasionale bewussyn geskape is en deur God ‘n roeping gegee is om te vervul en dat elke volk en elke nasie ‘n eiesoortige wet en sin het, maar ook ‘n eie waarde van God verkry het en op grond hiervan die een volk van die ander en die een nasie van die ander onderskei kan word. Volgens hom is die Afrikanervolk geroepe om nasionalisme te bevorder, maar alhoewel sy volkse verbondenheid sy nasieskap voorafgaan, beteken dit nie dat sy nasie-eenheid deur sy Afrikanervolksverwantskap

859 Burghardt supra op 243.

860 Raath Volk en Kerk NG Kerkboekhandel Pretoria 1989 op 39. 435 getiranniseer moet word nie.

10.3.2.3 GETALLEVERHOUDING EN VERSWELGING

Dit is so dat die Blankes en veral die Afrikaners ‘n steeds kleiner wordende minderheid 861 is. Die argument is gevolglik dat hulle in ‘n eenheidstaat verswelg sal word. Booysen stel dit dat daar net een basis is waarop die Blanke kan deelneem en sy samewerking kan gee, en dit is as sy belange en selfbeskikking absoluut gewaarborg is in ‘n eie gebied waarin hy die volstrekte meerderheidsbesetting het en beskik oor die eksklusiewe wetgewende en uitvoerende mag ten opsigte van essensiële elemente van afsonderlike, vrye en soewereine volkskap. In ‘n veelrassige eenheidstaat, daarenteen, sou die Afrikaner weerloos en aan die lot van alle minderheidsgroepe uitgelewer wees.862

10.3.2.4 SELFBESKIKKINGSREG VAN ‘N VOLK

Daar word gesteun op die reg op selfbeskikking en veral omdat die Afrikaners as ‘n volk op selfbeskikking geregtig is. In die geval van die Afrikaner in Suid-Afrika, so lui die argument, kan die behoefte aan selfbeskikking slegs deur partisie en selfregering vervul word. Hierdie argument word deur vele aangevoer.863 Dit berus dus op die afsydigheid, verskille en vrees en weersin teen oorheersing deur ‘n ander ras, etniese groep of meerderheid. Booysen stel dit soos volg:864 Een van die hoekstene ... is ‘n volk se reg op selfbeskikking. ‘n Groep mense met ‘n eie kultuur, taal, tradisie, godsdiens en herkoms en wat hulself as ‘n afsonderlike groep beskou, kan aanspraak op selfbeskikking maak. ‘n Groep wat op selfbeskikking geregtig is, word dus deur sowel objektiewe as subjektiewe faktore bepaal. Die besluit om ‘n selfbeskikkende eenheid te wees, berus vanselfsprekend by die groep self. Die

861 Booysen Afrikaner-Boerevolk Daarheen! Nou! Oranjewerkers Promosies 1986 op 3.

862 Booysen Dinamiese Konserwatisme Oranjewerkers Promosies 1986 op 7.

863 Sien ook SABRA “Kommentaar op Regeringsvoorstelle” Pretoria 1982 op 12.

864 Booysen Dinamiese Konserwatisme supra op 4. 436

omgekeerde, naamlik dat buitestaanders so ‘n besluit sou neem, is tog onsinnig.

10.3.2.5 AFWESIGHEID VAN GEESTELIKE GEMEENSKAPLIKHEID

Volgens hierdie uitgangspunt is daar selfs in die geledere van Swartes in Suid-Afrika geen homogeniteit nie. Die voorspelling was dat Swart volke ook op erkenning van ‘n eie identiteit sou aandring. Daar is dus geen geestelike gemeenskaplikheid nie. Jooste stel dat dit onwaarskynlik lyk dat die een-nasiegedagte wat sterk gekoester word, in vervulling sal gaan en dat etniese politiek tot die verlede sal behoort. Hy is van mening dat die Afrikaners se geskiedenis ook kenmerkend is van die beweging na verval en herstel. Identiteit, roeping en selfbeskikking word volgens hom deur baie as van hulle mees bepalende belange beskou. Hulle beskou dit as hulle reg om hulle belange te handhaaf, maar erken ook algemeen die reg van ander volke om hulle belange te verdedig.865

10.3.2.6 MINDERHEIDSBESKERMING

Volgens hierdie uitgangspunt sal daar in ‘n Swart meerderheidstaat geen waarborg vir die voortbestaan van die identiteit van Blankes of die Afrikanervolk wees nie. Dié argument word ook aangevoer teen die beskerming wat ‘n handves van menseregte minderhede bied.866

Volgens Jooste is die kernprobleem met menseregte dat ‘n minderheid nie daarmee genoegsaam teen inlywing, verbrokkeling en verdwyning beskerm kan word nie. Saambestaan onder omstandighede wat deur handveste van menseregte vereis word, bevorder volgens hom kultuuroordrag en oorname en derhalwe gelykmaking of verval van onderskeidende minderheidseienskappe. Minderhede verkeer volgens hom dus in

865 Voorlegging aan Kommissie (SARK) op 53.

866 Raath "Die Keuse vir ‘n Eksklusiewe Demokrasie” Tydskrif vir Rasse-Aangeleenthede Vol 40 No 1 1989 op 14 is van mening dat die beginsel vir ‘n Suid-Afrikaanse eenheidstaat waarin die belange van bevolkingsgroepe deur ‘n handves van menseregte gehandhaaf en gewaarborg sal word uiters naïef is vir sover integrasie in Afrika tot dusver konsekwent tot die oorheersing en ondergang van die Blanke bevolkingsgroepe gelei het. 437

‘n staat van inlywing.867

10.3.3 STANDPUNTE TEEN PARTISIE EN SESESSIE

867 Voorlegging aan Kommissie (SARK) op 25-27. 438

Die SARK was, soos voorheen vermeld, van mening dat die reg op partisie en sesessie nooit gepositiveer is nie. Dit was dus volgens die SARK nie as afdwingbare reg erken nie.868 Daarbenewens is daar volgens die SARK groot meningsverskille oor die woord “peoples”.869 Die SARK stel dat daar ook vrae is of ‘n volk binne ’n staat as ‘n “people” beskou kan word.870 Daar word dan ook aangesluit by die sterk gehuldigde punt in die Internasionale Reg dat die staat in sy geheel op selfbeskikking geregtig is en nie die onderskeie komponente binne ‘n staat nie asook by die standpunt dat die territoriale integriteit van die staat en die regte van minderhede teen mekaar afgeweeg moet word.871 Die Suid-Afrikaanse situasie het, volgens die SARK, talle ander probleme wat in die pad van partisie en sesessie staan. Die volksgroepe woon verspreid wat groot bevolkingsverskuiwings sou impliseer. Daar is onduidelikheid oor wie (watter volke) op partisie aandring en hoe groot die meerderheid moet wees wat daarop aandring binne ‘n volk.872 Die SARK was wel van mening dat daar ‘n behoefte bestaan aan selfbeskikking vir ‘n volk maar is daar nie aan die basiese voorwaardes daarvoor in die vorm van sesessie voldoen nie. Ook wat betref partisie moes daar konsensus wees voordat dit enigsins

868 Grondwetlike Modelle supra op 409.

869 Grondwetlike Modelle supra op 410.

870 Grondwetlike Modelle supra op 410.

871 Grondwetlike Modelle supra 411-416.

872 Grondwetlike Modelle supra 416-417. 439

toepassing kon vind.873

Alhoewel hierdie verslag van die SARK reeds in 1991 verskyn het, is baie van die aanbevelings en standpunte daarin vervat, steeds relevant.

10.4 APARTHEID EN UTI POSSIDETIS874

873 Grondwetlike Modelle supra 418-420.

874 Sien die bespreking van uti possidetis supra. 440

Die beleid van apartheid is ook deur internasionale regslui beskou as 'n skending van die beginsel van uti possidetis. Laasgemelde beteken dat die koloniale grense van state, al is dit ook hoe arbitrêr getrek deur die imperiale magte, nie gewysig kon word nie. Die internasionale gemeenskap het geargumenteer dat Suid-Afrika die land wil opkerf en die Swartes hulle regte só wou ontneem. Verwoerd se antwoord daarop was dat die geskiedenis self hierdie grense getrek het en dat hierdie gebiede in elk geval deur hierdie mense bewoon was. So het hy in September 1962 gestel dat die regering nie Transkei of Zoeloeland geskep het nie, net so min as wat Engeland Basoetoeland (Lesotho) en Swaziland geskep het.875 Dit was volgens hom 'n (natuurlike) verdeling wat deur die geskiedenis gebring is en dat, soos in Europa, Suid-Afrika probeer om met grenslyne orde te skep en daardeur die Blanke se erfreg te verseker.

Dit is interessant om daarop te let dat die wêreldgemeenskap se aandrang in die geval van Suid-Afrika op die beginsel van uti possidetis, nie gehandhaaf is toe Eritrea suksesvol afgeskei het van Ethiopië nie. Die internasionale gemeenskap se optrede was gevolglik inkonsekwent.

Die ander argument wat teen die beleid van Verwoerd gehou word, is, soos reeds gestel, dat die meerderheid van die bevolking van Suid-Afrika nie die "selfbeskikking" soos hy dit gesien het, wou hê nie. Die vraag wat hier moet gevra word is: Watter meerderheid? Indien die bevolking van 'n land in sy geheel gesien word, sal klein volkere nooit 'n aanspraak kan hê op volledige selfbeskikking nie en word die historiese aansprake van volkere op grondgebied(e) eenvoudig geïgnoreer. So 'n standpunt neem as vertrekpunt bloot die de facto situasie in 'n land sonder om die demografie en historiese verloop van die land en die inwoners daarvan in aanmerking te neem.

Daar kan geargumenteer word dat Verwoerd die ontwikkeling van selfbeskikking in die

875 Die Transvaler 12 September 1962. 441

Internasionale Reg eintlik vooruitgeloop het met die beleidsmaatreëls wat hy in Suid- Afrika wou implimenteer. Daar kan egter ook geargumenteer word dat die meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking die weg van “selfbeskikking van die geheel” (dit wil sê blote meerderheidsregering), gekies het, maar is dit so dat die keuse van selfbeskikking in 'n eie grondgebied nooit aan die verskillende volksgroepe by wyse van 'n referendum gestel is nie. Die skep van bepaalde persepsies oor die aangeleentheid het dit eintlik onmoontlik gemaak om die saak objektief te beredeneer.

Die bewoording van die huidige Grondwet bevestig die aanname hierbo gemaak dat daar van die standpunt uitgegaan word dat die reg op selfbeskikking aan voldoen is toe elke inwoner van hierdie land wat stemgeregtig is, in 1994 (en dus ook daarna) die geleentheid gekry het om te stem.876 Artikel 235 van die Grondwet maak wel voorsiening daarvoor dat die reg van enige gemeenskap wat ‘n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, se reg op selfbeskikking erken word: binne ‘n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.877 Op die oog af lyk dit asof daar inderdaad voorsiening gemaak word vir die reg op selfbeskikking van ‘n groep deur die huidige Grondwet. By nadere ontleding wil dit egter voorkom of dit geregverdig is om te argumenteer dat die bewoording só beperkend is dat die “reg” wat geskep is in die praktyk inhoudloos kan wees. Nasionale wetgewing, dus die wil van die meerderheid, sal bepaal of die minderheid (die groep wat op die reg aanspraak maak) wel sodanige reg sal hê en op welke territoriale entiteit in die Republiek sodanige aanspraak gevestig kan word. Dit is weliswaar so dat hierdie artikel nog nie beproef is nie.

876 Sien artikel 235 van die Grondwet wat melding maak van: “...die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt ...”.

877 Sien die laaste deel van die bewoording van artikel 235. Die volledige artikel lui soos volg: “Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ‘n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ‘n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal ”. 442

10.5 VOLKSTELLINGS EN REFERENDUMS

Die internasionale gemeenskap en uiteraard ook die Internasionale Reg is gesteld daarop dat waar selfbeskikking ter sprake is, die mening van die mense by wyse van 'n volkstelling of referendum verkry moet word. Wat in Suid-Afrika gebeur het is dat die bevolking as 'n geheel beskou is en dat die uitslag van die verkiesing gesien is as 'n duidelike standpuntinname vir selfbeskikking van die bevolking van Suid-Afrika as 'n geheel. Dit kan ook beskou word as 'n ontkenning van die idee van selfbeskikking soos dit deur dekades heen ontwikkel het, synde die reg duidelik bedoel was aan groepe toe te kom. Baie duidelik is daar ook groepe soos volkere wat na selfbeskikking strewe, en nie deurentyd bloot die totale inwoners van 'n land nie. In hierdie verband dui die ontevredenheid van veral ‘n beduidende groep van die Afrikaners na die 1994- verkiesing op die feit dat aan hulle strewe om selfbeskikking, nie voldoen is nie. Toe die volke in die voormalige USSR en in Joegoeslawië in die geleentheid gestel was om hulle voornemens oor hulle selfbeskikking uit te spreek, het hulle in geen onduidelike terme hul wens aangedui om hulle reg op selfbeskikking uit te oefen binne eie staatsverband, soos die uitslae van die referendums in daardie gebiede dan ook aangetoon het.

Daar kan gevolglik aangevoer word dat daar van minstens interne selfbeskikking, nog niks tereg gekom het in Suid-Afrika nie. Suid-Afrika is ondanks die heterogeniteit van sy bevolkingsamestelling, as ‘n eenheid beskou en in daardie eenheid is blote meerderheidsregering aan die orde van die dag. Derhalwe kan geargumenteer word dat nie een “volk” (etniese groep) in Suid-Afrika se reg op selfbeskikking vervul is nie.

10.6 APARTHEID AS MISDRYF

Hierbo is gewys op die feit dat die beleid van apartheid in beginsel teoreties ten doel gehad het om aan elke volk in Suid-Afrika volwaardige onafhanklikheid binne ‘n eie staat (gebied) te gee en dat dit gevolglik neergekom het op die verwesenliking van selfbeskikking. Die begrip was egter toenemend met soveel negatiewe emosie belaai 443

dat dit eintlik onmoontlik was om sinvol daaroor gesprek te voer. Die posisie is vererger deurdat apartheid as ‘n misdryf teen die mensdom verklaar is.

Sedert 1966 het die Verenigde Nasies uit sy pad gegaan om apartheid as internasionale misdryf erken te kry. Die Internasionale Konvensie op die Onderdrukking en Bestrawwing van die Misdaad Apartheid het op 18 Julie 1976 in werking getree nadat voldoende state die konvensie onderteken en partye daartoe geword het.878 Die konvensie is in 1973 by wyse van 'n besluit deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies aangeneem.879 Die konvensie is slegs bindend op die state wat partye daartoe is. Na die bewindsoorname deur die ANC in 1994 het Suid-Afrika die konvensie bekragtig.

Die Konvensie stel dat die beleid van apartheid ‘n misdryf teen die mensheid is en dat apartheid en soortgelyke praktyke van diskriminasie die reëls van die Internasionale Reg skend. Apartheid as misdaad word omskryf as daardie spesifieke handelinge wat gepleeg word met die doel om dominasie deur een rassegroep oor 'n ander daar te stel en te handhaaf en die geleidelike onderdrukking van so 'n rassegroep.880 Dit is onmoontlik om uit enige van Verwoerd se uitsprake oor die doel met die beleid van apartheid, en veral die daarstel van die “tuislande”, enige afleiding te regverdig dat daarmee ten doel gestel is om dominasie en onderdrukking te bewerkstellig.

878 Die Siriese Arabiese Republiek was die twintigste staat om ‘n party tot die Konvensie te word. Sien hieroor onder andere Booysen “Convention on the Crime of Apartheid” South African Yearbook of International Law 1976 op 56 en verder asook Barrie “The Apartheid Convention after Five Years” Tydskrif vir Suid-Afrikaanse Reg 1981 op 280 en verder.

879 Sien AV Res 3068(XXVIII) van 30 November 1973.

880 Soos omskryf in Artikel II. 444

Die resolusie oor die misdryf apartheid maak voorsiening daarvoor dat state maatreëls moet aanneem in hulle staatlike reg ten einde bestrawwing moontlik te maak. State sal ook onderneem om alle persone tot verhoor te bring en volgens hulle jurisdiksie te straf, ongeag waar hulle woon.

In 1974 het die voormalige Minister van Buitelandse Sake in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies verklaar dat apartheid nie moreel verdedigbaar is nie.881 Daarna en toenemend is apartheid ook vanuit Afrikanergeledere veroordeel, totdat die NP self later, en veral na 2 Februarie 1990, verklaar het dat apartheid verkeerd was en uitgeroei sal word.882 Dit is nie uitgesluit dat die daarstel van ‘n internasionale misdryf van apartheid, direk aanleiding tot laasgemelde uitsprake en optredes gegee het nie.

Die Konvensie is vaag en vatbaar vir waninterpretasie en was waarskynlik daargestel om internasionale druk op Suid-Afrika te plaas ten einde af te sien van die beleid van apartheid, laasgemelde wat gerealiseer het in 1994. Of daar tans, na die 1994- verkiesing en gevolglike skrapping van alle apartheidswette, iets sal kom van die Konvensie, is te betwyfel.

Volgens Booysen is die hele basis van die Konvensie insake die misdaad apartheid onaanvaarbaar en selfs in stryd met die Internasionale Reg want dit het aspekte van die Suid-Afrikaanse beleid as ‘n misdryf verklaar wat volgens die Internasionale Reg insake selfbeskikking as geldig beskou word.883

881 RF(“Pik”) Botha in sy hoedanigheid as verteenwoordiger van die RSA by die Verenigde Nasies.

882 Die Nederduitsch Gereformeerde Kerk het dan ook tydens die Rustenburgse Kerkeberaad verklaar en bely dat apartheid ‘n sonde is.

883 Sien Booysen Volkereg en sy verhouding tot die Suid-Afrikaanse Reg Juta op 183 waar hy ook verklaar dat: "(V)eral die skepping van tuislande met die oog om hulle onafhanklik te maak kan nie in stryd wees met die volkereg nie want die basis daarvan is die selfbeskikking van mense ongeag van enige besware wat teen die praktiese uitvoerbaarheid van so 'n beleid geopper kan word". 445

Giliomee884 is ook van mening dat die definisie van die misdryf apartheid vaag en wyd is; trouens in so ‘n mate dat die hele projek van Westerse kolonialisme as ‘n misdaad teen die mensdom beskou kan word. Hy stel ook dat daar geen bewyse te vind is dat die optrede van die apartheidsregerings ten doel gehad het om die getalle van Swartes doelbewus te verminder nie en dat daar trouens talle bewyse is dat die lewensomstandighede van Swartes onder apartheid verbeter het. Hy is van mening dat daar geen basis is waarop gestel kan word dat apartheid of segregasie ‘n “misdryf” is nie.885

10.7 SUID-AFRIKA SE VOLKERE-SAMESTELLING

884 Giliomee “Waarom wil die ANC Apartheidskonvensie nóú onderteken?” in Beeld van 26 Julie 1999.

885 Giliomee supra waar hy ook stel dat die aanvaarding van die misdryf bloot ‘n poging was van die ANC en gesteun deur Afrikastate en die USSR om Suid-Afrika te isoleer en groter internasionale druk op Suid-Afrika uit te oefen omdat, deur die aanvaarding hiervan, Suid-Afrika se interne beleid gekriminaliseer is. Die Amerikaanse afgevaardige by die Verenigde Nasies in 1973 het dan ook gestel dat daar nie saamgestem kan word dat apartheid ‘n misdryf teen die mensdom is nie, aangesien sodanige misdrywe van so ‘n ernstige aard is dat hulle haarfyn omskryf en binne die raamwerk van die Internasionale Reg gedefinieer moet word. 446

Om ‘n idee te kry van die ingewikkeldheid van Suid-Afrika se binnelandse situasie en die vraag na die toepassing van selfbeskikking op die Suid-Afrikaanse situasie, moet eerstens gelet word op die samestelling van die Suid-Afrikaanse bevolking. Nie alleen is daar verskeie etniese groepe nie, maar ook verskille in godsdiens, taal en kultuur.

Deur die loop van 350 jaar is daar talle bewyse dat hierdie verskille telkens na die oppervlak gekom het. Verskeie hewige konflikte en selfs oorloë tussen Blankes en Swartes (waarvan talle oor grondgebied gegaan het) en ook tussen Swart volkere onderling, is bewys daarvan. Daarom was daar nog nooit ‘n maklike antwoord op die Suid-Afrikaanse vraagstuk nie. Trouens, enige oplossing wat ‘n verdeling, partisionering of afskeiding ten doel gehad het, is uiteraard met baie emosie begroet. Die bevolking was (en is) dan ook in so ‘n mate geïntegreer (en toenemend so na 1994), dat selfbeskikking tans (op die oog af en met uitsluiting van enige historiese aansprake in hierdie verband), in elk geval wat die Afrikaner betref, onhaalbaar lyk. Dit is veral die geval wat betref eksterne selfbeskikking in die vorm van sesessie of partisie.

Die daarstelling van ‘n unitêre Suid-Afrika wat besondere klem lê op gemeenskaplikheid, het, wat die korttermyn betref, in elk geval die eise om selfbeskikking in ‘n ondergeskikte posisie geplaas.

10.8 STATISTIEKE

Die bevolkingsensus wat in 1991 gedoen is, het getoon dat daar in Suid-Afrika 26 288 390 inwoners was waarvan die Swartes 17 973 320 uitgemaak het. In die sogenaamde selfregerende gebiede was daar 8 389 070 Swartes en in die TBVC-state na beraming 5 865 458 Swartes.886 Daar was gevolglik steeds meer Swartes in Suid-Afrika as in die sogenaamde tuislande.

In die jaar 2000 het die bevolking op ongeveer 40 miljoen gestaan (in die totale

886 Sien Suid-Afrikaanse Statistieke Sentrale Statistiekdiens Pretoria 1990 op 1.7-1.9. 447

oppervlak van Suid-Afrika met insluiting van die voormalige TBVC-state) waarvan 9,1 miljoen Zoeloes was, 7,1 miljoen Xhosa’s, 4,3 miljoen Blankes (waarvan 2,4 miljoen Afrikaners, 1,4 miljoen Engelssprekendes, 500 000 Portugese, 70 000 Grieke en 400 000 Duitsers), 3,3 miljoen Tswanas, 3,7 miljoen Pedi’s (Noord-Sotho’s), 3,1 miljoen Suid-Sotho’s, 1,7 miljoen Tsongas, 1 miljoen Swazi’s, 890 000 Vendas, 565 000 (Suid- En Noord-) Ndebeles, 1,1 miljoen Asiërs en 3,5 miljoen Kleurlinge.887

Daar word 32 verskillende tale in Suid-Afrika gepraat waarvan 11 amptelike landstale is volgens die Grondwet.888

Dit is ‘n feit dat regerings regeer op ‘n wyse wat hulle mag meer standvastig (vanuit hulle eie perspektief gesien) maak. Ook “minderheidsregerings” (dit wil sê ‘n regering wat nie al die inwoners in die land verteenwoordig nie) doen dieselfde, hetsy dit is met stelsels en onder vaandels soos "trusteeskap", "ordelike emansipasie”, ensovoorts. Suid-Afrika se voormalige “minderheidsregering”, ongeag die bedoeling met die beleid daarvan, was deur die buitewêreld veroordeel as sou dit neerkom op dominasie, onderdrukking en diskriminasie.

887 Sien Johnstone & Mandryk Operation World Paternoster 2001 op 576. In dieselfde werk word aangetoon dat daar 29 miljoen Christene in Suid-Afrika is wat sowat 73% van die bevolking uitmaak.

888 Sien Johnstone & Mandryk supra op 576. 448

Daar is tans geen waarborg of verskanste regte vir minderhede in Afrika wat hulle sou vrywaar teen meerderheidsoorheersing nie. Daar is ook nie sprake van magsdeling nie. Diskriminasie teen minderhede, onderdrukking, uitsluiting, verbanning, volksmoord, en geforseerde assimilasie bestaan vandag steeds ten spyte van state se voornemens om menseregte te respekteer, grondwette wat regte “verskans”, verdrae, internasionale konvensies, en dies meer.889 Dit is waar vir die wêreld as ‘n geheel, dog des te meer vir Afrika.890

Dit sal geen doel dien om die bestaan van minderhede en die feit dat daar in Afrika nog nooit veel ag geslaan is op hierdie minderhede nie, te ignoreer nie. Gedwonge assimilasie van minderhede kan trouens die vonk in die kruitvat wees, veral as geykte

889 Die duidelikste voorbeeld van sodanige vertrapping van menseregte is Zimbabwe. Nie alleen is Blankes eenvoudig deur die land se president beveel om hulle plase te verlaat nie, maar is onteiening sonder vergoeding gedoen en het “oorlogsveterane” en die polisie self sorg gedra dat dit plaasvind. In Beeld van 10 Augustus 2002 is onder die opskrif “Vaarwel Zimbabwe” dit duidelik gemaak dat daar geen salf meer te smeer was aan die situasie in Zimbabwe nie. Die internasionale gemeenskap was klaarblyklik “magteloos” om enigiets aan die reg op selfbeskikking, die regte van indiwidue, die volksmoord (“genocide”) van ‘n deel van die land se inwoners, die “apartheid” wat daar toegepas is, te doen. Geen internasionale ingryping het plaasgevind nie. In The Spectator van 10 Augustus 2002 op 16-17 het ‘n artikel verskyn met die titel ”What Makes Mugabe Shudder?” In die artikel word aangevoer dat wat in Zimbabwe gebeur, niks anders is nie as “ethnic cleansing” synde dit die voorneme van Mugabe is om alle Blankes uit Zimbabwe te verdryf. Tog volgens die skrywer van die artikel, Fergal Keane, word die woord “ethnic cleansing” nie gebruik deur die Verenigde Nasies, die leiers in Afrikastate, of enige internasionale organisasie nie, aangesien dit sal beteken dat daar opgetree moet word; iets wat die internasionale gemeenskap weier om te doen. Hy stel dat die weiering in optrede slegs aan een rede toegeskryf kan word: Die slagoffers is Blank. In The Citizen van 6 Julie 2001 op 1 daarvan is onder die opskrif “A Land Crisis to Dwarf Zim” berig dat ‘n lid van die Pan Africanist Congress gewaarsku het dat Zimbabwe soos ‘n Sondagskool piekniek gaan lyk in vergelyking met wat Suid-Afrika in die oë staar.

890 The Economist van 24 Februarie 2001 het onder die opskrif Africa’s Elusive Dawn” gestel dat Afrika skynbaar nie kan verander nie en weer (soos voorheen) in die moeilikheid is. Dit het die situasie onder meer soos volg opgesom: “Seven or eight of its countries are convulsed by insurgencies, half a dozen more are involved in the war in Congo, several others suffer recurrent ethnic clashes, and another pair, Ethiopia and Eritrea, are licking their wounds after an old- fashioned, and very bloody, border war... many countries ... are floundering economically. Half of sub-Saharan Africa live on 65 cents a day, and recently they have been getting poorer”. ‘n Jaar vroeër het dieselfde tydskrif Afrika as die “hopeless continent” beskryf. Gann “Liberal Interpretations of South Africa’s History” Rhodes-Livingstone Journal 1959 op 40-58 stel dat daar ingesien kon word waarom Afrikaners huiwerig was om mag te deel. Volgens hom is daar in Afrika geen onderliggende harmonie waarop ‘n demokrasie gebou kan word nie. Vir dominante minderhede is nasionale identiteit en politieke selfbeskikking nie abstrakte begrippe nie, maar ‘n kwessie van lewe of dood. 449

regte soos taal, kultuur, onderwys en ‘n eie gemeenskapslewe hierdie minderhede ontsê word. Die herdefiniëring van die inwoners as “Suid-Afrikaners” sal nie die feit van diepliggende verskille oornag (indien enigsins) besweer nie.

10.9 AANDRANG VAN SWART VOLKERE Swartes in Suid-Afrika het veral sedert die stigting van die African Nationalist Congress (ANC) in 1912, aangedring dat daar sonder enige onderskeid ‘n bestel gegrond op een mens een stem, tot stand moes kom. Dit is onder andere soos volg verwoord: We demand, and we have demanded since 1912, the right to determine the form of our nationhood. That means the right to determine who is the nation!891

Hierdie ideaal van die ANC is verwesenlik in 1994. Tans, met uitsondering van Inkatha wat hoofsaaklik ‘n Zoeloe-gesteunde party is, en by gebrek aan bewyse dat daar enige ander Swart volk is wat klem lê op etnisiteit, kan dit steeds as die heersende siening onder die meerderheid van die Swartes beskou word. Die meerderheid Swartes het geoordeel dat die Afrikaner aan die Swartes voorgeskryf het wat en waar hulle toekoms moet wees.

Die probleme wat Swartes met partisie as ‘n oplossing gehad het, was dat dit nie ‘n onderhandelde partisie was nie, maar ‘n voorskriftelike partisie. Dit het onder meer ingehou dat Swartes nie geken is in die hoeveelheid grondgebied wat aan elke volk toegeken sou word nie. Die basis waarop grond toegeken is, naamlik dat dit op ‘n historiese eis berus, is ook in twyfel getrek. Daar is dan ook geargumenteer dat daar

891 Sien in hierdie verband Degenaar “Nations and Nationalism: The Myth of a South African Nation” Occasional Papers IDASA 1987 op 14 waar hierdie stelling van die ANC tydens die beraad van die Organisasie van Afrika Eenheid (die OAE) aangehaal word. Hy verwys ook (op dieselfde bladsy) na die outoritêre implikasies van die Konstitusionele Riglyne van die ANC wat “incitement of ethnic and regional exclusiveness” wou verban en dat diegene wat rassisme en etnisiteit verkondig ook verban moes word. 450

hopeloos te min grond aan Swartes toegeken is en dat hulle, ooreenkomstig hulle getalle-oorwig, op veel meer geregtig was. ‘n Verdere beswaar was dat daar Swartes in Suid-Afrika was wat permanent in “Blank Suid-Afrika” gewoon het en geen bande meer met hierdie aangeduide Swart gebiede gehad het nie en gevolglik stemreg in “Blank” Suid-Afrika moes kry.

Uiteindelik het getalle waarskynlik, sonder dat enige eksterne rede in ag geneem word, die deurslaggewende rol in Suid-Afrika gespeel. Vir Blankes was hulle getalle- minderheid fataal. Daarbenewens het hulle getalle, hulle in die oë van die internasionale gemeenskap op veel minder geregtig gemaak as waarop aanspraak gemaak is. Daarbenewens moes Blankes, ten einde die land waarop hulle aanspraak gemaak het te bewerk, deurgaans van Swart arbeid gebruik maak. Dit was vir die internasionale gemeenskap onaanvaarbaar dat geen “permanensie” en geen politieke regte aan hierdie arbeiders gegee is nie. Die onthouding van politieke regte is deur die internasionale gemeenskap as die ontneming van die mees basiese reg van Swartes gesien.

10.10 SUID-AFRIKA NA 1994

Uit ‘n internasionale oogpunt beskou het die reg op selfbeskikking van die mense (“peoples”) van Suid-Afrika gevolglik in vervulling gegaan toe al die inwoners van die land wat stemgeregtig was in 1994 gestem het sonder diskriminasie op grond van ras. McCorqoudale wys egter daarop dat dit nie beteken het dat die reg op selfbeskikking in Suid-Afrika irrelevant geword het nie.892

Trouens, daar is reeds vanuit veral Afrikanergeledere voor en na die gemelde verkiesing gestel dat die Afrikaner sy reg op selfbeskikking sal opeis in ‘n nuwe Suid-Afrika. Dit sou op verskeie wyses kon geskied; een waarvan sesessie is. Soos deur verskeie skrywers en andere aangetoon, kan dit ook op ander wyses geskied.893

892 McCorquodale supra op 20.

893 McCorquodale supra op 21 en verder. Sien ook Suid-Afrikaanse Regskommissie Verslag oor Grondwetlike Modelle Vol 1 in die algemeen. 451

Alhoewel voorsiening gemaak word vir die indiwiduele regte van al die mense binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika deur middel van die Handves van Regte wat verskans is in die Grondwet, het die geskiedenis meermale aangetoon dat dit slegs beperkte beskerming (en somtyds geen beskerming nie) aan ‘n groep bied.894

894 McCorquodale supra op 26. Hy toon tereg aan dat indiwiduele regte dit nie vir die groep moontlik maak om ‘n politieke rigting in te slaan of om ‘n sosiale of kulturele identiteit van die groep te ontwikkel soos dit goeddink nie en dat slegs die reg op selfbeskikking dit kan doen. 452

Booysen895 beskou die reg op selfbeskikking as die kosbaarste en die enigste wat aan ‘n volk of etniese groep of kultuurminderheid sy reg op voortbestaan waarborg. Dit verseker volgens hom dat elke groep mense met voldoende samehorigheidselemente wat op volkskap dui, sy eie lotgevalle kan bepaal en oor sy toekoms kan beskik.896 Volgens hom is daar geen ander beleid as die beleid van selfbeskikking wat die Blankes se voortbestaan in Suid-Afrika kan verseker nie.897 Hy is van mening dat die gebrek aan ‘n positiewe beleid van selfbeskikking vir die Blankes die oorsaak was dat die Verenigde Nasies die beleid wat deur die regerings tussen 1948 en 1994 gevolg het, as ‘n beleid van oorheersing gesien het.898

10.11 DIE REG OP AFRIKANERSELFBESKIKKING: DIE TOEKOMS

Daar is reeds daarop gewys dat die aanspraak op selfbeskikking en nasionalisme meestal saamval. In Suid-Afrika het die belewing en oplewing van nasionalisme ook gepaard gegaan met die stryd en strewe van die Afrikaner om ‘n eie staat, dit wil sê

895 Booysen Die Aanslag teen die Selfbeskikking in die RSA HAUM 1981 op 37.

896 Booysen supra op 37.

897 Booysen supra op 42.

898 Booysen supra op 39. 453

volledige eksterne selfbeskikking. Gepaard daarmee was daar natuurlik ook sterk nasionalistiese bewegings onder die Swart volkere gewees.

Om die grootste vorm van selfbeskikking te beleef beteken dat ‘n volk soewereine onafhanklikheid binne ‘n eie staat (en dus geografiese gebied) moet hê. Die Afrikaner is geen uitsondering nie. Die opheldering en in sommige gevalle selfs aktiewe voortstuwing van die tradisioneel identifiseerbare kenmerke van Afrikaner-nasionalisme, is ‘n werklikheid wat op feitlik elke lewensterrein waargeneem kan word. Die beskerming van menseregte het nie noodwendig die Afrikaner se aansprake op selfbeskikking ondervang nie. Die verwesenliking van indiwiduele regte is die verwesenliking van enkelinge se aspirasies en dikwels ten koste van groepe se aspirasies.899

Die menseregte-leerstuk verteenwoordig ‘n humanisties-gefundeerde indiwidualisme, en staan in teenstelling met nasionalisme omdat nasionalisme vanuit die groep (volk of nasie) spruit, dit ‘n kollektiewe gedragspatroon vereis, en die indiwidu sy begeertes en ideale binne die groter groepsverband soek.

Die beskerming van taal-, kultuur-, en godsdienstige regte binne ‘n grondwetlik verskanste handves van menseregte kan beperkend inwerk op die Afrikaner se strewe na selfbetuiging. Dit is eenvoudig onmoontlik om aan meer as een groep binne dieselfde gebied selfbeskikking te gee.

Die Afrikaner se strewe na ‘n reg op selfbeskikking sal slegs in ‘n afsonderlike konsititusioneel-staatkundige bestel (en gevolglik in ‘n eie grondgebied) ten volle verwesenlik word. Sodanige sal óf deur sesessie (indien die Afrikaner homself kan afskei in ‘n gebied los van die res van Suid-Afrika), óf deur partisie (waar die buiteland moontlik intree) geskied. Die verwesenliking daarvan blyk op hierdie stadium nie haalbaar te wees nie.

899 Sien in hierdie verband onder andere Barrie “Group Rights: Legal Rights or mere Social Utilities?” Tydskrif vir Suid-Afrikaanse Reg Vol 4 1990 op 657-676; Strydom “Minority Rights Protection: Implementing International Standards” South African Journal on Human Rights Vol 14 Deel 3 1998 op 373-387 asook Shaw “The Definition of Minorities in International Law” Israel Yearbook of International Law 1990 op 13 en verder. 454

Binne die huidige geïntegreerde eenheidstaat is die (beperkte) verwesenliking van (interne) selfbeskikking slegs moontlik indien die regering meer simpatiek sal wees vir die aansprake van die Afrikaner op groter outonomiteit oor sake soos onderwys, kultuur, die herdenking van tradisioneel-Afrikaner feesdae, ensovoorts.

Die vraag is of daar wel in die toekoms enige vorm van interne of eksterne selfbeskikking in Suid-Afrika tereg sal kom. Meer in die besonder is die vraag of daar vir die Afrikaner selfbeskikking in die vorm van onderhandelde partisie of sesessie sal wees. Op hierdie stadium wil dit lyk of partisie nie moontlik is nie. Nie alleen is die meerderheid inwoners van Suid-Afrika gekant daarteen nie, maar is daar geen internasionale aandrang daartoe nie en is die internasionale siening van Suid-Afrika trouens een van demokrasie, vrede, respek vir menseregte, ‘n “reënboognasie” en versoening, nieteenstaande die feit dat die teendeel ook dikwels ervaar word.900

Partisie is en bly ‘n metode wat vanuit die houer van die politieke mag (die huidige regering), of deur die internasionale gemeenskap geïnisieer moet word. Partisie is gevolglik vir die huidige onhaalbaar.

Sesessie as ‘n vorm van eksterne selfbeskikking is eweneens vir die korttermyn ‘n onhaalbare opsie. Daar is tans geen gebied waar Afrikaners kan of wil afskei van die res van die staat nie. Daar is gevolglik tans geen aandrang vir sesessie nie. Daarbenenens word sesessie verbied deur die Grondwet. Artikel 235 van die Grondwet van die

900 Grondonteiening, die “nasionalisering” van waterbronne, mineraalonteining en die wettiging van plakkery is reeds ‘n voldonge feit. Rapport van 10 September 2000 het ‘n peiling van Markinor bevat wat aangetoon het dat slegs 17% van Blankes goeie vooruitsigte vir hulle kinders in Suid-Afrika gesien het; 9% van Blankes gedink het dat standaarde in Suid-Afrika na 1994 verbeter het en 16% van Blankes hulle geldelike posisie het verbeter. In Rapport van 8 Oktober 2000 is berig dat daar sedert 1991 4604 plaasaanvalle in Suid-Afrika was waartydens 897 moorde gepleeg was. In Beeld van 30 Junie 2001 is berig van die 54e plaasmoord in daardie provinsie in daardie jaar; dit wil sê vir ‘n tydperk van ses maande. Daarbenewens is talle Blankes van mening dat beide die uitslae van die 1994 en die 1999 verkiesings in omstredenheid gehul was. Sien ook Giliomee supra op 22 in hierdie verband. 455

Republiek van Suid-Afrika901maak dit duidelik dat daar van eksterne selfbeskikking geen sprake kan wees nie.902 Dit maak hoogstens voorsiening vir interne selfbeskikking waar die groep ‘n gemeenskaplike kulturele en taal afkoms kan aandui en welke vorm van interne selfbeskikking deur nasionale wetgewing bepaal sal word.

Dit is natuurlik so dat die wetgewing van ‘n staat nie noodwendig in die pad hoef te staan van sesessie nie. Daar is reeds aangedui dat die internasionale reg ‘n reg op sesessie sal erken indien sekere faktore aanwesig is, waaronder onderskeidende kultuur, taal, etniese afkoms, onderskeidende gebied, onderdrukking, die feit dat versoening onmoontlik blyk te wees, ensovoorts. Die Afrikaner voldoen aan meeste van hierdie vereistes vir eksterne selfbeskikking, maar die basiese vereiste ontbreek: ‘n onderskeidende gebied. Aanduidings is ook dat Afrikaners tot op datum ongeneë is om te verhuis na ‘n bepaalde gebied (soos byvoorbeeld Oranië in die Noord-Kaap) of dat ‘n reeds bestaande gebied (soos Oranië) enige aantrekkingskrag vir Blankes het, hetsy dit weens historiese redes onaantreklik is, hetsy dit as ekonomies nie-lewensvatbaar beskou word. Gevolglik is daar tans nie ‘n gebied wat as ‘n potensieel-partisionerende gebied beskou kan word nie.

901 Wet 108 van 1996. Sien voetnoot 877 supra vir die volledige bewoording van die artikel.

902 Sien byvoorbeeld Dugard supra op 96 wat stel dat gemelde artikel (artikel 235) voorsiening maak vir interne selfbeskikking en dat die woorde ”or in any other way” wat in gemelde artikel beliggaam is, van onsekere inhoud is. 456

Op die oomblik word die posisie in Suid-Afrika deur die meerderheid van die inwoners van Suid-Afrika en die internasionale gemeenskap gesien as dat die reg op selfbeskikking in vervulling gegaan het. Nie almal deel die siening dat die vooruitsigte vir vrede op die langtermyn rooskleurig lyk nie.903 Suid-Afrika is nie alleen een van die mees heterogene gemeenskappe in die wêreld nie, maar ook een van die diepste verdeelde gemeenskappe in die wêreld.904

903 Sien byvoorbeeld Lind “In Defense of Liberal Nationalism” supra op 97 wat reeds in 1994 gestel het dat dit ‘n mors van tyd kan wees om ‘n multi-etniese staat (soos Suid-Afrika) in stand te hou waar “a common national identity is lacking”. Op bladsy 99 van dieselfde artikel stel hy dan ook dat daar in die toekoms toenemende oortuigde sesessionistiese bewegings sal wees en dat daar in Suid-Afrika waarskynlik ook so ‘n beweging sal wees. Op bladsy 95 van gemelde artikel stel hy dit soos volg: “The evidence that democracy almost never works in societies that are highly divided along linguistic and cultural lines are overwhelmin g”.

904 Dat daar steeds geen sekerheid bestaan oor waarheen die “nuwe” Suid-Afrika op pad is nie en watter watter benadering gevolg moet word om die huidige (multi-etniese) Suid- Afrika op ‘n vredevolle weg te plaas, is duidelik. So het die redakteur van Rapport, Tim du Plessis, in die uitgawe van 18 Augustus 2002 onder die opskrif “Die Vloek van Zim lê op 457

die Horison” gestel dat vertroue gekweek en bestendig moet word in Suid-Afrika, welke nie deur ‘n wet geskep kan word nie. Hy is van mening dat Swart Suid-Afrikaners ‘n groter materiële belang in Suid-Afrika se welvaart en stabiliteit moet verkry; dit wil sê dat die “herverdeling van rykdom” steeds en in toenemender mate voortgesit moet word, want sou dit nie gebeur nie sal die “Zim-vloek” nie vrygespring word nie. 458

‘n Groot aantal Afrikaners905 sien selfbeskikking net vanuit een hoek: volkome soewereine onafhanklikheid van die Afrikaner in ‘n eie staat. Dit is ‘n draad wat dwarsdeur die geskiedenis van die Afrikaner loop. Selfbeskikking word as oppergesag oor ‘n gebied en oor die Afrikaner se eie beskou - enigiets minder word as ‘n negering van die reg op selfbeskikking gesien. Hierdie groep Afrikaners sien deelname aan die huidige bestel as ‘n afstanddoening van die reg op eksterne selfbeskikking.906

905 Die presiese aantal waarvan tans moeilik te bepaal is.

906 Sien byvoorbeeld die uitspraak van die Namibiese Hooggeregshof in die saak van Rehoboth Bastergemeente v The Government of the Republic of Namibia en andere wat op 14 Mei 1995 gelewer is en waarin bevind is dat aangesien die Baster-gemeenskap die nuwe Grondwet van Namibië aanvaar het, dit die beginsels daarin vervat onderskryf het en hulleself gebonde geag het aan die bepalings daarvan. Die hof het op appèl met goedkeuring na die uitspraak van regter Hannah verwys waar dit soos volg gestel is: “In 1976 the Baster Community, through its leaders, made a decision opting for Self-Government.... Then in 1989, the Community, through the political party to which its leaders were affiliated, subscribed to the Constitution of an independent Namibia... It wished to be part of the new unified nation which the Constitution created. This Constitution, to which the Community freely subscribed, transfered ... the property of the Government of Rehoboth to the newly constituted Government of Namibia. That they did so [to subscribe to the new Constitution] was a result of decisions freely taken by its leaders on its behalf, decisions which, at the time, were regarded as advantageous... [T]he Community’s leaders ... now see matters in a different light. They regret the decisions that were made. But it is not for this Court to attempt to change history even if it wished to do so”. 459

‘n Aanspraak op selfbeskikking vir die Afrikaner wat internasionaal erken sal word, sal waarskynlik, soos Cassese dit stel (in die algemeen), as geregverdig beskou word in die volgende omstandighede: A racial or religious group may attempt secession, a form of external self-determination, when it is apparant that internal self-determination is absolutely beyond reach. Extreme and unremitting persecution and the lack of any reasonable prospect for peaceful challenge may make secession legitimate. A racial or religious group may secede - thus exercising the most radical form of self-determination - once it is clear that all attempts to achieve internal self-determination have failed or are destined to fail.907

907 Cassese supra op 120. 460

Vir solank die territoriale integriteit van state en derhalwe die Suid-Afrikaanse staat as onskendbaar beskou word in die Internasionale Reg, sal daar waarskynlik nie maklik sprake kan wees van sesessie nie. Wat ook waar is, is dat, soos aangetoon in die Mangope-saak908 “revolutionary success begets its own legality”.909 Die reg en gevolglik ook die Internasionale Reg het heel dikwels, soos die gebeure in die voormalige USSR en Joegoeslawië aantoon, geen ander keuse as om ex post facto kennis te neem van ‘n de facto situasie en dit boonop de iure te erken nie. Dit sal derhalwe ook moontlik, indien dit wel in Suid-Afrika realiseer, erkenning verleen aan ‘n situasie wat kennelik onstaan as gevolg van die ontkenning van die interne selfbeskikking van die Afrikaner.

As die Internasionale Reg die verwesenliking van selfbeskikking as: an essential condition for the effective guarantee and observance of individual human rights910 sien, behoort die flagrante skending van hierdie indiwiduele regte, indien daar enige konsekwentheid is in internasionale optrede, internasionale regslui en organisasies te noop om nie alleen sodanige skendings te veroordeel nie, maar ook om inderdaad op te tree, soos wat daar byvoorbeeld in Kosowo, Irak en Bosnië-Herzegovinië opgetree is.

Dikwels word baie klem gelê op die vraag of die Afrikaner inderdaad ‘n afsonderlike entiteit daarstel wat geregtig is op selfbeskikking.911 Daar is egter talle objektiewe

908 Mangope v Van der Walt and Another NNO 1994 3 SA 850 (B).

909 Mangope v Van der Walt and Another supra op 866.

910 Sien Shaw “Peoples, Territorialism and Boundaries” European Journal of International Law Vol 8 No 3 1997 op 484. Sien ook Hannum “The Specter of Secession: Responding to the Claims of Self-Determination” Foreign Affairs Vol 77 No 2 Maart/April 1998 op 16 wat stel dat sesessie deur die internasionale gemeenskap gesteun moet word waar daar “massive, discriminatory human rights violations, approaching the scale of genocide” aan die orde van die dag is, of indien “reasonable demands for local self-government or minority rights have been arbitrarily rejected by a central government - even without accompanying large- scale violence”.

911 Sien Brilmayer “Secession and Self-Determination: A Territorial Interpretation” Yale Journal of International Law Vol 16 1991 op 198 wat stel dat: “A definition of peoples that places too much weight on subjective beliefs about national distinctiveness is unhelpful because the voters’ problem is precisely that they are attempting to determine whether or not to believe they have a right to secede”. 461

karaktertrekke wat die Afrikaner geregtig maak op selfbeskikking, hetsy dit in interne of eksterne vorm sal wees. Dit is so dat daar nog selde in die Afrikaner se geskiedenis eenstemmigheid was oor die lotsbestemming van die Afrikaner. Gevolglik sal daar waarskynlik slegs ‘n gedeelte van die Afrikanervolk wees wat wel, indien enigsins, uiteindelik sesessie sal nastreef. 462

HOOFSTUK 11

UITBREIDING VAN DIE BEGRIP SELFBESKIKKING

11.1 INLEIDING

Sedert die aanvaarding van die Deklarasie op Vriendelike Verhoudinge van 1970, is daar nie ‘n verdrag of besluit deur die Verenigde Nasies aanvaar wat die begrip selfbeskikking verder uitgebrei het nie. Wat daar wel is, is die Helsinki Deklarasie wat in 1975 aanvaar is en wel deur die Konferensie vir Sekuriteit en Samewerking in Europa (die CSCE) asook die Deklarasie wat in 1976 aanvaar is in Algiers deur ‘n privaat groep van politici, vakbondleiers, verteenwoordigers van bevrydingsbewegings en intellektuele van verskeie lande. Eersgemelde is op tydstip van aanvaarding, onderskryf deur 35 state en het sterk politieke krag en morele gewig aangesien hierdie state onderneem het om hulle daarby te hou.912

11.2 DIE “HELSINKI FINAL ACT”

Dit is natuurlik so dat kolonialisme en buitelandse okkupasie feitlik nie aanwesig was in Europa nie. Gevolglik kan geargumenteer word dat

912 Sien hieroor veral Cassese supra op 277-312. Sien ook in die algemeen Nirmal The Right to Self-Determination in International Law Deep & Deep Publications 1999 op 118- 130. 463 eksterne selfbeskikking in ‘n groot mate gerealiseer is in Europa. Dat selfbeskikking in Europa sedert veral 1990 baie aandag geniet het, is nie moelik om aan te toon nie. Die gebeure in veral Joegoeslawië en in die voormalige USSR is aanduidend daarvan. Daarbenewens is daar steeds die probleem ten opsigte van Noord-Ierland, en die probleme van etniese, nasionale en linguïstiese minderhede in talle Europese state. Ten opsigte van hierdie 464 minderhede is daar beslis die probleem van interne selfbeskikking, terwyl die aspek van eksterne selfbeskikking waarskynlik nie vir altyd uitgesluit sal bly nie. Daar is dan ook in 1973 reeds op voorstel van Duitsland besluit dat ‘n bepaling ten opsigte van selfbeskikking in die Helsinki Deklarasie gevoeg moes word. Duitsland het bepaald die hereniging van die Wes- en Oos- Duitsland in gedagte gehad toe hierdie voorstel ter tafel geneem is. Dit is interessant dat die voorstel van 465

Joegoeslawië op daardie stadium baie steun verkry het. Hierdie voorstel het die volgende bewoording gehad: The participating States reaffirm the universal significance of the principle of equal rights and self-determination by peoples for the promotion of friendly relations and co- operation between States in Europe and the world as a whole and for the eradication of any form of subjugation or of subordination contrary to the will of the peoples concerned. They will observe the right of every people freely to determine its political status and to pursue, independently and without external interference, its political, economic, social and cultural development. They will refrain from any forcible or other action denying the equal rights or the right of self-determination of any people.913

Hierdie voorstel het beide voorsiening gemaak vir interne sowel as eksterne selfbeskikking. Dit het ook die algemeenheid van die beginsel benadruk en het ook melding daarvan gemaak dat daar nie buitelandse inmenging moet wees nie. Dit het verder voorsiening gemaak vir die uitskakeling van enige vorm van onderdrukking of onderwerping, wat teen die wil van die mense betrokke, is.

Nederland het ook ‘n voorstel ter tafel gedien wat soos volg gelui het: Each participating State will act in its relations with any other participating State in conformity with the principle of equal rights and self-determination of peoples laid down in the United Nations Charter. The participating States recognize the inalienable right of the people of every State freely to choose, to develop, to adopt or to change its political, economic, social and cultural systems without interference in any form by any other State or group of States and with due respect to human rights and fundamental freedoms.914

913 Doc CSCE/I/PV 3 op 26.

914 Doc CSCE/II/A/8. 466

Hierdie voorstel van Nederland het daarvoor voorsiening gemaak dat ‘n staat die reg het om sy interne bestel te wysig. Verder is dit benadruk dat die reg op selfbeskikking ‘n permanente en voortdurende reg is.

Daar was ook protesstemme veral omdat gevoel is dat die separatistiese aspirasies van bewegings deur ‘n verklaring ten opsigte van selfbeskikking aangewakker kon word. Daar het derhalwe ‘n algemene konsensus ontstaan: Nasionale minderhede sou uitgesluit wees van die strekking van die begrip selfbeskikking en was slegs die geheel van ‘n bevolking van ‘n soewereine staat beskou as die houer van hierdie reg.915

Die finale bewoording van beginsel 8 van die Helsinki Dekaloog lui soos volg: The participating States will respect the equal rights of peoples and their right to self- determination, acting all times in conformity with the purposes and principles of the Charter of the United Nations and with the relevant norms of international law, including those relating to the territorial integrity of States. By virtue of the principle of equal rights and self-determination of peoples, all peoples always have the right, in full freedom, to determine, when and as they wish, their internal and external political status, without external interference and to pursue as they wish their political, economic, social and cultural development. The participating States reaffirm the universal significance of respect for and effective exercise of equal rights and self-determination of peoples for the development of friendly relations among themselves as among all States; they also recall the importance of the elimination of any form of violation of this principle.916

Ten opsigte van hierdie bewoording kan die volgende algemene opmerkings gemaak word: 1. Dit verwys na die beginsel van selfbeskikking na alle mense (“peoples”) ongeag of hulle in ‘n soewereine en onafhanklike staat bly, of nie. 2. Dit is ‘n voortdurende reg met ‘n breë aanwendingsveld. 3. Dit verwys duidelik ook na gevalle waar diskriminasie op ander gronde as

915 Sien Cassese supra op 283.

916 Sien Cassese supra op 284-285. 467

net op grond van ras en geloof plaasvind. 4. Dit verwys na soewereine state (en nie na state buite die konteks van dié wat deelgeneem het aan hierdie bespreking en partye was tot hierdie Deklarasie nie). 5. Die woorde “in full freedom” is ook aanduidend van die feit dat die reg vrylik en onbelemmerd uitgeoefen moet word en dat daar geen inmenging van waar ookal moet wees nie. Dit dui ook daarop dat daar nie sprake kan wees van sodanige reg waar daar outoritêre regerings is nie.

Dit is uit voorgaande duidelik dat die Helsinki Deklarasie ‘n poging was om die aanwendingsveld van selfbeskikking uit te brei. Die reg op eksterne selfbeskikking tot elke lid van hierdie Deklarasie is hiermee bevestig. Die reg op sesessie is egter nie erken nie. Wat wel hieruit afgelei kan word, is dat elke staat wat lid is van hierdie Deklarasie geregtig is om sy internasionale status te verander indien dit die vrye en uitgesproke wil is van die “peoples” van sodanige staat. So kan so ‘n staat homself laat inlyf by ‘n ander staat en selfs onderverdeel word in twee onafhanklike soewereine entiteite solank die “peoples” van die staat maar net daarin geken is.917

Alhoewel geargumenteer kan word dat die vereniging van Duitsland ten doel gestel was met hierdie Deklarasie, is dit ook so dat dit net so van toepassing kan wees op enige ander staat wat ‘n ondertekenaar was van hierdie Deklarasie.

Wat vermeld moet word is dat Beginsel VIII die tradisionele siening in verband met selfbeskikking bevestig synde dit in die eerste plek stel dat (die uitoefening van) selfbeskikking nie die territoriale integriteit van state moet aantas nie. Gevolglik beklemtoon dit die klousule in die Verenigde Nasies se Deklarasie op Vriendelike Verhoudinge in hierdie verband. Daarbenewens is die woord “peoples” deur middel van die bespreking wat gevolg het voordat die bewoording van die Helsinki Deklarasie aanvaar is, uitsluitlik beperk tot die geheel van die bevolking van ‘n staat. Daar is derhalwe nie voorsiening gemaak vir minderhede nie, alhoewel dit nie in soveel woorde

917 Sien Cassese supra op 287. 468

neerslag gevind het in die bewoording van die Helsinki Deklarasie en veral Beginsel VIII nie. Laastens is dit so dat die Deklarasie selfbeskikking as belangrik beskou om vriendelike verhoudinge tussen state te bevorder. In hierdie verband is daar weereens gevolg gegee aan die siening wat die Verenigde Nasies ook in hierdie verband gehandhaaf het.

Alhoewel daar geargumenteer kan word dat die Helsinki Deklarasie nie in stryd is met die handves van die Verenigde Nasies nie, het die Deklarasie wel die begrip selfbeskikking beklemtoon synde die siening wat gehandhaaf is voor hierdie gebeurtenis, een was waar selfbeskikking slegs as relevant beskou is in gevalle van kolonialisme, buitelandse okkupasie of waar ‘n regering wat ‘n deel van sy inwoners op grond van rassegronde uitgesluit het, en dit die beginsel ingeperk het.

Die Helsinki Deklarasie kan verskeie uitwerkings hê. Een daarvan is dat, alhoewel state wat in stryd met hierdie Deklarasie optree, nie veroordeel kan word as sou ‘n internasionale misdryf of onregmatige daad gepleeg word nie, hierdie state tog minstens polities verantwoordelik bly om hulle by die bepalings van die Deklarasie te hou. Tweedens kan state hulle nie daarop beroep dat die bepalings daarin nie nagekom (hoef te) word nie en kan hulle gevolglik ook nie stel dat hulle uitgesluit is van die geldigheid van die Deklarasie nie.918 Gevolglik indien selfbeskikking in ‘n staat die burgers daarvan ontneem word, sal ander state hulle nie net op die Verenigde Nasies se besluite en norme en internasionale verdrae kan beroep nie, maar ook op die Helsinki Deklarasie. Laastens kan dit ook tot gevolg hê dat daar verdere ontwikkeling kom wat betref die begrip selfbeskikking en die aanwending daarvan in state.

11.3 CONCLUDING DOCUMENT OF THE VIENNA MEETING OF THE CSCE

In 1989 is die Helsinki Deklarasie ten opsigte van selfbeskikking omtrent woordeliks oorgeneem in die Concluding Document of the Vienna Meeting of the CSCE. Twee variasies is egter beklemtoon, naamlik:

918 Cassese supra op 291. 469

1. Die belang van selfbeskikking vir die ontwikkeling van vriendelike verhoudinge tussen state is nie weer genoem nie, en 2. Die beginsel van territoriale integriteit is verder beklemtoon.919

Laasgemelde het uiteraard tot gevolg gehad dat kommentators gestel het dat dit ten koste gedoen is van die beginsel van selfbeskikking. Beginsel IV van hierdie Concluding Document het wat betref selfbeskikking, dit soos volg gestel:

919 Cassese supra op 292-296. 470

(The participating States) also confirm that, by virtue of the principle of equal rights and self-determination of peoples and in conformity with the relevant provisions of the Final Act, all peoples always have the right, in full freedom, to determine, when and as they wish, their internal and external political status, without external interference and to pursue as they wish their political, economic, social and cultural development.920

In 1990 is die Charter of Paris for a New Europe aanvaar deur die hoofde van state en regerings van die deelnemende state tot die CSCE. In hierdie Handves is ten opsigte van selfbeskikking soos volg verklaar: We reaffirm the equal rights of peoples and their right to self-determination in conformity with the Charter of the United Nations and with the relevant norms of international law, including those relating to the territorial integrity of States.921

Dit is duidelik dat state, weens onrus wat in daardie tydperk ervaar is, besondere klem gelê het op die territoriale integriteit van state. Dit is te betwyfel of dit die gewenste uitwerking gehad het, gesien in die lig van byvoorbeeld die verbrokkeling van beide die USSR en Joegoeslawië kort daarna. Dit mag wees dat die CSCE waarskynlik in die toekoms meer klem sal lê op minderheidsregte en minder op selfbeskikking, aangesien daar juis vrese is dat sesessionistiese strewes aangewakker word indien daar meer klem gelê word op selfbeskikking.922

Daar kan dus met reg gestel word dat die begrip selfbeskikking sy eie momentum opgebou het en dat deklarasies wat klem gelê het op die territoriale integriteit van state, nie kon verhoed dat state wel ontstaan het nie en dit in stryd met die beginsel van

920 Sien in hierdie verband Cassese supra op 292.

921 Soos aangehaal in Cassese supra op 293.

922 Cassese supra op 293. 471 territoriale integriteit.

Dat daar wel baie aandag gegee is aan die regte van minderheidsgroepe blyk uit die feit dat daar voorsiening gemaak is daarvoor in die Handves van Parys van 1990, die bepalings van die Helsinki Summit Declaration van 10 Julie 1992 asook as gevolg van die feit dat daar ‘n spesiale CSCE High Commission on National Minorities ingestel is.923

So maak die Handves van Parys van 1990 soos volg voorsiening vir die regte van minderhede: We (the participating States) affirm that the ethnic, cultural, linguistic and religious identity of national minorities will be protected and that persons belonging to national minorities have the right freely to express, preserve and develop that identity without any discrimination and in full equality before the law.... Determined to foster the rich contribution of national minorities to the life of our societies, we undertake further to improve their situation. We reaffirm our deep conviction that friendly relations among our peoples, as well as peace, justice, stability and democracy, require that the ethnic, cultural, linguistic and religious identity of national minorities be protected and conditions for the promotion of that identity be created. We declare that questions related to national minorities can only be satisfactorily resolved in a democratic political framework. We further acknowledge that the rights of persons belonging to national minorities must be fully respected as part of universal human rights.924

923 Sien in hierdie verband International Legal Materials Vol 30 1991 op 220-222 en ook 214- 215 asook International Legal Materials Vol 31 1992 op 1411.

924 International Legal Materials Vol 30 1991 op 199. 472

In dieselfde trant gaan die Helsinki Summit Declaration voort deur dit soos volg te stel: The participating States ... (24) will intensify ... their efforts to ensure the free exercise by persons belonging to national minorities, individually or in community with others, of their human rights and fundamental freedoms, including the right to participate fully, in accordance with the democratic decision-making and consultative bodies at the national, regional and local level, inter alia, through political parties and associations; (25) will continue through unilateral, bilateral and multilateral efforts to explore further avenues for more effective implementation of their relevant CSCE commitments, including those related to the protection and the creation of conditions for the promotion of the ethnic, cultural, linguistic and religious identity of national minorities; (26) will address national minority issues in a constructive manner, by peaceful means and through dialogue among all parties concerned on the basis of CSCE principles and commitments; (27) will refrain from resettling and condemn all attemps, by the threat or use of force, to resettle persons with the aim of changing the ethnic composition of areas within their territory.925

Dit is duidelik dat die state gesien het dat, tensy behoorlike beskerming aan minderhede binne state gegee word, die proses van sesessie wat in die vroeë 1990's begin is nie gestop sou word nie.

Tyd sal leer of hierdie voorsiening wel die gewenste uitwerking sal hê.

11.4 DIE ALGIERS DEKLARASIE

In 1976 is die Algiers Declaration on the Rights of Peoples aanvaar deur ‘n groep indiwidue wat insluit akademici, politici, vakbondleiers en verteenwoordigers van nasionale bevrydingsbewegings. Dit kan as ‘n akademiese oefening beskou word, maar is dit tog aanduidend van die denke en neigings wat te bespeur is ten opsigte van die beginsel van selfbeskikking (in baie kringe).926

925 International Legal Materials Vol 31 1992 op 1411.

926 Sien veral Brownlie “The Rights of Peoples in Modern International Law” in Crawford (red) The Rights of Peoples Oxford 1988 op 11-13. 473

So maak Artikel 7 van die Deklarasie soos volg voorsiening vir selfbeskikking: Every people has the right to have a democratic government representing all citizens without distinction of race, sex, belief or colour, and capable of ensuring effective respect for the human rights and fundamental freedoms of all.927

Die verhouding tussen die regte van die indiwidue en selfbeskikking is deur hierdie artikel uitgespel. Hierdie artikel wil dit gevolglik hê dat selfbeskikking die basiese voorvereiste is vir die uitoefening van die regte van indiwidue en wanneer die regte van indiwidue aangetas word, is daar ipso facto ook ‘n skending van die reg op selfbeskikking.928

927 Soos aangehaal in Cassese supra op 297.

928 Cassese supra op 298-300. Sien ook in die algemeen Franck “The Emerging Right to Democratic Governance” American Journal of International Law Vol 86 1992 op 46-91 waarin die skrywer die mening toegedaan is dat selfbeskikking die historiese grondslag is van demokrasie. 474

Ten opsigte van die regte van minderhede word gestel dat hierdie regte ten volle uitgeoefen moet word en in volle erkenning van die regmatige belange van die gemeenskap as ‘n geheel en dat dit nie sodanig gedoen kan word dat dit die territoriale integriteit en politieke eenheid van die staat aantas nie, op voorwaarde dat ‘n staat in ooreenstemming optree met die beginsels wat uiteengesit is in hierdie Deklarasie.929

Die bedoeling van die bewoording van hierdie artikel stel duidelik ‘n regverdiging vir sesessie daar waar die indiwiduele regte en die regte van minderhede misken word in ‘n staat.930 Die Deklarasie maak dit ook duidelik dat selfbeskikking nie bestaan as gevolg van die vriendelike verhoudinge tussen state nie, maar meer dikwels as gevolg van spanning en krisisse wat binne state ervaar word.

Die Deklarasie gaan sover as om die gebruik van geweld te regverdig indien fundamentele regte nie aan die al die burgers van die staat gegun word nie en gee aan bevrydingsbewegings toegang tot internasionale organisasies. Hierdie Deklarasie verskil dus van die Helsinki Deklarasie deurdat sesessie ingevolge hierdie Deklarasie toelaatbaar is en dat dit ook geweld regverdig in sekere omstandighede.

11.5 GEVOLGTREKKING

Die Helsinki Deklarasie en tot ‘n mindere mate ook die Algiers Deklarasie gee groter erkenning aan die reg op interne selfbeskikking.

Daar kan met ‘n reg gestel word dat die beginsel van selfbeskikking vir baie bloot beteken het dat onafhanklikheid verkry moes word en dat regerings of regeringshoofde dan gewoon ‘n blanko tjek gehad het om te maak wat hulle wil binne so ‘n staat.

929 Cassese supra op 298-300.

930 Sien Cassese supra op 299. 475

In hierdie verband het die verteenwoordigers van die Verenigde Koninkryk by die Derde Komitee van die Verenigde Vergadering dit soos volg gestel in 1984: Self-determination is not a one-off exercise. It cannot be achieved for any people by one revolution or one election. It is a continuous process. It requires that peoples be given continuing opportunities to choose their governments and social systems, and to change them when they so choose. This in turn requires that they should be enabled to exercise other rights set out in the Covenants (on Human Rights, of 1966), such as the rights to freedom of thought and expression; the right of peaceful assembly and freedom of association; the right to take part in the conduct of public affairs, either directly or through freely chosen representatives; and the right to vote and be elected at genuine periodic elections. Many peoples today are deprived of the right of self-determination, by elites of their own countrymen and women: through the concentration of power in a particular political party, in a particular ethnic or religious group, or in a certain social class. These oligarchies maintain their dictatorship by imposing their own ideologies on the country as a whole; by refusing to seek a genuine popular mandate from their people; and by denying their peoples the opportunity to practise and profess different beliefs. Such systems are generally characterised by oppression and inequality, and sometimes by more violent abuses such as torture, summary executions and disappearances. My delegation considers that all peoples are entitled to expect the United Nations to protect their right of self-determination, from abuse by their own countrymen as well as outsiders.931

Reeds in 1972 het die afgevaardigde van die VSA by die Verenigde Nasies se Derde Komitee van die Algemene Vergadering gestel dat:

931 Sien British Yearbook of International Law 1984 op 432. 476

[T]he right of self-determination and independence cannot be limited to one particular area of the world but must be universal. We view self-determination as a continual process whereby peoples may decide, in light of existing conditions, the manner in which they seek to exercise this right. Independence is only one of the several alternatives from which peoples may choose. In some cases, through mutual consent, a decision may be taken by a group to establish relationships with existing States, for example through voluntary incorporation in another State or a special relationship such as commonwealth status. Freedom of choice is indispensable to the exercise of the right of self-determination. For this freedom of choice to be meaningful, there must be corresponding freedom of thought, conscience, expression, movement and association. Self-determination entails legitimate, lively dissent and testing at the ballot box with frequent regularity.932

Dit is interessant dat sedert die vroeë 1980's sommige Westerse state telkens probeer het om die beginsel van selfbeskikking soos vervat in Artikel I van beide die1966-Verdrae, aanwending te laat vind, ten spyte van die feit dat hierdie verdrae nog nie geratifiseer was nie. Dit is onder andere gedoen deur Nederland, Duitsland, Oostenryk en Griekeland. In 1988 het die afgevaardigde van die Federale Republiek van Duitsland by die Derde Komitee van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies dit soos volg gestel: The right to self-determination had far broader connotations than simply freedom from colonial rule and foreign domination. Article 1 of both the International Covenant on Civil and Political Rights and the International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights defined the right to self-determination as the right of all peoples freely to determine their political status and freely to pursue their economic, social and cultural development. The question as to how peoples could freely determine their status and development was answered in Article 25 of the International Covenant on Civil and Political Rights. The rights to self-determination was indivisible from the right of the individual to take part in the conduct of public affairs, as was very clearly stated in Article 21 of the Universal Declaration of Human Rights. The exercise of the right to self- determination required the democratic process which, in turn, inseparable from the full exercise of such human rights as the right of freedom of thought,

932 Soos gerapporteer in US Digest 1974 op 48. Sien ook Cassese supra op 303. 477

conscience and religion; the right of reedom of expression; the right of peaceful assembly and of association; the right to take part in cultural life; the right to liberty and security of person; and the right to move freely in one’s country and to leave any country including one’s own as well as to return to one’s country. It was a sad fact that the genuine democratic process, which was the essential prerequisite for the exercise of the right to self-determination, had been undermined, perverted and even openly abolished time and again in many parts of the world and in the name of various totalitarian ideologies.

‘n Verdere belangrike ontwikkeling is die aanvaarding op 25 Junie 1993 deur 160 lidstate van die Verenigde Nasies van die Vienna Declaration on Human Rights. Die woorde vervat in hierdie Deklarasie verskil van dié wat gebruik is in die die bewoording in die Verenigde Nasies se Deklarasie op Vriendelike Verhoudinge van 1970. In laasgemelde is slegs gestel het dat daar nie onderskeid mag plaasvind op grond van “race, creed or colour”. In die Vienna Declaration on Human Rights word die woorde gebruik: representing the whole people..... without the distinction of any kind.933

933 Die volle bewoording lui soos volg: “All peoples have the right to self-determination. By virtue of that right they freely determine their political status, and freely pursue their economic, social and cultural development. Taking into account the particular situation of peoples under colonial or other forms of alien domination of foreign occupation, the World Conference on Human Rights recognizes the right of peoples to take any legitimate action, in accordance with the Charter of the United Nations, ro realize 478

Dit het vir die eerste keer beteken dat daar geen diskriminasie op grond van enige grond mag plaasvind nie en het gevolglik ‘n volle verteenwoordigende demokrasie beteken. Daar kan derhalwe gestel word dat daar ‘n reël is wat besig is om te ontwikkel in die Internasionale Reg in hierdie verband.

their inalienable right of self-determination. The World Conference on Human Rights considers the denial of the right of self-determination as a violation of human rights and underlines the importance of the effective realization of this right. In accordance with the Declaration on Principles of International Law concerning Friendly Relations and Cooperation Among States in accordance with the Charter of the United Nations, this shall not be construed as authorizing or encouraging any action which would dismember or impair, totally or in part, the territorial integrity or political unity of sovereign and independent States conducting themselves in compliance with the principle of equal rights and self- determination of peoples and thus possessed of a Government representing the whole people belonging to the territory without distinction of any kind”. 479

Dat daar baie Derde Wêreldstate is wat steeds nie optree in ooreenstemming hiermee nie, is duidelik. In baie van hierdie hierdie state is steeds geen demokrasie merkbaar nie, alternatiewelik het verkiesings in so ‘n chaos ontaard, dat daar nie sprake kan wees dat aan die vrye en uitgesproke wil van die kiesers uiting gegee is nie. Die Verenigde Nasies het gepoog om deur verskeie resolusies state sover te kry om aan die beginsel van demokrasie (wat tot uiting moet kom deur die beginsel van selfbeskikking) te laat inhoud (en regskrag) te gee.934 Dit is egter so dat state se optredes nie in ooreenstemming was met die resolusies wat in die Verenigde Nasies aanvaar is nie. Gevolglik bly hierdie resolusies steeds riglyne vir sover dit nie deur state in die praktyk toegepas is nie.

Hier kan ook melding gemaak word van die African Charter on Human and Peoples Rights. Dit bevat ook ‘n klousule oor selfbeskikking.935 Die bewoording daarvan is egter vaag en verwys dit hoegenaamd nie na demokratiese regering nie.

Daar is gevalle waar state dikwels in een geval op ‘n wyse optree wat beskou kan word as in ooreenstemming met die beginsel van selfbeskikking, terwyl hierdie state, wanneer dit hulle nie pas nie, in stryd daarmee optree. Derhalwe kan daar hoogstens gepraat word van die ontwikkeling van die begrip selfbeskikking wat deur sommige state volledig en volkome ondersteun word terwyl ‘n ander groep state nog nie hierdie houding openbaar het nie. Franck is egter van mening dat demokrasie besig is om ‘n “global legal entitlement” te word wat gebaseer is op gewoontereg eendersyds en andersyds op die interpretasie van verdrae. Volgens hom het dit te doen met die norme wat daargestel is ten opsigte van selfbeskikking en ook die regte op vryheid van uitdrukking en die regte op vrye en regverdige verkiesings.936

934 Sien byvoorbeeld Resolusie 43/157 van 8 Desember 1988 van die Algemene Vergadering, sowel as Resolusie 45/150 van 21 Februarie 1991 wat handel oor vrye en regverdige en gereelde verkiesings.

935 Artikel 20 daarvan stel dat alle “peoples” die reg het om te bestaan sowel as die “unquestionable and alienable right to self-determination”. Sien in hierdie verband Umozorike “The African Charter on Human and Peoples’ Rights” American Journal of International Law Vol 77 1983 op 903-904.

936 Sien Franck “The Emerging Right to Democratic Governance” American Journal of 480

International Law Vol 86 1992 op 46 en verder. 481

Ter opsomming kan gestel word dat ‘n nuwe algemene beginsel ten opsigte van interne selfbeskikking besig is om te ontwikkel in die Internasionale Reg. Volgens hierdie norm is die totale “peoples” van elke staat geregtig om vrylik die regeerders te kies deur middel van ‘n demokratiese en pluralistiese proses en in die besonder deur middel van vrye en regverdige verkiesings.937 Hierdie reg sal dan ook ‘n voortdurende reg wees en permanent van aard wees. Dit is egter nodig dat sodanige reg ondersteun sal word deur ‘n meganisme wat internasionaal daargestel word en wat sal toesien dat dit ‘n verpligting erga omnes is. Indien sodanige oorhoofse liggaam of meganisme nie daargestel word nie, sal die reg tot (behoorlike en volledige uitoefening van interne) selfbeskikking slegs ‘n pypdroom bly.

937 Sien Cassese supra op 311. 482

HOOFTUK 12

GEVOLGTREKKING

12.1 INLEIDING

Selfbeskikking is ‘n dinamiese begrip in die Internasionale Reg. Daarom sal dit voorbarig wees om tot finale gevolgtrekkings oor die betekenis van die begrip te kom. Dit is ook ‘n konsep wat steeds ewolusionêr ontwikkel. Praktiese realiteite gee dikwels inhoud aan die begrip; iets wat heel dikwels nie om konferensietafels voorsien word nie. Dit is in die laaste plek ook ‘n spekulatiewe onderwerp. Daarom is dit nie moontlik om aan te dui wat die toekoms vir die begrip inhou nie.

Nogtans kan sekere gevolgtrekkings gemaak word uit die ontwikkeling van selfbeskikking soos wat dit tans in die moderne Internasionale Reg van toepassing is.

Dit is duidelik uit die gevallestudie van verskeie state asook uit dit wat andersins in hierdie studie bespreek is, dat selfbeskikking een van die basiese fondamente van die tradisionele internasionale gemeenskap tot ‘n groot mate aangetas het, naamlik die beginsel van territoriale integriteit (en gevolglik ook die soewereniteit van state). Selfbeskikking het ook die multi-nasionale ryke ‘n gevoelige slag toegedien deurdat hierdie multi-nasionale ryke as gevolg van nasionalistiese bewegings verkrummel het. Selfbeskikking het ook die einde van koloniale oorheersing beteken wat ‘n herverdeling van mag in die internasionale gemeenskap tot gevolg gehad het, aangesien die mag oor state nie meer in enkele state gesetel was nie, maar na onafhanklikheid van byvoorbeeld verskeie Afrikastate, in meerdere state.

Selfbeskikking het deur verskeie fases beweeg. Dit het eerstens gedien as ‘n kriteria by territoriale veranderinge van soewereine state. So het die bevolkings van state die reg verkry om aan te dui tot welke staat hulle wil behoort, hetsy dit deur middel van ‘n verkiesing of hetsy dit deur middel van ‘n referendum was. Tweedens het selfbeskikking gedien as ‘n demokratiese beginsel wat gebaseer was op die instemming en 483 toestemming van die inwoners van ‘n soewereine staat deur wie hulle regeer wou word. Die mense het dus deur middel van die begrip selfbeskikking die reg gekry om vrylik hulle regeerders aan te wys. Selfbeskikking het in die derde plek ook as anti-koloniale beginsel gedien deurdat dit die koloniale ryke tot verantwoording geroep het en deur middel van die dekolonisasieproses tot gevolg gehad het dat verskeie soewereine state ontwikkel het. Selfbeskikking het vierdens as ‘n beginsel van vryheid vir “nasies”, etniese, kulturele of religieuse groepe wat minderhede in soewereine state is, gedien, synde hierdie groepe daarop aangedring het dat hulle sonder diskriminasie aan die regering kon deelneem en hul afsonderlike kultuur kon uitleef. Laastens en meer onlangs het selfbeskikking ’n bepalende rol daarin gespeel dat daar ‘n basiese verbod is op die okkupasie van (of die inval in) gebiede deur ‘n buitelandse mag.

Dat die beginsel van die soewereiniteit van state ‘n hindernis was vir die volle implimentering van selfbeskikking, is gewis so. Dit het dan ook tot gevolg gehad dat selfbeskikking somtyds selektief aangewend was en in baie gevalle uiters beperk toegepas was. Dit was ook so omdat state huiwerig was om selfbeskikking ‘n internasionale regsbeginsel te laat word. Daarom is minderhede of groepe nie die reg tot eksterne selfbeskikking gegee nie, maar wel tot interne selfbeskikking. Dit is gedoen omdat state dikwels self probleme ondervind het met minderhede in eie geledere en was die gevaar van sesessie in verskeie state teenwoordig.

Daarbenewens is dit so dat die bestaan van talle outoritêre en despotiese regerings in die wêreldgemeenskap ‘n rede was dat daar nie ‘n gewoontereg rondom selfbeskikking in die Internasionale Reg ontwikkel het nie. Alhoewel selfbeskikking in 1966 in twee Konvensies van die Verenigde Nasies uitgestippel is, het dit hoogstens die status van verdragsreg verkry wat ‘n beperkter aanwending het as gewoontereg.

Selfbeskikking het gevolglik in slegs drie areas as gewoontereg ontwikkel, naamlik ten opsigte van dekolonisasie, die verbanning van buitelandse militêre okkupasie en as ‘n standaard wat vereis dat alle etniese (minderheids) groepe volledige toegang tot regerings behoort te hê. So gesien het selfbeskikking tot ‘n algemene beginsel van die Internasionale Reg ontwikkel. 484

Dit was hoofsaaklik vanweë die feit dat Suid-Afrika die Swartes uitgesluit het uit die regering van die Republiek van Suid-Afrika, dat die internasionale gemeenskap ‘n reël geformuleer het wat gestel het dat selfbeskikking (ook) beteken dat alle rassegroepe deel moet hê aan die regering van ‘n staat. Die okkupasie deur Israel van die Arabiese gebiede het waarskynlik tot gevolg gehad dat die verbod op die militêre okkupasie deur ‘n buitelandse mag van ‘n gebied, sterker inslag gevind het.

Wat betref dekolonisasie, het die USSR se aandrang daarop ‘n groot rol gespeel dat dekolonisasie uiteindelik gerealiseer het en dat die greep van Westerse state oor koloniale gebiede verbreek is. Selfbeskikking is gevolglik ook as ‘n politieke meganisme gebruik waar dit state gepas het om hulle eie belange te bevorder.

As gevolg van die ontwikkeling van die begrip selfbeskikking is dit dan ook tans so dat geen staat of entiteit ‘n geldige regstitel kan verkry oor ‘n ander staat deur byvoorbeeld anneksasie nie aangesien dit as ‘n verbreking van die beginsel beskou sal word. State word ook verhoed om sonder meer ‘n gebied tans as terra nullius te beskou, selfs indien die gebied voorheen geabandoneer is deur ‘n staat wat daaroor soewereiniteit gevestig het. ‘n Staat word ook daardeur verhoed om ‘n deel van sy gebied oor te dra aan ‘n ander staat tensy daar vooraf behoorlike konsultasie was met die mense van die gebied wat oorgedra staan te word. Selfbeskikking het ook die gebruik van geweld verbied om gesag oor ‘n gebied te vestig en het selfbeskikking ook tot gevolg gehad dat bevrydingsbewegings wel gebruik kan maak van geweld indien die reg op selfbeskikking die groep wat deur sodanige beweging verteenwoordig word, ontneem word.

Daar is steeds baie gebreke ten opsigte van die reg op selfbeskikking. Steeds word daar nie konsekwent voldoende ag geslaan op die basiese aspirasies van talle minderhede en volke nie en is die begrip steeds in baie vaagheid omhul. Die eenhede wat geregtig is op selfbeskikking word steeds nie met volledige duidelikheid omskryf nie, sodat daar tans steeds baie “peoples” is wat glo dat hulle geregtig is op hierdie reg. Dit moet egter gekonstateer word dat, in die lig van die aansprake wat deur verskeie groepe op die reg gedoen word, dit baie moeilik is (indien nie bykans onmoontlik nie) om ‘n definisie te gee van die entiteit wat geregtig is op selfbeskikking. 485

Dit bly egter ‘n realiteit dat die huidige Internasionale Reg blind is vir die aansprake van talle etniese groepe en nasionale, religieuse, kulturele en linguïstiese minderhede. Nie alleen het die Internasionale Reg hom nog nie (in duidelike terme) ten gunste daarvan uitgespreek dat sulke groepe die reg het op interne of eksterne selfbeskikking nie, maar word daar in die praktyk min ag geslaan op die geldige aansprake van hierdie groepe. Dit blyk dat daar ‘n belange-afweging plaasvind tussen die reg wat ‘n staat het op sy territoriale integriteit en die reg van minderhede binne daardie staat om daardie territoriale integriteit te skend. Die feit bly staan dat die Internasionale Reg, gesien in die lig van die talle outoritêre regerings wat wêreldwyd bestaan, meer kon gedoen het om die regte van minderhede te beskerm. Wat wel gebeur is dat die internasionale gemeenskap, sonder dat daar vaste internasionale voorskrifte, verdrae of reëls bestaan, op ‘n ad hoc-basis besluit in welke staat opgetree sal word, terwyl daar in ander state (wat klaarblyklik te groot invloed het of te veel teenstand sal bied), hoegenaamd geen optrede is nie.

Gevolglik blyk dit dat die groepe, wat hulleself binne soewereine state bevind en aan dominasie of eksploitasie of welke vorm van skending van fundamentele regte onderwerp word, hulle geensins kan beroep op die Internasionale Reg vir beskerming nie. Slegs indien ‘n saak daarvoor uitgemaak word, en dikwels deur middel van die internasionalisering daarvan, sal ‘n staat optree en moet dit blyk dat sodanige optrede van die staat ten opsigte van die minderheid of minderhede op volksmoord neerkom. Dit is hoofsaaklik vanweë die feit dat die reg op selfbeskikking nie universele aanwending vind nie.

‘n Verdere gebrek wat aangedui kan word ten opsigte van die regulering van selfbeskikking is dat daar geen effektiewe masjinerie bestaan of corpus van reëls wat aangewend kan word om ‘n situasie, wat klaarblyklik op ‘n verbreking van hierdie reg neerkom, reg te stel nie. So kan ‘n minderheidsgroep of volk hom byvoorbeeld nie tot enige tribunaal wend waar hy sy situasie kan bepleit nie. Vir ‘n minderheidsgroep of volk om aan te voer dat daar nie ag geslaan word op sy reg op selfbeskikking nie, is moeilik aangesien hy ook sal moet aantoon dat hy binne die kategorieë hierbo vermeld, val. Dit 486

het dikwels tot gevolg dat ‘n derde party (staat) moet ingryp in ‘n situasie waar hy van mening is dat daar ‘n verbreking was van die reg op ‘n bepaalde groep se selfbeskikking.

Die vraag is of selfbeskikking versoen kan word met die twee beginsels wat waarskynlik direk in stryd daarmee staan, naamlik die soewereiniteit van state en die beginsel dat daar nie in state se huishoudelike sake ingemeng mag word nie.

Die soewereintiteit van state bied steeds beskerming vir state teen inmenging van buite en gevolglik ook teen die aandrang van die internasionale gemeenskap dat selfbeskikking in hierdie state verwesenlik sal word. Nie alleen bestaan daar nog nie ‘n algemene reg op sesessie vir volke, etniese groepe of minderhede nie, maar is daar ook nog nie ‘n internasionale norm of meganisme waarop die bevolking van ‘n soewereine staat kan steun om vrylik te besluit deur wie hulle regeer moet word nie, en val dit gevolglik steeds binne die interne jurisdiksie van ‘n staat.

Die reg op eksterne selfbeskikking is in die algemeen slegs toegeken aan mense wat onder koloniale oorheersing gestaan het, asook dié onder vreemde buitelandse oorheersing of militêre okkupasie. Verder het state wat besluit het om by ander state aan te sluit of te integreer, geen ag geslaan op die regte van etniese groepe binne hierdie state om ook hulle internasionale status te bepaal nie. Daarbenewens het die beginsel van uti possidetis veroorsaak dat koloniale grense nie verander kon word nie.

Gevolglik het selfbeskikking slegs op enkele terreine veroorsaak dat die soewereiniteit van state ingekort is. Die eerste was dat etniese groepe wat in ‘n gebied gebly het, gelyke toegang tot regerings moes hê. Die tweede was dat territoriale grense, indien dit gewysig sou word, deur die beslissing van die inwoners daarvan moes geskied welke deur middel van ‘n referendum of verkiesing gedoen moes word. Indien nie, sou dit as ‘n ooreenkoms wat teenstydig was met ius cogens beskou word en gevolglik as nietig beskou word. Selfbeskikking het gevolglik baie min gedoen om die beginsel van die soewereiniteit van state in te perk. Selfbeskikking het wel die beginsel van nie-inmenging in ‘n groot mate ingeperk. Dit het 487

daarmee te doen gehad dat, sodra ‘n entiteit ‘n eis om selfbeskikking daargestel het wat as ‘n geldige eis beskou was, derde partye (synde state) dit in bilaterale onderhandelings sowel as in die internasionale forums kon opper. Dit het tot gevolg gehad dat druk uitgeoefen is op state om wel te sorg dat die reg op selfbeskikking realiseer. So het derde partye (state) dan ook hulle tot byvoorbeeld die Internasionale Geregshof gewend indien hulle van mening was dat hierdie reg aangetas was. Daar is ook steun verleen aan bevrydingsbewegings wat gestreef het na selfbeskikking.

Selfbeskikking het ook tot gevolg gehad dat ‘n staat verbied was om binne sy eie gebied, mag aan te wend teen ‘n gedeelte van sy eie bevolking. State kan ook nie dwang gebruik om te verhoed dat uiting gegee word aan die reg op selfbeskikking van groepe binne sy gebied nie.

Onder druk van veral die sosialistiese state is gepoog om ‘n reg te skep vir bevrydingsbewegings om ‘n oorlog te voer om ‘n land te bevry waar dit klaarblyklik daarop gedui het dat selfbeskikking die mense van daardie gebied ontneem is. Die teenkanting van veral Westerse state het tot gevolg gehad dat daar nie ‘n reg geskep is nie, maar bloot instemming gegee is dat bevrydingsbewegings wel mag kon gebruik.

State is ook, in die lig van die internasionale verdrae in hierdie verband, verplig om deur middel van onderhandeling, mediasie of konsiliasie konflikte op te los en hulle nie direk tot geweld te wend nie. State is verder verplig om bevolkings van state ‘n billike kans te gee om ‘n werklike keuse uit te oefen ten opsigte van wie daardie bevolking moet regeer. Daar moet dus ‘n keuse wees tussen verskeie alternatiewe. In die laaste instansie stel selfbeskikking ‘n bevestiging daar van die regte en vryhede wat indiwidue binne ‘n land moet geniet en dat almal dieselfde regte moet geniet. Die twee begrippe werk dus hand aan hand aangesien daar ook nie sprake kan wees van selfbeskikking indien die indiwiduele regte van mense nie realiseer nie.

Verder kan vermeld word dat al hoe meer state die nodigheid daarvan insien om aan die beginsel van selfbeskikking meer inhoud te gee. Dit kan trouens gekonstateer word dat dit ‘n aanvaarbare reël in die Internasionale Reg is dat ‘n staat nie kan ontstaan 488

teenstrydig met die beginsel van selfbeskikking nie.938 Ook behoort ‘n staat nie voort te bestaan in stryd met die beginsel van selfbeskikking nie. Nie alleen vind daar toenemend deur state ‘n ratifikasie plaas van die verdrae van die Verenigde Nasies ten opsigte van selfbeskikking nie,939 maar het 35 state die 1975 Helsinki Deklarasie onderskryf en het die Europese gemeenskap en die twaalf lidstate daarvan, die nuwe entiteite wat ontstaan het uit die USSR en Joegoeslawië ook erken wat inderwaarheid ‘n goedkeuring was vir sesessie. Dit dui dan daarop dat state toenemend van mening is dat interne selfbeskikking verwesenlik moet word.

Waarvan ook kennis geneem moet word is die feit dat daar tans wêreldwyd ‘n oplewing is van nasionalisme wat, soos reeds in Joegoeslawië en die USSR gesien is, tot gevolg gehad het dat multi-etniese state, tot niet gegaan het. Die krag van hierdie nasionalismes was eenvoudig van so ‘n aard dat die wêreldgemeenskap eenvoudig moes kennis neem daarvan dat state eenvoudig van ‘n “moederstaat” afgeskei het. Dit lyk gevolglik of geykte internasionale norme nie altyd in staat is om die golf van nasionalisme te keer nie. Soos reeds aangetoon word sesessie in elk geval nie verbied nie. Trouens daar word meestal kennis geneem daarvan dat daar bloot ‘n nuwe feitesituasie ontstaan het waarvan die Internasionale Reg moet kennis neem, al het

938 Hiller Sourcebook on Public International Law Cavendish Publishing Limited 1998 op 195.

939 Sien byvoorbeeld Cassese supra op 338, voetnoot 19 daarvan waarin hy stel dat op 31 Julie 1993 daar reeds 122 state was wat die twee verdrae van die Verenigde Nasies van 1966 geratifiseer het. 489

sodanige feitesituasie geskied sonder enige internasionale regserkende basis daarvoor.

Dit kan gekonstateer word die Verenigde Nasies baie selektief was in sy toepassing van die begrip selfbeskikking. Deur druk te plaas op sogenaamde “rassistiese” regerings om mense van alle rasse toe te laat tot die deelname aan sodanige regering, maar nie ook in ander en soortgelyke gevalle dieselfde druk toe te pas waar minderheidsgroepe kennelik onderdruk is en waar daar van demokrasie in sulke state geen sprake is nie, dui op die dubbelslagtige benadering wat die Verenigde Nasies by selfbeskikking gevolg het. Die organisasie is klaarblyklik sterk deur sy lede beïnvloed om in sekere gevalle druk uit te oefen, en in ander nie. Waar van hierdie lede hulleself skuldig gemaak het aan ‘n negering van die begrip selfbeskikking, is te dikwels niks gedoen nie.

12.2 TOEKOMSTIGE STRATEGIE

Dit is nodig dat daar ‘n eenvormige stel reëls sal ontwikkel in die Internasionale Reg wat betref selfbeskikking. Deur bloot ad hoc op te tree of wanneer genoegsame druk of publisiteit vir ‘n saak ontstaan, strek nie die internasionale gemeenskap tot eer nie.

Nie alleen behoort die Verenigde Nasies ‘n verdrag daar te stel wat volledig voorsiening maak vir die reg op interne selfbeskikking nie, maar moet die entiteite wat daarop geregtig is asook waarop die entiteit geregtig is, behoorlik uitgespel word. Daarbenewens moet die Verenigde Nasies nie net lippediens bewys aan die beginsel van demokrasie nie en behoort daar groter druk op state uitgeoefen te word wanneer daar ‘n duidelike skending was van die mense se regte om vrylik en werklik hulle keuse uit te oefen ten opsigte van wie oor hulle moet regeer.

Dat state huiwerig is om groter regte aan minderhede te gee, blyk uit die feit dat state geneig is om te dink dat hierdie minderhede die reg op sesessie in werking kan stel. Dan is dit natuurlik so dat die meeste state in die internasionale gemeenskap multi- nasionaal of multi-etnies is wat sake bemoeilik. Dit het egter in talle state tot gevolg gehad dat hierdie minderhede bloot onderdruk is, terwyl die internasionale gemeenskap dit bloot as toeskouers gade geslaan het. Meer ag moet geslaan word op hierdie 490

minderhede deur ‘n internasionale forum daar te stel waar hierdie minderhede hulle griewe kan lig en moet so ‘n liggaam toeganklik wees vir minderhede wat beduidende steun kan bewys. Wat dikwels gebeur is dat sesessie in baie gevalle die laaste uitweg is vir ‘n groep wat aan sodanige onderdrukking of uitsluiting onderwerp was, dat daar geen ander keuse was as om af te skei van die moederstaat nie.

Dit bly egter ‘n feit dat daar groepe in state voorkom wat hoegenaamd nie met mekaar versoenbaar is nie. Dikwels word sodanige groep die swye opgelê, alternatiewelik geforseer om te assimileer met die meerderheid van die bevolking, iets wat teen die grein van die beginsel van selfbeskikking is. Die Internasionale Reg het gevolglik nog ‘n lang pad te loop om reg te laat geskied aan die regverdigde eise en aansprake van minderheidsgroepe. 491

OPSOMMING

Wanneer die begrip selfbeskikking as ‘n beginsel van die Internasionale Reg bespreek word, is daar nie baie wat voor-die-hand-liggend is nie en ook nie baie waaroor almal saamstem nie. Sekere internasionale regslui beskou die begrip as ius cogens en sekeres as erga omnes terwyl daar ook regslui is wat dit as beide ius cogens en erga omnes beskou. Daar is ook internasionale regslui wat die begrip as te vaag en te wyd beskou ten einde dit as ‘n algemene reël van die Internasionale Reg te ag. Die begrip leen hom gevolglik tot aanwending in ‘n verskeidenheid van gevalle.

Dit is maklik om die begrip selfbeskikking te formuleer. Dit skep die indruk van die algemene aanwending daarvan. In die praktyk word egter verskeie probleme ervaar om die begrip konsekwent toe te pas. Die mees basiese vrae wat ontstaan is: Wie mag aanspraak maak op die reg op selfbeskikking? Wanneer en onder welke omstandighede mag die aanspraak gemaak word? Wat is die regte en verpligtinge van ander state ten opsigte van ‘n eis op selfbeskikking? Wat is die status van die beginsel selfbeskikking in die Internasionale Reg?

Die oorsprong van die moderne begrip van selfbeskikking kan herlei word na die Versailles Vredeskonferensie. Dit is egter so dat, alhoewel dit nie by die naam “selfbeskikking” genoem is nie, die begrip so oud soos die bestaan van groepe en volke op die aarde is. President Woodrow Wilson kan weliswaar beskou word as die persoon wat die begrip gepopulariseer het, alhoewel die begrip ook deur die Bolsjewiste gebruik is.

Selfbeskikking kom nie voor as ‘n algemene begrip in die Verdrag van die Volkebond nie, dog het die begrip wel tydens die bestaan van die Volkebond ‘n politieke betekenis gekry. Na die Tweede Wêreldoorlog het selfbeskikking sterker na vore getree synde dit as een van die doelwitte van die Verenigde Nasies geformuleer is. Die Handves van die Verenigde Nasies het egter geen spesfieke aanwending van die begrip selfbeskikking ten doel gestel nie, maar is dit in algemene terme geformuleer. Die begrip was op daardie stadium gesien as te vaag om enige spesifieke regte en verpligtinge op te lê. ‘n 492

Deurlopende en kragtige internasionale organisatoriese poging is egter aan die gang gesit om selfbeskikking meer doelmatig in die internasionale gemeenskap te maak. Derhalwe het selfbeskikking ‘n dinamiese konsep in internasionale betrekkinge geword. Die beginsel van selfbeskikking het ‘n groot deurbraak gemaak met die aanvaarding van Resolusie 1514(XV) van 1960 wat onafhanklikheid verleen het aan koloniale gebiede en mense.

In 1966 het die beginsel verdere statusverhoging verkry deur die aanvaarding van twee internasionale verdrae; dié ten opsigte van Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte sowel as dié ten opsigte van Burgerlike en Politieke Regte. Die beginsel is ook vervat in die Deklarasie ten opsigte van Vriendelike Verhoudinge van 1970. Selfbeskikking was aanvanklik gegee aan mense wat in koloniale gebiede gewoon het. Daarna is dit uitgebrei na etniese en godsdienstige groepe.

Dit het ook beperkte relevansie vir etniese en linguïstiese minderhede begin kry deurdat die reg op selfbeskikking in baie gevalle ‘n essensiële voorwaarde geword het vir die effektiewe erkenning van die regte en vryhede van indiwidue binne sulke minderhede. Derhalwe is die realisering van interne selfbeskikking daardeur bereik.

Die Deklarasie ten opsigte van Vriendelike Verhoudinge word gesien as een van die belangrikste verklarings waarin die lidstate van die Verenigde Nasies ooreengekom het oor die fundamentele beginsels ten opsigte van interstaat verhoudings. Een van hierdie beginsels is die beginsel van gelyke regte en selfbeskikking van mense (“peoples”).

Verskeie state is van mening dat die reg op selfbeskikking nie slegs betrekking moet hê op mense en koloniale gebiede nie, maar dat dit aan alle mense toekom ongeag of dit ‘n onafhanklike staat is of ‘n nie-selfregerende gebied. ‘n Onderskeid word dus getref tussen elke staat se regsposisie en die regte van minderhede binne elke staat. Laasgemelde in ooreenstemming met Artikel 27 van die Verdrag ten opsigte van Burgerlike en Politieke Regte wat verklaar dat etniese, religieuse of linguïstiese minderhede nie die reg onthou (mag) word om in gemeenskap met ander lede van die groep hulle eie kultuur te beoefen, hulle eie godsdiens te beoefen en eie taal te gebruik 493

nie. Selfbeskikking word gevolglik as ‘n regsbeginsel gesien en ‘n reg wat nie noodwendig tot ‘n einde kom nadat onafhanklikheid deur ‘n staat verkry is nie. Die voortsetting van selfbeskikking strek dus verby die koloniale tydperk en is derhalwe vandag ‘n aktuele onderwerp in die Internasionale Reg. Dit word beskou as ‘n deurlopende reg. Solank as wat multi-etniese state die regte van indiwidue en die kollektiewe regte van etniese groepe en hulle lede respekteer, word aanvaar dat hierdie groepe beskerming binne sodanige staat geniet en dat dit in ooreenstemming met die reëls van die Internasionale Reg is. Sodra die staat egter die regte misken, ontstaan ‘n situasie waarin hierdie onderdrukte groep(e) mag aanspraak maak op die reg op selfbeskikking ten einde konstitusionele veranderinge in ‘n staat te weeg te bring of om van ‘n staat te sesessioneer.

Die beginsel van uti possidetis gaan van die standpunt uit dat die grense van ‘n staat behou moet word soos wat dit was op die datum van onafhanklikwording. Hierdie leerstuk is van groot belang synde dit hoogs relevant is wanneer uitsluitsel oor grense van state verkry moet word. Dit het ook stabiliteit tot gevolg synde grense nie maklik gewysig kan word nie. Die beginsel vind algemene aanwending in die Internasionale Reg en veral in Afrika sluit dit die beginsel van territoriale integriteit in. Dit het dan ook ten doel om die reg op selfbeskikking te kwalifiseer. Indien selfbeskikking egter as ‘n algemene en universele reg beskou word wat algemene aanwending vind en ook as ‘n vorm van ius cogens beskou word, is die beginsel van uti possidetis en selfbeskikking myns insiens wedersyds uitsluitend.

Die CSCE, die Verenigde Nasies en die Europese gemeenskap het onlangs state erken wat ontstaan het uit die ontbinding van die USSR en die Federasie van Joegoeslawië met grense wat hierdie state vroeër gehad het as deelstate van die federasie. Die toepassing van die begrip uti possidetis kan egter tot onhoudbare situasies lei waar grense in stand gehou word wat nie enige ag slaan op die samestelling van die inwoners van sodanige gebiede nie.

Die moderne post-koloniale interpretasie van selfbeskikking, die reg om deel te neem in die demokratiese regering van elke staat, vind neerslag onder andere in die Helsinki 494

Deklarasie. Situasies het in Europa bestaan ten opsigte waarvan ‘n wyer aanwending van selfbeskikking toegepas moes word as dit waarvoor die Verenigde Nasies voor voorsiening gemaak het. Hierdie Deklarasie behels beide eksterne en interne selfbeskikking en lê klem op die feit dat die beginsel van selfbeskikking op alle mense van toepassing is, ongeag of hulle in ‘n soewereine of onafhanklike staat woon. Dit propageer ook die idee dat die reg op selfbeskikking ‘n voortdurende reg is en ‘n reg wat sy geldigheid behou selfs nadat ‘n sekere vorm van regering deur die inwoners van ‘n land aangewys is of die land ‘n sekere internasionale status bereik het.

Probleme wat ervaar word met die begrip “people”, dit wil sê wie geregtig is op selfbeskikking is ‘n komplekse saak wat deur verskeie beperkings en voorbehoude ingekort word. Alhoewel die Verenigde Nasies by verskeie geleenthede bevestig het dat die reg op selfbeskikking bestaan, is daar nooit sover gegaan om die entiteit, dit wil sê die groep wat veronderstel is om geregtig te wees om hierdie reg, te definieer nie. Gevolglik word verskeie definisies aan die hand gedoen. Daar is geen objektiewe kriteria in die Internasionale Reg waarmee die groep geïdentifiseer kan word nie. Daar is ‘n subjektiewe benadering en ‘n objektiewe benadering. Die Permanente Hof van Internasionale Geregtigheid het na ‘n “groep” verwys as persone wat in ‘n bepaalde staat woonagtig is en wat ‘n ras, godsdiens, taal en tradisies het in ‘n solidariteitsgevoel, met die oog daarop om hierdie tradisies te bewaar, hulle vorm van godsdiensbeoefening te behou, en die kinders van daardie groep in ooreenstemming met die gees en toestande van daardie groep te onderrig.

‘n Kombinasie van subjektiewe en objektiewe kriteria behoort verifieerbare kriteria daar te stel om aan te dui welke “peoples” geregtig is op selfbeskikking. ‘n Algemene aanvaarbare definisie bestaan egter steeds nie en is daar steeds verskil van mening oor wie op selfbeskikking geregtig is en wie nie.

Indien minderhede as afsonderlike entiteite beskou is wat ook geregtig is op selfbeskikking soos uiteengesit in Artikel 1 van die twee Konvensies van 1966, ontstaan die vraag of sesessie ook ‘n opsie is. State het in hoofsaak dit verwerp dat ‘n minderheidsgroep geregtig is om te sesessioneer van ‘n onafhanklike staat. Dit is egter 495 onduidelik of dit gekonstateer kan word dat daar ‘n voorskriftelike norm is in die Internasionale Reg wat die fragmentasie van ‘n staat verhoed. Terwyl beide Resolusies 1514(XV) en 2625(XXV) die beginsel van territoriale integriteit as ‘n komponent van selfbeskikking bevestig, is dit ook waar dat die Verenigde Nasies sy goedkeuring verleen het aan die territoriale partisie van die Britse Kameroen en Ruanda-Urundi. Dit kan gevolglik gestel word dat die beginsel van selfbeskikking nie ‘n verbod op sesessie van ‘n onafhanklike staat plaas nie, soos ook bewys is deur die sesessie van Bangladesj van Pakistan en van verskeie state van Joegoeslawië en van die USSR en Eritrea van Ethiopië. Dit blyk dat ‘n absolute geloof aan territoriale integriteit eerder tot gevolg het dat die regte van die indiwidue binne ‘n staat misken word waar daar, deur eerder klem te lê op die reg op selfbeskikking, gevolg kon gegee word aan die regte van hierdie indiwidue. Dat die beginsel van territoriale integriteit meestal orde en stabiliteit tussen nasies tot gevolg hê is waar, maar moet dit nie ‘n skild word waaragter state kan skuil nie. Sesessie behoort logies dus ‘n natuurlike uitvloeisel van die reg op selfbeskikking te wees.

‘n Verdere groep wat aanspraak maak op selfbeskikking, is minderhede. Dit is egter moeilik om ‘n algemeen-aanvaarbare definisie van minderhede te kry. Dit blyk egter dat etniese, religieuse en linguïstiese groepe onder die term “minderheid” resorteer. Die sogenaamde inheemse groepe (“indigenous groups”) kan ook onder die begrip “minderheid” resorteer. Artikel 27 van die Verdrag op Burgerlike en Politieke Regte is een van die min, indien nie die enigste nie, substansiële algemene verklarings ten opsigte van minderhede in die moderne Internasionale Reg. Dit sit die posisie van hierdie minderhede se regte volledig uiteen, waaronder die regte ten opsigte van kultuur-, godsdiens- en taalbeoefening. Sommige handhaaf die standpunt dat minderhede op sigself afsonderlike entiteite is wat geregtig is op selfbeskikking in terme van Artikel 1 van die Handves van die Verenigde Nasies.

Selfbeskikking as ‘n begrip in die Internasionale Reg het dus ‘n omvangryke invloed gehad op die geo-politieke situasie en op die transformasie van state. Etniese diversiteit en gediversiviseerde politieke en morele ambisies het die begrip lewendig gehou. Die vraag is hoe ver die beginsel sal ontwikkel. Daar kan geredeneer word dat dit alles ‘n 496 kwessie van interpretasie is. ‘n Populêre interpretasie is dat ‘n soewereine staat wat ‘n verteenwoordige regering het die begrip van selfbeskikking tot sy reg laat kom het in daardie staat, maar kan ‘n bepaalde groep of minderheidsgroep ‘n ander mening huldig. Selfbeskikking het wel tot gevolg gehad dat daar vrye en algemene deelname is aan die demokratiese regerings van state synde die vrye en onbelemmerde wil van mense deur sodanige verkiesings gerealiseer word. Wanneer sodanige deelname ontsê word en ‘n bepaalde groep geografies onderskeibaar in ‘n ondergeskikte posisie geplaas word wat nie gelyke regte geniet nie, kan dit gebeur dat die opsie van sesessie al hoe meer op die voorgrond sal tree.

Selfbeskikking is en bly ‘n kollektiewe reg wat aan ‘n groep mense toekom. Baie hang af van die internasionale erkenning van ‘n groep voordat die internasionale gemeenskap sal toegee dat so ‘n groep geregtig is op hierdie reg.

Selfbeskikking in Suid-Afrika word deur baie gesien as sou dit gerealiseer het tydens die 1994-verkiesing waarin al die stemgeregtige burgers van Suid-Afrika, sonder enige onderskeid op grond van ras, vir die eerste keer geleentheid gehad het om aan ‘n verkiesing deel te neem ten opsigte van die totale gebied van Suid-Afrika. Interne selfbeskikking word ook erken deur die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Daar is egter baie Afrikaners wat voel dat die enigste vorm van selfbeskikking wat hulle toekoms sal verseker ‘n vorm van eksterne selfbeskikking is, dit wil sê in ‘n gebied waar die Afrikaner in die meerderheid is en welke gebied regmatig kan sesessioneer van die res van die land. Die Afrikaner het ook ‘n geskiedenis wat aanduidend is van ‘n stryd wat hoofsaaklik deur middel van Afrikaner-nasionalisme gevoer is en waardeur Afrikaners onafhanklikheid nagestreef het in ‘n staat sonder buitelandse inmenging, welke staatsvorm deurgaans as ‘n republiek gesien was. Die probleem is tans dat daar geen aanduibare gebied bestaan waar Afrikaners ‘n duidelike meerderheid vorm nie. Daar bestaan gevolglik nie ‘n gebied wat kan sesessioneer van die res van Suid-Afrika nie. Alhoewel die grondwet nie sesessie as ‘n vorm erken waardeur selfbeskikking gerealiseer kan word in Suid-Afrika nie, is dit so dat die Internasionale Reg nie sodanige metode verbied as ‘n wyse waarop selfbeskikking gerealiseer kan word nie.

497

Duidelik het staatspraktyk die beginsel van selfbeskikking herformuleer om aan te pas by die na-koloniale situasie. ‘n Balans moet gevind word tussen die beskerming van die regte van groepe (en indiwidue binne daardie groep) en die basiese raamwerk van die internasionale gemeenskap, naamlik afsonderlike state. Selfbeskikking moet eersgenoemde bevorder maar nie laasgenoemde vernietig nie. Soos gestel deur Dixon: The task of the international lawyer in all of this is to search for a legal rule - founded in customary or treaty law - and not to postulate a political, moral or philosophical principle that simply will not work in practice.940

940 Sien Dixon supra op 133. 498

SUMMARY

When it comes to discussing the concept of self-determination as a principle of international law, there is little that is self-evident or on which everyone can agree. Great difficulties are encountered when an attempt is made to apply the principle consistently. Some international lawyers see the concept as ius cogens and as erga omnes and some as both. On the other hand there are international lawyers who consider it too broad and ill-defined to constitute a general rule of international law. It lends itself thus to applications in a variety of particular cases.

The principle can be easily formulated and gives the impression of being of universal applicability. In practice however, a lot of problems arise. The obvious questions that arise are: Who may claim to exercise the right of self-determination? When, and under what circumstances, may the claim be made? What are the rights and obligations of others states in relation to the claim to self-determination? What is the status of the principle of self-determination in international law?

The roots of the modern concept of self-determination can be found at the Versailles Peace Conference. Although not referred to as self-determination, the roots of the principle are as old as the existence of nations on the earth. President Woodrow Wilson can be considered to be the person that popularized the term, although the term owes as much to the Bolsheviks as to Wilson.

The fact that self-determination as a general principle did not form part of the Covenant of the League of Nations made it a political rather than a legal concept during the time of the League. After World War Two, self-determination was listed among the purposes of the United Nations as set out in article I of the Charter of the United Nations. The Charter however contain no special application of the principle of self-determination. At this stage the concept was seen to be too vague to entail specific rights and obligations. A powerful and sustained international organisational effort got under way to make self- determination work. Self-determination consequently became a dynamic concept in international affairs. The principle of self-determination made a major breakthrough with 499

Resolution 1514(XV) on the Granting of Independence to Colonial Countries and Peoples in 1960.

In 1966 the principle of self-determination rose in status as a result of Article I of the International Covenants on Economic, Social and Cultural Rights and on Civil and Political Rights. The principle is also embodied in the 1970 Declaration Concerning Friendly Relations. Self-determination as a right was thus first granted to peoples living in colonial countries and thereafter extended to ethnic and religious groups.

The right of self-determination in many instances has become an essential precondition for the effective recognition of the rights and freedoms of individuals. Thus, self- determination was not only seen to be effected on an external basis, but also on an internal basis.

The 1970 Declaration Concerning Friendly Relations is seen to be the most important single statement representing what the members of the United Nations agree to be the law on the fundamental principles of inter state relationships. One of these principles was equal rights and self-determination of peoples.

A large proportion of states appeared to hold that entitlement of self-determination applies not only to colonial peoples, but to peoples anywhere, whether in a political independent state or a . A distinction is thus made between each state’s legal position and rights of minorities within each state in conformity with Article 27 of the Covenant on Civil and Political Rights declaring that ethnic, religious or linguistic minorities shall not be denied the right in community with other members of the group to enjoy their own culture to profess and practice their own religion or to use their own language. Self-determination as a legal principle and as a right of all peoples is not exhausted by the achievement of independence. The continuation of self-determination beyond the colonial area is a fundamental pre-supposition of contemporary international law. Self-determination is thus seen as a continuing right and not a right exercised once and for all at the time of independence. As long as multi- ethnic states respect the individual and collective rights of ethnic groups and their members, these group can find 500

their protection within the state in accordance with present day international law. As soon as that state constantly violates these rights, a situation arises in which the suppressed people or ethnic group may evoke its right of self-determination in order to bring about constitutional changes within a state or to find an international solution by seceding.

The doctrine of uti possidetis assumes as a governing principle that boundaries must be as they were at the declaration of independence. The doctrine is of great importance as it obviously is most relevant when boundary treaties have to be interpreted. It leads to the stability of state boundaries. It would appear that the principle is of universal application which especially in Africa encompasses the principle of territorial integrity. The principle seeks to qualify the right of self-determination. If however, self- determination is a universal right and of general application and appears to be ius cogens, then the two principles are mutually incompatible. The CSCE, the United Nations and the European Community have recently recognised that states emerging out of the dissolution of the USSR and Yugoslav Federation keep the borders they had prior to dissolution of the federation. It cannot thus be denied that the application of the principle of uti possidetis in practise can lead to inequitable situations for many peoples where extraordinary boundary lines remain.

The modern post-colonial interpretation of self-determination, the right of all to participate in a democratic process of government, is illustrated in the Helsinki Declaration. Situations existed in Europe which came under the purview of a broader concept of self-determination than that embodied in the limited United Nations instruments. This declaration applies to both external and internal self-determination and stresses the fact that the principle of self-determination applies to all peoples regardless of whether or not they live in a sovereign or independent state. It also conveys the idea that the right of self-determination is a continuing right, a right that keeps its validity even after statehood is achieved.

Problems of definition of the concept “people” who are entitled to self-determination is a complex matter hedged by limitations and caveats. The United Nations, although stating 501

on many occasions that this right indeed exist, did not define the entity or the group, but purported to be the forum endowed with the power to decide when self-determination is justified and when not. Many definitions are offered. No completely objective criteria can be found to identify what is meant by “peoples”. There is a subjective approach and an objective approach. The Permanent Court of International Justice referred to a group as persons living in a given country, having a race, religion, language and traditions in a sentiment of solidarity, with a view to preserving their traditions, maintaining their form of worship, and instructing their children in accordance with the spirit and conditions of the group.

A combination of the subjective and objective criteria should lead to a set of relatively verifiable criteria for determining what constitutes a people entitled to self-determination. The fact is that a simple definition remains absent and the door is to a large extent still left open as to precisely who is entitled to self-determination.

If one maintains that minorities as separate entities may in modern times also claim self- determination as a “people” in the sense of Article 1 of the two UN Human Rights Covenants, the issue of secession raises its head. States have in the main categorically rejected the right of ethnic or other population groups to secede from an independent state. It is open to debate whether there is a pre-emptory norm prohibiting the fragmentation of a self-determination unit. While both Resolutions 1514(XV) and 2625(XXV) reaffirm the principle of territorial integrity as a component of self- determination, it is also true that the United Nations gave its approval to the territorial partition of British Cameroon and Ruanda Urundi. It can thus be stated the principle of self-determination does not include a general prohibition of secession from an independent state, as is evidenced by the secession of Bangladesh from Pakistan and of several states from Yugoslavia and the former USSR and Eritrea from Ethiopia. The view has grown that absolute adherence to territorial integrity is no virtue - rather it is self-defeating when the people who demand self-determination are subject to systematic deprivations on a vast scale. It is so that territorial integrity ensures order and stability among nations but it must not become a shield for governments. Secession still remains a logical extension of self-determination. 502

A further group that claims to have the right of self-determination, is minorities. The first problem however that arises is to obtain a clear perception of what constitutes a minority. The answer to this question is extremely complex and it appears that ethnic, religious and linguistic groups are covered, while so-called indigenous groups may as a category overlap with minorities. Article 27 of the Covenant on Civil and Political Rights is one of the few, if not only, substantial general statements on minorities in modern international law. It states that in those states in which ethnic, religious or linguistic minorities exist those people must not be denied the right to enjoy their own culture, to profess and practise their own religion, or to use their own language.

Some commentators maintain that minorities as separate entities by being just that may claim the right of self-determination as a “people” in terms of article 1 of the United Nations Human Rights Covenants.

Self-determination as a concept of international law has unfolded in a world which has seen an astounding transformation of geo-politics. Ethnic diversity and diverging political and moral ambitions have kept the concept of self-determination alive. The question is how far does the principle go? It is all a matter of interpretation. A popular interpretation would be that a state possessing a representative government of all peoples within its territory, is satisfying the self-determination of all the people, including minorities. The distinct minority themselves may of course hold a different view. Self-determination now entitles peoples in all states to free, fair and open participation in the democratic process of governance. When such participation is denied, where a people that is geographically separate and is distinct ethnically and/or culturally has been placed in a position or status of subordination, a secession option may re-emerge as an international legal entitlement.

Self-determination remains a collective right. It is vested in the people in question as a group. For the right of self-determination to be applied the people concerned must be accepted by the international community as a people who can assert the right.

Self-determination in South Africa is seen by many to have been achieved by the 1994 503

election in which all the citizens of South Africa, without any distinction as to race, for the first time had the chance to participate in a general election. Internal self- determination is also recognised by the Constitution of the Republic of South Africa. There are however many Afrikaners who feel that the only form of self-determination that can really safeguard their future, is a form of external self-determination, i.e. in a territory where the Afrikaner is in the majority and which lawfully can secede from the rest of the country. The Afrikaner has a history indicative of a struggle, mainly through Afrikaner-nationalism, where Afrikaners seeked independence from outside interference in the form of a republic. The problem is however that no distinct territory can be identified where Afrikaners are clearly in a majority. Therefore, no territory exists which can secede from the rest of South Africa. Although the Constitution does nor recognize secession as a method for realization of self-determination, international law does not ban secession as a method to achieve external self-determination.

It is clear that state practice has re-formulated the principle of self-determintion to adapt to the post-colonial situation. A balance must be found between the protection of the rights of groups (and individuals within that group) and the basic framework of the international community, namely independent states. Self-determination must promote both. As stated by Dixon: The task of the international lawyer in all of this is to search for a legal rule - founded in customary or treaty law - and not to postulate a political, moral or philosophical principle that simply will not work in practice.941

941 See Dixon supra on 133. 504

BIBLIOGRAFIE

Akehurst, M., A Modern Introduction to International Law. George Allen and Unwin, Londen, 1985.

Alexander, Y. en Friedlander, A., (Reds), Self-Determination: National, Regional, and Global Dimensions. Westwiew Press, Boulder, Colorado, 1980.

Allen P.M., “Self-Determination in the Western Indian Ocean”, International Conciliation, Vol DLX, 5-74, 1966/67.

Antonopoulos, C., “Effectiveness v. The Rule of Law Following the East Timor Case”, Netherlands Yearbook of International Law. Vol XXVII, 75-111, 1996.

Armstrong, J.A., “Federalism in the USSR: Ethnic and Territorial Aspects”, Publius: The Journal of Federalism, VII, No 4, 89-106, 1977.

Arnheim, M.T.W., South Africa After Vorster. Howard Timens, Cape Town, 1982.

Badal, R.K., “The Rise and Fall of Separatism in Southern Sudan”, The Politics of Separatism. Collected Working Papers, No, 19, University of Londen, Institute of Commonwealth Studies, Londen, 85-93, 1976.

Bagwell, B., “Yugoslavian Constitutional Questions: Self-Determination and Secession of Member Republics”, Georgia Journal of International and Comparative Law. Vol 21, No 3, 489-523, 1991.

Barber, H.W., “Decolonisation: The Committee of Twenty-Four.” World Affairs. Vol CXXXVIII, 128-51, 1975.

Barnett, R., en Akiner, S., (Reds), Resistance and Reform in Tibet. Hurst & Company, Londen, 1994. 505

Barrie, G.N., “Self-Determination in Modern International Law” Occasional Papers. Konrad Adenauer, 1995.

Barrie, G.N., “Group Rights: Legal Rights or Mere Social Utilities?”, Tydskrif vir die Suid- Afrikaanse Reg. Vol 4, 657-676, 1990.

Barrie, G.N., “The Apartheid Convention after Five Years”, Tydskrif vir Suid-Afrikaanse Reg. 280-283, 1981.

Barrie, G.N., “The ICJ and Self-Determination: An Oppurtunity Lost”, Tydskrif vir Suid- Afrikaanse Reg. 379-383, 1997.

Bartkus, V.O., The Dynamic of Secession. Cambridge University Press, Cambridge, United Kingdom, 1999.

Bartos, T., “Uti Possidetis: Quo Vadis?”, Australian Yearbook of International Law. Vol 18, 37-42, 1997.

Basson, D.A., en Viljoen, H.P., (Reds), Suid-Afrikaanse Staatsreg. Juta & Kie Bpk., Kaapstad, Wetton, Johannesburg, 1988.

Beran, H., “A Liberal Theory of Secession”, Political Studies. Vol XXXII, 21-31, 1984.

Bertelsen, J.S., “The Palestinian Arabs”, Nonstate Nations in International Politics: A Comparative Analysis. Berrtelsen, J.S. (Red), New York, Praeger, 6-35, 1977.

Bienedell, L.W., Afspraak met die Toekoms: Die Stem van Jaap Marais en Afrikanernasionalisme. Bienedell Uitgewers, Pretoria, 2001.

Black, N., “The Ciprus Conflict”, Ethnic Conflict and International Relations. Suhrke, A., en Noble, L., (Reds) Praeger, New York, 43-67, 1977.

506

Blaustein, A.P., en Flanz, G.H., Constitutions of the Countries of the World. Oceana Publications, Inc, Dobbs Ferry, New York, 1971.

Blenck, J., en Von der Ropp, K., “Republic of South Africa: Is Partition a Solution?”, South African Journal of African Affairs. Vol 7, No 1, 21-32, 1977.

Blum, Y.Z., “Reflections On the Changing Concept of Self-Determination”, Israel Law Review, 509 -514, 1975.

Booysen, H., Dinamiese Konserwatisme. Oranjewerkers Promosies (Edms) Bpk, Pretoria, 1985.

Booysen, H., “Convention on the Crime of Apartheid”, South African Yearbook of International Law, Vol 2, 56,1976.

Booysen, H., Die Aanslag teen Selfbeskikking in die RSA. HAUM, Pretoria, Kaapstad, 1981.

Booysen, H., Volkereg en sy Verhouding tot die Suid-Afrikaanse reg. Juta en Kie, Beperk, Kaapstad, Wetton, Johannesburg, 1989.

Boshoff, C.W.H., Jooste, C.J., Marais, M.R., Viljoen, D.J., Die Volkstaat as Afrikanerbestemming, SABRA, 1989.

Boulle, L.J., South Africa and the Consociational Option - A Constitutional Analysis. Juta & Co, Ltd, Cape Town, 1984.

Boyce, D.G., “Separatism and the Irish Nationalist Tradition”, National Separatism. Williams, C.H., (Red), University of Wales Press, Cardiff, 75-104, 1982.

Breytenbach, W.J., Self-Determination in African Politics. Pretoria: African Institute of South Africa, 1978. 507

Brilmayer, L., “Secession and Self-Determination: A Territorial Interpretation”, Yale Journal of International Law. Vol 16, 177-202, 1991.

Bring, O., “Kurdistan and the Principle of Self-Determination”, German Yearbook of International Law. Vol 35, 157-169, 1992.

Britz, R.G., Lang, H., en Limpricht, C., Beknopte Geskiedenis van die Rehoboth Basters tot 1990, Aanvulling: Die Wette van die Rehoboth Basters. Klaus Hess Publishers, Windhoek, 1990.

Broderstad, E.G., “Political Autonomy and Integration of Authority: The Understanding of Saami Self-Determination”, International Journal on Minority and Group Rights. Vol 8, No 2&3, 151-175, 2001.

Brölman, C., Lefeber, R., Zieck, M., (Reds), Peoples and Minorities in International Law. Martinus Nijhoff Publishers, Dordrecht, Boston, Londen, 1993.

Buchanan, A., Secession: The Morality of Political Divorce from Fort Sumter to Lithuania and Quebec. Westview Press, Boulder, San Francisco, Oxford, 1991.

Buchheit, L., Secession: The Legitimacy of Self-Determination. Yale University Press, New Haven, Londen, 1978.

Burghardt, A.F., “The Bases of Territorial Claims”, Geographical Review, Vol LXIII, 225- 245, 1973.

Cameron, D., “Nationalism, Self-Determination, and the Quebec Question”, Toronto: Macmillan of Canada, 1974.

Capotorti, F., “Study on the Rights of Persons Belonging to Ethnic, Religious and Linguistic Minorities”, New York: United Nations E/CN.4/Sub.2/3384/Rev.1, 1979.

508

Carey, P., en Bentley, G.C., (Reds), East Timor at the Crossroads: The Forging of a Nation. Social Science Research Council, New York, 1995.

Cassese, A., “The Israel-PLO Agreement and Self-Determination”, European Journal of International Law, Vol 4, 564-571, 1993.

Cassese, A., (Red), UN Law: Fundamental Rights: Two Topics in International Law. Sijthoff & Noordhoff International Publishers, 1979.

Cassese, A., Self-Determination of Peoples: A Legal Reappraisal. A Grotius Publication, Cambridge University Press, 1995.

Cassese, A., “The Helsinki Declaration and Self-Determination”, Human Rights, International Law and the Helsinki Accord. Ed., Buergenthal, T., New York: Allenheld Asmun / Universe Books, 83-110, 1977.

Cassese, A. , “The Self-Determination of Peoples”, The International Bill of Rights: The Covenant on Civil and Political Rights. Ed., Henkin, L., New York: Columbia University Press, 92 - 113, 1981.

Charney, J.I., Prescott, J.R.V., “Resolving Cross-Strait Relations between China and Taiwan”, American Journal of International Law, Vol 94, No 3, 453-477, 2000.

Chaszar, E., “The Problem of National Minorities Before and After the Paris Peace Treaties of 1947", National Papers, IX, 195-206, 1981.

Chen, L.C., “Self-Determination as a Human Right”, Toward World Order and Human Dignity. Reisman, W.M., and Weston, B.H., (Reds), The Free Press, New York, 198- 261, 1976.

Chinkin, C.M., “East Timor: A Failure in Decolonisation” Australian Yearbook of International Law. Vol 20, 35-54, 1999. 509

Chinkin, C.M., “East Timor Moves into the World Court”, European Journal of International Law. Vol 4, 206-222, 1993.

Chomsky, N., Fateful Triangle: The United States, Israel & The Palestinians. Pluto Press, Londen, 1999.

Clark, H., Civil Resistance in Kosovo. Pluto Press, Londen, 2000.

Claude, I.L., Jr., National Minorities: An International Problem. Harvard University Press, Cambridge, 1955.

Cobban, A., The Nation-State and National Self-Determination. New York: Thomas Crowell, 1970.

Cobban, H., The Palestinian Liberation Organization: People, Power and Politics. Cambridge University Press, New York, 1984.

Cobban, A., National Self-Determination. Oxford University Press, Londen, 1945.

Coertze, P.J., Die Afrikanervolk en die Kleurlinge. HAUM Opvoedkundige Uitgewery, Pretoria, 1983.

Coetzee, J.A., Nasieskap en Politieke Groepering in Suid-Afrika (1652-1968). Transvaalse Uitgewersmaatskappy, Pretoria, 1969.

Connor, W., “Self-Determination: The New Phase”, World Politics. Vol XX, 30-53, 1967/1968.

Connor, W., Ethnonationalism: The Quest for Understanding. Princeton University Press, Princeton, New Jersey, 1994.

Connor, W., “Nation-Building or Nation-Destroying?”, World Politics, Vol XXIII, 319-55, 510

1972.

Connor, W., “The Politics of Ethnonationalism”, Journal of International Affairs. Vol XXVII, 1-21, 1973.

Constitution of the Republic of South Africa, Act 108 of 1996.

Craven, G., Secession: The Ultimate State’s Right. Melbourne University Press, 1986.

Crawford, J., State Practice and International Law in Relation to Secession” British Yearbook of International Law. 85-117, 1998.

Crawford, J., The Creation of States in International Law. Claredon Press, Oxford, 1979.

Cristescu, A., The Right of Self-Determination - Historical and Current Development on the Basis of United Nations Instruments. United Nations Publication, New York, 1981.

Critchley, W.H., “The Failure of Federalism in Yugoslavia”, International Journal. Vol XLVIII, 434-447, 1992/1993.

Curran, J., “Separatism in Northern Ireland”, Ethnic Autonomy - Comparative Dynamics. Hall, R.L. (Red), Pergamon Press, New York, 145-151, 1979.

D’Amato, A., “Peace vs. Accountability in Bosnia”, American Journal of International Law. Vol 88, No 3, 500-506, 1994.

De Villiers, B., Groepe: Meulsteen of Bousteen? - ‘n Regs-Vergelykende Oorsig van State se Pogings om Groepe te Beskerm - Lesse vir Suid-Afrika. Sentrum vir Konstitusie-Analise, RGN, Pretoria, 1990.

De Silva, C.R., “Sinhala-Tamil Ethnic Rivalry: The Background”, From Independence to Statehood - Managing Ethnic Conflict in Five African and Asian States. Goldman, R.S., 511

en Wilson, A.J., (Reds), Frances Printer (Publishers), Londen, 111-124, 1984.

De Zayas, A.M., “The International Judicial Protection of Peoples and Minorities”, Peoples and Minorities in International Law. Brölman, C., Lefeber, R., Zieck, M., (Reds), Martinus Nijhoff Publishers, Londen, 253-287, 1993.

Debass, V.G., “Collective Responses to the Unilateral Declaration of Independence of Southern Rhodesia and Palestine: An Application of the Legitimizing Function of the United Nations”, The British Yearbook of International Law, Vol 65, 135-153, 1990.

Degenaar, J.J., “Afrikaner-nasionalisme”, in Esterhuyse, W.P., Van der P du Toit, P., en Van Niekerk, A.A., (Reds), Moderne Politieke Ideologieë. Southern Boekuitgewers, Johannesburg, 1987.

Degenaar, J.J., “Nasionalisme”, in Van Vuuren, D.J., en Kriek, D.J., (Reds), Politieke Alternatiewe vir Suid-Afrika - Grondslae en Perspektiewe. Macmillan Uitgewers, Johannesburg, 1982.

Degenaar, J.J., “The Roots of Nationalism”, in Joubert, D., (Red), Societas. Vol 15, Academica, Pretoria, 1982.

Degenaar, J., Nations and Nationalism: The Myth of a South African Nation. Occasional Papers, IDASA, No. 40, Mei, 1987.

Dinstein, Y., “The Degree of Self-Rule of Minorities in Unitarian and Federal States”, Peoples and Minorities in International Law. Brölman, C., Lefeber, R., Zieck, M., (Reds), Martinus Nijhoff Publishers, Londen, 221-235, 1993.

Dinstein, Y., “Collective Human Rights of Peoples and Minorities”, International and Comparative Law Quarterly. Vol 25, 102-120, 1976.

Dinstein, Y., (Red)., Models of Autonomy. New Brunswick, NJ: Transaction Books, 512

291-303, 1981.

Dinstein, Y., (Red), The Protection of Minorities and Human Rights. Martinus Nijhoff Publishers, Dordrecht, Boston, Londen, 1992.

Dixon, M., McCorquodale, R., Cases and Materials on International Law. Blackstone Press Limited, Londen, 1991.

Dixon, M., Textbook on International Law. Blackstone Press Limited, Londen, 1990.

Dlamini, C.R.M., “Towards a Regional Protection of Human Rights in Africa: The African Charter on Human and Peoples’ Rights”, Comparative and International Law Journal of Southern Africa. Vol 24, No 1, 189-203, 1991.

Doehring, K., “The Relationship between State Sovereignty and Human Rights”, Human Rights: The Cape Town Conference, (Proceedings of the First International Conference on Human Rights in Sout Africa). Forsyth, C.F., en Schiller, J.E., (Reds), Juta & Company Ltd, Cape Town, 1979.

Drew, C., “The East Timor Story: International Law on Trial”, European Journal of International Law. Vol 12, No 4, 651-685, 2001.

Du Toit, D.A., Menseregte. Tafelberg-Uitgewers, Kaapstad (red)., 1984.

Du Pisani, J.A., “BJ Vorster en Afrikanerverdeeldheid, 1966-1970: ‘n Oorsig en Evaluering van die Verlig-Verkrampstryd”, Joernaal vir Eietydse Geskiedenis. Jg 11(2), 1986.

Duchacek, I., Comparative Federalism: The Territorial Dimensions. New York: Holt Rinehart, 1970.

Dugard, J., Recognition and the United Nations. Cambridge, Grotius Publications 513

Limited, 1987.

Dugard, J., “Secession: Is the Case of Yugoslavia a Precedent for Africa?” African Journal of International and Comparative Law. Vol 5, 163-175, 1993.

Dugard, J., International Law: A South African Perspective. Juta & Co Ltd, 1994.

Dugard, J., International Law: A South African Perspective. Juta & Co Ltd, 2001.

Dugard, J., The South West Africa Namibia Dispute. University of California Press, Berkeley, 1973.

Dugard, J., “Changing Attitudes Towards a Bill of Rights in South Africa” A Bill of Rights for South Africa - ‘n Menseregtehandves vir Suid-Afrika, Verrigtinge van ‘n simposium gehou by die Universiteit van Pretoria op 1 en 2 Mei 1986. In Van der Westhuizen, J.V., en Viljoen, H.P., (reds)., Butterworth Publishers, Durban, 1988.

Duvenhage, G.D.J., Imperialisme en Nasionalisme: Kerngeskiedenis van Suid-Afrika. McGraw-Hill Boekmaatskappy (Edms) Beperk, Johannesburg, 1978.

Duvenhage, G.D.J., Die Eerste Verslag van die Presidentsraad se Grondwetkomitee - ‘n Ondersoek na die Waarde van die Geskiedenis. Duvenhage, G.D.J., Bellville, 1983.

D’Amato, A., “Peace vs. Accountability in Bosnia”, American Journal of International Law, Vol 88, 500-506, 1994.

Eerste Tussentydse Verslag van die Volkstaatraad. Mei 1995.

Elliott, P.D., “The East Timor Dispute”, International and Comparative Law Quarterly. Vol 27, 238-249, 1978.

Emerson, R., From Empire to Nation. Cambridge: Harvard University Press, 1960. 514

Emerson, R., “Self-Determination Revisited in the Era of Decolonization”, Harvard University Center for International Affairs, Cambridge, 1964.

Emerson, R., “The Problem of Identity, Selfhood, and Image in the New Nations: The Situation in Africa”, Comparative Politics. 297-312, 1969.

Emerson, R., “Self-Determination”, American Journal of International Law. Vol 65, 459- 476, 1971.

Encyclopedia of Public International Law. Max Planck Institute for Comparative Public Law and International Law, North Holland, Amsterdam, New York, Oxford, Vol 8, 1985.

Erdman, H.L., “Autonomy Movements in India”, Ethnic Autonomy - Comparative Dynamics. Hall, R.L., (Red), Pergamon Press, Londen, 394-412, 1979.

Ethiopawi., “The Eritrean-Ethiopian Conflict”, Ethnic Conflict and International Relations. Suhrke, A., en Noble, L., (Reds), New York: Praeger, 127-145, 1977.

Facts, I., “Yugoslavian Constitutional Questions: Self-determination and Secession of Member Republics”, Georgia Journal of International and Comparative Law. Vol 21, No. 1, 489-523, 1991.

Fitzmaurice, M., “The Sámi People: Current Issues Facing an Indigenous People in the Nordic Region”, The Finnish Yearbook of International Law. Vol 8, 201-243, 1997.

Floyd, T.B., Afrikaner-Nasionalisme. Floyd, T.B., Nylstroom, 1975.

Forsyth, M., Unions of States: The Theory and Practice of Confederation. Holmes en Meier, New York, 1981.

Franck, T.M., “The Stealing of the Sahara”, American Journal of International Law. Vol 515

70, 694-721, 1976.

Franck, T.M., Rodley, N.S., (Reds), “After Bangladesh: The Law of Humanitarian Intervention by Military Force”, American Journal of International Law. Vol 67, 275-422, 1973.

Franck, T.M., “Postmodern Tribalism and the Right to Secession”, Peoples and Minorities in International Law, Brölmarn, C., Lefeber, R., Zieck, M., (Reds), Martinus Nijhoff Publishers, Londen, 3-28, 1993.

Franck, T.M., “The Emerging Right of Democratic Governance” American Journal of International Law, Vol 86, 46-91, 1992.

Frowein, J.A., “The International Response to the Dissolution of the Socialist Federal Republic of Yugoslavia”, American Journal of International Law, Vol 86, No 1, 152-163, 1992.

Frowein, J.A. “The Reunification of Germany” American Journal of International Law. Vol 86, 152-163, 1992.

Gaeta, P., “The Armed Conflictin Chechnya Before the Russian Constitutional Court” European Journal of International Law. Vol 7, 563-570, 1996.

Gellner, E., Nations and Nationalism: New Perspectives on the Past. Blackwell Publishers Ltd, Oxford, United Kingdom, 1983.

Gilbert, G., “The Northern Ireland Peace Agreement, Minority Rights and Self- Determination”, International and Comparative Law Quarterly. Vol 47, 943-950, 1998.

Giliomee, H., Onoorwonne Oorgawe: Afrikaners en die Suid-Afrikaanse Mirakel. EPOG, Orania, 2002. Giliomee, H., en Schlemmer, L., (Reds), From Apartheid to Nation-Building: 516

Contemporary South African Debates. Oxford University Press, Cape Town, 1989.

Giliomee, H., “Waarom wil ANC Apartheidskonvensie nóú onderteken?”, Beeld. 26 Julie 1999.

Glazer, N., “Federalism and Ethnicity: The Experience of the United States”, Publius: The Journal of Federalism. Vol VII, 4, 71-88, 1977.

Goldstone, R., en Tham, C., “The Follow Up: Why Conditional Independence” Independent International Commission on Kosovo. < http://www. kosovocommission. org/reports/followup.html >, 2001.

Gowlland-Debbas, V., “Collective Responses to the Unilateral Declarations of Independence of Southern Rhodesia and Palestine: An Application of the Legitimizing Function of the United Nations”, British Yearbook of International Law. 135-153, 1990.

Grant, T., “Extending Decolonisation: How the United Nations Might Have Addresed Kosovo”, Georgia Journal of International and Comparative Law., Vol 28, No 1, 9-54, 1999.

Grant, T.D., The Recognition of States: Law and Practise in Debate and Evolution. Praeger, Westport, Connecticut, Londen, 1999.

Gros Espiell, H., The Right to Self-Determination: Implementation of United Nations Resolutions. United Nations Publication, New York, E/CN.4/Sub.2/405 Rev.1, 1980.

Hachey, T.E., (Red), The Problem of Partition: Peril to World Peace. McNally, R., Chicago, 1972.

Hachey, T.E., “A Hostage of History: Northern Ireland and the Issue of Integration versus Unification”, The Politics of Division, Partition, and Unification, Praeger Special Studies in International Politics and Government, 1-16, 1976. 517

Hammer, J., “The Birth of a Nation”, Newsweek, May 3, 1993.

Harhoff, F., “The Status of Indigenous Peoples under International Law: and the Right to Self-Determination” Canadian Yearbook of International Law. Vol XXXII, 243-257, 1994.

Hannum, H., “The Specter of Secession”, Foreign Afffairs. Vol 77, No 2, 13-18, 1998.

Heraclides, A., The Self-Determination of Minorities in International Politics. Frank Cass, Londen, 1991.

Hertz, F., Nationality in History and Politics - A Psychology and Sociology of National Sentiment and Nationalism. Foutledge & Kegan Ltd, Londen, 1966.

Higgins, R., The Development of International Law through the Organs of the United Nations. Oxford University Press, New York, 1963.

Hoffman, J., en Mzala, N., “Non-Historic Nations and the National Question: A South Arican Perspective”, Science & Society. Vol 54, No 4, 408-426, 1990/1991.

Hofmeyr, S., Die Boere-Republieke en die Volkereg. Utrecht, 1933.

Hornby, A.S., Oxford Advanced Learner’s Dictionary of Current English. Oxford University Press, 1985.

Horowitz, D.L., “Ethnic Identity”, Ethnicity: Theory and Experience. Glazer, N. & Moynihan, D.P., (Reds), Cambridge, Harvard University Press, 111-140, 1975.

Horowitz, D.L., “Patterns of Ethnic Separatism”, Comparative Studies in Society and History. Vol XXIII, 1965-1995, 1981. Hugo, P., en Kotzé, H., Suid-Afrika: Oorlewing in Politieke Perspektief. Jonathan Ball 518

Uitgewers, Johannesburg, 1983.

Hunnum, H., en Lillich, L.B., “The Concept of Autonomy in International Law”, American Journal of International Law, Vol 74, 858-89, 1980.

Hutchinson, J., en Smith, A.D., (Reds), Nationalism. Oxford University Press, Oxford, New York, 1994.

Ijalaye, D.A., “Was Biafra at Any Time a State in International Law?”, American Journal of International Law, Vol 65, 551-559, 1971.

Iyob, R., The Eritrean Struggle for Independence: Domination, Resistance, Nationalism 1941-1993. Cambridge University Press, 1995.

Jacobs, J., The Question of Separatism: Quebec and the Struggle over Sovereignty. Random House, New York, 1980.

Jacobs, S.C., “Die Nuwe Grondwetlike Bedeling: Oorsaak van die Grondwetlike Krisis?” Tydskrif vir Rasse-Aangeleenthede. Jg 38 Vol 1 en 2, 1987.

Jennings, R.Y., The Acquisition of Territory in International Law. Manchester, Manchester University Press, 1963.

Johnson, H.S., Self-Determination within the Community of Nations. AW Sijthoff’s Uitgeversmaatschappij, NV, Leyden, 1976.

Johnson, P., Modern Times: A History of the World from the 1920's to the 1990's. Phoenix, Londen, 1983.

Johnston, A.M., “Self-Determination in Comparative Perspective: Northern Ireland and South Africa”, Politikon. Vol 17, No 2, 5-22, 1990. Johnstone, P., en Mandryk, J., (Reds), Operation World: 21st Century Edition. 519

Paternoster Lifestyle, 2001.

Jooste, C.J., Afrikaner Self-Determination: A Current Appraisal. SABRA, 1994.

Jooste, C.J., ‘n Volkstaat vir Boere-Afrikaners: Lesse uit die Jooste Besetting van Palestina. Afrikanervryheidstigting, 1991.

Jooste, C.J., Grondwetlike Beskerming vir Suid-Afrika se Minderhede: Met Besondere Verwysing na Menseregte, Selfbeskikking en die Boere-Afrikanervolk. Afrikanervryheidstigting, Pretoria, 1992.

Kamanu, O., “Secession and the Right of Self-Determination: An OAU Dilemma”, Journal of Modern African Studies. Vol XII, 355-376, 1974.

Keane, F., “What Makes Mugabe Shudder?”, The Spectator. 16-17, 10 August, 2002.

Kedourie, E., Nationalism. Hutchinson & Co, Ltd, Londen, 1960.

Khan, F., “Nuking Kashmir: Legal Implications of Nuclear Testing by Pakistan and India in the Context of the Kashmir Dispute”, Georgia Journal of International and Comparative Law. Vol 29, No 2, 361-394, 2001.

Kirgis, F.L., “The Degrees of Self-Determination in the United Nations Era”, American Journal of International Law. Vol 88, 304-310, 1994.

Kizilos, P., World in Conflict: Quebec: A Province Divided. Lerner Publications Company, Minneapolis, 2000.

Kly, Y.N., en Kly, D., (Reds), In Pursuit of the Right to Self-Determination: Collected Papers & Proceedings of the First International Conference on the Right to Self- Determination & the United Nations, Geneva 2000. Clarity Press, Inc., 2001. Knight, D.B., en Davies, M., Self-Determination: An Interdisciplinary Annotated 520

Bibliography. Garland Publishing Inc, New York, Londen, 1987.

Knight, D.B., “Self-Determination as a Geopolitical Force”, Journal of Geography. Vol LXXXII, 148-152, 1983.

Knight, D.B., “Identitiy and Territory: Geographical Perspectives on Nationalism and Regionalism”, Annals Association of American Geographers. Vol LXXII, 514-531, 1982.

Knight, D.B., “Geographical Perspectives on Self-Determination”, Political Geography: Recent Advances and Future Directions. Taylor P.J., en House, J.W., Croom Helm, Londen, 168-190,1984.

Knight, D.B., “Territory and People or People and Territory?: Thoughts on Postcolonial Self-Determination”, International Political Science Review, Vol VI, 248-272, 1985.

Kohn, H., Nationalism - Its Meaning and History. Princeton Inc, New Jersey, 1955.

Kohn, H., The Idea of Nationalism. Macmillan Company, New York, 1961.

Korkeakivi, A., “Peoples’ Rights - An Overview”, Finnish Yearbook of International Law. Vol 4, 281-333, 1993.

Koskenniemi, M., “National Self-Determination Today: Problems of Legal Theory and Practice”, International and Comparative Law Quarterly. Vol 43, No 2, 241-269, 1994.

Kotzé, D.J., Positiewe Nasionalisme. Tafelberg-Uitgewers, Kaapstad, 1968.

Kotzé, D.J., Nasionalisme en Kommunisme: Deel Drie van Nasionalisme as Historiese Faktor. Tafelberg Uitgewers Bpk., Kaapstad, Johannesburg, 1970.

Kotzé, D.J., Nationalism: A Comparative Study. Tafelberg Uitgewers Beperk, Kaapstad, 1981. 521

Kotzé, H.J., en Van Wyk, J.J., (Reds), Politieke Konsepte. Perskor Uitgewery, Johannesburg, Kaapstad, 1986.

Lansing, R., “Self-Determination”, The Peace Negotiations: A Personal Narrative. Mifflin, H., Boston, 93-105, 1921.

Lass, M., (Red), Africa at a Glance: Facts and Figures. Africa Institute of South Africa, 1996/7.

Lemarchand, R., “The Limits of Self-Determination: The Case of the Katanga Secession”, The American Political Science Review., Vol LVI, 404-416, 1962.

Lenin, V.I., “The Right of Nations to Self-Determination”, Questions of National Policy and Proletarian Internationalism. Progress Publishers, Moscow, 45-104, 1970.

Lijphart, A., Democracy in Plural Societies: A Comparative Exploration. Yale University Press, New Haven, Londen, 1977.

Lilienthal, A.M., “The Right of Self Determination: Why Not the Palestinians?”, The Legal Aspects of the Palestinian Problem. Köchler, H., (Red), Wien, Wilhelm Braumöller, 1981.

Lind, M., “In Defense of Liberal Nationalism”, Foreign Affairs. Vol 73, No 3, 87-99, 1994.

MaCartney, C.A., “National States and National Minorities”, The Royal Institute of International Affairs. Russell and Russell, Londen,1934, New York, 1968.

Marais, J.A., Waarheid en Werklikheid. Aktuele Publikasies, Pretoria, 1983.

Martin, I. Self-Determination in East Timor: The United Nations, the Ballot, and International Intervention. Lynne Rienner Publishers, Boulder, Londen, 2001. 522

Mayall, J., “Self-Determination and the OAU”, Nationalism and Self-Determination in the Horn of Africa. Lewis, I.L.I.M., (Red), Ithaca Press, Londen, 77-92, 1983.

Mazurui, A., Towards a Pan Africana - Study of Ideology and Ambition. Weidenfeld en Nicolson, Londen, 1976.

McCorquodale, R., en Pangalangan, R., “Pushing Back the Limitations of Territorial Boundaries” European Journal of International Law. Vol 12, No 4, 868-1001, 2001.

McCorquodale, R., “Negotiating Sovereignty: The Practise of the United Kingdom in Regard to the Right of Self-Determination” British Yearbook of International Law. Vol 66, 283-331, 1996.

McCorqoudale, R., “South Africa and the Right to Self-Determination”, South African Journal on Human Rights. Vol 10, No 1, 4-31, 1994.

McWhinney, E., Quebec and the Constitution, 1960-1978. University of Toronto Press, New York, 1979.

Meo, L., “The War in Lebanon”, Ethnic Conflict in International Relations. Suhrke, A., en Noble, L., (Reds), Praeger, New York, 93-126, 1979.

Meyer, P.J., “Nasionalisme: Die Onsigbare Vlam”, in Van Jaarsveld, F.A., en Scholtz, G.D., (Reds), Die Republiek van Suid-Afrika - Agtergrond, Ontstaan en Toekoms. Voortrekkerpers, Johannesburg, 1966.

Mikesell, M.W., “The Myth of the Nation State”, Journal of Geography, Vol LXXXII, 257- 260, 1983.

Mönnig, H.O., Groepsidentiteit en Groepswrywing. Perskor Uitgewery, Johannesburg, 1980. 523

Moore, M., National Self-Determination and Secession. (Red), Oxford University Press, Oxford, New York, 1998.

Morris, G.T., “In Support of the Right of Self-Determination for Indigenous Peoples under International Law”, German Yearbook of International Law. Vol 29, 277-316, 1986.

Morrison, G., “The Southern Sudan and Eritrea: Aspects of Wider African Problems. Revised Edition”, Minority Rights Group, Londen, Report No. 5, 1973.

Musil, J., The End of Czechoslovakia. Central European University Press, Budapest, Londen, New York, 1995.

Nairn, T., Faces of Nationalism: Janus Revisited. Verso, Londen, New York, 1997.

Nanda, V.P., “Self-Determination in International Law: The Tragic Tale of Two Cities - Islamabad (West Pakistan) and Dacca (East Pakistan)”, American Journal of International Law. Vol 66, 321-336, 1972.

Neuberger, B., National Self-Determination in Postcolonial Africa. Lynne Rienner Publishers, Inc, Boulder, Colorado, 1986.

Nirmal, B.C., The Right to Self-Determination in International Law. Deep & Deep Publications Limited, 1999.

Nixon, C.R., “Self-Determination: The Nigeria/Biafra Case”, World Politics, XXIV, 473- 97, 1972.

Ofuatey-Kodjoe, W., “The Principle of Self-Determination in International Law”, Nellen Publishing Company, New York, 1977. Osaghae, E.E., Crippled Giant: Nigeria since Independence. Hurst & Company, Londen, 524

1998.

Osakwe, C., “Contemporary Soviet Doctrine on the Juridical Nature of Universal International Organizations”, American Journal of International Law, Vol 65, 551-559, 1971.

Paddison, R., “Territorial Integration and Disintegration in the Unitary State”, The Fragmented State: The Political Geography of Power., Paddison, R., (Red), Oxford, Basil Blackwell, 57-96, 1983.

Pelzer, A.N., Verwoerd aan die Woord - Toesprake 1948-1962. Afrikaanse Pers- Boekhandel, Johannesburg, 1963.

Periwal, S., Notions of Nationalism. Central European University Press, Budapest, Londen, New York, 1995.

Pfaff, W., The Wrath of Nations: Civilization and the Furies of Nationalism. Touchstone, 1993.

Pomerance, M., “The United States and Self-Determination: Perspectives on the Wilsonian Conception”, American Journal of International Law, Vol 70, 1-27, 1976.

Pomerance, M., Self-Determination in Law and Practice: The New Doctrine in the United Nations. Martinus Nijhoff, Die Hague, Boston, Londen, 1982.

Pool, D., “Eritrean Nationalism”, Nationalism and Self-Determination in the Horn of Africa. Lewis, I.M., (Red), Ithaca Press, Londen, 175-93, 1983.

Poulton, H., The Balkans: Minorities and States in Conflict. Minority Rights Publications, Londen, 1991.

Premdas, R.R., Samarasinghe, S.W.R. de A., Anderson, A.B., (Reds), Secessionist 525

Movements in Comparative Perspective. Pinter Publishers, Londen, 1990.

Premdas, R.R., “Ethnonationalism, Copper, and Secession in Bougainville”, Canadian Review of Studies in Nationalism, Vol IV, 247-265, 1977.

Quane, H., “The United Nations and the Evolving Right to Self-Determination”, International and Comparative Law Quarterly. Vol 47, 537-572, 1998.

Raath, A.W.G., “‘n Afrikanerstaat as Noodsaaklike Vereiste”, Tydskrif vir Rasse- aangeleenthede, Vol 43, No 1 en 2, 8-23, Januarie-Junie, 1992.

Raath, A.W.G., Selfbeskikking en Sesessie: Die Saak vir die Afrikanervolk. Afrikanervryheidstigting, 1990.

Rahman, M., “Bangladesh”, The Politics of Separatism. Collected Working Papers, No 19, University of London, Institute of Commonwealth Studies, Londen, 37-48, 1976.

Ratner, S.R., “Drawing a Better Line: Uti Possidetis and the Borders of New States”, American Journal of International Law. Vol 90, 590-625, 1996.

Rehof, L.A., “Human Rights and Self-Government for Indigenous Peoples”, Suum Cuique: Legal Studies from the University of Copenhagen Law Faculty. Blume, P., Tamm, D., Vindelov, V., (Reds), Jurist - og Okonomforbundets Forlag, 29-46, 1993.

Rhoodie, N.J., Apartheid en Partnership: ‘n Rasse-Sosiologiese Ontleding van Afsonderlike Volksontwikkeling en Vennootskap, met Besondere Verwysing na die Motiewe vir hierdie Beleidsisteme. Academica, Pretoria, Kaapstad, 1966.

Rich, R., “Recognition of States: The Collapse of Yugoslavia and the Soviet Union”, European Journal of International Law. Vol 4, 36-65, 1993.

SABRA., Referate gelewer op die Eerste Jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Buro 526 vir Rasse-aangeleenthede: Die Naturellevraagstuk. Pro Ecclesia-drukkery Bpk, Stellenbosch, 1950.

Sagarin, E., en Moneymaker, J., “Language and Nationalist, Separatist, and Secessionist Movements”, Ethnic Autonomy - Comparative Dynamics. Hall, R.H., (Red), New York: Pergamon Press, 18-45, 1979.

Said, E.W., The Question of Palestine. New York: Time Books, 1979.

Salo, J., “Self-Determination: An Overview of History and Present State with Emphasis on the CSCE Process” Finnish Yearbook of International Law. Vol 2, 268-354, 1991.

Sambanis, N., “Partition as a Solution to Ethnic War: An Empirical Critique of the Theoretical Literature”, World Politics. Vol 52, No 4, 437-483, July, 2000.

Scholtz, G.D., Suid-Afrika en die Wêreldpolitiek, 1652-1952. Voortrekkerpers Beperk, Johannesburg, 1965.

Scholtz, G.D., Het die Afrikaanse Volk ‘n Toekoms? Voortrekkerpers Beperk, Johannesburg, 1954.

Scholtz, G.D., Die Republiek van Suid-Afrika en die Nuwe Wêreld. Voortrekkerpers Beperk, Johannesburg, 1954.

Scholtz, G.D., Die Ontwikkeling van die Politieke Denke van die Afrikaner, Deel II, 1806- 1854. Voortrekkerpers Beperk, Johannesburg, 1970.

Scholtz, G.D., Die Ontwikkeling van die Politieke Denke van die Afrikaner Deel V 1899- 1910, Deel VI 1910-1924, Deel VII 1924-1939. Perskor-Uitgewery, Johannesburg, 1979.

Scholtz, G.D., Die Ontwikkeling van die Politieke Denke van die Afrikaner Deel VIII 1939-1948. Perskor-Uitgewery, Johannesburg, 1984. 527

Scholtz, G.D., Dr Hendrik French Verwoerd: 1901-1966, Tweede Band. Perskor- Uitgewery, Johannesburg, 1974.

Scholtz, G.D., Afrikaner Waarheen? Perskor Uitgewery, Johannesburg, 1977.

Segal, R., Islam’s Black Slaves: The Other Black Diaspora. Farrar, Straus and Giroux, New York, 2001.

Shafer, B.C., Nationalism - Myth and Reality. Victor Gollancz Limited, Londen, 1955.

Shafer, B.C., Faces of Nationalism - New Realities and Old Myths. Jovanovich, H.B., Inc, New York, 1972.

Shaw, M.N., International Law. A Grotius Publication, Cambridge University Press, 1997.

Shaw, M.N., “Peoples, Territorialism and Boundaries”, European Journal of International Law. Vol 8, No 3, 478-507, 1997.

Shaw, M.N., “The definition of minorities in International Law”, The Protection of Minorities and Human Rights, Eds., Dinstein, Y., Tabory, M., Martinus Nijhoff Publishers, 1-31, 1992.

Shaw, M.N., “The Heritage of States: The Principle of Uti Possidetis Juris Today”, British Yearbook of International Law. Vol 67, 117-154,1996.

Shiels, F.L., “Introduction”, Ethnic Separatism and World Politics. Ed., Shiels, F.L., Lanham, M.D: University Press of America, 1-15, 1984.

Sieghart, P., The International Law of Human Rights. Clarendon Press, Oxford, 1983.

528

Sinha, S.P., “Has Self-Determination Become a Principle of International Law Today?” Indian Journal of International Law, Vol 14, 336-361, 1974.

Smith, A.D., Theories of Nationalism. Harper and Row, New York, 1971.

Smith, A.D., “Towards a Theory of Ethnic Separatism”, Ethnic and Racial Studies, II, 21- 37, 1979.

Smith, A.D., Nationalism in the Twentieth Century. Martin Robertson & Co Ltd, Oxford, 1979.

Smith, A.D., The Ethnic Revival in the Modern World. Cambridge University Press, Cambridge, 1981.

Smith, A.D., “Nationalism, Ethnic Separatism, and the Intelligentsia”, National Separatism. Williams, C.H., (Red), Cardiff, University of Wales Press, 17-41, 1982.

Smith, G., (Red), The Baltic Staes: The National Self-Determination of Estonia, Latvia and Lithuania. St Martin’s Press, New York, 1996.

Snyder, L.L., The Meaning of Nationalism. Greenwood Press Publishers, New York, 1968.

South African Law Commission. Group and Human Rights: Interim Report. Project 58, 1991.

Spence, J.E., “South Africa”s Mandate for Change”, The World Today. May, 1992.

Spiry, E., “From Self-Determination to a Right to Self-Development for Indigenous Groups”, German Yearbook of International Law. Vol 38, 129-152, 1995. Starke, J.G., An Introduction to International Law. Butterworths, Londen, 1977.

529

Steyn, J.C., Tuiste in eie taal - Die behoud en bestaan van Afrikaans. Tafelberg- Uitgewers, Kaapstad, 1982.

Steyn, J.C., Trouwe Afrikaners: Aspekte van Afrikaner-Nasionalisme en Suid-Afrikaanse Taalpolitiek 1875-1938. Tafelberg Uitgewers Beperk, Kaapstad, 1987.

Stoker, H.G., “Calvinisme as Wortel van ons Volksbestaan”, Koers. Deel XXVII, No 7 en 8, 1951.

Strydom, H.A., “Self-Determination and the South African Interim Constitution”, South Afrincan Yearbook of International Law. Vol 19, 42-64, 1993/1994.

Strydom, H.A., “Self-Determination: Its Use and Abuse”, South African Yearbook of International Law. Vol 17, 90-116, 1991/992.

Strydom, H.A., “Views on International Measures for the Protection of Minorities”, South African Yearbook of International Law. Vol 18, 134-141, 1992/1993.

Stultz, N.M., “On Partition”, Social Dynamics. Vol 5, No 1, 1-13, 1979.

Suid-Afrikaanse Regskommissie. Verslag oor Grondwetlike Modelle. Projek 77, Vol 1-3, 1991.

Sulzbach, W., National Consciousness. American Council on Public Affairs, Washington DC, 1943.

Sureda, A.R., The Evolution of the Right of Self-Determination - A Study. United Nations Practice. Sijthoff, A.W., Leiden, 1973.

Szasz, P., “The Irresistible Force of Self-Determination Meets the Impregnable Fortress of Territorial Integrity: A Cautionary Fairy Tale about Clashes in Kosovo and Elsewhere”, Georgia Journal of International and Comparative Law. Vol 28, No 1, 153, 1999. 530

Széppe, G., “Some Remarks on the Educational Rights of National Minorities”, International Journal on Minority and Group Rights, Vol. 4, No. 1, 105-113, 1996/1997.

Szulc, T., “Cyprus: A Time of Reckoning”, National Geographic. 104-115, July 1993.

Thornberry, P., International Law and the Rights of Minorities. Clarendon Press, Oxford, 1992.

Trifunovska, S., “One Theme in Two Variations - Self-Determination for Minorities and Indigenous Peoples”, International Journal on Minority and Group Rights. Vol 5, 175- 197, 1997/1998.

Tiryakian, E.A., en Nevitte, N., “Nationalism and Modernity”, New Nationalisms of the Developed West. Tirayakian, E.A., en Rogowski, R., (Reds), Allen en Unwin, Boston, 57-86, 1985.

Tomuschat, C., Modern Law of Self-Determination. Martinus Nijhofff Publishers, 1993.

Tydskrif vir Rasse-Aangeleenthede. SABRA, Vol 31, No 2, 1980. Vol 40, No 2 en 3, 1989. Vol 42, No 3 en 4, 1991. Vol 43, No 1 en 2, 1992. Vol 44, No 1 en 2, 1993.

Tweede Verslag van die Volkstaatraad. September 1995.

Umozurike, U.O., Self-Determination in International Law. The Shoe String Press, Inc., Hamden, Connecticut, 1972.

Umozurike, U.O., “The African Charter on Human and Peoples’ Rights”, American Journal of International Law. Vol 77, No 1, 902-912, 1983. United Nations. Basic Facts about the United Nations. Department of Public Information, United Nations, New York, 1992.

531

Valentine, D. “The Logic of Secession”, Yale Law Journal. Vol 89, 802-824, 1980.

Van Dyke, V. “Self-Determination and Minority Rights”, Human Rights the United States and World Community. Oxford University Press, Van Dyke, V., (Red), New York, 74- 104, 1970.

Van Den Berghe, P.L., “Protection of Ethnic Minorities: A Critical Appraisal”, Protection of Ethnic Minorities: Comprative Perspectives. Wirsing, R.G., (Red), Pergamon Press, New York, 343-56, 1981.

Van Vuuren, D.J., Wiehahn, N.E., Rhoodie, N.J., en Wiechers, M., South Africa: The Challenge of Reform. Owen Burgess Publishers, Pinetown, 1988.

Van Marseveen, H., en Van der Tang, G., Written Constitutions - A Computerized Comparative Study. Oceana Publications, Inc, Dobbs Ferry, New York, 1978.

Van Jaarsveld, F.A., Omsingelde Afrikanerdom: Opstelle oor die toestand van ons tyd. HAUM, Pretoria Kaapstad, 1978.

Van Jaarsveld, F.A., Die Evolusie van Apartheid en ander Geskiedkundige Opstelle. Tafelberg Uitgewers Ltd., Kaapstad, 1979.

Van Jaarsveld, F.A., Afrikaner Quo Vadis? Voortrekkerpers, Johannesburg, 1971.

Van Jaarsveld, F.A., Van Van Riebeeck tot PW Botha - ‘n Inleiding tot die Geskiedenis van die Republiek van Suid-Afrika. Perskor Uitgewery, Johannesburg, 1982.

Van Jaarsveld, F.A., Honderd Basiese Dokumente by die Studie van die Suid- Afrikaanse Geskiedenis, 1648-1961. Nasou Beperk, Goodwood, 1980. Van Jaarsveld, F.A., en Scholtz, G.D., (Reds), Die Republiek van Suid-Afrika: Agtergrond, Ontstaan en Toekoms. Voortrekkerpers, Johannesburg, 1966.

532

Van Dyke, V., “The Individual, the State, and Ethnic Communities in Political Theory”, World Politics, Vol XXIX, 343-369, 1977.

Van Vuuren, D.J., en Kriek, D.J., (Reds), Politieke Alternatiewe vir Suider-Afrika: Grondslae en Perspektiewe. Butterworths, Durban, 1982.

Van Schoor, M.C.E., Republieke en Republikeine. Nasionale Boekhandel Bpk, Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg, 1960.

Venter, J.F., “Swart- en Ander Nasionalismes in Suid-Afrika”, Tydskrif vir Rasse- aangeleenthede, Vol 40, No. 2 en 3, 22-30, April-Julie 1989.

Venter, A.J., South African Government and Politics- An Introduction to its Institutions, Processes and Policies. Southern Book Publishers, Johannesburg, 1989.

Venter, J.F., “Die Afrikaner as Kultuurgroep en die Toekoms”, Tydskrif vir Rasse- aangeleenthede, 18de HF Verwoerdgedenklesing, Tydvak 1948-1990, Jaarverslag, Jaarvergadering, Vol 44, No 1 en 2, 3-20, Januarie-Junie 1993.

Verloren van Themaat, J.P., (hersien deur Wiechers, M.), Staatsreg. Butterworth, Durban, 1985.

Viejobueno., “Self-determination v Territorial Integrity: The Falkland/Malvinas Dispute with Reference to Recent Cases in the United Nations”, South African Yearbook of International Law. Vol 16, 1-31, 1990/1991.

Voitovich, S.A., “The Commonwealth of Independent States: An Emerging Institutional Model”, European Journal of International Law. Vol 4, 403-417, 1993.

Warbrick, C., “Recognition of States” , International and Comparative Law Quarterly. Vol 41, 472-482, 1992.

533

Waterman, S., “Partition - A Problem in Political Geography”, Political Geography: Recent Advances and Future Directions. Taylor, P., en House, J., (Reds), Londen, Croom Helm, New York, Barnes and Noble, 98-116, 1984.

Weaver, R.M., Life without Prejudice and Other Essays. Henry Regnery Company, Chicago, 1965.

Weaver, R.M., Ideas Have Consequences. The University of Chicago Press, Chicago, Londen, 1948.

Weaver, R.M., Visions of Order: The Cultural Crisis of Our Time. Louisiana State University Press, 1995.

Weller, M., “The International Response to the Dissolution of the Socialist Federal Republic of Yugoslavia”, American Journal of International Law. Vol 86, No 1, 569-607, 1992.

Wessels, F.J.H., Die Republikeinse Grondwet. Nasionale Boekhandel, Bpk, Kaapstad, 1962.

Whebell, C.F.J., “A Model of Territorial Separatism”, Proceedings of the Association of American Geographers. Vol V, 295-298, 1973.

Whelan, A., “Wilsonian Self-Determination and the Versailles Settlement”, International and Comparative Law Quarterly. Vol 43, No 1, 99-115, 1994.

Whitaker, B., “Minority Rights and Self-Determination”, Human Rights and American Foreign Policy. Kommers, D.P., en Loesher, G.D., (Reds), University of Indiana Press, Notre Dame, 63-67, 1979. Wiechers, M., ‘n Politieke Idiotikon vir Suid-Afrika. Tafelberg-Uitgewers, Kaapstad, 1988.

534

Woolsey, T.S., “Self-Determination”, American Journal of International Law, Vol 13, 302- 305, 1919.

World Council of Indigenous Peoples. Declaration of Principles Adopted at the Fourth General Assembly of the World Council of Indigenous Peoples in Panama. New York: United Nations, E/CN.4/Sub.2/1985/22, Annex III, September 1984.

Wright, Q., “The Middle East Problem”, American Journal of International Law, Vol 64, 270-281, 1970.

Wright, Q., “The Goa Incident,” American Journal of International Law, Vol 56, 617-632, 1962.

“A Deadly Game” The Economist. 25-27, 25 May, 2002.

“Africa’s Elusive Dawn”, The Economist. 17-18, 24 February, 2001.

“Getting Ready for Statehood”, The Economist. 64, 25 May, 2002.

“Little Countries”, The Economist. 63-65, 3 January, 1998.

“My Land, Your Land and Sealand”, The Economist. 52, 2 October, 1993.

“OVK kan nie 1,7m. ’ekstra’ stemme verklaar”, Beeld. 11 Julie, 1999.

’s Other Government”, The Economist. 3 January, 1998. 535

LYS VAN GEWYSDES

1. Barcelona Traction, Light and Power Co Ltd 1970 ICJ Reports 3...... 65, 66, 68

2. Case Concerning Military and Paramilitary Activities in and against Nicaraqua 1986 ICJ Reports 14 ...... 36

3. East Timor Case 1995 ICJ Reports 90...... 66, 184, 185

4. EC Arbitration Commission on Yugoslavia (1993) 92 ILR 162...... 75

5. El Salvador v Honduras 1992 ICJ Reports 125...... 75

6. Frontier Dispute 1986 ICJ Reports 554...... 29, 74, 75

7. Government of the Republic of South Africa v Government of Kwazulu 1983 1 SA 164 (A)...... 282

8. Greco-Bulgarian “Communities” Case [1920] PCIJ 9 (ser B) No 17 33...... 52, 53

9. In re Secession of Quebec (1998) 37 ILM 1340...... 206

10. Legal Consequences for States of the Continued Presence of South Africa in Namibia (South West Africa) notwithstanding Security Council Resolution 276 (1970) 1971 ICJ Reports 16...... 15, 21, 27

11. Mangope v Van der Walt and Another NNO 1994 3 SA 850 (B)...... 311

12. Mathebe v Regering van die Republiek van Suid-Afrika 1988 3 SA 667 (A)....282

13. Rehoboth Bastergemeente v The Government of The Republic of Namibia en andere (ongerapporteerd) 14 Mei 1995...... 310 536

14. S v Banda 1989 4 SA 519 (A) ...... 283

15. South West Africa Cases (Second Phase) 1966 ICJ Reports ...... 31, 65, 287

16. Western Sahara 1975 ICJ Reports 12...... 15, 27, 28, 45, 73, 74, 210

537

INDEKS

1960-Deklarasie ...... 14, 21, 57 1970-Deklarasie ...... 15, 22, 29, 40-43, 45, 76, 77, 88, 100, 111, 113, 114, 116, 283 Aaland Eilande ...... 5, 114, 115 African Charter ...... 52, 324, 356, 374 Afrikaner8, 55, 240, 244, 245, 247, 253, 261, 263-266, 269, 274-277, 286, 289, 290, 292, 293, 301, 304-307, 309-311, 340, 347, 358, 363, 370, 371, 373, 375, 376 Algemene Vergadering13, 23, 25-28, 31, 39, 71, 77, 88, 89, 100, 116, 123, 135, 144, 146, 173, 187, 193, 195, 198, 199, 210, 211, 217, 277-279, 299, 321-323 Algiers Deklarasie ...... 44, 319, 320 apartheid43, 45, 95, 111, 272-275, 277-279, 283-285, 287, 295, 298-301, 349, 360, 369, 375 Artikel 1(2) van die Handves ...... 1, 12 Artikel 73 van die Handves...... 15 Bangladesj ...... 6, 78, 82, 83, 103, 115, 119, 120, 122-124, 128, 130, 339 bevrydingsbewegings...... 62-65, 78, 140, 279, 280, 312, 319, 320, 328, 331 Biafra...... 24, 82, 115, 124-128, 142, 151, 362, 367 Brittanje26, 27, 40, 86, 87, 101, 104, 131, 143-147, 169, 178, 179, 181, 182, 191- 193, 197, 202, 213, 216, 218, 261, 262, 264, 266, 267, 291 buitelandse dominasie...... 9, 29, 30, 34, 47 buitelandse onderdrukking ...... 58 Case Concerning East Timor ...... 185 Charter of Paris ...... 233, 317 Ciprus...... 31, 68, 82, 83, 112, 128-131, 349 Concluding Document of the Vienna Meeting of the CSCE ...... 316 CSCE ...... 36, 68, 132, 312, 313, 316-318, 337, 344, 370 dekolonisasie ...... 14, 24, 102, 103, 146, 155, 209, 210, 327, 328 demokrasie...... 130, 141, 234, 277, 303, 308, 320, 323, 324, 332, 333

538

Duitsland ...... 4, 10, 34, 131-135, 151, 191, 232, 281, 312, 313, 315, 322 eise27, 48, 97, 110, 124, 133, 138, 173, 181, 186, 206, 214, 220, 289-291, 301, 334 eksterne selfbeskikking20-22, 30, 32, 33, 46, 48, 54, 59, 61, 113, 132, 133, 149, 201, 206, 234, 238, 266, 268, 273, 301, 306-310, 312, 313, 315, 327, 329, 330, 340 erga omnes ...... 65, 66, 70, 184, 186, 325, 335, 342 Eritrea...... 6, 18, 58, 82, 135-142, 296, 303, 339, 345, 367 etniese7, 9, 21, 22, 33-36, 38, 41, 43, 51, 53-57, 59, 91, 95, 97, 98, 116, 120, 124, 125, 136, 140, 147, 151, 158, 163, 167, 169, 172, 184, 206, 213, 215, 222, 224, 225, 233, 235, 242, 244, 253, 254, 257, 271, 276, 293, 294, 298, 301, 306, 309, 312, 327, 329, 330, 332, 336, 337, 339 Falkland-Malvinas ...... 26 geloof ...... 58, 120, 142, 182, 211, 214, 221, 256, 290, 314, 339 Geneefse Protokol...... 30, 79 geweld32, 65, 69, 76-78, 89, 126, 131, 151, 153, 158, 185, 186, 193, 201, 214, 222, 223, 230, 237, 275, 279, 320, 328, 331 Gibraltar ...... 58, 72, 143-147 Goa ...... 24, 73, 78, 378 grondgebied49, 53, 56, 57, 71, 72, 88, 96, 98, 107, 109, 123, 135, 211, 218, 238, 246, 248-253, 255, 257, 284, 287, 289-292, 296, 301, 304, 307 Handves van Parys ...... 317, 318 Helsinki Deklarasie...... 133, 134, 312, 315, 316, 320, 332, 338 Helsinki Summit Declaration...... 318 histories61, 81, 83, 94, 104, 110, 125, 143, 148, 163, 182, 212, 216, 221, 225, 236, 289 ICJ Reports ...... 15, 21, 28, 29, 36, 45, 65, 66, 68, 74, 75, 184, 185, 210, 287, 379 inheemse groepe...... 7, 34, 38, 49, 53, 135, 136, 175-177, 206, 240, 339 Internasionale Geregshof10, 15, 21, 27, 28, 31, 36, 37, 45, 66, 67, 70, 75, 184- 186, 210, 287, 331 internasionale regsubjekte ...... 63 Internasionale Verdrag op Burgerlike en Politieke Regte ...... 16, 35, 59 539

Internasionale Verdrag op Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte ...... 16 interne selfbeskikking20, 22, 33, 34, 36, 37, 39-41, 44, 46, 54, 59, 60, 200, 205, 206, 260, 265, 266, 298, 308, 311, 312, 320, 324, 327, 332, 333, 336, 338, 340 Israel ...... 30, 73, 79, 190-200, 240, 241, 290, 291, 307, 328, 350, 352, 353 ius cogens ...... 6, 66-69, 219, 330, 335, 337, 342, 344 Joegoeslawië6, 37, 80, 99, 110, 116, 147-154, 157-159, 298, 311-313, 317, 332, 337, 339 Kasjmir ...... 6, 80, 82, 159-162, 224 Katanga...... 24, 82, 100, 115, 142, 163-166, 365 Koerdistan ...... 6, 80, 82, 167, 168, 170-174, 215 koloniale gebiede14, 20-22, 24, 27, 46, 57, 58, 71, 72, 74, 102, 210, 212, 281, 328, 336 kolonialisme ...... 29, 30, 49, 138, 140, 141, 146, 198, 278, 300, 312, 316 Kosowo ...... 6, 36, 130, 148, 149, 151, 153, 154, 157-159, 311 kultuur35, 51, 53, 54, 56, 57, 80, 92, 110, 125, 173, 177, 204, 221, 245, 247-249, 252, 253, 255-259, 293, 297, 301, 303, 307, 309, 327, 336, 339 Lapland ...... 174 linguïstiese6, 9, 35, 43, 52-54, 59, 93, 95, 124, 139, 163, 174, 224, 312, 329, 336, 339 minderheidsgroepe...... 7, 33, 48, 49, 60, 138, 175, 218, 235, 240, 293, 317, 332, 334 Montevideo Konvensie ...... 101, 151, 152 Nagas...... 181-184 Namibië ...... 15, 30, 31, 310 nasionalisme2, 109, 111, 134, 138, 148, 170, 172, 217, 240-246, 249-254, 256, 258-260, 264, 265, 277, 290, 292, 306, 307, 332, 340, 357, 358, 364, 373 nie-inmenging...... 63, 69, 77, 331 nie-selfregerende gebiede...... 15, 49, 72 Noord-Ierland ...... 38, 80, 177-181, 312 objektiewe karaktertrekke...... 52, 311 okkupasie18, 24, 26, 27, 29-32, 46, 47, 69, 76, 79, 98, 141, 188, 189, 194, 199, 540

200, 209, 230, 287, 312, 316, 327, 328, 330 onderdrukking37, 58, 86, 93, 95, 109, 128, 141, 167, 172, 223, 238, 270, 298, 299, 302, 309, 313, 333 Oos-Timor ...... 6, 30, 66, 73, 79, 184-190 outonomiteit...... 39, 116, 119, 158, 167, 169-174, 177, 202, 208, 213, 218, 239, 307 Palestina ...... 6, 58, 73, 80, 83, 190-194, 197-201, 274, 363 partisie...... 80-83, 89, 131, 193, 227, 288, 289, 292-295, 301, 304, 307, 308, 339 Quebec...... 38, 61, 80, 201-209, 253, 351, 362, 363, 366, 379 ras41, 43, 48, 52-54, 56, 61, 63, 64, 69, 109, 142, 173, 245, 249, 258, 261-263, 290, 293, 305, 314, 338, 340 Resolusie 1514(XV) ...... 1, 14, 21, 27, 31, 57, 71, 146, 210, 212, 336 Resolusie 1541(XV) ...... 15, 21, 22, 28, 212 Resolusie 2625(XXV) ...... 15, 28, 88, 135, 173 sesessie6, 8, 40, 41, 44, 45, 55, 56, 74, 80-84, 86-105, 108-116, 118-120, 125, 135, 136, 138-142, 148-151, 164-166, 181-184, 204, 206, 208, 214, 218, 220, 221, 226, 227, 230, 235-239, 288, 294, 295, 301, 305, 307, 308, 310, 311, 315, 319, 320, 327, 330, 332, 333, 338-340, 369 Soedan...... 6, 58, 82, 140, 212-215 Somalië ...... 6, 58, 82, 215-220 Sri Lanka ...... 6, 9, 82 subjektiewe persepsie...... 50, 52, 54, 109 Suid-Afrika8, 9, 30, 31, 37, 42, 43, 45, 56, 79, 81, 83, 111, 114, 135, 136, 240, 245, 259, 261-274, 276-289, 291-293, 296-309, 311, 328, 340, 353- 355, 357, 362, 363, 366, 370, 375, 376, 378, 379 taal10, 34-36, 41, 48, 52-54, 57-59, 80, 92, 97, 109, 120, 125, 139, 142, 147, 157, 167, 169, 173, 175, 176, 179, 202, 204, 212, 213, 221, 222, 224, 243, 246, 249, 252, 253, 258, 265, 266, 276, 285, 290, 293, 301, 303, 307- 309, 336, 338, 373 TBVC-state...... 277, 281, 283, 301, 302 territoriale integriteit17, 18, 21, 23, 30, 40, 42, 43, 48, 57, 69, 71, 74, 76, 88, 89, 94, 97, 98, 100, 101, 112-114, 116, 127, 130, 131, 144, 146, 150, 151, 153, 155, 162, 164, 165, 173, 181, 205, 220, 235, 289, 290, 295, 310, 541

315-317, 320, 326, 329, 337, 339 territoriale soewereiniteit ...... 27, 71, 76 Tibet ...... 31, 348 UNPO...... 61 USSR6, 16, 20, 25, 32, 58, 64, 68, 79, 80, 99, 110, 123, 132, 134, 140, 161, 165, 171, 220, 227-234, 236, 291, 298, 300, 310, 312, 317, 328, 332, 337, 339, 344, 345, 348 uti possidetis ...... 22, 27, 29, 74-76, 117, 151, 295, 296, 330, 337, 344, 369, 371 Veiligheidsraad24, 32, 77, 82, 100, 123, 130, 150, 154-157, 161, 162, 164-166, 187, 188, 199, 200, 211, 239, 277-279 Verenigde Nasies1, 3, 6, 9, 12-18, 20-25, 27, 30-32, 34, 35, 37-40, 45, 48, 49, 57- 59, 61, 62, 64, 68, 71, 72, 76-78, 82, 88, 100, 103, 106, 111, 112, 115, 118, 123, 124, 127, 129-131, 135-137, 143-147, 150, 152, 154, 155, 157-162, 164-166, 172, 173, 177, 179, 183, 185-190, 193, 195, 198, 199, 205, 210-212, 217, 218, 220, 234, 237-239, 277-281, 298, 299, 301, 303, 306, 312, 315, 316, 321-324, 327, 332, 333, 335-339 Verwoerd...... 268-270, 272, 273, 284-288, 296, 299, 368, 371 Vienna Declaration on Human Rights ...... 322, 323 volk7, 10, 11, 37, 53, 55-57, 92, 168, 174, 198, 215, 220, 240-250, 252-260, 265, 270, 274, 282-285, 289, 290, 292, 293, 295, 298, 304, 306, 307, 329, 370 Volkebond ...... 4, 5, 31, 71, 96, 114, 115, 170, 172, 178, 197, 228, 335 VSA1, 30, 32, 36, 42, 68, 104, 123, 132, 156, 161, 165, 168, 169, 185, 188, 189, 200, 220, 265, 321 Wes-Irian...... 24, 25, 58, 73 Wes-Sahara ...... 15, 209-212 Wilson ...... 1-4, 38, 168, 172, 241, 265, 335, 342, 355